Romans (Afrikaans)
1
1:1b.ROM.001.001 Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God--
1:2b.ROM.001.002 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,
1:3b.ROM.001.003 aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid
1:4b.ROM.001.004 en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,
1:5b.ROM.001.005 deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,
1:6b.ROM.001.006 onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus
1:7b.ROM.001.007 aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
1:8b.ROM.001.008 In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.
1:9b.ROM.001.009 Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink
1:10b.ROM.001.010 en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik 'n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom;
1:11b.ROM.001.011 want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;
1:12b.ROM.001.012 dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
1:13b.ROM.001.013 Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie en ek is tot nog toe verhinder sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene.
1:14b.ROM.001.014 Teenoor Grieke sowel as nie Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek 'n skuldenaar.
1:15b.ROM.001.015 Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.
1:16b.ROM.001.016 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
1:17b.ROM.001.017 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
1:18b.ROM.001.018 Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,
1:19b.ROM.001.019 omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.
1:20b.ROM.001.020 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
1:21b.ROM.001.021 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.
1:22b.ROM.001.022 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
1:23b.ROM.001.023 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
1:24b.ROM.001.024 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer
1:25b.ROM.001.025 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
1:26b.ROM.001.026 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
1:27b.ROM.001.027 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
1:28b.ROM.001.028 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
1:29b.ROM.001.029 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;
1:30b.ROM.001.030 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
1:31b.ROM.001.031 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
1:32b.ROM.001.032 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
2
2:1b.ROM.002.001 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
2:2b.ROM.002.002 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.
2:3b.ROM.002.003 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
2:4b.ROM.002.004 Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?
2:5b.ROM.002.005 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God
2:6b.ROM.002.006 wat elkeen sal vergeld na sy werke:
2:7b.ROM.002.007 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
2:8b.ROM.002.008 maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;
2:9b.ROM.002.009 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;
2:10b.ROM.002.010 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.
2:11b.ROM.002.011 Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.
2:12b.ROM.002.012 Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;
2:13b.ROM.002.013 omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.
2:14b.ROM.002.014 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself 'n wet, al het hulle geen wet nie;
2:15b.ROM.002.015 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,
2:16b.ROM.002.016 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.
2:17b.ROM.002.017 Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,
2:18b.ROM.002.018 en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,
2:19b.ROM.002.019 en jy is oortuig dat jy 'n leidsman is van blindes, 'n lig vir die wat in duisternis is,
2:20b.ROM.002.020 'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het
2:21b.ROM.002.021 jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?
2:22b.ROM.002.022 Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?
2:23b.ROM.002.023 Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?
2:24b.ROM.002.024 Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.
2:25b.ROM.002.025 Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy 'n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword.
2:26b.ROM.002.026 As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie?
2:27b.ROM.002.027 En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis 'n oortreder van die wet is nie?
2:28b.ROM.002.028 Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
2:29b.ROM.002.029 maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
3
3:1b.ROM.003.001 Wat is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis?
3:2b.ROM.003.002 Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is.
3:3b.ROM.003.003 Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig?
3:4b.ROM.003.004 Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.
3:5b.ROM.003.005 Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys.
3:6b.ROM.003.006 Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?
3:7b.ROM.003.007 Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?
3:8b.ROM.003.008 En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.
3:9b.ROM.003.009 Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,
3:10b.ROM.003.010 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
3:11b.ROM.003.011 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.
3:12b.ROM.003.012 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.
3:13b.ROM.003.013 Hulle keel is 'n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.
3:14b.ROM.003.014 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.
3:15b.ROM.003.015 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet.
3:16b.ROM.003.016 Verwoesting en ellende is in hulle paaie,
3:17b.ROM.003.017 en die weg van vrede ken hulle nie.
3:18b.ROM.003.018 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.
3:19b.ROM.003.019 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;
3:20b.ROM.003.020 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.
3:21b.ROM.003.021 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,
3:22b.ROM.003.022 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;
3:23b.ROM.003.023 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
3:24b.ROM.003.024 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
3:25b.ROM.003.025 Hom het God voorgestel in sy bloed as 'n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God
3:26b.ROM.003.026 om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.
3:27b.ROM.003.027 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.
3:28b.ROM.003.028 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.
3:29b.ROM.003.029 Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,
3:30b.ROM.003.030 aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.
3:31b.ROM.003.031 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.
4
4:1b.ROM.004.001 Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?
4:2b.ROM.004.002 Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.
4:3b.ROM.004.003 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
4:4b.ROM.004.004 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;
4:5b.ROM.004.005 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.
4:6b.ROM.004.006 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:
4:7b.ROM.004.007 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.
4:8b.ROM.004.008 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.
4:9b.ROM.004.009 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.
4:10b.ROM.004.010 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.
4:11b.ROM.004.011 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;
4:12b.ROM.004.012 en ook 'n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.
4:13b.ROM.004.013 Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
4:14b.ROM.004.014 Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak.
4:15b.ROM.004.015 Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.
4:16b.ROM.004.016 Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal
4:17b.ROM.004.017 soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.
4:18b.ROM.004.018 Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees.
4:19b.ROM.004.019 En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie.
4:20b.ROM.004.020 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee
4:21b.ROM.004.021 en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.
4:22b.ROM.004.022 Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.
4:23b.ROM.004.023 Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie,
4:24b.ROM.004.024 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,
4:25b.ROM.004.025 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.
5
5:1b.ROM.005.001 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
5:2b.ROM.005.002 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.
5:3b.ROM.005.003 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
5:4b.ROM.005.004 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;
5:5b.ROM.005.005 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
5:6b.ROM.005.006 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.
5:7b.ROM.005.007 Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe
5:8b.ROM.005.008 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
5:9b.ROM.005.009 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.
5:10b.ROM.005.010 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
5:11b.ROM.005.011 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.
5:12b.ROM.005.012 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het
5:13b.ROM.005.013 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.
5:14b.ROM.005.014 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom.
5:15b.ROM.005.015 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.
5:16b.ROM.005.016 En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.
5:17b.ROM.005.017 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
5:18b.ROM.005.018 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
5:19b.ROM.005.019 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
5:20b.ROM.005.020 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;
5:21b.ROM.005.021 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
6
6:1b.ROM.006.001 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
6:2b.ROM.006.002 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
6:3b.ROM.006.003 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
6:4b.ROM.006.004 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.
6:5b.ROM.006.005 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
6:6b.ROM.006.006 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
6:7b.ROM.006.007 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
6:8b.ROM.006.008 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
6:9b.ROM.006.009 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
6:10b.ROM.006.010 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
6:11b.ROM.006.011 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
6:12b.ROM.006.012 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
6:13b.ROM.006.013 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
6:14b.ROM.006.014 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
6:15b.ROM.006.015 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
6:16b.ROM.006.016 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
6:17b.ROM.006.017 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,
6:18b.ROM.006.018 en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
6:19b.ROM.006.019 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
6:20b.ROM.006.020 Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.
6:21b.ROM.006.021 Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.
6:22b.ROM.006.022 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
6:23b.ROM.006.023 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
7
7:1b.ROM.007.001 Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
7:2b.ROM.007.002 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
7:3b.ROM.007.003 Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie.
7:4b.ROM.007.004 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan 'n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
7:5b.ROM.007.005 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
7:6b.ROM.007.006 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
7:7b.ROM.007.007 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
7:8b.ROM.007.008 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
7:9b.ROM.007.009 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
7:10b.ROM.007.010 En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees.
7:11b.ROM.007.011 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.
7:12b.ROM.007.012 Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.
7:13b.ROM.007.013 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.
7:14b.ROM.007.014 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.
7:15b.ROM.007.015 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
7:16b.ROM.007.016 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is.
7:17b.ROM.007.017 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
7:18b.ROM.007.018 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
7:19b.ROM.007.019 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
7:20b.ROM.007.020 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
7:21b.ROM.007.021 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.
7:22b.ROM.007.022 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;
7:23b.ROM.007.023 maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.
7:24b.ROM.007.024 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
7:25b.ROM.007.025 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.
8
8:1b.ROM.008.001 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
8:2b.ROM.008.002 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
8:3b.ROM.008.003 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
8:4b.ROM.008.004 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
8:5b.ROM.008.005 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
8:6b.ROM.008.006 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
8:7b.ROM.008.007 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
8:8b.ROM.008.008 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
8:9b.ROM.008.009 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
8:10b.ROM.008.010 Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
8:11b.ROM.008.011 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
8:12b.ROM.008.012 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
8:13b.ROM.008.013 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
8:14b.ROM.008.014 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
8:15b.ROM.008.015 Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
8:16b.ROM.008.016 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
8:17b.ROM.008.017 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
8:18b.ROM.008.018 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
8:19b.ROM.008.019 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
8:20b.ROM.008.020 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
8:21b.ROM.008.021 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
8:22b.ROM.008.022 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.
8:23b.ROM.008.023 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.
8:24b.ROM.008.024 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?
8:25b.ROM.008.025 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.
8:26b.ROM.008.026 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
8:27b.ROM.008.027 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
8:28b.ROM.008.028 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
8:29b.ROM.008.029 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
8:30b.ROM.008.030 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
8:31b.ROM.008.031 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
8:32b.ROM.008.032 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
8:33b.ROM.008.033 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.
8:34b.ROM.008.034 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
8:35b.ROM.008.035 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
8:36b.ROM.008.036 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.
8:37b.ROM.008.037 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
8:38b.ROM.008.038 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
8:39b.ROM.008.039 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
9
9:1b.ROM.009.001 Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees
9:2b.ROM.009.002 dat dit vir my 'n groot droefheid is en 'n onophoudelike smart vir my hart.
9:3b.ROM.009.003 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, 'n vervloeking te wees, wég van Christus af.
9:4b.ROM.009.004 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;
9:5b.ROM.009.005 aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.
9:6b.ROM.009.006 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
9:7b.ROM.009.007 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
9:8b.ROM.009.008 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.
9:9b.ROM.009.009 Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal 'n seun hê.
9:10b.ROM.009.010 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.
9:11b.ROM.009.011 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep
9:12b.ROM.009.012 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.
9:13b.ROM.009.013 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
9:14b.ROM.009.014 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!
9:15b.ROM.009.015 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
9:16b.ROM.009.016 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
9:17b.ROM.009.017 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
9:18b.ROM.009.018 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.
9:19b.ROM.009.019 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?
9:20b.ROM.009.020 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?
9:21b.ROM.009.021 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
9:22b.ROM.009.022 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,
9:23b.ROM.009.023 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,
9:24b.ROM.009.024 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
9:25b.ROM.009.025 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;
9:26b.ROM.009.026 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
9:27b.ROM.009.027 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
9:28b.ROM.009.028 want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.
9:29b.ROM.009.029 En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie 'n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
9:30b.ROM.009.030 Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;
9:31b.ROM.009.031 terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.
9:32b.ROM.009.032 Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.
9:33b.ROM.009.033 Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen van aanstoot en 'n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
10
10:1b.ROM.010.001 Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
10:2b.ROM.010.002 Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis.
10:3b.ROM.010.003 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
10:4b.ROM.010.004 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
10:5b.ROM.010.005 Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
10:6b.ROM.010.006 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;
10:7b.ROM.010.007 of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
10:8b.ROM.010.008 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:
10:9b.ROM.010.009 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
10:10b.ROM.010.010 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
10:11b.ROM.010.011 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
10:12b.ROM.010.012 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
10:13b.ROM.010.013 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
10:14b.ROM.010.014 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
10:15b.ROM.010.015 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
10:16b.ROM.010.016 Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?
10:17b.ROM.010.017 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
10:18b.ROM.010.018 Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.
10:19b.ROM.010.019 Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen 'n onverstandige volk.
10:20b.ROM.010.020 En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
10:21b.ROM.010.021 Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na 'n ongehoorsame en teësprekende volk.
11
11:1b.ROM.011.001 Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.
11:2b.ROM.011.002 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê:
11:3b.ROM.011.003 Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!
11:4b.ROM.011.004 Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.
11:5b.ROM.011.005 Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.
11:6b.ROM.011.006 En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.
11:7b.ROM.011.007 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.
11:8b.ROM.011.008 Soos geskrywe is: God het hulle gegee 'n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.
11:9b.ROM.011.009 En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees 'n vangnet en 'n strik en 'n struikelblok en 'n vergelding.
11:10b.ROM.011.010 Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.
11:11b.ROM.011.011 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.
11:12b.ROM.011.012 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!
11:13b.ROM.011.013 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek 'n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening
11:14b.ROM.011.014 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!
11:15b.ROM.011.015 Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?
11:16b.ROM.011.016 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
11:17b.ROM.011.017 En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,
11:18b.ROM.011.018 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.
11:19b.ROM.011.019 Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
11:20b.ROM.011.020 Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
11:21b.ROM.011.021 Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
11:22b.ROM.011.022 Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
11:23b.ROM.011.023 Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.
11:24b.ROM.011.024 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?
11:25b.ROM.011.025 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;
11:26b.ROM.011.026 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;
11:27b.ROM.011.027 en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.
11:28b.ROM.011.028 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.
11:29b.ROM.011.029 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.
11:30b.ROM.011.030 Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid,
11:31b.ROM.011.031 so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang.
11:32b.ROM.011.032 Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.
11:33b.ROM.011.033 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
11:34b.ROM.011.034 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
11:35b.ROM.011.035 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?
11:36b.ROM.011.036 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
12
12:1b.ROM.012.001 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
12:2b.ROM.012.002 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
12:3b.ROM.012.003 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
12:4b.ROM.012.004 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,
12:5b.ROM.012.005 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
12:6b.ROM.012.006 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:
12:7b.ROM.012.007 is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;
12:8b.ROM.012.008 of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie 'n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.
12:9b.ROM.012.009 Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
12:10b.ROM.012.010 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;
12:11b.ROM.012.011 wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;
12:12b.ROM.012.012 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
12:13b.ROM.012.013 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;
12:14b.ROM.012.014 seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;
12:15b.ROM.012.015 wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;
12:16b.ROM.012.016 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;
12:17b.ROM.012.017 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;
12:18b.ROM.012.018 as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
12:19b.ROM.012.019 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
12:20b.ROM.012.020 As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.
12:21b.ROM.012.021 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
13
13:1b.ROM.013.001 Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,
13:2b.ROM.013.002 sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.
13:3b.ROM.013.003 Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang;
13:4b.ROM.013.004 want hy is 'n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is 'n dienaar van God, 'n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.
13:5b.ROM.013.005 Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.
13:6b.ROM.013.006 Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.
13:7b.ROM.013.007 Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
13:8b.ROM.013.008 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.
13:9b.ROM.013.009 Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
13:10b.ROM.013.010 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
13:11b.ROM.013.011 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.
13:12b.ROM.013.012 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.
13:13b.ROM.013.013 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.
13:14b.ROM.013.014 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
14
14:1b.ROM.014.001 En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.
14:2b.ROM.014.002 Die een glo dat 'n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.
14:3b.ROM.014.003 Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.
14:4b.ROM.014.004 Wie is jy wat die huiskneg van 'n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.
14:5b.ROM.014.005 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.
14:6b.ROM.014.006 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.
14:7b.ROM.014.007 Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.
14:8b.ROM.014.008 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
14:9b.ROM.014.009 Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.
14:10b.ROM.014.010 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.
14:11b.ROM.014.011 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
14:12b.ROM.014.012 So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
14:13b.ROM.014.013 Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.
14:14b.ROM.014.014 Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.
14:15b.ROM.014.015 Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.
14:16b.ROM.014.016 Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie.
14:17b.ROM.014.017 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
14:18b.ROM.014.018 Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.
14:19b.ROM.014.019 Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.
14:20b.ROM.014.020 Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir 'n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
14:21b.ROM.014.021 Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.
14:22b.ROM.014.022 Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.
14:23b.ROM.014.023 Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.
15
15:1b.ROM.015.001 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.
15:2b.ROM.015.002 Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.
15:3b.ROM.015.003 Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.
15:4b.ROM.015.004 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
15:5b.ROM.015.005 En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,
15:6b.ROM.015.006 sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.
15:7b.ROM.015.007 Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.
15:8b.ROM.015.008 En ek sê dat Jesus Christus 'n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig;
15:9b.ROM.015.009 en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is: Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing.
15:10b.ROM.015.010 En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met sy volk;
15:11b.ROM.015.011 en ook: Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.
15:12b.ROM.015.012 En Jesaja sê ook: Die wortel van Isai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop.
15:13b.ROM.015.013 En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!
15:14b.ROM.015.014 Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.
15:15b.ROM.015.015 Tog het ek ten dele taamlik gewaag om aan julle te skrywe, broeders, as een wat julle herinner, kragtens die genade wat my deur God gegee is
15:16b.ROM.015.016 om 'n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, 'n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.
15:17b.ROM.015.017 Ek het dan rede om te roem in Christus Jesus, in die dinge aangaande God.
15:18b.ROM.015.018 Want ek sal nie waag om iets te sê van dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord en daad,
15:19b.ROM.015.019 deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom tot by Illírikum;
15:20b.ROM.015.020 maar só, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie om nie op die fondament van 'n ander te bou nie
15:21b.ROM.015.021 maar soos geskrywe is: Hulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.
15:22b.ROM.015.022 Daarom is ek ook elke keer verhinder om na julle te kom.
15:23b.ROM.015.023 Maar nou dat ek geen plek meer het in hierdie streke nie en al baie jare die begeerte het om na julle te kom,
15:24b.ROM.015.024 sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers 'n tyd lank van julle geniet het.
15:25b.ROM.015.025 Maar nou reis ek na Jerusalem in diens van die heiliges.
15:26b.ROM.015.026 Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.
15:27b.ROM.015.027 Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien.
15:28b.ROM.015.028 As ek dit volbring het en vir hulle hierdie vrug veilig oorgebring het, sal ek by julle langs na Spanje afreis.
15:29b.ROM.015.029 En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom.
15:30b.ROM.015.030 Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God,
15:31b.ROM.015.031 dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judéa en dat my diensbetoning aan Jerusalem aanneemlik mag wees vir die heiliges,
15:32b.ROM.015.032 sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.
15:33b.ROM.015.033 En die God van vrede sy met julle almal! Amen.
16
16:1b.ROM.016.001 Ek beveel by julle aan ons suster Fébé, wat 'n dienares is van die gemeente in Kenchréë,
16:2b.ROM.016.002 dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie 'n beskermster en ook vir my.
16:3b.ROM.016.003 Groet Priscílla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus,
16:4b.ROM.016.004 wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene.
16:5b.ROM.016.005 Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat die eersteling van Acháje is vir Christus.
16:6b.ROM.016.006 Groet Maria wat baie vir ons gearbei het.
16:7b.ROM.016.007 Groet Andronícus en Júnias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het.
16:8b.ROM.016.008 Groet Amplias, my geliefde in die Here.
16:9b.ROM.016.009 Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.
16:10b.ROM.016.010 Groet Apélles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobúlus is.
16:11b.ROM.016.011 Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is.
16:12b.ROM.016.012 Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.
16:13b.ROM.016.013 Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne.
16:14b.ROM.016.014 Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is.
16:15b.ROM.016.015 Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en al die heiliges wat saam met hulle is.
16:16b.ROM.016.016 Groet mekaar met 'n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.
16:17b.ROM.016.017 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.
16:18b.ROM.016.018 Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
16:19b.ROM.016.019 Want julle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is.
16:20b.ROM.016.020 En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
16:21b.ROM.016.021 Timótheüs, my medewerker, groet julle, en Lúcius en Jason en Sosípater, my stamgenote.
16:22b.ROM.016.022 Ek, Tértius, wat die brief geskryf het, groet julle in die Here.
16:23b.ROM.016.023 Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle.
16:24b.ROM.016.024 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
16:25b.ROM.016.025 Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,
16:26b.ROM.016.026 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof
16:27b.ROM.016.027 aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Romans (Afrikaans). Romans (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85BC-E