Judges (Afrikaans)
1
1:1b.JDG.001.001 En ná die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg?
1:2b.JDG.001.002 En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.
1:3b.JDG.001.003 Toe sê Juda aan sy broer Símeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En Símeon het saam met hom getrek;
1:4b.JDG.001.004 en toe Juda optrek, het die HERE die Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tien duisend man van hulle by Besek verslaan het.
1:5b.JDG.001.005 En hulle het Adóni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kanaäniete en Feresiete verslaan.
1:6b.JDG.001.006 En toe Adóni-Besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap.
1:7b.JDG.001.007 Daarop sê Adóni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafel krummels opgetel: soos ek gedoen het, so het God my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe.
1:8b.JDG.001.008 En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.
1:9b.JDG.001.009 En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kanaäniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het.
1:10b.JDG.001.010 Juda het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners van Hebron--maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba en hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan.
1:11b.JDG.001.011 En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir--maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.
1:12b.JDG.001.012 En Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.
1:13b.JDG.001.013 Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.
1:14b.JDG.001.014 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?
1:15b.JDG.001.015 En sy sê vir hom: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.
1:16b.JDG.001.016 En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.
1:17b.JDG.001.017 En Juda het saam met sy broer Símeon getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.
1:18b.JDG.001.018 En Juda het Gasa met sy grondgebied en Askelon met sy grondgebied en Ekron met sy grondgebied ingeneem.
1:19b.JDG.001.019 En die HERE was met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.
1:20b.JDG.001.020 En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moses gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe.
1:21b.JDG.001.021 En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.
1:22b.JDG.001.022 En die huis van Josef, hulle het ook opgetrek na Bet-el, en die HERE was met hulle.
1:23b.JDG.001.023 En toe die huis van Josef Bet-el laat bespied--maar die naam van die stad was tevore Lus--
1:24b.JDG.001.024 sien die spioene 'n man uit die stad uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog 'n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou 'n guns bewys.
1:25b.JDG.001.025 Hy wys hulle toe 'n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele geslag het hulle laat gaan.
1:26b.JDG.001.026 En die man het weggetrek na die land van die Hetiete, en hy het 'n stad gebou en dit Lus genoem; dit is sy naam tot vandag toe.
1:27b.JDG.001.027 En Manasse het Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kanaäniete het verkies om in hierdie land te bly woon.
1:28b.JDG.001.028 Maar toe Israel sterk word, het hy die Kanaäniete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie.
1:29b.JDG.001.029 En Efraim het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het.
1:30b.JDG.001.030 Sébulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van Náhalol nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword.
1:31b.JDG.001.031 Aser het die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie;
1:32b.JDG.001.032 sodat die Aseriete bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die land, want hulle het hulle nie verdrywe nie.
1:33b.JDG.001.033 Náftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword.
1:34b.JDG.001.034 En die Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie;
1:35b.JDG.001.035 sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ajalon en in Sáälbim; maar die hand van die huis van Josef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.
1:36b.JDG.001.036 En die grens van die Amoriete was van Skerpioen-nek, van die rots af, en verder op.
2
2:1b.JDG.002.001 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met 'n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
2:2b.JDG.002.002 maar julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land maak nie; hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na my stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen?
2:3b.JDG.002.003 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode 'n strik vir julle.
2:4b.JDG.002.004 En terwyl die Engel van die HERE met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;
2:5b.JDG.002.005 en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan die HERE geoffer.
2:6b.JDG.002.006 Daarna het Josua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem.
2:7b.JDG.002.007 En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
2:8b.JDG.002.008 Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, het gesterwe, honderd en tien jaar oud;
2:9b.JDG.002.009 en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.
2:10b.JDG.002.010 En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag ná hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.
2:11b.JDG.002.011 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baäls gedien
2:12b.JDG.002.012 en die HERE, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die HERE geterg.
2:13b.JDG.002.013 Maar toe hulle die HERE verlaat en die Baäl en die Astartes dien,
2:14b.JDG.002.014 het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.
2:15b.JDG.002.015 Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,
2:16b.JDG.002.016 verwek die HERE rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.
2:17b.JDG.002.017 Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die HERE: so het hulle nie gedoen nie.
2:18b.JDG.002.018 En wanneer die HERE vir hulle rigters verwek, was die HERE met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die HERE medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.
2:19b.JDG.002.019 Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.
2:20b.JDG.002.020 Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie,
2:21b.JDG.002.021 sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Josua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie--
2:22b.JDG.002.022 om Israel deur hulle op die proef te stel, of hulle die weg van die HERE sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie.
2:23b.JDG.002.023 Daarom het die HERE daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.
3
3:1b.JDG.003.001 En dit is die nasies wat die HERE laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel--
3:2b.JDG.003.002 net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet--om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie:
3:3b.JDG.003.003 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Líbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat.
3:4b.JDG.003.004 Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die HERE wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.
3:5b.JDG.003.005 So het die kinders van Israel dan onder die Kanaäniete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,
3:6b.JDG.003.006 en húl dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.
3:7b.JDG.003.007 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.
3:8b.JDG.003.008 Daarop het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Mesopotámië, en die kinders van Israel het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien.
3:9b.JDG.003.009 Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE 'n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.
3:10b.JDG.003.010 En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die HERE het Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het.
3:11b.JDG.003.011 Toe kry die land rus veertig jaar lank. En Otniël, die seun van Kenas, het gesterwe.
3:12b.JDG.003.012 En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. Toe maak die HERE Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE;
3:13b.JDG.003.013 en hy versamel by hom die kinders van Ammon en Amalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het die Palmstad in besit geneem.
3:14b.JDG.003.014 En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien.
3:15b.JDG.003.015 Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.
3:16b.JDG.003.016 En Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord;
3:17b.JDG.003.017 en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was 'n baie vet man.
3:18b.JDG.003.018 En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg;
3:19b.JDG.003.019 maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime opdrag aan u, o koning! Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.
3:20b.JDG.003.020 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,
3:21b.JDG.003.021 steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik,
3:22b.JDG.003.022 sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.
3:23b.JDG.003.023 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.
3:24b.JDG.003.024 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.
3:25b.JDG.003.025 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar--hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond!
3:26b.JDG.003.026 Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug en die gesnede beelde verbygegaan en na Seïra ontsnap.
3:27b.JDG.003.027 En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.
3:28b.JDG.003.028 Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.
3:29b.JDG.003.029 En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tien duisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.
3:30b.JDG.003.030 So moes Moab dan dié dag buig onder die hand van Israel; en die land het tagtig jaar lank gerus.
3:31b.JDG.003.031 Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne ses honderd man met 'n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos.
4
4:1b.JDG.004.001 Maar ná die dood van Ehud het die kinders van Israel weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
4:2b.JDG.004.002 Daarom het die HERE hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was Sísera, 'n inwoner van Haróset van die heidene.
4:3b.JDG.004.003 En die kinders van Israel het die HERE aangeroep; want hy het nege honderd ysterwaens gehad en die kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk.
4:4b.JDG.004.004 En Debóra, 'n profetes, die vrou van Láppidot, het in dié tyd Israel gerig;
4:5b.JDG.004.005 en sy het gesit onder die palm van Debóra, tussen Rama en Bet-el, op die gebergte van Efraim; en die kinders van Israel het na haar opgegaan vir regspraak.
4:6b.JDG.004.006 Toe laat sy Barak, die seun van Abinóam, uit Kedes in Náftali, roep en sê vir hom: Het die HERE, die God van Israel, nie bevel gegee nie: Gaan, trek na die berg Tabor, en neem tien duisend man van die kinders van Náftali en van die kinders van Sébulon met jou saam?
4:7b.JDG.004.007 dan sal Ek Sísera, die leërowerste van Jabin, met sy strydwaens en sy menigte na jou, na die spruit Kison trek, en Ek sal hom in jou hand gee.
4:8b.JDG.004.008 Maar Barak sê vir haar: As u met my saamtrek, sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie.
4:9b.JDG.004.009 Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want die HERE sal Sísera in die hand van 'n vrou verkoop; en Debóra het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek.
4:10b.JDG.004.010 Daarop het Barak Sébulon en Náftali bymekaargeroep na Kedes toe, en tien duisend man het op sy voetspore opgetrek, en Debóra het saam met hom opgetrek.
4:11b.JDG.004.011 En Heber, die Keniet, het hom afgeskei van Kain, van die kinders van Hobab, die swaer van Moses, en het sy tente opgeslaan tot by die terpentynboom by Saänáim, naby Kedes.
4:12b.JDG.004.012 En toe hulle aan Sísera berig bring dat Barak, die seun van Abinóam, na die berg Tabor opgetrek het,
4:13b.JDG.004.013 het Sísera al sy strydwaens, nege honderd ysterwaens, en al die manskappe wat by hom was, uit Haróset van die heidene na die spruit Kison bymekaargeroep.
4:14b.JDG.004.014 Daarop sê Debóra vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop die HERE Sísera in jou hand gee. Trek die HERE nie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tien duisend man agter hom aan.
4:15b.JDG.004.015 En die HERE het Sísera met al die waens en die hele leër deur die skerpte van die swaard in verwarring gebring voor Barak uit, en Sísera het van sy wa afgeklim en te voet gevlug.
4:16b.JDG.004.016 Maar Barak het die waens en die leër agternagejaag tot by Haróset van die heidene, en die hele leër van Sísera het deur die skerpte van die swaard geval; daar het selfs nie een oorgebly nie.
4:17b.JDG.004.017 Toe vlug Sísera te voet na die tent van Jael, die vrou van Heber, die Keniet; want daar was vrede tussen Jabin, die koning van Hasor, en die huis van Heber, die Keniet.
4:18b.JDG.004.018 En Jael het uitgegaan Sísera tegemoet en vir hom gesê: Draai uit, my heer, draai uit na my! Moenie bang wees nie! En hy het na haar uitgedraai, na die tent, en sy het hom met 'n kombers toegemaak.
4:19b.JDG.004.019 Daarop sê hy vir haar: Gee my tog 'n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom daaruit drink en maak hom weer toe.
4:20b.JDG.004.020 En hy sê vir haar: Gaan staan by die tentdeur, en as iemand kom en jou vra en sê: Is hier iemand? antwoord dan: Nee.
4:21b.JDG.004.021 Toe neem Jael, die vrou van Heber, 'n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe.
4:22b.JDG.004.022 En kyk, terwyl Barak Sísera agtervolg, gaan Jael uit hom tegemoet en sê vir hom: Kom, en ek sal u die man wys wat u soek; en toe hy by haar inkom, lê Sísera daar dood, met die pen deur die slaap van sy hoof!
4:23b.JDG.004.023 So het God dan op dié dag Jabin, die koning van Kanaän, voor die kinders van Israel onderwerp.
4:24b.JDG.004.024 En die hand van die kinders van Israel het al swaarder gaan druk op Jabin, die koning van Kanaän, totdat hulle Jabin, die koning van Kanaän, uitgeroei het.
5
5:1b.JDG.005.001 Op dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê:
5:2b.JDG.005.002 Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het--prys die HERE!
5:3b.JDG.005.003 Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing.
5:4b.JDG.005.004 HERE, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.
5:5b.JDG.005.005 Berge het gewankel voor die aangesig van die HERE uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel.
5:6b.JDG.005.006 In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.
5:7b.JDG.005.007 Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, 'n moeder in Israel, opgestaan het.
5:8b.JDG.005.008 Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertig duisend in Israel?
5:9b.JDG.005.009 My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk--prys die HERE!
5:10b.JDG.005.010 Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!
5:11b.JDG.005.011 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die HERE, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die HERE afgetrek na die poorte toe.
5:12b.JDG.005.012 Word wakker, word wakker, Debóra! Word wakker, word wakker, hef 'n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun van Abinóam!
5:13b.JDG.005.013 Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die HERE vir my afgetrek onder die helde.
5:14b.JDG.005.014 Uit Efraim, die wat hulle wortel in Amalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit Sébulon die wat met die werwerstaf uittrek;
5:15b.JDG.005.015 en vorste in Issaskar met Debóra saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
5:16b.JDG.005.016 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
5:17b.JDG.005.017 Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.
5:18b.JDG.005.018 Sébulon is 'n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.
5:19b.JDG.005.019 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Táänag, by die waters van Megíddo--geen stuk silwer het hulle geneem nie.
5:20b.JDG.005.020 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;
5:21b.JDG.005.021 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!
5:22b.JDG.005.022 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.
5:23b.JDG.005.023 Vloek Meros, sê die Engel van die HERE; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die HERE nie tot hulp gekom het nie, die HERE tot hulp onder die helde.
5:24b.JDG.005.024 Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!
5:25b.JDG.005.025 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.
5:26b.JDG.005.026 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.
5:27b.JDG.005.027 Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy--morsdood.
5:28b.JDG.005.028 Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?
5:29b.JDG.005.029 Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:
5:30b.JDG.005.030 Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; 'n buit van bont klere vir Sísera, 'n buit van bont klere, veelkleurige; 'n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.
5:31b.JDG.005.031 So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.
6
6:1b.JDG.006.001 Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.
6:2b.JDG.006.002 En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.
6:3b.JDG.006.003 Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op:
6:4b.JDG.006.004 slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie.
6:5b.JDG.006.005 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes.
6:6b.JDG.006.006 En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep.
6:7b.JDG.006.007 En toe die kinders van Israel die HERE aanroep vanweë die Midianiete,
6:8b.JDG.006.008 het die HERE 'n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei
6:9b.JDG.006.009 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee.
6:10b.JDG.006.010 En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.
6:11b.JDG.006.011 Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.
6:12b.JDG.006.012 En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!
6:13b.JDG.006.013 Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.
6:14b.JDG.006.014 Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?
6:15b.JDG.006.015 Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.
6:16b.JDG.006.016 Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.
6:17b.JDG.006.017 En hy antwoord Hom: As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my 'n teken, dat U dit is wat met my spreek.
6:18b.JDG.006.018 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom.
6:19b.JDG.006.019 Toe het Gídeon ingegaan en 'n bokkie berei, en van 'n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in 'n mandjie gesit en die sous in 'n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit.
6:20b.JDG.006.020 Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen.
6:21b.JDG.006.021 Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.
6:22b.JDG.006.022 Toe Gídeon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê Gídeon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig!
6:23b.JDG.006.023 Maar die HERE sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie.
6:24b.JDG.006.024 Toe bou Gídeon daar 'n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.
6:25b.JDG.006.025 En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.
6:26b.JDG.006.026 En bou vir die HERE jou God 'n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as 'n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.
6:27b.JDG.006.027 Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.
6:28b.JDG.006.028 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Baäl daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was!
6:29b.JDG.006.029 Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: Gídeon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen!
6:30b.JDG.006.030 Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Baäl omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het.
6:31b.JDG.006.031 Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir Baäl veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy 'n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.
6:32b.JDG.006.032 Daarom het hy hom op dié dag Jerúbbaäl genoem en gesê: Laat Baäl teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.
6:33b.JDG.006.033 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in die laagte van Jísreël laer opgeslaan.
6:34b.JDG.006.034 En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.
6:35b.JDG.006.035 Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en dié is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in Sébulon en in Náftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet.
6:36b.JDG.006.036 Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het--
6:37b.JDG.006.037 ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.
6:38b.JDG.006.038 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, 'n kom vol water.
6:39b.JDG.006.039 Toe het Gídeon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies 'n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is.
6:40b.JDG.006.040 En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.
7
7:1b.JDG.007.001 Daarna het Jerúbbaäl, dit is Gídeon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwel More af in die dal.
7:2b.JDG.007.002 Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.
7:3b.JDG.007.003 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly.
7:4b.JDG.007.004 Daarop sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan--dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie--dié mag nie gaan nie.
7:5b.JDG.007.005 Hy bring toe die manskappe af na die water; en die HERE sê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos 'n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant.
7:6b.JDG.007.006 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was drie honderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.
7:7b.JDG.007.007 Toe sê die HERE vir Gídeon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.
7:8b.JDG.007.008 Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die drie honderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was.
7:9b.JDG.007.009 En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand.
7:10b.JDG.007.010 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe
7:11b.JDG.007.011 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.
7:12b.JDG.007.012 En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte.
7:13b.JDG.007.013 En toe Gídeon aankom, vertel 'n man aan 'n ander juis 'n droom en sê: Kyk, ek het 'n droom gehad: Daar rol 'n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!
7:14b.JDG.007.014 En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.
7:15b.JDG.007.015 Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand.
7:16b.JDG.007.016 En hy het die drie honderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee
7:17b.JDG.007.017 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak.
7:18b.JDG.007.018 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die HERE en vir Gídeon!
7:19b.JDG.007.019 Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.
7:20b.JDG.007.020 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van Gídeon!
7:21b.JDG.007.021 En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.
7:22b.JDG.007.022 En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.
7:23b.JDG.007.023 En die manskappe van Israel uit Náftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag.
7:24b.JDG.007.024 Ook het Gídeon boodskappers gestuur in die hele gebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan.
7:25b.JDG.007.025 En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na Gídeon gebring, oorkant die Jordaan.
8
8:1b.JDG.008.001 Toe sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis.
8:2b.JDG.008.002 Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Abiëser nie?
8:3b.JDG.008.003 God het die vorste van Mídian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het.
8:4b.JDG.008.004 En Gídeon het gekom by die Jordaan, en hy en die drie honderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg.
8:5b.JDG.008.005 En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en Sálmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag.
8:6b.JDG.008.006 Maar die vorste van Sukkot vra: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?
8:7b.JDG.008.007 Toe sê Gídeon: Daarom, as die HERE Seba en Sálmuna in my hand gee, sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.
8:8b.JDG.008.008 En daarvandaan het hy opgetrek na Pnuel en met hulle net so gespreek; maar die manne van Pnuel het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het.
8:9b.JDG.008.009 Daarop spreek hy ook met die mense van Pnuel en sê: As ek met vrede terugkom, sal ek hierdie toring omgooi.
8:10b.JDG.008.010 Seba en Sálmuna was toe in Karkor, en hul leër by hulle, omtrent vyftien duisend, al wat oor was uit die hele leër van die kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd en twintig duisend man wat die swaard kon uittrek.
8:11b.JDG.008.011 En Gídeon het opgetrek met die pad van die tentbewoners, ten ooste van Nobag en Jógbeha, en hy het die leër verslaan terwyl die leër gerus was.
8:12b.JDG.008.012 En Seba en Sálmuna het gevlug, maar hy het hulle agternagejaag en die twee konings van Mídian, Seba en Sálmuna, gevang nadat hy die hele leër uiteengejaag het.
8:13b.JDG.008.013 En toe Gídeon, die seun van Joas, terugkom uit die geveg, van die nek Heres af,
8:14b.JDG.008.014 vang hy 'n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en dié het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewe en sewentig man.
8:15b.JDG.008.015 En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en Sálmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee?
8:16b.JDG.008.016 Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee 'n les geleer.
8:17b.JDG.008.017 En die toring van Pnuel het hy omgegooi en die manne van die stad gedood.
8:18b.JDG.008.018 En hy het Seba en Sálmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.
8:19b.JDG.008.019 Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder. So waar as die HERE leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie.
8:20b.JDG.008.020 En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op, maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang was; want hy was nog 'n seun.
8:21b.JDG.008.021 Toe sê Seba en Sálmuna: Staan u self op en val op ons aan, want soos die man is, is sy krag. Gídeon het toe opgestaan en Seba en Sálmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy geneem.
8:22b.JDG.008.022 Daarop sê die manne van Israel vir Gídeon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete.
8:23b.JDG.008.023 Maar Gídeon antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie: die HERE sal oor julle heers.
8:24b.JDG.008.024 Verder het Gídeon vir hulle gesê: Ek wil aan julle 'n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra, omdat hulle Ismaeliete was.
8:25b.JDG.008.025 Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het 'n mantel uitgesprei en elkeen 'n ring van sy buit daarop gegooi.
8:26b.JDG.008.026 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentien honderd sikkels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van Mídian gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was.
8:27b.JDG.008.027 En Gídeon het daar 'n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele Israel het dit daar agternagehoereer, en dit het vir Gídeon en sy huis 'n strik geword.
8:28b.JDG.008.028 So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die land het in Gídeon se dae veertig jaar lank gerus.
8:29b.JDG.008.029 En Jerúbbaäl, die seun van Joas, het in sy huis gaan woon.
8:30b.JDG.008.030 En Gídeon het sewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad.
8:31b.JDG.008.031 En sy byvrou wat in Sigem was, het ook vir hom 'n seun gebaar, en hy het hom die naam Abiméleg gegee.
8:32b.JDG.008.032 En Gídeon, die seun van Joas, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Joas, in Ofra van die Abiësriete.
8:33b.JDG.008.033 Maar net toe Gídeon dood was, het die kinders van Israel weer die Baäls agternagehoereer en van Baäl-Berít vir hulle 'n god gemaak.
8:34b.JDG.008.034 En die kinders van Israel het nie gedink aan die HERE hulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie.
8:35b.JDG.008.035 En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerúbbaäl, dit is Gídeon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie.
9
9:1b.JDG.009.001 En Abiméleg, die seun van Jerúbbaäl, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê:
9:2b.JDG.009.002 Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter--dat sewentig man, almal seuns van Jerúbbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is.
9:3b.JDG.009.003 Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abiméleg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer.
9:4b.JDG.009.004 Hulle het hom toe sewentig sikkels silwer uit die huis van Baäl-Berít gegee, en daarmee het Abiméleg ydele en ligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg.
9:5b.JDG.009.005 En hy het in die huis van sy vader gegaan, in Ofra, en sy broers, die seuns van Jerúbbaäl, sewentig man, op een klip vermoor; maar Jotam, die jongste seun van Jerúbbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip.
9:6b.JDG.009.006 Daarop het al die burgers van Sigem en die hele huis Millo bymekaargekom en Abiméleg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is.
9:7b.JDG.009.007 Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Gerísim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister.
9:8b.JDG.009.008 Eendag het die bome gegaan om 'n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê: Wees koning oor ons!
9:9b.JDG.009.009 Maar die olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe?
9:10b.JDG.009.010 Toe sê die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons.
9:11b.JDG.009.011 Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?
9:12b.JDG.009.012 Toe sê die bome vir die wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons.
9:13b.JDG.009.013 Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe?
9:14b.JDG.009.014 Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!
9:15b.JDG.009.015 En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die Líbanon verteer.
9:16b.JDG.009.016 As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abiméleg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerúbbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande--
9:17b.JDG.009.017 julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,
9:18b.JDG.009.018 maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abiméleg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is--
9:19b.JDG.009.019 as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerúbbaäl en sy huis, wees dan vrolik oor Abiméleg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.
9:20b.JDG.009.020 Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abiméleg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abiméleg verteer.
9:21b.JDG.009.021 Daarop het Jotam padgegee en weggevlug en na Beër gegaan en daar gebly vanweë Abiméleg, sy broer.
9:22b.JDG.009.022 Toe Abiméleg drie jaar oor Israel geheers het,
9:23b.JDG.009.023 het God 'n bose gees gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abiméleg,
9:24b.JDG.009.024 sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerúbbaäl sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abiméleg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor.
9:25b.JDG.009.025 So het die burgers van Sigem dan teen hom hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle verbykom. En dit is aan Abiméleg meegedeel.
9:26b.JDG.009.026 Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou.
9:27b.JDG.009.027 En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek.
9:28b.JDG.009.028 Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abiméleg--en wat is Sigem--dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerúbbaäl, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, maar waarom moet óns hom dien?
9:29b.JDG.009.029 Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abiméleg wegjaag! En met die oog op Abiméleg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit!
9:30b.JDG.009.030 Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword
9:31b.JDG.009.031 en listig boodskappers na Abiméleg gestuur om te sê: Kyk, Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op.
9:32b.JDG.009.032 Maak dan nou in die nag klaar, u met die manskappe wat by u is, en stel 'n hinderlaag op in die veld.
9:33b.JDG.009.033 Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en 'n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake.
9:34b.JDG.009.034 Daarop het Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel.
9:35b.JDG.009.035 En Gaäl, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag,
9:36b.JDG.009.036 sien Gaäl die manskappe en sê vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan!
9:37b.JDG.009.037 Maar Gaäl hou aan en sê: Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die land af, en een deel kom uit die rigting van die eik van die towenaar.
9:38b.JDG.009.038 Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abiméleg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle!
9:39b.JDG.009.039 Toe trek Gaäl uit voor die burgers van Sigem en veg teen Abiméleg.
9:40b.JDG.009.040 Maar Abiméleg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort.
9:41b.JDG.009.041 En Abiméleg het in Aruma gebly, maar Sebul het Gaäl en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie.
9:42b.JDG.009.042 En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abiméleg meegedeel.
9:43b.JDG.009.043 Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en 'n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle.
9:44b.JDG.009.044 Want Abiméleg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan.
9:45b.JDG.009.045 En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai.
9:46b.JDG.009.046 Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die tempel van El-Berít in.
9:47b.JDG.009.047 En toe dit aan Abiméleg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het,
9:48b.JDG.009.048 klim Abiméleg, hy en al die manskappe wat by hom was, op die berg Salmon; en Abiméleg het byle met hom saamgeneem en 'n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na.
9:49b.JDG.009.049 Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abiméleg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het.
9:50b.JDG.009.050 Daarna het Abiméleg na Tebes getrek en Tebes beleër en dit ingeneem.
9:51b.JDG.009.051 Maar in die middel van die stad was 'n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim.
9:52b.JDG.009.052 En Abiméleg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand,
9:53b.JDG.009.053 gooi 'n vrou die boonste meulsteen op die hoof van Abiméleg en verbrysel sy skedel.
9:54b.JDG.009.054 Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: 'n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.
9:55b.JDG.009.055 En toe die manne van Israel sien dat Abiméleg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan.
9:56b.JDG.009.056 So het God dan die kwaad van Abiméleg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.
9:57b.JDG.009.057 En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van Jotam, die seun van Jerúbbaäl, het oor hulle gekom.
10
10:1b.JDG.010.001 En ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
10:2b.JDG.010.002 En hy het Israel drie en twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
10:3b.JDG.010.003 En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee en twintig jaar lank gerig.
10:4b.JDG.010.004 En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die land Gílead lê.
10:5b.JDG.010.005 En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.
10:6b.JDG.010.006 En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.
10:7b.JDG.010.007 Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.
10:8b.JDG.010.008 En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in Gílead was.
10:9b.JDG.010.009 Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.
10:10b.JDG.010.010 Toe roep die kinders van Israel die HERE aan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.
10:11b.JDG.010.011 Maar die HERE het aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne--
10:12b.JDG.010.012 en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het--julle uit hulle hand verlos nie?
10:13b.JDG.010.013 Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.
10:14b.JDG.010.014 Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.
10:15b.JDG.010.015 Toe sê die kinders van Israel aan die HERE: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.
10:16b.JDG.010.016 En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die HERE gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.
10:17b.JDG.010.017 En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa.
10:18b.JDG.010.018 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.
11
11:1b.JDG.011.001 En Jefta, die Gileadiet, was 'n dapper held, maar hy was die seun van 'n hoer; en Gílead was die vader van Jefta.
11:2b.JDG.011.002 En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van 'n ander vrou.
11:3b.JDG.011.003 Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die land Tob; en ligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek.
11:4b.JDG.011.004 En 'n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel.
11:5b.JDG.011.005 Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen Israel, het die oudstes van Gílead Jefta gaan haal uit die land Tob;
11:6b.JDG.011.006 en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon.
11:7b.JDG.011.007 Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?
11:8b.JDG.011.008 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Daarom kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van Ammon veg, en dat jy ons hoof kan wees oor al die inwoners van Gílead.
11:9b.JDG.011.009 Daarop antwoord Jefta die oudstes van Gílead: As julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en die HERE hulle aan my oorgee, dan moet ek julle hoof word.
11:10b.JDG.011.010 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Die HERE sal hoorder wees tussen ons. Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen.
11:11b.JDG.011.011 So het Jefta dan met die oudstes van Gílead saamgegaan, en die volk het hom as hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en Jefta het al sy woorde voor die aangesig van die HERE in Mispa gespreek.
11:12b.JDG.011.012 Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg?
11:13b.JDG.011.013 En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta: Israel het my land geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van die Arnon af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan; gee dit dan nou in vrede terug.
11:14b.JDG.011.014 En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na die koning van die kinders van Ammon
11:15b.JDG.011.015 en vir hom gesê: So sê Jefta: Israel het die land Moab en die land van die kinders van Ammon nie geneem nie.
11:16b.JDG.011.016 Want Israel het toe hy uit Egipte opgetrek het, deur die woestyn gegaan tot by die Skelfsee en het by Kades gekom.
11:17b.JDG.011.017 En Israel het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u land trek; maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie. Daarom het Israel in Kades gebly.
11:18b.JDG.011.018 Verder het hy deur die woestyn gegaan en om die land Edom en die land Moab getrek en gekom aan die oostekant van die land Moab; en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab.
11:19b.JDG.011.019 Daarop het Israel boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en Israel het vir hom gesê: Laat ons tog deur u land trek na my plek toe.
11:20b.JDG.011.020 Maar Sihon het Israel nie vertrou om deur sy gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer opgeslaan in Jahas en teen Israel geveg.
11:21b.JDG.011.021 Maar die HERE, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en dié het hulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.
11:22b.JDG.011.022 En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan, in besit geneem.
11:23b.JDG.011.023 So het die HERE, die God van Israel, dan die Amoriete voor sy volk Israel uit verdrywe, en wil u dit in besit neem?
11:24b.JDG.011.024 Sal u dit nie in besit neem wat u god Kamos u as 'n besitting gee, en óns alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?
11:25b.JDG.011.025 En is u nou soveel beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met Israel getwis, of ooit teen hulle geveg?
11:26b.JDG.011.026 Terwyl Israel in Hesbon met sy onderhorige plekke en in Aroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê, drie honderd jaar lank gewoon het, waarom het julle dit dan nie in dié tyd ontset nie?
11:27b.JDG.011.027 So het ék dan nie teen u gesondig nie, maar ú handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag die HERE, die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon!
11:28b.JDG.011.028 Maar die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie.
11:29b.JDG.011.029 Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
11:30b.JDG.011.030 En Jefta het aan die HERE 'n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,
11:31b.JDG.011.031 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as 'n brandoffer bring.
11:32b.JDG.011.032 Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en die HERE het hulle in sy hand gegee.
11:33b.JDG.011.033 En hy het hulle verslaan van Aroër af in die rigting na Minnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim--'n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van Israel.
11:34b.JDG.011.034 En toe Jefta in Mispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uit hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie.
11:35b.JDG.011.035 En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jy stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die HERE, en ek kan nie terugtrek nie.
11:36b.JDG.011.036 En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor die HERE, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat die HERE u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.
11:37b.JDG.011.037 Verder het sy vir haar vader gesê: Laat dít my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne.
11:38b.JDG.011.038 En hy sê: Gaan! En hy het haar vir twee maande laat gaan. Sy het toe weggegaan met haar vriendinne en haar maagdelike staat op die berge beween.
11:39b.JDG.011.039 En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom, en hy het die gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het 'n gewoonte geword in Israel
11:40b.JDG.011.040 dat die dogters van Israel jaar vir jaar heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die jaar.
12
12:1b.JDG.012.001 En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en óns nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.
12:2b.JDG.012.002 Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.
12:3b.JDG.012.003 En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?
12:4b.JDG.012.004 Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.
12:5b.JDG.012.005 En Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan--dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee,
12:6b.JDG.012.006 dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.
12:7b.JDG.012.007 En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van Gílead.
12:8b.JDG.012.008 En ná hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.
12:9b.JDG.012.009 En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.
12:10b.JDG.012.010 En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.
12:11b.JDG.012.011 En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.
12:12b.JDG.012.012 En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land Sébulon.
12:13b.JDG.012.013 En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.
12:14b.JDG.012.014 En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.
12:15b.JDG.012.015 En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.
13
13:1b.JDG.013.001 En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.
13:2b.JDG.013.002 En daar was 'n man uit Sórea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.
13:3b.JDG.013.003 Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar.
13:4b.JDG.013.004 Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat onrein is nie.
13:5b.JDG.013.005 Want kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af 'n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.
13:6b.JDG.013.006 Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en sê: 'n Man van God het na my gekom, en sy voorkoms was soos die voorkoms van die Engel van God, baie vreeslik; maar ek het Hom nie gevra waar Hy vandaan was nie, en sy naam het hy my nie meegedeel nie.
13:7b.JDG.013.007 Maar Hy het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar; drink dan nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie; want die seun sal 'n nasireër van God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood toe.
13:8b.JDG.013.008 En Manóag het tot die HERE gebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog 'n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.
13:9b.JDG.013.009 En God het geluister na die stem van Manóag, sodat die Engel van God nog 'n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manóag nie by haar was nie.
13:10b.JDG.013.010 En die vrou het haastig geloop en haar man dit vertel en vir hom gesê: Kyk, die man het aan my verskyn wat die ander dag na my gekom het.
13:11b.JDG.013.011 Toe staan Manóag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra hom: Is U die man wat met dié vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja.
13:12b.JDG.013.012 Daarop vra Manóag: As u woorde nou uitkom, wat moet die leefwyse en die werk van die seun wees?
13:13b.JDG.013.013 Toe sê die Engel van die HERE aan Manóag: Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.
13:14b.JDG.013.014 Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is, mag sy nie eet nie; en geen wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet wat onrein is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou.
13:15b.JDG.013.015 Manóag sê aan die Engel van die HERE: Laat ons U tog ophou, dat ons 'n bokkie vir U kan berei.
13:16b.JDG.013.016 En die Engel van die HERE antwoord Manóag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy 'n brandoffer wil berei, offer dit dan aan die HERE. Want Manóag het nie geweet dat dit die Engel van die HERE was nie.
13:17b.JDG.013.017 Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom?
13:18b.JDG.013.018 En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?
13:19b.JDG.013.019 Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:
13:20b.JDG.013.020 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.
13:21b.JDG.013.021 En die Engel van die HERE het verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manóag dat dit die Engel van die HERE was.
13:22b.JDG.013.022 En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.
13:23b.JDG.013.023 Maar sy vrou sê vir hom: As die HERE ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand 'n brandoffer en 'n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.
13:24b.JDG.013.024 En die vrou het 'n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die HERE het hom geseën.
13:25b.JDG.013.025 En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol.
14
14:1b.JDG.014.001 Toe Simson afgegaan het na Timna, sien hy in Timna 'n vrou uit die dogters van die Filistyne;
14:2b.JDG.014.002 en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my.
14:3b.JDG.014.003 Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie 'n vrou, dat jy heengaan om 'n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my.
14:4b.JDG.014.004 Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers.
14:5b.JDG.014.005 En Simson het met sy vader en sy moeder afgegaan na Timna; en toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar 'n jong leeu brullende op hom af.
14:6b.JDG.014.006 Maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos 'n mens 'n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.
14:7b.JDG.014.007 Toe gaan hy af en praat met die vrou; en sy het Simson geval.
14:8b.JDG.014.008 En 'n tyd daarna het hy teruggegaan om haar te gaan haal; en toe hy uitdraai om na die dooie leeu te kyk, was daar 'n swerm bye in die dooie liggaam van die leeu, en heuning.
14:9b.JDG.014.009 En hy het dit uitgehaal in sy hande en aldeur geloop en eet, en na sy vader en sy moeder gegaan en aan hulle gegee; en hulle het geëet, maar dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu uitgehaal het, vertel hy hulle nie.
14:10b.JDG.014.010 Daarop gaan sy vader na die vrou toe af, en Simson het daar 'n maaltyd berei; want so het die jongmanne gewoonlik gedoen.
14:11b.JDG.014.011 En toe hulle hom sien, neem hulle dertig vriende om by hom te wees.
14:12b.JDG.014.012 En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle 'n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee;
14:13b.JDG.014.013 maar as julle dit vir my nie kan uitlê nie, dan moet júlle my dertig hemde en dertig stel klere gee. Toe sê hulle vir hom: Gee maar jou raaisel op, dat ons dit hoor.
14:14b.JDG.014.014 En hy sê vir hulle: Spys het uit die eter uitgegaan, en soetigheid uit die sterke. En drie dae lank kon hulle die raaisel nie uitlê nie.
14:15b.JDG.014.015 En op die vierde dag sê hulle aan die vrou van Simson: Haal jou man oor dat hy die raaisel vir ons uitlê, anders verbrand ons jou en die huis van jou vader met vuur; het julle ons genooi om ons te berowe, of hoe?
14:16b.JDG.014.016 Toe huil die vrou van Simson by hom en sê: Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het my volksgenote die raaisel opgegee, maar vir my het jy dit nie uitgelê nie. En hy antwoord haar: Kyk, vir my vader en my moeder het ek dit nie uitgelê nie, sou ek dit dan vir jou uitlê?
14:17b.JDG.014.017 Maar sy het die sewe dae wat hulle maaltyd geduur het, by hom gehuil; en op die sewende dag het hy dit vir haar uitgelê; want sy het hom gepers en so die raaisel vir haar volksgenote uitgelê.
14:18b.JDG.014.018 Daarop sê die manne van die stad aan hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as 'n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie geraai het nie.
14:19b.JDG.014.019 En die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword. Toe gaan hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader.
14:20b.JDG.014.020 En sy vriend wat as sy bruidsjonker gedien het, het die vrou van Simson gekry.
15
15:1b.JDG.015.001 Maar 'n tyd daarna het Simson in die dae van die koringoes sy vrou besoek met 'n bokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie.
15:2b.JDG.015.002 En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink dat jy niks om haar gee nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joue word in haar plek.
15:3b.JDG.015.003 Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.
15:4b.JDG.015.004 Toe gaan Simson weg en vang drie honderd jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit 'n fakkel in die middel tussen elke twee sterte in;
15:5b.JDG.015.005 en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek.
15:6b.JDG.015.006 Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat dié sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar vader se huis met vuur verbrand.
15:7b.JDG.015.007 Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak, sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie.
15:8b.JDG.015.008 En hy het hulle lendelam geslaan, 'n groot slag. En hy het afgegaan en gebly in die rotskloof van Etam.
15:9b.JDG.015.009 Toe trek die Filistyne nader en slaan laer op in Juda en sprei hulleself uit by Legi.
15:10b.JDG.015.010 En die manne van Juda vra: Waarom het julle teen ons opgetrek? En hulle sê: Ons het opgetrek om Simson te bind, om aan hom te doen soos hy aan ons gedoen het.
15:11b.JDG.015.011 Daarop trek drie duisend man uit Juda af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen.
15:12b.JDG.015.012 Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie.
15:13b.JDG.015.013 En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots.
15:14b.JDG.015.014 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af.
15:15b.JDG.015.015 En hy het 'n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek en dit geneem en daar duisend man mee verslaan.
15:16b.JDG.015.016 En Simson het gesê: Met 'n eselskakebeen het ek een klomp, twee klompe, met 'n eselskakebeen het ek duisend man verslaan.
15:17b.JDG.015.017 En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die kakebeen uit sy hand en noem dié plek Kakebeenshoogte.
15:18b.JDG.015.018 Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?
15:19b.JDG.015.019 Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.
15:20b.JDG.015.020 En hy het Israel gerig in die dae van die Filistyne, twintig jaar lank.
16
16:1b.JDG.016.001 En Simson het na Gasa gegaan en daar 'n hoer gesien en by haar ingegaan.
16:2b.JDG.016.002 Toe die Gasiete die tyding kry: Simson het hier ingekom, omsingel hulle hom en lê hom die hele nag voor by die stadspoort, maar die hele nag het hulle hul stilgehou en gesê: Teen dagbreek sal ons hom doodmaak.
16:3b.JDG.016.003 En Simson het gelê tot middernag; maar teen middernag het hy opgestaan en die deure van die stadspoort en die twee deurposte gegryp en dié met grendel en al uitgeruk en op sy skouers gesit en dit opgedra na die top van die berg wat teenoor Hebron lê.
16:4b.JDG.016.004 Daarna het hy 'n vrou in die dal Sorek liefgekry, wie se naam Delíla was.
16:5b.JDG.016.005 Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op en sê vir haar: Haal hom oor en vind uit waardeur sy krag so groot is, en waardeur ons hom kan oorweldig en hom kan bind om hom te bedwing; dan sal ons jou elkeen elf honderd sikkels silwer gee.
16:6b.JDG.016.006 Toe vra Delíla vir Simson: vertel my tog waardeur jou krag so groot is, en waarmee jy gebind kan word om jou te bedwing.
16:7b.JDG.016.007 En Simson sê vir haar: As hulle my bind met sewe vars lyne wat nie uitgedroog is nie, dan sal ek swak word en wees soos 'n ander mens.
16:8b.JDG.016.008 Daarop het die vorste van die Filistyne vir haar sewe vars lyne gebring wat nie uitgedroog was nie, en sy het hom daarmee gebind.
16:9b.JDG.016.009 En terwyl haar spioene in die kamer klaar sit, sê sy vir hom: Die Filistyne op jou, Simson! Toe verbreek hy die lyne soos 'n vlasdraad breek as dit vuur ruik; maar sy krag het nie bekend geword nie.
16:10b.JDG.016.010 Toe sê Delíla vir Simson: Kyk, jy het my bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my nou tog waarmee jy gebind kan word.
16:11b.JDG.016.011 En hy antwoord haar: As hulle my stewig vasbind met nuwe toue waarmee geen werk gedoen is nie, dan sal ek swak word en wees soos 'n ander mens.
16:12b.JDG.016.012 Toe het Delíla nuwe toue geneem en hom daarmee gebind en vir hom gesê: Die Filistyne op jou, Simson! terwyl die spioene in die kamer klaarsit; maar hy het dit soos 'n draad van sy arms af verbreek.
16:13b.JDG.016.013 En Delíla sê vir Simson: Tot nou toe het jy my bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my waarmee jy gebind kan word. En hy antwoord haar: As jy die sewe haarvlegsels van my hoof met die weefsel saam invleg.
16:14b.JDG.016.014 Sy druk dié toe vas met die pen en sê vir hom: Die Filistyne op jou, Simson! En hy het wakker geword uit sy slaap en die weefpen met die weefsel uitgeruk.
16:15b.JDG.016.015 Toe sê sy vir hom: Hoe kan jy sê: Ek het jou lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie.
16:16b.JDG.016.016 En omdat sy hom met haar woorde aldae gepers en by hom aangedring het, het hy so ongeduldig geword, dat hy kon sterf.
16:17b.JDG.016.017 En hy het sy hele hart aan haar bekend gemaak en aan haar gesê: Daar het nooit 'n skeermes oor my hoof gekom nie, want ek is 'n nasireër van God van my moeder se skoot af: as ek geskeer sou word, sou my krag van my wyk en ek swak word en wees soos al die mense.
16:18b.JDG.016.018 Toe Delíla sien dat hy sy hele hart aan haar bekend gemaak het, laat sy die vorste van die Filistyne roep en sê: Kom hierdie keer op, want hy het sy hele hart aan my bekend gemaak. Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op en bring die geld met hulle saam.
16:19b.JDG.016.019 En sy het hom op haar skoot aan die slaap gemaak en 'n man geroep en die sewe haarvlegsels van sy hoof afgeskeer. En sy het begin om hom te bedwing, en sy krag het van hom gewyk.
16:20b.JDG.016.020 Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die HERE van hom gewyk het nie.
16:21b.JDG.016.021 Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek en hom afgebring na Gasa en met koperkettings gebind; en hy moes maal in die gevangenis.
16:22b.JDG.016.022 Maar die hare van sy hoof het weer begin groei sodra dit afgeskeer was.
16:23b.JDG.016.023 En die vorste van die Filistyne het vergader om 'n groot offer te bring aan hulle god Dagon en om vrolik te wees; en hulle het gesê: Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.
16:24b.JDG.016.024 En toe die volk hom sien, prys hulle hul god; want hulle het gesê: Ons god het ons vyand en die rinneweerder van ons land, wat ook baie van ons laat sneuwel het, in ons hand gegee.
16:25b.JDG.016.025 En toe hulle hart vrolik was, sê hulle: Roep Simson, dat hy vir ons speel; en hulle het Simson uit die gevangenis geroep; en hy het voor hulle gespeel, en hulle het hom tussen die pilare laat staan.
16:26b.JDG.016.026 Daarop sê Simson aan die dienaar wat hom aan die hand hou: Laat my staan, en laat my die pilare betas waar die huis op rus, dat ek daarteen kan leun.
16:27b.JDG.016.027 En die huis was vol manne en vroue, en al die vorste van die Filistyne was daar, en op die dak omtrent drie duisend manne en vroue wat kyk hoe Simson speel.
16:28b.JDG.016.028 Toe roep Simson die HERE aan en sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!
16:29b.JDG.016.029 En Simson slaan sy arms om die twee middelste pilare waar die huis op gerus het, die een met sy regter-- en die ander met sy linkerhand, en leun teen hulle aan.
16:30b.JDG.016.030 En Simson sê: Laat my sterwe saam met die Filistyne! En hy buig hom met krag, sodat die huis inval op die vorste en op al die mense wat daarin was. So was dan die dooies wat hy by sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood het.
16:31b.JDG.016.031 Sy broers en sy hele familie het toe afgekom en hom opgeneem en opwaarts gebring en hom begrawe tussen Sórea en Estáol in die graf van sy vader Manóag. En hy het Israel twintig jaar lank gerig.
17
17:1b.JDG.017.001 Daar was 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga.
17:2b.JDG.017.002 Dié het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het--hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!
17:3b.JDG.017.003 En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.
17:4b.JDG.017.004 Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.
17:5b.JDG.017.005 Die man Miga het naamlik 'n godshuis gehad, en hy het 'n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.
17:6b.JDG.017.006 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.
17:7b.JDG.017.007 En daar was 'n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.
17:8b.JDG.017.008 En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.
17:9b.JDG.017.009 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.
17:10b.JDG.017.010 En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,
17:11b.JDG.017.011 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.
17:12b.JDG.017.012 En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.
17:13b.JDG.017.013 Toe sê Miga: Nou weet ek dat die HERE aan my goed sal doen, omdat ek 'n Leviet as priester het.
18
18:1b.JDG.018.001 In dié dae was daar geen koning in Israel nie; en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom 'n erfdeel gesoek om in te woon, want tot dié dag toe het onder die stamme van Israel geen genoegsame erfdeel aan hom toegeval nie.
18:2b.JDG.018.002 En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man, dapper manne, uit Sórea en Estáol gestuur om die land te verken en dit te deursoek, en vir hulle gesê: Gaan deursoek die land. En hulle het die gebergte van Efraim ingegaan tot by die huis van Miga en daar die nag oorgebly.
18:3b.JDG.018.003 Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier, en wat soek jy hier?
18:4b.JDG.018.004 Daarop sê hy vir hulle: So en so het Miga met my gedoen, en hy het my gehuur, en ek het sy priester geword.
18:5b.JDG.018.005 Toe vra hulle hom: Raadpleeg God tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees.
18:6b.JDG.018.006 En die priester sê vir hulle: Gaan in vrede; voor die HERE lê julle pad waar julle langs sal gaan.
18:7b.JDG.018.007 Toe gaan die vyf manne weg en hulle kom by Lais; en hulle sien dat die volk wat daarin was, veilig woon volgens die gewoonte van die Sidoniërs, rustig en onbesorg; en daar was niemand wat in enigiets leed doen in die land deur vermoë in besit te neem nie; en hulle was ver van die Sidoniërs af, terwyl hulle met geen mens gemeenskap gehad het nie.
18:8b.JDG.018.008 En toe hulle by hul broers kom in Sórea en Estáol, sê hul broers vir hulle: Wat sê julle?
18:9b.JDG.018.009 En hulle antwoord: Maak klaar, en laat ons teen hulle optrek! Want ons het die land gesien, en kyk, dit is baie goed; en julle sit stil! Wees nie traag om te trek, in te gaan, die land in besit te neem nie.
18:10b.JDG.018.010 As julle daar kom, sal julle by 'n onbesorgde volk kom, en die land is alkante toe wyd; want God gee dit in julle hand, 'n plek waar aan niks op aarde gebrek is nie.
18:11b.JDG.018.011 Toe het daarvandaan weggetrek, uit die geslag van die Daniete, uit Sórea en Estáol, ses honderd man, omgord met wapens.
18:12b.JDG.018.012 En hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Kirjat-Jeárim in Juda; daarom noem hulle dié plek Dan-se-Laer tot vandag toe; dit lê daar agter Kirjat-Jeárim.
18:13b.JDG.018.013 En daarvandaan het hulle oorgetrek in die gebergte van Efraim en gekom tot by die huis van Miga.
18:14b.JDG.018.014 Daarop het die vyf man wat gegaan het om die land van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie huise 'n skouerkleed en huisgode en 'n gesnede en 'n gegote beeld is? Weet dan nou wat julle moet doen!
18:15b.JDG.018.015 Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van Miga, en hom na sy welstand gevra.
18:16b.JDG.018.016 Onderwyl die ses honderd man wat uit die kinders van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan,
18:17b.JDG.018.017 het die vyf man wat gegaan het om die land te verken, opgegaan, daar ingekom, die gesnede beeld en die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem, terwyl die priester by die ingang van die poort bly staan saam met die ses honderd man met wapens omgord.
18:18b.JDG.018.018 Toe daardie manne dan die huis van Miga ingegaan en die gesnede beeld, die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem het, vra die priester vir hulle: Wat maak julle?
18:19b.JDG.018.019 En hulle sê vir hom: Bly stil, sit jou hand op jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons 'n vader en 'n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir 'n stam en 'n geslag in Israel?
18:20b.JDG.018.020 Toe word die priester se hart vrolik, en hy neem die skouerkleed en die huisgode en die gesnede beeld en gaan tussen die manskappe in.
18:21b.JDG.018.021 En hulle het weggedraai en voortgetrek, met die kinders en die vee en die waardevolle goed op hulle voorpunt.
18:22b.JDG.018.022 Nadat hulle 'n hele ent weg was van Miga se huis af, is die manne van die huise wat by Miga se huis staan, bymekaargeroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg
18:23b.JDG.018.023 en na die kinders van Dan geroep. Toe draai dié hulle gesigte om en vra vir Miga: Wat is dit met jou dat julle bymekaargeroep is?
18:24b.JDG.018.024 En hy sê: My gode wat ek gemaak het, het julle weggeneem saam met die priester, en julle trek weg; wat het ek nou oor? En hoe kan julle dan vir my sê: Wat is dit met jou?
18:25b.JDG.018.025 Maar die kinders van Dan sê vir hom: Moenie jou stem by ons laat hoor nie, sodat nie miskien manne met 'n bitter gemoed op julle aanval en jy jou eie lewe en die lewe van jou huis verloor nie.
18:26b.JDG.018.026 Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl Miga, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan.
18:27b.JDG.018.027 Maar hulle het saamgeneem wat Miga gemaak het, en die priester wat hy gehad het; en hulle het Lais, 'n rustige en onbesorgde volk, oorval en dié met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand.
18:28b.JDG.018.028 En daar was geen redder nie, want dit was ver van Sidon af en hulle het met niemand gemeenskap gehad nie: dit het in die dal gelê wat by Bet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon daarin,
18:29b.JDG.018.029 en noem die stad Dan, na die naam van hulle vader Dan wat vir Israel gebore is; maar tevore was die naam van die stad Lais.
18:30b.JDG.018.030 En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jónatan, die seun van Gersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land.
18:31b.JDG.018.031 En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die huis van God in Silo was.
19
19:1b.JDG.019.001 En in dié dae was daar geen koning in Israel nie. En 'n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van Efraim; en hy het vir hom 'n vrou, 'n byvrou, geneem uit Betlehem-Juda.
19:2b.JDG.019.002 Maar sy byvrou het by hom gehoereer en van hom weggegaan na haar vader se huis, na Betlehem-Juda; en sy was daar vier maande lank.
19:3b.JDG.019.003 Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met 'n paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet.
19:4b.JDG.019.004 En sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom teruggehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink en die nag daar oorgebly.
19:5b.JDG.019.005 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met 'n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan.
19:6b.JDG.019.006 En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees.
19:7b.JDG.019.007 Toe die man egter klaarmaak om weg te gaan, het sy skoonvader by hom aangedring, sodat hy weer die nag daar oorgebly het.
19:8b.JDG.019.008 Terwyl hy op die vyfde dag vroeg in die môre klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou: Versterk jou hart tog, en vertoef julle tot agtermiddag. En hulle twee het geëet.
19:9b.JDG.019.009 Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit is al laat, bly die nag hier oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan.
19:10b.JDG.019.010 Maar die man wou nie die nag oorbly nie en het klaargemaak en weggetrek en gekom tot teenoor Jebus--dit is Jerusalem--met 'n paar opgesaalde esels by hom; ook sy byvrou was by hom.
19:11b.JDG.019.011 En toe hulle by Jebus kom en die son al baie gesak het, sê die dienaar aan sy heer: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie stad van die Jebusiete en daarin vernag.
19:12b.JDG.019.012 Maar sy heer sê aan hom: Ons kan nie uitdraai na 'n vreemde stad waar nie van die kinders van Israel is nie, maar ons moet verbytrek tot by Gíbea.
19:13b.JDG.019.013 Verder sê hy aan sy dienaar: Trek, laat ons nader kom by een van die plekke en in Gíbea of Rama vernag.
19:14b.JDG.019.014 So het hulle dan verder verbygetrek; en die son het vir hulle ondergegaan by Gíbea wat aan Benjamin behoort.
19:15b.JDG.019.015 Toe draai hulle daar uit om in Gíbea te gaan vernag. En hy het ingekom en gebly op die plein van die stad, want daar was niemand wat hulle in sy huis opgeneem het om te vernag nie.
19:16b.JDG.019.016 Maar kyk, in die aand kom daar 'n ou man uit die veld van sy werk af, en die man was van die gebergte van Efraim afkomstig en het in Gíbea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek was Benjaminiete.
19:17b.JDG.019.017 En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan?
19:18b.JDG.019.018 En hy sê vir hom: Ons trek deur van Betlehem-Juda tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en het tot by Betlehem-Juda gereis, en ek gaan na die huis van die HERE; maar hier is niemand wat my in sy huis opneem nie,
19:19b.JDG.019.019 alhoewel ons esels strooi sowel as voer het, en daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat by u dienaars is; daar is aan geen ding gebrek nie.
19:20b.JDG.019.020 Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie.
19:21b.JDG.019.021 Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.
19:22b.JDG.019.022 Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad, slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken.
19:23b.JDG.019.023 Daarop gaan die man, die eienaar van die huis, uit na hulle en sê aan hulle: Nee, my broers, moet tog nie kwaad doen nie, aangesien hierdie man in my huis ingekom het; moet nie hierdie skanddaad begaan nie.
19:24b.JDG.019.024 Hier is my dogter wat 'n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so 'n skanddaad nie begaan nie.
19:25b.JDG.019.025 Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom.
19:26b.JDG.019.026 En teen dagbreek het die vrou gekom en neergeval voor die ingang van die man se huis waar haar heer was, totdat dit lig was.
19:27b.JDG.019.027 En toe haar heer die môre opstaan en die huisdeure oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit--kyk, daar lê die vrou, sy byvrou, voor die ingang van die huis met haar hande op die drumpel.
19:28b.JDG.019.028 En hy sê vir haar: Staan op en laat ons trek; maar niemand antwoord nie. Daarop het hy haar op die esel gelaai, en die man het klaargemaak en na sy woonplek getrek.
19:29b.JDG.019.029 Maar toe hy in sy huis kom, het hy 'n mes geneem en sy byvrou gegryp en haar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van Israel rondgestuur.
19:30b.JDG.019.030 En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie; neem dit tog ter harte, gee raad en spreek!
20
20:1b.JDG.020.001 Toe het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die land Gílead, byeengekom by die HERE in Mispa;
20:2b.JDG.020.002 en die hoofde van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God gaan staan--vier honderd duisend man te voet wat die swaard uittrek.
20:3b.JDG.020.003 En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van Israel: Vertel julle hoe hierdie misdaad gepleeg is.
20:4b.JDG.020.004 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê: Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.
20:5b.JDG.020.005 En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.
20:6b.JDG.020.006 Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle 'n gruwel en 'n skanddaad in Israel begaan het.
20:7b.JDG.020.007 Hier is julle, kinders van Israel, nou almal: gee julle hier woord en raad!
20:8b.JDG.020.008 Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;
20:9b.JDG.020.009 maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal aandoen: Op teen hom volgens die lot!
20:10b.JDG.020.010 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tien duisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met Gíbea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.
20:11b.JDG.020.011 Toe versamel al die manne van Israel by die stad, soos een man saamverbonde.
20:12b.JDG.020.012 En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir 'n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?
20:13b.JDG.020.013 Lewer dan nou die slegte manne uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;
20:14b.JDG.020.014 maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na Gíbea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van Israel.
20:15b.JDG.020.015 En die kinders van Benjamin uit die stede is op dié dag getel ses en twintig duisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van Gíbea wat getel is: sewe honderd uitgesoekte manne.
20:16b.JDG.020.016 Uit al hierdie manskappe was daar sewe honderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met 'n klip op 'n haar geslinger sonder om te mis.
20:17b.JDG.020.017 En die manne van Israel, behalwe Benjamin, is getel: vier honderd duisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was krygsmanne.
20:18b.JDG.020.018 En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê die HERE: Juda eerste.
20:19b.JDG.020.019 Daarop het die kinders van Israel die môre klaargemaak en laer opgeslaan teen Gíbea.
20:20b.JDG.020.020 En die manne van Israel het uitgetrek om te veg teen Benjamin, en die manne van Israel het hulleself in slagorde teen hulle opgestel, na Gíbea toe.
20:21b.JDG.020.021 Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea uit, en hulle het op dié dag in Israel twee en twintig duisend man teen die grond vernietig.
20:22b.JDG.020.022 Maar die manskappe, die manne van Israel, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het.
20:23b.JDG.020.023 En die kinders van Israel het opgetrek en geween voor die aangesig van die HERE tot die aand toe en die HERE geraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En die HERE sê: Trek teen hom op!
20:24b.JDG.020.024 En toe die kinders van Israel die tweede dag nader kom na die kinders van Benjamin,
20:25b.JDG.020.025 het Benjamin uit Gíbea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van Israel nog agttien duisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond vernietig.
20:26b.JDG.020.026 Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die HERE en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring.
20:27b.JDG.020.027 En die kinders van Israel het die HERE geraadpleeg--want die verbondsark van God was in dié dae daar,
20:28b.JDG.020.028 en Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien--en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die HERE: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
20:29b.JDG.020.029 En Israel het rondom teen Gíbea hinderlae opgestel.
20:30b.JDG.020.030 En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen Gíbea opgestel soos die vorige kere.
20:31b.JDG.020.031 En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet--hulle is van die stad afgesny--en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na Bet-el, en die ander deur die veld na Gíbea--omtrent dertig man in Israel.
20:32b.JDG.020.032 Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van Israel het gesê: Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.
20:33b.JDG.020.033 En al die manne van Israel het hulle stelling verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van Israel aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Geba.
20:34b.JDG.020.034 En tien duisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teenoor Gíbea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar Benjamin het nie gemerk dat die onheil hulle sou tref nie.
20:35b.JDG.020.035 Toe het die HERE Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op dié dag in Benjamin vyf en twintig duisend een honderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.
20:36b.JDG.020.036 So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van Israel het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Gíbea opgestel het.
20:37b.JDG.020.037 Toe het die hinderlaag vinnig na Gíbea gestorm--en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.
20:38b.JDG.020.038 En die manne van Israel het 'n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle 'n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.
20:39b.JDG.020.039 Daarom het die manne van Israel omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.
20:40b.JDG.020.040 Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, 'n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al in rook na die hemel op!
20:41b.JDG.020.041 Toe die manne van Israel dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die onheil hulle gaan tref;
20:42b.JDG.020.042 en hulle het voor die manne van Israel omgedraai op pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:
20:43b.JDG.020.043 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor Gíbea, aan die oostekant.
20:44b.JDG.020.044 En daar het van Benjamin agttien duisend man geval, en dit almal dapper manne.
20:45b.JDG.020.045 Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyf duisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en twee duisend man van hulle verslaan.
20:46b.JDG.020.046 En al die gesneuweldes van Benjamin op dié dag was vyf en twintig duisend man wat die swaard uittrek, en dit almal dapper manne.
20:47b.JDG.020.047 Maar ses honderd man het omgedraai en gevlug na die woestyn, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.
20:48b.JDG.020.048 Toe gaan die manne van Israel terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek.
21
21:1b.JDG.021.001 Maar die manne van Israel het al in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan 'n Benjaminiet as vrou gee nie.
21:2b.JDG.021.002 En toe die manskappe in Bet-el kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die aangesig van God en hulle stem verhef en geween met 'n groot geween
21:3b.JDG.021.003 en gesê: Waarom, o HERE, God van Israel, het dit in Israel gebeur dat daar vandag een stam uit Israel vermis word?
21:4b.JDG.021.004 Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg klaargemaak en daar 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring.
21:5b.JDG.021.005 En die kinders van Israel het gesê: Wie is daar van al die stamme van Israel wat nie opgegaan het na die vergadering, na die HERE toe nie? Want daar was 'n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na die HERE in Mispa nie--hy moet sekerlik gedood word.
21:6b.JDG.021.006 Toe het die kinders van Israel hulle broer Benjamin jammer gekry en gesê: Daar is vandag een stam uit Israel afgesny.
21:7b.JDG.021.007 Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by die HERE gesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie.
21:8b.JDG.021.008 Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme van Israel nie opgegaan het na die HERE in Mispa nie? En kyk, niemand het uit Jabes in Gílead na die laer, na die vergadering gekom nie.
21:9b.JDG.021.009 En die volk is getel, en daar was niemand van die inwoners van Jabes in Gílead nie.
21:10b.JDG.021.010 Toe stuur die vergadering daarheen twaalf duisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê: Gaan heen en slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en die kinders.
21:11b.JDG.021.011 En dit is die ding wat julle moet doen: Alles wat manlik is, en al die vroue wat die gemeenskap met die man ken, moet julle met die banvloek tref.
21:12b.JDG.021.012 En hulle het onder die inwoners van Jabes in Gílead vier honderd meisies aangetref, jongmeisies wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, en dié het hulle na die laer gebring in Silo wat in die land Kanaän lê.
21:13b.JDG.021.013 Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek met die kinders van Benjamin wat by die rots Rimmon was, en bied hulle die vrede aan.
21:14b.JDG.021.014 Daarop het Benjamin in dié tyd teruggekom; en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Jabes in Gílead in die lewe behou het, aan hulle gegee, maar só was daar vir hulle nie genoeg nie.
21:15b.JDG.021.015 En die volk het Benjamin jammer gekry, omdat die HERE 'n skeuring gemaak het onder die stamme van Israel.
21:16b.JDG.021.016 Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit Benjamin verdelg.
21:17b.JDG.021.017 Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit Israel mag uitgedelg word nie.
21:18b.JDG.021.018 Maar ons self kan hulle geen vroue uit ons dogters gee nie; want die kinders van Israel het gesweer en gesê: Vervloek is hy wat 'n vrou aan Benjamin gee.
21:19b.JDG.021.019 Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar 'n fees van die HERE in Silo wat noord van Bet-el lê, oostelik van die grootpad wat opgaan van Bet-el na Sigem, en suid van Lebóna.
21:20b.JDG.021.020 En hulle het die kinders van Benjamin bevel gegee en gesê: Gaan en lê en loer in die wingerde.
21:21b.JDG.021.021 En let op, en kyk, as die dogters van Silo uittrek om hulle koordanse uit te voer, dan moet julle uit die wingerde uitkom, en julle moet vir julle, elkeen sy vrou, uit die dogters van Silo vang en na die land Benjamin gaan.
21:22b.JDG.021.022 En as hulle vaders of hulle broers kom om by ons 'n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan óns, want ons het nie vir elkeen 'n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self het hulle mos nie aan hulle gegee nie; in dié geval alleen sou julle skuldig gewees het.
21:23b.JDG.021.023 Die kinders van Benjamin het toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse wat hulle geroof het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe, en hulle het die stede opgebou en daarin gewoon.
21:24b.JDG.021.024 En die kinders van Israel het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy geslag, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe.
21:25b.JDG.021.025 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Judges (Afrikaans). Judges (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-854A-F