Leviticus (Afrikaans)

Leviticus (Afrikaans)

1

1:1b.LEV.001.001 En die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê:

1:2b.LEV.001.002 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE 'n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee--van beeste of van kleinvee.

1:3b.LEV.001.003 As sy offer 'n brandoffer is van beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.

1:4b.LEV.001.004 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.

1:5b.LEV.001.005 Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.

1:6b.LEV.001.006 Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.

1:7b.LEV.001.007 En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.

1:8b.LEV.001.008 Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

1:9b.LEV.001.009 Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

1:10b.LEV.001.010 En as sy offer 'n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit 'n ram sonder gebrek wees wat hy bring.

1:11b.LEV.001.011 En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.

1:12b.LEV.001.012 Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

1:13b.LEV.001.013 Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

1:14b.LEV.001.014 En as sy offer aan die HERE 'n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.

1:15b.LEV.001.015 En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.

1:16b.LEV.001.016 Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek.

1:17b.LEV.001.017 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

2

2:1b.LEV.002.001 En as iemand aan die HERE 'n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;

2:2b.LEV.002.002 en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan 'n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

2:3b.LEV.002.003 En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.

2:4b.LEV.002.004 En as jy 'n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.

2:5b.LEV.002.005 En as 'n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.

2:6b.LEV.002.006 Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is 'n spysoffer.

2:7b.LEV.002.007 En as 'n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.

2:8b.LEV.002.008 Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die HERE bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.

2:9b.LEV.002.009 En die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

2:10b.LEV.002.010 En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.

2:11b.LEV.002.011 Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir die HERE 'n vuuroffer aan die brand steek nie.

2:12b.LEV.002.012 As 'n offer van eerstelinge mag julle dit aan die HERE bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.

2:13b.LEV.002.013 En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.

2:14b.LEV.002.014 En as jy aan die HERE 'n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.

2:15b.LEV.002.015 En jy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; 'n spysoffer is dit.

2:16b.LEV.002.016 Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, 'n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as 'n vuuroffer aan die HERE.

3

3:1b.LEV.003.001 En as 'n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring.

3:2b.LEV.003.002 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3:3b.LEV.003.003 Dan moet hy van die dankoffer 'n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

3:4b.LEV.003.004 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.

3:5b.LEV.003.005 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

3:6b.LEV.003.006 En as sy offer 'n stuk kleinvee is, as 'n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.

3:7b.LEV.003.007 As hy 'n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring

3:8b.LEV.003.008 en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3:9b.LEV.003.009 Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

3:10b.LEV.003.010 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.

3:11b.LEV.003.011 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die HERE.

3:12b.LEV.003.012 En as sy offer 'n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring

3:13b.LEV.003.013 en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3:14b.LEV.003.014 Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

3:15b.LEV.003.015 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.

3:16b.LEV.003.016 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir 'n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE.

3:17b.LEV.003.017 'n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.

4

4:1b.LEV.004.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

4:2b.LEV.004.002 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen

4:3b.LEV.004.003 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring;

4:4b.LEV.004.004 en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE.

4:5b.LEV.004.005 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,

4:6b.LEV.004.006 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom.

4:7b.LEV.004.007 Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

4:8b.LEV.004.008 en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

4:9b.LEV.004.009 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem

4:10b.LEV.004.010 soos dit van die dankofferbul afgelig word en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.

4:11b.LEV.004.011 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis

4:12b.LEV.004.012 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op 'n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.

4:13b.LEV.004.013 En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word;

4:14b.LEV.004.014 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering 'n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring,

4:15b.LEV.004.015 en die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word.

4:16b.LEV.004.016 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,

4:17b.LEV.004.017 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel sprinkel.

4:18b.LEV.004.018 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

4:19b.LEV.004.019 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek

4:20b.LEV.004.020 en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.

4:21b.LEV.004.021 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is 'n sondoffer van die vergadering.

4:22b.LEV.004.022 As 'n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word;

4:23b.LEV.004.023 of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring 'n bok sonder gebrek, 'n ram;

4:24b.LEV.004.024 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is 'n sondoffer.

4:25b.LEV.004.025 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.

4:26b.LEV.004.026 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.

4:27b.LEV.004.027 En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word;

4:28b.LEV.004.028 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring 'n bok sonder gebrek, 'n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;

4:29b.LEV.004.029 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer.

4:30b.LEV.004.030 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

4:31b.LEV.004.031 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.

4:32b.LEV.004.032 Maar ingeval hy 'n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit 'n ooi wees sonder gebrek wat hy bring;

4:33b.LEV.004.033 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.

4:34b.LEV.004.034 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

4:35b.LEV.004.035 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

5

5:1b.LEV.005.001 En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra;

5:2b.LEV.005.002 of as iemand enigiets aanraak wat onrein is die aas van 'n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;

5:3b.LEV.005.003 of as hy iets onreins van 'n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;

5:4b.LEV.005.004 of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat 'n mens met 'n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;

5:5b.LEV.005.005 as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het,

5:6b.LEV.005.006 en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE 'n ooi bring van die kleinvee, 'n skaaplam of 'n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.

5:7b.LEV.005.007 Maar as hy nie 'n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer;

5:8b.LEV.005.008 en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek.

5:9b.LEV.005.009 Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is 'n sondoffer.

5:10b.LEV.005.010 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

5:11b.LEV.005.011 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van 'n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is 'n sondoffer.

5:12b.LEV.005.012 En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar 'n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek; dit is 'n sondoffer.

5:13b.LEV.005.013 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.

5:14b.LEV.005.014 Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê:

5:15b.LEV.005.015 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring 'n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as 'n skuldoffer.

5:16b.LEV.005.016 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.

5:17b.LEV.005.017 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,

5:18b.LEV.005.018 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.

5:19b.LEV.005.019 Dit is 'n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor die HERE.

6

6:1b.LEV.006.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:2b.LEV.006.002 As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,

6:3b.LEV.006.003 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat 'n mens kan doen om hom daarmee te besondig

6:4b.LEV.006.004 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;

6:5b.LEV.006.005 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.

6:6b.LEV.006.006 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die HERE 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.

6:7b.LEV.006.007 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word enigiets wat 'n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.

6:8b.LEV.006.008 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:9b.LEV.006.009 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.

6:10b.LEV.006.010 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.

6:11b.LEV.006.011 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op 'n rein plek uitbring.

6:12b.LEV.006.012 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.

6:13b.LEV.006.013 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.

6:14b.LEV.006.014 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die HERE voor die altaar bring,

6:15b.LEV.006.015 en een moet daarvan 'n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.

6:16b.LEV.006.016 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op 'n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.

6:17b.LEV.006.017 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.

6:18b.LEV.006.018 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig.

6:19b.LEV.006.019 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:20b.LEV.006.020 Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die HERE moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van 'n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.

6:21b.LEV.006.021 Dit moet op 'n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE.

6:22b.LEV.006.022 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as 'n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE aan die brand gesteek word.

6:23b.LEV.006.023 So moet dan elke spysoffer van 'n priester 'n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.

6:24b.LEV.006.024 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:25b.LEV.006.025 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig.

6:26b.LEV.006.026 Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op 'n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.

6:27b.LEV.006.027 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op 'n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op 'n heilige plek was.

6:28b.LEV.006.028 En 'n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in 'n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.

6:29b.LEV.006.029 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.

6:30b.LEV.006.030 Maar elke sondoffer waarvan 'n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.

7

7:1b.LEV.007.001 En dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.

7:2b.LEV.007.002 Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

7:3b.LEV.007.003 En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,

7:4b.LEV.007.004 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.

7:5b.LEV.007.005 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die HERE; dit is 'n skuldoffer.

7:6b.LEV.007.006 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op 'n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.

7:7b.LEV.007.007 Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.

7:8b.LEV.007.008 En die priester wat die brandoffer van iemand bring die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.

7:9b.LEV.007.009 En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.

7:10b.LEV.007.010 En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander.

7:11b.LEV.007.011 En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring:

7:12b.LEV.007.012 Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;

7:13b.LEV.007.013 saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.

7:14b.LEV.007.014 En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.

7:15b.LEV.007.015 Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.

7:16b.LEV.007.016 En as die offer wat hy bring, 'n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.

7:17b.LEV.007.017 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.

7:18b.LEV.007.018 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; 'n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.

7:19b.LEV.007.019 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.

7:20b.LEV.007.020 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

7:21b.LEV.007.021 En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van 'n mens of aan 'n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

7:22b.LEV.007.022 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

7:23b.LEV.007.023 Spreek met die kinders van Israel en sê: Géén vet van 'n bees of skaap of bok mag julle eet nie.

7:24b.LEV.007.024 Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.

7:25b.LEV.007.025 Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE 'n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

7:26b.LEV.007.026 Ook mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.

7:27b.LEV.007.027 Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

7:28b.LEV.007.028 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

7:29b.LEV.007.029 Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die HERE sy dankoffer bring, moet self aan die HERE die gawe uit sy dankoffer bring;

7:30b.LEV.007.030 sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.

7:31b.LEV.007.031 En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.

7:32b.LEV.007.032 Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.

7:33b.LEV.007.033 Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterboud as deel toe.

7:34b.LEV.007.034 Want die beweegbors en die hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as 'n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.

7:35b.LEV.007.035 Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien

7:36b.LEV.007.036 wat die HERE beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is 'n ewige insetting vir hulle geslagte.

7:37b.LEV.007.037 Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer

7:38b.LEV.007.038 wat die HERE Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring.

8

8:1b.LEV.008.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

8:2b.LEV.008.002 Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,

8:3b.LEV.008.003 en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.

8:4b.LEV.008.004 En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.

8:5b.LEV.008.005 Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat die HERE beveel het om te doen.

8:6b.LEV.008.006 En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.

8:7b.LEV.008.007 Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.

8:8b.LEV.008.008 Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit.

8:9b.LEV.008.009 En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die HERE Moses beveel het.

8:10b.LEV.008.010 Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig.

8:11b.LEV.008.011 En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.

8:12b.LEV.008.012 Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.

8:13b.LEV.008.013 Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met 'n gordel en hulle die musse omgebind soos die HERE Moses beveel het.

8:14b.LEV.008.014 Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.

8:15b.LEV.008.015 En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen.

8:16b.LEV.008.016 Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.

8:17b.LEV.008.017 Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos die HERE Moses beveel het.

8:18b.LEV.008.018 Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.

8:19b.LEV.008.019 En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.

8:20b.LEV.008.020 Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;

8:21b.LEV.008.021 maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was 'n brandoffer as lieflike geur, 'n vuuroffer was dit aan die HERE, soos die HERE Moses beveel het.

8:22b.LEV.008.022 Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.

8:23b.LEV.008.023 En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.

8:24b.LEV.008.024 Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.

8:25b.LEV.008.025 En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.

8:26b.LEV.008.026 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit

8:27b.LEV.008.027 en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

8:28b.LEV.008.028 Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; 'n wydingsoffer was dit as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.

8:29b.LEV.008.029 Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die HERE Moses beveel het.

8:30b.LEV.008.030 Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.

8:31b.LEV.008.031 Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet.

8:32b.LEV.008.032 Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.

8:33b.LEV.008.033 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.

8:34b.LEV.008.034 Soos vandag gedoen is, het die HERE beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.

8:35b.LEV.008.035 Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die HERE hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.

8:36b.LEV.008.036 En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE deur die diens van Moses beveel het.

9

9:1b.LEV.009.001 En op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die oudstes van Israel geroep

9:2b.LEV.009.002 en aan Aäron gesê: Neem vir jou 'n bulkalf as sondoffer en 'n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van die HERE.

9:3b.LEV.009.003 En spreek met die kinders van Israel en sê: Neem 'n bokram as sondoffer en 'n kalf en 'n lam, altwee een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,

9:4b.LEV.009.004 ook 'n bul en 'n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag verskyn die HERE aan julle.

9:5b.LEV.009.005 Toe het hulle voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die HERE.

9:6b.LEV.009.006 En Moses het gesê: Dit is die saak wat die HERE julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van die HERE aan julle kan verskyn.

9:7b.LEV.009.007 En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die HERE beveel het.

9:8b.LEV.009.008 Toe het Aäron na die altaar nader gekom en die sondofferkalf geslag wat vir hom bedoel was.

9:9b.LEV.009.009 En die seuns van Aäron het die bloed na hom gebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet.

9:10b.LEV.009.010 Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek soos die HERE Moses beveel het.

9:11b.LEV.009.011 En die vleis en die vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.

9:12b.LEV.009.012 Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.

9:13b.LEV.009.013 Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.

9:14b.LEV.009.014 En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.

9:15b.LEV.009.015 Daarna het hy die offer van die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat vir die volk bedoel was, en dit geslag en dit as sondoffer gebring soos tevore.

9:16b.LEV.009.016 Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei volgens voorskrif.

9:17b.LEV.009.017 En hy het die spysoffer gebring en 'n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die môrebrandoffer.

9:18b.LEV.009.018 Toe het hy die bul en die ram geslag wat vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het

9:19b.LEV.009.019 en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en die netvet en die niere en die lap aan die lewer;

9:20b.LEV.009.020 en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.

9:21b.LEV.009.021 Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg soos Moses beveel het.

9:22b.LEV.009.022 Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.

9:23b.LEV.009.023 Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn

9:24b.LEV.009.024 vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.

10

10:1b.LEV.010.001 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.

10:2b.LEV.010.002 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.

10:3b.LEV.010.003 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.

10:4b.LEV.010.004 En Moses het Mísael en Élsafan, die seuns van Ussíël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.

10:5b.LEV.010.005 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.

10:6b.LEV.010.006 Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Eleásar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.

10:7b.LEV.010.007 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.

10:8b.LEV.010.008 En die HERE het met Aäron gespreek en gesê:

10:9b.LEV.010.009 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; 'n ewige insetting is dit vir julle geslagte;

10:10b.LEV.010.010 en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;

10:11b.LEV.010.011 en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.

10:12b.LEV.010.012 En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns Eleásar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as ongesuurde koeke langs die altaar; want dit is hoogheilig.

10:13b.LEV.010.013 Daarom moet julle dit op 'n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van die HERE; want so is aan my bevel gegee.

10:14b.LEV.010.014 Ook die beweegbors en die hefboud moet julle op 'n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.

10:15b.LEV.010.015 Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou 'n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.

10:16b.LEV.010.016 En Moses het rondgesoek na die sondofferbok, maar dit was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir Eleásar en Itamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê:

10:17b.LEV.010.017 Waarom het julle die sondoffer nie op 'n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.

10:18b.LEV.010.018 Kyk, die bloed daarvan is nie binne in die heiligdom gebring nie. Julle moes dit sekerlik in die heiligdom geëet het soos ek beveel het.

10:19b.LEV.010.019 Toe sê Aäron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van die HERE?

10:20b.LEV.010.020 Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy oë.

11

11:1b.LEV.011.001 En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:

11:2b.LEV.011.002 Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.

11:3b.LEV.011.003 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou dit mag julle eet.

11:4b.LEV.011.004 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;

11:5b.LEV.011.005 en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;

11:6b.LEV.011.006 en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;

11:7b.LEV.011.007 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle.

11:8b.LEV.011.008 Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie onrein is hulle vir julle.

11:9b.LEV.011.009 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet.

11:10b.LEV.011.010 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is 'n gruwel is dit vir julle.

11:11b.LEV.011.011 Ja, 'n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir 'n gruwel hou.

11:12b.LEV.011.012 Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie 'n gruwel is dit vir julle.

11:13b.LEV.011.013 En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël;

11:14b.LEV.011.014 en die kuikendief en die valk volgens sy soorte;

11:15b.LEV.011.015 elke kraai volgens sy soorte;

11:16b.LEV.011.016 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte;

11:17b.LEV.011.017 en die steenuil en die visvanger en die steunuil;

11:18b.LEV.011.018 en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël;

11:19b.LEV.011.019 en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep hoep en die vlermuis.

11:20b.LEV.011.020 Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop 'n gruwel is hulle vir julle.

11:21b.LEV.011.021 Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.

11:22b.LEV.011.022 Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.

11:23b.LEV.011.023 Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het 'n gruwel is hulle vir julle.

11:24b.LEV.011.024 En deur hierdie diere word julle verontreinig elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;

11:25b.LEV.011.025 en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees

11:26b.LEV.011.026 aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.

11:27b.LEV.011.027 En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.

11:28b.LEV.011.028 Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.

11:29b.LEV.011.029 En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens sy soorte,

11:30b.LEV.011.030 en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.

11:31b.LEV.011.031 Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.

11:32b.LEV.011.032 En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.

11:33b.LEV.011.033 En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek;

11:34b.LEV.011.034 enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.

11:35b.LEV.011.035 En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; 'n bakoond of 'n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.

11:36b.LEV.011.036 Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.

11:37b.LEV.011.037 En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word dit sal rein wees.

11:38b.LEV.011.038 Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.

11:39b.LEV.011.039 En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;

11:40b.LEV.011.040 en hy wat van dié aas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat dié aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.

11:41b.LEV.011.041 En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is 'n gruwel dit mag nie geëet word nie.

11:42b.LEV.011.042 Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel.

11:43b.LEV.011.043 Moenie julle self 'n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.

11:44b.LEV.011.044 Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.

11:45b.LEV.011.045 Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.

11:46b.LEV.011.046 Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,

11:47b.LEV.011.047 om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.

12

12:1b.LEV.012.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

12:2b.LEV.012.002 Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n vrou swanger word en 'n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.

12:3b.LEV.012.003 En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.

12:4b.LEV.012.004 Dan moet sy drie en dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.

12:5b.LEV.012.005 Maar as sy 'n dogter baar, sal sy twee weke onrein wees soos by haar maandelikse onreinheid. Dan moet sy ses en sestig dae in die reinigingsbloed bly.

12:6b.LEV.012.006 En as die dae van haar reiniging in die geval van 'n seun of 'n dogter verby is, moet sy 'n jaaroud lam as brandoffer en 'n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe;

12:7b.LEV.012.007 dié moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van 'n seun of 'n dogter.

12:8b.LEV.012.008 Maar as sy 'n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.

13

13:1b.LEV.013.001 Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:

13:2b.LEV.013.002 As 'n mens in die vel van sy vlees 'n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees 'n plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;

13:3b.LEV.013.003 en die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die plek wit geword, en lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom onrein verklaar.

13:4b.LEV.013.004 Maar as dit 'n wit vlek in die vel van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie, en die hare daarvan nie wit geword het nie, moet die priester die aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.

13:5b.LEV.013.005 As die priester hom op die sewende dag bekyk en sien dat die aangetaste plek, volgens hy kan sien, dieselfde gebly het, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog 'n keer sewe dae lank opsluit.

13:6b.LEV.013.006 Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog 'n keer en sien hy dat die aangetaste plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit is 'n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy rein.

13:7b.LEV.013.007 Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog 'n keer aan die priester vertoon.

13:8b.LEV.013.008 En sien die priester dat die uitslag in die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.

13:9b.LEV.013.009 As die plaag van melaatsheid aan 'n mens is, moet hy na die priester gebring word.

13:10b.LEV.013.010 En as die priester sien dat daar 'n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het, terwyl daar wilde vlees in die swelsel groei,

13:11b.LEV.013.011 dan is dit 'n verouderde melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie opsluit nie, want hy is onrein.

13:12b.LEV.013.012 Maar as die melaatsheid so geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien;

13:13b.LEV.013.013 en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein.

13:14b.LEV.013.014 Maar so gou as wilde vlees aan hom gesien word, sal hy onrein wees;

13:15b.LEV.013.015 en as die priester die wilde vlees sien, moet hy hom onrein verklaar. Die wilde vlees is onrein, dit is melaatsheid.

13:16b.LEV.013.016 Maar as die wilde vlees weer weggaan en hy wit word, moet hy na die priester kom.

13:17b.LEV.013.017 As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon rein verklaar; hy is rein.

13:18b.LEV.013.018 Maar as daar in die vlees aan hom, naamlik in die vel, 'n sweer is en gesond word,

13:19b.LEV.013.019 maar in die plek van die sweer 'n wit swelsel of 'n rooierige wit vlek kom, moet hy hom aan die priester vertoon.

13:20b.LEV.013.020 As die priester sien dat dit dieper lyk as die vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek.

13:21b.LEV.013.021 Maar as die priester dit bekyk, en daar geen wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.

13:22b.LEV.013.022 En as dit werklik in die vel versprei, moet die priester hom onrein verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid.

13:23b.LEV.013.023 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.

13:24b.LEV.013.024 Of as in die vlees, in sy vel 'n brandplek van vuur is en die nuwe vlees van die brandplek 'n rooierige wit of wit vlek is;

13:25b.LEV.013.025 en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.

13:26b.LEV.013.026 Maar as die priester dit bekyk en sien dat op die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.

13:27b.LEV.013.027 Dan moet die priester op die sewende dag hom bekyk. As dit werklik in die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.

13:28b.LEV.013.028 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.

13:29b.LEV.013.029 Verder, as daar by 'n man of vrou 'n aangetaste plek aan die hoof of in die baard is,

13:30b.LEV.013.030 en die priester die plek bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard.

13:31b.LEV.013.031 Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.

13:32b.LEV.013.032 Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste plek en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie,

13:33b.LEV.013.033 dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog 'n keer sewe dae lank opsluit.

13:34b.LEV.013.034 Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.

13:35b.LEV.013.035 Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy rein verklaar is,

13:36b.LEV.013.036 en die priester dit bekyk en sien dat die skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester nie na die geel hare te soek nie; hy is onrein.

13:37b.LEV.013.037 Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.

13:38b.LEV.013.038 Verder, as 'n man of vrou in die vel van hulle vlees ligte vlekke, wit vlekke het,

13:39b.LEV.013.039 en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein.

13:40b.LEV.013.040 En as 'n man se hoof kaal word, is hy 'n kaalkop; hy is rein.

13:41b.LEV.013.041 En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het hy 'n bles; hy is rein.

13:42b.LEV.013.042 Maar as daar in die kaalte of in die bles 'n rooierige wit plek is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in die bles.

13:43b.LEV.013.043 As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste plek in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees,

13:44b.LEV.013.044 dan is hy 'n melaatse, hy is onrein; die priester moet hom sekerlik onrein verklaar; op sy hoof het hy die plaag.

13:45b.LEV.013.045 Verder moet in die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard bedek en roep: Onrein, onrein!

13:46b.LEV.013.046 Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees.

13:47b.LEV.013.047 Verder, as daar in 'n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in 'n kledingstuk van wol of linne;

13:48b.LEV.013.048 of in die skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in 'n vel of enige leerwerk;

13:49b.LEV.013.049 en die aangetaste plek in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp liggroen of rooierig is, dan is dit 'n plaag van melaatsheid, en hulle moet die priester dit laat sien.

13:50b.LEV.013.050 Die priester moet dan die aangetaste plek bekyk en die aangetaste voorwerp sewe dae lank opsluit.

13:51b.LEV.013.051 Dan moet hy op die sewende dag die plek bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag 'n kwaadaardige melaatsheid; so iets is onrein.

13:52b.LEV.013.052 Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die aangetaste plek is, verbrand; want dit is 'n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word.

13:53b.LEV.013.053 Maar as die priester sien dat die plek in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp nie versprei het nie,

13:54b.LEV.013.054 dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waar die plek aan is; en hy moet dit nog 'n keer sewe dae lank opsluit.

13:55b.LEV.013.055 As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die plek nog net so lyk, hoewel die plek nie versprei het nie, dan is dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is 'n invreting aan die agter of aan die voorkant.

13:56b.LEV.013.056 Maar as die priester sien dat die plek, nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur.

13:57b.LEV.013.057 Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit 'n melaatsheid wat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand.

13:58b.LEV.013.058 Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog 'n keer gewas word, en dit sal rein wees.

13:59b.LEV.013.059 Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in 'n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.

14

14:1b.LEV.014.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

14:2b.LEV.014.002 Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word,

14:3b.LEV.014.003 en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,

14:4b.LEV.014.004 moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.

14:5b.LEV.014.005 Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in 'n erdepot oor vars water slag.

14:6b.LEV.014.006 Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.

14:7b.LEV.014.007 En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg.

14:8b.LEV.014.008 Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en 'n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.

14:9b.LEV.014.009 En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.

14:10b.LEV.014.010 En op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud ooilam sonder gebrek en drie tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een log olie.

14:11b.LEV.014.011 En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en dié gawes voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms stel.

14:12b.LEV.014.012 En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

14:13b.LEV.014.013 Dan moet hy die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die heilige plek; want die skuldoffer net soos die sondoffer behoort aan die priester; hoogheilig is dit.

14:14b.LEV.014.014 En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.

14:15b.LEV.014.015 Die priester moet ook van die log olie neem en dit giet in die priester se linkerhand.

14:16b.LEV.014.016 Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.

14:17b.LEV.014.017 En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die bloed van die skuldoffer.

14:18b.LEV.014.018 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE.

14:19b.LEV.014.019 Die priester moet ook die sondoffer berei en vir hom wat gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die brandoffer slag.

14:20b.LEV.014.020 En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.

14:21b.LEV.014.021 Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van 'n efa fynmeel met olie gemeng as spysoffer, en 'n log olie;

14:22b.LEV.014.022 ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe wat hy kan bekostig; en die een sal wees 'n sondoffer en die ander 'n brandoffer.

14:23b.LEV.014.023 Hy moet hulle dan op die agtste dag ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.

14:24b.LEV.014.024 En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

14:25b.LEV.014.025 Dan moet hy die skuldofferlam slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.

14:26b.LEV.014.026 Ook moet die priester van die olie in die priester se linkerhand giet.

14:27b.LEV.014.027 Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.

14:28b.LEV.014.028 En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.

14:29b.LEV.014.029 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van die HERE.

14:30b.LEV.014.030 Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig

14:31b.LEV.014.031 die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom wat gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die HERE.

14:32b.LEV.014.032 Dit is die wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was, wat by sy reiniging nie vermoënd is nie.

14:33b.LEV.014.033 Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:

14:34b.LEV.014.034 As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in 'n huis van die land van julle besitting laat kom,

14:35b.LEV.014.035 moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne gee en sê: Dit lyk my of daar 'n plaag in die huis is.

14:36b.LEV.014.036 En die priester moet bevel gee dat hulle die huis ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk.

14:37b.LEV.014.037 As hy die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk as die muur,

14:38b.LEV.014.038 dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.

14:39b.LEV.014.039 Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan dat die plaag hom uitgebrei het aan die mure van die huis,

14:40b.LEV.014.040 dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op 'n onrein plek gooi.

14:41b.LEV.014.041 En die huis moet hulle binnekant rondom afkrap en die klei wat hulle afgekrap het, buitekant die stad op 'n onrein plek weggooi.

14:42b.LEV.014.042 Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister.

14:43b.LEV.014.043 Maar as die plaag weer in die huis uitbreek nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en dit gepleister is,

14:44b.LEV.014.044 moet die priester kom; en as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit 'n kwaadaardige melaatsheid in die huis; dit is onrein.

14:45b.LEV.014.045 Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op 'n onrein plek uitbring.

14:46b.LEV.014.046 En hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle dit toegesluit hou, sal tot die aand toe onrein wees.

14:47b.LEV.014.047 En hy wat in die huis slaap, moet sy klere was; en hy wat in die huis eet, moet sy klere was.

14:48b.LEV.014.048 Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.

14:49b.LEV.014.049 Dan moet hy om die huis te ontsondig twee voëls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop,

14:50b.LEV.014.050 en die een voël in 'n erdepot oor vars water slag.

14:51b.LEV.014.051 Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.

14:52b.LEV.014.052 So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.

14:53b.LEV.014.053 Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.

14:54b.LEV.014.054 Dit is die wet oor elke plaag van melaatsheid en oor skurfte

14:55b.LEV.014.055 en oor melaatsheid van klere en huise

14:56b.LEV.014.056 en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke,

14:57b.LEV.014.057 om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.

15

15:1b.LEV.015.001 Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:

15:2b.LEV.015.002 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As enige man 'n vloeiing uit sy vlees het, dan is dié vog onrein.

15:3b.LEV.015.003 En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog dit is 'n onreinheid in hom.

15:4b.LEV.015.004 Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.

15:5b.LEV.015.005 En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

15:6b.LEV.015.006 en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

15:7b.LEV.015.007 en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

15:8b.LEV.015.008 En as hy wat die vloeiing het, op 'n reine spuug, moet dié een sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

15:9b.LEV.015.009 En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.

15:10b.LEV.015.010 En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

15:11b.LEV.015.011 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

15:12b.LEV.015.012 Ook die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.

15:13b.LEV.015.013 En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.

15:14b.LEV.015.014 En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;

15:15b.LEV.015.015 en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE.

15:16b.LEV.015.016 En as daar van 'n man 'n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

15:17b.LEV.015.017 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.

15:18b.LEV.015.018 En wat die vrou aangaan met wie 'n man vleeslike gemeenskap het altwee moet 'n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.

15:19b.LEV.015.019 En as 'n vrou 'n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.

15:20b.LEV.015.020 En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.

15:21b.LEV.015.021 En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

15:22b.LEV.015.022 En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

15:23b.LEV.015.023 en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

15:24b.LEV.015.024 En as 'n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.

15:25b.LEV.015.025 En as 'n vrou lank 'n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.

15:26b.LEV.015.026 Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.

15:27b.LEV.015.027 En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein.

15:28b.LEV.015.028 Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.

15:29b.LEV.015.029 En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.

15:30b.LEV.015.030 Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.

15:31b.LEV.015.031 So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.

15:32b.LEV.015.032 Dit is die wet vir hom wat 'n vloeiing het en vir hom van wie 'n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;

15:33b.LEV.015.033 en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan 'n vloeiing ly, man of vrou, en vir 'n man wat met 'n onrein vrou gemeenskap het.

16

16:1b.LEV.016.001 En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;

16:2b.LEV.016.002 en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.

16:3b.LEV.016.003 Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met 'n jong bul as sondoffer en 'n ram as brandoffer.

16:4b.LEV.016.004 Hy moet 'n heilige linnerok aantrek en 'n linnebroek moet oor sy vlees wees en met 'n linnegordel moet hy hom gord en 'n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.

16:5b.LEV.016.005 En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.

16:6b.LEV.016.006 Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.

16:7b.LEV.016.007 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.

16:8b.LEV.016.008 En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel.

16:9b.LEV.016.009 Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;

16:10b.LEV.016.010 maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.

16:11b.LEV.016.011 Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,

16:12b.LEV.016.012 en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.

16:13b.LEV.016.013 En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.

16:14b.LEV.016.014 En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.

16:15b.LEV.016.015 Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.

16:16b.LEV.016.016 So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.

16:17b.LEV.016.017 En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.

16:18b.LEV.016.018 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk

16:19b.LEV.016.019 en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.

16:20b.LEV.016.020 En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;

16:21b.LEV.016.021 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur 'n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.

16:22b.LEV.016.022 So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na 'n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.

16:23b.LEV.016.023 Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.

16:24b.LEV.016.024 En hy moet sy liggaam op 'n heilige plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.

16:25b.LEV.016.025 Ook moet hy die vet van die sondoffer op die altaar aan die brand steek.

16:26b.LEV.016.026 En hy wat die bok vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.

16:27b.LEV.016.027 Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.

16:28b.LEV.016.028 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.

16:29b.LEV.016.029 En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.

16:30b.LEV.016.030 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.

16:31b.LEV.016.031 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is 'n ewige insetting.

16:32b.LEV.016.032 En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die heilige klere, aantrek

16:33b.LEV.016.033 en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.

16:34b.LEV.016.034 En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

17

17:1b.LEV.017.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

17:2b.LEV.017.002 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Dit is die saak wat die HERE beveel het:

17:3b.LEV.017.003 Elkeen uit die huis van Israel wat 'n bees of 'n lam of 'n bok in die laer slag of dit buitekant die laer slag,

17:4b.LEV.017.004 en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE 'n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit;

17:5b.LEV.017.005 sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om op die oop veld te offer, aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag.

17:6b.LEV.017.006 Dan moet die priester die bloed teen die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms uitgooi en die vet aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.

17:7b.LEV.017.007 En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die veldduiwels agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees vir hulle geslagte.

17:8b.LEV.017.008 En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat 'n brandoffer of 'n slagoffer bring,

17:9b.LEV.017.009 en dit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om dit vir die HERE te berei nie dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

17:10b.LEV.017.010 En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.

17:11b.LEV.017.011 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

17:12b.LEV.017.012 Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.

17:13b.LEV.017.013 En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat 'n stuk wild of 'n voël vang wat geëet mag word hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;

17:14b.LEV.017.014 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.

17:15b.LEV.017.015 En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, 'n kind van die land sowel as 'n vreemdeling, moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.

17:16b.LEV.017.016 Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy sy ongeregtigheid dra.

18

18:1b.LEV.018.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

18:2b.LEV.018.002 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God.

18:3b.LEV.018.003 Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.

18:4b.LEV.018.004 My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.

18:5b.LEV.018.005 Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.

18:6b.LEV.018.006 Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE.

18:7b.LEV.018.007 Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

18:8b.LEV.018.008 Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.

18:9b.LEV.018.009 Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

18:10b.LEV.018.010 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.

18:11b.LEV.018.011 Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

18:12b.LEV.018.012 Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.

18:13b.LEV.018.013 Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.

18:14b.LEV.018.014 Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.

18:15b.LEV.018.015 Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

18:16b.LEV.018.016 Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.

18:17b.LEV.018.017 Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.

18:18b.LEV.018.018 Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloot nie.

18:19b.LEV.018.019 Ook mag jy nie naby 'n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.

18:20b.LEV.018.020 En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.

18:21b.LEV.018.021 En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.

18:22b.LEV.018.022 Met 'n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos 'n mens met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel.

18:23b.LEV.018.023 En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. 'n Vrou mag ook nie voor 'n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging.

18:24b.LEV.018.024 Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.

18:25b.LEV.018.025 So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.

18:26b.LEV.018.026 Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.

18:27b.LEV.018.027 Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.

18:28b.LEV.018.028 Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.

18:29b.LEV.018.029 Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.

18:30b.LEV.018.030 Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.

19

19:1b.LEV.019.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

19:2b.LEV.019.002 Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig.

19:3b.LEV.019.003 Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.

19:4b.LEV.019.004 Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.

19:5b.LEV.019.005 En as julle 'n dankoffer aan die HERE slag, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

19:6b.LEV.019.006 Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.

19:7b.LEV.019.007 En as dit tog op die derde dag geëet word, sal dit 'n onrein ding wees; dit sal nie met welgevalle aangeneem word nie.

19:8b.LEV.019.008 En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet dié siel uit sy volksgenote uitgeroei word.

19:9b.LEV.019.009 En as julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.

19:10b.LEV.019.010 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.

19:11b.LEV.019.011 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.

19:12b.LEV.019.012 En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.

19:13b.LEV.019.013 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.

19:14b.LEV.019.014 Jy mag 'n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

19:15b.LEV.019.015 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.

19:16b.LEV.019.016 Jy mag nie as 'n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE.

19:17b.LEV.019.017 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.

19:18b.LEV.019.018 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.

19:19b.LEV.019.019 Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En 'n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.

19:20b.LEV.019.020 En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie.

19:21b.LEV.019.021 En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms 'n ram as skuldoffer;

19:22b.LEV.019.022 en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.

19:23b.LEV.019.023 En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees; daar mag nie van geëet word nie.

19:24b.LEV.019.024 Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte 'n heilige feesgawe aan die HERE wees;

19:25b.LEV.019.025 en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet dit alles om hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is die HERE julle God.

19:26b.LEV.019.026 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.

19:27b.LEV.019.027 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.

19:28b.LEV.019.028 Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.

19:29b.LEV.019.029 Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.

19:30b.LEV.019.030 Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.

19:31b.LEV.019.031 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.

19:32b.LEV.019.032 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van 'n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

19:33b.LEV.019.033 En as 'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie.

19:34b.LEV.019.034 Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.

19:35b.LEV.019.035 Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie.

19:36b.LEV.019.036 Julle moet 'n regte weegskaal hê, regte weegstene, 'n regte efa en 'n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.

19:37b.LEV.019.037 Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is die HERE.

20

20:1b.LEV.020.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

20:2b.LEV.020.002 Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig.

20:3b.LEV.020.003 En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig.

20:4b.LEV.020.004 En as die volk van die land hulle oë maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy kinders aan Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie,

20:5b.LEV.020.005 dan sal Ek my aangesig rig teen dié man en sy geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit.

20:6b.LEV.020.006 En as 'n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.

20:7b.LEV.020.007 Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die HERE julle God.

20:8b.LEV.020.008 En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle heilig.

20:9b.LEV.020.009 Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op hom.

20:10b.LEV.020.010 En as iemand owerspel doen met 'n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.

20:11b.LEV.020.011 En as 'n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

20:12b.LEV.020.012 En as 'n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het 'n gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle.

20:13b.LEV.020.013 En as 'n man met 'n manspersoon gemeenskap het soos 'n mens met 'n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

20:14b.LEV.020.014 En as 'n man 'n vrou en haar moeder neem, is dit 'n skandelike daad; hulle moet hom en dié twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.

20:15b.LEV.020.015 En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n dier, moet hy sekerlik gedood word, en die dier moet julle doodslaan.

20:16b.LEV.020.016 En as 'n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

20:17b.LEV.020.017 En as 'n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, is dit 'n skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet sy ongeregtigheid dra.

20:18b.LEV.020.018 En as 'n man met 'n vrou gemeenskap het wat onwel is, en haar skaamte ontbloot hy het haar fontein ontbloot en sy die fontein van haar bloed dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit.

20:19b.LEV.020.019 Ook mag jy die skaamte van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy bloedverwante ontbloot; hulle moet hul ongeregtigheid dra.

20:20b.LEV.020.020 En as 'n man met sy tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; sonder kinders sal hulle sterwe.

20:21b.LEV.020.021 En as 'n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees.

20:22b.LEV.020.022 Onderhou dan al my insettinge en al my verordeninge en doen dit, dat die land waarheen Ek julle bring om daarin te woon, julle nie uitspuug nie.

20:23b.LEV.020.023 En julle mag nie wandel in die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek 'n afsku van hulle gekry.

20:24b.LEV.020.024 En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke afgesonder het.

20:25b.LEV.020.025 Daarom moet julle 'n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie 'n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.

20:26b.LEV.020.026 En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.

20:27b.LEV.020.027 En as daar in 'n man of vrou 'n gees van 'n afgestorwene is of 'n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle.

21

21:1b.LEV.021.001 Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;

21:2b.LEV.021.002 behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;

21:3b.LEV.021.003 en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan 'n man toebehoort het nie aan haar mag hy hom verontreinig.

21:4b.LEV.021.004 Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.

21:5b.LEV.021.005 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.

21:6b.LEV.021.006 Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.

21:7b.LEV.021.007 Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer of 'n onteerde is nie; en 'n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.

21:8b.LEV.021.008 Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.

21:9b.LEV.021.009 En as die dogter van 'n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.

21:10b.LEV.021.010 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.

21:11b.LEV.021.011 En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;

21:12b.LEV.021.012 en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE.

21:13b.LEV.021.013 En hy moet 'n vrou in haar maagdelike staat neem.

21:14b.LEV.021.014 'n Weduwee of een wat verstoot is of 'n onteerde, of 'n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar 'n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,

21:15b.LEV.021.015 dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.

21:16b.LEV.021.016 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

21:17b.LEV.021.017 Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.

21:18b.LEV.021.018 Want niemand aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: 'n blinde of 'n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie 'n liggaamsdeel te lank is,

21:19b.LEV.021.019 of iemand wat 'n been of 'n arm gebreek het,

21:20b.LEV.021.020 of wat 'n boggel het of uitgeteer is of 'n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of 'n gebreklike skaamdeel het.

21:21b.LEV.021.021 Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. 'n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.

21:22b.LEV.021.022 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;

21:23b.LEV.021.023 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat 'n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.

21:24b.LEV.021.024 En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.

22

22:1b.LEV.022.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

22:2b.LEV.022.002 Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan My heilig sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.

22:3b.LEV.022.003 Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.

22:4b.LEV.022.004 Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of 'n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur 'n lyk onrein is, of van wie 'n saadvloeiing uitgaan,

22:5b.LEV.022.005 of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan 'n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge van watter onreinheid ook al

22:6b.LEV.022.006 die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die heilige gawes nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het.

22:7b.LEV.022.007 Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.

22:8b.LEV.022.008 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is die HERE.

22:9b.LEV.022.009 Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.

22:10b.LEV.022.010 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. 'n Bywoner van 'n priester en 'n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.

22:11b.LEV.022.011 Maar as 'n priester iemand met sy geld koop, mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; húlle mag van sy voedsel eet.

22:12b.LEV.022.012 Maar as die dogter van 'n priester aan 'n vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.

22:13b.LEV.022.013 Maar as die dogter van 'n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.

22:14b.LEV.022.014 En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en só wat heilig is, aan die priester teruggee.

22:15b.LEV.022.015 So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig

22:16b.LEV.022.016 en op húlle geen strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.

22:17b.LEV.022.017 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

22:18b.LEV.022.018 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan die HERE as brandoffer bring

22:19b.LEV.022.019 moet dit so bring, dat julle welgevalle vind: 'n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.

22:20b.LEV.022.020 Julle mag nie iets bring waar 'n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie.

22:21b.LEV.022.021 En as iemand 'n dankoffer aan die HERE offer om 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.

22:22b.LEV.022.022 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar lê nie.

22:23b.LEV.022.023 Maar 'n bees of stuk kleinvee waarvan 'n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer berei; maar as gelofte offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.

22:24b.LEV.022.024 'n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,

22:25b.LEV.022.025 en uit die hand van 'n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, 'n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.

22:26b.LEV.022.026 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

22:27b.LEV.022.027 As 'n bees of 'n lam of 'n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as 'n vuuroffergawe aan die HERE.

22:28b.LEV.022.028 'n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie.

22:29b.LEV.022.029 En as julle 'n lofoffer aan die HERE bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

22:30b.LEV.022.030 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die HERE.

22:31b.LEV.022.031 Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE.

22:32b.LEV.022.032 En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,

22:33b.LEV.022.033 wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle 'n God te wees. Ek is die HERE.

23

23:1b.LEV.023.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

23:2b.LEV.023.002 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.

23:3b.LEV.023.003 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is 'n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.

23:4b.LEV.023.004 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.

23:5b.LEV.023.005 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;

23:6b.LEV.023.006 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.

23:7b.LEV.023.007 Op die eerste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

23:8b.LEV.023.008 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

23:9b.LEV.023.009 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

23:10b.LEV.023.010 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.

23:11b.LEV.023.011 En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.

23:12b.LEV.023.012 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,

23:13b.LEV.023.013 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van 'n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, 'n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, 'n kwart hin.

23:14b.LEV.023.014 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

23:15b.LEV.023.015 Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;

23:16b.LEV.023.016 tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring.

23:17b.LEV.023.017 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van 'n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.

23:18b.LEV.023.018 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet 'n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

23:19b.LEV.023.019 En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer,

23:20b.LEV.023.020 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.

23:21b.LEV.023.021 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: 'n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is 'n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.

23:22b.LEV.023.022 En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.

23:23b.LEV.023.023 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

23:24b.LEV.023.024 Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n gedenkdag deur basuingeklank, 'n heilige vierdag.

23:25b.LEV.023.025 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring.

23:26b.LEV.023.026 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

23:27b.LEV.023.027 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. 'n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die HERE 'n vuuroffer bring.

23:28b.LEV.023.028 En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is 'n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die HERE julle God.

23:29b.LEV.023.029 Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

23:30b.LEV.023.030 Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit.

23:31b.LEV.023.031 Julle mag géén werk doen nie; dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

23:32b.LEV.023.032 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.

23:33b.LEV.023.033 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

23:34b.LEV.023.034 Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE.

23:35b.LEV.023.035 Op die eerste dag moet daar 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

23:36b.LEV.023.036 Sewe dae lank moet julle aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring. Dit is 'n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.

23:37b.LEV.023.037 Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE 'n vuuroffer te bring: 'n brandoffer en spysoffer, 'n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;

23:38b.LEV.023.038 behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee.

23:39b.LEV.023.039 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.

23:40b.LEV.023.040 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.

23:41b.LEV.023.041 En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.

23:42b.LEV.023.042 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon,

23:43b.LEV.023.043 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.

23:44b.LEV.023.044 So het Moses dan die feestye van die HERE aan die kinders van Israel bekend gemaak.

24

24:1b.LEV.024.001 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

24:2b.LEV.024.002 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.

24:3b.LEV.024.003 Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte.

24:4b.LEV.024.004 Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.

24:5b.LEV.024.005 Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van 'n efa moet elke koek wees;

24:6b.LEV.024.006 en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in 'n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.

24:7b.LEV.024.007 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE.

24:8b.LEV.024.008 Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die HERE regsit, van die kant van die kinders van Israel as 'n ewige insetting.

24:9b.LEV.024.009 En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in 'n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die HERE 'n ewige insetting.

24:10b.LEV.024.010 En die seun van 'n Israelitiese vrou maar hy was die seun van 'n Egiptiese man het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en 'n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.

24:11b.LEV.024.011 Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.

24:12b.LEV.024.012 En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle 'n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van die HERE.

24:13b.LEV.024.013 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

24:14b.LEV.024.014 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.

24:15b.LEV.024.015 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.

24:16b.LEV.024.016 En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.

24:17b.LEV.024.017 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.

24:18b.LEV.024.018 Maar hy wat 'n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.

24:19b.LEV.024.019 En as iemand aan sy naaste 'n liggaamsgebrek toebring soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:

24:20b.LEV.024.020 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan 'n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.

24:21b.LEV.024.021 Hy dan wat 'n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat 'n mens doodslaan, moet gedood word.

24:22b.LEV.024.022 Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.

24:23b.LEV.024.023 Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

25

25:1b.LEV.025.001 Verder het die HERE met Moses gespreek by die berg Sinai en gesê:

25:2b.LEV.025.002 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat Ek julle gee, moet die land 'n sabbat hou vir die HERE.

25:3b.LEV.025.003 Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel;

25:4b.LEV.025.004 maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, 'n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.

25:5b.LEV.025.005 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet 'n jaar van rus vir die land wees.

25:6b.LEV.025.006 En die opbrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,

25:7b.LEV.025.007 en vir jou vee en die wild wat in jou land is, sal die hele opbrings daarvan wees om te eet.

25:8b.LEV.025.008 Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is.

25:9b.LEV.025.009 Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, 'n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.

25:10b.LEV.025.010 En julle moet die vyftigste jaar heilig en 'n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle 'n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.

25:11b.LEV.025.011 'n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.

25:12b.LEV.025.012 Want dit is 'n jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.

25:13b.LEV.025.013 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.

25:14b.LEV.025.014 Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop, moet julle mekaar nie verdruk nie;

25:15b.LEV.025.015 volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar 'n oes is, moet hy dit aan jou verkoop;

25:16b.LEV.025.016 volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste.

25:17b.LEV.025.017 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die HERE julle God.

25:18b.LEV.025.018 En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.

25:19b.LEV.025.019 En die land sal sy vrug gee, en julle sal volop eet en veilig daarin woon.

25:20b.LEV.025.020 En as julle sê: Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie?

25:21b.LEV.025.021 dan gebied Ek my seën vir julle in die sesde jaar, en dit sal die oes vir die drie jare oplewer.

25:22b.LEV.025.022 En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrings hiervan inkom, moet julle die oue eet.

25:23b.LEV.025.023 Die grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.

25:24b.LEV.025.024 Daarom moet julle, in die hele land van julle besitting, lossing van die grond toelaat.

25:25b.LEV.025.025 As jou broer verarm en van sy besitting verkoop, moet sy losser wat sy nabestaande is, kom en hy moet los wat sy broer verkoop het.

25:26b.LEV.025.026 En as iemand geen losser het nie, maar dit kan bekostig en genoeg vind vir die lossing,

25:27b.LEV.025.027 moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan.

25:28b.LEV.025.028 Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan.

25:29b.LEV.025.029 En as iemand 'n woonhuis in 'n ommuurde stad verkoop, moet daar reg van lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is; 'n jaar lank moet daar reg van lossing wees.

25:30b.LEV.025.030 Maar as dit nie gelos word voordat 'n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom van sy koper bly vir sy geslagte; in die jubeljaar sal dit nie vry word nie.

25:31b.LEV.025.031 Maar die huise van die dorpe wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die land gereken word; daar moet reg van lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.

25:32b.LEV.025.032 Wat die stede van die Leviete aangaan, die huise in die stede wat in hulle besit is vir die Leviete moet daar 'n ewige reg van lossing wees.

25:33b.LEV.025.033 En as iemand van die Leviete dit sal los, moet die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.

25:34b.LEV.025.034 En die weiveld om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is 'n ewige besitting vir hulle.

25:35b.LEV.025.035 En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos 'n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.

25:36b.LEV.025.036 Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe.

25:37b.LEV.025.037 Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.

25:38b.LEV.025.038 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle God te wees.

25:39b.LEV.025.039 En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.

25:40b.LEV.025.040 Soos 'n dagloner, soos 'n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;

25:41b.LEV.025.041 dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan.

25:42b.LEV.025.042 Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos 'n mens 'n slaaf verkoop nie.

25:43b.LEV.025.043 Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God vrees.

25:44b.LEV.025.044 Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle 'n slaaf of slavin koop.

25:45b.LEV.025.045 En ook van die kinders van die bywoners wat by julle vertoef van hulle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en dié sal vir julle 'n besitting wees.

25:46b.LEV.025.046 En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as 'n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.

25:47b.LEV.025.047 En as 'n vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan 'n vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of aan 'n familielid uit die geslag van 'n vreemdeling,

25:48b.LEV.025.048 dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broers kan hom los,

25:49b.LEV.025.049 of sy oom of sy oom se seun kan hom los, of een van sy naaste bloedverwante uit sy geslag kan hom los, of as hy dit kan bekostig, kan hy homself los.

25:50b.LEV.025.050 En hy moet met sy koper reken van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy hom verkoop het, moet wees volgens die aantal jare; soos 'n dagloner sal hy dan dié tyd by hom gewees het.

25:51b.LEV.025.051 As daar nog baie jare is, moet hy volgens hulle sy losprys uit die geld waarvoor hy gekoop is, teruggee;

25:52b.LEV.025.052 en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe oor is, moet hy daarmee rekening hou; volgens dié jare moet hy sy losprys teruggee.

25:53b.LEV.025.053 Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom voor jou oë heers nie.

25:54b.LEV.025.054 En as hy nie op dié wyse gelos word nie, moet hy in die jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom.

25:55b.LEV.025.055 Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.

26

26:1b.LEV.026.001 Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en 'n gesnede beeld of 'n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en 'n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.

26:2b.LEV.026.002 My sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.

26:3b.LEV.026.003 As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,

26:4b.LEV.026.004 sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.

26:5b.LEV.026.005 En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon.

26:6b.LEV.026.006 Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.

26:7b.LEV.026.007 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.

26:8b.LEV.026.008 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.

26:9b.LEV.026.009 En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.

26:10b.LEV.026.010 Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe.

26:11b.LEV.026.011 En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.

26:12b.LEV.026.012 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en júlle sal vir My 'n volk wees.

26:13b.LEV.026.013 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.

26:14b.LEV.026.014 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;

26:15b.LEV.026.015 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge 'n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek

26:16b.LEV.026.016 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.

26:17b.LEV.026.017 En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.

26:18b.LEV.026.018 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.

26:19b.LEV.026.019 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.

26:20b.LEV.026.020 En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.

26:21b.LEV.026.021 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.

26:22b.LEV.026.022 En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.

26:23b.LEV.026.023 En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit,

26:24b.LEV.026.024 sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.

26:25b.LEV.026.025 En Ek sal 'n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.

26:26b.LEV.026.026 As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie.

26:27b.LEV.026.027 As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,

26:28b.LEV.026.028 sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.

26:29b.LEV.026.029 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.

26:30b.LEV.026.030 En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal 'n afsku van julle hê.

26:31b.LEV.026.031 En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.

26:32b.LEV.026.032 Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.

26:33b.LEV.026.033 En Ek sal julle onder die volke verstrooi en 'n swaard agter julle uittrek; en julle land sal 'n wildernis en julle stede puinhope word.

26:34b.LEV.026.034 Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.

26:35b.LEV.026.035 Al die dae van sy verwoesting sal dit rus die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.

26:36b.LEV.026.036 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het Ek sal in hulle hart 'n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos 'n mens vir 'n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.

26:37b.LEV.026.037 En hulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande nie kan standhou nie.

26:38b.LEV.026.038 Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.

26:39b.LEV.026.039 En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.

26:40b.LEV.026.040 Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,

26:41b.LEV.026.041 sodat Ék My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,

26:42b.LEV.026.042 sal Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.

26:43b.LEV.026.043 Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en húlle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge 'n afsku gehad het.

26:44b.LEV.026.044 Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek 'n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.

26:45b.LEV.026.045 Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle 'n God te wees. Ek is die HERE.

26:46b.LEV.026.046 Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.

27

27:1b.LEV.027.001 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

27:2b.LEV.027.002 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand 'n besondere gelofte aflê mense aan die HERE toewy volgens jou skatting,

27:3b.LEV.027.003 dan moet jou skatting vir 'n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die heiligdom.

27:4b.LEV.027.004 Maar is dit 'n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.

27:5b.LEV.027.005 En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir 'n manspersoon twintig sikkels wees en vir 'n vroulike tien sikkels.

27:6b.LEV.027.006 Maar is dit iemand van 'n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.

27:7b.LEV.027.007 En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo is dit 'n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir 'n vrou tien sikkels.

27:8b.LEV.027.008 Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.

27:9b.LEV.027.009 En as dit vee is waarvan hulle aan die HERE 'n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan die HERE gee, heilig wees.

27:10b.LEV.027.010 Hy mag dit nie omwissel of omruil nie 'n goeie vir 'n slegte of 'n slegte vir 'n goeie nie; maar as hy tog 'n dier vir 'n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.

27:11b.LEV.027.011 En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,

27:12b.LEV.027.012 en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.

27:13b.LEV.027.013 Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.

27:14b.LEV.027.014 En as iemand sy huis as heilige gawe aan die HERE toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.

27:15b.LEV.027.015 En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.

27:16b.LEV.027.016 En as iemand 'n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: 'n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.

27:17b.LEV.027.017 As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig volgens jou skatting, so moet dit bly.

27:18b.LEV.027.018 Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.

27:19b.LEV.027.019 En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.

27:20b.LEV.027.020 En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan 'n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie;

27:21b.LEV.027.021 maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die HERE heilig wees soos 'n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.

27:22b.LEV.027.022 En as hy aan die HERE 'n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,

27:23b.LEV.027.023 moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as 'n heilige gawe aan die HERE.

27:24b.LEV.027.024 In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.

27:25b.LEV.027.025 En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.

27:26b.LEV.027.026 Maar die eersgeborene van 'n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit 'n bees is of 'n stuk kleinvee dit behoort aan die HERE.

27:27b.LEV.027.027 Maar is dit van 'n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.

27:28b.LEV.027.028 Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.

27:29b.LEV.027.029 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.

27:30b.LEV.027.030 Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.

27:31b.LEV.027.031 Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.

27:32b.LEV.027.032 Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee alles wat onder die herderstaf deurgaan die tiende moet aan die HERE heilig wees.

27:33b.LEV.027.033 Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.

27:34b.LEV.027.034 Dit is die gebooie wat die HERE Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.


Holder of rights
Multilingual Bible Corpus

Citation Suggestion for this Object
TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Leviticus (Afrikaans). Leviticus (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-853E-D