Genesis (Afrikaans)
1
1:1b.GEN.001.001 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
1:2b.GEN.001.002 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
1:3b.GEN.001.003 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
1:4b.GEN.001.004 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
1:5b.GEN.001.005 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.
1:6b.GEN.001.006 En God het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.
1:7b.GEN.001.007 God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.
1:8b.GEN.001.008 En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.
1:9b.GEN.001.009 En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
1:10b.GEN.001.010 En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
1:11b.GEN.001.011 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.
1:12b.GEN.001.012 Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
1:13b.GEN.001.013 En dit was aand en dit was môre, die derde dag.
1:14b.GEN.001.014 En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
1:15b.GEN.001.015 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.
1:16b.GEN.001.016 God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.
1:17b.GEN.001.017 En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde
1:18b.GEN.001.018 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.
1:19b.GEN.001.019 En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.
1:20b.GEN.001.020 En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.
1:21b.GEN.001.021 En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
1:22b.GEN.001.022 En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.
1:23b.GEN.001.023 En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.
1:24b.GEN.001.024 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.
1:25b.GEN.001.025 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
1:26b.GEN.001.026 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
1:27b.GEN.001.027 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
1:28b.GEN.001.028 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
1:29b.GEN.001.029 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.
1:30b.GEN.001.030 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin 'n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.
1:31b.GEN.001.031 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
2
2:1b.GEN.002.001 So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
2:2b.GEN.002.002 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
2:3b.GEN.002.003 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
2:4b.GEN.002.004 Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
2:5b.GEN.002.005 was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
2:6b.GEN.002.006 Maar 'n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.
2:7b.GEN.002.007 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.
2:8b.GEN.002.008 Ook het die HERE God 'n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, 'n plek gegee.
2:9b.GEN.002.009 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
2:10b.GEN.002.010 En daar het 'n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.
2:11b.GEN.002.011 Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud is.
2:12b.GEN.002.012 En die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen.
2:13b.GEN.002.013 En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop.
2:14b.GEN.002.014 En die naam van die derde rivier is die Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.
2:15b.GEN.002.015 Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
2:16b.GEN.002.016 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,
2:17b.GEN.002.017 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
2:18b.GEN.002.018 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.
2:19b.GEN.002.019 En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.
2:20b.GEN.002.020 So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.
2:21b.GEN.002.021 Toe het die HERE God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
2:22b.GEN.002.022 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens.
2:23b.GEN.002.023 Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.
2:24b.GEN.002.024 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
2:25b.GEN.002.025 En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
3
3:1b.GEN.003.001 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
3:2b.GEN.003.002 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
3:3b.GEN.003.003 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
3:4b.GEN.003.004 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
3:5b.GEN.003.005 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
3:6b.GEN.003.006 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy 'n lus was vir die oë, ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.
3:7b.GEN.003.007 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.
3:8b.GEN.003.008 En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.
3:9b.GEN.003.009 Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?
3:10b.GEN.003.010 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.
3:11b.GEN.003.011 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?
3:12b.GEN.003.012 En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.
3:13b.GEN.003.013 Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.
3:14b.GEN.003.014 Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
3:15b.GEN.003.015 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
3:16b.GEN.003.016 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.
3:17b.GEN.003.017 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie--vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
3:18b.GEN.003.018 Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.
3:19b.GEN.003.019 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
3:20b.GEN.003.020 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.
3:21b.GEN.003.021 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.
3:22b.GEN.003.022 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!
3:23b.GEN.003.023 Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
3:24b.GEN.003.024 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
4
4:1b.GEN.004.001 En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.
4:2b.GEN.004.002 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer.
4:3b.GEN.004.003 En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring.
4:4b.GEN.004.004 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,
4:5b.GEN.004.005 maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
4:6b.GEN.004.006 En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
4:7b.GEN.004.007 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie--die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
4:8b.GEN.004.008 En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.
4:9b.GEN.004.009 Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?
4:10b.GEN.004.010 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.
4:11b.GEN.004.011 Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.
4:12b.GEN.004.012 As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.
4:13b.GEN.004.013 Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra.
4:14b.GEN.004.014 Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
4:15b.GEN.004.015 Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
4:16b.GEN.004.016 Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.
4:17b.GEN.004.017 En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.
4:18b.GEN.004.018 En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg.
4:19b.GEN.004.019 En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.
4:20b.GEN.004.020 En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.
4:21b.GEN.004.021 Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.
4:22b.GEN.004.022 En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper-- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.
4:23b.GEN.004.023 En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan 'n man dood wat my wond en 'n seun wat my kwes.
4:24b.GEN.004.024 Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewe en sewentig maal.
4:25b.GEN.004.025 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my 'n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.
4:26b.GEN.004.026 En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.
5
5:1b.GEN.005.001 Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.
5:2b.GEN.005.002 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
5:3b.GEN.005.003 Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
5:4b.GEN.005.004 En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
5:5b.GEN.005.005 So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe.
5:6b.GEN.005.006 Toe Set honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.
5:7b.GEN.005.007 En Set het ná die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:8b.GEN.005.008 So was dan al die dae van Set nege honderd en twaalf jaar, en hy het gesterwe.
5:9b.GEN.005.009 Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.
5:10b.GEN.005.010 En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:11b.GEN.005.011 So was dan al die dae van Enos nege honderd en vyf jaar, en hy het gesterwe.
5:12b.GEN.005.012 Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalálel geword.
5:13b.GEN.005.013 En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:14b.GEN.005.014 So was dan al die dae van Kenan nege honderd en tien jaar, en hy het gesterwe.
5:15b.GEN.005.015 Toe Mahalálel vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.
5:16b.GEN.005.016 En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:17b.GEN.005.017 So was dan al die dae van Mahalálel agt honderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe.
5:18b.GEN.005.018 Toe Jered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword.
5:19b.GEN.005.019 En Jered het ná die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:20b.GEN.005.020 So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe.
5:21b.GEN.005.021 Toe Henog vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.
5:22b.GEN.005.022 En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.
5:23b.GEN.005.023 So was dan al die dae van Henog drie honderd vyf en sestig jaar.
5:24b.GEN.005.024 En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.
5:25b.GEN.005.025 Toe Metúsalag honderd sewe en tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword.
5:26b.GEN.005.026 En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:27b.GEN.005.027 So was dan al die dae van Metúsalag nege honderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe.
5:28b.GEN.005.028 Toe Lameg honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy 'n seun verwek
5:29b.GEN.005.029 en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.
5:30b.GEN.005.030 En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:31b.GEN.005.031 So was dan al die dae van Lameg sewe honderd sewe en sewentig jaar, en hy het gesterwe.
5:32b.GEN.005.032 En Noag was vyf honderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.
6
6:1b.GEN.006.001 Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
6:2b.GEN.006.002 sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
6:3b.GEN.006.003 Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.
6:4b.GEN.006.004 In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
6:5b.GEN.006.005 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
6:6b.GEN.006.006 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
6:7b.GEN.006.007 En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
6:8b.GEN.006.008 Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE.
6:9b.GEN.006.009 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.
6:10b.GEN.006.010 En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.
6:11b.GEN.006.011 Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.
6:12b.GEN.006.012 Toe sien God die aarde aan, en--dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.
6:13b.GEN.006.013 En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
6:14b.GEN.006.014 Maak vir jou 'n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.
6:15b.GEN.006.015 Só moet jy dit maak: drie honderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.
6:16b.GEN.006.016 'n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van 'n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met 'n onderste, tweede en derde verdieping maak.
6:17b.GEN.006.017 Want kyk, Ék bring 'n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar 'n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.
6:18b.GEN.006.018 Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.
6:19b.GEN.006.019 En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.
6:20b.GEN.006.020 Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly.
6:21b.GEN.006.021 En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien.
6:22b.GEN.006.022 En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.
7
7:1b.GEN.007.001 Daarna het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.
7:2b.GEN.007.002 Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
7:3b.GEN.007.003 Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.
7:4b.GEN.007.004 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.
7:5b.GEN.007.005 En Noag het gedoen net soos die HERE hom beveel het.
7:6b.GEN.007.006 En Noag was ses honderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.
7:7b.GEN.007.007 En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed.
7:8b.GEN.007.008 Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,
7:9b.GEN.007.009 het daar twee-twee na Noag in die ark gegaan, 'n mannetjie en 'n wyfie, soos God Noag beveel het.
7:10b.GEN.007.010 Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.
7:11b.GEN.007.011 In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;
7:12b.GEN.007.012 en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.
7:13b.GEN.007.013 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.
7:14b.GEN.007.014 Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al die voëls volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere--
7:15b.GEN.007.015 van al die vlees waar 'n lewensgees in was, het twee-twee na Noag in die ark gegaan.
7:16b.GEN.007.016 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit.
7:17b.GEN.007.017 En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.
7:18b.GEN.007.018 En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark op die waters drywe.
7:19b.GEN.007.019 En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was.
7:20b.GEN.007.020 Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.
7:21b.GEN.007.021 En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.
7:22b.GEN.007.022 Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.
7:23b.GEN.007.023 So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.
7:24b.GEN.007.024 En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd en vyftig dae lank.
8
8:1b.GEN.008.001 En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
8:2b.GEN.008.002 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
8:3b.GEN.008.003 Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd en vyftig dae.
8:4b.GEN.008.004 En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.
8:5b.GEN.008.005 En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
8:6b.GEN.008.006 Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,
8:7b.GEN.008.007 en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.
8:8b.GEN.008.008 Daarop laat hy 'n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.
8:9b.GEN.008.009 Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.
8:10b.GEN.008.010 Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.
8:11b.GEN.008.011 En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was 'n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.
8:12b.GEN.008.012 Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
8:13b.GEN.008.013 In die ses honderd en eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog--
8:14b.GEN.008.014 in die tweede maand, op die sewe en twintigste dag van die maand, was die aarde droog.
8:15b.GEN.008.015 En God het met Noag gespreek en gesê:
8:16b.GEN.008.016 Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.
8:17b.GEN.008.017 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
8:18b.GEN.008.018 Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.
8:19b.GEN.008.019 Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.
8:20b.GEN.008.020 En Noag het vir die HERE 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
8:21b.GEN.008.021 En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
8:22b.GEN.008.022 Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.
9
9:1b.GEN.009.001 En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
9:2b.GEN.009.002 Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.
9:3b.GEN.009.003 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.
9:4b.GEN.009.004 Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.
9:5b.GEN.009.005 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.
9:6b.GEN.009.006 Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.
9:7b.GEN.009.007 Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.
9:8b.GEN.009.008 Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê:
9:9b.GEN.009.009 Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag ná julle,
9:10b.GEN.009.010 en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle--al wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde.
9:11b.GEN.009.011 En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.
9:12b.GEN.009.012 En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:
9:13b.GEN.009.013 my boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
9:14b.GEN.009.014 As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,
9:15b.GEN.009.015 dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie.
9:16b.GEN.009.016 As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.
9:17b.GEN.009.017 En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.
9:18b.GEN.009.018 En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän.
9:19b.GEN.009.019 Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.
9:20b.GEN.009.020 En Noag het as landbouer 'n wingerd begin plant.
9:21b.GEN.009.021 Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê.
9:22b.GEN.009.022 En Gam, die vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.
9:23b.GEN.009.023 Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.
9:24b.GEN.009.024 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,
9:25b.GEN.009.025 sê hy: Vervloek is Kanaän! 'n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.
9:26b.GEN.009.026 Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
9:27b.GEN.009.027 Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
9:28b.GEN.009.028 En Noag het ná die vloed drie honderd en vyftig jaar gelewe.
9:29b.GEN.009.029 So was dan al die dae van Noag nege honderd en vyftig jaar, en hy het gesterwe.
10
10:1b.GEN.010.001 En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet--vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.
10:2b.GEN.010.002 Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.
10:3b.GEN.010.003 En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Togárma.
10:4b.GEN.010.004 En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete--
10:5b.GEN.010.005 uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.
10:6b.GEN.010.006 En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän.
10:7b.GEN.010.007 En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.
10:8b.GEN.010.008 Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.
10:9b.GEN.010.009 Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.
10:10b.GEN.010.010 En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.
10:11b.GEN.010.011 Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag
10:12b.GEN.010.012 en Resen, tussen Ninevé en Kalag--dit is die groot stad.
10:13b.GEN.010.013 En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete
10:14b.GEN.010.014 en die Patrusiete en Kasluhiete--waaruit die Filistyne voortgekom het--en Kaftoriete.
10:15b.GEN.010.015 En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het
10:16b.GEN.010.016 en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete
10:17b.GEN.010.017 en die Hewiete en Arkiete en Siniete
10:18b.GEN.010.018 en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.
10:19b.GEN.010.019 En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa.
10:20b.GEN.010.020 Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.
10:21b.GEN.010.021 En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.
10:22b.GEN.010.022 Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.
10:23b.GEN.010.023 En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas.
10:24b.GEN.010.024 En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
10:25b.GEN.010.025 En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
10:26b.GEN.010.026 En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag
10:27b.GEN.010.027 en Hadóram en Usal en Dikla
10:28b.GEN.010.028 en Obal en Abímael en Skeba
10:29b.GEN.010.029 en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
10:30b.GEN.010.030 En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.
10:31b.GEN.010.031 Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.
10:32b.GEN.010.032 Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.
11
11:1b.GEN.011.001 En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.
11:2b.GEN.011.002 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.
11:3b.GEN.011.003 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.
11:4b.GEN.011.004 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
11:5b.GEN.011.005 Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.
11:6b.GEN.011.006 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
11:7b.GEN.011.007 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
11:8b.GEN.011.008 So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
11:9b.GEN.011.009 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
11:10b.GEN.011.010 Dit is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed.
11:11b.GEN.011.011 En Sem het ná die geboorte van Arpagsad nog vyf honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11:12b.GEN.011.012 Toe Arpagsad vyf en dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.
11:13b.GEN.011.013 En Arpagsad het ná die geboorte van Selag nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11:14b.GEN.011.014 Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.
11:15b.GEN.011.015 En Selag het ná die geboorte van Heber nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11:16b.GEN.011.016 Toe Heber vier en dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.
11:17b.GEN.011.017 En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vier honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11:18b.GEN.011.018 Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.
11:19b.GEN.011.019 En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog twee honderd en nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11:20b.GEN.011.020 Toe Rehu twee en dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.
11:21b.GEN.011.021 En Rehu het ná die geboorte van Serug nog twee honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11:22b.GEN.011.022 Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.
11:23b.GEN.011.023 En Serug het ná die geboorte van Nahor twee honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11:24b.GEN.011.024 Toe Nahor nege en twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.
11:25b.GEN.011.025 En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd en negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11:26b.GEN.011.026 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.
11:27b.GEN.011.027 En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.
11:28b.GEN.011.028 En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.
11:29b.GEN.011.029 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
11:30b.GEN.011.030 En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.
11:31b.GEN.011.031 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
11:32b.GEN.011.032 En die dae van Tera was twee honderd en vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.
12
12:1b.GEN.012.001 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
12:2b.GEN.012.002 En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees.
12:3b.GEN.012.003 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
12:4b.GEN.012.004 Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
12:5b.GEN.012.005 En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.
12:6b.GEN.012.006 En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land.
12:7b.GEN.012.007 Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar 'n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.
12:8b.GEN.012.008 En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste-- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE 'n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.
12:9b.GEN.012.009 Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek.
12:10b.GEN.012.010 En daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
12:11b.GEN.012.011 En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy 'n vrou is mooi van aansien.
12:12b.GEN.012.012 As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.
12:13b.GEN.012.013 Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.
12:14b.GEN.012.014 Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.
12:15b.GEN.012.015 Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.
12:16b.GEN.012.016 En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het.
12:17b.GEN.012.017 Maar die HERE het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.
12:18b.GEN.012.018 Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?
12:19b.GEN.012.019 Waarom het jy gesê: Sy is my suster--sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg.
12:20b.GEN.012.020 En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.
13
13:1b.GEN.013.001 So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.
13:2b.GEN.013.002 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.
13:3b.GEN.013.003 En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai,
13:4b.GEN.013.004 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
13:5b.GEN.013.005 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.
13:6b.GEN.013.006 En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.
13:7b.GEN.013.007 En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.
13:8b.GEN.013.008 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.
13:9b.GEN.013.009 Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
13:10b.GEN.013.010 Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.
13:11b.GEN.013.011 En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.
13:12b.GEN.013.012 Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.
13:13b.GEN.013.013 En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.
13:14b.GEN.013.014 En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;
13:15b.GEN.013.015 want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.
13:16b.GEN.013.016 En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.
13:17b.GEN.013.017 Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.
13:18b.GEN.013.018 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.
14
14:1b.GEN.014.001 En in die dae van Amrafel, die koning van Sínear, Aríog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies,
14:2b.GEN.014.002 het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Bisra, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.
14:3b.GEN.014.003 Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim, dit is die Soutsee.
14:4b.GEN.014.004 Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al gedien, maar in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.
14:5b.GEN.014.005 Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Asterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim
14:6b.GEN.014.006 en die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by El-Paran wat aan die woestyn lê.
14:7b.GEN.014.007 Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat in Háseson-Tamar woon.
14:8b.GEN.014.008 Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,
14:9b.GEN.014.009 teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Amrafel, die koning van Sínear, en Aríog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.
14:10b.GEN.014.010 Maar die laagte Siddim was vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.
14:11b.GEN.014.011 En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.
14:12b.GEN.014.012 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek--want hy was in Sodom woonagtig.
14:13b.GEN.014.013 Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.
14:14b.GEN.014.014 Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, drie honderd en agtien, en hulle tot by Dan agtervolg--
14:15b.GEN.014.015 hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.
14:16b.GEN.014.016 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.
14:17b.GEN.014.017 Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.
14:18b.GEN.014.018 En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring
14:19b.GEN.014.019 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.
14:20b.GEN.014.020 En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.
14:21b.GEN.014.021 En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.
14:22b.GEN.014.022 Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,
14:23b.GEN.014.023 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.
14:24b.GEN.014.024 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.
15
15:1b.GEN.015.001 Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.
15:2b.GEN.015.002 Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
15:3b.GEN.015.003 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.
15:4b.GEN.015.004 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
15:5b.GEN.015.005 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
15:6b.GEN.015.006 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
15:7b.GEN.015.007 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.
15:8b.GEN.015.008 En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?
15:9b.GEN.015.009 En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif.
15:10b.GEN.015.010 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.
15:11b.GEN.015.011 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.
15:12b.GEN.015.012 En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.
15:13b.GEN.015.013 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.
15:14b.GEN.015.014 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.
15:15b.GEN.015.015 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
15:16b.GEN.015.016 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.
15:17b.GEN.015.017 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
15:18b.GEN.015.018 Op dié dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
15:19b.GEN.015.019 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
15:20b.GEN.015.020 en Hetiete en Feresiete en Refaïete
15:21b.GEN.015.021 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
16
16:1b.GEN.016.001 Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het 'n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.
16:2b.GEN.016.002 En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.
16:3b.GEN.016.003 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin--nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het--en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.
16:4b.GEN.016.004 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.
16:5b.GEN.016.005 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.
16:6b.GEN.016.006 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand--doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.
16:7b.GEN.016.007 En die Engel van die HERE het haar by 'n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,
16:8b.GEN.016.008 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.
16:9b.GEN.016.009 Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
16:10b.GEN.016.010 Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
16:11b.GEN.016.011 Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.
16:12b.GEN.016.012 En hy sal 'n wilde-esel van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.
16:13b.GEN.016.013 Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?
16:14b.GEN.016.014 Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roï. Dit lê daar tussen Kades en Bered.
16:15b.GEN.016.015 En Hagar het vir Abram 'n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.
16:16b.GEN.016.016 En Abram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.
17
17:1b.GEN.017.001 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.
17:2b.GEN.017.002 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder.
17:3b.GEN.017.003 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:
17:4b.GEN.017.004 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word.
17:5b.GEN.017.005 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies.
17:6b.GEN.017.006 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.
17:7b.GEN.017.007 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou.
17:8b.GEN.017.008 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees.
17:9b.GEN.017.009 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.
17:10b.GEN.017.010 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word--
17:11b.GEN.017.011 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en julle.
17:12b.GEN.017.012 'n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie--
17:13b.GEN.017.013 die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as 'n ewige verbond.
17:14b.GEN.017.014 En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie--dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.
17:15b.GEN.017.015 Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees.
17:16b.GEN.017.016 En Ek sal haar seën en jou uit haar ook 'n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.
17:17b.GEN.017.017 Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, 'n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar?
17:18b.GEN.017.018 En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!
17:19b.GEN.017.019 Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as 'n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.
17:20b.GEN.017.020 Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom 'n groot nasie maak.
17:21b.GEN.017.021 Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.
17:22b.GEN.017.022 En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het God van Abraham af opgevaar.
17:23b.GEN.017.023 Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.
17:24b.GEN.017.024 En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
17:25b.GEN.017.025 En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
17:26b.GEN.017.026 Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny
17:27b.GEN.017.027 en al die manne van sy huis--die wat in sy huis gebore en die wat van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam met hom besny.
18
18:1b.GEN.018.001 Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.
18:2b.GEN.018.002 Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.
18:3b.GEN.018.003 En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.
18:4b.GEN.018.004 Laat hulle tog 'n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom.
18:5b.GEN.018.005 En laat ek 'n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart--daarna kan u verder gaan--want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het.
18:6b.GEN.018.006 Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.
18:7b.GEN.018.007 Daarop loop Abraham na die beeste en vang 'n jong, mooi kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het.
18:8b.GEN.018.008 En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet.
18:9b.GEN.018.009 Toe sê hulle vir hom: Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent.
18:10b.GEN.018.010 En Hy sê: Ek sal oor 'n jaar sekerlik weer na jou toe kom--dan sal jou vrou Sara 'n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.
18:11b.GEN.018.011 Maar Abraham en Sara was oud, ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie.
18:12b.GEN.018.012 En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is?
18:13b.GEN.018.013 Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?
18:14b.GEN.018.014 Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.
18:15b.GEN.018.015 Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie--want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.
18:16b.GEN.018.016 Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring.
18:17b.GEN.018.017 Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,
18:18b.GEN.018.018 terwyl Abraham tog sekerlik 'n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseën sal word?
18:19b.GEN.018.019 Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.
18:20b.GEN.018.020 Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.
18:21b.GEN.018.021 Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.
18:22b.GEN.018.022 Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die HERE.
18:23b.GEN.018.023 En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?
18:24b.GEN.018.024 Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?
18:25b.GEN.018.025 Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie?
18:26b.GEN.018.026 Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.
18:27b.GEN.018.027 En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is.
18:28b.GEN.018.028 Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf en veertig vind nie.
18:29b.GEN.018.029 En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie.
18:30b.GEN.018.030 Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.
18:31b.GEN.018.031 Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie.
18:32b.GEN.018.032 Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.
18:33b.GEN.018.033 En die HERE het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.
19
19:1b.GEN.019.001 En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe
19:2b.GEN.019.002 en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag.
19:3b.GEN.019.003 Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle 'n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet.
19:4b.GEN.019.004 Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam.
19:5b.GEN.019.005 En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken.
19:6b.GEN.019.006 Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe
19:7b.GEN.019.007 en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie.
19:8b.GEN.019.008 Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.
19:9b.GEN.019.009 Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om hier as vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.
19:10b.GEN.019.010 Maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit.
19:11b.GEN.019.011 Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, met blindheid, sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het.
19:12b.GEN.019.012 Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? 'n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad--bring hulle uit die plek uit;
19:13b.GEN.019.013 want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes.
19:14b.GEN.019.014 Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer.
19:15b.GEN.019.015 En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.
19:16b.GEN.019.016 Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.
19:17b.GEN.019.017 En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!
19:18b.GEN.019.018 Daarop antwoord Lot hulle: Ag nee, my Here!
19:19b.GEN.019.019 Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie.
19:20b.GEN.019.020 Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug--is dit nie klein nie? --dat ek kan lewe!
19:21b.GEN.019.021 En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie.
19:22b.GEN.019.022 Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad Soar.
19:23b.GEN.019.023 Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.
19:24b.GEN.019.024 En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel,
19:25b.GEN.019.025 en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.
19:26b.GEN.019.026 En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword.
19:27b.GEN.019.027 En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het.
19:28b.GEN.019.028 Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van 'n smeltoond.
19:29b.GEN.019.029 En onderwyl God die stede van die Jordaanstreek verwoes, het God aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was.
19:30b.GEN.019.030 En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op die gebergte, want hy was bang om in Soar te bly; daarom het hy saam met sy twee dogters in 'n spelonk gaan woon.
19:31b.GEN.019.031 En die oudste het aan die jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man in die land om, na die reël van die ganse aarde, by ons in te gaan nie.
19:32b.GEN.019.032 Kom, laat ons aan ons vader wyn gee om te drink en met hom gemeenskap hou, sodat ons deur ons vader 'n geslag in die lewe kan hou.
19:33b.GEN.019.033 Hulle gee toe dié nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.
19:34b.GEN.019.034 Die volgende dag sê die oudste aan die jongste: Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons vader 'n geslag in die lewe kan hou.
19:35b.GEN.019.035 Hulle gee toe dié nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.
19:36b.GEN.019.036 So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword,
19:37b.GEN.019.037 en die oudste het 'n seun gebaar en hom Moab genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Moabiete.
19:38b.GEN.019.038 En die jongste het ook 'n seun gebaar en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Ammoniete.
20
20:1b.GEN.020.001 En Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussen Kades en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef.
20:2b.GEN.020.002 En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.
20:3b.GEN.020.003 Maar God het in die nag by Abiméleg gekom in 'n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is 'n getroude vrou.
20:4b.GEN.020.004 Maar Abiméleg het nog nie naby haar gekom nie; daarom het hy gevra: Here, sal U ook 'n regverdige nasie ombring?
20:5b.GEN.020.005 Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer. In die onskuld van my hart en in die reinheid van my hande het ek dit gedoen.
20:6b.GEN.020.006 Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.
20:7b.GEN.020.007 Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is 'n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort.
20:8b.GEN.020.008 Abiméleg is toe die môre vroeg op en het al sy dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel. Toe was die manne baie bang.
20:9b.GEN.020.009 En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk 'n groot sonde gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen.
20:10b.GEN.020.010 Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het?
20:11b.GEN.020.011 En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak.
20:12b.GEN.020.012 En sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.
20:13b.GEN.020.013 En toe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys--op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer.
20:14b.GEN.020.014 Toe neem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee.
20:15b.GEN.020.015 En Abiméleg sê: Daar lê my land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë.
20:16b.GEN.020.016 En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan jou broer duisend sikkels silwer. Kyk, dit is vir jou 'n bedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is.
20:17b.GEN.020.017 Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.
20:18b.GEN.020.018 Want die HERE het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.
21
21:1b.GEN.021.001 En die HERE het Sara besoek soos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:
21:2b.GEN.021.002 Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het.
21:3b.GEN.021.003 En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem.
21:4b.GEN.021.004 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het.
21:5b.GEN.021.005 En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.
21:6b.GEN.021.006 En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.
21:7b.GEN.021.007 Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog kinders? Want ek het 'n seun gebaar in sy ouderdom.
21:8b.GEN.021.008 En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het 'n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.
21:9b.GEN.021.009 Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot;
21:10b.GEN.021.010 en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.
21:11b.GEN.021.011 En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun.
21:12b.GEN.021.012 Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word.
21:13b.GEN.021.013 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot 'n nasie maak, omdat hy jou kind is.
21:14b.GEN.021.014 Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en 'n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba.
21:15b.GEN.021.015 En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp
21:16b.GEN.021.016 en geloop en op 'n afstand gaan sit so ver as 'n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op 'n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.
21:17b.GEN.021.017 Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
21:18b.GEN.021.018 Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak.
21:19b.GEN.021.019 Daarop het God haar oë geopen, en sy sien 'n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.
21:20b.GEN.021.020 En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 'n boogskutter geword:
21:21b.GEN.021.021 hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom 'n vrou uit Egipteland geneem.
21:22b.GEN.021.022 In dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.
21:23b.GEN.021.023 Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
21:24b.GEN.021.024 En Abraham antwoord: Ek sweer.
21:25b.GEN.021.025 Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor 'n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het.
21:26b.GEN.021.026 Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.
21:27b.GEN.021.027 Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het 'n verbond gesluit;
21:28b.GEN.021.028 Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.
21:29b.GEN.021.029 Toe sê Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?
21:30b.GEN.021.030 En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.
21:31b.GEN.021.031 Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.
21:32b.GEN.021.032 So het hulle dan 'n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.
21:33b.GEN.021.033 En hy het 'n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.
21:34b.GEN.021.034 En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.
22
22:1b.GEN.022.001 Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
22:2b.GEN.022.002 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
22:3b.GEN.022.003 Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir 'n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.
22:4b.GEN.022.004 Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.
22:5b.GEN.022.005 En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.
22:6b.GEN.022.006 En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.
22:7b.GEN.022.007 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer?
22:8b.GEN.022.008 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
22:9b.GEN.022.009 Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.
22:10b.GEN.022.010 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.
22:11b.GEN.022.011 Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
22:12b.GEN.022.012 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
22:13b.GEN.022.013 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
22:14b.GEN.022.014 En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
22:15b.GEN.022.015 Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af
22:16b.GEN.022.016 en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
22:17b.GEN.022.017 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.
22:18b.GEN.022.018 En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
22:19b.GEN.022.019 En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon.
22:20b.GEN.022.020 Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:
22:21b.GEN.022.021 Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en Kémuel, die vader van Aram,
22:22b.GEN.022.022 ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel.
22:23b.GEN.022.023 (En Bétuel was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.
22:24b.GEN.022.024 En sy byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar.
23
23:1b.GEN.023.001 En die lewensdae van Sara was honderd sewe en twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sara.
23:2b.GEN.023.002 En Sara het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween.
23:3b.GEN.023.003 Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê:
23:4b.GEN.023.004 Ek is 'n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my 'n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.
23:5b.GEN.023.005 Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom:
23:6b.GEN.023.006 Luister na ons, my heer! U is 'n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.
23:7b.GEN.023.007 Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het;
23:8b.GEN.023.008 en hy het met hulle gespreek en gesê: As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my 'n goeie woord by Efron, die seun van Sohar,
23:9b.GEN.023.009 dat hy aan my gee die spelonk van Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek 'n graf onder julle mag besit.
23:10b.GEN.023.010 En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het:
23:11b.GEN.023.011 Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode.
23:12b.GEN.023.012 Daarop het Abraham hom voor die volk van die land neergebuig
23:13b.GEN.023.013 en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.
23:14b.GEN.023.014 En Efron het Abraham geantwoord en aan hom gesê:
23:15b.GEN.023.015 My heer, luister na my. 'n Stuk land van vier honderd sikkels silwer--wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.
23:16b.GEN.023.016 Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het--vier honderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.
23:17b.GEN.023.017 So het dan die stuk grond van Efron wat in Magpéla teenoor Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat daarin is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan,
23:18b.GEN.023.018 die eiendom van Abraham geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het.
23:19b.GEN.023.019 Daarna het Abraham toe sy vrou Sara begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, oostelik van Mamre, dit is Hebron, in die land Kanaän.
23:20b.GEN.023.020 So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit.
24
24:1b.GEN.024.001 En Abraham was oud en ver op sy dae, en die HERE het Abraham in alles geseën.
24:2b.GEN.024.002 Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,
24:3b.GEN.024.003 dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;
24:4b.GEN.024.004 maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak 'n vrou te neem.
24:5b.GEN.024.005 Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou my nie wil volg na hierdie land nie. Moet ek u seun dan maar terugbring in die land waaruit u weggetrek het?
24:6b.GEN.024.006 En Abraham antwoord hom: Neem jou tog in ag dat jy my seun nie weer daarheen bring nie.
24:7b.GEN.024.007 Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee--Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar 'n vrou gaan haal.
24:8b.GEN.024.008 Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie.
24:9b.GEN.024.009 Toe lê die dienaar sy hand onder die heup van Abraham, sy heer, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.
24:10b.GEN.024.010 En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotámië, na die stad van Nahor, getrek.
24:11b.GEN.024.011 En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by 'n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep,
24:12b.GEN.024.012 en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer.
24:13b.GEN.024.013 Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep.
24:14b.GEN.024.014 Laat dit nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink--dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het.
24:15b.GEN.024.015 Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir Bétuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer.
24:16b.GEN.024.016 En die dogter was baie mooi van aansien, 'n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.
24:17b.GEN.024.017 Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink.
24:18b.GEN.024.018 En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink.
24:19b.GEN.024.019 Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het.
24:20b.GEN.024.020 Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep.
24:21b.GEN.024.021 En die man het haar stilswyend betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.
24:22b.GEN.024.022 En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man 'n goue ring, 'n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig.
24:23b.GEN.024.023 En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag?
24:24b.GEN.024.024 Toe antwoord sy hom: Ek is die dogter van Bétuel, die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het.
24:25b.GEN.024.025 Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.
24:26b.GEN.024.026 Toe buig die man hom neer en aanbid die HERE
24:27b.GEN.024.027 met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.
24:28b.GEN.024.028 Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebeur het.
24:29b.GEN.024.029 En Rebekka het 'n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein.
24:30b.GEN.024.030 Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek--het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein,
24:31b.GEN.024.031 en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?
24:32b.GEN.024.032 En die man het in die huis ingekom--die kamele is afgesaal en vir die kamele is strooi en voer gegee, en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was.
24:33b.GEN.024.033 Daarop het hulle ete voor hom neergesit; maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En hy antwoord: Spreek maar.
24:34b.GEN.024.034 Toe sê hy: Ek is die dienaar van Abraham.
24:35b.GEN.024.035 En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.
24:36b.GEN.024.036 En Sara, die vrou van my heer, het vir my heer 'n seun gebaar nadat sy al oud was; en hy het aan hom alles oorgegee wat hy besit.
24:37b.GEN.024.037 En my heer het my laat sweer en gesê: Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se land ek woon nie;
24:38b.GEN.024.038 maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my geslag en vir my seun 'n vrou gaan haal.
24:39b.GEN.024.039 Toe het ek aan my heer gesê: Miskien sal die vrou my nie volg nie.
24:40b.GEN.024.040 Maar hy het my geantwoord: Die HERE voor wie se aangesig ek gewandel het, sal sy engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun 'n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.
24:41b.GEN.024.041 Dan sal jy ontslae wees van die eed aan my: as jy by my geslag kom en hulle haar aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my.
24:42b.GEN.024.042 Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar ek op gaan, voorspoedig wil maak--
24:43b.GEN.024.043 ek staan hier by die fontein laat dit nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink--
24:44b.GEN.024.044 en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep--sy is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.
24:45b.GEN.024.045 Ek het nog nie klaar in my hart gespreek nie of daar het Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!
24:46b.GEN.024.046 En sy het dadelik haar kruik van haar laat afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele ook laat drink. En ek het gedrink, en sy het ook die kamele laat drink.
24:47b.GEN.024.047 Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van Bétuel, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,
24:48b.GEN.024.048 en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.
24:49b.GEN.024.049 As julle dan nou guns en trou aan my heer wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, dat ek regs of links kan gaan.
24:50b.GEN.024.050 Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.
24:51b.GEN.024.051 Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy 'n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die HERE gespreek het.
24:52b.GEN.024.052 Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.
24:53b.GEN.024.053 Daarna het die dienaar silwer-- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee.
24:54b.GEN.024.054 En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer!
24:55b.GEN.024.055 Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter 'n dag of tien by ons bly; daarna kan jy heengaan.
24:56b.GEN.024.056 Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.
24:57b.GEN.024.057 Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en haar self vra.
24:58b.GEN.024.058 En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.
24:59b.GEN.024.059 Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.
24:60b.GEN.024.060 En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tien duisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!
24:61b.GEN.024.061 Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.
24:62b.GEN.024.062 En Isak het uit die rigting van die put Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon in die Suidland.
24:63b.GEN.024.063 En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.
24:64b.GEN.024.064 Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly
24:65b.GEN.024.065 en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.
24:66b.GEN.024.066 Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het.
24:67b.GEN.024.067 En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos ná die dood van sy moeder.
25
25:1b.GEN.025.001 En Abraham het weer 'n vrou geneem met die naam van Ketúra.
25:2b.GEN.025.002 En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar.
25:3b.GEN.025.003 En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete.
25:4b.GEN.025.004 En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Eldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.
25:5b.GEN.025.005 En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,
25:6b.GEN.025.006 maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.
25:7b.GEN.025.007 En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.
25:8b.GEN.025.008 Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.
25:9b.GEN.025.009 En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,
25:10b.GEN.025.010 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.
25:11b.GEN.025.011 Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï.
25:12b.GEN.025.012 En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het--
25:13b.GEN.025.013 dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam
25:14b.GEN.025.014 en Misma en Duma en Massa,
25:15b.GEN.025.015 Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.
25:16b.GEN.025.016 Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.
25:17b.GEN.025.017 En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.
25:18b.GEN.025.018 En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.
25:19b.GEN.025.019 En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.
25:20b.GEN.025.020 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.
25:21b.GEN.025.021 En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.
25:22b.GEN.025.022 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.
25:23b.GEN.025.023 En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.
25:24b.GEN.025.024 En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.
25:25b.GEN.025.025 En die eerste is gebore--rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.
25:26b.GEN.025.026 En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.
25:27b.GEN.025.027 En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
25:28b.GEN.025.028 En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.
25:29b.GEN.025.029 En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.
25:30b.GEN.025.030 Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.
25:31b.GEN.025.031 En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.
25:32b.GEN.025.032 En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?
25:33b.GEN.025.033 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.
25:34b.GEN.025.034 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
26
26:1b.GEN.026.001 En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar.
26:2b.GEN.026.002 En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys.
26:3b.GEN.026.003 Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.
26:4b.GEN.026.004 En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;
26:5b.GEN.026.005 omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
26:6b.GEN.026.006 So het Isak dan in Gerar gebly.
26:7b.GEN.026.007 En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou--anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.
26:8b.GEN.026.008 En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou.
26:9b.GEN.026.009 En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
26:10b.GEN.026.010 En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy 'n skuld oor ons gebring het!
26:11b.GEN.026.011 Daarop gee Abiméleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word.
26:12b.GEN.026.012 Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.
26:13b.GEN.026.013 En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:
26:14b.GEN.026.014 hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.
26:15b.GEN.026.015 En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en met grond opgevul.
26:16b.GEN.026.016 Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.
26:17b.GEN.026.017 Daarop het Isak vandaar weggetrek en laer opgeslaan in die dal by Gerar en daar bly woon.
26:18b.GEN.026.018 En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.
26:19b.GEN.026.019 En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar 'n put met lewendige water.
26:20b.GEN.026.020 En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
26:21b.GEN.026.021 Daarop grawe hulle 'n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.
26:22b.GEN.026.022 Toe het hy vandaar versit en 'n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit Réhobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.
26:23b.GEN.026.023 Daarna het hy vandaar opgetrek na Berséba.
26:24b.GEN.026.024 En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.
26:25b.GEN.026.025 Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe.
26:26b.GEN.026.026 Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste.
26:27b.GEN.026.027 En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?
26:28b.GEN.026.028 Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond met jou sluit:
26:29b.GEN.026.029 jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
26:30b.GEN.026.030 Toe berei hy vir hulle 'n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.
26:31b.GEN.026.031 En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar 'n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.
26:32b.GEN.026.032 Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.
26:33b.GEN.026.033 En hy het dit Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Berséba tot vandag toe.
26:34b.GEN.026.034 Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.
26:35b.GEN.026.035 En hulle was vir Isak en Rebekka 'n bitter verdriet.
27
27:1b.GEN.027.001 Toe Isak oud geword het en sy oë swak was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun! En hy het hom geantwoord: Hier is ek!
27:2b.GEN.027.002 Toe sê hy: Kyk tog, ek het oud geword, ek weet die dag van my dood nie.
27:3b.GEN.027.003 Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my 'n stuk wild
27:4b.GEN.027.004 en maak vir my lekker ete klaar soos ek dit graag wil hê; en bring dit vir my om te eet; sodat my siel jou kan seën voordat ek sterwe.
27:5b.GEN.027.005 En Rebekka het geluister terwyl Isak met sy seun Esau spreek. En Esau het in die veld gegaan om 'n stuk wild te jag en dit te bring.
27:6b.GEN.027.006 Toe het Rebekka met haar seun Jakob gespreek: Kyk, ek het jou vader met jou broer Esau hoor spreek en sê:
27:7b.GEN.027.007 Bring vir my 'n stuk wild en maak vir my lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die aangesig van die HERE voor my dood.
27:8b.GEN.027.008 My seun, luister dan nou na my, na wat ek jou beveel.
27:9b.GEN.027.009 Loop nou na die kleinvee en gaan haal vir my daar twee mooi bokkies, dat ek jou vader daarvan 'n lekker ete kan maak soos hy dit graag wil hê.
27:10b.GEN.027.010 Dan moet jy dit na jou vader bring, dat hy kan eet; sodat hy jou kan seën voor sy dood.
27:11b.GEN.027.011 Toe sê Jakob vir sy moeder Rebekka: Kyk, my broer Esau is 'n harige man en ek is 'n gladde man.
27:12b.GEN.027.012 Miskien sal my vader my betas, en ek sal in sy oë wees soos 'n spotter; so sou ek dan 'n vloek oor my bring en nie 'n seën nie.
27:13b.GEN.027.013 Maar sy moeder antwoord hom: Laat jou vloek op my wees, my seun! Luister net na my en gaan haal dit vir my.
27:14b.GEN.027.014 Toe het hy dit gaan haal en na sy moeder gebring. En sy moeder het daarvan 'n lekker ete gemaak soos sy vader dit graag wou hê.
27:15b.GEN.027.015 Ook neem Rebekka die beste klere van Esau, haar oudste seun, wat by haar in die huis was, en sy trek dit vir Jakob, haar jongste seun, aan;
27:16b.GEN.027.016 en die velle van die bokkies trek sy oor sy hande en oor die gladdigheid van sy nek,
27:17b.GEN.027.017 en sy gee die lekker ete en die brood wat sy gemaak het, in die hand van Jakob, haar seun.
27:18b.GEN.027.018 Toe kom hy by sy vader en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek! Wie is jy, my seun?
27:19b.GEN.027.019 En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat u siel my kan seën.
27:20b.GEN.027.020 Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat die Here u God dit my laat teëkom het.
27:21b.GEN.027.021 En Isak sê vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou kan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie.
27:22b.GEN.027.022 En Jakob het nader gekom na sy vader Isak, en hy het hom betas en gesê: Die stem is Jakob se stem, maar die hande is Esau se hande.
27:23b.GEN.027.023 Maar hy het hom nie geëien nie, omdat sy hande harig was soos sy broer Esau se hande; en hy het hom geseën.
27:24b.GEN.027.024 Hy het naamlik gevra: Is jy waarlik my seun Esau? En hy het geantwoord: Ja.
27:25b.GEN.027.025 Toe sê hy: Bring dit vir my nader, dat ek van die wildsvleis van my seun kan eet, sodat my siel jou kan seën. En hy het dit vir hom nader gebring, en hy het geëet. Hy het vir hom ook wyn gebring, en hy het gedrink.
27:26b.GEN.027.026 Daarop sê sy vader Isak vir hom: Kom tog nader en soen my, my seun!
27:27b.GEN.027.027 En hy het nader gekom en hom gesoen. Toe ruik hy die geur van sy klere, en hy seën hom en sê: Kyk, die geur van my seun is soos die geur van die veld wat die HERE geseën het.
27:28b.GEN.027.028 En mag God jou gee van die dou van die hemel en van die vet grond van die aarde en oorvloed van koring en mos.
27:29b.GEN.027.029 Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig. Wees 'n heerser oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd hulle wat jou seën.
27:30b.GEN.027.030 Maar toe Isak Jakob klaar geseën het en Jakob nog skaars van sy vader Isak af weggegaan het, kom sy broer Esau van die jag af,
27:31b.GEN.027.031 en hy maak ook 'n lekker ete en bring dit na sy vader en sê aan sy vader: Laat my vader hom oprig en eet van die wildsvleis van sy seun, sodat u siel my kan seën.
27:32b.GEN.027.032 En sy vader Isak vra hom: Wie is jy? En hy antwoord: Ek is u seun Esau, u eersgeborene.
27:33b.GEN.027.033 Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën--ook sal hy geseënd bly!
27:34b.GEN.027.034 Toe Esau die woorde van sy vader hoor, skreeu hy met 'n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën my ook, my vader!
27:35b.GEN.027.035 En hy antwoord: Jou broer het gekom met bedrog en jou seën weggeneem.
27:36b.GEN.027.036 Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie?
27:37b.GEN.027.037 Toe antwoord Isak en sê vir Esau: Kyk, ek het hom as heerser oor jou gestel en aan hom al sy broers as dienaars gegee; en ek het hom met koring en mos versorg. Wat kan ek dan nou vir jóu doen, my seun?
27:38b.GEN.027.038 Daarop het Esau aan sy vader gevra: Het u net een seën, my vader? Seën my ook, my vader! En Esau het sy stem verhef en geween.
27:39b.GEN.027.039 Toe antwoord sy vader Isak en sê vir hom: Kyk, ver van die vet grond van die aarde sal jou woonplek wees, en ver van die dou van die hemel daarbo.
27:40b.GEN.027.040 En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk.
27:41b.GEN.027.041 En Esau was Jakob vyandig gesind vanweë die seën waarmee sy vader hom geseën het, en Esau het in sy hart gedink: Die dae van die rou oor my vader is naby; dan sal ek my broer Jakob doodmaak.
27:42b.GEN.027.042 Maar toe hulle aan Rebekka die woorde van Esau, haar oudste seun, vertel, stuur sy en laat Jakob, haar jongste seun, roep en sê vir hom: Kyk, jou broer Esau sal hom op jou wreek deur jou dood te maak.
27:43b.GEN.027.043 My seun, luister dan nou na my: maak jou klaar, vlug tog na Haran, na my broer Laban,
27:44b.GEN.027.044 en bly 'n rukkie by hom tot die woede van jou broer bedaar,
27:45b.GEN.027.045 tot die toorn van jou broer teen jou bedaar en hy vergeet het wat jy hom aangedoen het. Dan sal ek stuur en jou daar laat haal. Waarom moet ek julle altwee op een dag verloor?
27:46b.GEN.027.046 Verder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. As Jakob 'n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land--waarvoor lewe ek dan?
28
28:1b.GEN.028.001 Toe het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie.
28:2b.GEN.028.002 Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Bétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar 'n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.
28:3b.GEN.028.003 En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke kan word.
28:4b.GEN.028.004 En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.
28:5b.GEN.028.005 So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.
28:6b.GEN.028.006 Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom 'n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie;
28:7b.GEN.028.007 en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;
28:8b.GEN.028.008 en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän sleg was in die oë van sy vader Isak,
28:9b.GEN.028.009 het Esau na Ismael gegaan en Máhalat, die dogter van Ismael, die seun van Abraham, die suster van Nébajot, by sy vroue vir hom as vrou geneem.
28:10b.GEN.028.010 En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan.
28:11b.GEN.028.011 Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.
28:12b.GEN.028.012 En hy het gedroom--daar is 'n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.
28:13b.GEN.028.013 En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;
28:14b.GEN.028.014 en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.
28:15b.GEN.028.015 En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.
28:16b.GEN.028.016 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.
28:17b.GEN.028.017 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.
28:18b.GEN.028.018 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.
28:19b.GEN.028.019 En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.
28:20b.GEN.028.020 En Jakob het 'n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,
28:21b.GEN.028.021 en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees.
28:22b.GEN.028.022 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.
29
29:1b.GEN.029.001 Toe lig Jakob sy voete op en gaan na die land van die kinders van die Ooste.
29:2b.GEN.029.002 En meteens sien hy 'n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit dié put het hulle die vee laat drink; en daar was 'n groot klip op die opening van die put.
29:3b.GEN.029.003 En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.
29:4b.GEN.029.004 Toe sê Jakob vir hulle: My broers, waar is julle vandaan? En hulle antwoord: Ons kom van Haran.
29:5b.GEN.029.005 En hy vra hulle: Ken julle vir Laban, die seun van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom.
29:6b.GEN.029.006 Verder sê hy vir hulle: Gaan dit goed met hom? En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee.
29:7b.GEN.029.007 En hy sê: Kyk, die dag is nog lank; dit is nie tyd om die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en gaan heen, laat hulle wei.
29:8b.GEN.029.008 Toe antwoord hulle: Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink.
29:9b.GEN.029.009 Terwyl hy nog met hulle praat, kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want sy het hulle opgepas.
29:10b.GEN.029.010 Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer.
29:11b.GEN.029.011 En Jakob het Ragel gesoen en sy stem verhef en geween.
29:12b.GEN.029.012 En Jakob het Ragel vertel dat hy haar vader se broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader vertel.
29:13b.GEN.029.013 Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in sy huis. En hy het aan Laban al hierdie dinge vertel.
29:14b.GEN.029.014 Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees. En hy het by hom 'n volle maand gebly.
29:15b.GEN.029.015 Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees.
29:16b.GEN.029.016 En Laban het twee dogters gehad--die naam van die oudste was Lea, en die naam van die jongste Ragel.
29:17b.GEN.029.017 En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.
29:18b.GEN.029.018 En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter.
29:19b.GEN.029.019 Toe antwoord Laban: Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan 'n ander man gee. Bly by my.
29:20b.GEN.029.020 So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos 'n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.
29:21b.GEN.029.021 Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan.
29:22b.GEN.029.022 Daarop het Laban al die manne van die plek versamel en 'n maaltyd berei.
29:23b.GEN.029.023 Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan.
29:24b.GEN.029.024 En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, as slavin.
29:25b.GEN.029.025 En die anderdagmôre--daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?
29:26b.GEN.029.026 En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie.
29:27b.GEN.029.027 Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring.
29:28b.GEN.029.028 En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.
29:29b.GEN.029.029 En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin Bilha gegee as slavin vir haar.
29:30b.GEN.029.030 En hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nóg sewe jaar in diens.
29:31b.GEN.029.031 En toe die HERE sien dat Lea die nie-geliefde was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.
29:32b.GEN.029.032 En Lea het bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê.
29:33b.GEN.029.033 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem.
29:34b.GEN.029.034 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem.
29:35b.GEN.029.035 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.
30
30:1b.GEN.030.001 En toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek.
30:2b.GEN.030.002 Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?
30:3b.GEN.030.003 En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar en ek ook uit haar gebou kan word.
30:4b.GEN.030.004 Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan.
30:5b.GEN.030.005 En Bilha het swanger geword en vir Jakob 'n seun gebaar.
30:6b.GEN.030.006 Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my 'n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.
30:7b.GEN.030.007 En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob 'n tweede seun gebaar.
30:8b.GEN.030.008 Toe sê Ragel: Ek het bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem.
30:9b.GEN.030.009 En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.
30:10b.GEN.030.010 En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n seun gebaar.
30:11b.GEN.030.011 Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem.
30:12b.GEN.030.012 Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob 'n tweede seun gebaar.
30:13b.GEN.030.013 Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem.
30:14b.GEN.030.014 En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gevind en dié na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels.
30:15b.GEN.030.015 Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.
30:16b.GEN.030.016 Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na my kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap.
30:17b.GEN.030.017 En God het Lea verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob 'n vyfde seun gebaar.
30:18b.GEN.030.018 Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem.
30:19b.GEN.030.019 En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob 'n sesde seun gebaar.
30:20b.GEN.030.020 Toe sê Lea: God het my 'n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom Sébulon genoem.
30:21b.GEN.030.021 En daarna het sy 'n dogter gebaar en haar Dina genoem.
30:22b.GEN.030.022 En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen:
30:23b.GEN.030.023 sy het bevrug geword en 'n seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem.
30:24b.GEN.030.024 En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my 'n ander seun daar byvoeg!
30:25b.GEN.030.025 En nadat Ragel Josef gebaar het, sê Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan.
30:26b.GEN.030.026 Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het.
30:27b.GEN.030.027 Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het--ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseën het.
30:28b.GEN.030.028 Verder sê hy: Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee.
30:29b.GEN.030.029 Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het.
30:30b.GEN.030.030 Want min was dit wat u vóór my koms gehad het, en dit het sterk vermeerder; en die HERE het u geseën op my voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook vir my huis werk?
30:31b.GEN.030.031 En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg--
30:32b.GEN.030.032 ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit moet my loon wees.
30:33b.GEN.030.033 En my regverdigheid sal later vir my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.
30:34b.GEN.030.034 Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord!
30:35b.GEN.030.035 En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en dié aan sy seuns afgegee.
30:36b.GEN.030.036 En hy het 'n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas.
30:37b.GEN.030.037 Toe neem Jakob vir hom groen latte van populier--, amandel-- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom;
30:38b.GEN.030.038 en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het verhit geword as hulle kom drink.
30:39b.GEN.030.039 En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes.
30:40b.GEN.030.040 Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie onder Laban se vee gesit nie.
30:41b.GEN.030.041 En elke keer as die sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit sou word by die latte.
30:42b.GEN.030.042 Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.
30:43b.GEN.030.043 En die man het buitengewoon uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.
31
31:1b.GEN.031.001 Toe hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s'n was; en uit wat ons vader s'n was, het hy al hierdie rykdom verwerf.
31:2b.GEN.031.002 Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie.
31:3b.GEN.031.003 En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees.
31:4b.GEN.031.004 Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvee
31:5b.GEN.031.005 en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my.
31:6b.GEN.031.006 En julle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het;
31:7b.GEN.031.007 maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie.
31:8b.GEN.031.008 As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes.
31:9b.GEN.031.009 So het God dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee.
31:10b.GEN.031.010 Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in 'n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was.
31:11b.GEN.031.011 En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!
31:12b.GEN.031.012 En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.
31:13b.GEN.031.013 Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My 'n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.
31:14b.GEN.031.014 Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?
31:15b.GEN.031.015 Word ons nie deur hom as vreemdelinge beskou nie? Want hy het ons verkoop en die geld wat deur ons verkry is, geheel en al deurgebring.
31:16b.GEN.031.016 Want al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het.
31:17b.GEN.031.017 Toe maak Jakob hom klaar en laai sy kinders en sy vroue op die kamele,
31:18b.GEN.031.018 en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.
31:19b.GEN.031.019 Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode van haar vader gesteel.
31:20b.GEN.031.020 En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.
31:21b.GEN.031.021 So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na die gebergte van Gílead.
31:22b.GEN.031.022 En op die derde dag kry Laban die tyding dat Jakob gevlug het.
31:23b.GEN.031.023 Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, 'n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van Gílead.
31:24b.GEN.031.024 Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in 'n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie.
31:25b.GEN.031.025 En Laban het Jakob ingehaal; Jakob het sy tent al opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in die gebergte van Gílead.
31:26b.GEN.031.026 Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy my mislei en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het?
31:27b.GEN.031.027 Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het?
31:28b.GEN.031.028 Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en dogters te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel.
31:29b.GEN.031.029 Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie.
31:30b.GEN.031.030 Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader--maar waarom het jy my gode gesteel?
31:31b.GEN.031.031 Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my wegneem.
31:32b.GEN.031.032 Die een by wie u u gode vind--hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.
31:33b.GEN.031.033 Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie; en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel.
31:34b.GEN.031.034 Maar Ragel het die huisgode geneem en dit in die kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie.
31:35b.GEN.031.035 Daarop sê sy vir haar vader: My heer moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisgode nie gekry nie.
31:36b.GEN.031.036 Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, dat u my so vurig agternagesit het?
31:37b.GEN.031.037 Nou dat u al my goed deurgevoel het--wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.
31:38b.GEN.031.038 Twintig jaar was ek nou by u. U skaap-- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie.
31:39b.GEN.031.039 Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is.
31:40b.GEN.031.040 Ek was 'n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë.
31:41b.GEN.031.041 Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander.
31:42b.GEN.031.042 As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie--ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel.
31:43b.GEN.031.043 Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters--wat sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het?
31:44b.GEN.031.044 Kom dan nou, laat ons 'n verbond sluit, ek en jy, dat dit 'n getuie tussen my en jou kan wees.
31:45b.GEN.031.045 Daarop het Jakob 'n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.
31:46b.GEN.031.046 En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en 'n hoop gemaak en daar op die hoop geëet.
31:47b.GEN.031.047 En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem.
31:48b.GEN.031.048 Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag 'n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem,
31:49b.GEN.031.049 en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.
31:50b.GEN.031.050 As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou.
31:51b.GEN.031.051 Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het--
31:52b.GEN.031.052 hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jy na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.
31:53b.GEN.031.053 Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.
31:54b.GEN.031.054 Toe het Jakob 'n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.
31:55b.GEN.031.055 En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek.
32
32:1b.GEN.032.001 Jakob het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet.
32:2b.GEN.032.002 Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is 'n leër van God! En hy het die plek Mahanáim genoem.
32:3b.GEN.032.003 En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom uit na sy broer Esau in die land Seïr, die landstreek van Edom,
32:4b.GEN.032.004 en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan my heer, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar--ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe;
32:5b.GEN.032.005 en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë.
32:6b.GEN.032.006 En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vier honderd man saam met hom.
32:7b.GEN.032.007 Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel;
32:8b.GEN.032.008 want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak.
32:9b.GEN.032.009 En Jakob het gesê: o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, o HERE, wat my beveel het: Gaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen--
32:10b.GEN.032.010 ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword.
32:11b.GEN.032.011 Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders.
32:12b.GEN.032.012 U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.
32:13b.GEN.032.013 En hy het die nag daar oorgebly en van wat in sy besit was, 'n geskenk geneem vir sy broer Esau:
32:14b.GEN.032.014 twee honderd bokooie en twintig bokke, twee honderd skaapooie en twintig ramme,
32:15b.GEN.032.015 dertig kameelkoeie wat in die melk was, met hulle kalfies, veertig koeie en tien bulle, twintig eselinne en tien jong esels;
32:16b.GEN.032.016 en hy het hulle aan sy dienaars afgegee, elke trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit, en laat 'n plek oop tussen trop en trop.
32:17b.GEN.032.017 Daarop gee hy aan die eerste een bevel en sê: As my broer Esau jou teëkom en jou vra: Aan wie behoort jy, en waarheen gaan jy, en wie s'n is die goed daar voor jou?
32:18b.GEN.032.018 dan moet jy antwoord: U dienaar Jakob s'n. Dit is 'n geskenk wat hy aan my heer Esau stuur; en kyk, hy self kom ook agter ons aan.
32:19b.GEN.032.019 En hy het ook bevel gegee aan die tweede en aan die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het, en gesê: Net so moet julle Esau antwoord as julle hom kry--
32:20b.GEN.032.020 julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom agter ons aan. Want hy het gedink: Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien--miskien sal hy my in guns aanneem.
32:21b.GEN.032.021 So het die geskenk dan voor hom uit gegaan, maar hy self het dié nag in die laer gebly.
32:22b.GEN.032.022 En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die Jabbok getrek:
32:23b.GEN.032.023 hy het hulle geneem en hulle deur die rivier laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het.
32:24b.GEN.032.024 Maar Jakob het alleen agtergebly, en 'n Man het met hom geworstel tot dagbreek.
32:25b.GEN.032.025 En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.
32:26b.GEN.032.026 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.
32:27b.GEN.032.027 En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.
32:28b.GEN.032.028 Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
32:29b.GEN.032.029 Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën.
32:30b.GEN.032.030 Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.
32:31b.GEN.032.031 En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pnuel verby was; en hy was mank aan sy heup.
32:32b.GEN.032.032 Daarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het.
33
33:1b.GEN.033.001 En Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vier honderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.
33:2b.GEN.033.002 En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en Josef laaste opgestel;
33:3b.GEN.033.003 maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het.
33:4b.GEN.033.004 Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.
33:5b.GEN.033.005 Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.
33:6b.GEN.033.006 En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig.
33:7b.GEN.033.007 En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig.
33:8b.GEN.033.008 Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer.
33:9b.GEN.033.009 Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joue is, laat dit joue bly!
33:10b.GEN.033.010 Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos 'n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.
33:11b.GEN.033.011 Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.
33:12b.GEN.033.012 Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal langs jou trek.
33:13b.GEN.033.013 Maar hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as 'n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee.
33:14b.GEN.033.014 My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Seïr aankom.
33:15b.GEN.033.015 Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die oë van my heer vind!
33:16b.GEN.033.016 So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe.
33:17b.GEN.033.017 Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom 'n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.
33:18b.GEN.033.018 En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die land Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het--hy het sy laer voor die stad opgeslaan
33:19b.GEN.033.019 en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke.
33:20b.GEN.033.020 Daar het hy ook 'n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.
34
34:1b.GEN.034.001 En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken.
34:2b.GEN.034.002 Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.
34:3b.GEN.034.003 En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek.
34:4b.GEN.034.004 Sigem het ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou.
34:5b.GEN.034.005 Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.
34:6b.GEN.034.006 En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek.
34:7b.GEN.034.007 En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, omdat hy 'n skanddaad in Israel begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hou: so iets mag nie gebeur het nie.
34:8b.GEN.034.008 Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou
34:9b.GEN.034.009 en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters.
34:10b.GEN.034.010 Bly maar by ons woon, en die land sal voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin.
34:11b.GEN.034.011 En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.
34:12b.GEN.034.012 Vra my 'n baie groot koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou.
34:13b.GEN.034.013 Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog--hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het--
34:14b.GEN.034.014 en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons suster aan 'n man te gee wat die voorhuid het nie, want dit sou 'n skande vir ons wees.
34:15b.GEN.034.015 Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word.
34:16b.GEN.034.016 Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word.
34:17b.GEN.034.017 Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg.
34:18b.GEN.034.018 En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor.
34:19b.GEN.034.019 En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader.
34:20b.GEN.034.020 Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:
34:21b.GEN.034.021 Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die land woon en daarin rondtrek: die land lê mos alkante toe wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee.
34:22b.GEN.034.022 Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder ons, besny word soos hulle besny is.
34:23b.GEN.034.023 Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere--sal dit nie ons s'n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon.
34:24b.GEN.034.024 En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het.
34:25b.GEN.034.025 Maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was, neem die twee seuns van Jakob, Símeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.
34:26b.GEN.034.026 Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek.
34:27b.GEN.034.027 Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster onteer het.
34:28b.GEN.034.028 Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels--wat in die stad en in die veld was--het hulle weggeneem.
34:29b.GEN.034.029 En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was.
34:30b.GEN.034.030 Toe sê Jakob vir Símeon en Levi: Julle het my ontroer dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die land, die Kanaäniete en Feresiete, terwyl ek 'n klein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis.
34:31b.GEN.034.031 Toe antwoord hulle: Hoe durf hy dan ons suster as 'n hoer behandel!
35
35:1b.GEN.035.001 Daarna het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en bou daar 'n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau.
35:2b.GEN.035.002 Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en reinig julle en trek ander klere aan;
35:3b.GEN.035.003 en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar 'n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.
35:4b.GEN.035.004 Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
35:5b.GEN.035.005 En toe hulle weggetrek het, kom daar 'n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.
35:6b.GEN.035.006 So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die land Kanaän is dit is Bet-el--hy en al die mense wat by hom was.
35:7b.GEN.035.007 en hy het daar 'n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.
35:8b.GEN.035.008 En Debora, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.
35:9b.GEN.035.009 Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
35:10b.GEN.035.010 en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.
35:11b.GEN.035.011 Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, ja, 'n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.
35:12b.GEN.035.012 En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.
35:13b.GEN.035.013 Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.
35:14b.GEN.035.014 En Jakob het 'n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, 'n gedenksteen van klip, en daarop 'n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.
35:15b.GEN.035.015 En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem.
35:16b.GEN.035.016 Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.
35:17b.GEN.035.017 En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u.
35:18b.GEN.035.018 En toe haar siel uitgaan--want sy het gesterwe--noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
35:19b.GEN.035.019 So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.
35:20b.GEN.035.020 En Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.
35:21b.GEN.035.021 En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.
35:22b.GEN.035.022 En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.
35:23b.GEN.035.023 Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Issaskar en Sébulon.
35:24b.GEN.035.024 Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.
35:25b.GEN.035.025 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.
35:26b.GEN.035.026 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
35:27b.GEN.035.027 En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.
35:28b.GEN.035.028 En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar.
35:29b.GEN.035.029 En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.
36
36:1b.GEN.036.001 En dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
36:2b.GEN.036.002 Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;
36:3b.GEN.036.003 en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
36:4b.GEN.036.004 En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.
36:5b.GEN.036.005 En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.
36:6b.GEN.036.006 Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na 'n land, wég van sy broer Jakob af;
36:7b.GEN.036.007 want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
36:8b.GEN.036.008 En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.
36:9b.GEN.036.009 Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.
36:10b.GEN.036.010 Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.
36:11b.GEN.036.011 En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.
36:12b.GEN.036.012 En Timna was 'n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Amalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.
36:13b.GEN.036.013 En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
36:14b.GEN.036.014 En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau--sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.
36:15b.GEN.036.015 Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,
36:16b.GEN.036.016 die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Amalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.
36:17b.GEN.036.017 En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
36:18b.GEN.036.018 En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
36:19b.GEN.036.019 Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.
36:20b.GEN.036.020 Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana
36:21b.GEN.036.021 en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom.
36:22b.GEN.036.022 En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.
36:23b.GEN.036.023 En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam.
36:24b.GEN.036.024 En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.
36:25b.GEN.036.025 En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.
36:26b.GEN.036.026 En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.
36:27b.GEN.036.027 Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan.
36:28b.GEN.036.028 Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.
36:29b.GEN.036.029 Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,
36:30b.GEN.036.030 die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr.
36:31b.GEN.036.031 En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar 'n koning geregeer het oor die kinders van Israel:
36:32b.GEN.036.032 Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.
36:33b.GEN.036.033 En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
36:34b.GEN.036.034 En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.
36:35b.GEN.036.035 En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Mídianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
36:36b.GEN.036.036 En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.
36:37b.GEN.036.037 En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.
36:38b.GEN.036.038 En ná die dood van Saul het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.
36:39b.GEN.036.039 En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.
36:40b.GEN.036.040 Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet.
36:41b.GEN.036.041 die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,
36:42b.GEN.036.042 die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar,
36:43b.GEN.036.043 die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.
37
37:1b.GEN.037.001 En Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän.
37:2b.GEN.037.002 Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers--hy was nog jonk--met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.
37:3b.GEN.037.003 En Israel het Josef meer lief gehad as al sy seuns; want hy was vir hom 'n seun van die ouderdom; en hy het vir hom 'n lang rok met moue gemaak.
37:4b.GEN.037.004 Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.
37:5b.GEN.037.005 Ook het Josef 'n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.
37:6b.GEN.037.006 Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het.
37:7b.GEN.037.007 Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig.
37:8b.GEN.037.008 Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde.
37:9b.GEN.037.009 Daarna het hy nog 'n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog 'n droom gehad--die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.
37:10b.GEN.037.010 Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir 'n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?
37:11b.GEN.037.011 En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou.
37:12b.GEN.037.012 En sy broers het die kleinvee van hulle vader by Sigem gaan oppas.
37:13b.GEN.037.013 Toe sê Israel vir Josef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: Hier is ek!
37:14b.GEN.037.014 Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom.
37:15b.GEN.037.015 Daarop kry 'n man hom terwyl hy in die veld ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy?
37:16b.GEN.037.016 En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my tog waar hulle die vee oppas.
37:17b.GEN.037.017 Toe sê die man: Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het hulle hoor sê: Laat ons na Dotan gaan. En Josef het agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind.
37:18b.GEN.037.018 En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak.
37:19b.GEN.037.019 En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan!
37:20b.GEN.037.020 Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: 'n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word.
37:21b.GEN.037.021 Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie.
37:22b.GEN.037.022 Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, maar moenie die hand aan hom slaan nie--sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring.
37:23b.GEN.037.023 En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het,
37:24b.GEN.037.024 en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.
37:25b.GEN.037.025 Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens 'n reisgeselskap Ismaeliete wat uit Gílead kom--hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom op pad om dit na Egipte af te bring.
37:26b.GEN.037.026 Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg?
37:27b.GEN.037.027 Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.
37:28b.GEN.037.028 En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.
37:29b.GEN.037.029 Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere,
37:30b.GEN.037.030 en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen?
37:31b.GEN.037.031 Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag 'n bok en steek die rok in die bloed,
37:32b.GEN.037.032 en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie.
37:33b.GEN.037.033 En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! 'n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!
37:34b.GEN.037.034 Toe skeur Jakob sy klere en trek 'n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.
37:35b.GEN.037.035 En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween.
37:36b.GEN.037.036 En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
38
38:1b.GEN.038.001 In dié tyd het Juda afgetrek, van sy broers af weg, en uitgedraai na 'n man van Adúllam met die naam van Hira.
38:2b.GEN.038.002 En Juda het daar die dogter van 'n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan.
38:3b.GEN.038.003 En sy het bevrug geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Er genoem.
38:4b.GEN.038.004 Daarna het sy weer bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Onan genoem.
38:5b.GEN.038.005 En sy het nog weer 'n seun gebaar en hom Sela genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het.
38:6b.GEN.038.006 En Juda het vir Er, sy eersgeborene, 'n vrou geneem, en haar naam was Tamar.
38:7b.GEN.038.007 Maar Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag. Daarom het die HERE hom laat sterwe.
38:8b.GEN.038.008 Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer 'n nageslag.
38:9b.GEN.038.009 Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.
38:10b.GEN.038.010 En dit was verkeerd in die oë van die HERE wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe.
38:11b.GEN.038.011 Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: Bly 'n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.
38:12b.GEN.038.012 En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.
38:13b.GEN.038.013 En hulle het Tamar te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer.
38:14b.GEN.038.014 Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met 'n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie.
38:15b.GEN.038.015 Toe Juda haar sien, het hy haar vir 'n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het;
38:16b.GEN.038.016 en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?
38:17b.GEN.038.017 En hy antwoord: Ek sal jou 'n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy 'n pand gee totdat jy dit stuur.
38:18b.GEN.038.018 En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.
38:19b.GEN.038.019 En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.
38:20b.GEN.038.020 En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie.
38:21b.GEN.038.021 Toe vra hy die mense van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.
38:22b.GEN.038.022 Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie.
38:23b.GEN.038.023 Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie 'n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie.
38:24b.GEN.038.024 Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.
38:25b.GEN.038.025 Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
38:26b.GEN.038.026 En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.
38:27b.GEN.038.027 En toe sy sou baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.
38:28b.GEN.038.028 En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en 'n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.
38:29b.GEN.038.029 Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.
38:30b.GEN.038.030 En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.
39
39:1b.GEN.039.001 En Josef is afgebring na Egipte; en Pótifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
39:2b.GEN.039.002 En die HERE was met Josef, sodat hy 'n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.
39:3b.GEN.039.003 En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,
39:4b.GEN.039.004 het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee.
39:5b.GEN.039.005 En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef; ja, die seën van die HERE was by alles wat syne was, in die huis en op die veld.
39:6b.GEN.039.006 En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.
39:7b.GEN.039.007 Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.
39:8b.GEN.039.008 Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.
39:9b.GEN.039.009 Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?
39:10b.GEN.039.010 En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,
39:11b.GEN.039.011 kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.
39:12b.GEN.039.012 Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.
39:13b.GEN.039.013 Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,
39:14b.GEN.039.014 roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons 'n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;
39:15b.GEN.039.015 en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.
39:16b.GEN.039.016 En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.
39:17b.GEN.039.017 En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;
39:18b.GEN.039.018 en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.
39:19b.GEN.039.019 Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen--het hy baie kwaad geword;
39:20b.GEN.039.020 en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.
39:21b.GEN.039.021 Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.
39:22b.GEN.039.022 En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hy gedoen.
39:23b.GEN.039.023 Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees.
40
40:1b.GEN.040.001 Ná hierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte,
40:2b.GEN.040.002 sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers.
40:3b.GEN.040.003 En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was.
40:4b.GEN.040.004 En die owerste van die lyfwag het Josef by hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was 'n tyd lank in bewaring.
40:5b.GEN.040.005 En hulle het altwee 'n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen 'n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het.
40:6b.GEN.040.006 En Josef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle ontstemd was.
40:7b.GEN.040.007 Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy heer, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig?
40:8b.GEN.040.008 En hulle antwoord hom: Ons het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: Is uitlegging nie 'n saak van God nie? Vertel my tog.
40:9b.GEN.040.009 Toe vertel die voorman van die skinkers aan Josef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar 'n wingerdstok voor my,
40:10b.GEN.040.010 en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het hy gebot of sy bloeisel was uit, sy trosse het ryp druiwe geword.
40:11b.GEN.040.011 En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee.
40:12b.GEN.040.012 Toe sê Josef vir hom: Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae.
40:13b.GEN.040.013 Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef--jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.
40:14b.GEN.040.014 Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog 'n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit;
40:15b.GEN.040.015 want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie.
40:16b.GEN.040.016 Toe die voorman van die bakkers sien dat hy 'n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: Ook in my droom--toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof,
40:17b.GEN.040.017 en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik.
40:18b.GEN.040.018 Toe antwoord Josef en sê: Dit is die uitlegging daarvan--die drie mandjies is drie dae.
40:19b.GEN.040.019 Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef--hy sal jou aan 'n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.
40:20b.GEN.040.020 En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy 'n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef--
40:21b.GEN.040.021 hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee,
40:22b.GEN.040.022 maar die voorman van die bakkers het hy opgehang soos Josef dit aan hulle uitgelê het.
40:23b.GEN.040.023 En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.
41
41:1b.GEN.041.001 Ná verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;
41:2b.GEN.041.002 en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei in die rietgras.
41:3b.GEN.041.003 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.
41:4b.GEN.041.004 En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword.
41:5b.GEN.041.005 En hy het weer aan die slaap geraak en nog 'n keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel;
41:6b.GEN.041.006 en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was;
41:7b.GEN.041.007 en die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was 'n droom!
41:8b.GEN.041.008 Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.
41:9b.GEN.041.009 Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag my sondes in gedagtenis bring.
41:10b.GEN.041.010 Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.
41:11b.GEN.041.011 En ons het in dieselfde nag 'n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen 'n droom met besondere betekenis.
41:12b.GEN.041.012 En daar was by ons 'n Hebreeuse jongman, 'n kneg van die owerste van die lyfwag--aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.
41:13b.GEN.041.013 En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur--my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.
41:14b.GEN.041.014 Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.
41:15b.GEN.041.015 Toe sê Farao vir Josef: Ek het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy 'n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.
41:16b.GEN.041.016 En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao 'n gunstige antwoord gee.
41:17b.GEN.041.017 Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die wal van die Nyl,
41:18b.GEN.041.018 en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras.
41:19b.GEN.041.019 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.
41:20b.GEN.041.020 En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet:
41:21b.GEN.041.021 dié het in hulle maag ingegaan, maar 'n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.
41:22b.GEN.041.022 Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel.
41:23b.GEN.041.023 En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;
41:24b.GEN.041.024 en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.
41:25b.GEN.041.025 Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.
41:26b.GEN.041.026 Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.
41:27b.GEN.041.027 En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees.
41:28b.GEN.041.028 Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.
41:29b.GEN.041.029 Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland;
41:30b.GEN.041.030 maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.
41:31b.GEN.041.031 En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.
41:32b.GEN.041.032 En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is--dit is omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.
41:33b.GEN.041.033 Laat Farao dan nou uitkyk na 'n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.
41:34b.GEN.041.034 Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.
41:35b.GEN.041.035 En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.
41:36b.GEN.041.036 So sal dan die voedsel 'n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.
41:37b.GEN.041.037 En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.
41:38b.GEN.041.038 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is?
41:39b.GEN.041.039 En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.
41:40b.GEN.041.040 Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy.
41:41b.GEN.041.041 Verder het Farao vir Josef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.
41:42b.GEN.041.042 Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang
41:43b.GEN.041.043 en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel.
41:44b.GEN.041.044 En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.
41:45b.GEN.041.045 En Farao het Josef genoem Sáfenat-Panéag en aan hom Asenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland.
41:46b.GEN.041.046 En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek.
41:47b.GEN.041.047 En die land het met handvolle opgelewer in die sewe jare van oorvloed.
41:48b.GEN.041.048 Toe het hy al die voedsel van die sewe jare versamel wat in Egipteland gekom het, en voedsel in die stede weggesit--die voedsel van die land wat rondom elke stad was, het hy daarin weggesit.
41:49b.GEN.041.049 So het Josef dan 'n baie groot hoeveelheid koring opgehoop soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was ontelbaar.
41:50b.GEN.041.050 En vir Josef is twee seuns gebore--voordat die jaar van hongersnood gekom het--wat Asenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.
41:51b.GEN.041.051 En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.
41:52b.GEN.041.052 En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.
41:53b.GEN.041.053 Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in Egipteland was, ten einde gekom,
41:54b.GEN.041.054 en die sewe jare van hongersnood het begin aankom soos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood.
41:55b.GEN.041.055 En toe die hele Egipteland honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê.
41:56b.GEN.041.056 En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland.
41:57b.GEN.041.057 En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde.
42
42:1b.GEN.042.001 Toe Jakob merk dat daar koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar?
42:2b.GEN.042.002 En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie.
42:3b.GEN.042.003 Daarop het tien van Josef se broers afgetrek om koring uit Egipte te koop.
42:4b.GEN.042.004 Maar Benjamin, die broer van Josef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink: Altemit kan 'n ongeluk hom oorkom.
42:5b.GEN.042.005 So het die seuns van Israel dan gekom om koring te koop onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die land Kanaän.
42:6b.GEN.042.006 En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig.
42:7b.GEN.042.007 Sodra Josef sy broers sien, het hy hulle herken maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die land Kanaän om voedsel te koop.
42:8b.GEN.042.008 En Josef het sy broers herken, maar húlle het hom nie herken nie.
42:9b.GEN.042.009 Toe dink Josef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die land oop is.
42:10b.GEN.042.010 Maar hulle het hom geantwoord: Nee, my heer, maar u dienaars het gekom om voedsel te koop.
42:11b.GEN.042.011 Ons is almal seuns van een man, ons is eerlike mense; u dienaars is geen spioene nie.
42:12b.GEN.042.012 Toe sê hy vir hulle: Nee, maar julle het gekom om te kyk waar die land oop is.
42:13b.GEN.042.013 En hulle antwoord: U dienaars is twaalf in getal, ons is broers, seuns van een man in die land Kanaän; en kyk, die jongste is nou by ons vader, maar die een is daar nie meer nie.
42:14b.GEN.042.014 Toe sê Josef vir hulle: Dit is wat ek julle gesê het: Julle is spioene!
42:15b.GEN.042.015 Hieraan sal julle getoets word: so waar as Farao leef, julle sal hiervandaan nie trek tensy dat julle jongste broer hierheen kom nie.
42:16b.GEN.042.016 Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar júlle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is spioene!
42:17b.GEN.042.017 Daarop het hy hulle saam drie dae lank in bewaring laat hou.
42:18b.GEN.042.018 En op die derde dag sê Josef vir hulle: Doen dit, dan sal julle lewe; ek vrees God!
42:19b.GEN.042.019 As julle eerlike mense is, laat een van julle broers gevange bly in die huis waar julle in bewaring is; maar gaan júlle, bring die koring vir die honger van julle huisgesinne weg,
42:20b.GEN.042.020 en bring julle jongste broer na my toe--dan sal julle woorde waar gemaak word, en julle sal nie sterwe nie. En hulle het so gedoen.
42:21b.GEN.042.021 Toe sê hulle vir mekaar: Voorwaar, ons boet nou vanweë ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het toe hy ons gesmeek het en ons nie geluister het nie--daarom kom hierdie benoudheid oor ons.
42:22b.GEN.042.022 Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir julle gesê nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook sy bloed geëis.
42:23b.GEN.042.023 En hulle het nie geweet dat Josef dit verstaan nie, want daar was 'n tolk tussen hulle.
42:24b.GEN.042.024 Toe draai hy hom van hulle af weg en ween. Daarna het hy na hulle teruggegaan en met hulle gespreek; en hy het Símeon onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë gebind.
42:25b.GEN.042.025 Daarop gee Josef bevel om hulle sakke vol koring te maak en elkeen se geld weer in sy sak te sit en om aan hulle padkos vir die reis saam te gee. En so is aan hulle gedoen.
42:26b.GEN.042.026 En hulle het die koring op hulle esels gelaai en daar weggetrek.
42:27b.GEN.042.027 En toe die een sy sak oopmaak om sy esel in die herberg voer te gee, sien hy sy geld; en kyk, dit was somaar bo in sy sak!
42:28b.GEN.042.028 En hy sê vir sy broers: My geld is teruggegee; hier lê dit dan ook in my sak! Toe het hulle hart hul begewe, en hulle draai verskrik na mekaar toe en sê: Wat het God ons nou aangedoen?
42:29b.GEN.042.029 En hulle het by hul vader Jakob in die land Kanaän gekom en hom alles vertel wat hulle wedervaar het en gesê:
42:30b.GEN.042.030 Die man, die heer van die land, het ons hard aangespreek en ons vir spioene van die land gehou.
42:31b.GEN.042.031 Maar ons het aan hom gesê: Ons is eerlike mense, ons is geen spioene nie.
42:32b.GEN.042.032 Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is daar nie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die land Kanaän.
42:33b.GEN.042.033 Daarop het die man, die heer van die land, aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is--laat een van julle broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg,
42:34b.GEN.042.034 en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlike mense is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die land rondtrek.
42:35b.GEN.042.035 En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees.
42:36b.GEN.042.036 Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my!
42:37b.GEN.042.037 Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kan my twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en ék sal hom na u terugbring.
42:38b.GEN.042.038 Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as 'n ongeluk hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met kommer in die doderyk laat afdaal.
43
43:1b.GEN.043.001 En die hongersnood was swaar in die land.
43:2b.GEN.043.002 En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer 'n bietjie voedsel.
43:3b.GEN.043.003 Toe het Juda hom geantwoord: Die man het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.
43:4b.GEN.043.004 As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop;
43:5b.GEN.043.005 maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.
43:6b.GEN.043.006 Toe sê Israel: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel deur die man te vertel dat julle nog 'n broer het?
43:7b.GEN.043.007 En hulle antwoord: Die man het uitdruklik na ons en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog 'n broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee volgens hierdie woorde. Kon ons dan ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af?
43:8b.GEN.043.008 Daarop sê Juda aan sy vader Israel: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie sterwe nie--ons en ook u en ons kinders nie.
43:9b.GEN.043.009 Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan.
43:10b.GEN.043.010 Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al twee maal terug.
43:11b.GEN.043.011 Toe het Israel, hulle vader, vir hulle gesê: As dit so is, doen dan dit: neem van die opbrings van die land in julle sakke en bring vir die man 'n geskenk af--bietjie balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels;
43:12b.GEN.043.012 en neem dubbel soveel geld met julle saam en bring die geld wat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug. Miskien was dit 'n vergissing.
43:13b.GEN.043.013 En neem julle broer--maak julle klaar en gaan terug na die man.
43:14b.GEN.043.014 En mag God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek--as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof.
43:15b.GEN.043.015 Daarop neem die manne dié geskenk, en hulle neem dubbel soveel geld saam met hulle en ook Benjamin, en hulle het klaargemaak en na Egipte afgetrek en voor Josef gaan staan.
43:16b.GEN.043.016 Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.
43:17b.GEN.043.017 En die man het gedoen soos Josef beveel het, en die man het die manne in die huis van Josef gebring.
43:18b.GEN.043.018 En die manne het gevrees, omdat hulle in die huis van Josef gebring is, en gesê: Ter wille van die geld wat die vorige keer in ons sakke teruggekom het, word ons ingebring om ons te oorrompel, ons te oorval en ons as slawe te neem, saam met ons esels.
43:19b.GEN.043.019 Daarom het hulle nader gekom na die man wat oor die huis van Josef was, en met hom gespreek by die ingang van die huis
43:20b.GEN.043.020 en gesê: Ag, my heer, ons het die vorige keer net afgetrek om voedsel te koop,
43:21b.GEN.043.021 maar toe ons in die herberg kom en ons sakke oopmaak, was elkeen se geld bo in sy sak--ons geld volgens sy gewig--en ons het dit saam met ons teruggebring.
43:22b.GEN.043.022 Ons het ook ander geld saam met ons afgebring om voedsel te koop. Ons weet nie wie ons geld in ons sakke gesteek het nie.
43:23b.GEN.043.023 Toe antwoord hy: Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! Julle God en die God van julle vader het julle 'n skat in jul sakke gegee. Julle geld het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring.
43:24b.GEN.043.024 En die man het die manne in die huis van Josef gebring en water aan hulle gegee, en hulle het hul voete gewas; hy het ook hulle esels voer gegee.
43:25b.GEN.043.025 En hulle het die geskenk reggemaak teen dat Josef die middag sou kom, want hulle het gehoor dat hulle daar brood sou eet.
43:26b.GEN.043.026 Toe Josef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor hom neergebuig na die aarde toe.
43:27b.GEN.043.027 En hy het hulle na hul welstand gevra en gesê: Gaan dit goed met julle ou vader van wie julle gespreek het? Leef hy nog?
43:28b.GEN.043.028 En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.
43:29b.GEN.043.029 Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag God jou genadig wees, my seun!
43:30b.GEN.043.030 En Josef het gou gemaak, want sy binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan en daar geween.
43:31b.GEN.043.031 Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en hom bedwing en gesê: Bring die ete op!
43:32b.GEN.043.032 Toe bring hulle dit vir hom besonders op en vir hulle besonders en vir die Egiptenaars wat by hom eet, besonders; want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs eet nie, omdat dit vir die Egiptenaars 'n gruwel is.
43:33b.GEN.043.033 En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan.
43:34b.GEN.043.034 Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin was vyf maal groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en saam met hom vrolik geword.
44
44:1b.GEN.044.001 Toe gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak;
44:2b.GEN.044.002 en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.
44:3b.GEN.044.003 Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels.
44:4b.GEN.044.004 Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?
44:5b.GEN.044.005 Is dit nie die ding waaruit my heer drink en waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het.
44:6b.GEN.044.006 En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel.
44:7b.GEN.044.007 Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my heer sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen.
44:8b.GEN.044.008 Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän aan u teruggebring hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?
44:9b.GEN.044.009 Dié een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees.
44:10b.GEN.044.010 Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal vry wees.
44:11b.GEN.044.011 Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.
44:12b.GEN.044.012 En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.
44:13b.GEN.044.013 Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.
44:14b.GEN.044.014 En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die grond.
44:15b.GEN.044.015 Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat 'n man soos ek dit ongetwyfeld moet waarneem nie?
44:16b.GEN.044.016 En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is.
44:17b.GEN.044.017 Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in vrede op na julle vader.
44:18b.GEN.044.018 Toe kom Juda nader na hom en sê: Ag, my heer, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.
44:19b.GEN.044.019 My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle 'n vader of broer?
44:20b.GEN.044.020 En ons het my heer geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is 'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.
44:21b.GEN.044.021 Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.
44:22b.GEN.044.022 En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.
44:23b.GEN.044.023 Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.
44:24b.GEN.044.024 En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,
44:25b.GEN.044.025 het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons 'n bietjie voedsel.
44:26b.GEN.044.026 Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.
44:27b.GEN.044.027 En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het--
44:28b.GEN.044.028 die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.
44:29b.GEN.044.029 As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom 'n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal.
44:30b.GEN.044.030 As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie--terwyl sy siel innig aan hom verkleef is--
44:31b.GEN.044.031 sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal.
44:32b.GEN.044.032 Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.
44:33b.GEN.044.033 Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.
44:34b.GEN.044.034 Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!
45
45:1b.GEN.045.001 Toe kon Josef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
45:2b.GEN.045.002 Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het.
45:3b.GEN.045.003 En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom.
45:4b.GEN.045.004 Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het.
45:5b.GEN.045.005 Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.
45:6b.GEN.045.006 Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie.
45:7b.GEN.045.007 Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot 'n groot verlossing.
45:8b.GEN.045.008 Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my 'n raadsman van Farao gemaak en 'n gebieder oor sy hele huis en 'n regeerder in die hele Egipteland.
45:9b.GEN.045.009 Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my 'n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie!
45:10b.GEN.045.010 En u kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit.
45:11b.GEN.045.011 En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort.
45:12b.GEN.045.012 En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my broer Benjamin, dat dit my mond is wat met julle spreek.
45:13b.GEN.045.013 Vertel my vader dan van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het, en bring my vader gou hierheen af.
45:14b.GEN.045.014 Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween.
45:15b.GEN.045.015 En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.
45:16b.GEN.045.016 Toe die gerug in die huis van Farao gehoor word dat Josef se broers gekom het, was dit goed in die oë van Farao en van sy dienaars.
45:17b.GEN.045.017 En Farao het met Josef gespreek: Sê aan jou broers: Doen dit, laai julle diere en trek weg na die land Kanaän.
45:18b.GEN.045.018 En gaan haal julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle die beste van Egipteland gee; en eet die vettigheid van die land.
45:19b.GEN.045.019 Jy kry dan bevel--doen dit: Neem vir julle uit Egipteland waens vir julle kinders en julle vroue, en vervoer julle vader en kom.
45:20b.GEN.045.020 En julle hoef geen spyt te hê oor julle huisraad nie, want die beste van die hele Egipteland is julle s'n.
45:21b.GEN.045.021 Die seuns van Israel het toe so gedoen; en Josef het vir hulle waens verskaf volgens die bevel van Farao en hulle padkos gegee vir die reis.
45:22b.GEN.045.022 Hy het aan hulle almal, man vir man, 'n stel nuwe klere gegee; maar aan Benjamin het hy drie honderd sikkels silwer en vyf stel nuwe klere gegee.
45:23b.GEN.045.023 En net so het hy ook aan sy vader gestuur tien esels, gelaai met die beste goed van Egipte, en tien eselinne, gelaai met koring en brood en voedsel vir sy vader op die reis.
45:24b.GEN.045.024 Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.
45:25b.GEN.045.025 En hulle het opgetrek uit Egipte en in die land Kanaän aangekom by hulle vader Jakob.
45:26b.GEN.045.026 Toe hulle hom vertel: Josef lewe nog--en dat hy regeerder is in die hele Egipteland--het sy hart beswyk, want hy het hulle nie geglo nie.
45:27b.GEN.045.027 Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword.
45:28b.GEN.045.028 En Israel het gesê: Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe.
46
46:1b.GEN.046.001 En Israel het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en in Berséba gekom; en hy het offerandes gebring aan die God van sy vader Isak.
46:2b.GEN.046.002 En God het tot Israel gespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!
46:3b.GEN.046.003 Toe sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar 'n groot nasie maak.
46:4b.GEN.046.004 Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; en Josef sal jou oë toedruk.
46:5b.GEN.046.005 Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.
46:6b.GEN.046.006 En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:
46:7b.GEN.046.007 sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.
46:8b.GEN.046.008 En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het--Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.
46:9b.GEN.046.009 En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi.
46:10b.GEN.046.010 En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou.
46:11b.GEN.046.011 En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
46:12b.GEN.046.012 En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
46:13b.GEN.046.013 En die seuns van Issaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.
46:14b.GEN.046.014 En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.
46:15b.GEN.046.015 Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie en dertig.
46:16b.GEN.046.016 En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aródi en Areëli.
46:17b.GEN.046.017 En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.
46:18b.GEN.046.018 Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.
46:19b.GEN.046.019 Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.
46:20b.GEN.046.020 En vir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Asenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.
46:21b.GEN.046.021 En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.
46:22b.GEN.046.022 Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.
46:23b.GEN.046.023 En die seuns van Dan: Husim.
46:24b.GEN.046.024 En die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem.
46:25b.GEN.046.025 Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.
46:26b.GEN.046.026 Al die siele wat aan Jakob behoort het en, uit sy heup afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam ses en sestig siele.
46:27b.GEN.046.027 En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was sewentig.
46:28b.GEN.046.028 En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.
46:29b.GEN.046.029 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.
46:30b.GEN.046.030 En Israel sê vir Josef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef!
46:31b.GEN.046.031 Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die land Kanaän was, het na my gekom.
46:32b.GEN.046.032 En die manne is herders van kleinvee--want hulle was veeboere--en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.
46:33b.GEN.046.033 En as Farao julle laat roep en sê: Wat is julle nering?
46:34b.GEN.046.034 dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders--sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars 'n gruwel.
47
47:1b.GEN.047.001 Daarop het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou in die land Gosen.
47:2b.GEN.047.002 En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Farao voorgestel.
47:3b.GEN.047.003 Toe sê Farao aan sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders.
47:4b.GEN.047.004 Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon.
47:5b.GEN.047.005 Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom.
47:6b.GEN.047.006 Egipteland lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.
47:7b.GEN.047.007 Toe bring Josef sy vader Jakob in en stel hom aan Farao voor. En Jakob het Farao gegroet met 'n seënwens.
47:8b.GEN.047.008 Daarop sê Farao vir Jakob: Hoeveel is die dae van jou lewensjare?
47:9b.GEN.047.009 En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.
47:10b.GEN.047.010 Toe het Jakob Farao gegroet met 'n seënwens en van Farao af weggegaan.
47:11b.GEN.047.011 En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, in die landstreek Raämses, soos Farao beveel het.
47:12b.GEN.047.012 En Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.
47:13b.GEN.047.013 En daar was in die hele land geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kanaän uitgeput was weens die hongersnood.
47:14b.GEN.047.014 En Josef het al die geld versamel wat in Egipteland en in die land Kanaän te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die paleis van Farao gebring.
47:15b.GEN.047.015 En toe die geld in Egipteland en in die land Kanaän op was, het al die Egiptenaars na Josef gekom en gesê: Gee vir ons brood! En: Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die geld is gedaan?
47:16b.GEN.047.016 En Josef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek dit aan julle gee vir julle vee as die geld gedaan is.
47:17b.GEN.047.017 Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle dié jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.
47:18b.GEN.047.018 Toe dié jaar om was, het hulle na hom gekom in die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit vir my heer nie wegsteek nie, maar die geld is op en die besitting aan vee is my heer s'n. Daar het niks vir my heer oorgebly nie as net ons lyf en ons grond.
47:19b.GEN.047.019 Waarom moet ons voor u oë te gronde gaan, ons sowel as ons landerye? Koop ons en ons grond vir brood, dan sal ons met ons grond aan Farao diensbaar wees; en gee saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die grond nie woes word nie.
47:20b.GEN.047.020 So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die land dan Farao se eiendom geword.
47:21b.GEN.047.021 En wat die volk betref--hy het hulle laat verhuis na die stede, van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end daarvan.
47:22b.GEN.047.022 Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.
47:23b.GEN.047.023 Toe sê Josef aan die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul grond vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir julle, dat julle die grond kan besaai.
47:24b.GEN.047.024 En by die insameling moet julle 'n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees, as saad vir die land en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding vir julle kinders.
47:25b.GEN.047.025 En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van my heer, dan sal ons die dienaars van Farao wees.
47:26b.GEN.047.026 En Josef het dit 'n wet gemaak tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte--die vyfde deel behoort aan Farao. Net die grond van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.
47:27b.GEN.047.027 So het Israel dan in Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.
47:28b.GEN.047.028 En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd sewe en veertig jaar was.
47:29b.GEN.047.029 En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou--begrawe my tog nie in Egipte nie.
47:30b.GEN.047.030 Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.
47:31b.GEN.047.031 Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.
48
48:1b.GEN.048.001 Ná hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam.
48:2b.GEN.048.002 En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê: Kyk, u seun Josef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit.
48:3b.GEN.048.003 En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die land Kanaän, en my geseën
48:4b.GEN.048.004 en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee.
48:5b.GEN.048.005 Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon.
48:6b.GEN.048.006 Maar jou nakomelinge wat jy ná hulle verwek het, sal joue wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel.
48:7b.GEN.048.007 En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.
48:8b.GEN.048.008 Toe Israel die seuns van Josef sien, sê hy: Wie is dit?
48:9b.GEN.048.009 En Josef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat God my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën.
48:10b.GEN.048.010 Maar Israel se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hulle gesoen en hulle omhels.
48:11b.GEN.048.011 En Israel sê vir Josef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien.
48:12b.GEN.048.012 Daarop laat Josef hulle van sy knieë af weggaan, en hy buig hom met sy aangesig na die aarde toe.
48:13b.GEN.048.013 En Josef neem hulle twee Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel en hy bring hulle by hom.
48:14b.GEN.048.014 Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene.
48:15b.GEN.048.015 En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe,
48:16b.GEN.048.016 die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het--mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte.
48:17b.GEN.048.017 Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring.
48:18b.GEN.048.018 En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.
48:19b.GEN.048.019 Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook 'n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sy nageslag sal 'n menigte van nasies word.
48:20b.GEN.048.020 So het hy hulle dan dié dag geseën en gesê: Met jou sal Israel 'n seën toewens, met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor Manasse gestel.
48:21b.GEN.048.021 Daarop sê Israel vir Josef: Kyk, ek gaan sterwe, maar God sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die land van julle vaders.
48:22b.GEN.048.022 En ék gee jou een stuk land bo jou broers, wat ek met my swaard en my boog van die Amoriete afgeneem het.
49
49:1b.GEN.049.001 Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.
49:2b.GEN.049.002 Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!
49:3b.GEN.049.003 Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!
49:4b.GEN.049.004 Opbruising soos van waters--jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.
49:5b.GEN.049.005 Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld.
49:6b.GEN.049.006 Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.
49:7b.GEN.049.007 Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel.
49:8b.GEN.049.008 Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.
49:9b.GEN.049.009 Juda is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin; wie sal hom opjaag?
49:10b.GEN.049.010 Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.
49:11b.GEN.049.011 Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.
49:12b.GEN.049.012 Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk.
49:13b.GEN.049.013 Sébulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.
49:14b.GEN.049.014 Issaskar is 'n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê.
49:15b.GEN.049.015 Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.
49:16b.GEN.049.016 Dan sal aan sy volk reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel.
49:17b.GEN.049.017 Laat Dan 'n slang wees op die weg, 'n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.
49:18b.GEN.049.018 Op u verlossing wag ek, HERE!
49:19b.GEN.049.019 Gad--'n bende sal hom aanval, maar hy sal hulle aan die hakskeen gryp.
49:20b.GEN.049.020 Aser, sy spys is vet, en hy lewer koninklike lekkernye.
49:21b.GEN.049.021 Náftali is soos 'n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.
49:22b.GEN.049.022 Josef is 'n jong vrugteboom, 'n jong vrugteboom by 'n fontein; sy takke klim oor die muur.
49:23b.GEN.049.023 Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,
49:24b.GEN.049.024 maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob--daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,
49:25b.GEN.049.025 van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.
49:26b.GEN.049.026 Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers.
49:27b.GEN.049.027 Benjamin is 'n wolf wat verskeur; in die môre eet hy sy prooi, en in die aand deel hy buit uit.
49:28b.GEN.049.028 Húlle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.
49:29b.GEN.049.029 Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is;
49:30b.GEN.049.030 in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die land Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.
49:31b.GEN.049.031 Daar het hulle Abraham begrawe en Sara, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe--
49:32b.GEN.049.032 die stuk grond en die spelonk wat daarin is, wat gekoop is van die seuns van Het.
49:33b.GEN.049.033 Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy volksgenote versamel.
50
50:1b.GEN.050.001 Toe val Josef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom gesoen.
50:2b.GEN.050.002 En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.
50:3b.GEN.050.003 En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween.
50:4b.GEN.050.004 En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:
50:5b.GEN.050.005 My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die land Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.
50:6b.GEN.050.006 En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.
50:7b.GEN.050.007 Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van Egipteland;
50:8b.GEN.050.008 ook die hele huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly.
50:9b.GEN.050.009 En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit 'n baie groot trek was.
50:10b.GEN.050.010 En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar 'n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.
50:11b.GEN.050.011 Toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is 'n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misraim genoem, wat oos van die Jordaan lê.
50:12b.GEN.050.012 En sy seuns het met hom gedoen net soos hy hulle beveel het:
50:13b.GEN.050.013 sy seuns het hom weggebring na die land Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van Mamre.
50:14b.GEN.050.014 Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.
50:15b.GEN.050.015 Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het!
50:16b.GEN.050.016 Daarom het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde:
50:17b.GEN.050.017 So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.
50:18b.GEN.050.018 En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.
50:19b.GEN.050.019 Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God?
50:20b.GEN.050.020 Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
50:21b.GEN.050.021 Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
50:22b.GEN.050.022 En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd en tien jaar gelewe.
50:23b.GEN.050.023 En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.
50:24b.GEN.050.024 En Josef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maar God sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het.
50:25b.GEN.050.025 En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee--bring dan my gebeente hiervandaan op.
50:26b.GEN.050.026 En Josef het gesterwe, honderd en tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in 'n kis gesit in Egipte.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Genesis (Afrikaans). Genesis (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-8538-3