2 Thessalonians (Afrikaans)
1
1:1b.2TH.001.001 Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:
1:2b.2TH.001.002 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
1:3b.2TH.001.003 Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,
1:4b.2TH.001.004 sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur--
1:5b.2TH.001.005 'n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
1:6b.2TH.001.006 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
1:7b.2TH.001.007 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
1:8b.2TH.001.008 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
1:9b.2TH.001.009 Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
1:10b.2TH.001.010 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.
1:11b.2TH.001.011 Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak,
1:12b.2TH.001.012 sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.
2
2:1b.2TH.002.001 Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,
2:2b.2TH.002.002 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie--deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees--asof die dag van Christus al daar is.
2:3b.2TH.002.003 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
2:4b.2TH.002.004 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
2:5b.2TH.002.005 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
2:6b.2TH.002.006 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
2:7b.2TH.002.007 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
2:8b.2TH.002.008 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
2:9b.2TH.002.009 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen
2:10b.2TH.002.010 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
2:11b.2TH.002.011 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
2:12b.2TH.002.012 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
2:13b.2TH.002.013 Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,
2:14b.2TH.002.014 waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.
2:15b.2TH.002.015 So dan, broeders, staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is òf deur 'n woord òf deur 'n brief van ons.
2:16b.2TH.002.016 En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en 'n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het,
2:17b.2TH.002.017 julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke!
3
3:1b.2TH.003.001 Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle;
3:2b.2TH.003.002 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.
3:3b.2TH.003.003 Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
3:4b.2TH.003.004 En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal doen wat ons julle beveel.
3:5b.2TH.003.005 Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!
3:6b.2TH.003.006 Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
3:7b.2TH.003.007 Want julle weet self hoe julle ons moet navolg, want ons het ons nie onordelik onder julle gedra nie;
3:8b.2TH.003.008 ook het ons nie brood by iemand kosteloos geëet nie; maar ons het met arbeid en inspanning nag en dag gewerk om nie iemand van julle tot las te wees nie.
3:9b.2TH.003.009 Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir julle as 'n voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.
3:10b.2TH.003.010 Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
3:11b.2TH.003.011 Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is.
3:12b.2TH.003.012 Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.
3:13b.2TH.003.013 En julle, broeders, moet nie in goeddoen verflou nie.
3:14b.2TH.003.014 En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word.
3:15b.2TH.003.015 En beskou hom nie as 'n vyand nie, maar vermaan hom as 'n broeder.
3:16b.2TH.003.016 En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!
3:17b.2TH.003.017 Die groete van Paulus, met my eie hand, wat 'n teken is in elke brief; so skryf ek.
3:18b.2TH.003.018 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. 2 Thessalonians (Afrikaans). 2 Thessalonians (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85D4-2