1 Peter (Afrikaans)

1 Peter (Afrikaans)

1

1:1b.1PE.001.001 Petrus, 'n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië,

1:2b.1PE.001.002 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!

1:3b.1PE.001.003 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,

1:4b.1PE.001.004 sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons

1:5b.1PE.001.005 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.

1:6b.1PE.001.006 Daarin verheug julle jul, al word julle nou--as dit nodig is--'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,

1:7b.1PE.001.007 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;

1:8b.1PE.001.008 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap,

1:9b.1PE.001.009 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

1:10b.1PE.001.010 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,

1:11b.1PE.001.011 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.

1:12b.1PE.001.012 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is--dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

1:13b.1PE.001.013 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

1:14b.1PE.001.014 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.

1:15b.1PE.001.015 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

1:16b.1PE.001.016 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

1:17b.1PE.001.017 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;

1:18b.1PE.001.018 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,

1:19b.1PE.001.019 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

1:20b.1PE.001.020 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,

1:21b.1PE.001.021 julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.

1:22b.1PE.001.022 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart;

1:23b.1PE.001.023 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

1:24b.1PE.001.024 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,

1:25b.1PE.001.025 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

2

2:1b.1PE.002.001 Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;

2:2b.1PE.002.002 en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,

2:3b.1PE.002.003 as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.

2:4b.1PE.002.004 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

2:5b.1PE.002.005 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

2:6b.1PE.002.006 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.

2:7b.1PE.002.007 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen des aanstoots en 'n rots van struikeling--

2:8b.1PE.002.008 vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.

2:9b.1PE.002.009 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

2:10b.1PE.002.010 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

2:11b.1PE.002.011 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;

2:12b.1PE.002.012 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

2:13b.1PE.002.013 Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here--of dit die koning is as opperheer,

2:14b.1PE.002.014 of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.

2:15b.1PE.002.015 Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,

2:16b.1PE.002.016 as vrymense en nie asof julle die vryheid het as 'n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.

2:17b.1PE.002.017 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.

2:18b.1PE.002.018 Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.

2:19b.1PE.002.019 Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.

2:20b.1PE.002.020 Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly--dit is genade by God.

2:21b.1PE.002.021 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;

2:22b.1PE.002.022 Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;

2:23b.1PE.002.023 wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;

2:24b.1PE.002.024 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

2:25b.1PE.002.025 Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.

3

3:1b.1PE.003.001 Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word

3:2b.1PE.003.002 as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.

3:3b.1PE.003.003 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,

3:4b.1PE.003.004 maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.

3:5b.1PE.003.005 Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig,

3:6b.1PE.003.006 soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.

3:7b.1PE.003.007 Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is--sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

3:8b.1PE.003.008 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

3:9b.1PE.003.009 Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

3:10b.1PE.003.010 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.

3:11b.1PE.003.011 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.

3:12b.1PE.003.012 Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.

3:13b.1PE.003.013 En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?

3:14b.1PE.003.014 Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.

3:15b.1PE.003.015 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;

3:16b.1PE.003.016 met behoud van 'n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.

3:17b.1PE.003.017 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.

3:18b.1PE.003.018 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring--Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;

3:19b.1PE.003.019 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,

3:20b.1PE.003.020 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

3:21b.1PE.003.021 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete--deur die opstanding van Jesus Christus

3:22b.1PE.003.022 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

4

4:1b.1PE.004.001 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,

4:2b.1PE.004.002 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.

4:3b.1PE.004.003 Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.

4:4b.1PE.004.004 Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.

4:5b.1PE.004.005 Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.

4:6b.1PE.004.006 Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

4:7b.1PE.004.007 En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

4:8b.1PE.004.008 Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.

4:9b.1PE.004.009 Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.

4:10b.1PE.004.010 Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.

4:11b.1PE.004.011 As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.

4:12b.1PE.004.012 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;

4:13b.1PE.004.013 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.

4:14b.1PE.004.014 As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.

4:15b.1PE.004.015 Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van 'n ander bemoei nie.

4:16b.1PE.004.016 Maar wanneer iemand as 'n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.

4:17b.1PE.004.017 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

4:18b.1PE.004.018 En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?

4:19b.1PE.004.019 So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

5

5:1b.1PE.005.001 Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat 'n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook 'n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:

5:2b.1PE.005.002 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;

5:3b.1PE.005.003 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

5:4b.1PE.005.004 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

5:5b.1PE.005.005 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

5:6b.1PE.005.006 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

5:7b.1PE.005.007 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

5:8b.1PE.005.008 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

5:9b.1PE.005.009 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

5:10b.1PE.005.010 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

5:11b.1PE.005.011 Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

5:12b.1PE.005.012 Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.

5:13b.1PE.005.013 Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle.

5:14b.1PE.005.014 Groet mekaar met 'n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.


Holder of rights
Multilingual Bible Corpus

Citation Suggestion for this Object
TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. 1 Peter (Afrikaans). 1 Peter (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85E9-B