Philemon (Afrikaans)

Philemon (Afrikaans)

1

1:1b.PHM.001.001 Paulus, 'n gevangene van Christus Jesus, en die broeder Timótheüs, aan Filémon, die geliefde en ons medearbeider,

1:2b.PHM.001.002 en aan Appia, die geliefde suster, en aan Archíppus, ons medestryder, en aan die gemeente wat in jou huis is:

1:3b.PHM.001.003 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

1:4b.PHM.001.004 Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink,

1:5b.PHM.001.005 omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het,

1:6b.PHM.001.006 dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.

1:7b.PHM.001.007 Want ons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, die harte van die heiliges verkwik is.

1:8b.PHM.001.008 Daarom, al het ek baie vrymoedigheid in Christus om jou te beveel wat betaamlik is,

1:9b.PHM.001.009 pleit ek liewer ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as 'n ou man en nou ook 'n gevangene van Jesus Christus,

1:10b.PHM.001.010 pleit by jou vir my kind, Onésimus, wat ek verwek het in my boeie,

1:11b.PHM.001.011 wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug;

1:12b.PHM.001.012 maar neem jy hom, dit is my eie hart, aan.

1:13b.PHM.001.013 Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien.

1:14b.PHM.001.014 Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.

1:15b.PHM.001.015 Want miskien is hy om hierdie rede 'n tydjie van jou geskei, dat jy hom vir altyd kan besit,

1:16b.PHM.001.016 nie meer as 'n slaaf nie, maar méér as 'n slaaf, as 'n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.

1:17b.PHM.001.017 As jy my dan vir 'n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my.

1:18b.PHM.001.018 En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op my rekening--

1:19b.PHM.001.019 ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal--om nie te sê jou rekening nie, want jy is daarby jou eie persoon ook aan my verskuldig.

1:20b.PHM.001.020 Ja, broeder, mag ek tog van jou voordeel trek in die Here! Verkwik my hart in die Here.

1:21b.PHM.001.021 In vertroue op jou gehoorsaamheid het ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.

1:22b.PHM.001.022 En berei tegelykertyd ook herberg vir my, want ek hoop dat ek op julle gebede aan julle sal geskenk word.

1:23b.PHM.001.023 Épafras, my medegevangene in Christus Jesus, groet jou;

1:24b.PHM.001.024 ook Markus, Aristárchus, Demas en Lukas, my mede-arbeiders.

1:25b.PHM.001.025 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.


Holder of rights
Multilingual Bible Corpus

Citation Suggestion for this Object
TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Philemon (Afrikaans). Philemon (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85E0-4