Acts (Afrikaans)
1
1:1b.ACT.001.001 Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het
1:2b.ACT.001.002 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;
1:3b.ACT.001.003 aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.
1:4b.ACT.001.004 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.
1:5b.ACT.001.005 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
1:6b.ACT.001.006 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
1:7b.ACT.001.007 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
1:8b.ACT.001.008 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
1:9b.ACT.001.009 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
1:10b.ACT.001.010 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
1:11b.ACT.001.011 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
1:12b.ACT.001.012 Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver.
1:13b.ACT.001.013 En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.
1:14b.ACT.001.014 Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.
1:15b.ACT.001.015 En in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan--die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd en twintig--en gesê:
1:16b.ACT.001.016 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
1:17b.ACT.001.017 want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.
1:18b.ACT.001.018 Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;
1:19b.ACT.001.019 en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is, dit is Bloedgrond.
1:20b.ACT.001.020 Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem.
1:21b.ACT.001.021 Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in-- en uitgegaan het,
1:22b.ACT.001.022 van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is--van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.
1:23b.ACT.001.023 En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías.
1:24b.ACT.001.024 En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
1:25b.ACT.001.025 om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.
1:26b.ACT.001.026 Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.
2
2:1b.ACT.002.001 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.
2:2b.ACT.002.002 En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
2:3b.ACT.002.003 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
2:4b.ACT.002.004 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
2:5b.ACT.002.005 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.
2:6b.ACT.002.006 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
2:7b.ACT.002.007 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?
2:8b.ACT.002.008 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?
2:9b.ACT.002.009 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië,
2:10b.ACT.002.010 Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,
2:11b.ACT.002.011 Kretense en Arabiere--ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.
2:12b.ACT.002.012 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?
2:13b.ACT.002.013 Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.
2:14b.ACT.002.014 Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.
2:15b.ACT.002.015 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.
2:16b.ACT.002.016 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:
2:17b.ACT.002.017 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
2:18b.ACT.002.018 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
2:19b.ACT.002.019 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
2:20b.ACT.002.020 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
2:21b.ACT.002.021 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
2:22b.ACT.002.022 Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet--
2:23b.ACT.002.023 Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;
2:24b.ACT.002.024 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
2:25b.ACT.002.025 Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie.
2:26b.ACT.002.026 Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
2:27b.ACT.002.027 Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
2:28b.ACT.002.028 U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.
2:29b.ACT.002.029 Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe.
2:30b.ACT.002.030 Omdat hy dan 'n profeet was en geweet het dat God vir hom met 'n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,
2:31b.ACT.002.031 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.
2:32b.ACT.002.032 Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
2:33b.ACT.002.033 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
2:34b.ACT.002.034 Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand
2:35b.ACT.002.035 totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
2:36b.ACT.002.036 Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.
2:37b.ACT.002.037 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?
2:38b.ACT.002.038 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
2:39b.ACT.002.039 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
2:40b.ACT.002.040 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
2:41b.ACT.002.041 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.
2:42b.ACT.002.042 En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.
2:43b.ACT.002.043 En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.
2:44b.ACT.002.044 En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.
2:45b.ACT.002.045 En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.
2:46b.ACT.002.046 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,
2:47b.ACT.002.047 terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
3
3:1b.ACT.003.001 En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur.
3:2b.ACT.003.002 En daar is 'n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om 'n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.
3:3b.ACT.003.003 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om 'n aalmoes gevra.
3:4b.ACT.003.004 En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons.
3:5b.ACT.003.005 En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.
3:6b.ACT.003.006 Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!
3:7b.ACT.003.007 Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.
3:8b.ACT.003.008 En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.
3:9b.ACT.003.009 En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.
3:10b.ACT.003.010 En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.
3:11b.ACT.003.011 En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s'n genoem word.
3:12b.ACT.003.012 En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?
3:13b.ACT.003.013 Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.
3:14b.ACT.003.014 En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat 'n moordenaar aan julle geskenk sou word,
3:15b.ACT.003.015 en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.
3:16b.ACT.003.016 En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.
3:17b.ACT.003.017 En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes;
3:18b.ACT.003.018 maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.
3:19b.ACT.003.019 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
3:20b.ACT.003.020 en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,
3:21b.ACT.003.021 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
3:22b.ACT.003.022 Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.
3:23b.ACT.003.023 En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.
3:24b.ACT.003.024 En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.
3:25b.ACT.003.025 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.
3:26b.ACT.003.026 God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.
4
4:1b.ACT.004.001 En terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom,
4:2b.ACT.004.002 baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.
4:3b.ACT.004.003 En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.
4:4b.ACT.004.004 En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyf duisend geword.
4:5b.ACT.004.005 Die volgende dag kom toe hulle owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaar,
4:6b.ACT.004.006 ook Annas, die hoëpriester, en Kájafas en Johannes en Alexander en almal wat van die hoëpriesterlike familie was;
4:7b.ACT.004.007 en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?
4:8b.ACT.004.008 Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,
4:9b.ACT.004.009 as ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n siek man, waardeur hy gesond geword het,
4:10b.ACT.004.010 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.
4:11b.ACT.004.011 Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.
4:12b.ACT.004.012 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
4:13b.ACT.004.013 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.
4:14b.ACT.004.014 En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.
4:15b.ACT.004.015 Hulle het hul toe gelas om buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag
4:16b.ACT.004.016 en gesê: Wat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar 'n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.
4:17b.ACT.004.017 Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.
4:18b.ACT.004.018 En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.
4:19b.ACT.004.019 Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;
4:20b.ACT.004.020 want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
4:21b.ACT.004.021 En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het.
4:22b.ACT.004.022 Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was meer as veertig jaar oud.
4:23b.ACT.004.023 En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.
4:24b.ACT.004.024 En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,
4:25b.ACT.004.025 wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?
4:26b.ACT.004.026 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.
4:27b.ACT.004.027 Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het,
4:28b.ACT.004.028 om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind.
4:29b.ACT.004.029 En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,
4:30b.ACT.004.030 deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.
4:31b.ACT.004.031 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
4:32b.ACT.004.032 En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
4:33b.ACT.004.033 En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.
4:34b.ACT.004.034 Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
4:35b.ACT.004.035 En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.
4:36b.ACT.004.036 En Joses wie se bynaam onder die apostels Bárnabas was--wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting--'n Leviet, van geboorte uit Ciprus,
4:37b.ACT.004.037 het 'n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
5
5:1b.ACT.005.001 Maar 'n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra 'n eiendom verkoop,
5:2b.ACT.005.002 en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en 'n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
5:3b.ACT.005.003 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
5:4b.ACT.005.004 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
5:5b.ACT.005.005 En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en 'n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.
5:6b.ACT.005.006 Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.
5:7b.ACT.005.007 En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.
5:8b.ACT.005.008 En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.
5:9b.ACT.005.009 En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.
5:10b.ACT.005.010 Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.
5:11b.ACT.005.011 En 'n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.
5:12b.ACT.005.012 En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo.
5:13b.ACT.005.013 En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maar die volk het hulle baie geëer.
5:14b.ACT.005.014 En daar is meer en meer gelowiges in die Here bygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue,
5:15b.ACT.005.015 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.
5:16b.ACT.005.016 En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.
5:17b.ACT.005.017 En die hoëpriester het opgestaan en almal wat saam met hom was--dit is die party van die Sadduseërs--en hulle was met nydigheid vervul,
5:18b.ACT.005.018 en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit.
5:19b.ACT.005.019 Maar 'n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei en gesê:
5:20b.ACT.005.020 Gaan heen, staan en vertel in die tempel aan die volk al die woorde van hierdie lewe.
5:21b.ACT.005.021 En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom en die Raad en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.
5:22b.ACT.005.022 Maar toe die dienaars daar kom, het hulle hul nie in die gevangenis gekry nie; en hulle het omgedraai en berig gebring en gesê:
5:23b.ACT.005.023 Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie.
5:24b.ACT.005.024 En toe die hoëpriester en die hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word.
5:25b.ACT.005.025 En daar kom een en bring aan hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk.
5:26b.ACT.005.026 Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.
5:27b.ACT.005.027 Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:
5:28b.ACT.005.028 Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring.
5:29b.ACT.005.029 En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.
5:30b.ACT.005.030 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan 'n kruishout te hang.
5:31b.ACT.005.031 Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.
5:32b.ACT.005.032 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
5:33b.ACT.005.033 Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.
5:34b.ACT.005.034 Maar 'n Fariseër met die naam van Gamáliël, 'n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels 'n bietjie buitentoe moes bring.
5:35b.ACT.005.035 Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;
5:36b.ACT.005.036 want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het 'n aantal mense--omtrent vier honderd--aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.
5:37b.ACT.005.037 En ná hom het Judas, die Galileër, opgestaan, in die dae van die inskrywing, en 'n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.
5:38b.ACT.005.038 En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word;
5:39b.ACT.005.039 maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie--dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.
5:40b.ACT.005.040 En hulle het na hom geluister. En nadat hulle die apostels ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.
5:41b.ACT.005.041 Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.
5:42b.ACT.005.042 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.
6
6:1b.ACT.006.001 En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar 'n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is.
6:2b.ACT.006.002 En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie.
6:3b.ACT.006.003 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;
6:4b.ACT.006.004 maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.
6:5b.ACT.006.005 En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, 'n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, 'n Jodegenoot uit Antiochíë,
6:6b.ACT.006.006 wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het gebid en hulle die hande opgelê.
6:7b.ACT.006.007 En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.
6:8b.ACT.006.008 En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.
6:9b.ACT.006.009 En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis.
6:10b.ACT.006.010 Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.
6:11b.ACT.006.011 Toe het hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God.
6:12b.ACT.006.012 En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring.
6:13b.ACT.006.013 En hulle het valse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie.
6:14b.ACT.006.014 Want ons het hom hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander.
6:15b.ACT.006.015 En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van 'n engel was.
7
7:1b.ACT.007.001 Toe sê die hoëpriester: Is hierdie dinge dan so?
7:2b.ACT.007.002 En hy sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het,
7:3b.ACT.007.003 en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys.
7:4b.ACT.007.004 Toe het hy getrek uit die land van die Chaldéërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.
7:5b.ACT.007.005 En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie 'n voetbreed nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag ná hom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.
7:6b.ACT.007.006 En God het aan hom dít gesê, dat sy nageslag bywoners in 'n vreemde land sou wees en die mense hulle tot slawe sou maak en mishandel, vier honderd jaar lank.
7:7b.ACT.007.007 En die nasie aan wie hulle diensbaar sal wees, sal Ek oordeel, het God gesê; en daarna sal hulle uittrek en My in hierdie plek dien.
7:8b.ACT.007.008 En Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee, en so het hy die vader van Isak geword en hom op die agtste dag besny; en Isak het die vader van Jakob geword, en Jakob van die twaalf aartsvaders.
7:9b.ACT.007.009 En die aartsvaders was jaloers op Josef en het hom verkoop na Egipte toe; maar God was met hom
7:10b.ACT.007.010 en het hom uit al sy verdrukkinge verlos en hom guns en wysheid geskenk voor Farao, die koning van Egipte; en dié het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis.
7:11b.ACT.007.011 En 'n hongersnood en groot benoudheid het oor die hele Egipteland en Kanaän gekom, en ons vaders kon geen voedsel kry nie.
7:12b.ACT.007.012 En toe Jakob hoor dat daar koring in Egipte was, het hy ons vaders die eerste keer uitgestuur.
7:13b.ACT.007.013 En die tweede keer is Josef deur sy broers herken, en die afkoms van Josef het aan Farao bekend geword.
7:14b.ACT.007.014 Toe het Josef gestuur en sy vader Jakob laat roep en sy hele familie, vyf en sewentig siele.
7:15b.ACT.007.015 En Jakob het afgetrek na Egipte en daar gesterwe, hy en ons vaders.
7:16b.ACT.007.016 En hulle is oorgebring na Sigem en weggelê in die graf wat Abraham vir 'n som geld gekoop het van die seuns van Hemor, die vader van Sigem.
7:17b.ACT.007.017 En namate die tyd van die belofte wat God aan Abraham met 'n eed beloof het, nader kom, het die volk toegeneem en vermeerder in Egipte,
7:18b.ACT.007.018 totdat daar 'n ander koning opgestaan het wat nie vir Josef geken het nie.
7:19b.ACT.007.019 Hy het listig met ons geslag te werk gegaan en ons vaders mishandel deur hulle te verplig om hul kindertjies weg te gooi, sodat hulle nie in die lewe behou kon word nie.
7:20b.ACT.007.020 In dié tyd is Moses gebore, en hy was wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg;
7:21b.ACT.007.021 en toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom as haar seun grootgemaak.
7:22b.ACT.007.022 En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.
7:23b.ACT.007.023 En nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy hart opgekom om sy broers, die kinders van Israel, te besoek;
7:24b.ACT.007.024 en toe hy sien dat iemand onreg aangedoen word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan.
7:25b.ACT.007.025 En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sy hand redding sou gee; maar hulle het dit nie verstaan nie.
7:26b.ACT.007.026 En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?
7:27b.ACT.007.027 Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: Wie het jou as 'n owerste en regter oor ons aangestel?
7:28b.ACT.007.028 Jy wil my tog nie doodmaak soos jy gister die Egiptenaar doodgemaak het nie?
7:29b.ACT.007.029 En Moses het op hierdie woord gevlug en 'n bywoner geword in die land Mídian, waar hy die vader van twee seuns geword het.
7:30b.ACT.007.030 En toe veertig jaar verby was, het 'n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos.
7:31b.ACT.007.031 En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:
7:32b.ACT.007.032 Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag om dit te bekyk nie.
7:33b.ACT.007.033 Toe sê die Here vir hom: Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.
7:34b.ACT.007.034 Ek het duidelik gesien die mishandeling van my volk wat in Egipte is, en hulle gesug gehoor en neergedaal om hulle te verlos. En nou, kom hier, Ek wil jou na Egipte stuur.
7:35b.ACT.007.035 Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te sê: Wie het jou aangestel as 'n owerste en regter? --hom het God as owerste en verlosser gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos.
7:36b.ACT.007.036 Hy het hulle uitgelei en wonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en die woestyn gedoen, veertig jaar lank.
7:37b.ACT.007.037 Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.
7:38b.ACT.007.038 Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewende woorde ontvang om aan ons te gee.
7:39b.ACT.007.039 Na hom wou ons vaders nie luister nie, maar hulle het hom verstoot en met hulle harte na Egipte teruggekeer
7:40b.ACT.007.040 toe hulle vir Aäron gesê het: Maak vir ons gode wat voor ons uit sal trek; want hierdie Moses wat ons uit Egipteland uitgelei het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
7:41b.ACT.007.041 En hulle het in daardie dae 'n kalf gemaak en aan die afgodsbeeld 'n offer gebring en hulle in die werke van hulle hande verbly.
7:42b.ACT.007.042 Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?
7:43b.ACT.007.043 Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer.
7:44b.ACT.007.044 Die tent van die Getuienis was onder ons vaders in die woestyn, soos Hy wat met Moses gespreek het, hom bevel gegee het om dit te maak volgens die afbeelding wat hy gesien het.
7:45b.ACT.007.045 En ons vaders het dit ontvang en met Josua ingebring in die besitting van die nasies wat God voor ons vaders uitgedryf het, tot op die dae van Dawid
7:46b.ACT.007.046 wat genade gevind het voor God en gevra het om 'n woonplek vir die God van Jakob te verkry.
7:47b.ACT.007.047 En Salomo het 'n huis vir Hom gebou.
7:48b.ACT.007.048 Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê:
7:49b.ACT.007.049 Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?
7:50b.ACT.007.050 Het my hand nie al hierdie dinge gemaak nie?
7:51b.ACT.007.051 Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.
7:52b.ACT.007.052 Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;
7:53b.ACT.007.053 julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!
7:54b.ACT.007.054 En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.
7:55b.ACT.007.055 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.
7:56b.ACT.007.056 En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.
7:57b.ACT.007.057 Maar hulle het met 'n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.
7:58b.ACT.007.058 En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van 'n jongman met die naam van Saulus.
7:59b.ACT.007.059 En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
7:60b.ACT.007.060 En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.
8
8:1b.ACT.008.001 En Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.
8:2b.ACT.008.002 En godvresende manne het Stéfanus begrawe en 'n groot rou oor hom bedrywe.
8:3b.ACT.008.003 Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.
8:4b.ACT.008.004 En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.
8:5b.ACT.008.005 En Filippus het afgekom in 'n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.
8:6b.ACT.008.006 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
8:7b.ACT.008.007 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
8:8b.ACT.008.008 En daar was groot blydskap in daardie stad.
8:9b.ACT.008.009 En 'n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
8:10b.ACT.008.010 En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
8:11b.ACT.008.011 En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle 'n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.
8:12b.ACT.008.012 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
8:13b.ACT.008.013 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
8:14b.ACT.008.014 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
8:15b.ACT.008.015 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
8:16b.ACT.008.016 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
8:17b.ACT.008.017 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
8:18b.ACT.008.018 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
8:19b.ACT.008.019 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
8:20b.ACT.008.020 Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.
8:21b.ACT.008.021 Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.
8:22b.ACT.008.022 Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
8:23b.ACT.008.023 Want ek sien dat jy in 'n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.
8:24b.ACT.008.024 Maar Simon het geantwoord en gesê: Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.
8:25b.ACT.008.025 Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.
8:26b.ACT.008.026 En 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad.
8:27b.ACT.008.027 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van Ethiópië, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid.
8:28b.ACT.008.028 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees.
8:29b.ACT.008.029 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
8:30b.ACT.008.030 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?
8:31b.ACT.008.031 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.
8:32b.ACT.008.032 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.
8:33b.ACT.008.033 In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.
8:34b.ACT.008.034 En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?
8:35b.ACT.008.035 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
8:36b.ACT.008.036 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
8:37b.ACT.008.037 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
8:38b.ACT.008.038 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
8:39b.ACT.008.039 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
8:40b.ACT.008.040 Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.
9
9:1b.ACT.009.001 Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan
9:2b.ACT.009.002 en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.
9:3b.ACT.009.003 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik 'n lig van die hemel af;
9:4b.ACT.009.004 en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
9:5b.ACT.009.005 En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
9:6b.ACT.009.006 En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.
9:7b.ACT.009.007 En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
9:8b.ACT.009.008 Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.
9:9b.ACT.009.009 En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie.
9:10b.ACT.009.010 En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.
9:11b.ACT.009.011 Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na 'n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid;
9:12b.ACT.009.012 en hy het in 'n gesig 'n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
9:13b.ACT.009.013 Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;
9:14b.ACT.009.014 en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.
9:15b.ACT.009.015 Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.
9:16b.ACT.009.016 Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.
9:17b.ACT.009.017 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
9:18b.ACT.009.018 En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.
9:19b.ACT.009.019 En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was 'n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.
9:20b.ACT.009.020 En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.
9:21b.ACT.009.021 En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hy nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?
9:22b.ACT.009.022 Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.
9:23b.ACT.009.023 En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.
9:24b.ACT.009.024 En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring;
9:25b.ACT.009.025 maar die dissipels het hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur hom in 'n mandjie te laat afsak.
9:26b.ACT.009.026 En toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy 'n dissipel was nie.
9:27b.ACT.009.027 Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.
9:28b.ACT.009.028 En hy het saam met hulle in-- en uitgegaan in Jerusalem
9:29b.ACT.009.029 en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.
9:30b.ACT.009.030 En toe die broeders dit agterkom, het hulle hom na Cesaréa afgebring en hom na Tarsus weggestuur.
9:31b.ACT.009.031 En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
9:32b.ACT.009.032 En onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon;
9:33b.ACT.009.033 en hy het daar 'n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.
9:34b.ACT.009.034 En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.
9:35b.ACT.009.035 En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.
9:36b.ACT.009.036 En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.
9:37b.ACT.009.037 En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in 'n bovertrek neergelê.
9:38b.ACT.009.038 En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.
9:39b.ACT.009.039 En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder-- en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.
9:40b.ACT.009.040 En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.
9:41b.ACT.009.041 En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.
9:42b.ACT.009.042 En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.
9:43b.ACT.009.043 En hy het 'n geruime tyd in Joppe gebly by 'n sekere Simon, 'n leerlooier.
10
10:1b.ACT.010.001 En daar was in Cesaréa 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.
10:2b.ACT.010.002 Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
10:3b.ACT.010.003 Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!
10:4b.ACT.010.004 En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
10:5b.ACT.010.005 Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.
10:6b.ACT.010.006 Hy is tuis by 'n sekere Simon, 'n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.
10:7b.ACT.010.007 En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en 'n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,
10:8b.ACT.010.008 en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.
10:9b.ACT.010.009 En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;
10:10b.ACT.010.010 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar 'n verrukking van sinne oor hom gekom:
10:11b.ACT.010.011 hy sien die hemel geopend en 'n voorwerp soos 'n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.
10:12b.ACT.010.012 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.
10:13b.ACT.010.013 Toe kom daar 'n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
10:14b.ACT.010.014 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
10:15b.ACT.010.015 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
10:16b.ACT.010.016 En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.
10:17b.ACT.010.017 En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon.
10:18b.ACT.010.018 En hulle roep en vra of Simon, wat ook Petrus genoem word, daar tuis is.
10:19b.ACT.010.019 En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek.
10:20b.ACT.010.020 Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.
10:21b.ACT.010.021 En Petrus het afgeklim na die manne wat deur Cornelius na hom gestuur was, en gesê: Kyk, dit is ek wat julle soek. Wat is die rede waarom julle hier is?
10:22b.ACT.010.022 En hulle sê: Cornelius, 'n hoofman oor honderd, 'n regverdige en godvresende man, wat 'n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het 'n goddelike openbaring ontvang deur 'n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê.
10:23b.ACT.010.023 En hy het hulle binnegenooi en geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, en enkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan.
10:24b.ACT.010.024 Die dag daarop het hulle in Cesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep.
10:25b.ACT.010.025 Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys.
10:26b.ACT.010.026 Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar 'n mens.
10:27b.ACT.010.027 En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het;
10:28b.ACT.010.028 en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir 'n Joodse man om met iemand van 'n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.
10:29b.ACT.010.029 Daarom het ek, toe ek gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.
10:30b.ACT.010.030 En Cornelius sê: Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid,
10:31b.ACT.010.031 en meteens staan daar 'n man voor my in 'n blink kleed en sê: Cornelius, jou gebed is verhoor en jou aalmoese is voor God in herinnering gebring.
10:32b.ACT.010.032 Stuur dan na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy vertoef in die huis van Simon, 'n leerlooier, by die see; as hy kom, sal hy met jou spreek.
10:33b.ACT.010.033 Ek het toe op die daad na u gestuur, en u het goed gedoen om te kom. Ons is dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u opgedra is.
10:34b.ACT.010.034 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
10:35b.ACT.010.035 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
10:36b.ACT.010.036 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus--Hy is die Here van almal.
10:37b.ACT.010.037 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,
10:38b.ACT.010.038 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
10:39b.ACT.010.039 En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan 'n kruishout op te hang.
10:40b.ACT.010.040 Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn
10:41b.ACT.010.041 nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.
10:42b.ACT.010.042 En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.
10:43b.ACT.010.043 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
10:44b.ACT.010.044 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
10:45b.ACT.010.045 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
10:46b.ACT.010.046 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:
10:47b.ACT.010.047 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
10:48b.ACT.010.048 En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog 'n paar dae te bly.
11
11:1b.ACT.011.001 En die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.
11:2b.ACT.011.002 En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis
11:3b.ACT.011.003 en gesê: By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.
11:4b.ACT.011.004 En Petrus het begin en vir hulle die loop van die saak uiteengesit en gesê:
11:5b.ACT.011.005 Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in 'n verrukking van sinne het ek 'n gesig gesien: 'n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos 'n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.
11:6b.ACT.011.006 En toe ek die oë daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.
11:7b.ACT.011.007 En ek hoor 'n stem vir my sê: Staan op, Petrus, slag en eet!
11:8b.ACT.011.008 Maar ek antwoord: Nooit nie, Here, want niks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie.
11:9b.ACT.011.009 En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
11:10b.ACT.011.010 En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.
11:11b.ACT.011.011 En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesaréa na my gestuur was.
11:12b.ACT.011.012 En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.
11:13b.ACT.011.013 En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word;
11:14b.ACT.011.014 hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal word.
11:15b.ACT.011.015 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.
11:16b.ACT.011.016 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.
11:17b.ACT.011.017 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?
11:18b.ACT.011.018 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.
11:19b.ACT.011.019 Die wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fenícië en Ciprus en Antiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.
11:20b.ACT.011.020 En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.
11:21b.ACT.011.021 En die hand van die Here was met hulle, en 'n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.
11:22b.ACT.011.022 En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë.
11:23b.ACT.011.023 Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;
11:24b.ACT.011.024 want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
11:25b.ACT.011.025 Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring.
11:26b.ACT.011.026 En hulle het 'n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan 'n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.
11:27b.ACT.011.027 En in dié dae het daar profete van Jerusalem na Antiochíë afgekom.
11:28b.ACT.011.028 En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.
11:29b.ACT.011.029 En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon.
11:30b.ACT.011.030 En dit het hulle ook gedoen en dit deur Bárnabas en Saulus aan die ouderlinge gestuur.
12
12:1b.ACT.012.001 En omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.
12:2b.ACT.012.002 En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.
12:3b.ACT.012.003 En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van die ongesuurde brode.
12:4b.ACT.012.004 Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring.
12:5b.ACT.012.005 So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.
12:6b.ACT.012.006 En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.
12:7b.ACT.012.007 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.
12:8b.ACT.012.008 En die engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!
12:9b.ACT.012.009 En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy 'n gesig sien.
12:10b.ACT.012.010 En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.
12:11b.ACT.012.011 Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.
12:12b.ACT.012.012 En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.
12:13b.ACT.012.013 En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het 'n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoor wie daar was.
12:14b.ACT.012.014 En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.
12:15b.ACT.012.015 Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy engel.
12:16b.ACT.012.016 En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.
12:17b.ACT.012.017 Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na 'n ander plek vertrek.
12:18b.ACT.012.018 En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.
12:19b.ACT.012.019 Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en daar gebly.
12:20b.ACT.012.020 En Herodes was verbitterd teen die Tiriërs en Sidóniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land onderhoud uit die koning s'n ontvang het.
12:21b.ACT.012.021 En op 'n bepaalde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek.
12:22b.ACT.012.022 Daarop het die volk hom toegeroep: 'n Stem van 'n god en nie van 'n mens nie!
12:23b.ACT.012.023 En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.
12:24b.ACT.012.024 Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.
12:25b.ACT.012.025 En Bárnabas en Saulus het van Jerusalem teruggekeer, nadat hulle hul diens vervul het, en hulle het Johannes saamgeneem, wat ook Markus genoem word.
13
13:1b.ACT.013.001 En daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.
13:2b.ACT.013.002 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
13:3b.ACT.013.003 En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
13:4b.ACT.013.004 So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.
13:5b.ACT.013.005 En toe hulle in Sálamis kom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook Johannes as helper gehad.
13:6b.ACT.013.006 En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en 'n towenaar gevind, 'n valse profeet, 'n Jood met die naam van Bar-Jesus.
13:7b.ACT.013.007 Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, 'n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.
13:8b.ACT.013.008 Maar Élimas die towenaar--want so word sy naam vertaal--het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.
13:9b.ACT.013.009 Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
13:10b.ACT.013.010 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?
13:11b.ACT.013.011 En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.
13:12b.ACT.013.012 Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.
13:13b.ACT.013.013 En Paulus en sy metgeselle het afgevaar van Pafos en by Perge in Pamfílië gekom. En Johannes het hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer.
13:14b.ACT.013.014 Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.
13:15b.ACT.013.015 En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle 'n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!
13:16b.ACT.013.016 Toe staan Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!
13:17b.ACT.013.017 Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met 'n hoë arm hulle daaruit gelei.
13:18b.ACT.013.018 En omtrent veertig jaar lank het Hy hulle in die woestyn verdra.
13:19b.ACT.013.019 En sewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei en hulle land deur die lot aan hulle uitgedeel.
13:20b.ACT.013.020 En daarna omtrent vier honderd en vyftig jaar lank het Hy rigters gegee tot op Samuel, die profeet.
13:21b.ACT.013.021 En van toe af het hulle 'n koning begeer, en God het aan hulle gegee Saul, die seun van Kis, 'n man uit die stam van Benjamin, veertig jaar lank.
13:22b.ACT.013.022 En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.
13:23b.ACT.013.023 Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek,
13:24b.ACT.013.024 nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.
13:25b.ACT.013.025 En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê: Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom ná my, wie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.
13:26b.ACT.013.026 Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.
13:27b.ACT.013.027 Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word.
13:28b.ACT.013.028 En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.
13:29b.ACT.013.029 En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in 'n graf neergelê.
13:30b.ACT.013.030 Maar God het Hom uit die dode opgewek.
13:31b.ACT.013.031 En gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het van Galiléa na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk.
13:32b.ACT.013.032 En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek,
13:33b.ACT.013.033 soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
13:34b.ACT.013.034 En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.
13:35b.ACT.013.035 Daarom sê Hy ook op 'n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.
13:36b.ACT.013.036 Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,
13:37b.ACT.013.037 maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.
13:38b.ACT.013.038 Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,
13:39b.ACT.013.039 en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
13:40b.ACT.013.040 Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is nie:
13:41b.ACT.013.041 Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.
13:42b.ACT.013.042 En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word.
13:43b.ACT.013.043 En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.
13:44b.ACT.013.044 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.
13:45b.ACT.013.045 Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.
13:46b.ACT.013.046 Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie--kyk, ons wend ons tot die heidene.
13:47b.ACT.013.047 Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.
13:48b.ACT.013.048 En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.
13:49b.ACT.013.049 En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.
13:50b.ACT.013.050 Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas 'n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.
13:51b.ACT.013.051 Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na Ikónium gegaan.
13:52b.ACT.013.052 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
14
14:1b.ACT.014.001 En op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat 'n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.
14:2b.ACT.014.002 Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.
14:3b.ACT.014.003 Hulle het toe 'n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.
14:4b.ACT.014.004 En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.
14:5b.ACT.014.005 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, 'n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,
14:6b.ACT.014.006 het hulle dit gewaargeword en gevlug na die stede van Likaónië, Listre en Derbe en die omstreke.
14:7b.ACT.014.007 En daar het hulle die evangelie verkondig.
14:8b.ACT.014.008 En in Listre het daar 'n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.
14:9b.ACT.014.009 Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die oë op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,
14:10b.ACT.014.010 met 'n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop.
14:11b.ACT.014.011 En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaónies: Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.
14:12b.ACT.014.012 En hulle het vir Bárnabas Júpiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.
14:13b.ACT.014.013 En die priester van Júpiter wie se tempel voor hulle stad was, het stiere en kranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offer.
14:14b.ACT.014.014 Maar toe die apostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep
14:15b.ACT.014.015 en gesê: Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.
14:16b.ACT.014.016 Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel,
14:17b.ACT.014.017 al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.
14:18b.ACT.014.018 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer.
14:19b.ACT.014.019 Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.
14:20b.ACT.014.020 Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek.
14:21b.ACT.014.021 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë,
14:22b.ACT.014.022 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
14:23b.ACT.014.023 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
14:24b.ACT.014.024 Toe gaan hulle deur Pisídië en kom in Pamfílië;
14:25b.ACT.014.025 en nadat hulle die woord in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië.
14:26b.ACT.014.026 En daarvandaan het hulle weggevaar na Antiochíë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.
14:27b.ACT.014.027 En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy 'n deur van geloof vir die heidene geopen het.
14:28b.ACT.014.028 En hulle het daar by die dissipels 'n geruime tyd deurgebring.
15
15:1b.ACT.015.001 En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.
15:2b.ACT.015.002 Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog 'n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.
15:3b.ACT.015.003 En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.
15:4b.ACT.015.004 En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het.
15:5b.ACT.015.005 Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.
15:6b.ACT.015.006 En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.
15:7b.ACT.015.007 En toe daar 'n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.
15:8b.ACT.015.008 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
15:9b.ACT.015.009 En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
15:10b.ACT.015.010 Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels 'n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?
15:11b.ACT.015.011 Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.
15:12b.ACT.015.012 En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.
15:13b.ACT.015.013 En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my!
15:14b.ACT.015.014 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.
15:15b.ACT.015.015 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:
15:16b.ACT.015.016 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,
15:17b.ACT.015.017 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
15:18b.ACT.015.018 Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.
15:19b.ACT.015.019 Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,
15:20b.ACT.015.020 maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.
15:21b.ACT.015.021 Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.
15:22b.ACT.015.022 Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.
15:23b.ACT.015.023 En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!
15:24b.ACT.015.024 Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,
15:25b.ACT.015.025 het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus--
15:26b.ACT.015.026 manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.
15:27b.ACT.015.027 Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.
15:28b.ACT.015.028 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
15:29b.ACT.015.029 dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!
15:30b.ACT.015.030 So is hulle dan weggestuur en het in Antiochíë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.
15:31b.ACT.015.031 En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.
15:32b.ACT.015.032 En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.
15:33b.ACT.015.033 En nadat hulle 'n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.
15:34b.ACT.015.034 Maar Silas het besluit om daar te bly.
15:35b.ACT.015.035 En Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.
15:36b.ACT.015.036 En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.
15:37b.ACT.015.037 En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.
15:38b.ACT.015.038 Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.
15:39b.ACT.015.039 Daar het toe 'n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.
15:40b.ACT.015.040 Maar Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.
15:41b.ACT.015.041 En hy het Sírië en Cilícië deurgegaan en die gemeentes versterk.
16
16:1b.ACT.016.001 En hy het in Derbe en Listre aangekom; en daar was 'n dissipel met die naam van Timótheüs, seun van 'n gelowige Joodse vrou, maar van 'n Griekse vader.
16:2b.ACT.016.002 Hy het goeie getuienis gehad van die broeders in Listre en Ikónium.
16:3b.ACT.016.003 Paulus wou hê dat hy saam met hom op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader 'n Griek was.
16:4b.ACT.016.004 En op hulle reis deur die stede het hulle die verordeninge wat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou.
16:5b.ACT.016.005 En die gemeentes is versterk in die geloof en het elke dag vermeerder in getal.
16:6b.ACT.016.006 En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.
16:7b.ACT.016.007 En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.
16:8b.ACT.016.008 So het hulle dan Mísië verbygegaan en na Troas afgekom.
16:9b.ACT.016.009 En Paulus het 'n gesig in die nag gesien--daar staan 'n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons!
16:10b.ACT.016.010 En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.
16:11b.ACT.016.011 Ons het dan afgevaar van Troas en reguit koers gehou na Samothráce, en die volgende dag na Neápolis,
16:12b.ACT.016.012 en daarvandaan na Filíppi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedónië, 'n kolonie. En ons het in hierdie stad 'n paar dae deurgebring.
16:13b.ACT.016.013 En op die sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs 'n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.
16:14b.ACT.016.014 En 'n vrou met die naam van Lídia, 'n purperverkoopster van die stad Thiatíre, 'n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.
16:15b.ACT.016.015 En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.
16:16b.ACT.016.016 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom 'n slavin met 'n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.
16:17b.ACT.016.017 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.
16:18b.ACT.016.018 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.
16:19b.ACT.016.019 En toe haar eienaars sien dat die hoop van hulle wins weg was, het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die mark voor die owerheid gesleep
16:20b.ACT.016.020 en hulle voor die regters gebring en gesê: Hierdie manne bring ons stad in opskudding, omdat hulle Jode is,
16:21b.ACT.016.021 en hulle verkondig sedes wat vir ons nie geoorloof is om aan te neem of na te volg nie, omdat ons Romeine is.
16:22b.ACT.016.022 En die skare het saam teen hulle opgestaan, en die regters het hulle klere laat afskeur en bevel gegee om hulle met stokke te slaan.
16:23b.ACT.016.023 En toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp en die tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig te bewaak.
16:24b.ACT.016.024 Hy het toe, omdat hy so 'n bevel ontvang het, hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete in die blok vasgemaak.
16:25b.ACT.016.025 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
16:26b.ACT.016.026 En skielik kom daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
16:27b.ACT.016.027 En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy 'n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het.
16:28b.ACT.016.028 Maar Paulus het met 'n groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.
16:29b.ACT.016.029 En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende voor Paulus en Silas neer.
16:30b.ACT.016.030 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
16:31b.ACT.016.031 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
16:32b.ACT.016.032 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
16:33b.ACT.016.033 En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.
16:34b.ACT.016.034 Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.
16:35b.ACT.016.035 En toe dit dag word, stuur die regters die geregsdienaars en sê: Laat daardie manne los.
16:36b.ACT.016.036 En die tronkbewaarder het hierdie woorde aan Paulus oorgebring: Die regters het laat weet dat julle losgelaat moet word; gaan dan nou uit en reis in vrede!
16:37b.ACT.016.037 Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ons wat Romeinse burgers is, en ons in die gevangenis gewerp, en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? Volstrek nie! Laat hulle self kom en ons uitlei.
16:38b.ACT.016.038 En die geregsdienaars het hierdie woorde aan die regters oorgebring, en dié het bang geword toe hulle hoor dat hulle Romeine was.
16:39b.ACT.016.039 Daarop het hulle gekom en hulle gesmeek en uitgelei met die versoek om uit die stad te vertrek.
16:40b.ACT.016.040 En nadat hulle die gevangenis verlaat het, het hulle na die huis van Lídia gegaan; en hulle het die broeders gesien, hulle bemoedig en weggegaan.
17
17:1b.ACT.017.001 Toe het hulle deur Amfípolis en Apollónië gereis en in Thessaloníka gekom, waar 'n sinagoge van die Jode was.
17:2b.ACT.017.002 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte
17:3b.ACT.017.003 en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.
17:4b.ACT.017.004 En sommige van hulle is oortuig en het hulle by Paulus en Silas aangesluit, ook 'n groot menigte van die godsdienstige Grieke en 'n groot aantal van die aansienlikste vroue.
17:5b.ACT.017.005 Maar die ongelowige Jode was afgunstig en het slegte manne van die leeglopers saamgeneem en die stad in opskudding gebring deur 'n volksoploop te bewerk. En hulle het die huis van Jason aangeval en probeer om hulle voor die volk te bring.
17:6b.ACT.017.006 Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en 'n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom,
17:7b.ACT.017.007 en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar 'n ander koning is, naamlik Jesus.
17:8b.ACT.017.008 En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het.
17:9b.ACT.017.009 Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.
17:10b.ACT.017.010 Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan.
17:11b.ACT.017.011 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.
17:12b.ACT.017.012 Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke 'n groot aantal, vroue en manne.
17:13b.ACT.017.013 Maar toe die Jode van Thessaloníka verneem het dat die woord van God ook in Beréa deur Paulus verkondig was, het hulle gekom en die skare ook daar opgesweep.
17:14b.ACT.017.014 Die broeders het Paulus toe dadelik weggestuur om in die rigting van die see te gaan, maar Silas en Timótheüs het daar gebly.
17:15b.ACT.017.015 En die wat Paulus begelei het, het hom tot by Athéne gebring, en nadat hulle opdrag ontvang het aan Silas en Timótheüs om so gou moontlik na hom te kom, het hulle vertrek.
17:16b.ACT.017.016 En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.
17:17b.ACT.017.017 Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom.
17:18b.ACT.017.018 En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy 'n verkondiger is van vreemde gode--omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het.
17:19b.ACT.017.019 En hulle het hom geneem en op die Areópagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?
17:20b.ACT.017.020 Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.
17:21b.ACT.017.021 Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie.
17:22b.ACT.017.022 Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.
17:23b.ACT.017.023 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.
17:24b.ACT.017.024 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.
17:25b.ACT.017.025 Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
17:26b.ACT.017.026 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
17:27b.ACT.017.027 sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;
17:28b.ACT.017.028 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
17:29b.ACT.017.029 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.
17:30b.ACT.017.030 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
17:31b.ACT.017.031 omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
17:32b.ACT.017.032 Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.
17:33b.ACT.017.033 En so het Paulus van hulle weggegaan.
17:34b.ACT.017.034 Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dionísius, die Areopagiet, was, en 'n vrou met die naam van Dámaris en ander saam met hulle.
18
18:1b.ACT.018.001 En daarna het Paulus uit Athéne vertrek en in Korinthe gekom.
18:2b.ACT.018.002 En hy het 'n Jood gevind met die naam van Aquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Priscílla van Italië gekom het, omdat Claudius beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan;
18:3b.ACT.018.003 en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want hulle was tentmakers van ambag.
18:4b.ACT.018.004 En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.
18:5b.ACT.018.005 En toe Silas en Timótheüs van Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is.
18:6b.ACT.018.006 Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
18:7b.ACT.018.007 En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus, wat 'n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge gestaan het.
18:8b.ACT.018.008 En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.
18:9b.ACT.018.009 En die Here het deur 'n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;
18:10b.ACT.018.010 want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.
18:11b.ACT.018.011 En hy het daar gebly 'n jaar en ses maande lank en die woord van God onder hulle geleer.
18:12b.ACT.018.012 En toe Gállio goewerneur van Acháje was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan en hom voor die regterstoel gebring
18:13b.ACT.018.013 en gesê: Hierdie man haal die mense oor om God op onwettige wyse te vereer.
18:14b.ACT.018.014 En toe Paulus sy mond wou oopmaak, sê Gállio vir die Jode: As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode;
18:15b.ACT.018.015 maar as dit 'n geskil is oor 'n woord en oor name en oor 'n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie.
18:16b.ACT.018.016 En hy het hulle van die regterstoel weggedryf.
18:17b.ACT.018.017 En al die Grieke het Sósthenes, die hoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en Gállio het hom aan niks van hierdie dinge gesteur nie.
18:18b.ACT.018.018 En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem en na Sírië uitgeseil, en saam met hom Priscílla en Aquila. En in Kenchréë het hy sy hoof geskeer, want hy het 'n gelofte gedoen.
18:19b.ACT.018.019 En hy het in Éfese aangekom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.
18:20b.ACT.018.020 En toe hulle versoek dat hy langer by hulle moes vertoef, het hy nie toegestem nie,
18:21b.ACT.018.021 maar van hulle afskeid geneem en gesê: Ek moet sekerlik die komende fees in Jerusalem vier, maar ek sal weer na julle terugkom as God wil. En hy het van Éfese afgevaar.
18:22b.ACT.018.022 En toe hy in Cesaréa gekom het en opgegaan en die gemeente gegroet het, het hy afgereis na Antiochíë.
18:23b.ACT.018.023 En nadat hy 'n tyd lank vertoef het, het hy vertrek en agtereenvolgens die land Galásië en Frígië deurgereis en al die dissipels versterk.
18:24b.ACT.018.024 En 'n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandríë gebore was, 'n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte.
18:25b.ACT.018.025 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.
18:26b.ACT.018.026 En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Aquila en Priscílla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê.
18:27b.ACT.018.027 En toe hy wou deurgaan na Acháje, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom, was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut;
18:28b.ACT.018.028 want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.
19
19:1b.ACT.019.001 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind
19:2b.ACT.019.002 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.
19:3b.ACT.019.003 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
19:4b.ACT.019.004 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
19:5b.ACT.019.005 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
19:6b.ACT.019.006 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
19:7b.ACT.019.007 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
19:8b.ACT.019.008 En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
19:9b.ACT.019.009 Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van 'n sekere Tiránnus samesprekinge gehou.
19:10b.ACT.019.010 En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.
19:11b.ACT.019.011 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
19:12b.ACT.019.012 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
19:13b.ACT.019.013 En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
19:14b.ACT.019.014 Dit was sekere sewe seuns van Skeva, 'n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
19:15b.ACT.019.015 Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
19:16b.ACT.019.016 Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
19:17b.ACT.019.017 En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
19:18b.ACT.019.018 En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak;
19:19b.ACT.019.019 en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was.
19:20b.ACT.019.020 So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.
19:21b.ACT.019.021 En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedónië en Acháje te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.
19:22b.ACT.019.022 Daarop stuur hy twee van sy helpers, Timótheüs en Erástus, na Macedónië, terwyl hy self nog 'n tyd lank in Asië gebly het.
19:23b.ACT.019.023 En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie.
19:24b.ACT.019.024 Want iemand met die naam van Demétrius, 'n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het 'n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.
19:25b.ACT.019.025 En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is,
19:26b.ACT.019.026 en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus 'n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.
19:27b.ACT.019.027 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.
19:28b.ACT.019.028 En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Efésiërs!
19:29b.ACT.019.029 Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die skouburg en sleep Gajus en Aristárchus saam, Macedóniërs wat reisgenote van Paulus was.
19:30b.ACT.019.030 En toe Paulus onder die volk wou ingaan, het die dissipels hom dit nie toegelaat nie.
19:31b.ACT.019.031 En sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.
19:32b.ACT.019.032 Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie.
19:33b.ACT.019.033 En hulle het Alexander uit die skare vorentoe laat kom, omdat die Jode hom vorentoe gestoot het; en Alexander het met die hand gewink en wou hom by die volk verdedig.
19:34b.ACT.019.034 Maar toe hulle verstaan dat hy 'n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Efésiërs!
19:35b.ACT.019.035 Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?
19:36b.ACT.019.036 Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie.
19:37b.ACT.019.037 Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.
19:38b.ACT.019.038 As Demétrius en sy ambagsmanne dan 'n saak teen iemand het, die hofsittings word gehou, en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag.
19:39b.ACT.019.039 Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word.
19:40b.ACT.019.040 Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie.
19:41b.ACT.019.041 En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.
20
20:1b.ACT.020.001 En nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedónië te reis.
20:2b.ACT.020.002 En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.
20:3b.ACT.020.003 En daar het hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis na Sírië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedónië terug te gaan.
20:4b.ACT.020.004 En tot in Asië het Sópater van Beréa hom vergesel, en van die Thessalonicense, Aristárchus en Secúndus, en Gajus van Derbe en Timótheüs, en uit Asië Tíchikus en Trófimus.
20:5b.ACT.020.005 Hulle het vooruitgegaan en in Troas op ons gewag.
20:6b.ACT.020.006 Maar ná die dae van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.
20:7b.ACT.020.007 En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.
20:8b.ACT.020.008 En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het.
20:9b.ACT.020.009 En 'n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in 'n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.
20:10b.ACT.020.010 Toe gaan Paulus ondertoe en val op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.
20:11b.ACT.020.011 En hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy nog 'n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.
20:12b.ACT.020.012 En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate getroos.
20:13b.ACT.020.013 Maar ons het vooruit op die skip gegaan en afgevaar na Assus, waar ons van plan was om Paulus aan boord te neem; want so het hy dit bestel, omdat hy self te voet wou gaan.
20:14b.ACT.020.014 Toe hy ons dan in Assus ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by Mitiléne gekom.
20:15b.ACT.020.015 En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor Chios gekom, en die ander dag na Samos oorgevaar en in Trogíllion oorgebly en die dag daarop by Miléte gekom.
20:16b.ACT.020.016 Want Paulus het besluit om by Éfese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaas om, as dit vir hom moontlik was, op die pinksterdag in Jerusalem te wees.
20:17b.ACT.020.017 En van Miléte het hy gestuur na Éfese en die ouderlinge van die gemeente laat roep.
20:18b.ACT.020.018 En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het
20:19b.ACT.020.019 en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;
20:20b.ACT.020.020 hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,
20:21b.ACT.020.021 terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.
20:22b.ACT.020.022 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,
20:23b.ACT.020.023 behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.
20:24b.ACT.020.024 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
20:25b.ACT.020.025 En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
20:26b.ACT.020.026 Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.
20:27b.ACT.020.027 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.
20:28b.ACT.020.028 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
20:29b.ACT.020.029 Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.
20:30b.ACT.020.030 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.
20:31b.ACT.020.031 Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.
20:32b.ACT.020.032 En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle 'n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.
20:33b.ACT.020.033 Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;
20:34b.ACT.020.034 maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.
20:35b.ACT.020.035 Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
20:36b.ACT.020.036 En ná hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.
20:37b.ACT.020.037 En daar het 'n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,
20:38b.ACT.020.038 veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.
21
21:1b.ACT.021.001 En nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by Pátara.
21:2b.ACT.021.002 En ons het 'n skip gevind wat na Fenícië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar.
21:3b.ACT.021.003 En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na Sírië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai.
21:4b.ACT.021.004 En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie.
21:5b.ACT.021.005 Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
21:6b.ACT.021.006 En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe.
21:7b.ACT.021.007 Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolemáis gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly.
21:8b.ACT.021.008 En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.
21:9b.ACT.021.009 En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.
21:10b.ACT.021.010 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom.
21:11b.ACT.021.011 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.
21:12b.ACT.021.012 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.
21:13b.ACT.021.013 Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.
21:14b.ACT.021.014 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied!
21:15b.ACT.021.015 En ná hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.
21:16b.ACT.021.016 En sommige van die dissipels van Cesaréa het ook saam met ons gegaan en ons by 'n sekere Mnason van Ciprus gebring, 'n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan.
21:17b.ACT.021.017 En toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons met blydskap ontvang.
21:18b.ACT.021.018 En op die volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus se huis gegaan, en al die ouderlinge was daar teenwoordig.
21:19b.ACT.021.019 En nadat hy hulle gegroet het, het hy van stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het.
21:20b.ACT.021.020 En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet.
21:21b.ACT.021.021 En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie.
21:22b.ACT.021.022 Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het.
21:23b.ACT.021.023 Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat 'n gelofte gedoen het;
21:24b.ACT.021.024 neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou.
21:25b.ACT.021.025 Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery.
21:26b.ACT.021.026 Toe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig en in die tempel gegaan om bekend te maak dat die dae van die heiliging sou voortduur totdat die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.
21:27b.ACT.021.027 Maar toe die sewe dae byna verby was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan
21:28b.ACT.021.028 en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.
21:29b.ACT.021.029 Want hulle het vantevore Trófimus, die Efésiër, in die stad by hom gesien en gedink dat Paulus hom in die tempel gebring het.
21:30b.ACT.021.030 Toe kom die hele stad in beweging, en daar was 'n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.
21:31b.ACT.021.031 En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het 'n berig die owerste oor duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem in oproer was.
21:32b.ACT.021.032 En hy het meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop na hulle; en toe hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.
21:33b.ACT.021.033 Daarop kom die owerste oor duisend nader en neem hom gevange en gee bevel dat hy met twee kettings geboei moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.
21:34b.ACT.021.034 En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die kamp gebring moes word.
21:35b.ACT.021.035 En toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare.
21:36b.ACT.021.036 Want die menigte van die volk het gevolg en geskreeu: Weg met hom!
21:37b.ACT.021.037 En net toe hy in die kamp gebring sou word, vra Paulus die owerste oor duisend: Is dit my geoorloof om iets vir u te sê? En hy sê vir hom: Ken jy Grieks?
21:38b.ACT.021.038 Is jy dan nie die Egiptenaar wat 'n tyd gelede oproer gemaak het en die vier duisend rowers na die woestyn uitgelei het nie?
21:39b.ACT.021.039 En Paulus antwoord: Ek is 'n Joodse man van Tarsus, 'n burger van geen onvermaarde stad in Cilícië nie; ek versoek u, laat my toe om die volk toe te spreek.
21:40b.ACT.021.040 En toe hy dit toegelaat het, gaan Paulus op die trappe staan en wink met die hand vir die volk. En nadat daar 'n groot stilte gekom het, het hy hulle in die Hebreeuse taal toegespreek en gesê:
22
22:1b.ACT.022.001 Broeders en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!
22:2b.ACT.022.002 En toe hulle hoor dat hy hulle in die Hebreeuse taal toespreek, was hulle nog stiller. En hy sê:
22:3b.ACT.022.003 Ek is 'n Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamáliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, 'n yweraar vir God soos julle almal vandag is.
22:4b.ACT.022.004 Hierdie Weg het ek vervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,
22:5b.ACT.022.005 soos ook die hoëpriester en die hele raad van ouderlinge my getuies is. Van hulle het ek ook briewe ontvang en na die broeders in Damaskus gegaan om ook die wat daar was, geboeid na Jerusalem te bring, sodat hulle gestraf kon word.
22:6b.ACT.022.006 Maar terwyl ek op reis was en naby Damaskus kom, het daar op die middag skielik 'n groot lig uit die hemel my omstraal,
22:7b.ACT.022.007 en ek het op die grond geval en 'n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
22:8b.ACT.022.008 En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus, die Nasaréner, wat jy vervolg.
22:9b.ACT.022.009 En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, nie gehoor nie.
22:10b.ACT.022.010 En ek het gesê: Wat moet ek doen, Here? En die Here het vir my gesê: Staan op en gaan na Damaskus, en daar sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om te doen.
22:11b.ACT.022.011 Toe ek dan weens die glans van daardie lig nie kon sien nie, is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus gekom.
22:12b.ACT.022.012 En 'n sekere Ananías, 'n vroom man volgens die wet, wat 'n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon,
22:13b.ACT.022.013 het na my gekom en by my gaan staan en vir my gesê: Saul, broeder, word siende! En op dieselfde oomblik het ek hom aangekyk.
22:14b.ACT.022.014 En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor;
22:15b.ACT.022.015 want jy sal vir Hom by al die mense 'n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.
22:16b.ACT.022.016 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
22:17b.ACT.022.017 En toe ek in Jerusalem teruggekom het en besig was om in die tempel te bid, het ek in 'n verrukking van sinne gekom
22:18b.ACT.022.018 en Hom gesien, en Hy het vir my gesê: Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie.
22:19b.ACT.022.019 En ek het gesê: Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan;
22:20b.ACT.022.020 en toe die bloed van Stéfanus, u getuie, vergiet is, het ek ook self daarby gestaan en sy vermoording goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.
22:21b.ACT.022.021 En Hy het vir my gesê: Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die gewone heidene.
22:22b.ACT.022.022 Tot by hierdie woord het hulle na hom geluister; toe verhef hulle hul stem en sê: Weg van die aarde met so 'n mens, want hy behoort nie te lewe nie!
22:23b.ACT.022.023 En terwyl hulle so skreeu en hulle klere afgooi en stof in die lug werp,
22:24b.ACT.022.024 het die owerste oor duisend bevel gegee dat hy in die kamp gebring moes word, en gesê dat hulle hom met géselslae moes ondersoek, sodat hy kon weet om watter rede hulle so teen hom uitroep.
22:25b.ACT.022.025 En onderwyl hulle hom met die rieme uitrek, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit u geoorloof om 'n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?
22:26b.ACT.022.026 Toe die hoofman oor honderd dit hoor, gaan hy dit aan die owerste oor duisend vertel en sê: Pas op wat u gaan doen, want hierdie man is 'n Romein.
22:27b.ACT.022.027 En die owerste oor duisend het gekom en hom gevra: Sê vir my of jy 'n Romein is? En hy antwoord: Ja.
22:28b.ACT.022.028 Toe sê die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir 'n groot som verkry! En Paulus sê vir hom: Maar ek het dit deur geboorte.
22:29b.ACT.022.029 Daarop het die wat hom sou ondersoek, hom dadelik laat staan; en die owerste oor duisend het ook gevrees, omdat hy nou wis dat hy 'n Romein was en hy hom geboei het.
22:30b.ACT.022.030 En die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig was; en hy het hom van sy boeie losgemaak en bevel gegee dat die owerpriesters en hulle hele Raad moes vergader; en hy het Paulus afgebring en voor hulle laat staan.
23
23:1b.ACT.023.001 En Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met 'n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag.
23:2b.ACT.023.002 Maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.
23:3b.ACT.023.003 Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet word?
23:4b.ACT.023.004 En die wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?
23:5b.ACT.023.005 Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van 'n owerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie.
23:6b.ACT.023.006 En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is 'n Fariseër, die seun van 'n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.
23:7b.ACT.023.007 En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.
23:8b.ACT.023.008 Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei.
23:9b.ACT.023.009 Toe was daar 'n groot geroep, en die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad in hierdie man nie; en as 'n gees met hom gespreek het, of 'n engel, laat ons nie teen God stry nie.
23:10b.ACT.023.010 En toe daar 'n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring.
23:11b.ACT.023.011 En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.
23:12b.ACT.023.012 En toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie.
23:13b.ACT.023.013 En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het.
23:14b.ACT.023.014 Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie.
23:15b.ACT.023.015 Laat dan nou, saam met die Raad, aan die owerste oor duisend weet om hom môre af te bring na u toe, asof u oor sy saak noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom.
23:16b.ACT.023.016 Maar die seun van Paulus se suster het van die hinderlaag gehoor, en hy het gekom en in die kamp gegaan en dit aan Paulus vertel.
23:17b.ACT.023.017 En Paulus het een van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Bring hierdie jongman by die owerste oor duisend, want hy het iets om aan hom te vertel.
23:18b.ACT.023.018 Daarop neem hy hom saam en bring hom by die owerste oor duisend en sê: Die gevangene, Paulus, het my na hom geroep en versoek om hierdie jongman na u te bring, omdat hy iets het om aan u te sê.
23:19b.ACT.023.019 Daarop vat die owerste oor duisend hom by die hand en gaan eenkant toe en vra: Wat het jy om aan my te vertel?
23:20b.ACT.023.020 En hy sê: Die Jode het ooreengekom om u te versoek om Paulus môre af te bring na die Raad asof hulle iets noukeurigers omtrent hom wil verneem.
23:21b.ACT.023.021 Laat u dan nie deur hulle oorhaal nie, want meer as veertig man van hulle lê hom voor wat hulleself vervloek het om nie te eet of te drink totdat hulle hom omgebring het nie. En nou is hulle gereed en wag op u toestemming.
23:22b.ACT.023.022 En die owerste oor duisend het die jongman laat gaan en hom bevel gegee: Vertel aan niemand dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.
23:23b.ACT.023.023 En hy het twee van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Hou twee honderd soldate gereed om na Cesaréa te gaan, en sewentig ruiters en twee honderd lig gewapende manne, teen die derde uur van die nag.
23:24b.ACT.023.024 En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus daarop kan sit en veilig na Felix, die goewerneur, oorbring.
23:25b.ACT.023.025 En hy het 'n brief geskrywe met ongeveer hierdie inhoud:
23:26b.ACT.023.026 Claudius Lísias aan die hoogedele goewerneur Felix: Groete!
23:27b.ACT.023.027 Toe hierdie man wat deur die Jode gevang is, op die punt gestaan het om deur hulle omgebring te word, het ek met die soldate bygekom en hom gered, omdat ek verneem het dat hy 'n Romein is.
23:28b.ACT.023.028 Maar omdat ek te wete wou kom wat die oorsaak was waarom hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Raad afgebring
23:29b.ACT.023.029 en uitgevind dat hy beskuldig word oor twisvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangeklaag word van iets wat die dood of boeie verdien nie.
23:30b.ACT.023.030 En omdat aan my meegedeel is dat daar deur die Jode 'n komplot teen die man sou gesmee word, het ek hom meteens na u gestuur en ook sy beskuldigers gelas om wat hulle teen hom het, voor u te sê. Vaarwel!
23:31b.ACT.023.031 En die soldate het Paulus geneem soos hulle beveel is, en hom in die nag na Antípatris gebring.
23:32b.ACT.023.032 En die volgende dag het hulle die ruiters met hom verder laat gaan en self na die kamp teruggekeer.
23:33b.ACT.023.033 En dié het in Cesaréa gekom en die brief aan die goewerneur afgegee en ook Paulus voor hom gestel.
23:34b.ACT.023.034 En die goewerneur het die brief gelees en gevra uit watter provinsie hy was; en toe hy verneem dat hy uit Cilícië was,
23:35b.ACT.023.035 sê hy: Ek sal jou in verhoor neem wanneer jou beskuldigers ook aangekom het. Toe gee hy bevel dat hy in die paleis van Herodes bewaak moes word.
24
24:1b.ACT.024.001 En vyf dae daarna het die hoëpriester Ananías met die ouderlinge en 'n sekere advokaat Tertúllus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag.
24:2b.ACT.024.002 En toe hy opgeroep is, begin Tertúllus hom beskuldig en sê:
24:3b.ACT.024.003 Dat 'n groot vrede deur u, hoogedele Felix, ons te beurt val, en dat daar hervorminge deur u voorsorg in elke opsig en oral vir hierdie nasie tot stand kom, neem ons met alle dankbaarheid aan.
24:4b.ACT.024.004 Maar om u nie te lank op te hou nie, versoek ek u om ons in u vriendelikheid kortliks aan te hoor.
24:5b.ACT.024.005 Want ons het gevind dat hierdie man 'n pes is en 'n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en 'n voorman van die sekte van die Nasaréners,
24:6b.ACT.024.006 wat selfs probeer het om die tempel te ontheilig. Ons het hom gevange geneem en wou hom volgens ons wet oordeel;
24:7b.ACT.024.007 maar Lísias, die owerste oor duisend, het gekom en hom met groot geweld uit ons hande weggeneem
24:8b.ACT.024.008 en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom. Van hom sal u self, ná ondersoek, kennis kan verkry van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.
24:9b.ACT.024.009 En die Jode het ook saamgestem en gesê dat dit so was.
24:10b.ACT.024.010 En nadat die goewerneur vir hom gewink het om te praat, het Paulus geantwoord: Omdat ek weet dat u oor hierdie volk al baie jare lank regter is, verdedig ek my saak met goeie moed,
24:11b.ACT.024.011 aangesien u te wete kan kom dat dit nie meer as twaalf dae is vandat ek opgegaan het om in Jerusalem te aanbid nie.
24:12b.ACT.024.012 En hulle het my nie in die tempel gevind, besig om met iemand te praat of 'n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie.
24:13b.ACT.024.013 En hulle kan ook die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, nie bewys nie.
24:14b.ACT.024.014 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,
24:15b.ACT.024.015 en 'n hoop op God het, 'n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar 'n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.
24:16b.ACT.024.016 Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense 'n rein gewete te hê.
24:17b.ACT.024.017 Maar ná baie jare het ek gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers.
24:18b.ACT.024.018 En terwyl ek hiermee besig was, het sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met 'n skare of met 'n opskudding nie.
24:19b.ACT.024.019 Hulle behoort hier voor u te wees om beskuldiging in te bring as hulle iets teen my het.
24:20b.ACT.024.020 Of laat hierdie manne self sê of hulle enige onreg in my gevind het toe ek voor die Raad gestaan het,
24:21b.ACT.024.021 behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: Oor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg!
24:22b.ACT.024.022 Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer Lísias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.
24:23b.ACT.024.023 En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.
24:24b.ACT.024.024 En 'n paar dae daarna het Felix gekom saam met Drusílla, sy vrou, wat 'n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.
24:25b.ACT.024.025 Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek 'n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.
24:26b.ACT.024.026 En tegelykertyd het hy ook gehoop dat geld aan hom deur Paulus sou gegee word om hom los te laat. Daarom het hy hom ook dikwels laat haal en met hom gesprekke gehad.
24:27b.ACT.024.027 Maar twee jaar het verbygegaan, en toe kry Felix vir Porcius Festus as opvolger; en omdat Felix aan die Jode 'n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat.
25
25:1b.ACT.025.001 Festus het dan in die provinsie gekom en ná drie dae van Cesaréa opgegaan na Jerusalem.
25:2b.ACT.025.002 En die hoëpriester en die vernaamstes van die Jode het Paulus by hom aangeklaag
25:3b.ACT.025.003 en by hom aangedring en gevra, as 'n guns teen Paulus, dat hy hom na Jerusalem moes laat haal; terwyl hulle intussen 'n hinderlaag voorberei het om hom op die weg om te bring.
25:4b.ACT.025.004 Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou reis.
25:5b.ACT.025.005 Laat dan dié onder julle, sê hy, wat bevoeg is, saamgaan, en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.
25:6b.ACT.025.006 En nadat hy nie meer as tien dae onder hulle deurgebring het nie, het hy na Cesaréa afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Paulus voorgebring moes word.
25:7b.ACT.025.007 En toe hy verskyn, het die Jode wat van Jerusalem afgekom het, rondom hom gestaan en baie en swaar beskuldiginge teen Paulus ingebring wat hulle nie kon bewys nie,
25:8b.ACT.025.008 terwyl hy tot sy verdediging gesê het: Ek het niks teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser gesondig nie.
25:9b.ACT.025.009 Maar omdat Festus aan die Jode 'n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Paulus gesê: Wil jy na Jerusalem opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?
25:10b.ACT.025.010 Toe sê Paulus: Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word. Aan die Jode het ek geen onreg gedoen nie, soos u ook baie goed weet.
25:11b.ACT.025.011 Want as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterwe nie. Maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle by wyse van guns oorlewer nie. Ek beroep my op die keiser!
25:12b.ACT.025.012 Toe antwoord Festus, nadat hy met die Raad gespreek het: Op die keiser het jy jou beroep--na die keiser sal jy gaan!
25:13b.ACT.025.013 En ná verloop van enkele dae het koning Agríppa en Berníce in Cesaréa aangekom om Festus te begroet.
25:14b.ACT.025.014 En toe hulle daar verskeie dae deurgebring het, het Festus die saak van Paulus aan die koning voorgelê en gesê: Hier is 'n man deur Felix as gevangene agtergelaat,
25:15b.ACT.025.015 teen wie die owerpriesters en die ouderlinge van die Jode, toe ek in Jerusalem was, 'n klag ingedien en vonnis teen hom gevra het.
25:16b.ACT.025.016 En ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens by wyse van guns aan die dood prys te gee voordat die beskuldigde die beskuldigers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.
25:17b.ACT.025.017 Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man voor te bring.
25:18b.ACT.025.018 Die beskuldigers het teen hom opgetree en geen beskuldiging ingebring van dinge soos ek verwag het nie,
25:19b.ACT.025.019 maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eie godsdiens gehad en oor 'n sekere Jesus wat dood is, van wie Paulus verklaar het dat Hy lewe.
25:20b.ACT.025.020 En omdat ek met die ondersoek hiervan verleë was, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan;
25:21b.ACT.025.021 maar toe Paulus in beroep gegaan het om in bewaring te bly vir die beslissing van die keiser, het ek bevel gegee dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur.
25:22b.ACT.025.022 En Agríppa sê vir Festus: Ek sou self ook graag die man wil hoor. Toe antwoord hy: Môre sal u hom hoor.
25:23b.ACT.025.023 Op die volgende dag het Agríppa en Berníce toe met prag en praal gekom en die gehoorsaal binnegetree saam met die owerstes oor duisend en die aansienlikste manne van die stad; en op bevel van Festus is Paulus voorgebring.
25:24b.ACT.025.024 Toe sê Festus: Koning Agríppa en manne wat almal hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie die hele menigte van die Jode my aangespreek het in Jerusalem en ook hier, en uitgeroep het dat hy nie langer behoort te lewe nie.
25:25b.ACT.025.025 Maar omdat ek gevind het dat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie, en hy self ook hom op die keiser beroep het, het ek besluit om hom te stuur.
25:26b.ACT.025.026 Maar ek kan niks sekers oor hom aan my heer skrywe nie; daarom het ek hom voor u gebring en veral voor u, koning Agríppa, sodat ek ná die ondersoek iets kan skrywe.
25:27b.ACT.025.027 Want dit lyk vir my onredelik om 'n gevangene te stuur en nie die beskuldiginge teen hom aan te dui nie.
26
26:1b.ACT.026.001 En Agríppa sê vir Paulus: Dit is jou vergun om vir jouself te spreek. Toe steek Paulus sy hand uit en verdedig homself:
26:2b.ACT.026.002 Ek ag my gelukkig, koning Agríppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word,
26:3b.ACT.026.003 veral omdat u bekend is met al die sedes en vraagstukke onder die Jode. Daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor.
26:4b.ACT.026.004 My lewe dan van my jeug af, wat van die begin af deurgebring is onder my nasie in Jerusalem, ken al die Jode,
26:5b.ACT.026.005 omdat hulle my van dié tyd af geken het, as hulle dit wil betuig, hoe ek volgens die strengste party van ons godsdiens as Fariseër geleef het.
26:6b.ACT.026.006 En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,
26:7b.ACT.026.007 waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.
26:8b.ACT.026.008 Wat? Word dit by u as ongelooflik beskou dat God die dode opwek?
26:9b.ACT.026.009 Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen.
26:10b.ACT.026.010 Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het; en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.
26:11b.ACT.026.011 En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; en ek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.
26:12b.ACT.026.012 Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters,
26:13b.ACT.026.013 het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad 'n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.
26:14b.ACT.026.014 En toe ons almal op die grond val, hoor ek 'n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
26:15b.ACT.026.015 Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.
26:16b.ACT.026.016 Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot 'n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,
26:17b.ACT.026.017 terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur,
26:18b.ACT.026.018 om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.
26:19b.ACT.026.019 Daarom, koning Agríppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,
26:20b.ACT.026.020 maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.
26:21b.ACT.026.021 Om hierdie rede het die Jode my in die tempel gevang en my probeer ombring.
26:22b.ACT.026.022 Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:
26:23b.ACT.026.023 dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 'n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.
26:24b.ACT.026.024 Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met 'n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.
26:25b.ACT.026.025 Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.
26:26b.ACT.026.026 Want die koning, met wie ek ook vrymoediglik spreek, weet van hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie dinge onbekend is nie, want dit het nie in 'n hoek gebeur nie.
26:27b.ACT.026.027 Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u glo.
26:28b.ACT.026.028 En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om 'n Christen te word.
26:29b.ACT.026.029 En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie.
26:30b.ACT.026.030 En nadat Paulus dit gesê het, staan die koning op en die goewerneur en Berníce en die wat saam met hulle gesit het.
26:31b.ACT.026.031 En toe hulle weggaan, praat hulle met mekaar en sê: Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie.
26:32b.ACT.026.032 En Agríppa sê vir Festus: Hierdie man kon losgelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.
27
27:1b.ACT.027.001 En toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan 'n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Július.
27:2b.ACT.027.002 En nadat ons in 'n skip van Adramíttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, het ons afgevaar, en Aristárchus van Macedónië, 'n man van Thessaloníka, was saam met ons.
27:3b.ACT.027.003 En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Július het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.
27:4b.ACT.027.004 En daarvandaan het ons afgevaar en onderkant Ciprus verbygeseil, omdat die winde teen ons was.
27:5b.ACT.027.005 Ons het daarop die see langs Cilícië en Pamfílië deurgevaar en by Mira in Licië aangekom.
27:6b.ACT.027.006 En daar het die hoofman oor honderd 'n skip van Alexandríë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim.
27:7b.ACT.027.007 En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmóne.
27:8b.ACT.027.008 En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by 'n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Laséa is.
27:9b.ACT.027.009 En omdat 'n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku
27:10b.ACT.027.010 en gesê: Manne, ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe.
27:11b.ACT.027.011 Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip geglo as aan die woorde van Paulus;
27:12b.ACT.027.012 en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, 'n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste.
27:13b.ACT.027.013 En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil.
27:14b.ACT.027.014 Maar nie lank daarna nie het 'n stormwind wat Euroklídon genoem word, daarvandaan neergeslaan.
27:15b.ACT.027.015 En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit opgegee en weggedrywe.
27:16b.ACT.027.016 En toe ons onderkant 'n eilandjie kom wat Clauda genoem word, kon ons met moeite die sleepbootjie onder beheer hou.
27:17b.ACT.027.017 En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip onderom te gord; en omdat hulle bang was om op die Sirtis te lande te kom, het hulle die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe.
27:18b.ACT.027.018 En terwyl ons geweldig deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dag van die vrag uitgegooi;
27:19b.ACT.027.019 en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepsgereedskap uitgegooi.
27:20b.ACT.027.020 En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en 'n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.
27:21b.ACT.027.021 En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het.
27:22b.ACT.027.022 Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip.
27:23b.ACT.027.023 Want daar het in hierdie nag by my gestaan 'n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien.
27:24b.ACT.027.024 En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.
27:25b.ACT.027.025 Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.
27:26b.ACT.027.026 Maar ons moet op 'n sekere eiland strand.
27:27b.ACT.027.027 En toe die veertiende nag kom, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom.
27:28b.ACT.027.028 Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat hulle 'n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam.
27:29b.ACT.027.029 En omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word.
27:30b.ACT.027.030 Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug en die sleepbootjie in die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van die voorskip af wou uitgooi.
27:31b.ACT.027.031 Toe sê Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdie manne nie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.
27:32b.ACT.027.032 Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval.
27:33b.ACT.027.033 En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.
27:34b.ACT.027.034 Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal 'n haar van sy hoof val nie.
27:35b.ACT.027.035 Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.
27:36b.ACT.027.036 En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.
27:37b.ACT.027.037 En ons was in die skip altesaam twee honderd ses en sewentig siele.
27:38b.ACT.027.038 En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi.
27:39b.ACT.027.039 En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het 'n inham met 'n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon.
27:40b.ACT.027.040 En hulle het die ankers afgekap en in die see laat lê en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die wind opgetrek en op die strand aangestuur.
27:41b.ACT.027.041 En hulle het op 'n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan.
27:42b.ACT.027.042 Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.
27:43b.ACT.027.043 Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom,
27:44b.ACT.027.044 en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom.
28
28:1b.ACT.028.001 En eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Melíte genoem word.
28:2b.ACT.028.002 En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.
28:3b.ACT.028.003 En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.
28:4b.ACT.028.004 En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis 'n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.
28:5b.ACT.028.005 Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.
28:6b.ACT.028.006 En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy 'n god was.
28:7b.ACT.028.007 Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Públius was, in die omgewing van daardie plek 'n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.
28:8b.ACT.028.008 En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
28:9b.ACT.028.009 En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.
28:10b.ACT.028.010 En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons van die nodige voorsien.
28:11b.ACT.028.011 En ná drie maande het ons afgevaar in 'n skip van Alexandríë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.
28:12b.ACT.028.012 En ons het by Sirakúse gekom en daar drie dae gebly.
28:13b.ACT.028.013 Daarvandaan het ons omgeseil en by Régium aangekom en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons Putéoli bereik,
28:14b.ACT.028.014 waar ons broeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na Rome gegaan.
28:15b.ACT.028.015 En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Appius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.
28:16b.ACT.028.016 En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maar aan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas.
28:17b.ACT.028.017 En ná drie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders, alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine.
28:18b.ACT.028.018 Hulle het my ondersoek en wou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien nie.
28:19b.ACT.028.019 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie.
28:20b.ACT.028.020 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.
28:21b.ACT.028.021 En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Judéa ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie.
28:22b.ACT.028.022 Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word.
28:23b.ACT.028.023 En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.
28:24b.ACT.028.024 En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly.
28:25b.ACT.028.025 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek
28:26b.ACT.028.026 en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
28:27b.ACT.028.027 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
28:28b.ACT.028.028 Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.
28:29b.ACT.028.029 En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.
28:30b.ACT.028.030 En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,
28:31b.ACT.028.031 terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Acts (Afrikaans). Acts (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85B9-1