1 Thessalonians (Afrikaans)
1
1:1b.1TH.001.001 Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
1:2b.1TH.001.002 Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede
1:3b.1TH.001.003 en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,
1:4b.1TH.001.004 omdat ons weet van julle verkiesing, broeders wat deur God bemin word.
1:5b.1TH.001.005 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.
1:6b.1TH.001.006 En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees,
1:7b.1TH.001.007 sodat julle voorbeelde geword het vir al die gelowiges in Macedónië en Acháje.
1:8b.1TH.001.008 Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.
1:9b.1TH.001.009 Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien
1:10b.1TH.001.010 en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.
2
2:1b.1TH.002.001 Julle weet tog self, broeders, dat ons ingang by julle nie tevergeefs was nie;
2:2b.1TH.002.002 maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, in Filíppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.
2:3b.1TH.002.003 Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie;
2:4b.1TH.002.004 maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.
2:5b.1TH.002.005 Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie.
2:6b.1TH.002.006 Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree.
2:7b.1TH.002.007 Maar ons was vriendelik onder julle soos 'n pleegmoeder haar kinders koester.
2:8b.1TH.002.008 Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.
2:9b.1TH.002.009 Julle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; want terwyl ons nag en dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.
2:10b.1TH.002.010 Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,
2:11b.1TH.002.011 hoe ons, soos julle weet, net soos 'n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het
2:12b.1TH.002.012 en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.
2:13b.1TH.002.013 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.
2:14b.1TH.002.014 Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Judéa, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenote net soos hulle van die Jode,
2:15b.1TH.002.015 wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,
2:16b.1TH.002.016 deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.
2:17b.1TH.002.017 Maar nadat ons, broeders, 'n kort tydjie van julle geskeie was--in persoon, nie met die hart nie--het ons met groot verlange ons des te meer beywer om julle aangesig te sien.
2:18b.1TH.002.018 Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder.
2:19b.1TH.002.019 Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?
2:20b.1TH.002.020 Want julle is ons eer en blydskap.
3
3:1b.1TH.003.001 Daarom, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly;
3:2b.1TH.003.002 en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof,
3:3b.1TH.003.003 sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is.
3:4b.1TH.003.004 Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.
3:5b.1TH.003.005 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie.
3:6b.1TH.003.006 Maar nou dat Timótheüs net van julle af by ons aangekom het en ons die goeie tyding van julle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd 'n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle--
3:7b.1TH.003.007 daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof.
3:8b.1TH.003.008 Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here.
3:9b.1TH.003.009 Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,
3:10b.1TH.003.010 terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?
3:11b.1TH.003.011 Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;
3:12b.1TH.003.012 en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,
3:13b.1TH.003.013 sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.
4
4:1b.1TH.004.001 Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.
4:2b.1TH.004.002 Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het.
4:3b.1TH.004.003 Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;
4:4b.1TH.004.004 dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,
4:5b.1TH.004.005 nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;
4:6b.1TH.004.006 dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
4:7b.1TH.004.007 Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
4:8b.1TH.004.008 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.
4:9b.1TH.004.009 Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê;
4:10b.1TH.004.010 en julle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedónië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees
4:11b.1TH.004.011 en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,
4:12b.1TH.004.012 sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.
4:13b.1TH.004.013 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
4:14b.1TH.004.014 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
4:15b.1TH.004.015 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.
4:16b.1TH.004.016 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
4:17b.1TH.004.017 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
4:18b.1TH.004.018 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
5
5:1b.1TH.005.001 Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
5:2b.1TH.005.002 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag.
5:3b.1TH.005.003 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid--dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
5:4b.1TH.005.004 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie.
5:5b.1TH.005.005 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
5:6b.1TH.005.006 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
5:7b.1TH.005.007 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
5:8b.1TH.005.008 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
5:9b.1TH.005.009 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
5:10b.1TH.005.010 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
5:11b.1TH.005.011 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
5:12b.1TH.005.012 Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;
5:13b.1TH.005.013 en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.
5:14b.1TH.005.014 En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.
5:15b.1TH.005.015 Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
5:16b.1TH.005.016 Wees altyddeur bly.
5:17b.1TH.005.017 Bid sonder ophou.
5:18b.1TH.005.018 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
5:19b.1TH.005.019 Blus die Gees nie uit nie.
5:20b.1TH.005.020 Verag die profesieë nie.
5:21b.1TH.005.021 Beproef alle dinge; behou die goeie.
5:22b.1TH.005.022 Onthou julle van elke vorm van kwaad.
5:23b.1TH.005.023 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
5:24b.1TH.005.024 Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
5:25b.1TH.005.025 Broeders, bid vir ons.
5:26b.1TH.005.026 Groet die broeders almal met 'n heilige kus.
5:27b.1TH.005.027 Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.
5:28b.1TH.005.028 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. 1 Thessalonians (Afrikaans). 1 Thessalonians (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85D1-5