2 John (Afrikaans)

2 John (Afrikaans)

1

1:1b.2JO.001.001 Die ouderling aan die uitverkore vrou en aan haar kinders--wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het;

1:2b.2JO.001.002 ter wille van die waarheid wat in ons bly en by ons vir ewig sal wees--

1:3b.2JO.001.003 genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.

1:4b.2JO.001.004 Ek was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons 'n gebod van die Vader ontvang het.

1:5b.2JO.001.005 En nou bid ek u, uitverkore vrou, nie asof ek u 'n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.

1:6b.2JO.001.006 En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.

1:7b.2JO.001.007 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

1:8b.2JO.001.008 Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar 'n volle loon ontvang.

1:9b.2JO.001.009 Elkeen wat 'n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.

1:10b.2JO.001.010 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.

1:11b.2JO.001.011 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

1:12b.2JO.001.012 Alhoewel ek baie het om aan julle te skrywe, wou ek dit nie met papier en ink doen nie, maar ek hoop om na julle te kom en van mond tot mond te spreek, sodat ons blydskap volkome kan wees.

1:13b.2JO.001.013 Die kinders van u uitverkore suster groet u. Amen.


Holder of rights
Multilingual Bible Corpus

Citation Suggestion for this Object
TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. 2 John (Afrikaans). 2 John (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85F2-0