Proverbs (Afrikaans)

Proverbs (Afrikaans)

1

1:1b.PRO.001.001 Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,

1:2b.PRO.001.002 om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,

1:3b.PRO.001.003 om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;

1:4b.PRO.001.004 om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;

1:5b.PRO.001.005 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,

1:6b.PRO.001.006 om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.

1:7b.PRO.001.007 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

1:8b.PRO.001.008 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

1:9b.PRO.001.009 want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.

1:10b.PRO.001.010 My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;

1:11b.PRO.001.011 as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak,

1:12b.PRO.001.012 laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;

1:13b.PRO.001.013 allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;

1:14b.PRO.001.014 jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê--

1:15b.PRO.001.015 my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;

1:16b.PRO.001.016 want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;

1:17b.PRO.001.017 want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:

1:18b.PRO.001.018 so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.

1:19b.PRO.001.019 So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.

1:20b.PRO.001.020 Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,

1:21b.PRO.001.021 op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:

1:22b.PRO.001.022 Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?

1:23b.PRO.001.023 Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.

1:24b.PRO.001.024 Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,

1:25b.PRO.001.025 en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,

1:26b.PRO.001.026 daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;

1:27b.PRO.001.027 as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.

1:28b.PRO.001.028 Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.

1:29b.PRO.001.029 Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie,

1:30b.PRO.001.030 van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,

1:31b.PRO.001.031 daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.

1:32b.PRO.001.032 Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;

1:33b.PRO.001.033 maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.

2

2:1b.PRO.002.001 My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,

2:2b.PRO.002.002 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

2:3b.PRO.002.003 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

2:4b.PRO.002.004 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,

2:5b.PRO.002.005 dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind

2:6b.PRO.002.006 (want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

2:7b.PRO.002.007 en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel

2:8b.PRO.002.008 deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);

2:9b.PRO.002.009 dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid--elke goeie pad.

2:10b.PRO.002.010 Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

2:11b.PRO.002.011 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

2:12b.PRO.002.012 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

2:13b.PRO.002.013 van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;

2:14b.PRO.002.014 die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,

2:15b.PRO.002.015 van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;

2:16b.PRO.002.016 om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei

2:17b.PRO.002.017 (wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;

2:18b.PRO.002.018 want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;

2:19b.PRO.002.019 almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)

2:20b.PRO.002.020 sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;

2:21b.PRO.002.021 want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,

2:22b.PRO.002.022 maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.

3

3:1b.PRO.003.001 My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;

3:2b.PRO.003.002 want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.

3:3b.PRO.003.003 Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,

3:4b.PRO.003.004 dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.

3:5b.PRO.003.005 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

3:6b.PRO.003.006 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

3:7b.PRO.003.007 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;

3:8b.PRO.003.008 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

3:9b.PRO.003.009 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

3:10b.PRO.003.010 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

3:11b.PRO.003.011 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,

3:12b.PRO.003.012 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.

3:13b.PRO.003.013 Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;

3:14b.PRO.003.014 want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;

3:15b.PRO.003.015 dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

3:16b.PRO.003.016 In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;

3:17b.PRO.003.017 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

3:18b.PRO.003.018 Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.

3:19b.PRO.003.019 Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;

3:20b.PRO.003.020 deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

3:21b.PRO.003.021 My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,

3:22b.PRO.003.022 dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;

3:23b.PRO.003.023 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;

3:24b.PRO.003.024 as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.

3:25b.PRO.003.025 Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;

3:26b.PRO.003.026 want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

3:27b.PRO.003.027 Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

3:28b.PRO.003.028 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee--terwyl jy dit het.

3:29b.PRO.003.029 Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

3:30b.PRO.003.030 Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.

3:31b.PRO.003.031 Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.

3:32b.PRO.003.032 Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.

3:33b.PRO.003.033 Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.

3:34b.PRO.003.034 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.

3:35b.PRO.003.035 Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.

4

4:1b.PRO.004.001 Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;

4:2b.PRO.004.002 want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.

4:3b.PRO.004.003 Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,

4:4b.PRO.004.004 het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.

4:5b.PRO.004.005 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

4:6b.PRO.004.006 verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.

4:7b.PRO.004.007 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

4:8b.PRO.004.008 Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.

4:9b.PRO.004.009 Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf.

4:10b.PRO.004.010 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.

4:11b.PRO.004.011 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

4:12b.PRO.004.012 as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

4:13b.PRO.004.013 Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.

4:14b.PRO.004.014 Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.

4:15b.PRO.004.015 Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;

4:16b.PRO.004.016 want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.

4:17b.PRO.004.017 Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.

4:18b.PRO.004.018 Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

4:19b.PRO.004.019 is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

4:20b.PRO.004.020 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,

4:21b.PRO.004.021 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.

4:22b.PRO.004.022 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.

4:23b.PRO.004.023 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

4:24b.PRO.004.024 Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

4:25b.PRO.004.025 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

4:26b.PRO.004.026 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,

4:27b.PRO.004.027 wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.

5

5:1b.PRO.005.001 My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

5:2b.PRO.005.002 dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;

5:3b.PRO.005.003 want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,

5:4b.PRO.005.004 maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos 'n swaard aan weerskante skerp.

5:5b.PRO.005.005 Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

5:6b.PRO.005.006 Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.

5:7b.PRO.005.007 Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

5:8b.PRO.005.008 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,

5:9b.PRO.005.009 sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;

5:10b.PRO.005.010 sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie

5:11b.PRO.005.011 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,

5:12b.PRO.005.012 en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,

5:13b.PRO.005.013 en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!

5:14b.PRO.005.014 Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.

5:15b.PRO.005.015 Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.

5:16b.PRO.005.016 Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?

5:17b.PRO.005.017 Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.

5:18b.PRO.005.018 Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug--

5:19b.PRO.005.019 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.

5:20b.PRO.005.020 Maar waarom sou jy, my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?

5:21b.PRO.005.021 Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange.

5:22b.PRO.005.022 Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.

5:23b.PRO.005.023 Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.

6

6:1b.PRO.006.001 My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir 'n vreemde jou handslag gegee het,

6:2b.PRO.006.002 verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,

6:3b.PRO.006.003 doen dan dit, my seun, om jouself te red--want jy het in die hand van jou naaste geraak--gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste,

6:4b.PRO.006.004 gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;

6:5b.PRO.006.005 red jou soos 'n gemsbok uit die hand, en soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger.

6:6b.PRO.006.006 Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!

6:7b.PRO.006.007 Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,

6:8b.PRO.006.008 maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.

6:9b.PRO.006.009 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?

6:10b.PRO.006.010 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus!

6:11b.PRO.006.011 So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man.

6:12b.PRO.006.012 'n Deugniet, 'n kwaaddoener is hy wat met 'n valse mond rondloop,

6:13b.PRO.006.013 wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;

6:14b.PRO.006.014 in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.

6:15b.PRO.006.015 Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.

6:16b.PRO.006.016 Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel 'n gruwel:

6:17b.PRO.006.017 trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,

6:18b.PRO.006.018 'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,

6:19b.PRO.006.019 een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

6:20b.PRO.006.020 Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

6:21b.PRO.006.021 bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;

6:22b.PRO.006.022 mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.

6:23b.PRO.006.023 Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig en die teregwysinge van die tug 'n weg tot die lewe,

6:24b.PRO.006.024 om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong.

6:25b.PRO.006.025 Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;

6:26b.PRO.006.026 want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe.

6:27b.PRO.006.027 Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?

6:28b.PRO.006.028 Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?

6:29b.PRO.006.029 So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.

6:30b.PRO.006.030 'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;

6:31b.PRO.006.031 en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.

6:32b.PRO.006.032 Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;

6:33b.PRO.006.033 slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;

6:34b.PRO.006.034 want jaloersheid is 'n toorngloed in 'n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;

6:35b.PRO.006.035 hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.

7

7:1b.PRO.007.001 My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;

7:2b.PRO.007.002 onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;

7:3b.PRO.007.003 bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.

7:4b.PRO.007.004 Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,

7:5b.PRO.007.005 sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.

7:6b.PRO.007.006 Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,

7:7b.PRO.007.007 en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk,

7:8b.PRO.007.008 wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,

7:9b.PRO.007.009 in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.

7:10b.PRO.007.010 En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart--

7:11b.PRO.007.011 sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie--

7:12b.PRO.007.012 nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.

7:13b.PRO.007.013 En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê:

7:14b.PRO.007.014 Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;

7:15b.PRO.007.015 daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.

7:16b.PRO.007.016 Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;

7:17b.PRO.007.017 ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel--

7:18b.PRO.007.018 kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.

7:19b.PRO.007.019 Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,

7:20b.PRO.007.020 die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.

7:21b.PRO.007.021 Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.

7:22b.PRO.007.022 Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,

7:23b.PRO.007.023 totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg--sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.

7:24b.PRO.007.024 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.

7:25b.PRO.007.025 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.

7:26b.PRO.007.026 Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.

7:27b.PRO.007.027 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.

8

8:1b.PRO.008.001 Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

8:2b.PRO.008.002 Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,

8:3b.PRO.008.003 aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:

8:4b.PRO.008.004 Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.

8:5b.PRO.008.005 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

8:6b.PRO.008.006 Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.

8:7b.PRO.008.007 Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.

8:8b.PRO.008.008 Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,

8:9b.PRO.008.009 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.

8:10b.PRO.008.010 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.

8:11b.PRO.008.011 Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

8:12b.PRO.008.012 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.

8:13b.PRO.008.013 Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.

8:14b.PRO.008.014 Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.

8:15b.PRO.008.015 Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;

8:16b.PRO.008.016 deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.

8:17b.PRO.008.017 Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.

8:18b.PRO.008.018 Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.

8:19b.PRO.008.019 My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.

8:20b.PRO.008.020 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

8:21b.PRO.008.021 om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.

8:22b.PRO.008.022 Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.

8:23b.PRO.008.023 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

8:24b.PRO.008.024 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

8:25b.PRO.008.025 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;

8:26b.PRO.008.026 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

8:27b.PRO.008.027 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

8:28b.PRO.008.028 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

8:29b.PRO.008.029 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het--

8:30b.PRO.008.030 toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,

8:31b.PRO.008.031 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

8:32b.PRO.008.032 Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.

8:33b.PRO.008.033 Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.

8:34b.PRO.008.034 Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.

8:35b.PRO.008.035 Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE.

8:36b.PRO.008.036 Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.

9

9:1b.PRO.009.001 Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,

9:2b.PRO.009.002 haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.

9:3b.PRO.009.003 Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:

9:4b.PRO.009.004 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:

9:5b.PRO.009.005 Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;

9:6b.PRO.009.006 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

9:7b.PRO.009.007 Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.

9:8b.PRO.009.008 Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.

9:9b.PRO.009.009 Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.

9:10b.PRO.009.010 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.

9:11b.PRO.009.011 Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.

9:12b.PRO.009.012 As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.

9:13b.PRO.009.013 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;

9:14b.PRO.009.014 en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,

9:15b.PRO.009.015 om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:

9:16b.PRO.009.016 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:

9:17b.PRO.009.017 Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.

9:18b.PRO.009.018 Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.

10

10:1b.PRO.010.001 Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.

10:2b.PRO.010.002 Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.

10:3b.PRO.010.003 Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.

10:4b.PRO.010.004 Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

10:5b.PRO.010.005 Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.

10:6b.PRO.010.006 Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

10:7b.PRO.010.007 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.

10:8b.PRO.010.008 Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.

10:9b.PRO.010.009 Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

10:10b.PRO.010.010 Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.

10:11b.PRO.010.011 Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

10:12b.PRO.010.012 Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.

10:13b.PRO.010.013 Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.

10:14b.PRO.010.014 Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.

10:15b.PRO.010.015 Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.

10:16b.PRO.010.016 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.

10:17b.PRO.010.017 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

10:18b.PRO.010.018 Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.

10:19b.PRO.010.019 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

10:20b.PRO.010.020 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.

10:21b.PRO.010.021 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.

10:22b.PRO.010.022 Die seën van die HERE--dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

10:23b.PRO.010.023 Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.

10:24b.PRO.010.024 Waar die goddelose bang voor is--dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.

10:25b.PRO.010.025 Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.

10:26b.PRO.010.026 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.

10:27b.PRO.010.027 Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.

10:28b.PRO.010.028 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.

10:29b.PRO.010.029 Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

10:30b.PRO.010.030 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.

10:31b.PRO.010.031 Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.

10:32b.PRO.010.032 Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

11

11:1b.PRO.011.001 'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae.

11:2b.PRO.011.002 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.

11:3b.PRO.011.003 Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

11:4b.PRO.011.004 Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.

11:5b.PRO.011.005 Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.

11:6b.PRO.011.006 Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang.

11:7b.PRO.011.007 By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.

11:8b.PRO.011.008 Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.

11:9b.PRO.011.009 Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.

11:10b.PRO.011.010 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.

11:11b.PRO.011.011 Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.

11:12b.PRO.011.012 Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil.

11:13b.PRO.011.013 Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.

11:14b.PRO.011.014 As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.

11:15b.PRO.011.015 Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.

11:16b.PRO.011.016 'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.

11:17b.PRO.011.017 'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees.

11:18b.PRO.011.018 Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.

11:19b.PRO.011.019 Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.

11:20b.PRO.011.020 Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.

11:21b.PRO.011.021 Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.

11:22b.PRO.011.022 'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid.

11:23b.PRO.011.023 Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn.

11:24b.PRO.011.024 Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.

11:25b.PRO.011.025 Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

11:26b.PRO.011.026 Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.

11:27b.PRO.011.027 Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.

11:28b.PRO.011.028 Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

11:29b.PRO.011.029 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is.

11:30b.PRO.011.030 Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.

11:31b.PRO.011.031 As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!

12

12:1b.PRO.012.001 Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.

12:2b.PRO.012.002 Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man.

12:3b.PRO.012.003 Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.

12:4b.PRO.012.004 'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente.

12:5b.PRO.012.005 Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.

12:6b.PRO.012.006 Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.

12:7b.PRO.012.007 Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.

12:8b.PRO.012.008 Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.

12:9b.PRO.012.009 Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.

12:10b.PRO.012.010 Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

12:11b.PRO.012.011 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

12:12b.PRO.012.012 Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.

12:13b.PRO.012.013 In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.

12:14b.PRO.012.014 Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug.

12:15b.PRO.012.015 Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

12:16b.PRO.012.016 Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.

12:17b.PRO.012.017 Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.

12:18b.PRO.012.018 Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.

12:19b.PRO.012.019 'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik.

12:20b.PRO.012.020 Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

12:21b.PRO.012.021 Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.

12:22b.PRO.012.022 Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.

12:23b.PRO.012.023 'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.

12:24b.PRO.012.024 Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.

12:25b.PRO.012.025 Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.

12:26b.PRO.012.026 Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.

12:27b.PRO.012.027 Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens.

12:28b.PRO.012.028 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.

13

13:1b.PRO.013.001 'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.

13:2b.PRO.013.002 Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.

13:3b.PRO.013.003 Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.

13:4b.PRO.013.004 Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.

13:5b.PRO.013.005 Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.

13:6b.PRO.013.006 Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.

13:7b.PRO.013.007 Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.

13:8b.PRO.013.008 Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.

13:9b.PRO.013.009 Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.

13:10b.PRO.013.010 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.

13:11b.PRO.013.011 Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.

13:12b.PRO.013.012 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.

13:13b.PRO.013.013 Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.

13:14b.PRO.013.014 Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.

13:15b.PRO.013.015 'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.

13:16b.PRO.013.016 Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.

13:17b.PRO.013.017 'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.

13:18b.PRO.013.018 Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.

13:19b.PRO.013.019 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.

13:20b.PRO.013.020 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg. Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.

13:21b.PRO.013.021 Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met god vergelde.

13:22b.PRO.013.022 'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

13:23b.PRO.013.023 Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.

13:24b.PRO.013.024 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.

13:25b.PRO.013.025 Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.

14

14:1b.PRO.014.001 Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.

14:2b.PRO.014.002 Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.

14:3b.PRO.014.003 In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.

14:4b.PRO.014.004 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.

14:5b.PRO.014.005 'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit.

14:6b.PRO.014.006 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.

14:7b.PRO.014.007 Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.

14:8b.PRO.014.008 Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.

14:9b.PRO.014.009 Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.

14:10b.PRO.014.010 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.

14:11b.PRO.014.011 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.

14:12b.PRO.014.012 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

14:13b.PRO.014.013 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.

14:14b.PRO.014.014 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.

14:15b.PRO.014.015 Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.

14:16b.PRO.014.016 Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.

14:17b.PRO.014.017 Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.

14:18b.PRO.014.018 Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.

14:19b.PRO.014.019 Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.

14:20b.PRO.014.020 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.

14:21b.PRO.014.021 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

14:22b.PRO.014.022 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.

14:23b.PRO.014.023 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.

14:24b.PRO.014.024 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.

14:25b.PRO.014.025 'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.

14:26b.PRO.014.026 In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.

14:27b.PRO.014.027 Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.

14:28b.PRO.014.028 In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.

14:29b.PRO.014.029 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.

14:30b.PRO.014.030 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.

14:31b.PRO.014.031 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.

14:32b.PRO.014.032 In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood.

14:33b.PRO.014.033 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.

14:34b.PRO.014.034 Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.

14:35b.PRO.014.035 Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.

15

15:1b.PRO.015.001 'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.

15:2b.PRO.015.002 Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.

15:3b.PRO.015.003 Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.

15:4b.PRO.015.004 Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.

15:5b.PRO.015.005 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

15:6b.PRO.015.006 In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.

15:7b.PRO.015.007 Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.

15:8b.PRO.015.008 Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.

15:9b.PRO.015.009 Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.

15:10b.PRO.015.010 'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.

15:11b.PRO.015.011 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!

15:12b.PRO.015.012 Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.

15:13b.PRO.015.013 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.

15:14b.PRO.015.014 Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.

15:15b.PRO.015.015 Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.

15:16b.PRO.015.016 Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.

15:17b.PRO.015.017 Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.

15:18b.PRO.015.018 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.

15:19b.PRO.015.019 Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.

15:20b.PRO.015.020 'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.

15:21b.PRO.015.021 Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.

15:22b.PRO.015.022 Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

15:23b.PRO.015.023 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!

15:24b.PRO.015.024 Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.

15:25b.PRO.015.025 Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.

15:26b.PRO.015.026 Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.

15:27b.PRO.015.027 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.

15:28b.PRO.015.028 Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.

15:29b.PRO.015.029 Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.

15:30b.PRO.015.030 Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.

15:31b.PRO.015.031 Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.

15:32b.PRO.015.032 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.

15:33b.PRO.015.033 Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.

16

16:1b.PRO.016.001 Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.

16:2b.PRO.016.002 Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.

16:3b.PRO.016.003 Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.

16:4b.PRO.016.004 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

16:5b.PRO.016.005 Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.

16:6b.PRO.016.006 Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad.

16:7b.PRO.016.007 As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.

16:8b.PRO.016.008 Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg.

16:9b.PRO.016.009 Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.

16:10b.PRO.016.010 Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.

16:11b.PRO.016.011 'n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die HERE, al die weegstene in die sak is sy werk.

16:12b.PRO.016.012 Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.

16:13b.PRO.016.013 Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek.

16:14b.PRO.016.014 Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring.

16:15b.PRO.016.015 In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.

16:16b.PRO.016.016 Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

16:17b.PRO.016.017 Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.

16:18b.PRO.016.018 Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.

16:19b.PRO.016.019 Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.

16:20b.PRO.016.020 Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.

16:21b.PRO.016.021 'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.

16:22b.PRO.016.022 'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.

16:23b.PRO.016.023 Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.

16:24b.PRO.016.024 Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.

16:25b.PRO.016.025 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

16:26b.PRO.016.026 Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.

16:27b.PRO.016.027 'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.

16:28b.PRO.016.028 'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.

16:29b.PRO.016.029 'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie.

16:30b.PRO.016.030 Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.

16:31b.PRO.016.031 Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.

16:32b.PRO.016.032 Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

16:33b.PRO.016.033 In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.

17

17:1b.PRO.017.001 Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.

17:2b.PRO.017.002 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.

17:3b.PRO.017.003 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.

17:4b.PRO.017.004 Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.

17:5b.PRO.017.005 Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.

17:6b.PRO.017.006 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.

17:7b.PRO.017.007 Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!

17:8b.PRO.017.008 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.

17:9b.PRO.017.009 Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

17:10b.PRO.017.010 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.

17:11b.PRO.017.011 Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.

17:12b.PRO.017.012 Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.

17:13b.PRO.017.013 Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.

17:14b.PRO.017.014 Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.

17:15b.PRO.017.015 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.

17:16b.PRO.017.016 Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?

17:17b.PRO.017.017 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.

17:18b.PRO.017.018 Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.

17:19b.PRO.017.019 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.

17:20b.PRO.017.020 Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.

17:21b.PRO.017.021 Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.

17:22b.PRO.017.022 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

17:23b.PRO.017.023 Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.

17:24b.PRO.017.024 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.

17:25b.PRO.017.025 'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.

17:26b.PRO.017.026 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie--om edeles te slaan is onbetaamlik.

17:27b.PRO.017.027 Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.

17:28b.PRO.017.028 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

18

18:1b.PRO.018.001 Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.

18:2b.PRO.018.002 Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.

18:3b.PRO.018.003 As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.

18:4b.PRO.018.004 Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.

18:5b.PRO.018.005 Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.

18:6b.PRO.018.006 Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.

18:7b.PRO.018.007 Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.

18:8b.PRO.018.008 Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

18:9b.PRO.018.009 Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester.

18:10b.PRO.018.010 Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.

18:11b.PRO.018.011 Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding.

18:12b.PRO.018.012 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.

18:13b.PRO.018.013 Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees.

18:14b.PRO.018.014 Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees--wie kan dit opbeur?

18:15b.PRO.018.015 Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.

18:16b.PRO.018.016 Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.

18:17b.PRO.018.017 Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.

18:18b.PRO.018.018 Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.

18:19b.PRO.018.019 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.

18:20b.PRO.018.020 Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.

18:21b.PRO.018.021 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

18:22b.PRO.018.022 Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry.

18:23b.PRO.018.023 Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge.

18:24b.PRO.018.024 'n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.

19

19:1b.PRO.019.001 'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.

19:2b.PRO.019.002 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.

19:3b.PRO.019.003 'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.

19:4b.PRO.019.004 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.

19:5b.PRO.019.005 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.

19:6b.PRO.019.006 Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.

19:7b.PRO.019.007 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde--weg is hulle!

19:8b.PRO.019.008 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

19:9b.PRO.019.009 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.

19:10b.PRO.019.010 Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!

19:11b.PRO.019.011 Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.

19:12b.PRO.019.012 Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.

19:13b.PRO.019.013 'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.

19:14b.PRO.019.014 Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE.

19:15b.PRO.019.015 Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.

19:16b.PRO.019.016 Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

19:17b.PRO.019.017 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

19:18b.PRO.019.018 Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.

19:19b.PRO.019.019 Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.

19:20b.PRO.019.020 Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.

19:21b.PRO.019.021 Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, dié sal bestaan.

19:22b.PRO.019.022 Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.

19:23b.PRO.019.023 Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.

19:24b.PRO.019.024 Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.

19:25b.PRO.019.025 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.

19:26b.PRO.019.026 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.

19:27b.PRO.019.027 Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.

19:28b.PRO.019.028 'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.

19:29b.PRO.019.029 Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.

20

20:1b.PRO.020.001 Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

20:2b.PRO.020.002 Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.

20:3b.PRO.020.003 Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.

20:4b.PRO.020.004 In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.

20:5b.PRO.020.005 Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep.

20:6b.PRO.020.006 Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?

20:7b.PRO.020.007 Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige--gelukkig is sy kinders ná hom.

20:8b.PRO.020.008 'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

20:9b.PRO.020.009 Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?

20:10b.PRO.020.010 Twee soorte gewig, twee soorte maat--hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.

20:11b.PRO.020.011 Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.

20:12b.PRO.020.012 'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien--die HERE het hulle altwee gemaak.

20:13b.PRO.020.013 Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.

20:14b.PRO.020.014 Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.

20:15b.PRO.020.015 Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis.

20:16b.PRO.020.016 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.

20:17b.PRO.020.017 Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.

20:18b.PRO.020.018 Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.

20:19b.PRO.020.019 Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.

20:20b.PRO.020.020 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.

20:21b.PRO.020.021 'n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is--die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.

20:22b.PRO.020.022 Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.

20:23b.PRO.020.023 Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie.

20:24b.PRO.020.024 Die voetstappe van 'n man hang van die HERE af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan?

20:25b.PRO.020.025 Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

20:26b.PRO.020.026 'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.

20:27b.PRO.020.027 Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.

20:28b.PRO.020.028 Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon.

20:29b.PRO.020.029 Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.

20:30b.PRO.020.030 Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste.

21

21:1b.PRO.021.001 Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

21:2b.PRO.021.002 Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.

21:3b.PRO.021.003 Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.

21:4b.PRO.021.004 Hoogheid van oë en trotsheid van hart--die glans van die goddelose is sonde.

21:5b.PRO.021.005 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.

21:6b.PRO.021.006 Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem--dodelike valstrikke.

21:7b.PRO.021.007 Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

21:8b.PRO.021.008 Gekronkeld is die weg van 'n skuldige mens; maar die reine--sy handeling is reg.

21:9b.PRO.021.009 Dit is beter om op die hoek van 'n dak te woon as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.

21:10b.PRO.021.010 Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.

21:11b.PRO.021.011 As 'n mens 'n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as 'n mens 'n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.

21:12b.PRO.021.012 Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.

21:13b.PRO.021.013 Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.

21:14b.PRO.021.014 'n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en 'n geskenk in die skoot die heftige woede.

21:15b.PRO.021.015 Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar 'n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.

21:16b.PRO.021.016 'n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.

21:17b.PRO.021.017 Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

21:18b.PRO.021.018 Die goddelose is 'n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.

21:19b.PRO.021.019 Dit is beter om in 'n woeste land te woon as by 'n twisgierige vrou en ergernis.

21:20b.PRO.021.020 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur.

21:21b.PRO.021.021 Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

21:22b.PRO.021.022 Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.

21:23b.PRO.021.023 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

21:24b.PRO.021.024 'n Vermetele, 'n trotsaard word 'n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.

21:25b.PRO.021.025 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;

21:26b.PRO.021.026 die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

21:27b.PRO.021.027 Die offer van die goddelose is 'n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.

21:28b.PRO.021.028 'n Leuenagtige getuie kom om; maar 'n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.

21:29b.PRO.021.029 Die goddelose trek 'n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.

21:30b.PRO.021.030 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie.

21:31b.PRO.021.031 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.

22

22:1b.PRO.022.001 'n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.

22:2b.PRO.022.002 Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.

22:3b.PRO.022.003 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.

22:4b.PRO.022.004 Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.

22:5b.PRO.022.005 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.

22:6b.PRO.022.006 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

22:7b.PRO.022.007 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.

22:8b.PRO.022.008 Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.

22:9b.PRO.022.009 Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.

22:10b.PRO.022.010 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.

22:11b.PRO.022.011 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is--die koning is sy vriend.

22:12b.PRO.022.012 Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.

22:13b.PRO.022.013 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!

22:14b.PRO.022.014 Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.

22:15b.PRO.022.015 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.

22:16b.PRO.022.016 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.

22:17b.PRO.022.017 Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.

22:18b.PRO.022.018 Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.

22:19b.PRO.022.019 Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.

22:20b.PRO.022.020 Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,

22:21b.PRO.022.021 om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?

22:22b.PRO.022.022 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.

22:23b.PRO.022.023 Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.

22:24b.PRO.022.024 Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,

22:25b.PRO.022.025 sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.

22:26b.PRO.022.026 Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.

22:27b.PRO.022.027 As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?

22:28b.PRO.022.028 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.

22:29b.PRO.022.029 Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk--hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.

23

23:1b.PRO.023.001 Sit jy aan om saam met 'n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is,

23:2b.PRO.023.002 en sit 'n mes op jou keel as jy 'n goeie eetlus het.

23:3b.PRO.023.003 Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.

23:4b.PRO.023.004 Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.

23:5b.PRO.023.005 Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!

23:6b.PRO.023.006 Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.

23:7b.PRO.023.007 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

23:8b.PRO.023.008 Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.

23:9b.PRO.023.009 Spreek nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.

23:10b.PRO.023.010 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.

23:11b.PRO.023.011 Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.

23:12b.PRO.023.012 Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.

23:13b.PRO.023.013 Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.

23:14b.PRO.023.014 Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.

23:15b.PRO.023.015 My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.

23:16b.PRO.023.016 En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.

23:17b.PRO.023.017 Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die HERE.

23:18b.PRO.023.018 Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

23:19b.PRO.023.019 Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.

23:20b.PRO.023.020 Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.

23:21b.PRO.023.021 Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.

23:22b.PRO.023.022 Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

23:23b.PRO.023.023 Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.

23:24b.PRO.023.024 Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

23:25b.PRO.023.025 Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.

23:26b.PRO.023.026 My seun, gee my jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.

23:27b.PRO.023.027 Want 'n hoer is 'n diep kuil, en 'n ontugtige vrou is 'n nou put.

23:28b.PRO.023.028 Sy lê ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.

23:29b.PRO.023.029 By wie is Ag!; by wie is Wee my!; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?

23:30b.PRO.023.030 By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.

23:31b.PRO.023.031 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:

23:32b.PRO.023.032 op die end byt dit soos 'n slang en spuug gif uit soos 'n basilisk.

23:33b.PRO.023.033 Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;

23:34b.PRO.023.034 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.

23:35b.PRO.023.035 Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie! (23:36) Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.

24

24:1b.PRO.024.001 Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.

24:2b.PRO.024.002 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.

24:3b.PRO.024.003 Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;

24:4b.PRO.024.004 en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.

24:5b.PRO.024.005 'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.

24:6b.PRO.024.006 Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.

24:7b.PRO.024.007 Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.

24:8b.PRO.024.008 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.

24:9b.PRO.024.009 Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.

24:10b.PRO.024.010 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.

24:11b.PRO.024.011 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!

24:12b.PRO.024.012 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! --sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.

24:13b.PRO.024.013 Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.

24:14b.PRO.024.014 Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

24:15b.PRO.024.015 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.

24:16b.PRO.024.016 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.

24:17b.PRO.024.017 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,

24:18b.PRO.024.018 dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.

24:19b.PRO.024.019 Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.

24:20b.PRO.024.020 Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.

24:21b.PRO.024.021 My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.

24:22b.PRO.024.022 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?

24:23b.PRO.024.023 Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.

24:24b.PRO.024.024 Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! --die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.

24:25b.PRO.024.025 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.

24:26b.PRO.024.026 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.

24:27b.PRO.024.027 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.

24:28b.PRO.024.028 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?

24:29b.PRO.024.029 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen--ek sal die man vergelde na sy werk.

24:30b.PRO.024.030 Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,

24:31b.PRO.024.031 en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.

24:32b.PRO.024.032 En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:

24:33b.PRO.024.033 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;

24:34b.PRO.024.034 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.

25

25:1b.PRO.025.001 Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het.

25:2b.PRO.025.002 Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur.

25:3b.PRO.025.003 Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.

25:4b.PRO.025.004 Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom;

25:5b.PRO.025.005 verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.

25:6b.PRO.025.006 Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.

25:7b.PRO.025.007 Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! --as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het.

25:8b.PRO.025.008 Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?

25:9b.PRO.025.009 Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie,

25:10b.PRO.025.010 sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.

25:11b.PRO.025.011 Goue appels op versierde silwerborde, so is 'n woord op sy tyd gespreek.

25:12b.PRO.025.012 'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.

25:13b.PRO.025.013 Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

25:14b.PRO.025.014 'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.

25:15b.PRO.025.015 Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente.

25:16b.PRO.025.016 Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.

25:17b.PRO.025.017 Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.

25:18b.PRO.025.018 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.

25:19b.PRO.025.019 'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid.

25:20b.PRO.025.020 Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom.

25:21b.PRO.025.021 As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.

25:22b.PRO.025.022 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.

25:23b.PRO.025.023 Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat--kwaai gesigte.

25:24b.PRO.025.024 Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.

25:25b.PRO.025.025 Koue water op 'n vermoeide siel, so is 'n goeie tyding uit 'n ver land.

25:26b.PRO.025.026 'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.

25:27b.PRO.025.027 Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer.

25:28b.PRO.025.028 'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.

26

26:1b.PRO.026.001 Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.

26:2b.PRO.026.002 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.

26:3b.PRO.026.003 'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.

26:4b.PRO.026.004 Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.

26:5b.PRO.026.005 Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.

26:6b.PRO.026.006 Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.

26:7b.PRO.026.007 Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.

26:8b.PRO.026.008 Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.

26:9b.PRO.026.009 Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.

26:10b.PRO.026.010 Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.

26:11b.PRO.026.011 Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

26:12b.PRO.026.012 Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.

26:13b.PRO.026.013 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.

26:14b.PRO.026.014 'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.

26:15b.PRO.026.015 Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.

26:16b.PRO.026.016 Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.

26:17b.PRO.026.017 Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.

26:18b.PRO.026.018 Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,

26:19b.PRO.026.019 so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.

26:20b.PRO.026.020 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.

26:21b.PRO.026.021 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.

26:22b.PRO.026.022 Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

26:23b.PRO.026.023 Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is--so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.

26:24b.PRO.026.024 Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.

26:25b.PRO.026.025 As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.

26:26b.PRO.026.026 Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.

26:27b.PRO.026.027 Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom.

26:28b.PRO.026.028 'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.

27

27:1b.PRO.027.001 Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.

27:2b.PRO.027.002 Laat 'n ander jou prys en nie jou eie mond nie; 'n vreemde, en nie jou eie lippe nie.

27:3b.PRO.027.003 Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.

27:4b.PRO.027.004 Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?

27:5b.PRO.027.005 Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.

27:6b.PRO.027.006 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.

27:7b.PRO.027.007 'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir 'n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.

27:8b.PRO.027.008 Soos 'n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is 'n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.

27:9b.PRO.027.009 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van 'n vriend vanweë welgemeende raad.

27:10b.PRO.027.010 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.

27:11b.PRO.027.011 Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.

27:12b.PRO.027.012 As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.

27:13b.PRO.027.013 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir 'n onbekende.

27:14b.PRO.027.014 Wie vroeg in die môre sy naaste met 'n harde stem 'n seën toeroep, dit sal hom as 'n vloek aangereken word.

27:15b.PRO.027.015 'n Aanhoudende gedrup op die dag van 'n stortreën en 'n twisgierige vrou is net eenders.

27:16b.PRO.027.016 Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.

27:17b.PRO.027.017 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.

27:18b.PRO.027.018 Wie 'n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.

27:19b.PRO.027.019 Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.

27:20b.PRO.027.020 Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van 'n mens nie versadig nie.

27:21b.PRO.027.021 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet.

27:22b.PRO.027.022 Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.

27:23b.PRO.027.023 Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;

27:24b.PRO.027.024 want 'n skat is nie vir ewig nie--of sal 'n kroon wees van geslag tot geslag?

27:25b.PRO.027.025 As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,

27:26b.PRO.027.026 dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir grond,

27:27b.PRO.027.027 en genoeg bokmelk as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.

28

28:1b.PRO.028.001 Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu.

28:2b.PRO.028.002 Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.

28:3b.PRO.028.003 'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.

28:4b.PRO.028.004 Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.

28:5b.PRO.028.005 Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.

28:6b.PRO.028.006 Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.

28:7b.PRO.028.007 Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.

28:8b.PRO.028.008 Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.

28:9b.PRO.028.009 Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.

28:10b.PRO.028.010 Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.

28:11b.PRO.028.011 'n Ryk man is wys in sy eie oë; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë.

28:12b.PRO.028.012 As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.

28:13b.PRO.028.013 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

28:14b.PRO.028.014 Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.

28:15b.PRO.028.015 'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers.

28:16b.PRO.028.016 'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.

28:17b.PRO.028.017 'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.

28:18b.PRO.028.018 Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.

28:19b.PRO.028.019 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.

28:20b.PRO.028.020 'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.

28:21b.PRO.028.021 Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan.

28:22b.PRO.028.022 'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.

28:23b.PRO.028.023 Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.

28:24b.PRO.028.024 Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! --hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel.

28:25b.PRO.028.025 Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik.

28:26b.PRO.028.026 Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.

28:27b.PRO.028.027 Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.

28:28b.PRO.028.028 As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.

29

29:1b.PRO.029.001 'n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.

29:2b.PRO.029.002 As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.

29:3b.PRO.029.003 'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.

29:4b.PRO.029.004 'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.

29:5b.PRO.029.005 'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.

29:6b.PRO.029.006 In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.

29:7b.PRO.029.007 Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.

29:8b.PRO.029.008 Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.

29:9b.PRO.029.009 Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.

29:10b.PRO.029.010 Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.

29:11b.PRO.029.011 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.

29:12b.PRO.029.012 'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.

29:13b.PRO.029.013 Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë.

29:14b.PRO.029.014 'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.

29:15b.PRO.029.015 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.

29:16b.PRO.029.016 As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.

29:17b.PRO.029.017 Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.

29:18b.PRO.029.018 As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.

29:19b.PRO.029.019 Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.

29:20b.PRO.029.020 Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.

29:21b.PRO.029.021 As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.

29:22b.PRO.029.022 'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.

29:23b.PRO.029.023 Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.

29:24b.PRO.029.024 Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.

29:25b.PRO.029.025 Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.

29:26b.PRO.029.026 Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE.

29:27b.PRO.029.027 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.

30

30:1b.PRO.030.001 Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.

30:2b.PRO.030.002 Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.

30:3b.PRO.030.003 En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.

30:4b.PRO.030.004 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun--as jy dit weet?

30:5b.PRO.030.005 Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.

30:6b.PRO.030.006 Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie.

30:7b.PRO.030.007 Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:

30:8b.PRO.030.008 Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;

30:9b.PRO.030.009 dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.

30:10b.PRO.030.010 Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.

30:11b.PRO.030.011 Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,

30:12b.PRO.030.012 'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,

30:13b.PRO.030.013 'n geslag--hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! --

30:14b.PRO.030.014 'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.

30:15b.PRO.030.015 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! --

30:16b.PRO.030.016 die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!

30:17b.PRO.030.017 'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag--die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.

30:18b.PRO.030.018 Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:

30:19b.PRO.030.019 die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.

30:20b.PRO.030.020 So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.

30:21b.PRO.030.021 Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:

30:22b.PRO.030.022 onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het;

30:23b.PRO.030.023 onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.

30:24b.PRO.030.024 Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:

30:25b.PRO.030.025 die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;

30:26b.PRO.030.026 die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;

30:27b.PRO.030.027 die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;

30:28b.PRO.030.028 die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.

30:29b.PRO.030.029 Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:

30:30b.PRO.030.030 die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;

30:31b.PRO.030.031 die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.

30:32b.PRO.030.032 As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het--die hand op die mond!

30:33b.PRO.030.033 Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.

31

31:1b.PRO.031.001 Die woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:

31:2b.PRO.031.002 Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?

31:3b.PRO.031.003 Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.

31:4b.PRO.031.004 Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;

31:5b.PRO.031.005 anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.

31:6b.PRO.031.006 Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.

31:7b.PRO.031.007 Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.

31:8b.PRO.031.008 Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

31:9b.PRO.031.009 Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

31:10b.PRO.031.010 Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

31:11b.PRO.031.011 Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

31:12b.PRO.031.012 Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.

31:13b.PRO.031.013 Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.

31:14b.PRO.031.014 He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar--van ver af bring sy haar brood in.

31:15b.PRO.031.015 Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.

31:16b.PRO.031.016 Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd.

31:17b.PRO.031.017 Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.

31:18b.PRO.031.018 Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.

31:19b.PRO.031.019 Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.

31:20b.PRO.031.020 Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.

31:21b.PRO.031.021 Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.

31:22b.PRO.031.022 Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.

31:23b.PRO.031.023 Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.

31:24b.PRO.031.024 Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.

31:25b.PRO.031.025 Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.

31:26b.PRO.031.026 Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.

31:27b.PRO.031.027 Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.

31:28b.PRO.031.028 Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:

31:29b.PRO.031.029 Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.

31:30b.PRO.031.030 Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.

31:31b.PRO.031.031 Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poort.


Holder of rights
Multilingual Bible Corpus

Citation Suggestion for this Object
TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Proverbs (Afrikaans). Proverbs (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-8571-2