Habakkuk (Afrikaans)
1
1:1b.HAB.001.001 Die Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het.
1:2b.HAB.001.002 Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! --maar U help nie?
1:3b.HAB.001.003 Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.
1:4b.HAB.001.004 Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
1:5b.HAB.001.005 Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.
1:6b.HAB.001.006 Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
1:7b.HAB.001.007 Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
1:8b.HAB.001.008 En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op 'n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos 'n arend wat op sy prooi neerskiet!
1:9b.HAB.001.009 Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.
1:10b.HAB.001.010 Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom 'n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop grond daarteen op en neem dit in.
1:11b.HAB.001.011 Dan gly hy verby, 'n wind, en trek verder--maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
1:12b.HAB.001.012 Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem!
1:13b.HAB.001.013 U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie--waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?
1:14b.HAB.001.014 So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.
1:15b.HAB.001.015 Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig.
1:16b.HAB.001.016 Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy seën; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig.
1:17b.HAB.001.017 Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?
2
2:1b.HAB.002.001 Op my wagtoring wil ek gaan staan en op 'n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.
2:2b.HAB.002.002 Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
2:3b.HAB.002.003 Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:
2:4b.HAB.002.004 Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
2:5b.HAB.002.005 En bowendien, die wyn is 'n bedrieër, 'n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik--hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar.
2:6b.HAB.002.006 Sal hulle nie almal oor hom 'n spreuk, 'n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie--hoe lank? --en hom beswaar met verpande goed.
2:7b.HAB.002.007 Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle 'n prooi word nie?
2:8b.HAB.002.008 Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
2:9b.HAB.002.009 Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.
2:10b.HAB.002.010 Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.
2:11b.HAB.002.011 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.
2:12b.HAB.002.012 Wee hom wat 'n stad bou met bloed en 'n vesting stig deur onreg.
2:13b.HAB.002.013 Kyk, kom dit nie van die HERE van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
2:14b.HAB.002.014 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
2:15b.HAB.002.015 Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.
2:16b.HAB.002.016 Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer--drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer.
2:17b.HAB.002.017 Want die geweld aan die Líbanon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is--weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
2:18b.HAB.002.018 Wat baat 'n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, 'n gegote beeld, wat 'n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?
2:19b.HAB.002.019 Wee hom wat vir 'n stuk hout sê: Word wakker! vir 'n dooie klip: Ontwaak! Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie!
2:20b.HAB.002.020 Maar die HERE is in sy heilige tempel--swyg voor Hom, o ganse aarde!
3
3:1b.HAB.003.001 'n Gebed van Hábakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonot.
3:2b.HAB.003.002 HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
3:3b.HAB.003.003 God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.
3:4b.HAB.003.004 En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dáár is die omhulsel van sy krag.
3:5b.HAB.003.005 Voor Hom uit loop die pes, en 'n koorsgloed trek uit agter Hom aan.
3:6b.HAB.003.006 Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels--paaie van die ou tyd vir Hom.
3:7b.HAB.003.007 Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land Mídian bewe.
3:8b.HAB.003.008 Is dit teen riviere, o HERE, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?
3:9b.HAB.003.009 Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde.
3:10b.HAB.003.010 Die berge sien U en bewe van angs, 'n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.
3:11b.HAB.003.011 Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies.
3:12b.HAB.003.012 In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.
3:13b.HAB.003.013 U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.
3:14b.HAB.003.014 U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.
3:15b.HAB.003.015 U betree die see met u perde, 'n hoop magtige waters.
3:16b.HAB.003.016 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons 'n aanval maak.
3:17b.HAB.003.017 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie--
3:18b.HAB.003.018 nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
3:19b.HAB.003.019 Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Habakkuk (Afrikaans). Habakkuk (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-859E-0