Mark (Afrikaans)
1
1:1b.MAR.001.001 Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.
1:2b.MAR.001.002 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak--
1:3b.MAR.001.003 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
1:4b.MAR.001.004 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.
1:5b.MAR.001.005 En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.
1:6b.MAR.001.006 En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.
1:7b.MAR.001.007 En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.
1:8b.MAR.001.008 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.
1:9b.MAR.001.009 En in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.
1:10b.MAR.001.010 En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal.
1:11b.MAR.001.011 En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
1:12b.MAR.001.012 En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.
1:13b.MAR.001.013 En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.
1:14b.MAR.001.014 En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig
1:15b.MAR.001.015 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
1:16b.MAR.001.016 En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
1:17b.MAR.001.017 En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.
1:18b.MAR.001.018 En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.
1:19b.MAR.001.019 En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.
1:20b.MAR.001.020 En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.
1:21b.MAR.001.021 En hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.
1:22b.MAR.001.022 En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.
1:23b.MAR.001.023 En daar was in hulle sinagoge 'n man met 'n onreine gees; en hy het uitgeskreeu
1:24b.MAR.001.024 en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!
1:25b.MAR.001.025 En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit!
1:26b.MAR.001.026 En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.
1:27b.MAR.001.027 En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?
1:28b.MAR.001.028 En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galiléa.
1:29b.MAR.001.029 En dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andréas.
1:30b.MAR.001.030 En die skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê.
1:31b.MAR.001.031 Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.
1:32b.MAR.001.032 En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.
1:33b.MAR.001.033 En die hele stad het by die deur saamgekom.
1:34b.MAR.001.034 En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.
1:35b.MAR.001.035 En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid.
1:36b.MAR.001.036 En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg.
1:37b.MAR.001.037 En toe hulle Hom vind, sê hulle vir Hom: Almal soek U.
1:38b.MAR.001.038 En Hy sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan.
1:39b.MAR.001.039 En Hy het die hele Galiléa deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf.
1:40b.MAR.001.040 En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig.
1:41b.MAR.001.041 En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!
1:42b.MAR.001.042 En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.
1:43b.MAR.001.043 En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg
1:44b.MAR.001.044 en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle.
1:45b.MAR.001.045 Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in 'n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom.
2
2:1b.MAR.002.001 En ná 'n paar dae het Hy weer in Kapérnaüm gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die huis was.
2:2b.MAR.002.002 En dadelik het baie saamgekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie; en Hy was besig om aan hulle die woord te verkondig.
2:3b.MAR.002.003 En daar kom mense na Hom met 'n verlamde man wat deur vier gedra word.
2:4b.MAR.002.004 En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lê, laat afsak.
2:5b.MAR.002.005 En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!
2:6b.MAR.002.006 En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:
2:7b.MAR.002.007 Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?
2:8b.MAR.002.008 En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?
2:9b.MAR.002.009 Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?
2:10b.MAR.002.010 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe--sê Hy vir die verlamde man:
2:11b.MAR.002.011 Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
2:12b.MAR.002.012 En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!
2:13b.MAR.002.013 En Hy het weer uitgegaan langs die see, en die hele skare het na Hom gekom, en Hy het hulle geleer.
2:14b.MAR.002.014 En toe Hy verbygaan, sien Hy Levi, die seun van Alféüs, by die tolhuis sit en sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
2:15b.MAR.002.015 En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg.
2:16b.MAR.002.016 En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink?
2:17b.MAR.002.017 En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
2:18b.MAR.002.018 En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?
2:19b.MAR.002.019 En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.
2:20b.MAR.002.020 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.
2:21b.MAR.002.021 En niemand werk 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom 'n erger skeur.
2:22b.MAR.002.022 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.
2:23b.MAR.002.023 En terwyl Hy op die sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk.
2:24b.MAR.002.024 Toe sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?
2:25b.MAR.002.025 En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie--toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het--
2:26b.MAR.002.026 hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Abjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?
2:27b.MAR.002.027 En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.
2:28b.MAR.002.028 Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.
3
3:1b.MAR.003.001 En Hy het weer in die sinagoge gegaan, en dáár was 'n man met 'n verdorde hand.
3:2b.MAR.003.002 En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.
3:3b.MAR.003.003 En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.
3:4b.MAR.003.004 Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, 'n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.
3:5b.MAR.003.005 En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
3:6b.MAR.003.006 Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
3:7b.MAR.003.007 En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en 'n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa
3:8b.MAR.003.008 en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, 'n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.
3:9b.MAR.003.009 En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.
3:10b.MAR.003.010 Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.
3:11b.MAR.003.011 En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!
3:12b.MAR.003.012 En Hy het hulle herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.
3:13b.MAR.003.013 En Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom.
3:14b.MAR.003.014 En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek
3:15b.MAR.003.015 en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.
3:16b.MAR.003.016 En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee;
3:17b.MAR.003.017 en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus--aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder--
3:18b.MAR.003.018 en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,
3:19b.MAR.003.019 en Judas Iskáriot, hy wat Hom verraai het.
3:20b.MAR.003.020 En hulle het in 'n huis gegaan, en 'n skare het weer saamgekom, sodat hulle selfs nie brood kon eet nie.
3:21b.MAR.003.021 Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.
3:22b.MAR.003.022 En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
3:23b.MAR.003.023 En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?
3:24b.MAR.003.024 En as 'n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;
3:25b.MAR.003.025 en as 'n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;
3:26b.MAR.003.026 en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot 'n einde.
3:27b.MAR.003.027 Niemand kan in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.
3:28b.MAR.003.028 Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;
3:29b.MAR.003.029 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel--
3:30b.MAR.003.030 omdat hulle gesê het: Hy het 'n onreine gees.
3:31b.MAR.003.031 Sy broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep.
3:32b.MAR.003.032 En 'n skare het rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: U moeder en u broers soek U daarbuite.
3:33b.MAR.003.033 En Hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers?
3:34b.MAR.003.034 En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en sê: Dáár is my moeder en my broers!
3:35b.MAR.003.035 Want elkeen wat die wil van God doen, dié is my broer en my suster en moeder.
4
4:1b.MAR.004.001 En Hy het nog 'n maal by die see begin leer; en 'n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.
4:2b.MAR.004.002 En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê:
4:3b.MAR.004.003 Luister! 'n Saaier het uitgegaan om te saai.
4:4b.MAR.004.004 En terwyl hy saai, het 'n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.
4:5b.MAR.004.005 En 'n ander deel het op 'n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.
4:6b.MAR.004.006 En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
4:7b.MAR.004.007 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.
4:8b.MAR.004.008 En 'n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.
4:9b.MAR.004.009 En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
4:10b.MAR.004.010 En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.
4:11b.MAR.004.011 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse,
4:12b.MAR.004.012 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.
4:13b.MAR.004.013 En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?
4:14b.MAR.004.014 Die saaier saai die woord.
4:15b.MAR.004.015 En dit is hulle wat langs die pad is--waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
4:16b.MAR.004.016 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word--wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,
4:17b.MAR.004.017 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir 'n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.
4:18b.MAR.004.018 En hulle by wie in die dorings gesaai word--dit is hulle wat die woord hoor,
4:19b.MAR.004.019 en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.
4:20b.MAR.004.020 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is--hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.
4:21b.MAR.004.021 En Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?
4:22b.MAR.004.022 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.
4:23b.MAR.004.023 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.
4:24b.MAR.004.024 En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.
4:25b.MAR.004.025 Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
4:26b.MAR.004.026 En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer 'n mens die saad in die grond gooi;
4:27b.MAR.004.027 en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot--hoe, weet hy self nie.
4:28b.MAR.004.028 Want vanself bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar.
4:29b.MAR.004.029 En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
4:30b.MAR.004.030 En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?
4:31b.MAR.004.031 Dit is soos 'n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;
4:32b.MAR.004.032 en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.
4:33b.MAR.004.033 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan;
4:34b.MAR.004.034 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.
4:35b.MAR.004.035 En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant.
4:36b.MAR.004.036 En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.
4:37b.MAR.004.037 En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.
4:38b.MAR.004.038 Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?
4:39b.MAR.004.039 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.
4:40b.MAR.004.040 Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?
4:41b.MAR.004.041 En 'n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!
5
5:1b.MAR.005.001 En hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadaréners.
5:2b.MAR.005.002 En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet 'n man met 'n onreine gees,
5:3b.MAR.005.003 wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie;
5:4b.MAR.005.004 want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.
5:5b.MAR.005.005 En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.
5:6b.MAR.005.006 En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer
5:7b.MAR.005.007 en skreeu met 'n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie.
5:8b.MAR.005.008 Want Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit!
5:9b.MAR.005.009 En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê: Legio is my naam, want ons is baie.
5:10b.MAR.005.010 Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie.
5:11b.MAR.005.011 En dáár teen die berge het 'n groot trop varke gewei,
5:12b.MAR.005.012 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.
5:13b.MAR.005.013 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop--daar was omtrent twee duisend--het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.
5:14b.MAR.005.014 En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het.
5:15b.MAR.005.015 Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand--die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees.
5:16b.MAR.005.016 Die wat dit gesien het, vertel toe aan hulle hoe dit met die besetene gegaan het, en ook van die varke.
5:17b.MAR.005.017 En hulle het Hom begin smeek om weg te gaan uit hulle gebied.
5:18b.MAR.005.018 En toe Hy in die skuit klim, het die man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly.
5:19b.MAR.005.019 Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.
5:20b.MAR.005.020 En hy het weggegaan en in Dekápolis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.
5:21b.MAR.005.021 En toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het 'n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see.
5:22b.MAR.005.022 En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer
5:23b.MAR.005.023 en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe.
5:24b.MAR.005.024 En Hy het saam met hom gegaan. En 'n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.
5:25b.MAR.005.025 En 'n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het
5:26b.MAR.005.026 en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het,
5:27b.MAR.005.027 het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak;
5:28b.MAR.005.028 want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.
5:29b.MAR.005.029 En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.
5:30b.MAR.005.030 En dadelik toe Jesus in Homself die krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak?
5:31b.MAR.005.031 En sy dissipels antwoord Hom: U sien dat die skare U verdring, en U sê: Wie het My aangeraak?
5:32b.MAR.005.032 Toe kyk Hy rond om haar te sien wat dit gedoen het.
5:33b.MAR.005.033 Die vrou, wat gevrees en gebeef het omdat sy wis wat met haar gebeur het, kom toe en val voor Hom neer en vertel Hom die hele waarheid.
5:34b.MAR.005.034 En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.
5:35b.MAR.005.035 Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?
5:36b.MAR.005.036 Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.
5:37b.MAR.005.037 En Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.
5:38b.MAR.005.038 En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien 'n rumoer: mense wat baie ween en huil.
5:39b.MAR.005.039 En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap.
5:40b.MAR.005.040 En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê.
5:41b.MAR.005.041 Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: Talíta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!
5:42b.MAR.005.042 En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En hulle was uitermate verbaas.
5:43b.MAR.005.043 En Hy het hulle met nadruk beveel dat niemand dit moes weet nie, en gesê dat daar vir haar iets te ete gegee moes word.
6
6:1b.MAR.006.001 En Hy het daarvandaan weggegaan en in sy vaderstad gekom, en sy dissipels het Hom gevolg.
6:2b.MAR.006.002 En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind?
6:3b.MAR.006.003 Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem.
6:4b.MAR.006.004 En Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis.
6:5b.MAR.006.005 En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy 'n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het.
6:6b.MAR.006.006 En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.
6:7b.MAR.006.007 En Hy het die twaalf na Hom geroep en hulle twee-twee begin uitstuur en het hulle mag gegee oor die onreine geeste,
6:8b.MAR.006.008 en hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te neem nie as net 'n stok alleen--geen reissak, geen brood, geen geld in die beurs nie,
6:9b.MAR.006.009 maar skoene aan die voete; en: Julle moet nie twee kledingstukke aantrek nie.
6:10b.MAR.006.010 En Hy het vir hulle gesê: Waar julle ook al in 'n huis mag kom, bly dáár totdat julle daarvandaan vertrek.
6:11b.MAR.006.011 En almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg en skud die stof onder julle voete af tot 'n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
6:12b.MAR.006.012 En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes bekeer.
6:13b.MAR.006.013 En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.
6:14b.MAR.006.014 Toe koning Herodes dit hoor--want sy naam het bekend geword--het hy gesê: Johannes die Doper het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in Hom.
6:15b.MAR.006.015 Ander het gesê: Hy is Elía, en ander weer het gesê: Hy is 'n profeet of soos een van die profete.
6:16b.MAR.006.016 Maar toe Herodes dit hoor, sê hy: Johannes wat ek onthoof het, dit is hy; hy het uit die dode opgestaan.
6:17b.MAR.006.017 Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het.
6:18b.MAR.006.018 Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie.
6:19b.MAR.006.019 En Heródias het 'n oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring en sy kon nie.
6:20b.MAR.006.020 Want Herodes was bang vir Johannes, omdat hy wis dat hy 'n regverdige en heilige man was, en hy het hom beskerm; en nadat hy hom gehoor het, het hy baie dinge gedoen en graag na hom geluister.
6:21b.MAR.006.021 En op die geskikte dag, toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy groot manne en die owerstes oor duisend en die vernaamstes van Galiléa 'n maaltyd gegee het;
6:22b.MAR.006.022 en toe die dogter van dieselfde Heródias inkom en dans, en Herodes en die wat saam aan tafel was, behaag, sê die koning vir die meisie: Vra my net wat jy wil, en ek sal dit aan jou gee.
6:23b.MAR.006.023 En hy het vir haar gesweer: Net wat jy my vra, sal ek jou gee, al was dit ook die helfte van my koninkryk.
6:24b.MAR.006.024 Daarop gaan sy uit en sê vir haar moeder: Wat sal ek vra? Toe antwoord sy: Die hoof van Johannes die Doper.
6:25b.MAR.006.025 En dadelik gaan sy haastig in na die koning en vra en sê: Ek wil hê dat u my op die daad die hoof van Johannes die Doper op 'n skottel gee.
6:26b.MAR.006.026 Toe word die koning baie bedroef, maar ter wille van die eed en die wat saam aan tafel was, wou hy haar nie afwys nie.
6:27b.MAR.006.027 En die koning stuur dadelik een van sy lyfwag met die bevel om sy hoof te bring; en hy het gegaan en hom in die gevangenis onthoof
6:28b.MAR.006.028 en sy hoof op 'n skottel gebring en dit aan die meisie gegee, en die meisie het dit aan haar moeder gegee.
6:29b.MAR.006.029 En toe sy dissipels dit hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en dit in 'n graf neergelê.
6:30b.MAR.006.030 En die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.
6:31b.MAR.006.031 En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na 'n verlate plek en rus 'n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.
6:32b.MAR.006.032 En hulle het met die skuit vertrek na 'n verlate plek in die eensaamheid.
6:33b.MAR.006.033 En die skare het hulle sien weggaan, en baie het Hom herken en te voet van al die stede af daar saamgestroom en voor hulle uit gegaan en by Hom vergader.
6:34b.MAR.006.034 En toe Jesus uitklim, sien Hy 'n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.
6:35b.MAR.006.035 En toe dit reeds laat geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat.
6:36b.MAR.006.036 Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te eet nie.
6:37b.MAR.006.037 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Gee julle aan hulle iets om te eet. En hulle sê vir Hom: Moet ons gaan en vir twee honderd pennings brood koop en aan hulle gee om te eet?
6:38b.MAR.006.038 En Hy sê vir hulle: Hoeveel brode het julle? Gaan kyk. En toe hulle dit te wete gekom het, sê hulle: Vyf, en twee visse.
6:39b.MAR.006.039 En Hy het hulle beveel om almal klompies-klompies op die groen gras te laat sit.
6:40b.MAR.006.040 En hulle het gaan sit in groepe van honderd en van vyftig.
6:41b.MAR.006.041 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.
6:42b.MAR.006.042 En almal het geëet en versadig geword;
6:43b.MAR.006.043 en hulle het van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die visse.
6:44b.MAR.006.044 En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyf duisend manne.
6:45b.MAR.006.045 En dadelik het Hy sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en vooruit te vaar na die oorkant, na Betsáida, onderwyl Hy die skare sou wegstuur.
6:46b.MAR.006.046 En nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid.
6:47b.MAR.006.047 En toe dit aand geword het, was die skuit in die middel van die see en Hy alleen op die land.
6:48b.MAR.006.048 En Hy het gesien dat hulle swaar kry met roei, want die wind was teen hulle. En omtrent die vierde nagwaak het Hy na hulle gekom, al wandelende op die see. En Hy wou by hulle verbygaan.
6:49b.MAR.006.049 En toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gemeen dat dit 'n spook was en hard uitgeskreeu;
6:50b.MAR.006.050 want hulle het Hom almal gesien en was ontsteld. Toe spreek Hy dadelik met hulle en sê vir hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie.
6:51b.MAR.006.051 En Hy het by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê; en hulle was by hulleself uitermate verbaas en verwonderd.
6:52b.MAR.006.052 Want hulle het by die wonder van die brode nie verstandig geword nie, omdat hulle hart verhard was.
6:53b.MAR.006.053 En nadat hulle oorgevaar het, het hulle by die land Gennésaret aangekom en daar aan wal gaan lê.
6:54b.MAR.006.054 En toe hulle uit die skuit gaan, het die mense Hom dadelik herken.
6:55b.MAR.006.055 en hulle het in daardie hele omtrek rondgeloop en die wat ongesteld was, op bedde begin ronddra na die plek waar hulle hoor dat Hy is.
6:56b.MAR.006.056 En waar Hy ook al ingegaan het in dorpe of stede of buitewyke, het hulle die wat ongesteld was, op die markpleine neergesit en Hom gesmeek om, al was dit maar die soom van sy kleed, aan te raak; en almal wat Hom aangeraak het, het gesond geword.
7
7:1b.MAR.007.001 En die Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, het by Hom saamgekom;
7:2b.MAR.007.002 en toe hulle sommige van sy dissipels met onrein, dit is met ongewaste, hande sien brood eet, het hulle dit afgekeur.
7:3b.MAR.007.003 Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.
7:4b.MAR.007.004 En wanneer hulle van die mark kom, eet hulle nie as hulle nie gewas het nie; en baie ander dinge is daar wat hulle aangeneem het om te onderhou: die wassery van bekers en kanne en kopergoed en bedde.
7:5b.MAR.007.005 Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande?
7:6b.MAR.007.006 En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
7:7b.MAR.007.007 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.
7:8b.MAR.007.008 Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.
7:9b.MAR.007.009 En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.
7:10b.MAR.007.010 Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.
7:11b.MAR.007.011 Maar julle sê: As 'n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is 'n offergawe--
7:12b.MAR.007.012 dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie.
7:13b.MAR.007.013 So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.
7:14b.MAR.007.014 En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan.
7:15b.MAR.007.015 Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak.
7:16b.MAR.007.016 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!
7:17b.MAR.007.017 En toe Hy van die skare af in 'n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die gelykenis.
7:18b.MAR.007.018 En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie,
7:19b.MAR.007.019 omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?
7:20b.MAR.007.020 En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.
7:21b.MAR.007.021 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
7:22b.MAR.007.022 diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.
7:23b.MAR.007.023 Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
7:24b.MAR.007.024 En Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie.
7:25b.MAR.007.025 Want 'n vrou wie se dogtertjie 'n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.
7:26b.MAR.007.026 En sy was 'n Griekse vrou, 'n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.
7:27b.MAR.007.027 Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en vir die hondjies te gooi nie.
7:28b.MAR.007.028 En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels.
7:29b.MAR.007.029 En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.
7:30b.MAR.007.030 En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê.
7:31b.MAR.007.031 En Hy het weer uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galiléa gegaan, deur die gebied van Dekápolis.
7:32b.MAR.007.032 Toe bring hulle na Hom 'n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te lê.
7:33b.MAR.007.033 En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan;
7:34b.MAR.007.034 en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: Éffata, dit is: Gaan oop!
7:35b.MAR.007.035 En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.
7:36b.MAR.007.036 En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig.
7:37b.MAR.007.037 En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.
8
8:1b.MAR.008.001 In dié dae toe daar 'n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê:
8:2b.MAR.008.002 Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie.
8:3b.MAR.008.003 En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.
8:4b.MAR.008.004 En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal 'n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?
8:5b.MAR.008.005 Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.
8:6b.MAR.008.006 En Hy gee aan die skare bevel om op die grond te gaan sit; daarop neem Hy die sewe brode, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels om dit voor te sit; en hulle sit dit aan die skare voor.
8:7b.MAR.008.007 Hulle het ook 'n paar vissies gehad; en nadat Hy gedank het, sê Hy dat hulle dit ook moet voorsit.
8:8b.MAR.008.008 En hulle het geëet en versadig geword en die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.
8:9b.MAR.008.009 En die wat geëet het, was omtrent vier duisend. En Hy het hulle weggestuur.
8:10b.MAR.008.010 En dadelik het Hy met sy dissipels in die skuit geklim en in die streke van Dalmanúta gekom.
8:11b.MAR.008.011 En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom 'n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.
8:12b.MAR.008.012 Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag 'n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.
8:13b.MAR.008.013 En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en na die oorkant gegaan.
8:14b.MAR.008.014 En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.
8:15b.MAR.008.015 En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.
8:16b.MAR.008.016 Toe redeneer hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.
8:17b.MAR.008.017 En Jesus merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie? Begryp julle nie en verstaan julle nie? Het julle nog jul verharde hart?
8:18b.MAR.008.018 Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?
8:19b.MAR.008.019 En onthou julle nie toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.
8:20b.MAR.008.020 En die sewe vir die vier duisend--hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe.
8:21b.MAR.008.021 Toe sê Hy vir hulle: Hoe verstaan julle dan nie!
8:22b.MAR.008.022 En Hy het in Betsáida gekom, en hulle het 'n blinde man na Hom gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.
8:23b.MAR.008.023 Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.
8:24b.MAR.008.024 En hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want ek sien hulle soos bome rondloop.
8:25b.MAR.008.025 Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.
8:26b.MAR.008.026 En Hy het hom na sy huis gestuur en gesê: Moenie in die dorp gaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.
8:27b.MAR.008.027 En Jesus en sy dissipels het uitgegaan na die dorpe van Cesaréa-Filíppi; en op die pad vra Hy sy dissipels en sê vir hulle: Wie sê die mense is Ek?
8:28b.MAR.008.028 En hulle antwoord: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander: Een van die profete.
8:29b.MAR.008.029 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus.
8:30b.MAR.008.030 En Hy het hulle streng beveel om niemand van Hom te vertel nie.
8:31b.MAR.008.031 Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan.
8:32b.MAR.008.032 En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.
8:33b.MAR.008.033 Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.
8:34b.MAR.008.034 En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
8:35b.MAR.008.035 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.
8:36b.MAR.008.036 Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
8:37b.MAR.008.037 Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
8:38b.MAR.008.038 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.
9
9:1b.MAR.009.001 En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie.
9:2b.MAR.009.002 En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op 'n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,
9:3b.MAR.009.003 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.
9:4b.MAR.009.004 En daar het aan hulle verskyn Elía saam met Moses, en hulle was in gesprek met Jesus.
9:5b.MAR.009.005 Toe spreek Petrus en sê vir Jesus: Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Elía een.
9:6b.MAR.009.006 Want hy het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was heeltemal verskrik.
9:7b.MAR.009.007 En daar kom 'n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom 'n stem wat sê: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!
9:8b.MAR.009.008 En meteens kyk hulle rond en sien niemand meer by hulle nie, behalwe Jesus alleen.
9:9b.MAR.009.009 En onderwyl hulle van die berg afklim, gee Hy aan hulle bevel om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.
9:10b.MAR.009.010 En hulle het die woord vir hulleself gehou en onder mekaar gevra wat dit beteken om uit die dode op te staan.
9:11b.MAR.009.011 En hulle vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elía eers moet kom?
9:12b.MAR.009.012 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers om alles te herstel; en tog, hoe staan daar dan van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verag word?
9:13b.MAR.009.013 Maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, soos van hom geskrywe is.
9:14b.MAR.009.014 En toe Hy by die dissipels kom, sien Hy 'n groot menigte om hulle, en skrifgeleerdes wat met hulle redetwis.
9:15b.MAR.009.015 En dadelik toe die hele skare Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet.
9:16b.MAR.009.016 Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?
9:17b.MAR.009.017 En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat 'n stomme gees het, na U gebring;
9:18b.MAR.009.018 en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.
9:19b.MAR.009.019 Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.
9:20b.MAR.009.020 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.
9:21b.MAR.009.021 Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;
9:22b.MAR.009.022 en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.
9:23b.MAR.009.023 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref--as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
9:24b.MAR.009.024 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
9:25b.MAR.009.025 En toe Jesus sien dat 'n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.
9:26b.MAR.009.026 En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos 'n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.
9:27b.MAR.009.027 Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.
9:28b.MAR.009.028 En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie?
9:29b.MAR.009.029 En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.
9:30b.MAR.009.030 En hulle het daarvandaan weggegaan en verbygetrek deur Galiléa; en Hy wou nie hê dat iemand dit moes weet nie.
9:31b.MAR.009.031 Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.
9:32b.MAR.009.032 En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.
9:33b.MAR.009.033 En Hy het in Kapérnaüm gekom; en toe Hy in die huis was, vra Hy hulle: Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer?
9:34b.MAR.009.034 Maar hulle het stilgebly; want hulle het op die pad met mekaar gepraat oor wie die grootste is.
9:35b.MAR.009.035 En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.
9:36b.MAR.009.036 En Hy neem 'n kindjie en laat hom in hul midde staan en slaan sy arms om hom en sê vir hulle:
9:37b.MAR.009.037 Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.
9:38b.MAR.009.038 Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
9:39b.MAR.009.039 Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat 'n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;
9:40b.MAR.009.040 want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
9:41b.MAR.009.041 Want elkeen wat vir julle in my Naam 'n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
9:42b.MAR.009.042 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as 'n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
9:43b.MAR.009.043 En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,
9:44b.MAR.009.044 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
9:45b.MAR.009.045 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
9:46b.MAR.009.046 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
9:47b.MAR.009.047 En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word,
9:48b.MAR.009.048 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
9:49b.MAR.009.049 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.
9:50b.MAR.009.050 Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.
10
10:1b.MAR.010.001 En Hy het opgestaan en daarvandaan deur die oorkant van die Jordaan na die gebied van Judéa gegaan; en weer het 'n skare by Hom vergader; en soos Hy gewoond was, het Hy hulle weer geleer.
10:2b.MAR.010.002 Toe kom die Fariseërs na Hom; en, om Hom te versoek, stel hulle Hom die vraag of dit 'n man geoorloof is om van sy vrou te skei?
10:3b.MAR.010.003 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel?
10:4b.MAR.010.004 En hulle sê: Moses het toegelaat om 'n skeibrief te skrywe en van haar te skei.
10:5b.MAR.010.005 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,
10:6b.MAR.010.006 maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
10:7b.MAR.010.007 Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
10:8b.MAR.010.008 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
10:9b.MAR.010.009 Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
10:10b.MAR.010.010 En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
10:11b.MAR.010.011 En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
10:12b.MAR.010.012 en as 'n vrou van haar man skei en met 'n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
10:13b.MAR.010.013 En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.
10:14b.MAR.010.014 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
10:15b.MAR.010.015 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
10:16b.MAR.010.016 En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
10:17b.MAR.010.017 En toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
10:18b.MAR.010.018 En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.
10:19b.MAR.010.019 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder.
10:20b.MAR.010.020 Maar hy antwoord en sê vir Hom: Meester, al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
10:21b.MAR.010.021 En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort--gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.
10:22b.MAR.010.022 Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
10:23b.MAR.010.023 Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan!
10:24b.MAR.010.024 En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!
10:25b.MAR.010.025 Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
10:26b.MAR.010.026 En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word?
10:27b.MAR.010.027 Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
10:28b.MAR.010.028 Toe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
10:29b.MAR.010.029 En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,
10:30b.MAR.010.030 of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
10:31b.MAR.010.031 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.
10:32b.MAR.010.032 En hulle was op die pad terwyl hulle opgaan na Jerusalem, en Jesus het voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle volg, het hulle gevrees. En Hy het weer die twaalf by Hom geneem en aan hulle begin vertel die dinge wat met Hom sou gebeur.
10:33b.MAR.010.033 Kyk, sê Hy, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene;
10:34b.MAR.010.034 en hulle sal Hom bespot en Hom gésel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
10:35b.MAR.010.035 En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra.
10:36b.MAR.010.036 En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?
10:37b.MAR.010.037 En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter-- en een aan u linkerhand.
10:38b.MAR.010.038 Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?
10:39b.MAR.010.039 En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;
10:40b.MAR.010.040 maar om te sit aan my regter-- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is.
10:41b.MAR.010.041 En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes.
10:42b.MAR.010.042 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen;
10:43b.MAR.010.043 maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
10:44b.MAR.010.044 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.
10:45b.MAR.010.045 Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
10:46b.MAR.010.046 En hulle het in Jérigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en 'n aansienlike skare uit Jérigo uitgaan, sit die blinde man, Bartiméüs, die seun van Timéüs, langs die pad en bedel.
10:47b.MAR.010.047 En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasaréner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!
10:48b.MAR.010.048 En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!
10:49b.MAR.010.049 Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.
10:50b.MAR.010.050 En hy gooi sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe.
10:51b.MAR.010.051 En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: Rabbóni, dat ek mag sien.
10:52b.MAR.010.052 En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.
11
11:1b.MAR.011.001 En toe hulle naby Jerusalem kom, by Bétfagé en Betánië, aan die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels uit
11:2b.MAR.011.002 en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.
11:3b.MAR.011.003 En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.
11:4b.MAR.011.004 En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak.
11:5b.MAR.011.005 Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak?
11:6b.MAR.011.006 En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan.
11:7b.MAR.011.007 En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.
11:8b.MAR.011.008 Toe gooi baie mense hulle klere op die pad oop, en ander kap takke van die bome af en strooi dit op die pad.
11:9b.MAR.011.009 En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
11:10b.MAR.011.010 Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele!
11:11b.MAR.011.011 En Jesus het in Jerusalem gekom en in die tempel. En nadat Hy alles rondom bekyk het, en omdat dit al aand was, het Hy met die twaalf uitgegaan na Betánië.
11:12b.MAR.011.012 En die volgende dag, onderwyl hulle uit Betánië gaan, het Hy honger gehad;
11:13b.MAR.011.013 en toe Hy op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie.
11:14b.MAR.011.014 En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou 'n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor.
11:15b.MAR.011.015 En hulle het in Jerusalem gekom; en toe Jesus in die tempel ingaan, begin Hy om die wat in die tempel verkoop en koop, uit te jaag; en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi;
11:16b.MAR.011.016 en Hy het niemand toegelaat om enige voorwerp deur die tempel te dra nie.
11:17b.MAR.011.017 En Hy het geleer en vir hulle gesê: Is daar nie geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
11:18b.MAR.011.018 En die skrifgeleerdes en die owerpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon ombring; want hulle was bang vir Hom, omdat die hele skare verslae was oor sy leer.
11:19b.MAR.011.019 En toe dit laat word, het Hy uitgegaan buitekant die stad.
11:20b.MAR.011.020 En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af.
11:21b.MAR.011.021 En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.
11:22b.MAR.011.022 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.
11:23b.MAR.011.023 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see--en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur--hy sal verkry net wat hy sê.
11:24b.MAR.011.024 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
11:25b.MAR.011.025 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
11:26b.MAR.011.026 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
11:27b.MAR.011.027 En hulle het weer in Jerusalem gekom. En terwyl Hy in die tempel rondwandel, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge na Hom
11:28b.MAR.011.028 en sê vir Hom: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U dié gesag gegee om dit te doen?
11:29b.MAR.011.029 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en antwoord julle My, dan sal Ek julle vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.
11:30b.MAR.011.030 Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My.
11:31b.MAR.011.031 En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel--sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
11:32b.MAR.011.032 Maar as ons sê: Uit mense--dan was hulle vir die volk bang, want almal het gedink dat Johannes werklik 'n profeet was.
11:33b.MAR.011.033 En hulle antwoord en sê vir Jesus: Ons weet nie. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
12
12:1b.MAR.012.001 Toe begin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: 'n Man het 'n wingerd geplant en 'n heining daarom gesit en 'n parskuip gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
12:2b.MAR.012.002 En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;
12:3b.MAR.012.003 maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.
12:4b.MAR.012.004 En weer het hy 'n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur.
12:5b.MAR.012.005 En weer het hy 'n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander--sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.
12:6b.MAR.012.006 Hy het toe nog een seun gehad, sy geliefde, en hom die laaste na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
12:7b.MAR.012.007 Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s'n wees.
12:8b.MAR.012.008 En hulle het hom geneem en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgewerp.
12:9b.MAR.012.009 Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die landbouers ombring en die wingerd aan ander gee.
12:10b.MAR.012.010 Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
12:11b.MAR.012.011 Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë.
12:12b.MAR.012.012 En hulle het probeer om Hom in die hande te kry, maar was bang vir die skare, want hulle het begryp dat Hy die gelykenis met die oog op hulle uitgespreek het. Daarop het hulle Hom verlaat en weggegaan.
12:13b.MAR.012.013 Toe stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op 'n woord te betrap.
12:14b.MAR.012.014 En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie?
12:15b.MAR.012.015 Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My 'n penning, dat Ek dit kan sien.
12:16b.MAR.012.016 En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s'n.
12:17b.MAR.012.017 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom.
12:18b.MAR.012.018 Toe kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê:
12:19b.MAR.012.019 Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek.
12:20b.MAR.012.020 Nou was daar sewe broers, en die eerste het 'n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat.
12:21b.MAR.012.021 En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.
12:22b.MAR.012.022 En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe.
12:23b.MAR.012.023 In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? --want al sewe het haar as vrou gehad.
12:24b.MAR.012.024 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
12:25b.MAR.012.025 Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is.
12:26b.MAR.012.026 En wat die dode betref, dat hulle opstaan--het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?
12:27b.MAR.012.027 God is nie 'n God van dooies nie, maar 'n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.
12:28b.MAR.012.028 En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?
12:29b.MAR.012.029 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here;
12:30b.MAR.012.030 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
12:31b.MAR.012.031 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
12:32b.MAR.012.032 En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie;
12:33b.MAR.012.033 en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
12:34b.MAR.012.034 Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.
12:35b.MAR.012.035 En terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?
12:36b.MAR.012.036 Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
12:37b.MAR.012.037 Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.
12:38b.MAR.012.038 En Hy het aan hulle in sy onderrig gesê: Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van begroetinge op die markte hou
12:39b.MAR.012.039 en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye--
12:40b.MAR.012.040 hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.
12:41b.MAR.012.041 En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.
12:42b.MAR.012.042 En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is 'n oortjie.
12:43b.MAR.012.043 Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.
12:44b.MAR.012.044 Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud.
13
13:1b.MAR.013.001 En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue!
13:2b.MAR.013.002 En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!
13:3b.MAR.013.003 En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom afsonderlik:
13:4b.MAR.013.004 Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?
13:5b.MAR.013.005 En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.
13:6b.MAR.013.006 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.
13:7b.MAR.013.007 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.
13:8b.MAR.013.008 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is 'n begin van die smarte.
13:9b.MAR.013.009 Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot 'n getuienis.
13:10b.MAR.013.010 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
13:11b.MAR.013.011 En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
13:12b.MAR.013.012 En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
13:13b.MAR.013.013 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
13:14b.MAR.013.014 En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie--laat hom wat lees, oplet--dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
13:15b.MAR.013.015 en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie;
13:16b.MAR.013.016 en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie.
13:17b.MAR.013.017 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!
13:18b.MAR.013.018 En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.
13:19b.MAR.013.019 Want daardie dae sal daar 'n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.
13:20b.MAR.013.020 En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.
13:21b.MAR.013.021 En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! --moet dit nie glo nie.
13:22b.MAR.013.022 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
13:23b.MAR.013.023 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.
13:24b.MAR.013.024 Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
13:25b.MAR.013.025 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.
13:26b.MAR.013.026 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.
13:27b.MAR.013.027 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.
13:28b.MAR.013.028 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
13:29b.MAR.013.029 So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur.
13:30b.MAR.013.030 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
13:31b.MAR.013.031 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
13:32b.MAR.013.032 Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.
13:33b.MAR.013.033 Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
13:34b.MAR.013.034 Dit is soos 'n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.
13:35b.MAR.013.035 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
13:36b.MAR.013.036 dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.
13:37b.MAR.013.037 En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!
14
14:1b.MAR.014.001 En die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.
14:2b.MAR.014.002 Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien 'n oproer onder die volk kom nie.
14:3b.MAR.014.003 En toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar 'n vrou met 'n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit.
14:4b.MAR.014.004 En daar was sommige wat by hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarvoor het hierdie verkwisting van die salf plaasgevind?
14:5b.MAR.014.005 Want dit kon vir meer as drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee geword het. En hulle het teen haar uitgevaar.
14:6b.MAR.014.006 Maar Jesus sê: Laat haar staan; waarom val julle haar lastig? Sy het 'n goeie werk aan My gedoen.
14:7b.MAR.014.007 Want die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie.
14:8b.MAR.014.008 Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam vir die begrafnis gesalf.
14:9b.MAR.014.009 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.
14:10b.MAR.014.010 En Judas Iskáriot, een van die twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hom aan hulle oor te lewer.
14:11b.MAR.014.011 En toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee. En hy het na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.
14:12b.MAR.014.012 En op die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U die pasga kan eet?
14:13b.MAR.014.013 En Hy stuur twee van sy dissipels en sê vir hulle: Gaan na die stad toe; en 'n man wat 'n kruik water dra, sal julle tegemoetkom. Volg hom,
14:14b.MAR.014.014 en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die eienaar van die huis sê: Die Meester laat weet: Waar is die kamer waar Ek met my dissipels die pasga kan eet?
14:15b.MAR.014.015 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys, in gereedheid gebring. Daar moet julle vir ons klaarmaak.
14:16b.MAR.014.016 En sy dissipels het gegaan en in die stad gekom en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het; en hulle het die pasga toeberei.
14:17b.MAR.014.017 En toe dit aand geword het, kom Hy met die twaalf.
14:18b.MAR.014.018 En terwyl hulle aan tafel was en eet, sê Jesus: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai, een wat saam met My eet.
14:19b.MAR.014.019 Toe het hulle begin om bedroef te word en een vir een aan Hom te sê: Is dit miskien Ek? En 'n ander een: Is dit miskien ek?
14:20b.MAR.014.020 En Hy antwoord en sê vir hulle: Dit is een van die twaalf wat saam met My sy hand in die skottel insteek.
14:21b.MAR.014.021 Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is; maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.
14:22b.MAR.014.022 En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.
14:23b.MAR.014.023 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle, en hulle het almal daaruit gedrink.
14:24b.MAR.014.024 En Hy sê vir hulle: Dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word.
14:25b.MAR.014.025 Voorwaar Ek sê vir julle, Ek sal nooit meer van die vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit nuut sal drink in die koninkryk van God.
14:26b.MAR.014.026 En toe hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.
14:27b.MAR.014.027 Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My; want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word.
14:28b.MAR.014.028 Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.
14:29b.MAR.014.029 En Petrus sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot neem, dan tog nie ek nie.
14:30b.MAR.014.030 Daarop sê Jesus vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag, in hierdie nag, voordat die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën.
14:31b.MAR.014.031 Maar hy het nog baie meer aangehou en gesê: Al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! En net so het almal ook gesê.
14:32b.MAR.014.032 Toe kom hulle in 'n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: Sit hier onderwyl Ek gaan bid.
14:33b.MAR.014.033 En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word.
14:34b.MAR.014.034 En Hy sê vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak.
14:35b.MAR.014.035 En toe Hy 'n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan.
14:36b.MAR.014.036 En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.
14:37b.MAR.014.037 En Hy kom en vind hulle aan die slaap en sê vir Petrus: Simon, slaap jy? Was jy nie in staat om een uur te waak nie?
14:38b.MAR.014.038 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
14:39b.MAR.014.039 Hy gaan toe weer weg en bid dieselfde woorde.
14:40b.MAR.014.040 En toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar; en hulle het nie geweet wat om Hom te antwoord nie.
14:41b.MAR.014.041 En Hy kom vir die derde keer en sê aan hulle: Slaap maar voort en rus. Dit is genoeg; die uur het gekom. Kyk, die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van die sondaars.
14:42b.MAR.014.042 Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.
14:43b.MAR.014.043 En dadelik, terwyl Hy nog spreek, verskyn Judas wat een van die twaalf was, en saam met hom 'n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge.
14:44b.MAR.014.044 En sy verraaier het 'n teken met hulle afgespreek en gesê: Die een wat ek sal soen--dit is Hy; gryp Hom en neem Hom met sekerheid weg.
14:45b.MAR.014.045 En toe hy kom, gaan hy dadelik na Hom en sê: Rabbi, Rabbi! en soen Hom.
14:46b.MAR.014.046 Daarop slaan hulle hul hande aan Hom en gryp Hom.
14:47b.MAR.014.047 En een van die wat daar gestaan het, het sy swaard uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.
14:48b.MAR.014.048 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle soos teen 'n rower uitgetrek met swaarde en stokke om My gevange te neem?
14:49b.MAR.014.049 Dag vir dag was Ek by julle in die tempel besig om te leer, en julle het My nie gegryp nie. Maar die Skrifte moes vervul word.
14:50b.MAR.014.050 Toe het almal Hom verlaat en gevlug.
14:51b.MAR.014.051 En 'n sekere jongman met 'n linnedoek om sy naakte lyf het Hom gevolg; en die jongmanne het hom gegryp;
14:52b.MAR.014.052 maar hy het die linnedoek laat staan en naak van hulle weggevlug.
14:53b.MAR.014.053 En hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester. En al die owerpriesters en die ouderlinge en die skrifgeleerdes het by hom vergader.
14:54b.MAR.014.054 En Petrus het Hom van ver af gevolg tot binne-in die paleis van die hoëpriester, en het saam met die dienaars gesit en hom by die vuur warm gemaak.
14:55b.MAR.014.055 En die owerpriesters en die hele Raad het getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en hulle het niks gevind nie;
14:56b.MAR.014.056 want baie het vals teen Hom getuig en die getuienisse was nie eenders nie.
14:57b.MAR.014.057 En sommige het opgestaan en vals teen Hom getuig en gesê:
14:58b.MAR.014.058 Ons het Hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae 'n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie.
14:59b.MAR.014.059 En selfs so was hulle getuienis nie eenders nie.
14:60b.MAR.014.060 Toe staan die hoëpriester in hul midde op en vra Jesus en sê: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?
14:61b.MAR.014.061 Maar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde God?
14:62b.MAR.014.062 En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel.
14:63b.MAR.014.063 Toe skeur die hoëpriester sy klere en sê: Wat het ons nog getuies nodig!
14:64b.MAR.014.064 Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was.
14:65b.MAR.014.065 En sommige het begin om op Hom te spuug en sy aangesig toe te maak en Hom met die vuis te slaan en vir Hom te sê: Profeteer! En die dienaars het Hom met stokke geslaan.
14:66b.MAR.014.066 En terwyl Petrus onder in die binneplaas was, kom daar een van die diensmeisies van die hoëpriester,
14:67b.MAR.014.067 en toe sy Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: Jy was ook by die Nasaréner, Jesus.
14:68b.MAR.014.068 Maar hy het dit ontken en gesê: Ek weet nie en begryp nie wat jy sê nie. En hy het buite na die voorplein gegaan; en die haan het gekraai.
14:69b.MAR.014.069 En toe die diensmeisie hom weer sien, begin sy aan die wat daar staan, te sê: Hierdie man behoort by hulle.
14:70b.MAR.014.070 Maar hy het dit weer ontken. En 'n bietjie later weer sê die wat daar staan vir Petrus: Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook 'n Galiléër en jou spraak is net so.
14:71b.MAR.014.071 Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken nie daardie man van wie julle praat nie.
14:72b.MAR.014.072 En vir die tweede keer het die haan gekraai; en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het: Voor die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën. En hy het in trane uitgebars.
15
15:1b.MAR.015.001 En dadelik, vroeg in die môre, het die owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad 'n besluit geneem; en nadat hulle Jesus geboei het, het hulle Hom weggelei en aan Pilatus oorgelewer.
15:2b.MAR.015.002 En Pilatus het Hom gevra: Is U die Koning van die Jode? En Hy het geantwoord en vir hom gesê: U sê dit.
15:3b.MAR.015.003 En die owerpriesters het baie beskuldiginge teen Hom ingebring.
15:4b.MAR.015.004 En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring.
15:5b.MAR.015.005 Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.
15:6b.MAR.015.006 En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.
15:7b.MAR.015.007 En daar was 'n sekere Barábbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand 'n moord begaan.
15:8b.MAR.015.008 En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.
15:9b.MAR.015.009 Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?
15:10b.MAR.015.010 Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.
15:11b.MAR.015.011 Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.
15:12b.MAR.015.012 Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?
15:13b.MAR.015.013 En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!
15:14b.MAR.015.014 Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!
15:15b.MAR.015.015 En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.
15:16b.MAR.015.016 Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar
15:17b.MAR.015.017 en trek Hom 'n purperkleed aan en vleg 'n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;
15:18b.MAR.015.018 en hulle begin Hom begroet: Wees gegroet, Koning van die Jode!
15:19b.MAR.015.019 En hulle slaan Hom met 'n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en bring Hom hulde.
15:20b.MAR.015.020 En toe hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die purperkleed uit en trek Hom sy eie klere aan; en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig.
15:21b.MAR.015.021 En hulle het 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.
15:22b.MAR.015.022 En hulle het Hom gebring op die plek Gólgota, dit is, as dit vertaal word: Plek van die Hoofskedel.
15:23b.MAR.015.023 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.
15:24b.MAR.015.024 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.
15:25b.MAR.015.025 En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.
15:26b.MAR.015.026 En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.
15:27b.MAR.015.027 Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter-- en een aan sy linkerkant.
15:28b.MAR.015.028 En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.
15:29b.MAR.015.029 En die verbygangers het Hom gesmaad, terwyl hulle hul hoof skud en sê: Ha, U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou,
15:30b.MAR.015.030 verlos Uself en kom af van die kruis!
15:31b.MAR.015.031 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.
15:32b.MAR.015.032 Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
15:33b.MAR.015.033 En toe dit die sesde uur was, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe.
15:34b.MAR.015.034 En die negende uur het Jesus met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?
15:35b.MAR.015.035 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Kyk, Hy roep na Elía.
15:36b.MAR.015.036 Toe hardloop een en maak 'n spons vol asyn en sit dit op 'n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom af te haal.
15:37b.MAR.015.037 Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.
15:38b.MAR.015.038 En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.
15:39b.MAR.015.039 En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.
15:40b.MAR.015.040 En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdaléna ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salóme--
15:41b.MAR.015.041 hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galiléa was--en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.
15:42b.MAR.015.042 En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,
15:43b.MAR.015.043 kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimathéa, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.
15:44b.MAR.015.044 En Pilatus was verwonderd dat Hy al dood was, en hy het die hoofman oor honderd geroep en hom gevra of Hy al lank dood was.
15:45b.MAR.015.045 En toe hy dit van die hoofman oor honderd verneem het, het hy die liggaam aan Josef geskenk.
15:46b.MAR.015.046 En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.
15:47b.MAR.015.047 En Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word.
16
16:1b.MAR.016.001 En toe die sabbat verby was, het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop om Hom te gaan salf.
16:2b.MAR.016.002 En baie vroeg op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf.
16:3b.MAR.016.003 En hulle sê vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol?
16:4b.MAR.016.004 En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot.
16:5b.MAR.016.005 En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle 'n jongman, met 'n lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik.
16:6b.MAR.016.006 En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.
16:7b.MAR.016.007 Maar gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.
16:8b.MAR.016.008 Toe gaan hulle haastig uit en vlug van die graf af weg. En bewing en ontsetting het hulle aangegryp. En hulle het vir niemand iets gesê nie, want hulle het gevrees.
16:9b.MAR.016.009 En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het.
16:10b.MAR.016.010 Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom gewees het, terwyl hulle treur en ween.
16:11b.MAR.016.011 En toe hulle hoor dat Hy lewe en deur haar gesien is, het hulle dit nie geglo nie.
16:12b.MAR.016.012 En hierna het Hy in 'n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld.
16:13b.MAR.016.013 Hulle het ook gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.
16:14b.MAR.016.014 Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.
16:15b.MAR.016.015 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
16:16b.MAR.016.016 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
16:17b.MAR.016.017 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
16:18b.MAR.016.018 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
16:19b.MAR.016.019 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
16:20b.MAR.016.020 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Mark (Afrikaans). Mark (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-85B0-A