Luke (Afrikaans)
1
1:1b.LUK.001.001 Aangesien baie onderneem het om 'n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,
1:2b.LUK.001.002 soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,
1:3b.LUK.001.003 het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theófilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,
1:4b.LUK.001.004 sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.
1:5b.LUK.001.005 Daar was in die dae van Herodes, koning van Judéa, 'n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet.
1:6b.LUK.001.006 En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
1:7b.LUK.001.007 En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.
1:8b.LUK.001.008 En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling,
1:9b.LUK.001.009 het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.
1:10b.LUK.001.010 En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.
1:11b.LUK.001.011 Toe verskyn daar aan hom 'n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan.
1:12b.LUK.001.012 En toe Sagaría hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.
1:13b.LUK.001.013 Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.
1:14b.LUK.001.014 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
1:15b.LUK.001.015 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
1:16b.LUK.001.016 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.
1:17b.LUK.001.017 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.
1:18b.LUK.001.018 Toe sê Sagaría vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is 'n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.
1:19b.LUK.001.019 En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.
1:20b.LUK.001.020 En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.
1:21b.LUK.001.021 En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.
1:22b.LUK.001.022 Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy 'n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.
1:23b.LUK.001.023 En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.
1:24b.LUK.001.024 En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:
1:25b.LUK.001.025 So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.
1:26b.LUK.001.026 En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na 'n stad in Galiléa met die naam van Násaret,
1:27b.LUK.001.027 na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.
1:28b.LUK.001.028 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
1:29b.LUK.001.029 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.
1:30b.LUK.001.030 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
1:31b.LUK.001.031 En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
1:32b.LUK.001.032 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
1:33b.LUK.001.033 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
1:34b.LUK.001.034 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
1:35b.LUK.001.035 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
1:36b.LUK.001.036 En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.
1:37b.LUK.001.037 Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
1:38b.LUK.001.038 En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
1:39b.LUK.001.039 En in daardie dae het Maria opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na 'n stad van Juda;
1:40b.LUK.001.040 en sy het in die huis van Sagaría gekom en Elisabet gegroet.
1:41b.LUK.001.041 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees
1:42b.LUK.001.042 en het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!
1:43b.LUK.001.043 En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?
1:44b.LUK.001.044 Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.
1:45b.LUK.001.045 En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.
1:46b.LUK.001.046 En Maria het gesê: My siel maak die Here groot,
1:47b.LUK.001.047 en my gees is verheug in God, my Saligmaker;
1:48b.LUK.001.048 omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.
1:49b.LUK.001.049 Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.
1:50b.LUK.001.050 En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.
1:51b.LUK.001.051 Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.
1:52b.LUK.001.052 Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.
1:53b.LUK.001.053 Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.
1:54b.LUK.001.054 Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink
1:55b.LUK.001.055 soos Hy tot ons vaders gespreek het--aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.
1:56b.LUK.001.056 En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe.
1:57b.LUK.001.057 En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het 'n seun gebaar.
1:58b.LUK.001.058 En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly.
1:59b.LUK.001.059 En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader.
1:60b.LUK.001.060 Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.
1:61b.LUK.001.061 En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat dié naam het nie.
1:62b.LUK.001.062 En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.
1:63b.LUK.001.063 Hy vra toe 'n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.
1:64b.LUK.001.064 En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tong losgeraak, en hy het gepraat en God geloof.
1:65b.LUK.001.065 En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Judéa.
1:66b.LUK.001.066 En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom.
1:67b.LUK.001.067 En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:
1:68b.LUK.001.068 Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,
1:69b.LUK.001.069 en 'n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg--
1:70b.LUK.001.070 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af--
1:71b.LUK.001.071 redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,
1:72b.LUK.001.072 om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,
1:73b.LUK.001.073 aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee
1:74b.LUK.001.074 dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,
1:75b.LUK.001.075 in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.
1:76b.LUK.001.076 En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
1:77b.LUK.001.077 om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,
1:78b.LUK.001.078 deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,
1:79b.LUK.001.079 om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.
1:80b.LUK.001.080 En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.
2
2:1b.LUK.002.001 En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.
2:2b.LUK.002.002 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.
2:3b.LUK.002.003 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.
2:4b.LUK.002.004 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
2:5b.LUK.002.005 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
2:6b.LUK.002.006 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
2:7b.LUK.002.007 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
2:8b.LUK.002.008 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
2:9b.LUK.002.009 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
2:10b.LUK.002.010 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
2:11b.LUK.002.011 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
2:12b.LUK.002.012 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
2:13b.LUK.002.013 En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
2:14b.LUK.002.014 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!
2:15b.LUK.002.015 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
2:16b.LUK.002.016 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.
2:17b.LUK.002.017 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.
2:18b.LUK.002.018 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;
2:19b.LUK.002.019 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.
2:20b.LUK.002.020 En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.
2:21b.LUK.002.021 En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.
2:22b.LUK.002.022 En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,
2:23b.LUK.002.023 soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;
2:24b.LUK.002.024 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
2:25b.LUK.002.025 En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.
2:26b.LUK.002.026 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.
2:27b.LUK.002.027 En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,
2:28b.LUK.002.028 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:
2:29b.LUK.002.029 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,
2:30b.LUK.002.030 omdat my oë u heil gesien het,
2:31b.LUK.002.031 wat U berei het voor die oë van al die volke--
2:32b.LUK.002.032 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.
2:33b.LUK.002.033 En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.
2:34b.LUK.002.034 En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word--
2:35b.LUK.002.035 ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan--sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.
2:36b.LUK.002.036 En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;
2:37b.LUK.002.037 en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.
2:38b.LUK.002.038 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.
2:39b.LUK.002.039 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret.
2:40b.LUK.002.040 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.
2:41b.LUK.002.041 En sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan.
2:42b.LUK.002.042 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
2:43b.LUK.002.043 En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
2:44b.LUK.002.044 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
2:45b.LUK.002.045 En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.
2:46b.LUK.002.046 En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
2:47b.LUK.002.047 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.
2:48b.LUK.002.048 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.
2:49b.LUK.002.049 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?
2:50b.LUK.002.050 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.
2:51b.LUK.002.051 En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.
2:52b.LUK.002.052 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.
3
3:1b.LUK.003.001 En in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibérius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judéa en Herodes viervors van Galiléa, en Filippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van Abiléne,
3:2b.LUK.003.002 tydens die hoëpriesterskap van Annas en Kájafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagaría, in die woestyn.
3:3b.LUK.003.003 En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;
3:4b.LUK.003.004 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.
3:5b.LUK.003.005 Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.
3:6b.LUK.003.006 En alle vlees sal die heil van God sien.
3:7b.LUK.003.007 Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
3:8b.LUK.003.008 Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.
3:9b.LUK.003.009 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
3:10b.LUK.003.010 En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?
3:11b.LUK.003.011 En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.
3:12b.LUK.003.012 En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?
3:13b.LUK.003.013 En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.
3:14b.LUK.003.014 En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.
3:15b.LUK.003.015 En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,
3:16b.LUK.003.016 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie--Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
3:17b.LUK.003.017 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.
3:18b.LUK.003.018 Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.
3:19b.LUK.003.019 Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,
3:20b.LUK.003.020 het hy by alles nog dit gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.
3:21b.LUK.003.021 En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;
3:22b.LUK.003.022 en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.
3:23b.LUK.003.023 En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,
3:24b.LUK.003.024 die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef,
3:25b.LUK.003.025 die seun van Mattatías, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van Nággai,
3:26b.LUK.003.026 die seun van Maät, die seun van Mattatías, die seun van Sémeï, die seun van Josef, die seun van Juda,
3:27b.LUK.003.027 die seun van Jóhanan, die seun van Resa, die seun van Serubbábel, die seun van Seáltiël, die seun van Neríja,
3:28b.LUK.003.028 die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmódam, die seun van Er,
3:29b.LUK.003.029 die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi,
3:30b.LUK.003.030 die seun van Símeon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van Éljakim,
3:31b.LUK.003.031 die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid,
3:32b.LUK.003.032 die seun van Isai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,
3:33b.LUK.003.033 die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,
3:34b.LUK.003.034 die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van Tera, die seun van Nahor,
3:35b.LUK.003.035 die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela,
3:36b.LUK.003.036 die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,
3:37b.LUK.003.037 die seun van Metúsala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehaláleël, die seun van Kenan,
3:38b.LUK.003.038 die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.
4
4:1b.LUK.004.001 En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,
4:2b.LUK.004.002 waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword.
4:3b.LUK.004.003 Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word.
4:4b.LUK.004.004 Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.
4:5b.LUK.004.005 Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd.
4:6b.LUK.004.006 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.
4:7b.LUK.004.007 As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort.
4:8b.LUK.004.008 En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
4:9b.LUK.004.009 Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer.
4:10b.LUK.004.010 Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar,
4:11b.LUK.004.011 en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.
4:12b.LUK.004.012 En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
4:13b.LUK.004.013 En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 'n tyd lank van Hom gewyk.
4:14b.LUK.004.014 En Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer, en daar het 'n gerug aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan;
4:15b.LUK.004.015 en Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.
4:16b.LUK.004.016 Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.
4:17b.LUK.004.017 En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:
4:18b.LUK.004.018 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;
4:19b.LUK.004.019 om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.
4:20b.LUK.004.020 En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.
4:21b.LUK.004.021 Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.
4:22b.LUK.004.022 En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit sy mond kom; en hulle sê: Is Hy nie die seun van Josef nie?
4:23b.LUK.004.023 En Hy antwoord hulle: Julle sal My ongetwyfeld hierdie spreekwoord toevoeg: Geneesheer, genees uself! Alles wat ons hoor wat in Kapérnaüm gebeur het, doen dit hier in u vaderstad ook.
4:24b.LUK.004.024 En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, geen profeet is aangenaam in sy vaderland nie.
4:25b.LUK.004.025 Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van Elía toe die hemel toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar 'n groot hongersnood gekom het in die hele land,
4:26b.LUK.004.026 en na nie een van hulle is Elía gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na 'n weduwee.
4:27b.LUK.004.027 En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van Elísa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die Síriër.
4:28b.LUK.004.028 En almal in die sinagoge is met woede vervul toe hulle dit hoor;
4:29b.LUK.004.029 en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi.
4:30b.LUK.004.030 Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.
4:31b.LUK.004.031 En Hy het afgekom na Kapérnaüm, 'n stad van Galiléa, en hulle op die sabbat geleer.
4:32b.LUK.004.032 En hulle was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag.
4:33b.LUK.004.033 En in die sinagoge was daar 'n man met die gees van 'n onreine duiwel, en hy het met 'n groot stem uitgeskreeu
4:34b.LUK.004.034 en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!
4:35b.LUK.004.035 En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.
4:36b.LUK.004.036 Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir 'n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!
4:37b.LUK.004.037 En daar het 'n gerug aangaande Hom uitgegaan na elke plek van die omgewing.
4:38b.LUK.004.038 En Hy het opgestaan uit die sinagoge en in die huis van Simon gekom. En Simon se skoonmoeder was aangetas deur 'n hewige koors, en hulle het Hom geraadpleeg oor haar.
4:39b.LUK.004.039 Toe gaan Hy oor haar staan en bestraf die koors, en dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.
4:40b.LUK.004.040 En toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die hande opgelê en hulle gesond gemaak.
4:41b.LUK.004.041 En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.
4:42b.LUK.004.042 En toe dit dag geword het, het Hy uitgegaan en na 'n verlate plek vertrek; en die skare het Hom gesoek en by Hom gekom en Hom teëgehou, dat Hy nie van hulle sou weggaan nie.
4:43b.LUK.004.043 Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.
4:44b.LUK.004.044 En Hy het verder in die sinagoges van Galiléa gepreek.
5
5:1b.LUK.005.001 En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Gennésaret staan
5:2b.LUK.005.002 en sien twee skuite aan die kant van die meer lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.
5:3b.LUK.005.003 Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om 'n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer.
5:4b.LUK.005.004 En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.
5:5b.LUK.005.005 En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak.
5:6b.LUK.005.006 En toe hulle dit gedoen het, het hulle 'n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.
5:7b.LUK.005.007 Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het.
5:8b.LUK.005.008 En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is 'n sondige man!
5:9b.LUK.005.009 Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;
5:10b.LUK.005.010 en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.
5:11b.LUK.005.011 En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles verlaat en Hom gevolg.
5:12b.LUK.005.012 En terwyl Hy in een van die stede was, kom daar 'n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.
5:13b.LUK.005.013 Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil, word gereinig! En dadelik het die melaatsheid hom verlaat.
5:14b.LUK.005.014 Toe gee Hy hom bevel om dit aan niemand te vertel nie; maar, sê Hy, gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging, soos Moses voorgeskrywe het, vir hulle tot 'n getuienis.
5:15b.LUK.005.015 Maar die gerug aangaande Hom is nog meer versprei, en groot menigtes het bymekaargekom om te luister en deur Hom van hulle siektes genees te word.
5:16b.LUK.005.016 Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.
5:17b.LUK.005.017 En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.
5:18b.LUK.005.018 En daar het manne 'n mens wat verlam was, op 'n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit.
5:19b.LUK.005.019 En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die panne tussen die mense in en voor Jesus.
5:20b.LUK.005.020 En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.
5:21b.LUK.005.021 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?
5:22b.LUK.005.022 Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sê vir hulle: Wat redeneer julle in jul harte?
5:23b.LUK.005.023 Wat is makliker, om te sê: Jou sondes is jou vergewe; of om te sê: Staan op en loop?
5:24b.LUK.005.024 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
5:25b.LUK.005.025 Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed op waar hy op gelê het, en gaan na sy huis, terwyl hy God verheerlik.
5:26b.LUK.005.026 En verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik en is met vrees vervul en het gesê: Ons het vandag ongelooflike dinge gesien.
5:27b.LUK.005.027 En ná hierdie dinge het Hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: Volg My.
5:28b.LUK.005.028 En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg.
5:29b.LUK.005.029 En Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was 'n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was.
5:30b.LUK.005.030 En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?
5:31b.LUK.005.031 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.
5:32b.LUK.005.032 Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
5:33b.LUK.005.033 Toe sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink?
5:34b.LUK.005.034 En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is?
5:35b.LUK.005.035 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.
5:36b.LUK.005.036 En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel: Niemand sit 'n lap van 'n nuwe kleed op 'n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.
5:37b.LUK.005.037 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.
5:38b.LUK.005.038 Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.
5:39b.LUK.005.039 En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.
6
6:1b.LUK.006.001 En op die tweede eerste sabbat het Hy deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het die are gepluk en met hulle hande uitgevrywe en geëet.
6:2b.LUK.006.002 Toe sê sommige van die Fariseërs vir hulle: Waarom doen julle wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie?
6:3b.LUK.006.003 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het nie--toe hy honger gehad het, hy en die wat by hom was--
6:4b.LUK.006.004 hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geneem en geëet het, en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat hulle nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
6:5b.LUK.006.005 Toe sê Hy vir hulle: Die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.
6:6b.LUK.006.006 En op 'n ander sabbat het Hy in die sinagoge gegaan en geleer. En daar was 'n man, en sy regterhand was uitgedor.
6:7b.LUK.006.007 En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Hom in die oog gehou, of Hy op die sabbat gesond maak, sodat hulle 'n aanklag teen Hom kon vind.
6:8b.LUK.006.008 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir die man met die verdorde hand gesê: Staan op hier in hul midde. En hy het opgestaan.
6:9b.LUK.006.009 Toe sê Jesus vir hulle: Ek sal aan julle 'n vraag stel: wat is geoorloof op die sabbat--om goed te doen of kwaad te doen; om 'n lewe te red of óm te bring?
6:10b.LUK.006.010 En nadat Hy almal rondom aangekyk het, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit gedoen; en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
6:11b.LUK.006.011 En hulle is met uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.
6:12b.LUK.006.012 En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.
6:13b.LUK.006.013 En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:
6:14b.LUK.006.014 Simon wat Hy Petrus genoem het, en Andréas, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholoméüs;
6:15b.LUK.006.015 Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon wat Yweraar genoem word;
6:16b.LUK.006.016 Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.
6:17b.LUK.006.017 En Hy het met hulle afgeklim en op 'n gelyk plek gaan staan, en daar was 'n skare van sy dissipels en 'n groot menigte van die volk van die hele Judéa en Jerusalem en die kusstreek van Tirus en Sidon af,
6:18b.LUK.006.018 wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.
6:19b.LUK.006.019 En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.
6:20b.LUK.006.020 Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
6:21b.LUK.006.021 Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
6:22b.LUK.006.022 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
6:23b.LUK.006.023 Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
6:24b.LUK.006.024 Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
6:25b.LUK.006.025 Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
6:26b.LUK.006.026 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
6:27b.LUK.006.027 Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.
6:28b.LUK.006.028 Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.
6:29b.LUK.006.029 Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.
6:30b.LUK.006.030 Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
6:31b.LUK.006.031 En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.
6:32b.LUK.006.032 En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.
6:33b.LUK.006.033 En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.
6:34b.LUK.006.034 En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
6:35b.LUK.006.035 Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.
6:36b.LUK.006.036 Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.
6:37b.LUK.006.037 En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
6:38b.LUK.006.038 Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
6:39b.LUK.006.039 En Hy het vir hulle 'n gelykenis uitgespreek: 'n Blinde kan tog nie 'n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?
6:40b.LUK.006.040 'n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.
6:41b.LUK.006.041 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?
6:42b.LUK.006.042 Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.
6:43b.LUK.006.043 Want dit is nie 'n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie 'n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
6:44b.LUK.006.044 Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk 'n mens tog nie vye nie, en 'n mens sny ook nie druiwe van 'n doringbos nie.
6:45b.LUK.006.045 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
6:46b.LUK.006.046 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
6:47b.LUK.006.047 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is.
6:48b.LUK.006.048 Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
6:49b.LUK.006.049 Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos 'n man wat 'n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.
7
7:1b.LUK.007.001 En nadat Hy voor die ore van die volk al sy woorde beëindig het, het Hy in Kapérnaüm ingegaan.
7:2b.LUK.007.002 En die dienskneg van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelê.
7:3b.LUK.007.003 Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.
7:4b.LUK.007.004 En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesê: Hy is dit werd dat U dit vir hom doen;
7:5b.LUK.007.005 want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.
7:6b.LUK.007.006 En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.
7:7b.LUK.007.007 Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sê dit maar met 'n woord, en my kneg sal gesond word.
7:8b.LUK.007.008 Want ek is ook 'n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.
7:9b.LUK.007.009 Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so 'n groot geloof nie gevind nie.
7:10b.LUK.007.010 En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond.
7:11b.LUK.007.011 En die dag daarna was Hy op weg na 'n stad met die naam van Nain; en baie van sy dissipels en 'n groot menigte het saam met Hom gegaan.
7:12b.LUK.007.012 En toe Hy naby die poort van die stad kom, word daar net 'n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was 'n weduwee; en 'n groot menigte van die stad was by haar.
7:13b.LUK.007.013 En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: Moenie ween nie!
7:14b.LUK.007.014 En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op!
7:15b.LUK.007.015 En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.
7:16b.LUK.007.016 En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God verheerlik en sê: 'n Groot profeet het onder ons opgestaan; en: God het sy volk besoek.
7:17b.LUK.007.017 En hierdie woord aangaande Hom het uitgegaan in die hele Judéa en in die hele omtrek.
7:18b.LUK.007.018 En die dissipels van Johannes het hom van al hierdie dinge berig gebring.
7:19b.LUK.007.019 En Johannes het sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?
7:20b.LUK.007.020 En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?
7:21b.LUK.007.021 En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk.
7:22b.LUK.007.022 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.
7:23b.LUK.007.023 En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
7:24b.LUK.007.024 En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word?
7:25b.LUK.007.025 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise.
7:26b.LUK.007.026 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as 'n profeet!
7:27b.LUK.007.027 Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.
7:28b.LUK.007.028 Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy.
7:29b.LUK.007.029 En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.
7:30b.LUK.007.030 Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.
7:31b.LUK.007.031 Toe sê die Here: Waarmee sal Ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en waaraan is hulle gelyk?
7:32b.LUK.007.032 Hulle is net soos kinders wat op die mark sit en na mekaar roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle 'n klaaglied gesing, en julle het nie gehuil nie.
7:33b.LUK.007.033 Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: Hy het 'n duiwel.
7:34b.LUK.007.034 Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars.
7:35b.LUK.007.035 Maar die wysheid is geregverdig deur al sy kinders.
7:36b.LUK.007.036 En een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseër gekom en aan tafel gegaan.
7:37b.LUK.007.037 En toe 'n vrou in die stad, wat 'n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy 'n albaste fles met salf gebring
7:38b.LUK.007.038 en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf.
7:39b.LUK.007.039 Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy 'n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is 'n sondares.
7:40b.LUK.007.040 En Jesus antwoord en sê vir hom: Simon, Ek het iets om aan jou te sê. En hy antwoord: Meester, spreek.
7:41b.LUK.007.041 Hy sê toe: 'n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyf honderd pennings geskuld en die ander een vyftig;
7:42b.LUK.007.042 en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê?
7:43b.LUK.007.043 En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel dié een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.
7:44b.LUK.007.044 Daarop draai Hy om na die vrou en sê vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom--water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog.
7:45b.LUK.007.045 'n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.
7:46b.LUK.007.046 Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf.
7:47b.LUK.007.047 Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.
7:48b.LUK.007.048 En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe.
7:49b.LUK.007.049 Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe?
7:50b.LUK.007.050 En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.
8
8:1b.LUK.008.001 En daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,
8:2b.LUK.008.002 ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat Magdaléna genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,
8:3b.LUK.008.003 en Johanna, die vrou van Gusa, 'n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
8:4b.LUK.008.004 En toe daar 'n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur 'n gelykenis:
8:5b.LUK.008.005 'n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val 'n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.
8:6b.LUK.008.006 En 'n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.
8:7b.LUK.008.007 En 'n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.
8:8b.LUK.008.008 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!
8:9b.LUK.008.009 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog?
8:10b.LUK.008.010 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.
8:11b.LUK.008.011 Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God.
8:12b.LUK.008.012 Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.
8:13b.LUK.008.013 En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir 'n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.
8:14b.LUK.008.014 En wat in die dorings geval het--dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.
8:15b.LUK.008.015 En wat in die goeie grond val--dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in 'n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.
8:16b.LUK.008.016 En niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.
8:17b.LUK.008.017 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.
8:18b.LUK.008.018 Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.
8:19b.LUK.008.019 En sy moeder en broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie.
8:20b.LUK.008.020 Toe bring hulle Hom die boodskap en sê: U moeder en u broers staan buite en wil U sien.
8:21b.LUK.008.021 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen.
8:22b.LUK.008.022 En op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in 'n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant van die see. En hulle het weggevaar
8:23b.LUK.008.023 En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar 'n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.
8:24b.LUK.008.024 En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het 'n stilte gekom.
8:25b.LUK.008.025 En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!
8:26b.LUK.008.026 En hulle het geseil na die land van die Gadaréners, wat reg anderkant Galiléa is.
8:27b.LUK.008.027 En toe Hy aan wal uitklim, kom 'n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir 'n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in 'n huis gewoon nie, maar in die grafte.
8:28b.LUK.008.028 En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met 'n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie--
8:29b.LUK.008.029 want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.
8:30b.LUK.008.030 Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio--want baie duiwels het in hom ingevaar.
8:31b.LUK.008.031 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie.
8:32b.LUK.008.032 En daar het 'n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat.
8:33b.LUK.008.033 Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink.
8:34b.LUK.008.034 En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel.
8:35b.LUK.008.035 Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.
8:36b.LUK.008.036 En die wat ooggetuies was, het ook aan hulle vertel hoe die besetene genees is.
8:37b.LUK.008.037 En die hele menigte van die omtrek van die Gadaréners het Hom gevra om van hulle weg te gaan, omdat hulle deur 'n groot vrees bevang was. Toe het Hy in die skuit geklim en teruggegaan.
8:38b.LUK.008.038 En die man uit wie die duiwels uitgevaar het, het Hom gebid om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom laat gaan en gesê:
8:39b.LUK.008.039 Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het.
8:40b.LUK.008.040 En toe Jesus terugkom, het die skare Hom verwelkom; want almal was Hom te wagte.
8:41b.LUK.008.041 En daar kom 'n man wie se naam Jaïrus was, en hy was 'n owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom;
8:42b.LUK.008.042 want sy enigste dogter van omtrent twaalf jaar het op sterwe gelê. En terwyl Hy gaan, het die skare Hom verdring.
8:43b.LUK.008.043 En 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie,
8:44b.LUK.008.044 het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou.
8:45b.LUK.008.045 Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het?
8:46b.LUK.008.046 Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het.
8:47b.LUK.008.047 En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.
8:48b.LUK.008.048 En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.
8:49b.LUK.008.049 Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie.
8:50b.LUK.008.050 Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.
8:51b.LUK.008.051 En toe Hy in die huis kom, het Hy niemand toegelaat om in te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes en die vader en die moeder van die meisie.
8:52b.LUK.008.052 En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.
8:53b.LUK.008.053 En hulle het Hom uitgelag, want hulle het geweet dat sy dood was.
8:54b.LUK.008.054 En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sê: Dogtertjie, staan op!
8:55b.LUK.008.055 En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee.
8:56b.LUK.008.056 En haar ouers was verbaas, maar Hy het hulle bevel gegee om aan niemand te sê wat gebeur het nie.
9
9:1b.LUK.009.001 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
9:2b.LUK.009.002 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak
9:3b.LUK.009.003 en vir hulle gesê: Neem niks vir die pad nie, geen stokke of reissak of brood of geld nie, en geeneen van julle moet twee kledingstukke hê nie.
9:4b.LUK.009.004 En in watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan dáárvandaan verder.
9:5b.LUK.009.005 En almal wat julle nie ontvang nie--as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot 'n getuienis teen hulle.
9:6b.LUK.009.006 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
9:7b.LUK.009.007 Herodes, die viervors, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is; en hy was met die saak verleë, omdat deur sommige gesê is: Johannes is uit die dode opgewek;
9:8b.LUK.009.008 en deur ander: Elía het verskyn; en deur ander: Een van die ou profete het opgestaan.
9:9b.LUK.009.009 En Herodes het gesê: Johannes het ek onthoof; maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor? En hy het probeer om Hom te sien.
9:10b.LUK.009.010 En toe die apostels terugkom en Hom alles vertel wat hulle gedoen het, het Hy hulle saamgeneem en in die eensaamheid gegaan na 'n verlate plek van 'n stad met die naam van Betsáida.
9:11b.LUK.009.011 Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.
9:12b.LUK.009.012 Toe die dag begin daal, kom die twaalf na Hom en sê vir Hom: Stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe en buitewyke in die omtrek kan gaan en herberg en voedsel kry; want ons is hier in 'n verlate plek.
9:13b.LUK.009.013 Maar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle iets om te eet. Maar hulle antwoord: Ons het nie meer as vyf brode en twee visse nie, tensy ons voedsel gaan koop vir al hierdie mense.
9:14b.LUK.009.014 Want daar was omtrent vyf duisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels: Laat hulle in groepe van vyftig sit.
9:15b.LUK.009.015 En hulle het dit gedoen en almal laat sit.
9:16b.LUK.009.016 Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.
9:17b.LUK.009.017 En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
9:18b.LUK.009.018 En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek?
9:19b.LUK.009.019 En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
9:20b.LUK.009.020 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!
9:21b.LUK.009.021 Toe gee Hy hulle 'n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie.
9:22b.LUK.009.022 En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
9:23b.LUK.009.023 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
9:24b.LUK.009.024 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
9:25b.LUK.009.025 Wat baat dit 'n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
9:26b.LUK.009.026 Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.
9:27b.LUK.009.027 Ek sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.
9:28b.LUK.009.028 En omtrent agt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid.
9:29b.LUK.009.029 En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig anders geword en sy klere skitterend wit.
9:30b.LUK.009.030 En daar was twee manne in gesprek met Hom; dit was Moses en Elía.
9:31b.LUK.009.031 Hulle het in heerlikheid verskyn en van sy uitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou volbring.
9:32b.LUK.009.032 En Petrus en die wat saam met hom was, was deur die slaap oorweldig. Maar toe hulle wakker word, sien hulle sy heerlikheid en die twee manne wat by Hom staan.
9:33b.LUK.009.033 En toe hulle van Hom weggaan, sê Petrus vir Jesus: Meester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie hutte maak, een vir U en vir Moses een en een vir Elía--hy het nie geweet wat hy sê nie.
9:34b.LUK.009.034 Maar toe hy dit sê, kom daar 'n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.
9:35b.LUK.009.035 En daar kom 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!
9:36b.LUK.009.036 En nadat die stem gekom het, was Jesus daar alleen. En hulle het geswyg en aan niemand in daardie dae iets vertel van wat hulle gesien het nie.
9:37b.LUK.009.037 En op die volgende dag toe hulle van die berg afklim, kom 'n groot skare Hom tegemoet.
9:38b.LUK.009.038 En daar roep 'n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, kyk tog na my seun, want hy is my enigste.
9:39b.LUK.009.039 En kyk, 'n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en verniel hom.
9:40b.LUK.009.040 En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie.
9:41b.LUK.009.041 Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.
9:42b.LUK.009.042 En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
9:43b.LUK.009.043 En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
9:44b.LUK.009.044 Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.
9:45b.LUK.009.045 Maar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.
9:46b.LUK.009.046 En daar het 'n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.
9:47b.LUK.009.047 En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy 'n kindjie en laat dié by Hom staan
9:48b.LUK.009.048 en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.
9:49b.LUK.009.049 En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
9:50b.LUK.009.050 Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
9:51b.LUK.009.051 En toe die dae van sy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis,
9:52b.LUK.009.052 en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in 'n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak.
9:53b.LUK.009.053 En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was.
9:54b.LUK.009.054 En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?
9:55b.LUK.009.055 Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie;
9:56b.LUK.009.056 want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na 'n ander dorp vertrek.
9:57b.LUK.009.057 En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!
9:58b.LUK.009.058 Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
9:59b.LUK.009.059 En Hy sê aan 'n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.
9:60b.LUK.009.060 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.
9:61b.LUK.009.061 En 'n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.
9:62b.LUK.009.062 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
10
10:1b.LUK.010.001 En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.
10:2b.LUK.010.002 Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.
10:3b.LUK.010.003 Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.
10:4b.LUK.010.004 Moenie 'n beurs of 'n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie.
10:5b.LUK.010.005 En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!
10:6b.LUK.010.006 En as dáár 'n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.
10:7b.LUK.010.007 Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.
10:8b.LUK.010.008 En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word.
10:9b.LUK.010.009 En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.
10:10b.LUK.010.010 Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:
10:11b.LUK.010.011 Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.
10:12b.LUK.010.012 En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad.
10:13b.LUK.010.013 Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.
10:14b.LUK.010.014 Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.
10:15b.LUK.010.015 En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.
10:16b.LUK.010.016 Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.
10:17b.LUK.010.017 En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
10:18b.LUK.010.018 Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val.
10:19b.LUK.010.019 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
10:20b.LUK.010.020 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
10:21b.LUK.010.021 In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.
10:22b.LUK.010.022 Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.
10:23b.LUK.010.023 En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê: Salig is die oë wat sien wat julle sien;
10:24b.LUK.010.024 want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
10:25b.LUK.010.025 En daar het 'n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
10:26b.LUK.010.026 En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?
10:27b.LUK.010.027 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
10:28b.LUK.010.028 Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
10:29b.LUK.010.029 Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?
10:30b.LUK.010.030 En Jesus antwoord en sê: 'n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.
10:31b.LUK.010.031 En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.
10:32b.LUK.010.032 En net so het ook 'n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.
10:33b.LUK.010.033 Maar 'n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,
10:34b.LUK.010.034 en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na 'n herberg geneem en vir hom gesorg.
10:35b.LUK.010.035 En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.
10:36b.LUK.010.036 Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
10:37b.LUK.010.037 En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.
10:38b.LUK.010.038 En op hulle reis het Hy in 'n sekere dorp gekom, en 'n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.
10:39b.LUK.010.039 En sy het 'n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.
10:40b.LUK.010.040 Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.
10:41b.LUK.010.041 Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;
10:42b.LUK.010.042 maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.
11
11:1b.LUK.011.001 En toe Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.
11:2b.LUK.011.002 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
11:3b.LUK.011.003 gee ons elke dag ons daaglikse brood;
11:4b.LUK.011.004 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
11:5b.LUK.011.005 En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal 'n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,
11:6b.LUK.011.006 want 'n vriend van my het van 'n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie--
11:7b.LUK.011.007 en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.
11:8b.LUK.011.008 Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.
11:9b.LUK.011.009 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
11:10b.LUK.011.010 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
11:11b.LUK.011.011 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;
11:12b.LUK.011.012 of ook as hy 'n eier vra, hom 'n skerpioen gee?
11:13b.LUK.011.013 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
11:14b.LUK.011.014 En Hy het 'n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.
11:15b.LUK.011.015 Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit.
11:16b.LUK.011.016 En ander het Hom versoek en van Hom 'n teken uit die hemel begeer.
11:17b.LUK.011.017 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en 'n huis wat teen homself is, val.
11:18b.LUK.011.018 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.
11:19b.LUK.011.019 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
11:20b.LUK.011.020 Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
11:21b.LUK.011.021 Wanneer 'n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
11:22b.LUK.011.022 Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.
11:23b.LUK.011.023 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
11:24b.LUK.011.024 Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
11:25b.LUK.011.025 En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.
11:26b.LUK.011.026 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
11:27b.LUK.011.027 En terwyl Hy dit spreek, het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
11:28b.LUK.011.028 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
11:29b.LUK.011.029 En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
11:30b.LUK.011.030 Want soos Jona 'n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.
11:31b.LUK.011.031 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en--meer as Salomo is hier!
11:32b.LUK.011.032 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en--meer as Jona is hier!
11:33b.LUK.011.033 En niemand steek 'n lamp op en sit dit in 'n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.
11:34b.LUK.011.034 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
11:35b.LUK.011.035 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
11:36b.LUK.011.036 As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.
11:37b.LUK.011.037 En onderwyl Hy besig was om te spreek, het 'n sekere Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan.
11:38b.LUK.011.038 En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder dat Hy nie voor die maaltyd eers gewas het nie.
11:39b.LUK.011.039 Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.
11:40b.LUK.011.040 Onverstandiges, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie?
11:41b.LUK.011.041 Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.
11:42b.LUK.011.042 Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
11:43b.LUK.011.043 Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.
11:44b.LUK.011.044 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.
11:45b.LUK.011.045 Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook.
11:46b.LUK.011.046 En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.
11:47b.LUK.011.047 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.
11:48b.LUK.011.048 Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.
11:49b.LUK.011.049 Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg,
11:50b.LUK.011.050 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,
11:51b.LUK.011.051 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.
11:52b.LUK.011.052 Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.
11:53b.LUK.011.053 En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge,
11:54b.LUK.011.054 om vir Hom 'n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.
12
12:1b.LUK.012.001 Toe duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê: Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.
12:2b.LUK.012.002 En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
12:3b.LUK.012.003 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
12:4b.LUK.012.004 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie;
12:5b.LUK.012.005 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
12:6b.LUK.012.006 Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie.
12:7b.LUK.012.007 Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
12:8b.LUK.012.008 En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God.
12:9b.LUK.012.009 Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God.
12:10b.LUK.012.010 En elkeen wat 'n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.
12:11b.LUK.012.011 En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;
12:12b.LUK.012.012 want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.
12:13b.LUK.012.013 En een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.
12:14b.LUK.012.014 Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as 'n regter of deler oor julle aangestel?
12:15b.LUK.012.015 En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
12:16b.LUK.012.016 Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: 'n Ryk man se grond het goed gedra.
12:17b.LUK.012.017 En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?
12:18b.LUK.012.018 Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.
12:19b.LUK.012.019 En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.
12:20b.LUK.012.020 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees?
12:21b.LUK.012.021 So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
12:22b.LUK.012.022 En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.
12:23b.LUK.012.023 Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.
12:24b.LUK.012.024 Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!
12:25b.LUK.012.025 En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
12:26b.LUK.012.026 As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?
12:27b.LUK.012.027 Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.
12:28b.LUK.012.028 As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!
12:29b.LUK.012.029 Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;
12:30b.LUK.012.030 want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
12:31b.LUK.012.031 Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
12:32b.LUK.012.032 Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.
12:33b.LUK.012.033 Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, 'n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
12:34b.LUK.012.034 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
12:35b.LUK.012.035 Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.
12:36b.LUK.012.036 En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
12:37b.LUK.012.037 Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.
12:38b.LUK.012.038 En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.
12:39b.LUK.012.039 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.
12:40b.LUK.012.040 Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.
12:41b.LUK.012.041 Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?
12:42b.LUK.012.042 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?
12:43b.LUK.012.043 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.
12:44b.LUK.012.044 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
12:45b.LUK.012.045 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,
12:46b.LUK.012.046 dan sal die heer van daardie dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot maak van die ontroues.
12:47b.LUK.012.047 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;
12:48b.LUK.012.048 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
12:49b.LUK.012.049 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!
12:50b.LUK.012.050 Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!
12:51b.LUK.012.051 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.
12:52b.LUK.012.052 Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.
12:53b.LUK.012.053 Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.
12:54b.LUK.012.054 En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.
12:55b.LUK.012.055 En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.
12:56b.LUK.012.056 Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?
12:57b.LUK.012.057 En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?
12:58b.LUK.012.058 Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.
12:59b.LUK.012.059 Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie.
13
13:1b.LUK.013.001 En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.
13:2b.LUK.013.002 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het?
13:3b.LUK.013.003 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
13:4b.LUK.013.004 Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het--dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?
13:5b.LUK.013.005 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
13:6b.LUK.013.006 En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: 'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
13:7b.LUK.013.007 Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
13:8b.LUK.013.008 Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
13:9b.LUK.013.009 As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.
13:10b.LUK.013.010 En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer.
13:11b.LUK.013.011 En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.
13:12b.LUK.013.012 En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos.
13:13b.LUK.013.013 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.
13:14b.LUK.013.014 Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop 'n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.
13:15b.LUK.013.015 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?
13:16b.LUK.013.016 Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan--dink daaraan! --agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?
13:17b.LUK.013.017 En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; en die hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.
13:18b.LUK.013.018 En Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?
13:19b.LUK.013.019 Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.
13:20b.LUK.013.020 En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?
13:21b.LUK.013.021 Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
13:22b.LUK.013.022 En onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.
13:23b.LUK.013.023 Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:
13:24b.LUK.013.024 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
13:25b.LUK.013.025 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop--sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
13:26b.LUK.013.026 Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.
13:27b.LUK.013.027 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!
13:28b.LUK.013.028 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.
13:29b.LUK.013.029 En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God.
13:30b.LUK.013.030 En daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.
13:31b.LUK.013.031 En op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring.
13:32b.LUK.013.032 En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag is Ek klaar.
13:33b.LUK.013.033 Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat 'n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.
13:34b.LUK.013.034 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.
13:35b.LUK.013.035 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
14
14:1b.LUK.014.001 En toe Hy in die huis van een van die owerstes van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op die sabbat, het hulle Hom in die oog gehou.
14:2b.LUK.014.002 En daar was voor Hom 'n man wat die water gehad het.
14:3b.LUK.014.003 En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?
14:4b.LUK.014.004 Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.
14:5b.LUK.014.005 En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in 'n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?
14:6b.LUK.014.006 En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.
14:7b.LUK.014.007 En toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides 'n gelykenis en sê vir hulle:
14:8b.LUK.014.008 Wanneer jy deur iemand na 'n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,
14:9b.LUK.014.009 en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.
14:10b.LUK.014.010 Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.
14:11b.LUK.014.011 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.
14:12b.LUK.014.012 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy 'n môre-- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
14:13b.LUK.014.013 Maar wanneer jy 'n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
14:14b.LUK.014.014 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
14:15b.LUK.014.015 En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.
14:16b.LUK.014.016 Maar Hy antwoord hom: 'n Sekere man het 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.
14:17b.LUK.014.017 En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.
14:18b.LUK.014.018 En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het 'n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.
14:19b.LUK.014.019 En 'n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.
14:20b.LUK.014.020 En 'n ander een het gesê: Ek het 'n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.
14:21b.LUK.014.021 En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.
14:22b.LUK.014.022 En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.
14:23b.LUK.014.023 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
14:24b.LUK.014.024 Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.
14:25b.LUK.014.025 En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:
14:26b.LUK.014.026 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
14:27b.LUK.014.027 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
14:28b.LUK.014.028 Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? --
14:29b.LUK.014.029 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot
14:30b.LUK.014.030 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
14:31b.LUK.014.031 Of watter koning wat optrek om teen 'n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?
14:32b.LUK.014.032 Anders stuur hy 'n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
14:33b.LUK.014.033 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
14:34b.LUK.014.034 Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?
14:35b.LUK.014.035 Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
15
15:1b.LUK.015.001 En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister.
15:2b.LUK.015.002 En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.
15:3b.LUK.015.003 Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê:
15:4b.LUK.015.004 Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?
15:5b.LUK.015.005 En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.
15:6b.LUK.015.006 En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.
15:7b.LUK.015.007 Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
15:8b.LUK.015.008 Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
15:9b.LUK.015.009 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.
15:10b.LUK.015.010 So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.
15:11b.LUK.015.011 Hy het ook gesê: 'n Man het twee seuns gehad.
15:12b.LUK.015.012 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.
15:13b.LUK.015.013 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
15:14b.LUK.015.014 En toe hy alles deurgebring het, kom daar 'n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.
15:15b.LUK.015.015 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.
15:16b.LUK.015.016 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.
15:17b.LUK.015.017 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!
15:18b.LUK.015.018 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,
15:19b.LUK.015.019 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.
15:20b.LUK.015.020 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
15:21b.LUK.015.021 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.
15:22b.LUK.015.022 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.
15:23b.LUK.015.023 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.
15:24b.LUK.015.024 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.
15:25b.LUK.015.025 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.
15:26b.LUK.015.026 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.
15:27b.LUK.015.027 Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.
15:28b.LUK.015.028 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.
15:29b.LUK.015.029 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.
15:30b.LUK.015.030 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.
15:31b.LUK.015.031 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.
15:32b.LUK.015.032 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.
16
16:1b.LUK.016.001 En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
16:2b.LUK.016.002 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.
16:3b.LUK.016.003 Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.
16:4b.LUK.016.004 Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.
16:5b.LUK.016.005 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?
16:6b.LUK.016.006 En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.
16:7b.LUK.016.007 Daarna sê hy vir 'n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.
16:8b.LUK.016.008 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
16:9b.LUK.016.009 En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
16:10b.LUK.016.010 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.
16:11b.LUK.016.011 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?
16:12b.LUK.016.012 En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
16:13b.LUK.016.013 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
16:14b.LUK.016.014 En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
16:15b.LUK.016.015 En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God.
16:16b.LUK.016.016 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
16:17b.LUK.016.017 Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
16:18b.LUK.016.018 Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
16:19b.LUK.016.019 En daar was 'n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.
16:20b.LUK.016.020 En daar was 'n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het.
16:21b.LUK.016.021 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.
16:22b.LUK.016.022 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.
16:23b.LUK.016.023 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.
16:24b.LUK.016.024 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.
16:25b.LUK.016.025 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.
16:26b.LUK.016.026 En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.
16:27b.LUK.016.027 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur--
16:28b.LUK.016.028 want ek het vyf broers--om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.
16:29b.LUK.016.029 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.
16:30b.LUK.016.030 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.
16:31b.LUK.016.031 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
17
17:1b.LUK.017.001 En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.
17:2b.LUK.017.002 Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.
17:3b.LUK.017.003 Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.
17:4b.LUK.017.004 En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou--moet jy hom vergewe.
17:5b.LUK.017.005 Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.
17:6b.LUK.017.006 En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant--en hy sou julle gehoorsaam wees.
17:7b.LUK.017.007 En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?
17:8b.LUK.017.008 Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?
17:9b.LUK.017.009 Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.
17:10b.LUK.017.010 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.
17:11b.LUK.017.011 En op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan.
17:12b.LUK.017.012 En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het.
17:13b.LUK.017.013 En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!
17:14b.LUK.017.014 En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
17:15b.LUK.017.015 En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.
17:16b.LUK.017.016 En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan.
17:17b.LUK.017.017 Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
17:18b.LUK.017.018 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
17:19b.LUK.017.019 En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.
17:20b.LUK.017.020 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
17:21b.LUK.017.021 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
17:22b.LUK.017.022 En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.
17:23b.LUK.017.023 En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.
17:24b.LUK.017.024 Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.
17:25b.LUK.017.025 Maar eers moet Hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.
17:26b.LUK.017.026 En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:
17:27b.LUK.017.027 hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
17:28b.LUK.017.028 Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
17:29b.LUK.017.029 Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.
17:30b.LUK.017.030 Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.
17:31b.LUK.017.031 In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.
17:32b.LUK.017.032 Dink aan die vrou van Lot!
17:33b.LUK.017.033 Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
17:34b.LUK.017.034 Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
17:35b.LUK.017.035 Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
17:36b.LUK.017.036 Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
17:37b.LUK.017.037 En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
18
18:1b.LUK.018.001 En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,
18:2b.LUK.018.002 en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.
18:3b.LUK.018.003 En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.
18:4b.LUK.018.004 En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,
18:5b.LUK.018.005 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.
18:6b.LUK.018.006 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.
18:7b.LUK.018.007 Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
18:8b.LUK.018.008 Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
18:9b.LUK.018.009 En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.
18:10b.LUK.018.010 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar.
18:11b.LUK.018.011 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie--rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
18:12b.LUK.018.012 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
18:13b.LUK.018.013 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!
18:14b.LUK.018.014 Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.
18:15b.LUK.018.015 En hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf.
18:16b.LUK.018.016 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
18:17b.LUK.018.017 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
18:18b.LUK.018.018 En 'n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
18:19b.LUK.018.019 En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.
18:20b.LUK.018.020 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.
18:21b.LUK.018.021 En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
18:22b.LUK.018.022 En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou--verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
18:23b.LUK.018.023 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.
18:24b.LUK.018.024 En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.
18:25b.LUK.018.025 Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
18:26b.LUK.018.026 Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?
18:27b.LUK.018.027 Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
18:28b.LUK.018.028 Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
18:29b.LUK.018.029 En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,
18:30b.LUK.018.030 wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.
18:31b.LUK.018.031 En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.
18:32b.LUK.018.032 Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word;
18:33b.LUK.018.033 en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
18:34b.LUK.018.034 Maar hulle het niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.
18:35b.LUK.018.035 En terwyl Hy naby Jérigo kom, sit daar 'n blinde man langs die pad en bedel;
18:36b.LUK.018.036 en toe hy 'n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.
18:37b.LUK.018.037 En hulle vertel hom: Jesus die Nasaréner gaan verby.
18:38b.LUK.018.038 Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!
18:39b.LUK.018.039 En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!
18:40b.LUK.018.040 En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom
18:41b.LUK.018.041 en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.
18:42b.LUK.018.042 En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.
18:43b.LUK.018.043 En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.
19
19:1b.LUK.019.001 En Hy het in Jérigo gekom en daar deurgegaan.
19:2b.LUK.019.002 En daar was 'n man met die naam van Saggéüs, 'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man.
19:3b.LUK.019.003 En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was.
19:4b.LUK.019.004 En hy het vooruit gehardloop en in 'n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.
19:5b.LUK.019.005 En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.
19:6b.LUK.019.006 Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.
19:7b.LUK.019.007 En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan.
19:8b.LUK.019.008 Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.
19:9b.LUK.019.009 Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is.
19:10b.LUK.019.010 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
19:11b.LUK.019.011 En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog 'n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.
19:12b.LUK.019.012 Hy het dan gesê: 'n Man van hoë geboorte het na 'n ver land gereis om vir homself 'n koningskap te ontvang en dan terug te kom.
19:13b.LUK.019.013 En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.
19:14b.LUK.019.014 Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.
19:15b.LUK.019.015 En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.
19:16b.LUK.019.016 En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.
19:17b.LUK.019.017 En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.
19:18b.LUK.019.018 En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.
19:19b.LUK.019.019 En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.
19:20b.LUK.019.020 En 'n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in 'n doek weggesit het;
19:21b.LUK.019.021 want ek was bang vir u, omdat u 'n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.
19:22b.LUK.019.022 Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek 'n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.
19:23b.LUK.019.023 Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.
19:24b.LUK.019.024 En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het--
19:25b.LUK.019.025 en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde
19:26b.LUK.019.026 want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.
19:27b.LUK.019.027 Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.
19:28b.LUK.019.028 En toe Hy dit gesê het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem.
19:29b.LUK.019.029 En toe Hy naby Bétfagé en Betánië kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur
19:30b.LUK.019.030 en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.
19:31b.LUK.019.031 En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? --moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.
19:32b.LUK.019.032 En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesê het.
19:33b.LUK.019.033 En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los?
19:34b.LUK.019.034 En hulle antwoord: Die Here het hom nodig.
19:35b.LUK.019.035 Toe bring hulle hom na Jesus toe, en hulle lê hul klere op die vul en laat Jesus daarop sit.
19:36b.LUK.019.036 En terwyl Hy voortgaan, gooi hulle hul klere oop op die pad.
19:37b.LUK.019.037 En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het,
19:38b.LUK.019.038 terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!
19:39b.LUK.019.039 En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!
19:40b.LUK.019.040 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.
19:41b.LUK.019.041 En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween
19:42b.LUK.019.042 en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek.
19:43b.LUK.019.043 Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.
19:44b.LUK.019.044 En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.
19:45b.LUK.019.045 En toe Hy in die tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag.
19:46b.LUK.019.046 En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis is 'n huis van gebed. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
19:47b.LUK.019.047 En elke dag was Hy besig om in die tempel te leer; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring;
19:48b.LUK.019.048 en hulle het niks gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het Hom aangehang en na Hom geluister.
20
20:1b.LUK.020.001 En op een van dié dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,
20:2b.LUK.020.002 en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het?
20:3b.LUK.020.003 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra--sê vir My:
20:4b.LUK.020.004 die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?
20:5b.LUK.020.005 Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel--sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
20:6b.LUK.020.006 En as ons sê: Uit mense sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.
20:7b.LUK.020.007 Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waarvandaan nie.
20:8b.LUK.020.008 En Jesus sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
20:9b.LUK.020.009 Toe begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel: 'n Sekere man het 'n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir 'n geruime tyd op reis gegaan.
20:10b.LUK.020.010 En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.
20:11b.LUK.020.011 En hy het weer 'n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.
20:12b.LUK.020.012 En hy het weer 'n derde gestuur, en hulle het ook hierdie een gewond en uitgedryf.
20:13b.LUK.020.013 Toe sê die eienaar van die wingerd: Wat sal ek doen? Ek sal my geliefde seun stuur; miskien sal hulle ontsag hê as hulle hom sien.
20:14b.LUK.020.014 Maar toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, sodat die erfdeel ons s'n kan wees.
20:15b.LUK.020.015 En hulle het hom uit die wingerd gewerp en hom doodgemaak. Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?
20:16b.LUK.020.016 Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie!
20:17b.LUK.020.017 Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
20:18b.LUK.020.018 Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
20:19b.LUK.020.019 Toe probeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het.
20:20b.LUK.020.020 En hulle het Hom in die oog gehou en spioene gestuur wat geveins het dat hulle regverdig was, sodat hulle Hom op 'n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die goewerneur.
20:21b.LUK.020.021 En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer--
20:22b.LUK.020.022 is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?
20:23b.LUK.020.023 Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?
20:24b.LUK.020.024 Wys My 'n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s'n.
20:25b.LUK.020.025 Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
20:26b.LUK.020.026 En hulle kon Hom nie voor die volk op 'n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.
20:27b.LUK.020.027 En sommige van die Sadduseërs het gekom--hulle wat ontken dat daar 'n opstanding is--en Hom gevra
20:28b.LUK.020.028 en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.
20:29b.LUK.020.029 Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en kinderloos gesterwe.
20:30b.LUK.020.030 En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.
20:31b.LUK.020.031 En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.
20:32b.LUK.020.032 En ten laaste het die vrou ook gesterwe.
20:33b.LUK.020.033 In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? want al sewe het haar as vrou gehad.
20:34b.LUK.020.034 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;
20:35b.LUK.020.035 maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
20:36b.LUK.020.036 Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.
20:37b.LUK.020.037 En dat die dode opgewek word, het Moses ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy die Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.
20:38b.LUK.020.038 Hy is tog nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.
20:39b.LUK.020.039 En sommige van die skrifgeleerdes antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek.
20:40b.LUK.020.040 En hulle het Hom nie meer iets durf vra nie.
20:41b.LUK.020.041 Toe sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?
20:42b.LUK.020.042 En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand
20:43b.LUK.020.043 totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
20:44b.LUK.020.044 Dawid noem Hom dan Here, en hoe is Hy sy seun?
20:45b.LUK.020.045 En terwyl die hele volk luister, sê Hy vir sy dissipels:
20:46b.LUK.020.046 Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye.
20:47b.LUK.020.047 Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.
21
21:1b.LUK.021.001 En toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi.
21:2b.LUK.021.002 En Hy het ook 'n arm weduwee daar twee geldstukkies sien ingooi.
21:3b.LUK.021.003 En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.
21:4b.LUK.021.004 Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.
21:5b.LUK.021.005 En toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en gewyde geskenke versierd was, sê Hy:
21:6b.LUK.021.006 Hierdie dinge wat julle sien daar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.
21:7b.LUK.021.007 En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?
21:8b.LUK.021.008 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
21:9b.LUK.021.009 En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie.
21:10b.LUK.021.010 Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.
21:11b.LUK.021.011 En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
21:12b.LUK.021.012 Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
21:13b.LUK.021.013 En dit sal vir julle uitloop op 'n getuienis.
21:14b.LUK.021.014 Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie.
21:15b.LUK.021.015 Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.
21:16b.LUK.021.016 Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak.
21:17b.LUK.021.017 En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam.
21:18b.LUK.021.018 En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie.
21:19b.LUK.021.019 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.
21:20b.LUK.021.020 En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
21:21b.LUK.021.021 Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.
21:22b.LUK.021.022 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.
21:23b.LUK.021.023 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal 'n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk.
21:24b.LUK.021.024 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.
21:25b.LUK.021.025 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
21:26b.LUK.021.026 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
21:27b.LUK.021.027 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.
21:28b.LUK.021.028 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
21:29b.LUK.021.029 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
21:30b.LUK.021.030 Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.
21:31b.LUK.021.031 So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
21:32b.LUK.021.032 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
21:33b.LUK.021.033 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
21:34b.LUK.021.034 Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.
21:35b.LUK.021.035 Want soos 'n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
21:36b.LUK.021.036 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
21:37b.LUK.021.037 En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
21:38b.LUK.021.038 En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.
22
22:1b.LUK.022.001 En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.
22:2b.LUK.022.002 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.
22:3b.LUK.022.003 En die Satan het in Judas gevaar, wat Iskáriot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.
22:4b.LUK.022.004 Toe het hy gegaan en met die owerpriesters en hoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer.
22:5b.LUK.022.005 En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom geld te gee.
22:6b.LUK.022.006 En hy het toegestem en na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer.
22:7b.LUK.022.007 En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.
22:8b.LUK.022.008 Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.
22:9b.LUK.022.009 En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei?
22:10b.LUK.022.010 En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.
22:11b.LUK.022.011 En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u--waar is die kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet?
22:12b.LUK.022.012 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei.
22:13b.LUK.022.013 En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei.
22:14b.LUK.022.014 En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.
22:15b.LUK.022.015 En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.
22:16b.LUK.022.016 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie.
22:17b.LUK.022.017 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.
22:18b.LUK.022.018 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.
22:19b.LUK.022.019 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.
22:20b.LUK.022.020 Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.
22:21b.LUK.022.021 Maar kyk, die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel.
22:22b.LUK.022.022 Die Seun van die mens gaan wel heen volgens wat bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy verraai word!
22:23b.LUK.022.023 Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.
22:24b.LUK.022.024 En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees.
22:25b.LUK.022.025 En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem.
22:26b.LUK.022.026 Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie 'n leier is, soos een wat dien.
22:27b.LUK.022.027 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien.
22:28b.LUK.022.028 En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge.
22:29b.LUK.022.029 En Ek beskik vir julle 'n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,
22:30b.LUK.022.030 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.
22:31b.LUK.022.031 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
22:32b.LUK.022.032 En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
22:33b.LUK.022.033 En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan.
22:34b.LUK.022.034 Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie.
22:35b.LUK.022.035 En Hy sê vir hulle: Toe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie.
22:36b.LUK.022.036 Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie 'n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en 'n swaard koop.
22:37b.LUK.022.037 Want Ek sê vir julle dat dit wat geskrywe is, nog aan My vervul moet word: En Hy is saam met misdadigers gereken. Want ook aan die dinge wat betrekking het op My, kom daar 'n einde.
22:38b.LUK.022.038 Hulle sê vir Hom: Here, kyk hier is twee swaarde. En Hy antwoord hulle: Dit is genoeg.
22:39b.LUK.022.039 En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg.
22:40b.LUK.022.040 En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.
22:41b.LUK.022.041 En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid
22:42b.LUK.022.042 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!
22:43b.LUK.022.043 En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.
22:44b.LUK.022.044 En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
22:45b.LUK.022.045 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.
22:46b.LUK.022.046 En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
22:47b.LUK.022.047 En terwyl Hy nog spreek, kom daar 'n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus om Hom te soen.
22:48b.LUK.022.048 En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met 'n kus?
22:49b.LUK.022.049 En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan?
22:50b.LUK.022.050 En een van hulle het die dienskneg van die hoëpriester getref en sy regteroor afgekap.
22:51b.LUK.022.051 Maar Jesus het geantwoord en gesê: Hou op, dit is genoeg! En Hy het sy oor aangeraak en hom gesond gemaak.
22:52b.LUK.022.052 Toe sê Jesus vir die owerpriesters en hoofde van die tempel en ouderlinge wat teen Hom gekom het: Het julle uitgetrek soos teen 'n rower met swaarde en stokke?
22:53b.LUK.022.053 Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie die hande teen My uitgesteek nie. Maar dit is julle uur en die mag van die duisternis.
22:54b.LUK.022.054 En hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.
22:55b.LUK.022.055 En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.
22:56b.LUK.022.056 En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.
22:57b.LUK.022.057 Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.
22:58b.LUK.022.058 En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.
22:59b.LUK.022.059 En ná verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galiléër.
22:60b.LUK.022.060 Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai.
22:61b.LUK.022.061 En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.
22:62b.LUK.022.062 En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
22:63b.LUK.022.063 En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan.
22:64b.LUK.022.064 En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het.
22:65b.LUK.022.065 En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek.
22:66b.LUK.022.066 En toe dit dag word, het die oudstes van die volk--die owerpriesters en skrifgeleerdes--vergader en Hom voor hulle Raad gebring
22:67b.LUK.022.067 en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie.
22:68b.LUK.022.068 En as Ek vra, sal u My tog nie antwoord of loslaat nie.
22:69b.LUK.022.069 Van nou af sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God.
22:70b.LUK.022.070 En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: U sê dat Ek dit is.
22:71b.LUK.022.071 Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.
23
23:1b.LUK.023.001 En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.
23:2b.LUK.023.002 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
23:3b.LUK.023.003 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.
23:4b.LUK.023.004 En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.
23:5b.LUK.023.005 Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judéa deur, vandat Hy in Galiléa begin het tot hiertoe.
23:6b.LUK.023.006 En toe Pilatus van Galiléa hoor, vra hy of die man 'n Galiléër is.
23:7b.LUK.023.007 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.
23:8b.LUK.023.008 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.
23:9b.LUK.023.009 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
23:10b.LUK.023.010 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.
23:11b.LUK.023.011 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.
23:12b.LUK.023.012 En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.
23:13b.LUK.023.013 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:
23:14b.LUK.023.014 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;
23:15b.LUK.023.015 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.
23:16b.LUK.023.016 Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.
23:17b.LUK.023.017 En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.
23:18b.LUK.023.018 Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!
23:19b.LUK.023.019 Dié was oor 'n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor 'n moord in die gevangenis gewerp.
23:20b.LUK.023.020 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;
23:21b.LUK.023.021 maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!
23:22b.LUK.023.022 En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.
23:23b.LUK.023.023 Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en dié van die owerpriesters het die oorhand gekry.
23:24b.LUK.023.024 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.
23:25b.LUK.023.025 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
23:26b.LUK.023.026 En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
23:27b.LUK.023.027 En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.
23:28b.LUK.023.028 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;
23:29b.LUK.023.029 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
23:30b.LUK.023.030 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!
23:31b.LUK.023.031 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!
23:32b.LUK.023.032 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.
23:33b.LUK.023.033 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.
23:34b.LUK.023.034 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.
23:35b.LUK.023.035 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.
23:36b.LUK.023.036 En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring
23:37b.LUK.023.037 en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.
23:38b.LUK.023.038 En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.
23:39b.LUK.023.039 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
23:40b.LUK.023.040 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? --
23:41b.LUK.023.041 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
23:42b.LUK.023.042 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
23:43b.LUK.023.043 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
23:44b.LUK.023.044 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;
23:45b.LUK.023.045 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
23:46b.LUK.023.046 En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
23:47b.LUK.023.047 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.
23:48b.LUK.023.048 En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.
23:49b.LUK.023.049 En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.
23:50b.LUK.023.050 En daar was 'n man met die naam van Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en regverdige man
23:51b.LUK.023.051 --hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie--van Arimathéa, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
23:52b.LUK.023.052 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
23:53b.LUK.023.053 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
23:54b.LUK.023.054 En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.
23:55b.LUK.023.055 En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
23:56b.LUK.023.056 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.
24
24:1b.LUK.024.001 En baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.
24:2b.LUK.024.002 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
24:3b.LUK.024.003 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
24:4b.LUK.024.004 En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.
24:5b.LUK.024.005 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
24:6b.LUK.024.006 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:
24:7b.LUK.024.007 Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.
24:8b.LUK.024.008 En hulle het sy woorde onthou.
24:9b.LUK.024.009 Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.
24:10b.LUK.024.010 En dit was Maria Magdaléna en Johanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het.
24:11b.LUK.024.011 En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.
24:12b.LUK.024.012 Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.
24:13b.LUK.024.013 En twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.
24:14b.LUK.024.014 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.
24:15b.LUK.024.015 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.
24:16b.LUK.024.016 Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.
24:17b.LUK.024.017 En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?
24:18b.LUK.024.018 En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?
24:19b.LUK.024.019 En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;
24:20b.LUK.024.020 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.
24:21b.LUK.024.021 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
24:22b.LUK.024.022 Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was;
24:23b.LUK.024.023 en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook 'n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.
24:24b.LUK.024.024 En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.
24:25b.LUK.024.025 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!
24:26b.LUK.024.026 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?
24:27b.LUK.024.027 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
24:28b.LUK.024.028 Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;
24:29b.LUK.024.029 maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.
24:30b.LUK.024.030 En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.
24:31b.LUK.024.031 Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.
24:32b.LUK.024.032 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?
24:33b.LUK.024.033 Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,
24:34b.LUK.024.034 wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
24:35b.LUK.024.035 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.
24:36b.LUK.024.036 En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
24:37b.LUK.024.037 Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien.
24:38b.LUK.024.038 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
24:39b.LUK.024.039 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
24:40b.LUK.024.040 En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
24:41b.LUK.024.041 En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?
24:42b.LUK.024.042 Daarop gee hulle Hom 'n stuk gebraaide vis en 'n stuk heuningkoek.
24:43b.LUK.024.043 En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
24:44b.LUK.024.044 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.
24:45b.LUK.024.045 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
24:46b.LUK.024.046 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,
24:47b.LUK.024.047 en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.
24:48b.LUK.024.048 En julle is getuies van hierdie dinge.
24:49b.LUK.024.049 En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
24:50b.LUK.024.050 En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.
24:51b.LUK.024.051 En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.
24:52b.LUK.024.052 En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.
24:53b.LUK.024.053 En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Luke (Afrikaans). Luke (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85B3-7