John (Afrikaans)
1
1:1b.JOH.001.001 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
1:2b.JOH.001.002 Hy was in die begin by God.
1:3b.JOH.001.003 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
1:4b.JOH.001.004 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
1:5b.JOH.001.005 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
1:6b.JOH.001.006 Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
1:7b.JOH.001.007 Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
1:8b.JOH.001.008 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
1:9b.JOH.001.009 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
1:10b.JOH.001.010 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
1:11b.JOH.001.011 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
1:12b.JOH.001.012 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
1:13b.JOH.001.013 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
1:14b.JOH.001.014 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.
1:15b.JOH.001.015 Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.
1:16b.JOH.001.016 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.
1:17b.JOH.001.017 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
1:18b.JOH.001.018 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
1:19b.JOH.001.019 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
1:20b.JOH.001.020 En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.
1:21b.JOH.001.021 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.
1:22b.JOH.001.022 Toe sê hulle vir hom: Wie is u? --dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?
1:23b.JOH.001.023 Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.
1:24b.JOH.001.024 En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.
1:25b.JOH.001.025 En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?
1:26b.JOH.001.026 Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie--
1:27b.JOH.001.027 dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
1:28b.JOH.001.028 Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.
1:29b.JOH.001.029 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
1:30b.JOH.001.030 Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.
1:31b.JOH.001.031 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
1:32b.JOH.001.032 En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.
1:33b.JOH.001.033 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.
1:34b.JOH.001.034 En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.
1:35b.JOH.001.035 Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;
1:36b.JOH.001.036 en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!
1:37b.JOH.001.037 En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.
1:38b.JOH.001.038 En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: (1:39) Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi--dit wil sê, as dit vertaal word, Meester--waar is U tuis?
1:39b.JOH.001.039 Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.
1:40b.JOH.001.040 Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.
1:41b.JOH.001.041 Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind--dit is, as dit vertaal word, die Christus.
1:42b.JOH.001.042 En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.
1:43b.JOH.001.043 Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.
1:44b.JOH.001.044 En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.
1:45b.JOH.001.045 Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.
1:46b.JOH.001.046 En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.
1:47b.JOH.001.047 Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.
1:48b.JOH.001.048 Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.
1:49b.JOH.001.049 Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!
1:50b.JOH.001.050 Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.
1:51b.JOH.001.051 En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.
2
2:1b.JOH.002.001 En op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.
2:2b.JOH.002.002 En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi.
2:3b.JOH.002.003 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.
2:4b.JOH.002.004 Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.
2:5b.JOH.002.005 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
2:6b.JOH.002.006 En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.
2:7b.JOH.002.007 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.
2:8b.JOH.002.008 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.
2:9b.JOH.002.009 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het--en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet--roep die hoofdienaar die bruidegom
2:10b.JOH.002.010 en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
2:11b.JOH.002.011 Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.
2:12b.JOH.002.012 Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.
2:13b.JOH.002.013 En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
2:14b.JOH.002.014 En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
2:15b.JOH.002.015 En Hy het 'n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
2:16b.JOH.002.016 En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader 'n handelshuis maak nie.
2:17b.JOH.002.017 En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer.
2:18b.JOH.002.018 Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: Watter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen?
2:19b.JOH.002.019 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.
2:20b.JOH.002.020 En die Jode sê: Ses en veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
2:21b.JOH.002.021 Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.
2:22b.JOH.002.022 En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
2:23b.JOH.002.023 En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.
2:24b.JOH.002.024 Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het
2:25b.JOH.002.025 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.
3
3:1b.JOH.003.001 En daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, 'n owerste van die Jode.
3:2b.JOH.003.002 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
3:3b.JOH.003.003 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
3:4b.JOH.003.004 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
3:5b.JOH.003.005 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
3:6b.JOH.003.006 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
3:7b.JOH.003.007 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
3:8b.JOH.003.008 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
3:9b.JOH.003.009 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
3:10b.JOH.003.010 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
3:11b.JOH.003.011 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
3:12b.JOH.003.012 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
3:13b.JOH.003.013 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
3:14b.JOH.003.014 En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
3:15b.JOH.003.015 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
3:16b.JOH.003.016 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
3:17b.JOH.003.017 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
3:18b.JOH.003.018 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
3:19b.JOH.003.019 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
3:20b.JOH.003.020 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
3:21b.JOH.003.021 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
3:22b.JOH.003.022 Hierna het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.
3:23b.JOH.003.023 En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
3:24b.JOH.003.024 Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
3:25b.JOH.003.025 Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.
3:26b.JOH.003.026 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.
3:27b.JOH.003.027 Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
3:28b.JOH.003.028 Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.
3:29b.JOH.003.029 Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
3:30b.JOH.003.030 Hy moet meer word, maar ek minder.
3:31b.JOH.003.031 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
3:32b.JOH.003.032 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.
3:33b.JOH.003.033 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
3:34b.JOH.003.034 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
3:35b.JOH.003.035 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
3:36b.JOH.003.036 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
4
4:1b.JOH.004.001 Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes--
4:2b.JOH.004.002 alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels--
4:3b.JOH.004.003 het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
4:4b.JOH.004.004 En Hy moes deur Samaría gaan.
4:5b.JOH.004.005 Hy kom toe by 'n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
4:6b.JOH.004.006 En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.
4:7b.JOH.004.007 Daar kom 'n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink--
4:8b.JOH.004.008 want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.
4:9b.JOH.004.009 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat 'n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek 'n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.
4:10b.JOH.004.010 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
4:11b.JOH.004.011 Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
4:12b.JOH.004.012 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?
4:13b.JOH.004.013 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
4:14b.JOH.004.014 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
4:15b.JOH.004.015 Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
4:16b.JOH.004.016 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
4:17b.JOH.004.017 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie 'n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie 'n man nie;
4:18b.JOH.004.018 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.
4:19b.JOH.004.019 Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U 'n profeet is.
4:20b.JOH.004.020 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.
4:21b.JOH.004.021 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.
4:22b.JOH.004.022 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
4:23b.JOH.004.023 Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
4:24b.JOH.004.024 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
4:25b.JOH.004.025 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.
4:26b.JOH.004.026 Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!
4:27b.JOH.004.027 En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met 'n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar?
4:28b.JOH.004.028 Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê:
4:29b.JOH.004.029 Kom kyk 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?
4:30b.JOH.004.030 Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.
4:31b.JOH.004.031 En intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi, eet.
4:32b.JOH.004.032 Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.
4:33b.JOH.004.033 Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?
4:34b.JOH.004.034 Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
4:35b.JOH.004.035 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
4:36b.JOH.004.036 En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
4:37b.JOH.004.037 Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en 'n ander wat maai.
4:38b.JOH.004.038 Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.
4:39b.JOH.004.039 En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.
4:40b.JOH.004.040 Toe die Samaritane dan by Hom kom, het hulle by Hom aangedring om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.
4:41b.JOH.004.041 En baie meer het op grond van sy woord geglo
4:42b.JOH.004.042 en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.
4:43b.JOH.004.043 En ná die twee dae het Hy daarvandaan weggegaan en na Galiléa vertrek.
4:44b.JOH.004.044 Want Jesus self het getuig dat 'n profeet in sy eie vaderland geen eer ontvang nie.
4:45b.JOH.004.045 Toe Hy dan in Galiléa kom, het die Galiléërs Hom ontvang, omdat hulle alles gesien het wat Hy in Jerusalem op die fees gedoen het; want hulle het ook na die fees gegaan.
4:46b.JOH.004.046 Jesus het dan weer gekom te Kana in Galiléa, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was 'n sekere koninklike beampte wie se seun in Kapérnaüm siek was.
4:47b.JOH.004.047 Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa in Galiléa gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.
4:48b.JOH.004.048 Jesus sê toe vir hom: As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.
4:49b.JOH.004.049 Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe.
4:50b.JOH.004.050 Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan.
4:51b.JOH.004.051 En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
4:52b.JOH.004.052 Hy verneem toe van hulle die uur waarop hy beter geword het. En hulle sê vir hom: Gister, die sewende uur, het die koors hom verlaat.
4:53b.JOH.004.053 Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun lewe! En hy het self geglo en sy hele huis.
4:54b.JOH.004.054 Hierdie tweede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judéa in Galiléa gekom het.
5
5:1b.JOH.005.001 Hierna was daar 'n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
5:2b.JOH.005.002 En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.
5:3b.JOH.005.003 Daarin het 'n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.
5:4b.JOH.005.004 Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
5:5b.JOH.005.005 En 'n sekere man was daar, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het.
5:6b.JOH.005.006 Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
5:7b.JOH.005.007 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.
5:8b.JOH.005.008 Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.
5:9b.JOH.005.009 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.
5:10b.JOH.005.010 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
5:11b.JOH.005.011 Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.
5:12b.JOH.005.012 Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?
5:13b.JOH.005.013 Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar 'n skare op die plek was.
5:14b.JOH.005.014 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
5:15b.JOH.005.015 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.
5:16b.JOH.005.016 En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.
5:17b.JOH.005.017 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
5:18b.JOH.005.018 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het.
5:19b.JOH.005.019 Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.
5:20b.JOH.005.020 Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.
5:21b.JOH.005.021 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
5:22b.JOH.005.022 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
5:23b.JOH.005.023 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
5:24b.JOH.005.024 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
5:25b.JOH.005.025 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
5:26b.JOH.005.026 Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
5:27b.JOH.005.027 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
5:28b.JOH.005.028 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
5:29b.JOH.005.029 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
5:30b.JOH.005.030 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
5:31b.JOH.005.031 As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.
5:32b.JOH.005.032 Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.
5:33b.JOH.005.033 Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.
5:34b.JOH.005.034 Maar Ek neem die getuienis van 'n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.
5:35b.JOH.005.035 Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir 'n tyd in sy lig te verbly.
5:36b.JOH.005.036 Maar Ek het 'n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
5:37b.JOH.005.037 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.
5:38b.JOH.005.038 En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.
5:39b.JOH.005.039 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.
5:40b.JOH.005.040 En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
5:41b.JOH.005.041 Eer neem Ek van die mense nie aan nie.
5:42b.JOH.005.042 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
5:43b.JOH.005.043 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.
5:44b.JOH.005.044 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?
5:45b.JOH.005.045 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig--Moses op wie julle gehoop het.
5:46b.JOH.005.046 Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.
5:47b.JOH.005.047 En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?
6
6:1b.JOH.006.001 Daarna het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan;
6:2b.JOH.006.002 en 'n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
6:3b.JOH.006.003 En Jesus het op die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit.
6:4b.JOH.006.004 En die pasga, die fees van die Jode, was naby.
6:5b.JOH.006.005 Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?
6:6b.JOH.006.006 Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen.
6:7b.JOH.006.007 Filippus antwoord Hom: Brood vir twee honderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle 'n stukkie kan kry nie.
6:8b.JOH.006.008 Een van sy dissipels, Andréas, Simon Petrus se broer, sê vir Hom:
6:9b.JOH.006.009 Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense?
6:10b.JOH.006.010 En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. En daar was baie gras op dié plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyf duisend in getal.
6:11b.JOH.006.011 En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê.
6:12b.JOH.006.012 En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.
6:13b.JOH.006.013 Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.
6:14b.JOH.006.014 Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.
6:15b.JOH.006.015 En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.
6:16b.JOH.006.016 En toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe.
6:17b.JOH.006.017 En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle oor die see gevaar na Kapérnaüm; en dit was al donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie.
6:18b.JOH.006.018 En die see was onstuimig, omdat 'n sterk wind gewaai het.
6:19b.JOH.006.019 En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.
6:20b.JOH.006.020 Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.
6:21b.JOH.006.021 Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.
6:22b.JOH.006.022 Die volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
6:23b.JOH.006.023 Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.
6:24b.JOH.006.024 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.
6:25b.JOH.006.025 En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?
6:26b.JOH.006.026 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.
6:27b.JOH.006.027 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
6:28b.JOH.006.028 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
6:29b.JOH.006.029 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
6:30b.JOH.006.030 En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?
6:31b.JOH.006.031 Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
6:32b.JOH.006.032 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
6:33b.JOH.006.033 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
6:34b.JOH.006.034 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
6:35b.JOH.006.035 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
6:36b.JOH.006.036 Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie.
6:37b.JOH.006.037 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
6:38b.JOH.006.038 Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
6:39b.JOH.006.039 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
6:40b.JOH.006.040 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
6:41b.JOH.006.041 Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.
6:42b.JOH.006.042 En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?
6:43b.JOH.006.043 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.
6:44b.JOH.006.044 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
6:45b.JOH.006.045 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
6:46b.JOH.006.046 Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
6:47b.JOH.006.047 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
6:48b.JOH.006.048 Ek is die brood van die lewe.
6:49b.JOH.006.049 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.
6:50b.JOH.006.050 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.
6:51b.JOH.006.051 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
6:52b.JOH.006.052 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?
6:53b.JOH.006.053 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
6:54b.JOH.006.054 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
6:55b.JOH.006.055 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
6:56b.JOH.006.056 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
6:57b.JOH.006.057 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
6:58b.JOH.006.058 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het--nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
6:59b.JOH.006.059 Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het.
6:60b.JOH.006.060 En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
6:61b.JOH.006.061 En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot 'n aanstoot?
6:62b.JOH.006.062 Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?
6:63b.JOH.006.063 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
6:64b.JOH.006.064 Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.
6:65b.JOH.006.065 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.
6:66b.JOH.006.066 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
6:67b.JOH.006.067 Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
6:68b.JOH.006.068 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
6:69b.JOH.006.069 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
6:70b.JOH.006.070 Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!
6:71b.JOH.006.071 En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.
7
7:1b.JOH.007.001 En daarna het Jesus in Galiléa rondgegaan, want Hy wou nie in Judéa rondgaan nie, omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.
7:2b.JOH.007.002 En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.
7:3b.JOH.007.003 Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.
7:4b.JOH.007.004 Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
7:5b.JOH.007.005 Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.
7:6b.JOH.007.006 Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.
7:7b.JOH.007.007 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.
7:8b.JOH.007.008 Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.
7:9b.JOH.007.009 En nadat Hy dit aan hulle gesê het, het Hy in Galiléa gebly.
7:10b.JOH.007.010 Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.
7:11b.JOH.007.011 En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?
7:12b.JOH.007.012 En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.
7:13b.JOH.007.013 Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode.
7:14b.JOH.007.014 En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.
7:15b.JOH.007.015 En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?
7:16b.JOH.007.016 Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.
7:17b.JOH.007.017 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.
7:18b.JOH.007.018 Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.
7:19b.JOH.007.019 Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring?
7:20b.JOH.007.020 Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?
7:21b.JOH.007.021 Jesus antwoord en sê vir hulle: Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal.
7:22b.JOH.007.022 Daarom het Moses julle die besnydenis gegee--nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders--en op die sabbat besny julle 'n mens.
7:23b.JOH.007.023 As 'n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?
7:24b.JOH.007.024 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel 'n regverdige oordeel.
7:25b.JOH.007.025 Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?
7:26b.JOH.007.026 En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is?
7:27b.JOH.007.027 En hierdie man--ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand van waar Hy is nie.
7:28b.JOH.007.028 Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.
7:29b.JOH.007.029 Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het.
7:30b.JOH.007.030 Toe probeer hulle om Hom gevange te neem; en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
7:31b.JOH.007.031 Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
7:32b.JOH.007.032 Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem.
7:33b.JOH.007.033 Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.
7:34b.JOH.007.034 Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.
7:35b.JOH.007.035 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
7:36b.JOH.007.036 Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?
7:37b.JOH.007.037 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
7:38b.JOH.007.038 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
7:39b.JOH.007.039 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
7:40b.JOH.007.040 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.
7:41b.JOH.007.041 Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?
7:42b.JOH.007.042 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
7:43b.JOH.007.043 Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.
7:44b.JOH.007.044 En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
7:45b.JOH.007.045 Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?
7:46b.JOH.007.046 Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie.
7:47b.JOH.007.047 En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
7:48b.JOH.007.048 Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?
7:49b.JOH.007.049 Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
7:50b.JOH.007.050 Nikodémus--hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was--sê vir hulle:
7:51b.JOH.007.051 Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?
7:52b.JOH.007.052 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.
7:53b.JOH.007.053 En elkeen het huis toe gegaan.
8
8:1b.JOH.008.001 Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan.
8:2b.JOH.008.002 En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer.
8:3b.JOH.008.003 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het 'n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring.
8:4b.JOH.008.004 En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op 'n daad van egbreuk betrap;
8:5b.JOH.008.005 en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?
8:6b.JOH.008.006 En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.
8:7b.JOH.008.007 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.
8:8b.JOH.008.008 En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.
8:9b.JOH.008.009 En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.
8:10b.JOH.008.010 En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
8:11b.JOH.008.011 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
8:12b.JOH.008.012 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
8:13b.JOH.008.013 Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.
8:14b.JOH.008.014 Jesus antwoord en sê vir hulle: Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.
8:15b.JOH.008.015 Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie.
8:16b.JOH.008.016 En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.
8:17b.JOH.008.017 En dit is ook in julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.
8:18b.JOH.008.018 Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My.
8:19b.JOH.008.019 Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.
8:20b.JOH.008.020 Hierdie woorde het Jesus gespreek by die skatkis terwyl Hy in die tempel geleer het. En niemand het Hom gevange geneem nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
8:21b.JOH.008.021 En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.
8:22b.JOH.008.022 Toe sê die Jode: Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?
8:23b.JOH.008.023 En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.
8:24b.JOH.008.024 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.
8:25b.JOH.008.025 Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.
8:26b.JOH.008.026 Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.
8:27b.JOH.008.027 Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie.
8:28b.JOH.008.028 En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.
8:29b.JOH.008.029 En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.
8:30b.JOH.008.030 Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo.
8:31b.JOH.008.031 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.
8:32b.JOH.008.032 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
8:33b.JOH.008.033 Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
8:34b.JOH.008.034 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.
8:35b.JOH.008.035 En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
8:36b.JOH.008.036 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
8:37b.JOH.008.037 Ek weet dat julle die geslag van Abraham is; maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat my woord geen ingang in julle vind nie.
8:38b.JOH.008.038 Ek spreek van wat Ek by my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het.
8:39b.JOH.008.039 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;
8:40b.JOH.008.040 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.
8:41b.JOH.008.041 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.
8:42b.JOH.008.042 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.
8:43b.JOH.008.043 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.
8:44b.JOH.008.044 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.
8:45b.JOH.008.045 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.
8:46b.JOH.008.046 Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?
8:47b.JOH.008.047 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
8:48b.JOH.008.048 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U 'n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie?
8:49b.JOH.008.049 Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.
8:50b.JOH.008.050 En Ek soek nie my eer nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeel.
8:51b.JOH.008.051 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.
8:52b.JOH.008.052 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.
8:53b.JOH.008.053 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?
8:54b.JOH.008.054 Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.
8:55b.JOH.008.055 En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord.
8:56b.JOH.008.056 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.
8:57b.JOH.008.057 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?
8:58b.JOH.008.058 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
8:59b.JOH.008.059 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.
9
9:1b.JOH.009.001 En toe Hy verbygaan, sien Hy 'n man wat blind was van sy geboorte af.
9:2b.JOH.009.002 En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?
9:3b.JOH.009.003 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.
9:4b.JOH.009.004 Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.
9:5b.JOH.009.005 So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.
9:6b.JOH.009.006 En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man
9:7b.JOH.009.007 en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.
9:8b.JOH.009.008 Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?
9:9b.JOH.009.009 Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.
9:10b.JOH.009.010 Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?
9:11b.JOH.009.011 Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.
9:12b.JOH.009.012 En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.
9:13b.JOH.009.013 Hulle bring hom na die Fariseërs--die man wat vroeër blind was.
9:14b.JOH.009.014 En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.
9:15b.JOH.009.015 Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.
9:16b.JOH.009.016 En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.
9:17b.JOH.009.017 Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is 'n profeet.
9:18b.JOH.009.018 En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.
9:19b.JOH.009.019 En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?
9:20b.JOH.009.020 Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;
9:21b.JOH.009.021 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.
9:22b.JOH.009.022 Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.
9:23b.JOH.009.023 Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.
9:24b.JOH.009.024 Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.
9:25b.JOH.009.025 En hy antwoord en sê: Of Hy 'n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.
9:26b.JOH.009.026 En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?
9:27b.JOH.009.027 Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?
9:28b.JOH.009.028 Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is 'n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.
9:29b.JOH.009.029 Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie van waar Hy is nie.
9:30b.JOH.009.030 Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!
9:31b.JOH.009.031 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy.
9:32b.JOH.009.032 Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van 'n blindgebore mens geopen het nie.
9:33b.JOH.009.033 As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.
9:34b.JOH.009.034 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.
9:35b.JOH.009.035 Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?
9:36b.JOH.009.036 Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?
9:37b.JOH.009.037 En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.
9:38b.JOH.009.038 Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.
9:39b.JOH.009.039 En Jesus sê: Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
9:40b.JOH.009.040 En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?
9:41b.JOH.009.041 Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.
10
10:1b.JOH.010.001 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.
10:2b.JOH.010.002 Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape.
10:3b.JOH.010.003 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
10:4b.JOH.010.004 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
10:5b.JOH.010.005 Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
10:6b.JOH.010.006 Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.
10:7b.JOH.010.007 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
10:8b.JOH.010.008 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
10:9b.JOH.010.009 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
10:10b.JOH.010.010 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
10:11b.JOH.010.011 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
10:12b.JOH.010.012 Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
10:13b.JOH.010.013 En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
10:14b.JOH.010.014 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
10:15b.JOH.010.015 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.
10:16b.JOH.010.016 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
10:17b.JOH.010.017 Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.
10:18b.JOH.010.018 Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.
10:19b.JOH.010.019 Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
10:20b.JOH.010.020 En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?
10:21b.JOH.010.021 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.
10:22b.JOH.010.022 En dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.
10:23b.JOH.010.023 En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.
10:24b.JOH.010.024 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.
10:25b.JOH.010.025 Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.
10:26b.JOH.010.026 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
10:27b.JOH.010.027 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
10:28b.JOH.010.028 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
10:29b.JOH.010.029 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
10:30b.JOH.010.030 Ek en die Vader is een.
10:31b.JOH.010.031 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.
10:32b.JOH.010.032 Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?
10:33b.JOH.010.033 Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak.
10:34b.JOH.010.034 Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie?
10:35b.JOH.010.035 As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,
10:36b.JOH.010.036 sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik--omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?
10:37b.JOH.010.037 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie;
10:38b.JOH.010.038 maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.
10:39b.JOH.010.039 Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.
10:40b.JOH.010.040 En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.
10:41b.JOH.010.041 En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.
10:42b.JOH.010.042 En baie het daar in Hom geglo.
11
11:1b.JOH.011.001 En daar was 'n man siek, Lasarus van Betánië, die dorp van Maria en haar suster Martha.
11:2b.JOH.011.002 En dit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was.
11:3b.JOH.011.003 Die susters het toe na Hom gestuur en gesê: Here, hy vir wie U liefhet, is siek.
11:4b.JOH.011.004 En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.
11:5b.JOH.011.005 En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad.
11:6b.JOH.011.006 En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was.
11:7b.JOH.011.007 Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan.
11:8b.JOH.011.008 Die dissipels sê vir Hom: Rabbi, die Jode het onlangs probeer om U te stenig, en gaan U weer daarnatoe?
11:9b.JOH.011.009 Jesus antwoord: Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand in die dag wandel, stamp hy hom nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.
11:10b.JOH.011.010 Maar as iemand in die nag wandel, stamp hy hom, omdat die lig nie in hom is nie.
11:11b.JOH.011.011 Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.
11:12b.JOH.011.012 Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word.
11:13b.JOH.011.013 Maar Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek.
11:14b.JOH.011.014 En toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.
11:15b.JOH.011.015 En Ek is bly om julle ontwil dat Ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar laat ons na hom toe gaan.
11:16b.JOH.011.016 En Thomas, wat Dídimus genoem word, sê vir sy mededissipels: Laat ons ook gaan om saam met Hom te sterwe.
11:17b.JOH.011.017 Toe Jesus dan gekom het, het Hy gevind dat hy al vier dae in die graf was.
11:18b.JOH.011.018 En Betánië was naby Jerusalem, omtrent twee myl daarvandaan.
11:19b.JOH.011.019 En baie van die Jode het al by Martha en Maria gekom om hulle oor hul broer te troos.
11:20b.JOH.011.020 En toe Martha hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoetgegaan. Maar Maria het in die huis bly sit.
11:21b.JOH.011.021 En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.
11:22b.JOH.011.022 Maar selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God U sal gee.
11:23b.JOH.011.023 Jesus sê vir haar: Jou broer sal opstaan.
11:24b.JOH.011.024 Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.
11:25b.JOH.011.025 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
11:26b.JOH.011.026 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
11:27b.JOH.011.027 Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.
11:28b.JOH.011.028 En nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Maria, haar suster, stilletjies en sê: Die Meester is hier en Hy roep jou.
11:29b.JOH.011.029 Sy het, toe sy dit hoor, vinnig opgestaan en na Hom toe gegaan.
11:30b.JOH.011.030 En Jesus het nog nie in die dorp gekom nie, maar was op die plek waar Martha Hom tegemoetgegaan het.
11:31b.JOH.011.031 En toe die Jode wat by haar in die huis was en haar getroos het, sien dat Maria vinnig opstaan en uitgaan, het hulle haar gevolg en gesê: Sy gaan na die graf om daar te ween.
11:32b.JOH.011.032 En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.
11:33b.JOH.011.033 Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword in sy gees en Hom ontstel
11:34b.JOH.011.034 en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk.
11:35b.JOH.011.035 Jesus het geween.
11:36b.JOH.011.036 Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!
11:37b.JOH.011.037 En sommige van hulle sê: Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?
11:38b.JOH.011.038 En Jesus het weer in Homself geweldig bewoë geword en by die graf gekom. En dit was 'n spelonk, en 'n steen het daarteen gelê.
11:39b.JOH.011.039 Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.
11:40b.JOH.011.040 Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?
11:41b.JOH.011.041 Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;
11:42b.JOH.011.042 en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.
11:43b.JOH.011.043 En nadat Hy dit gesê het, het Hy met 'n groot stem geroep: Lasarus, kom uit!
11:44b.JOH.011.044 En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met 'n doek. Jesus sê vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.
11:45b.JOH.011.045 En baie van die Jode wat na Maria gekom het en aanskouers was van wat Jesus gedoen het, het in Hom geglo.
11:46b.JOH.011.046 Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Jesus gedoen het.
11:47b.JOH.011.047 En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeengeroep en gesê: Wat sal ons doen? --want hierdie man doen baie tekens.
11:48b.JOH.011.048 As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem.
11:49b.JOH.011.049 En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie
11:50b.JOH.011.050 en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.
11:51b.JOH.011.051 En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe.
11:52b.JOH.011.052 En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die verstrooide kinders van God tot 'n eenheid saam te voeg.
11:53b.JOH.011.053 Van dié dag af het hulle toe saam beraadslaag om Hom om die lewe te bring.
11:54b.JOH.011.054 Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode gewandel nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na 'n stad met die naam van Efraim. En daar het Hy vertoef met sy dissipels.
11:55b.JOH.011.055 En die pasga van die Jode was naby; en baie het uit dié landstreek na Jerusalem opgegaan voor die pasga om hulle te reinig.
11:56b.JOH.011.056 En hulle het Jesus gesoek; en terwyl hulle in die tempel staan, sê hulle vir mekaar: Wat dink julle, sal Hy nie na die fees kom nie?
11:57b.JOH.011.057 En die owerpriesters en die Fariseërs het ook 'n bevel gegee dat as iemand wis waar Hy was, hy dit moes bekend maak, sodat hulle Hom gevange kon neem.
12
12:1b.JOH.012.001 En Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.
12:2b.JOH.012.002 Hulle het toe vir Hom daar 'n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.
12:3b.JOH.012.003 En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
12:4b.JOH.012.004 Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
12:5b.JOH.012.005 Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
12:6b.JOH.012.006 En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
12:7b.JOH.012.007 Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
12:8b.JOH.012.008 Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.
12:9b.JOH.012.009 En 'n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het.
12:10b.JOH.012.010 En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,
12:11b.JOH.012.011 omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.
12:12b.JOH.012.012 Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,
12:13b.JOH.012.013 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
12:14b.JOH.012.014 En Jesus het 'n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:
12:15b.JOH.012.015 Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van 'n esel.
12:16b.JOH.012.016 Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.
12:17b.JOH.012.017 En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.
12:18b.JOH.012.018 Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.
12:19b.JOH.012.019 En die Fariseërs het vir mekaar gesê: Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.
12:20b.JOH.012.020 En daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op die fees te aanbid;
12:21b.JOH.012.021 hulle het na Filippus gegaan wat van Betsáida in Galiléa was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag sien.
12:22b.JOH.012.022 Filippus kom en sê dit vir Andréas, en Andréas en Filippus vertel dit weer aan Jesus.
12:23b.JOH.012.023 Maar Jesus antwoord hulle en sê: Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.
12:24b.JOH.012.024 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
12:25b.JOH.012.025 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
12:26b.JOH.012.026 As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.
12:27b.JOH.012.027 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.
12:28b.JOH.012.028 Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe 'n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.
12:29b.JOH.012.029 En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag gewees het. Ander het gesê: 'n Engel het met Hom gespreek.
12:30b.JOH.012.030 Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.
12:31b.JOH.012.031 Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
12:32b.JOH.012.032 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.
12:33b.JOH.012.033 En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
12:34b.JOH.012.034 Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?
12:35b.JOH.012.035 En Jesus sê vir hulle: Nog 'n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.
12:36b.JOH.012.036 So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg.
12:37b.JOH.012.037 En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;
12:38b.JOH.012.038 sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?
12:39b.JOH.012.039 Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het:
12:40b.JOH.012.040 Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
12:41b.JOH.012.041 Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.
12:42b.JOH.012.042 Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.
12:43b.JOH.012.043 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
12:44b.JOH.012.044 En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.
12:45b.JOH.012.045 En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
12:46b.JOH.012.046 Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.
12:47b.JOH.012.047 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.
12:48b.JOH.012.048 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
12:49b.JOH.012.049 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
12:50b.JOH.012.050 En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek--net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
13
13:1b.JOH.013.001 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
13:2b.JOH.013.002 En gedurende die maaltyd--die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai--
13:3b.JOH.013.003 het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,
13:4b.JOH.013.004 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.
13:5b.JOH.013.005 Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.
13:6b.JOH.013.006 Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?
13:7b.JOH.013.007 Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.
13:8b.JOH.013.008 Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.
13:9b.JOH.013.009 Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.
13:10b.JOH.013.010 Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
13:11b.JOH.013.011 Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.
13:12b.JOH.013.012 Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?
13:13b.JOH.013.013 Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
13:14b.JOH.013.014 As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.
13:15b.JOH.013.015 Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.
13:16b.JOH.013.016 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.
13:17b.JOH.013.017 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
13:18b.JOH.013.018 Ek spreek nie van julle almal nie--Ek weet wie Ek uitverkies het--maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.
13:19b.JOH.013.019 Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.
13:20b.JOH.013.020 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
13:21b.JOH.013.021 Toe Jesus dit gesê het, het Hy in sy gees ontsteld geword en getuig en gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.
13:22b.JOH.013.022 En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sê.
13:23b.JOH.013.023 En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.
13:24b.JOH.013.024 Simon Petrus knik toe vir hom dat hy moet vra wie dit kon wees van wie Hy spreek.
13:25b.JOH.013.025 En hy val op die bors van Jesus en sê vir Hom: Here, wie is dit?
13:26b.JOH.013.026 Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon.
13:27b.JOH.013.027 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.
13:28b.JOH.013.028 Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.
13:29b.JOH.013.029 Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.
13:30b.JOH.013.030 Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.
13:31b.JOH.013.031 En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.
13:32b.JOH.013.032 As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik.
13:33b.JOH.013.033 My kinders, nog 'n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie--so sê Ek nou ook vir julle.
13:34b.JOH.013.034 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
13:35b.JOH.013.035 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
13:36b.JOH.013.036 Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg.
13:37b.JOH.013.037 Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.
13:38b.JOH.013.038 Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.
14
14:1b.JOH.014.001 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
14:2b.JOH.014.002 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
14:3b.JOH.014.003 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
14:4b.JOH.014.004 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.
14:5b.JOH.014.005 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?
14:6b.JOH.014.006 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
14:7b.JOH.014.007 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
14:8b.JOH.014.008 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.
14:9b.JOH.014.009 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
14:10b.JOH.014.010 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
14:11b.JOH.014.011 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.
14:12b.JOH.014.012 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo--die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
14:13b.JOH.014.013 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
14:14b.JOH.014.014 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
14:15b.JOH.014.015 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
14:16b.JOH.014.016 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
14:17b.JOH.014.017 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
14:18b.JOH.014.018 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
14:19b.JOH.014.019 Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.
14:20b.JOH.014.020 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
14:21b.JOH.014.021 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
14:22b.JOH.014.022 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?
14:23b.JOH.014.023 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
14:24b.JOH.014.024 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
14:25b.JOH.014.025 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly;
14:26b.JOH.014.026 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
14:27b.JOH.014.027 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
14:28b.JOH.014.028 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.
14:29b.JOH.014.029 En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur.
14:30b.JOH.014.030 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.
14:31b.JOH.014.031 Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het--staan op, laat ons hiervandaan weggaan.
15
15:1b.JOH.015.001 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
15:2b.JOH.015.002 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
15:3b.JOH.015.003 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
15:4b.JOH.015.004 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
15:5b.JOH.015.005 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
15:6b.JOH.015.006 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
15:7b.JOH.015.007 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
15:8b.JOH.015.008 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
15:9b.JOH.015.009 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.
15:10b.JOH.015.010 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
15:11b.JOH.015.011 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
15:12b.JOH.015.012 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
15:13b.JOH.015.013 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
15:14b.JOH.015.014 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
15:15b.JOH.015.015 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
15:16b.JOH.015.016 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
15:17b.JOH.015.017 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.
15:18b.JOH.015.018 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
15:19b.JOH.015.019 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
15:20b.JOH.015.020 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.
15:21b.JOH.015.021 Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.
15:22b.JOH.015.022 As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.
15:23b.JOH.015.023 Wie my haat, haat ook my Vader.
15:24b.JOH.015.024 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.
15:25b.JOH.015.025 Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.
15:26b.JOH.015.026 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
15:27b.JOH.015.027 En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.
16
16:1b.JOH.016.001 Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie.
16:2b.JOH.016.002 Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom 'n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.
16:3b.JOH.016.003 En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.
16:4b.JOH.016.004 Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was.
16:5b.JOH.016.005 En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het; en niemand van julle vra My: Waar gaan U heen nie?
16:6b.JOH.016.006 Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het droefheid julle hart vervul.
16:7b.JOH.016.007 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
16:8b.JOH.016.008 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
16:9b.JOH.016.009 van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
16:10b.JOH.016.010 en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;
16:11b.JOH.016.011 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.
16:12b.JOH.016.012 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.
16:13b.JOH.016.013 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
16:14b.JOH.016.014 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
16:15b.JOH.016.015 Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
16:16b.JOH.016.016 'n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.
16:17b.JOH.016.017 Sommige van sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: 'n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader?
16:18b.JOH.016.018 Hulle het dan gevra: Wat is dit wat Hy sê: 'n Klein tydjie? Ons weet nie wat Hy sê nie.
16:19b.JOH.016.019 En Jesus het gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: 'n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien?
16:20b.JOH.016.020 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.
16:21b.JOH.016.021 'n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat 'n mens in die wêreld gebore is.
16:22b.JOH.016.022 Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.
16:23b.JOH.016.023 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.
16:24b.JOH.016.024 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
16:25b.JOH.016.025 Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom 'n uur wanneer Ek nie meer deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel.
16:26b.JOH.016.026 In daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie;
16:27b.JOH.016.027 want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.
16:28b.JOH.016.028 Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader.
16:29b.JOH.016.029 Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie.
16:30b.JOH.016.030 Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het.
16:31b.JOH.016.031 Jesus antwoord hulle: Glo julle nou?
16:32b.JOH.016.032 Kyk, die uur kom en het nou gekom dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie toe, en My alleen sal laat; tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader met My is.
16:33b.JOH.016.033 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
17
17:1b.JOH.017.001 Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik--
17:2b.JOH.017.002 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
17:3b.JOH.017.003 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
17:4b.JOH.017.004 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
17:5b.JOH.017.005 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.
17:6b.JOH.017.006 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
17:7b.JOH.017.007 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.
17:8b.JOH.017.008 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
17:9b.JOH.017.009 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
17:10b.JOH.017.010 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
17:11b.JOH.017.011 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
17:12b.JOH.017.012 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.
17:13b.JOH.017.013 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.
17:14b.JOH.017.014 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
17:15b.JOH.017.015 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
17:16b.JOH.017.016 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
17:17b.JOH.017.017 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
17:18b.JOH.017.018 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.
17:19b.JOH.017.019 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
17:20b.JOH.017.020 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo--
17:21b.JOH.017.021 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
17:22b.JOH.017.022 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
17:23b.JOH.017.023 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
17:24b.JOH.017.024 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
17:25b.JOH.017.025 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.
17:26b.JOH.017.026 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
18
18:1b.JOH.018.001 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar 'n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels.
18:2b.JOH.018.002 En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het.
18:3b.JOH.018.003 En Judas het die afdeling soldate en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en lampe en wapens.
18:4b.JOH.018.004 En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle?
18:5b.JOH.018.005 Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasaréner. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan.
18:6b.JOH.018.006 Toe Hy dan vir hulle sê: Dit is Ek, het hulle agteruitgegaan en op die grond geval.
18:7b.JOH.018.007 Hy vra hulle toe weer: Wie soek julle? En hulle sê: Jesus, die Nasaréner.
18:8b.JOH.018.008 Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan--
18:9b.JOH.018.009 sodat die woord vervul sou word wat Hy gespreek het: Uit die wat U My gegee het, het Ek niemand verloor nie.
18:10b.JOH.018.010 En Simon Petrus wat 'n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus.
18:11b.JOH.018.011 Toe sê Jesus vir Petrus: Steek jou swaard in die skede. Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?
18:12b.JOH.018.012 En die afdeling en die owerste oor duisend en die dienaars van die Jode het Jesus gevange geneem en Hom geboei;
18:13b.JOH.018.013 en hulle het Hom weggelei, eers na Annas; want Hy was die skoonvader van Kájafas wat daardie jaar hoëpriester was.
18:14b.JOH.018.014 En dit was Kájafas wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.
18:15b.JOH.018.015 En Simon Petrus en 'n ander dissipel het Jesus gevolg; en daardie dissipel was met die hoëpriester bekend en het saam met Jesus ingegaan in die binneplaas van die hoëpriester se paleis.
18:16b.JOH.018.016 Maar Petrus het buitekant by die deur bly staan. En die ander dissipel wat bekend was met die hoëpriester, het uitgegaan en met die deurwagster gepraat en Petrus ingebring.
18:17b.JOH.018.017 Toe sê die diensmeisie, die deurwagster, vir Petrus: Jy is tog nie ook een van die dissipels van hierdie mens nie? Hy sê: Ek is nie.
18:18b.JOH.018.018 En die diensknegte en die dienaars het by 'n koolvuur gestaan wat hulle gemaak het--want dit was koud--en hulle het hul warm gemaak. En Petrus het by hulle gestaan en hom warm gemaak.
18:19b.JOH.018.019 Die hoëpriester ondervra Jesus toe oor sy dissipels en oor sy leer.
18:20b.JOH.018.020 Jesus antwoord hom: Ek het ronduit tot die wêreld gespreek; Ek het altyd in die sinagoge geleer en in die tempel waar die Jode van alle kante vergader; en in die geheim het Ek niks gespreek nie.
18:21b.JOH.018.021 Wat ondervra u My? Ondervra hulle wat gehoor het wat Ek tot hulle gespreek het; hulle weet tog wat Ek gesê het.
18:22b.JOH.018.022 En toe Hy dit sê, het een van die dienaars wat daar staan, Jesus in die aangesig geslaan en gesê: Antwoord U die hoëpriester so?
18:23b.JOH.018.023 Jesus antwoord hom: As Ek verkeerd gespreek het, getuig van die verkeerdheid; maar as Ek reg gespreek het, waarom slaan jy My?
18:24b.JOH.018.024 En Annas het Hom geboeid na Kájafas, die hoëpriester, gestuur.
18:25b.JOH.018.025 En Simon Petrus het hom staan en warm maak. En hulle sê vir hom: Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie? Toe ontken hy dit en sê: Ek is nie.
18:26b.JOH.018.026 Een van die hoëpriester se diensknegte wat familie was van die man wie se oor Petrus afgekap het, sê: Het ek jou nie in die tuin by Hom gesien nie?
18:27b.JOH.018.027 En Petrus het dit weer ontken; en dadelik het die haan gekraai.
18:28b.JOH.018.028 Toe neem hulle Jesus van Kájafas na die goewerneur se paleis. En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie, dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maar dat hulle die pasga kon eet.
18:29b.JOH.018.029 En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in?
18:30b.JOH.018.030 Hulle antwoord en sê vir hom: As Hy geen kwaaddoener was nie, sou ons Hom nie aan u oorgelewer het nie.
18:31b.JOH.018.031 En Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet. En die Jode sê vir hom: Dit is ons nie geoorloof om iemand dood te maak nie--
18:32b.JOH.018.032 sodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy gesê het om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
18:33b.JOH.018.033 Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode?
18:34b.JOH.018.034 Jesus antwoord hom: Sê u dit uit uself, of het ander u dit van My gesê?
18:35b.JOH.018.035 Pilatus antwoord: Is ek dan 'n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen?
18:36b.JOH.018.036 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.
18:37b.JOH.018.037 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.
18:38b.JOH.018.038 Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.
18:39b.JOH.018.039 Maar julle het 'n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?
18:40b.JOH.018.040 Toe skreeu hulle almal weer en sê: Nie vir Hom nie, maar Barábbas! En Barábbas was 'n rower.
19
19:1b.JOH.019.001 Toe neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gésel.
19:2b.JOH.019.002 En die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en 'n purper kleed om Hom gewerp
19:3b.JOH.019.003 en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.
19:4b.JOH.019.004 Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.
19:5b.JOH.019.005 En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: Dáár is die mens!
19:6b.JOH.019.006 En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.
19:7b.JOH.019.007 Die Jode antwoord hom: Ons het 'n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.
19:8b.JOH.019.008 En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy nog meer bevrees geword
19:9b.JOH.019.009 en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie.
19:10b.JOH.019.010 En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?
19:11b.JOH.019.011 Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.
19:12b.JOH.019.012 Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser.
19:13b.JOH.019.013 En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy Jesus buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, en in Hebreeus Gábbata.
19:14b.JOH.019.014 En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning!
19:15b.JOH.019.015 Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie.
19:16b.JOH.019.016 Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.
19:17b.JOH.019.017 En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota,
19:18b.JOH.019.018 waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.
19:19b.JOH.019.019 En Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.
19:20b.JOH.019.020 Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.
19:21b.JOH.019.021 En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus gesê: Moenie skrywe: Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode.
19:22b.JOH.019.022 Pilatus het geantwoord: Wat ek geskryf het, het ek geskrywe.
19:23b.JOH.019.023 En toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat 'n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk gewewe.
19:24b.JOH.019.024 En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s'n dit sal wees--sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen.
19:25b.JOH.019.025 En by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder en sy moeder se suster, Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdaléna.
19:26b.JOH.019.026 En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, dáár is u seun!
19:27b.JOH.019.027 Daarop sê Hy vir die dissipel: Dáár is jou moeder! En van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem.
19:28b.JOH.019.028 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was--sodat die Skrif vervul sou word--het Jesus gesê: Ek het dors!
19:29b.JOH.019.029 En daar het 'n kan vol asyn gestaan; en hulle het 'n spons met asyn gevul en op 'n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.
19:30b.JOH.019.030 En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
19:31b.JOH.019.031 En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was--want die dag van daardie sabbat was groot--het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.
19:32b.JOH.019.032 Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom gekruisig was;
19:33b.JOH.019.033 maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.
19:34b.JOH.019.034 Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
19:35b.JOH.019.035 En hy wat dit gesien het, het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo.
19:36b.JOH.019.036 Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie.
19:37b.JOH.019.037 En weer sê 'n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.
19:38b.JOH.019.038 En ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.
19:39b.JOH.019.039 En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met 'n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig.
19:40b.JOH.019.040 En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.
19:41b.JOH.019.041 En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin, en in die tuin 'n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.
19:42b.JOH.019.042 Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.
20
20:1b.JOH.020.001 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
20:2b.JOH.020.002 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
20:3b.JOH.020.003 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
20:4b.JOH.020.004 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
20:5b.JOH.020.005 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
20:6b.JOH.020.006 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
20:7b.JOH.020.007 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
20:8b.JOH.020.008 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
20:9b.JOH.020.009 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
20:10b.JOH.020.010 En die dissipels het weer huis toe gegaan.
20:11b.JOH.020.011 Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe
20:12b.JOH.020.012 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.
20:13b.JOH.020.013 En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
20:14b.JOH.020.014 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.
20:15b.JOH.020.015 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.
20:16b.JOH.020.016 Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.
20:17b.JOH.020.017 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
20:18b.JOH.020.018 Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.
20:19b.JOH.020.019 En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
20:20b.JOH.020.020 En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.
20:21b.JOH.020.021 Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.
20:22b.JOH.020.022 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
20:23b.JOH.020.023 As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.
20:24b.JOH.020.024 En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.
20:25b.JOH.020.025 Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
20:26b.JOH.020.026 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!
20:27b.JOH.020.027 Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.
20:28b.JOH.020.028 En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!
20:29b.JOH.020.029 Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
20:30b.JOH.020.030 Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;
20:31b.JOH.020.031 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.
21
21:1b.JOH.021.001 Na hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels verskyn by die see van Tibérias, en Hy het só verskyn:
21:2b.JOH.021.002 Daar was bymekaar Simon Petrus en Thomas wat Dídimus genoem word, en Natánael van Kana in Galiléa en die seuns van Sebedéüs en twee ander van sy dissipels.
21:3b.JOH.021.003 Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.
21:4b.JOH.021.004 En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie.
21:5b.JOH.021.005 En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.
21:6b.JOH.021.006 En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.
21:7b.JOH.021.007 Daarop sê die dissipel--die een vir wie Jesus liefgehad het--aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om--want hy was naak--en werp homself in die see.
21:8b.JOH.021.008 Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent twee honderd el.
21:9b.JOH.021.009 En toe hulle geland het, sien hulle 'n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.
21:10b.JOH.021.010 Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.
21:11b.JOH.021.011 Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd drie en vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
21:12b.JOH.021.012 Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.
21:13b.JOH.021.013 En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.
21:14b.JOH.021.014 Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.
21:15b.JOH.021.015 Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.
21:16b.JOH.021.016 Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.
21:17b.JOH.021.017 Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.
21:18b.JOH.021.018 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.
21:19b.JOH.021.019 En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.
21:20b.JOH.021.020 En Petrus het hom omgedraai en die dissipel sien volg vir wie Jesus liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geval en gesê het: Here, wie is u verraaier?
21:21b.JOH.021.021 Toe Petrus hom sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom?
21:22b.JOH.021.022 Jesus antwoord hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.
21:23b.JOH.021.023 Hierdie woord het toe onder die broeders uitgegaan dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; en Jesus het nie vir hom gesê dat hy nie sou sterwe nie, maar: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?
21:24b.JOH.021.024 Dit is daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis waar is.
21:25b.JOH.021.025 En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. John (Afrikaans). John (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85B6-4