3 John (Afrikaans)

3 John (Afrikaans)

1

1:1b.3JO.001.001 Die ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in waarheid liefhet.

1:2b.3JO.001.002 Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;

1:3b.3JO.001.003 want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.

1:4b.3JO.001.004 Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.

1:5b.3JO.001.005 Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge,

1:6b.3JO.001.006 wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n voor God waardige wyse.

1:7b.3JO.001.007 Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die heidene te neem.

1:8b.3JO.001.008 Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.

1:9b.3JO.001.009 Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.

1:10b.3JO.001.010 Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.

1:11b.3JO.001.011 Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.

1:12b.3JO.001.012 Van Demétrius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.

1:13b.3JO.001.013 Ek het baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skryf nie.

1:14b.3JO.001.014 Maar ek hoop om jou gou te sien, en ons sal van mond tot mond spreek.

1:15b.3JO.001.015 Vrede vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende by die naam.


Holder of rights
Multilingual Bible Corpus

Citation Suggestion for this Object
TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. 3 John (Afrikaans). 3 John (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85F5-D