Isaiah (Afrikaans)
1
1:1b.ISA.001.001 Die gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda.
1:2b.ISA.001.002 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
1:3b.ISA.001.003 'n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.
1:4b.ISA.001.004 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
1:5b.ISA.001.005 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.
1:6b.ISA.001.006 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
1:7b.ISA.001.007 Julle land is 'n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is 'n wildernis soos by 'n omkering deur vreemdes.
1:8b.ISA.001.008 En die dogter van Sion het oorgebly soos 'n skermpie in 'n wingerd, soos 'n slaapplekkie in 'n komkommertuin, soos 'n beleërde stad.
1:9b.ISA.001.009 As die HERE van die leërskare vir ons nie 'n klein oorblyfsel oorgelaat het nie--soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.
1:10b.ISA.001.010 Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!
1:11b.ISA.001.011 Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.
1:12b.ISA.001.012 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis--om my voorhowe te vertrap?
1:13b.ISA.001.013 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste--Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
1:14b.ISA.001.014 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My 'n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
1:15b.ISA.001.015 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.
1:16b.ISA.001.016 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,
1:17b.ISA.001.017 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
1:18b.ISA.001.018 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
1:19b.ISA.001.019 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
1:20b.ISA.001.020 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.
1:21b.ISA.001.021 Ag, hoe het die getroue vesting 'n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag--en nou moordenaars!
1:22b.ISA.001.022 Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.
1:23b.ISA.001.023 Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.
1:24b.ISA.001.024 Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!
1:25b.ISA.001.025 En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.
1:26b.ISA.001.026 En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy 'n stad van geregtigheid, 'n getroue vesting genoem word.
1:27b.ISA.001.027 Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.
1:28b.ISA.001.028 Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat die HERE verlaat, sal omkom.
1:29b.ISA.001.029 Want hulle sal in die skande kom weens die terpentynbome waar julle behae in het, en julle sal rooi van skaamte word oor die tuine wat julle verkies het.
1:30b.ISA.001.030 Want julle sal wees soos 'n terpentynboom waarvan die blare verdor, en soos 'n tuin wat geen water het nie.
1:31b.ISA.001.031 En die sterke word tot vlas en sy werk tot 'n vonk, en hulle sal altwee tesame brand sonder dat iemand uitblus.
2
2:1b.ISA.002.001 Die woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem.
2:2b.ISA.002.002 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.
2:3b.ISA.002.003 En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
2:4b.ISA.002.004 En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
2:5b.ISA.002.005 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die HERE!
2:6b.ISA.002.006 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.
2:7b.ISA.002.007 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie.
2:8b.ISA.002.008 Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het.
2:9b.ISA.002.009 So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie.
2:10b.ISA.002.010 Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.
2:11b.ISA.002.011 Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees.
2:12b.ISA.002.012 Want 'n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;
2:13b.ISA.002.013 en oor al die hoë en verhewe seders van die Líbanon en oor al die eikebome van Basan;
2:14b.ISA.002.014 en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;
2:15b.ISA.002.015 en oor al die hoë torings en oor al die versterkte mure;
2:16b.ISA.002.016 en oor al die skepe van Tarsis en oor al die kosbare pronkstukke.
2:17b.ISA.002.017 Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees.
2:18b.ISA.002.018 En die afgode sal geheel en al verdwyn.
2:19b.ISA.002.019 En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
2:20b.ISA.002.020 In dié dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise;
2:21b.ISA.002.021 om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
2:22b.ISA.002.022 Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!
3
3:1b.ISA.003.001 Want kyk, die Here HERE van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,
3:2b.ISA.003.002 die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;
3:3b.ISA.003.003 die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.
3:4b.ISA.003.004 En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.
3:5b.ISA.003.005 En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.
3:6b.ISA.003.006 As 'n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het 'n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees--
3:7b.ISA.003.007 dan sal hy in dié dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie 'n owerste van die volke nie.
3:8b.ISA.003.008 Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die HERE om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.
3:9b.ISA.003.009 Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!
3:10b.ISA.003.010 Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.
3:11b.ISA.003.011 Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.
3:12b.ISA.003.012 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot 'n dwaalweg gemaak.
3:13b.ISA.003.013 Die HERE staan daar om 'n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.
3:14b.ISA.003.014 Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, júlle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.
3:15b.ISA.003.015 Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.
3:16b.ISA.003.016 Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
3:17b.ISA.003.017 daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot.
3:18b.ISA.003.018 In dié dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;
3:19b.ISA.003.019 die oorversiersels en die armbande en die sluiers;
3:20b.ISA.003.020 die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;
3:21b.ISA.003.021 die vingerringe en die neusringe;
3:22b.ISA.003.022 die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;
3:23b.ISA.003.023 die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.
3:24b.ISA.003.024 Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van 'n gordel 'n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van 'n pronkgewaad 'n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.
3:25b.ISA.003.025 Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.
3:26b.ISA.003.026 En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.
4
4:1b.ISA.004.001 En in dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg.
4:2b.ISA.004.002 In dié dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel.
4:3b.ISA.004.003 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, dié sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem--
4:4b.ISA.004.004 as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.
4:5b.ISA.004.005 Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar 'n beskutting wees.
4:6b.ISA.004.006 En daar sal 'n afdak wees vir 'n skaduwee bedags teen die hitte en vir 'n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.
5
5:1b.ISA.005.001 Laat my tog sing van my Beminde; 'n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel.
5:2b.ISA.005.002 En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het 'n toring daar binne-in gebou en ook 'n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.
5:3b.ISA.005.003 Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen My en my wingerd.
5:4b.ISA.005.004 Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring?
5:5b.ISA.005.005 Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.
5:6b.ISA.005.006 En Ek sal dit 'n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.
5:7b.ISA.005.007 Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!
5:8b.ISA.005.008 Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.
5:9b.ISA.005.009 In my ore het die HERE van die leërskare gespreek: Waarlik, baie huise sal 'n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner.
5:10b.ISA.005.010 Want tien morg wingerd sal een enkele bat oplewer, en 'n homer saad sal 'n efa opbring.
5:11b.ISA.005.011 Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag láát opbly terwyl die wyn hulle verhit.
5:12b.ISA.005.012 En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie.
5:13b.ISA.005.013 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
5:14b.ISA.005.014 Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is.
5:15b.ISA.005.015 Dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder.
5:16b.ISA.005.016 Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.
5:17b.ISA.005.017 En daar sal lammers wei soos op hulle eie weiveld, en rondtrekkers sal die puinhope van die ryk mense laat afeet.
5:18b.ISA.005.018 Wee hulle wat die ongeregtigheid nader trek met koorde van goddeloosheid, en die sonde soos met wa-toue;
5:19b.ISA.005.019 wat sê: Laat Hy gou maak, laat Hy sy werk verhaas, dat ons dit kan sien! En laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom, dat ons dit kan ken!
5:20b.ISA.005.020 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.
5:21b.ISA.005.021 Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is.
5:22b.ISA.005.022 Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng;
5:23b.ISA.005.023 wat vir 'n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.
5:24b.ISA.005.024 Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het.
5:25b.ISA.005.025 Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk en het Hy sy hand teen hulle uitgestrek en hulle swaar getref, sodat die berge gebeef het en hulle lyke soos vuilnis op die strate was. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar is sy hand nog uitgestrek.
5:26b.ISA.005.026 En Hy sal 'n banier ophef vir die nasies in die verte, en Hy fluit vir dié volk daar aan die einde van die aarde; en kyk, gou, haastig kom hulle.
5:27b.ISA.005.027 Geen vermoeide en geen struikelende is onder hulle nie; hulle sluimer of slaap nie, en die gord van hulle heupe word nie losgemaak nie, en die riem van hulle skoene breek nie;
5:28b.ISA.005.028 wie se pyle skerp is en al hulle boë gespan; die pote van hulle perde is soos 'n klipsteen en hulle wiele soos 'n stormwind.
5:29b.ISA.005.029 Hulle gebrul is soos dié van 'n leeuin, hulle brul soos jong leeus en maak gedreun en gryp die prooi en sleep weg sonder dat iemand red.
5:30b.ISA.005.030 En in dié dag sal dit oor hulle dreun soos die gedreun van die see. As iemand die aarde aanskou, kyk, daar is angsvolle duisternis; en die lig is verduister deur die wolke.
6
6:1b.ISA.006.001 In die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.
6:2b.ISA.006.002 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.
6:3b.ISA.006.003 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
6:4b.ISA.006.004 En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en die huis het vol rook geword.
6:5b.ISA.006.005 Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!
6:6b.ISA.006.006 Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand, wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het,
6:7b.ISA.006.007 en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.
6:8b.ISA.006.008 Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
6:9b.ISA.006.009 En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.
6:10b.ISA.006.010 Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.
6:11b.ISA.006.011 Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot 'n wildernis,
6:12b.ISA.006.012 en die HERE die mense ver verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.
6:13b.ISA.006.013 En as nog 'n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom--as hulle omgekap word--'n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.
7
7:1b.ISA.007.001 En in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, met Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie.
7:2b.ISA.007.002 Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! --het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind.
7:3b.ISA.007.003 En die HERE het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld,
7:4b.ISA.007.004 en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie--weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Remália;
7:5b.ISA.007.005 omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Remália, deur te sê:
7:6b.ISA.007.006 Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van Tábeal daaroor koning maak.
7:7b.ISA.007.007 So sê die Here HERE: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie.
7:8b.ISA.007.008 Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf en sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie;
7:9b.ISA.007.009 en Samaría is die hoof van Efraim, en die seun van Remália die hoof van Samaría. As julle nie glo nie--voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie!
7:10b.ISA.007.010 En die HERE het verder met Agas gespreek en gesê:
7:11b.ISA.007.011 Eis vir jou 'n teken van die HERE jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.
7:12b.ISA.007.012 Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die HERE nie versoek nie.
7:13b.ISA.007.013 Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?
7:14b.ISA.007.014 Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.
7:15b.ISA.007.015 Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.
7:16b.ISA.007.016 Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.
7:17b.ISA.007.017 Maar die HERE sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van Juda afgeval het nie--die koning van Assur!
7:18b.ISA.007.018 En in dié dag sal die HERE vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is;
7:19b.ISA.007.019 en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke.
7:20b.ISA.007.020 In dié dag sal die HERE met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.
7:21b.ISA.007.021 En in dié dag sal 'n man 'n jong koei en 'n paar skape in die lewe hou;
7:22b.ISA.007.022 en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.
7:23b.ISA.007.023 En in dié dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.
7:24b.ISA.007.024 Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.
7:25b.ISA.007.025 En al die berge wat met die pik bewerk is--daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word.
8
8:1b.ISA.008.001 Verder het die HERE aan my gesê: Neem vir jou 'n groot tafel en skrywe daarop met 'n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;
8:2b.ISA.008.002 en Ek wil vir My vertroubare getuies neem: Uría, die priester, en Sagaría, die seun van Jeberégja.
8:3b.ISA.008.003 En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en die HERE het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.
8:4b.ISA.008.004 Want voordat die seuntjie kan roep: Vader! of: Moeder! sal hulle die rykdom van Damaskus en die buit van Samaría voor die koning van Assur bring.
8:5b.ISA.008.005 Verder het die HERE nog met my gespreek en gesê:
8:6b.ISA.008.006 Omdat hierdie volk die waters van Silóa verag wat saggies vloei, en daar vreugde is saam met Resin en die seun van Remália--
8:7b.ISA.008.007 kyk, daarom sal die Here oor hulle laat opkom die sterk en magtige waters van die Eufraat--die koning van Assur en al sy heerlikheid--en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle;
8:8b.ISA.008.008 en hy sal in Juda indring, instroom en oorloop; tot die nek toe sal hy kom; en die uitbreidinge van sy vlerke sal u land in sy breedte vul, o Immánuel!
8:9b.ISA.008.009 Maak geraas, o volke, en--stort inmekaar; en luister, alle ver plekke van die aarde! Gord julle en--stort inmekaar; gord julle en--stort inmekaar.
8:10b.ISA.008.010 Neem 'n besluit, en dit sal verydel word; maak 'n afspraak, en dit sal nie tot stand kom nie; want God is met ons!
8:11b.ISA.008.011 Want so het die HERE met my gespreek toe sy hand my oorweldig het en Hy my vermaan het om nie te wandel op die weg van hierdie volk nie, met die woorde:
8:12b.ISA.008.012 Julle mag nie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees nie.
8:13b.ISA.008.013 Die HERE van die leërskare--Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!
8:14b.ISA.008.014 Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom wees, maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die inwoners van Jerusalem.
8:15b.ISA.008.015 En baie onder hulle sal struikel en val en verbreek en verstrik en gevang word.
8:16b.ISA.008.016 Bind die getuienis toe, verseël die wet in die hart van my leerlinge.
8:17b.ISA.008.017 En ek sal wag op die HERE, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.
8:18b.ISA.008.018 Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het--tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.
8:19b.ISA.008.019 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel--moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?
8:20b.ISA.008.020 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie.
8:21b.ISA.008.021 Dan sal hulle deur die land trek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk,
8:22b.ISA.008.022 ook die aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees! In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe.
8:23b.ISA.008.023 Want nie langer sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die land Sébulon en die land Náftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene.
9
9:1b.ISA.009.001 Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.
9:2b.ISA.009.002 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.
9:3b.ISA.009.003 Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van Mídian.
9:4b.ISA.009.004 Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, 'n prooi van die vuur.
9:5b.ISA.009.005 Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors--
9:6b.ISA.009.006 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
9:7b.ISA.009.007 Die HERE stuur 'n woord in Jakob, en dit val in Israel;
9:8b.ISA.009.008 en die hele volk sal dit gewaarword, Efraim en die inwoners van Samaría, wat in trotsheid en grootsheid van hart sê:
9:9b.ISA.009.009 Die bakstene het geval, maar met gekapte klip sal ons bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal seders in hulle plek neem!
9:10b.ISA.009.010 Maar die HERE gee aan die teëstanders van Resin die oorhand oor hulle, en hulle vyande sal Hy ophits:
9:11b.ISA.009.011 die Arameërs van voor en die Filistyne van agter, dat hulle Israel met volle mond kan opeet. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
9:12b.ISA.009.012 Maar die volk bekeer hulle nie tot Hom wat hulle slaan nie, en hulle soek nie die HERE van die leërskare nie.
9:13b.ISA.009.013 Daarom sny die HERE van Israel af kop en stert, palmtak en biesie, op een dag.
9:14b.ISA.009.014 Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert;
9:15b.ISA.009.015 en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word, is op 'n dwaalweg gebring.
9:16b.ISA.009.016 Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almal roekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
9:17b.ISA.009.017 Want die goddeloosheid brand soos vuur; dit verteer dorings en distels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in 'n rookpilaar opstyg.
9:18b.ISA.009.018 Deur die grimmigheid van die HERE van die leërskare staan die land in vlamme en het die volk geword soos 'n prooi van die vuur; die een spaar die ander nie.
9:19b.ISA.009.019 En hulle byt na regs en het honger; hulle vreet na links en word nie versadig nie; hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm:
9:20b.ISA.009.020 Manasse vir Efraim, en Efraim vir Manasse, en hulle saam is teen Juda. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
10
10:1b.ISA.010.001 Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe,
10:2b.ISA.010.002 om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.
10:3b.ISA.010.003 Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?
10:4b.ISA.010.004 Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
10:5b.ISA.010.005 Wee Assur! die roede van my toorn en 'n stok is hy--in hulle hand is my grimmigheid!
10:6b.ISA.010.006 Ek sal hom stuur teen 'n roekelose nasie, en Ek sal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot 'n vertrapping te maak soos modder van die strate.
10:7b.ISA.010.007 Maar hy bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie.
10:8b.ISA.010.008 Want hy sê: Is my vorste nie almal saam konings nie?
10:9b.ISA.010.009 Het dit met Kalno nie gegaan soos met Kárkemis, met Hamat soos met Arpad, met Samaría soos met Damaskus nie?
10:10b.ISA.010.010 Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, alhoewel hulle gesnede beelde meer was as dié van Jerusalem en Samaría,
10:11b.ISA.010.011 sou ek nie, soos ek aan Samaría en sy afgode gedoen het, net so aan Jerusalem en sy afgode kan doen nie?
10:12b.ISA.010.012 Maar as die HERE al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë.
10:13b.ISA.010.013 Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos 'n maghebber neergewerp.
10:14b.ISA.010.014 En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na 'n voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos 'n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat 'n vlerk verroer of 'n bek oopgemaak of gepiep het nie.
10:15b.ISA.010.015 Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof 'n staf húlle swaai wat hom ophef, asof 'n stok hóm ophef wat nie hout is nie!
10:16b.ISA.010.016 Daarom sal die Here HERE van die leërskare onder sy vettes 'n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy 'n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.
10:17b.ISA.010.017 En die Lig van Israel sal 'n vuur wees, en sy Heilige 'n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteer op een dag.
10:18b.ISA.010.018 Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer 'n kranke wegkwyn.
10:19b.ISA.010.019 En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en 'n seuntjie sal hulle kan opskrywe.
10:20b.ISA.010.020 En in dié dag sal die oorblyfsel van Israel en die wat ontvlug het van die huis van Jakob, nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op die HERE, die Heilige van Israel, in opregtheid.
10:21b.ISA.010.021 Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe.
10:22b.ISA.010.022 Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
10:23b.ISA.010.023 Want 'n verdelging wat vas besluit is, sal die Here HERE van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.
10:24b.ISA.010.024 Daarom, so sê die Here HERE van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.
10:25b.ISA.010.025 Want nog 'n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om húlle te vernietig.
10:26b.ISA.010.026 En die HERE van die leërskare sal oor hom die gésel swaai soos Mídian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.
10:27b.ISA.010.027 En in dié dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.
10:28b.ISA.010.028 Hy oorval Ajat; hy trek deur Migron; in Migmas laat hy sy pakgoed agterbly.
10:29b.ISA.010.029 Hulle trek oor die nek. Laat Geba ons nagverblyf wees! Rama bewe, Gíbea van Saul vlug.
10:30b.ISA.010.030 Skreeu dit uit, dogter van Gallim! Luister, Lais! Arme Anatot!
10:31b.ISA.010.031 Madména vlug, die inwoners van Gebim soek skuiling!
10:32b.ISA.010.032 Nog vandag staan hy in Nob, hy swaai sy hand teen die berg van die dogter van Sion, teen die heuwel van Jerusalem!
10:33b.ISA.010.033 Maar kyk, die Here HERE van die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi;
10:34b.ISA.010.034 en Hy sal die digte takke van die bos met die yster omkap, en die Líbanon sal val deur die Heerlike.
11
11:1b.ISA.011.001 Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra;
11:2b.ISA.011.002 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.
11:3b.ISA.011.003 En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;
11:4b.ISA.011.004 maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.
11:5b.ISA.011.005 En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.
11:6b.ISA.011.006 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en 'n klein seuntjie sal hulle aanja.
11:7b.ISA.011.007 Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os;
11:8b.ISA.011.008 en die suigling speel by die gat van 'n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van 'n basilisk.
11:9b.ISA.011.009 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
11:10b.ISA.011.010 En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees.
11:11b.ISA.011.011 En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;
11:12b.ISA.011.012 en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.
11:13b.ISA.011.013 Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie.
11:14b.ISA.011.014 Maar hulle sal die Filistyne op die skouer vlieg teen die weste en saam die kinders van die Ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig.
11:15b.ISA.011.015 En die HERE sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat 'n mens met skoene daardeur kan loop.
11:16b.ISA.011.016 En daar sal 'n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.
12
12:1b.ISA.012.001 En in dié dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.
12:2b.ISA.012.002 Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.
12:3b.ISA.012.003 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
12:4b.ISA.012.004 En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!
12:5b.ISA.012.005 Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde.
12:6b.ISA.012.006 Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde.
13
13:1b.ISA.013.001 Godspraak oor Babel wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het.
13:2b.ISA.013.002 Hef op 'n banier op 'n kaal berg; roep hulle hardop toe, wink met die hand, dat hulle kan intrek deur die poorte van die edeles.
13:3b.ISA.013.003 Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.
13:4b.ISA.013.004 Hoor, 'n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, 'n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die HERE van die leërskare hou wapenskouing oor 'n oorlogsleër.
13:5b.ISA.013.005 Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
13:6b.ISA.013.006 Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as 'n verwoesting van die Almagtige.
13:7b.ISA.013.007 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;
13:8b.ISA.013.008 en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.
13:9b.ISA.013.009 Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
13:10b.ISA.013.010 Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.
13:11b.ISA.013.011 En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.
13:12b.ISA.013.012 En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.
13:13b.ISA.013.013 Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.
13:14b.ISA.013.014 En soos 'n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe.
13:15b.ISA.013.015 Elkeen wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard.
13:16b.ISA.013.016 En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder en hul vroue onteer.
13:17b.ISA.013.017 Kyk, Ek verwek die Meders teen hulle, wat silwer nie ag nie en in goud geen behae het nie.
13:18b.ISA.013.018 Maar hulle boë sal die seuns neerwerp, en hulle sal hul nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal die kinders nie verskoon nie.
13:19b.ISA.013.019 So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.
13:20b.ISA.013.020 Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie.
13:21b.ISA.013.021 Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.
13:22b.ISA.013.022 En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.
14
14:1b.ISA.014.001 Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.
14:2b.ISA.014.002 En die volke sal hulle neem en op hul woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die HERE as besitting verwerwe, as slawe en slavinne; en hulle sal dié gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en oor hulle drywers heers.
14:3b.ISA.014.003 En op die dag as die HERE jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het,
14:4b.ISA.014.004 dan sal jy hierdie spotlied aanhef oor die koning van Babel en sê: Hoe het die drywer nou opgehou, opgehou die verdrukking!
14:5b.ISA.014.005 Die HERE het die stok van die goddelose verbreek, die staf van die heersers,
14:6b.ISA.014.006 wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met 'n agtervolging sonder verskoning.
14:7b.ISA.014.007 Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.
14:8b.ISA.014.008 Ook is die sipresse bly oor jou, die seders van die Líbanon, en hulle sê: Vandat jy daar lê, klim niemand na ons toe op om ons af te kap nie.
14:9b.ISA.014.009 Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.
14:10b.ISA.014.010 Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword.
14:11b.ISA.014.011 Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as 'n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking.
14:12b.ISA.014.012 Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
14:13b.ISA.014.013 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.
14:14b.ISA.014.014 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
14:15b.ISA.014.015 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!
14:16b.ISA.014.016 Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?
14:17b.ISA.014.017 Die wêreld soos 'n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?
14:18b.ISA.014.018 Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis;
14:19b.ISA.014.019 maar jy is gewerp, ver van jou graf, soos 'n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.
14:20b.ISA.014.020 Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie.
14:21b.ISA.014.021 Maak 'n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.
14:22b.ISA.014.022 So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die HERE van die leërskare, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die HERE.
14:23b.ISA.014.023 En Ek sal dit 'n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die HERE van die leërskare.
14:24b.ISA.014.024 Die HERE van die leërskare het gesweer en gesê: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand:
14:25b.ISA.014.025 om Assur te verbreek in my land, en op my berge sal Ek hom vertrap, sodat sy juk van hulle kan afgly en sy las van hulle skouer kan wyk.
14:26b.ISA.014.026 Dit is die besluit wat geneem is oor die hele aarde, en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies;
14:27b.ISA.014.027 want die HERE van die leërskare het dit besluit--wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek--wie sal dit kan afkeer?
14:28b.ISA.014.028 In die sterfjaar van koning Agas het hierdie Godspraak uitgegaan.
14:29b.ISA.014.029 Wees nie bly, o ganse land van die Filistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie; want uit die wortel van die slang sal 'n basilisk voortkom, en sy vrug sal 'n vlieënde draak wees.
14:30b.ISA.014.030 En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal Ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal hy doodmaak.
14:31b.ISA.014.031 Huil, o poort! Skreeu, o stad! Bewe, o ganse land van die Filistyne! Want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie.
14:32b.ISA.014.032 Wat sal hulle dan die boodskappers van die nasie antwoord? Dat die HERE Sion gegrondves het, en dat die ellendiges van sy volk daarin sal skuil.
15
15:1b.ISA.015.001 Godspraak oor Moab. Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! Waarlik, in die nag is Kir-Moab verwoes, vernietig!
15:2b.ISA.015.002 Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Medéba; op al hulle hoofde is 'n kaalte, elke baard is afgeskeer.
15:3b.ISA.015.003 Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine huil alles en smelt weg in geween.
15:4b.ISA.015.004 Hesbon en Eleále skreeu, hulle stem word gehoor tot Jahas toe; daarom hef die gewapende manne van Moab 'n angsgeskreeu aan, sy siel sidder.
15:5b.ISA.015.005 My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelinge kom tot by Soar, Eglat-Selisia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horonáim laat hulle 'n geskreeu van verwoesting weerklink;
15:6b.ISA.015.006 want die waters van Nimrim word 'n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.
15:7b.ISA.015.007 Daarom gaan hulle die oorwins wat hulle gemaak het, en hulle voorraad, oor die Wilgerspruit dra.
15:8b.ISA.015.008 Want die geskreeu gaan rond in die grondgebied van Moab, sy gehuil tot by Eglaim en sy gehuil tot by Beër-Elim.
15:9b.ISA.015.009 Want die waters van Dimon is vol bloed; want Ek sal oor Dimon nog meer bring, 'n leeu oor dié van Moab wat ontvlug het, en oor die oorblyfsel van die land.
16
16:1b.ISA.016.001 Stuur die lammers van die regeerder van die land uit die rotsstreek weg na die woestyn, na die berg van die dogter van Sion.
16:2b.ISA.016.002 En soos voëls wat vlug, 'n nes wat verjaag is, sal die dogters van Moab wees by die driwwe van die Arnon.
16:3b.ISA.016.003 Gee raad, gee beslissing, maak jou skaduwee soos die nag op die volle middag, verberg die wat verdryf is, verraai die vlugteling nie!
16:4b.ISA.016.004 Laat my mense wat verdryf is, by jou vertoef! Aangaande Moab, wees vir hulle 'n skuilplek vanweë die verwoester. Want gedaan is die verdrukker, klaar is dit met die verwoesting, weg is die vertrappers uit die land!
16:5b.ISA.016.005 En opgerig is deur goedgunstigheid 'n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, 'n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.
16:6b.ISA.016.006 Ons het gehoor van die trotsheid van Moab--hy is baie trots! --van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery.
16:7b.ISA.016.007 Daarom sal Moab oor Moab huil, almal saam huil; oor die druiwekoeke van Kir-Haréset sal julle sug, heeltemal verslae.
16:8b.ISA.016.008 Want die wingerde van Hesbon het verwelk; die wingerdstok van Sibma--sy edele druiwe het die beheersers van die nasies neergewerp; dit het gekom tot by Jaéser, dit het in die woestyn ingedwaal; sy ranke het uitgesprei, het oor die see gegaan.
16:9b.ISA.016.009 Daarom beween ek die wingerdstok van Sibma met die geween van Jaéser; ek maak jou nat met my trane, Hesbon en Eleále, omdat die vreugdegeroep jou somervrugte en jou oes oorval het,
16:10b.ISA.016.010 en vreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.
16:11b.ISA.016.011 Daarom klaag my ingewande oor Moab soos 'n siter, en my binneste oor Kir-Heres.
16:12b.ISA.016.012 En as Moab verskyn, as hy hom vermoei op die hoogte en in sy heiligdom ingaan om te aanbid, dan sal hy niks uitrig nie.
16:13b.ISA.016.013 Dit is die woord wat die HERE tevore teen Moab gespreek het.
16:14b.ISA.016.014 En nou spreek die HERE en sê: Binne drie jaar--soos die jare van 'n dagloner--sal die heerlikheid van Moab veragtelik gemaak word saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal min, gering, onmagtig wees.
17
17:1b.ISA.017.001 Godspraak oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal 'n vervalle puinhoop word.
17:2b.ISA.017.002 Die stede Aroër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees wat daar sal lê sonder dat iemand hulle skrikmaak.
17:3b.ISA.017.003 En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die HERE van die leërskare.
17:4b.ISA.017.004 En in dié dag sal die heerlikheid van Jakob gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer.
17:5b.ISA.017.005 En dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refaim.
17:6b.ISA.017.006 Maar 'n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe: twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom, spreek die HERE, die God van Israel.
17:7b.ISA.017.007 In dié dag sal die mens kyk na sy Maker, en sy oë sal sien op die Heilige van Israel;
17:8b.ISA.017.008 en hy sal nie kyk na die altare nie, die werk van sy hande; en wat sy vingers gemaak het, sal hy nie aansien nie: die heilige boomstamme en die sonpilare.
17:9b.ISA.017.009 In dié dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos en van die bergtop wat verlaat is vanweë die kinders van Israel, en dit sal 'n wildernis wees.
17:10b.ISA.017.010 Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke;
17:11b.ISA.017.011 die dag as jy plant, laat jy dit groei, en in die môre laat jy jou saad uitspruit; maar dit sal wees 'n hoop geoeste graan op die dag van krankheid en ongeneeslike smart.
17:12b.ISA.017.012 Wee die gebruis van baie volke--soos die gebruis van die see, so bruis hulle! En die gedruis van nasies--soos die gedruis van geweldige waters, so maak hulle gedruis!
17:13b.ISA.017.013 Nasies maak gedruis soos die gedruis van baie waters; maar Hy dreig hulle, en hulle vlug ver weg en word gejaag soos kaf van die berge voor die wind en soos strooi voor die stormwind.
17:14b.ISA.017.014 In die aand--daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle nie meer nie. Dit is die deel van hulle wat ons plunder, en die lot van hulle wat ons beroof.
18
18:1b.ISA.018.001 Wee die land van vlerkgegons wat anderkant die riviere van Kus lê;
18:2b.ISA.018.002 wat boodskappers stuur oor die groot water en in skuite van biesies oor die waters! Gaan weg, vinnige boodskappers, na die hoog uitgegroeide nasie met die blink vel, na die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word.
18:3b.ISA.018.003 Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as 'n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!
18:4b.ISA.018.004 Want so het die HERE vir my gesê: Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek, soos glinsterende hitte bo die sonlig, soos 'n douwolk in die hitte van die oestyd.
18:5b.ISA.018.005 Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom 'n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;
18:6b.ISA.018.006 hulle word almal saam oorgegee aan die roofvoëls van die berge en aan die wilde diere van die aarde; en die roofvoëls sal daarop die somer deurbring, en al die wilde diere van die aarde sal daarop oorwinter.
18:7b.ISA.018.007 In dié tyd sal aan die HERE van die leërskare geskenke gebring word van die hoog uitgegroeide volk met die blink vel en van die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word, na die plek van die Naam van die HERE van die leërskare, na die berg Sion.
19
19:1b.ISA.019.001 Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
19:2b.ISA.019.002 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
19:3b.ISA.019.003 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.
19:4b.ISA.019.004 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van 'n harde meester, en 'n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.
19:5b.ISA.019.005 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
19:6b.ISA.019.006 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.
19:7b.ISA.019.007 Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.
19:8b.ISA.019.008 En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.
19:9b.ISA.019.009 En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
19:10b.ISA.019.010 En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
19:11b.ISA.019.011 Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd?
19:12b.ISA.019.012 Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.
19:13b.ISA.019.013 Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.
19:14b.ISA.019.014 Die HERE het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.
19:15b.ISA.019.015 So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.
19:16b.ISA.019.016 In dié dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.
19:17b.ISA.019.017 En die land Juda sal vir die Egiptenaars 'n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
19:18b.ISA.019.018 In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
19:19b.ISA.019.019 In dié dag sal daar 'n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die HERE by die grens.
19:20b.ISA.019.020 En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.
19:21b.ISA.019.021 En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.
19:22b.ISA.019.022 En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
19:23b.ISA.019.023 In dié dag sal daar 'n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.
19:24b.ISA.019.024 In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde,
19:25b.ISA.019.025 omdat die HERE van die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!
20
20:1b.ISA.020.001 In die jaar toe die tartan na Asdod gekom het, toe Sargon, die koning van Assirië, hom gestuur het, en hy teen Asdod geveg en dit ingeneem het;
20:2b.ISA.020.002 in dié tyd het die HERE deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop.
20:3b.ISA.020.003 Daarop het die HERE gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,
20:4b.ISA.020.004 so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele--'n smaad vir Egipte.
20:5b.ISA.020.005 En hulle sal verslae wees en beskaamd staan vanweë Kus, hulle toeverlaat, en vanweë Egipte, hulle trots.
20:6b.ISA.020.006 En die inwoners van hierdie kusland sal in dié dag sê: Kyk, só gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië--hoe sal óns dan ontvlug?
21
21:1b.ISA.021.001 Godspraak oor die woestyn van die see. Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit 'n vreeslike land!
21:2b.ISA.021.002 'n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, Médië! Aan alle gesug maak Ek 'n einde.
21:3b.ISA.021.003 Daarom is my heupe vol siddering, weë het my aangegryp soos die weë van een wat baar; ek buig my krom, sodat ek nie hoor nie; ek is verskrik, sodat ek nie sien nie.
21:4b.ISA.021.004 My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir my die skemeraand wat ek liefhet, tot 'n verskrikking.
21:5b.ISA.021.005 Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink.... Staan op, o vorste, salf die skild!
21:6b.ISA.021.006 Want so het die Here vir my gesê: Gaan heen, sit 'n wag uit; laat hom te kenne gee wat hy sien;
21:7b.ISA.021.007 en sien hy 'n stoet ruiters, twee aan twee, 'n stoet esels, 'n stoet kamele, dan moet hy skerp luister, so skerp as hy kan.
21:8b.ISA.021.008 En hy het geroep soos 'n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.
21:9b.ISA.021.009 En kyk, daar kom 'n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.
21:10b.ISA.021.010 o My vertrapte en gedorste volk, wat ek gehoor het van die HERE van die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.
21:11b.ISA.021.011 Godspraak oor Duma. Daar roep een my toe van Seïr af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag?
21:12b.ISA.021.012 Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.
21:13b.ISA.021.013 Godspraak teen Arabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van die Dedaniete!
21:14b.ISA.021.014 Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.
21:15b.ISA.021.015 Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.
21:16b.ISA.021.016 Want so het die Here vir my gesê: Binne 'n jaar--soos die jare van 'n dagloner--sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.
21:17b.ISA.021.017 En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die HERE, die God van Israel, het dit gespreek.
22
22:1b.ISA.022.001 Godspraak oor die dal van die gesig. Wat is dit dan met jou dat jy, jou hele bevolking, op die dakke geklim het,
22:2b.ISA.022.002 rumoerige, woelige stad, uitgelate vesting? Die wat in jou verslaan is, is nie deur die swaard verslaan en het nie in die oorlog gesterwe nie.
22:3b.ISA.022.003 Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weggevlug.
22:4b.ISA.022.004 Daarom sê ek: Kyk weg van my af, dat ek bitterlik kan ween; dring nie aan om my te troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie;
22:5b.ISA.022.005 want dit is 'n dag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here, die HERE van die leërskare, in die dal van die gesig--omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!
22:6b.ISA.022.006 En Elam het die pylkoker geneem, met waens, manskappe, ruiters; en Kir het die skild ontbloot.
22:7b.ISA.022.007 Dan word jou beste dale met strydwaens gevul, en die ruiters staan gereed in die rigting van die poort;
22:8b.ISA.022.008 en die beskutting van Juda word weggeneem. En in dié dag kyk jy na die wapens in die Huis van die Bos,
22:9b.ISA.022.009 en julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is, en julle vang die waters van die Onderste Dam op.
22:10b.ISA.022.010 En julle tel die huise van Jerusalem, en die huise breek julle af om die muur te versterk.
22:11b.ISA.022.011 En julle maak 'n dam tussen die twee mure vir die water van die Ou Dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie.
22:12b.ISA.022.012 En in dié dag roep die Here, die HERE van die leërskare, tot geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;
22:13b.ISA.022.013 maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.
22:14b.ISA.022.014 Maar die HERE van die leërskare het Hom in my ore geopenbaar en gesê: Waarlik, hierdie ongeregtigheid word vir julle nie versoen totdat julle sterwe nie! sê die Here, die HERE van die leërskare.
22:15b.ISA.022.015 So sê die Here, die HERE van die leërskare: Kom, gaan in by daardie bestuurder, by Sebna, wat oor die paleis aangestel is, en sê:
22:16b.ISA.022.016 Wat het jy hier, en wie het jy hier, dat jy vir jou hier 'n graf uitgekap het soos een wat in die hoogte sy graf uitkap, wat in die rots vir hom 'n woning uithol?
22:17b.ISA.022.017 Kyk, die HERE sal jou wegslinger, soos 'n man iets wegslinger, en jou vas inmekaar rol,
22:18b.ISA.022.018 jou vas inmekaar draai soos 'n tol garing, jou soos 'n bal wegslinger na 'n land wat alkante toe wyd is; daar sal jy sterwe, en daar sal jou pronkwaens wees, o skandvlek van die huis van jou heer!
22:19b.ISA.022.019 En Ek sal jou wegstoot uit jou pos, en uit jou plek sal Hy jou wegruk.
22:20b.ISA.022.020 En in dié dag sal Ek my kneg Éljakim, die seun van Hilkía, roep;
22:21b.ISA.022.021 en Ek sal hom jou gewaad aantrek en hom gord met jou gordel, en jou mag sal Ek in sy hand lê, en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda 'n vader wees.
22:22b.ISA.022.022 En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.
22:23b.ISA.022.023 En Ek sal hom inslaan soos 'n pen in 'n vaste plek, en hy sal 'n eretroon wees vir die huis van sy vader.
22:24b.ISA.022.024 En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike toe.
22:25b.ISA.022.025 In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal die pen padgee wat in 'n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, en die drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, want die HERE het dit gespreek.
23
23:1b.ISA.023.001 Godspraak oor Tirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land van die Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword.
23:2b.ISA.023.002 Staan verstom, inwoners van die kusland! Die koopmans van Sidon wat oor die see vaar, het jou vroeër gevul.
23:3b.ISA.023.003 En op groot waters is die saad van Sigor, die oes van die Nyl, in hom ingebring; en so het hy 'n handelswins vir die nasies geword.
23:4b.ISA.023.004 Staan beskaamd, Sidon, want die see, die vesting van die see, spreek en sê: Ek het geen weë gehad en nie gebaar nie, en ek het geen jongmanne grootgemaak of jongedogters opgevoed nie.
23:5b.ISA.023.005 As die tyding na Egipte kom, beef hulle daar van angs by die tyding aangaande Tirus.
23:6b.ISA.023.006 Vaar na Tarsis oor, huil, inwoners van die kusland!
23:7b.ISA.023.007 Is dít julle uitgelate stad wat in die dae van die voortyd sy oorsprong het, wie se voete hom ver weggedra het om in vreemde lande te vertoef?
23:8b.ISA.023.008 Wie het dit besluit oor Tirus, die uitdeler van krone, wie se koopmans vorste, wie se handelaars die edeles van die aarde was?
23:9b.ISA.023.009 Die HERE van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.
23:10b.ISA.023.010 Stroom oor jou land soos die Nyl, dogter van Tarsis! Daar is geen gordel meer wat hinder nie.
23:11b.ISA.023.011 Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! Die HERE het bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word.
23:12b.ISA.023.012 En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! Maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe; ook daar sal jy geen rus hê nie.
23:13b.ISA.023.013 Kyk, die land van die Chaldeërs--dit is die volk wat tot niet gegaan het: Assur het dit bestem vir die woestyndiere, het sy wagtorings daarteen opgerig, het die paleise daarvan verwoes, het dit 'n puinhoop gemaak.
23:14b.ISA.023.014 Huil, skepe van Tarsis, want julle vesting is verwoes!
23:15b.ISA.023.015 En in dié dag sal Tirus vergeet word, sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied:
23:16b.ISA.023.016 Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! Speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink.
23:17b.ISA.023.017 En aan die einde van sewentig jaar sal die HERE op Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is.
23:18b.ISA.023.018 Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van die HERE woon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.
24
24:1b.ISA.024.001 Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.
24:2b.ISA.024.002 Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.
24:3b.ISA.024.003 Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek.
24:4b.ISA.024.004 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.
24:5b.ISA.024.005 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.
24:6b.ISA.024.006 Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur 'n gloed verteer en bly daar min mense oor.
24:7b.ISA.024.007 Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.
24:8b.ISA.024.008 Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!
24:9b.ISA.024.009 Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.
24:10b.ISA.024.010 Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.
24:11b.ISA.024.011 Daar is 'n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.
24:12b.ISA.024.012 Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot 'n puinhoop stukkend geslaan.
24:13b.ISA.024.013 Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na-oes as die druiwe-oes verby is.
24:14b.ISA.024.014 Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle van die see af:
24:15b.ISA.024.015 Daarom, eer die HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die HERE, die God van Israel!
24:16b.ISA.024.016 Van die einde van die aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige! Maar ek sê: Ek teer weg, ek teer weg, wee my! Die ontroues handel troueloos, en in troueloosheid handel die ontroues troueloos.
24:17b.ISA.024.017 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o bewoner van die aarde!
24:18b.ISA.024.018 En hy wat vlug vir die skrikgeroep, val in die kuil; en hy wat uit die kuil uitklim, word in die strik gevang. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe.
24:19b.ISA.024.019 Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud.
24:20b.ISA.024.020 Die aarde waggel geheel en al soos 'n dronkaard en swaai heen en weer soos 'n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.
24:21b.ISA.024.021 En in dié dag sal die HERE besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;
24:22b.ISA.024.022 en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in 'n kuil en bewaar word in 'n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word.
24:23b.ISA.024.023 En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.
25
25:1b.ISA.025.001 HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.
25:2b.ISA.025.002 Want U het van 'n stad 'n hoop klippe gemaak, van 'n versterkte vesting 'n puinhoop; 'n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.
25:3b.ISA.025.003 Daarom sal 'n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.
25:4b.ISA.025.004 Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte--want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur.
25:5b.ISA.025.005 Soos hitte in 'n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van 'n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.
25:6b.ISA.025.006 En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei 'n maaltyd van vetspyse, 'n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
25:7b.ISA.025.007 En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
25:8b.ISA.025.008 Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.
25:9b.ISA.025.009 En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.
25:10b.ISA.025.010 Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van 'n miskuil.
25:11b.ISA.025.011 En as hy sy hande daarin uitsprei soos 'n swemmer dit uitsprei om te swem, dan sal Hy sy trotsheid afdruk tegelyk met die kunsgrepe van sy hande.
25:12b.ISA.025.012 En die steil versterkings van jou mure werp Hy neer, gooi Hy af, laat Hy kom tot op die grond, tot in die stof.
26
26:1b.ISA.026.001 In dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: 'n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.
26:2b.ISA.026.002 Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!
26:3b.ISA.026.003 U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
26:4b.ISA.026.004 Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.
26:5b.ISA.026.005 Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.
26:6b.ISA.026.006 Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.
26:7b.ISA.026.007 Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk.
26:8b.ISA.026.008 Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
26:9b.ISA.026.009 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
26:10b.ISA.026.010 Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.
26:11b.ISA.026.011 HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
26:12b.ISA.026.012 HERE, U sal vir ons vrede beskik, want U het ook al ons werk vir ons volbring.
26:13b.ISA.026.013 HERE, onse God, ander here buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen prys ons ú Naam.
26:14b.ISA.026.014 Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.
26:15b.ISA.026.015 U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.
26:16b.ISA.026.016 HERE, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.
26:17b.ISA.026.017 Soos 'n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, o HERE!
26:18b.ISA.026.018 Ons was swanger, het weë gehad--dit was asof ons wind gebaar het; ons het die land geen redding aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie.
26:19b.ISA.026.019 U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is 'n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
26:20b.ISA.026.020 Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir 'n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.
26:21b.ISA.026.021 Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.
27
27:1b.ISA.027.001 In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.
27:2b.ISA.027.002 In dié dag sal daar wees 'n wingerd van skuimende wyn--sing daarvan!
27:3b.ISA.027.003 Ek, die HERE, bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; Ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie.
27:4b.ISA.027.004 Geen grimmigheid is by My nie. Kry Ek doring of distel, in oorlog sou Ek daarop aanval, dit alles saam verbrand.
27:5b.ISA.027.005 Of hulle moet my beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak.
27:6b.ISA.027.006 In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.
27:7b.ISA.027.007 Het Hy hom geslaan met die slag wat sy teëstander getref het? Of is hy gedood met 'n slagting soos die wat deur Hom gedood is?
27:8b.ISA.027.008 Met mate het U met hom afgereken toe U hom verstoot het; Hy het hom verdrywe met sy geweldige wind op die dag van die oostewind.
27:9b.ISA.027.009 Daarom sal hiermee die skuld van Jakob versoen word, en dit is die volle vrug van die wegneming van sy sonde: as hy al die altaarklippe maak soos verbryselde kalkklippe, die heilige boomstamme en die sonpilare nie meer oprys nie.
27:10b.ISA.027.010 Want die versterkte stad is eensaam, 'n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn; daar wei kalwers en daar lê hulle, en hulle eet sy takke af.
27:11b.ISA.027.011 As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is 'n volk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulle Formeerder aan hulle geen genade bewys nie.
27:12b.ISA.027.012 En in dié dag sal die HERE vrugte afslaan, van die stroom van die Eufraat af tot by die spruit van Egipte, en júlle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel!
27:13b.ISA.027.013 En in dié dag sal daar met 'n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur en die wat verdryf is in Egipteland, en hulle sal die HERE aanbid op die heilige berg in Jerusalem.
28
28:1b.ISA.028.001 Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is.
28:2b.ISA.028.002 Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos 'n haelstorm, 'n storm vol verwoesting, soos 'n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.
28:3b.ISA.028.003 Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim;
28:4b.ISA.028.004 en die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos 'n voorvy voor die vrugte-oes: iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg.
28:5b.ISA.028.005 In dié dag sal die HERE van die leërskare wees tot 'n sierlike kroon en 'n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,
28:6b.ISA.028.006 en tot 'n gees van strafgerig vir hom wat sit oor die gereg, en tot 'n sterkte vir hulle wat die geveg terugdring na die poort toe.
28:7b.ISA.028.007 En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
28:8b.ISA.028.008 Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie.
28:9b.ISA.028.009 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?
28:10b.ISA.028.010 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie.
28:11b.ISA.028.011 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk spreek,
28:12b.ISA.028.012 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.
28:13b.ISA.028.013 Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.
28:14b.ISA.028.014 Daarom, hoor die woord van die HERE, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!
28:15b.ISA.028.015 Omdat julle sê: Ons het 'n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons 'n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek--
28:16b.ISA.028.016 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.
28:17b.ISA.028.017 En Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.
28:18b.ISA.028.018 En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende gésel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.
28:19b.ISA.028.019 So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so 'n openbaring te verneem.
28:20b.ISA.028.020 Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai.
28:21b.ISA.028.021 Want die HERE sal Hom gereed maak soos by die berg Pérasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by Gíbeon om sy werk te doen--vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig--ongehoord is sy daad!
28:22b.ISA.028.022 Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here HERE van die leërskare gehoor 'n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.
28:23b.ISA.028.023 Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord!
28:24b.ISA.028.024 Ploeg die ploeër die hele dag om te saai? Skeur hy sy akker oop, en eg hy die hele dag?
28:25b.ISA.028.025 Is dit nie só nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant.
28:26b.ISA.028.026 En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.
28:27b.ISA.028.027 Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met 'n stok en komyn met 'n hout.
28:28b.ISA.028.028 Word broodkoring fyngestamp? Nee, nie altyddeur dors hulle dit nie; en al dryf hulle die wawiel en die perde daaroor--hulle stamp dit nie fyn nie.
28:29b.ISA.028.029 Ook dit kom van die HERE van die leërskare: Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.
29
29:1b.ISA.029.001 Wee Ariël, Ariël, stad waar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring--
29:2b.ISA.029.002 dan sal Ek Ariël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Ariël wees.
29:3b.ISA.029.003 En Ek sal in 'n kring teen jou laer opslaan en jou met wagposte beleër en skanse teen jou oprig.
29:4b.ISA.029.004 Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos dié van die gees van 'n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.
29:5b.ISA.029.005 Maar die menigte van jou vyande sal word soos dun stof, en die menigte van die tiranne soos kaf wat wegwaai; en dit sal heeltemal onverwags gebeur.
29:6b.ISA.029.006 Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van 'n verterende vuur.
29:7b.ISA.029.007 En soos 'n droom, 'n naggesig, sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Ariël, ja, almal wat teen hom oorlog toe trek en teen sy bergvesting en hom benoud maak.
29:8b.ISA.029.008 En soos 'n hongerige droom dat hy eet, maar hy word wakker en--sy siel is leeg; en soos 'n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en--hy is moeg en sy siel versmag: só sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion.
29:9b.ISA.029.009 Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind! Hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie.
29:10b.ISA.029.010 Want die HERE het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë--die profete--toegesluit en julle hoofde--die sieners--toegebind.
29:11b.ISA.029.011 So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van 'n verseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.
29:12b.ISA.029.012 Of hulle gee die boek aan iemand wat nie kan lees nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie lees nie.
29:13b.ISA.029.013 En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is,
29:14b.ISA.029.014 daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.
29:15b.ISA.029.015 Wee hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?
29:16b.ISA.029.016 o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?
29:17b.ISA.029.017 Sal dit nie nog 'n baie kort rukkie duur dat die Líbanon in 'n vrugteboord verander word, en die vrugteboord vir 'n bos gereken word nie?
29:18b.ISA.029.018 En in dié dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.
29:19b.ISA.029.019 En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die HERE, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.
29:20b.ISA.029.020 Want gedaan is dit met die tiran, en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is--
29:21b.ISA.029.021 hulle wat 'n mens as sondaar brandmerk ter wille van 'n woord, en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort, en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot.
29:22b.ISA.029.022 Daarom, so sê die HERE tot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie;
29:23b.ISA.029.023 want as hy, as sy kinders die werk van my hande in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees;
29:24b.ISA.029.024 en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.
30
30:1b.ISA.030.001 Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel;
30:2b.ISA.030.002 wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.
30:3b.ISA.030.003 Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling in die skaduwee van Egipte tot smaadheid.
30:4b.ISA.030.004 Want hulle vorste is in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom;
30:5b.ISA.030.005 almal staan beskaamd vanweë die volk wat hulle geen voordeel aanbring nie, geen hulp en geen voordeel nie, maar skande en smaadheid daarby.
30:6b.ISA.030.006 Godspraak oor die diere van die Suidland. In 'n land van benoudheid en angs, waar leeuin en leeu uitkom, adder en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na 'n volk wat geen voordeel bring nie.
30:7b.ISA.030.007 En Egipte--nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.
30:8b.ISA.030.008 Gaan nou in, skryf dit op 'n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in 'n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid.
30:9b.ISA.030.009 Want dit is 'n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die HERE nie wil hoor nie;
30:10b.ISA.030.010 wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;
30:11b.ISA.030.011 wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!
30:12b.ISA.030.012 Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun,
30:13b.ISA.030.013 daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos 'n los stuk wat wil val, wat oorhang in 'n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.
30:14b.ISA.030.014 Ja, Hy sal dit verbreek soos die kruik van 'n pottebakker verbreek word, wat sonder verskoning stukkend geslaan word, sodat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te gaan haal of om water uit die kuil te skep nie.
30:15b.ISA.030.015 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
30:16b.ISA.030.016 en het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg--daarom sal julle moet vlug! en: Op renperde sal ons ry--daarom sal julle vervolgers laat jaag!
30:17b.ISA.030.017 Een duisend van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf, totdat julle oorbly soos 'n vlagpaal op 'n bergtop en soos 'n banier op 'n heuwel.
30:18b.ISA.030.018 En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
30:19b.ISA.030.019 Want 'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.
30:20b.ISA.030.020 Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie--maar jou oë sal jou leraars sien;
30:21b.ISA.030.021 en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
30:22b.ISA.030.022 En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel is. Weg daarmee! sal jy daarvan sê.
30:23b.ISA.030.023 Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in dié dag wei op 'n uitgestrekte weiveld;
30:24b.ISA.030.024 en die osse en die esels wat die grond bewerk, sal voer met sout eet, wat uitgewan is met skop en gaffel;
30:25b.ISA.030.025 en op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees, waterlope, op die dag van die groot slagting as die torings val.
30:26b.ISA.030.026 En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.
30:27b.ISA.030.027 Kyk, die Naam van die HERE kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur,
30:28b.ISA.030.028 en sy asem soos 'n oorlopende stroom wat tot by die nek kom--om nasies te sif met 'n sif van vernietiging; en 'n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.
30:29b.ISA.030.029 Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die HERE, na die Steenrots van Israel.
30:30b.ISA.030.030 En die HERE sal sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van 'n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.
30:31b.ISA.030.031 Want vir die stem van die HERE sal Assur verskrik wees; met die stok sal Hy slaan,
30:32b.ISA.030.032 en elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die HERE op hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met 'n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg.
30:33b.ISA.030.033 Want 'n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die HERE is soos 'n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.
31
31:1b.ISA.031.001 Wee hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die HERE nie.
31:2b.ISA.031.002 Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom en trek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.
31:3b.ISA.031.003 Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die HERE sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.
31:4b.ISA.031.004 Want so het die HERE vir my gesê: Soos 'n leeu en 'n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas--só sal die HERE van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.
31:5b.ISA.031.005 Soos voëls wat fladder, so sal die HERE van die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.
31:6b.ISA.031.006 Bekeer julle tot Hom van wie die kinders van Israel diep afgeval het.
31:7b.ISA.031.007 Want in dié dag sal hulle elkeen sy silwerafgode en sy goue afgode verwerp, wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.
31:8b.ISA.031.008 En Assur sal val deur die swaard, nie van 'n man nie; en die swaard, nie van 'n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;
31:9b.ISA.031.009 en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die HERE, wat 'n vuur het op Sion en 'n oond in Jerusalem.
32
32:1b.ISA.032.001 Kyk, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.
32:2b.ISA.032.002 En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag.
32:3b.ISA.032.003 Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;
32:4b.ISA.032.004 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;
32:5b.ISA.032.005 die dwaas sal nie meer 'n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.
32:6b.ISA.032.006 Want 'n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.
32:7b.ISA.032.007 En die skelm--sy middele is sleg, hy beraam skandelike dade om die ellendiges te ruïneer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.
32:8b.ISA.032.008 Maar die edele beraam edele dade, en hy hou stand in wat edel is.
32:9b.ISA.032.009 Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!
32:10b.ISA.032.010 'n Jaar en 'n paar dae--en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.
32:11b.ISA.032.011 Bewe, geruste vroue! Sidder, sorgelose dogters! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene.
32:12b.ISA.032.012 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;
32:13b.ISA.032.013 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.
32:14b.ISA.032.014 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee--
32:15b.ISA.032.015 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.
32:16b.ISA.032.016 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.
32:17b.ISA.032.017 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
32:18b.ISA.032.018 En my volk sal woon in 'n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.
32:19b.ISA.032.019 Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.
32:20b.ISA.032.020 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!
33
33:1b.ISA.033.001 Wee jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.
33:2b.ISA.033.002 HERE, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid!
33:3b.ISA.033.003 Vir die dawergeluid vlug die volke; vanweë u verheffing word die nasies verstrooi.
33:4b.ISA.033.004 Dan word julle buit weggeskraap soos sprinkane wegskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los.
33:5b.ISA.033.005 Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.
33:6b.ISA.033.006 En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees.
33:7b.ISA.033.007 Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik.
33:8b.ISA.033.008 Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie.
33:9b.ISA.033.009 Die land treur, dit verwelk; die Líbanon staan beskaamd, dit verkwyn; Saron het geword soos 'n woestynvlakte, Basan en Karmel staan sonder blare.
33:10b.ISA.033.010 Nou sal Ek opstaan, sê die HERE; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig.
33:11b.ISA.033.011 Julle gaan swanger van strooi, julle sal stoppels baar; julle geblaas is 'n vuur wat julle sal verteer.
33:12b.ISA.033.012 Dan word die volke 'n kalkbrandery, afgekapte doringbosse wat met vuur verbrand word.
33:13b.ISA.033.013 Hoor, julle wat ver is, wat Ek gedoen het; en julle wat naby is, erken my mag!
33:14b.ISA.033.014 Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by 'n verterende vuur, wie van ons kan woon by 'n ewige gloed?
33:15b.ISA.033.015 Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie--
33:16b.ISA.033.016 hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
33:17b.ISA.033.017 Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal 'n wyd uitgestrekte land sien.
33:18b.ISA.033.018 Jou hart sal die deurgestane verskrikking oordink en sê: Waar is hy wat getel het? Waar is hy wat geweeg het? Waar is hy wat die torings opgeskryf het?
33:19b.ISA.033.019 Jy sal die onbeskaamde volk nie meer sien nie, die volk met duister, onverstaanbare spraak, met onbegryplike hakkeltong.
33:20b.ISA.033.020 Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms! Jou oë sal Jerusalem sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie, waarvan die penne nooit meer uitgeruk word nie en geeneen van sy toue ooit losgeskeur word nie.
33:21b.ISA.033.021 Maar daar sal die HERE vir ons heerlik wees; dit sal 'n plek van riviere wees, van breë strome; geen vloot van roeiskepe sal daarop vaar nie, en geen trotse skip sal daaroor gaan nie.
33:22b.ISA.033.022 Want die HERE is ons Regter, die HERE is ons Aanvoerder, die HERE is ons Koning: Hy sal ons verlos.
33:23b.ISA.033.023 Jou toue hang slap, hulle hou die voetstuk van hulle mas nie styf nie, hulle ontplooi nie die banier nie; dan word roofbuit verdeel in menigte, selfs die lammes maak buit.
33:24b.ISA.033.024 En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.
34
34:1b.ISA.034.001 Kom nader, o volke, om te hoor; en nasies, luister! Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.
34:2b.ISA.034.002 Want die toorn van die HERE is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.
34:3b.ISA.034.003 En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, en die stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed.
34:4b.ISA.034.004 En al die leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos 'n boek en al sy leërskare val af soos 'n blad van die wingerdstok afval en soos vye afval van die vyeboom.
34:5b.ISA.034.005 Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.
34:6b.ISA.034.006 Die swaard van die HERE is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die HERE het 'n slagoffer in Bosra en 'n groot slagting in die land Edom.
34:7b.ISA.034.007 Dan val die buffels saam met hulle, en die jong stiere saam met die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet.
34:8b.ISA.034.008 Want die HERE hou 'n dag van wraak, 'n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.
34:9b.ISA.034.009 En sy strome sal in pik verander word en sy stof in swawel, en sy land sal brandende pik word.
34:10b.ISA.034.010 Dit sal snags of oordag nie uitgeblus word nie; vir ewig gaan sy rook op; van geslag tot geslag lê dit woes, vir altyd en ewig trek niemand daardeur nie.
34:11b.ISA.034.011 Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. En Hy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid.
34:12b.ISA.034.012 Sy edeles--daar sal hulle geen koninkryk meer uitroep nie, en met al sy vorste is dit gedaan.
34:13b.ISA.034.013 En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal 'n lêplek van jakkalse, 'n verblyf vir die volstruise wees.
34:14b.ISA.034.014 En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar in vrede en vind 'n rusplek vir hom.
34:15b.ISA.034.015 Daar maak die pylslang sy nes en lê eiers en broei dit uit en koester haar kleintjies daar in die skaduwee; ook sal die kuikendiewe daar bymekaarkom, die een by die ander.
34:16b.ISA.034.016 Soek in die boek van die HERE en lees! Nie een van hierdie wesens ontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond--dié het dit beveel, en sy Gees--dié het hulle bymekaargebring.
34:17b.ISA.034.017 En Hy het vir hulle die lot gewerp, en sy hand het die land aan hulle met die meetsnoer uitgedeel; tot in ewigheid sal hulle dit besit, van geslag tot geslag daarin woon.
35
35:1b.ISA.035.001 Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n narsing;
35:2b.ISA.035.002 dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God.
35:3b.ISA.035.003 Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas.
35:4b.ISA.035.004 Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.
35:5b.ISA.035.005 Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.
35:6b.ISA.035.006 Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.
35:7b.ISA.035.007 En die gloeiende grond sal 'n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.
35:8b.ISA.035.008 En dáár sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel--selfs die dwase sal nie dwaal nie.
35:9b.ISA.035.009 Dáár sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;
35:10b.ISA.035.010 en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.
36
36:1b.ISA.036.001 En in die veertiende jaar van koning Hiskía het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.
36:2b.ISA.036.002 Toe stuur die koning van Assirië die rábsake uit Lagis na Jerusalem, na koning Hiskía met 'n swaar leër; en hy het gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld.
36:3b.ISA.036.003 Daarop gaan Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, na hom toe uit.
36:4b.ISA.036.004 En die rábsake sê vir hulle: Sê tog aan Hiskía: So spreek die groot koning, die koning van Assirië: Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester?
36:5b.ISA.036.005 Jy dink: Net 'n woord van die lippe is raad en dapperheid vir die oorlog. Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom?
36:6b.ISA.036.006 Kyk, jy vertrou op dié geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.
36:7b.ISA.036.007 Maar as jy vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God--is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hiskía verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar moet julle buig?
36:8b.ISA.036.008 Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou twee duisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.
36:9b.ISA.036.009 Hoe sal jy dan die aanval van 'n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars kan afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters!
36:10b.ISA.036.010 Het ek dan nou sonder die HERE teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? Die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.
36:11b.ISA.036.011 Toe sê Éljakim en Sebna en Joa vir die rábsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.
36:12b.ISA.036.012 Maar die rábsake het gesê: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?
36:13b.ISA.036.013 Toe gaan die rábsake staan en roep hardop in die Joodse taal en sê: Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Assirië!
36:14b.ISA.036.014 So sê die koning: Laat Hiskía julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie.
36:15b.ISA.036.015 En Hiskía moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.
36:16b.ISA.036.016 Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,
36:17b.ISA.036.017 totdat ek kom en julle meeneem na 'n land soos julle land, 'n land van koring en mos, 'n land van brood en wingerde.
36:18b.ISA.036.018 Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: Die HERE sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
36:19b.ISA.036.019 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar die gode van Sefarváim? En het hulle miskien Samaría gered uit my hand?
36:20b.ISA.036.020 Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red?
36:21b.ISA.036.021 Maar hulle het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.
36:22b.ISA.036.022 Toe het Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hiskía gekom en hom die woorde van die rábsake te kenne gegee.
37
37:1b.ISA.037.001 En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan.
37:2b.ISA.037.002 Daarna stuur hy Éljakim, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.
37:3b.ISA.037.003 En hulle sê vir hom: So sê Hiskía: Vandag is 'n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie.
37:4b.ISA.037.004 Miskien sal die HERE u God die woorde hoor van die rábsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die HERE u God gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.
37:5b.ISA.037.005 En toe die dienaars van koning Hiskía by Jesaja kom,
37:6b.ISA.037.006 sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.
37:7b.ISA.037.007 Kyk, Ek sal 'n gees in hom gee, dat hy 'n gerug hoor en na sy land terugtrek; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.
37:8b.ISA.037.008 Daarop het die rábsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om teen Libna te veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.
37:9b.ISA.037.009 En toe hy van Tírhaka, die koning van Kus, hoor sê: Hy het uitgetrek om teen u te veg--toe hy dit hoor, stuur hy boodskappers na Hiskía met die opdrag:
37:10b.ISA.037.010 So moet julle aan Hiskía, die koning van Juda, sê: Laat u God op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.
37:11b.ISA.037.011 Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die lande gedoen het deur dit met die banvloek te tref, en sou ú gered word?
37:12b.ISA.037.012 Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered--Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telássar was?
37:13b.ISA.037.013 Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad Sefarváim, van Hena en Iwa?
37:14b.ISA.037.014 En toe Hiskía die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hiskía het dit uitgesprei voor die aangesig van die HERE,
37:15b.ISA.037.015 En Hiskía het tot die HERE gebid en gesê:
37:16b.ISA.037.016 o HERE van die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak.
37:17b.ISA.037.017 o HERE, neig u oor en luister! HERE, open u oë en kyk en hoor al die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!
37:18b.ISA.037.018 Waarlik, HERE, die konings van Assirië het al die lande en hulle gebied verwoes
37:19b.ISA.037.019 en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip--daarom kon hulle dié vernietig.
37:20b.ISA.037.020 HERE onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, dit alleen is.
37:21b.ISA.037.021 Toe laat Jesaja, die seun van Amos, vir Hiskía weet: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het aangaande Sánherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor.
37:22b.ISA.037.022 Dit is die woord wat die HERE oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.
37:23b.ISA.037.023 Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!
37:24b.ISA.037.024 Deur jou dienaars het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die Líbanon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos 'n tuin.
37:25b.ISA.037.025 Ék het gegrawe en water gedrink en laat met die sool van my voete al die strome van Egipte opdroog.
37:26b.ISA.037.026 Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit berei, van die dae van die voortyd af dit beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede tot puinhope kom verwoes.
37:27b.ISA.037.027 En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras van die dakke en 'n koringland voordat dit are skiet.
37:28b.ISA.037.028 Maar Ek ken jou sit en jou uitgang en jou ingang en hoe jy teen My raas.
37:29b.ISA.037.029 Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.
37:30b.ISA.037.030 En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar--saai en oes, en plant wingerde en eet die vrugte daarvan.
37:31b.ISA.037.031 Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe.
37:32b.ISA.037.032 Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
37:33b.ISA.037.033 Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opwerp nie.
37:34b.ISA.037.034 Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die HERE.
37:35b.ISA.037.035 En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil.
37:36b.ISA.037.036 Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak--was dit almal dooie liggame.
37:37b.ISA.037.037 En Sánherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninevé gebly.
37:38b.ISA.037.038 En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramméleg en Saréser hom met die swaard neergeslaan. Maar hulle het ontvlug na die land Ararat; en sy seun Esar-Haddon het koning geword in sy plek.
38
38:1b.ISA.038.001 In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
38:2b.ISA.038.002 Toe draai Hiskía sy gesig na die muur, en hy het tot die HERE gebid
38:3b.ISA.038.003 en gesê: Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
38:4b.ISA.038.004 Toe het die woord van die HERE tot Jesaja gekom en gesê:
38:5b.ISA.038.005 Gaan sê vir Hiskía: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,
38:6b.ISA.038.006 en Ek sal jou uit die hand van die koning van Assirië red en ook hierdie stad; en Ek sal hierdie stad beskut.
38:7b.ISA.038.007 En dit sal vir jou die teken wees van die kant van die HERE, dat die HERE hierdie woord wat Hy gespreek het, sal volbring:
38:8b.ISA.038.008 Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agas se sonnewyser, laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade teruggegaan op die grade wat dit gedaal het.
38:9b.ISA.038.009 Geskrif van Hiskía, die koning van Juda, toe hy siek was en van sy siekte gesond geword het.
38:10b.ISA.038.010 Ek het gesê: In die bloei van my dae moet ek heengaan in die poorte van die doderyk; ek word beroof van my orige jare.
38:11b.ISA.038.011 Ek het gesê: Ek sal die HERE nie sien nie, die HERE, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.
38:12b.ISA.038.012 My woning is opgebreek en van my af weggevoer soos 'n herderstent; ek het my lewe opgerol soos 'n wewer sy weefsel; Hy sny my van die wewersbalk af; van dag tot nag gee U my prys.
38:13b.ISA.038.013 Bring ek myself tot bedaring tot die môre--soos 'n leeu só verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.
38:14b.ISA.038.014 Soos 'n swaweltjie of kraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos 'n duif; my oë het dof gekyk na bo: HERE, ek is benoud, wees U my Borg!
38:15b.ISA.038.015 Wat sal ek spreek, aangesien Hy my dit beloof het en Hy self dit gedoen het? Ek sal soetjies voortgaan al my jare vanweë die bitterheid van my siel.
38:16b.ISA.038.016 Here, by hierdie dinge leef 'n mens, en geheel en al is daarin die lewe van my gees: laat my dan gesond word en laat my lewe!
38:17b.ISA.038.017 Kyk, tot heil het die bitter, ja, bitter lyde my geword; maar U, U het my siel liefgehad en getrek uit die kuil van vernietiging. Want U het al my sondes agter u rug gewerp.
38:18b.ISA.038.018 Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.
38:19b.ISA.038.019 Die lewende, die lewende, dié sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend.
38:20b.ISA.038.020 Die HERE staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van die HERE.
38:21b.ISA.038.021 En Jesaja het gesê: Laat hulle 'n vyekoek neem en dit op die sweer sit, dat hy gesond kan word.
38:22b.ISA.038.022 En Hiskía het gesê: Wat is die teken dat ek na die huis van die HERE sal opgaan?
39
39:1b.ISA.039.001 In dié tyd het Meródag Báladan, die seun van Báladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hiskía gestuur; want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.
39:2b.ISA.039.002 En Hiskía was bly oor hulle en het hulle sy skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy hele wapenhuis en alles wat te vinde was in sy skatkamers; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.
39:3b.ISA.039.003 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hiskía antwoord: Uit 'n ver land het hulle na my gekom, uit Babel.
39:4b.ISA.039.004 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Hulle het alles gesien wat in my huis is; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
39:5b.ISA.039.005 Toe sê Jesaja vir Hiskía: Hoor die woord van die HERE van die leërskare:
39:6b.ISA.039.006 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.
39:7b.ISA.039.007 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.
39:8b.ISA.039.008 Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!
40
40:1b.ISA.040.001 Troos, troos my volk, sê julle God.
40:2b.ISA.040.002 Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.
40:3b.ISA.040.003 'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!
40:4b.ISA.040.004 Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet 'n gelykte en die rotsagtige plekke 'n laagte word.
40:5b.ISA.040.005 En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.
40:6b.ISA.040.006 'n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos 'n blom van die veld.
40:7b.ISA.040.007 Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!
40:8b.ISA.040.008 Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.
40:9b.ISA.040.009 o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op 'n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!
40:10b.ISA.040.010 Kyk, die Here HERE sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.
40:11b.ISA.040.011 Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.
40:12b.ISA.040.012 Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n weegskaal?
40:13b.ISA.040.013 Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig?
40:14b.ISA.040.014 Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?
40:15b.ISA.040.015 Kyk, die nasies is soos 'n druppel aan die emmer, en soos 'n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos 'n stoffie!
40:16b.ISA.040.016 En die Líbanon is nie genoeg as brandhout en sy wild nie genoeg as brandoffer nie.
40:17b.ISA.040.017 Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.
40:18b.ISA.040.018 By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?
40:19b.ISA.040.019 Die ambagsman giet 'n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.
40:20b.ISA.040.020 Wie te arm is vir so 'n offergawe, kies 'n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom 'n kunsvaardige ambagsman om 'n beeld op te rig wat nie wankel nie.
40:21b.ISA.040.021 Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?
40:22b.ISA.040.022 Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos 'n dun doek en sprei dit uit soos 'n tent om in te woon.
40:23b.ISA.040.023 Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;
40:24b.ISA.040.024 skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos 'n stoppel.
40:25b.ISA.040.025 By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige.
40:26b.ISA.040.026 Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie.
40:27b.ISA.040.027 Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby?
40:28b.ISA.040.028 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
40:29b.ISA.040.029 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
40:30b.ISA.040.030 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;
40:31b.ISA.040.031 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
41
41:1b.ISA.041.001 Luister in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.
41:2b.ISA.041.002 Wie het hom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom oor en laat hom konings vertrap, wie se swaard hulle maak soos stof, wie se boog hulle maak soos 'n dwarrelende stoppel,
41:3b.ISA.041.003 dat hy hulle agtervolg, ongehinderd verbytrek, die pad met sy voete nie betree nie?
41:4b.ISA.041.004 Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.
41:5b.ISA.041.005 Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.
41:6b.ISA.041.006 Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!
41:7b.ISA.041.007 En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie.
41:8b.ISA.041.008 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend,
41:9b.ISA.041.009 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.
41:10b.ISA.041.010 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
41:11b.ISA.041.011 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.
41:12b.ISA.041.012 Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie--die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos 'n nietige ding--die manne wat teen jou oorlog voer.
41:13b.ISA.041.013 Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
41:14b.ISA.041.014 Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.
41:15b.ISA.041.015 Kyk, Ek maak jou tot 'n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf.
41:16b.ISA.041.016 Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die HERE, jou beroem op die Heilige van Israel.
41:17b.ISA.041.017 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
41:18b.ISA.041.018 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne.
41:19b.ISA.041.019 Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal;
41:20b.ISA.041.020 sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.
41:21b.ISA.041.021 Bring julle regsaak voor, sê die HERE; bring julle bewysgronde aan, sê die Koning van Jakob.
41:22b.ISA.041.022 Laat hulle aanbring en ons te kenne gee wat gaan gebeur! Gee te kenne die vorige dinge, hoedanig hulle was, sodat ons daarop kan ag gee en van die afloop daarvan kan kennis neem. Of laat ons die toekomende dinge hoor!
41:23b.ISA.041.023 Gee te kenne dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is; ja, doen goed of doen kwaad, dat ons verbaas kan staan en dit saam kan sien.
41:24b.ISA.041.024 Kyk, julle is niks, en julle werk is niks; 'n gruwel is hy wat julle uitkies.
41:25b.ISA.041.025 Ek het uit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos 'n pottebakker die klei trap.
41:26b.ISA.041.026 Wie het dit te kenne gegee van die begin af, dat ons daar kennis van kan neem; of vantevore al, dat ons kan sê: Hy het reg? Ja, daar is niemand wat dit te kenne gee, ja, niemand wat dit laat hoor, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.
41:27b.ISA.041.027 As die Eerste sê Ek aan Sion: Hier, hier is dit! En aan Jerusalem gee Ek 'n verkondiger van goeie boodskap.
41:28b.ISA.041.028 En Ek kyk rond, maar daar is niemand nie; en onder hulle, maar daar is geen raadgewer, dat Ek hulle kan vra en hulle antwoord kan gee nie.
41:29b.ISA.041.029 Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid is hulle gegote beelde.
42
42:1b.ISA.042.001 Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring.
42:2b.ISA.042.002 Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie.
42:3b.ISA.042.003 Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.
42:4b.ISA.042.004 Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer.
42:5b.ISA.042.005 So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:
42:6b.ISA.042.006 Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n lig van die nasies,
42:7b.ISA.042.007 om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.
42:8b.ISA.042.008 Ek is die HERE, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.
42:9b.ISA.042.009 Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.
42:10b.ISA.042.010 Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af--julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan.
42:11b.ISA.042.011 Laat die woestyn en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu!
42:12b.ISA.042.012 Laat hulle aan die HERE die eer gee en sy lof in die eilande verkondig!
42:13b.ISA.042.013 Die HERE sal uittrek soos 'n held; Hy sal die ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar.
42:14b.ISA.042.014 Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing. Ek sal uitskreeu soos een wat baar, Ek sal hard asemhaal en hyg tegelykertyd.
42:15b.ISA.042.015 Ek sal berge en heuwels woes maak en al hulle plante laat verdroog; en Ek sal riviere tot eilande maak en waterplasse laat opdroog.
42:16b.ISA.042.016 En Ek sal blindes lei op 'n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.
42:17b.ISA.042.017 Maar die wat op gesnede beelde vertrou, wat aan gegote beelde sê: Julle is ons gode--dié sal agteruitwyk, diep beskaamd staan.
42:18b.ISA.042.018 Hoor, julle dowes, en kyk, julle blindes, om te kan sien.
42:19b.ISA.042.019 Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE?
42:20b.ISA.042.020 Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie.
42:21b.ISA.042.021 Dit het die HERE behaag ter wille van sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak.
42:22b.ISA.042.022 En tog is dit 'n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het 'n buit geword sonder dat iemand red, 'n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug!
42:23b.ISA.042.023 Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?
42:24b.ISA.042.024 Wie het Jakob oorgegee as 'n plundering en Israel aan die berowers? Is dit nie die HERE teen wie ons gesondig het nie? En hulle wou in sy weë nie wandel nie en het na sy wet nie geluister nie.
42:25b.ISA.042.025 Daarom het Hy oor hulle uitgestort die gloed van sy toorn en die geweld van die oorlog; en dit het hulle rondom aan die brand gesteek, maar hulle het dit nie bemerk nie; en dit het hulle gebrand, maar hulle het dit nie ter harte geneem nie.
43
43:1b.ISA.043.001 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
43:2b.ISA.043.002 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere--hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
43:3b.ISA.043.003 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
43:4b.ISA.043.004 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
43:5b.ISA.043.005 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.
43:6b.ISA.043.006 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,
43:7b.ISA.043.007 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.
43:8b.ISA.043.008 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.
43:9b.ISA.043.009 Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!
43:10b.ISA.043.010 Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is--voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.
43:11b.ISA.043.011 Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.
43:12b.ISA.043.012 Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God.
43:13b.ISA.043.013 Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?
43:14b.ISA.043.014 So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.
43:15b.ISA.043.015 Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.
43:16b.ISA.043.016 So sê die HERE wat in die see 'n weg en in die sterk waters 'n pad gemaak het,
43:17b.ISA.043.017 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos 'n lamppit uitgedoof.
43:18b.ISA.043.018 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
43:19b.ISA.043.019 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
43:20b.ISA.043.020 Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.
43:21b.ISA.043.021 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.
43:22b.ISA.043.022 Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!
43:23b.ISA.043.023 Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie.
43:24b.ISA.043.024 Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.
43:25b.ISA.043.025 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
43:26b.ISA.043.026 Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word.
43:27b.ISA.043.027 Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree.
43:28b.ISA.043.028 So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.
44
44:1b.ISA.044.001 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!
44:2b.ISA.044.002 So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!
44:3b.ISA.044.003 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
44:4b.ISA.044.004 En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
44:5b.ISA.044.005 Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.
44:6b.ISA.044.006 So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
44:7b.ISA.044.007 En wie roep soos Ek--laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê--vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.
44:8b.ISA.044.008 Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar 'n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.
44:9b.ISA.044.009 Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies--dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.
44:10b.ISA.044.010 Wie maak 'n god en giet 'n beeld wat geen voordeel aanbring nie?
44:11b.ISA.044.011 Kyk, al sy aanhangers sal beskaamd staan; en die ambagsmanne is uit die mense! Laat hulle almal bymekaarkom, gaan staan, verskrik wees, tesame beskaamd staan!
44:12b.ISA.044.012 Die ystersmid het 'n byl en werk in die gloed; en hy maak hom met hamers en bewerk hom met sy sterk arm; daarby word hy honger en het geen krag nie; drink hy geen water nie, dan word hy moeg.
44:13b.ISA.044.013 Die timmerman span 'n lyn; hy trek hom af met 'n potlood; hy bewerk hom met skawe en teken hom met 'n passer en maak hom na die beeltenis van 'n man, na die skoonheid van 'n mens, om in 'n huis te woon.
44:14b.ISA.044.014 Een gaan sederbome afkap, en hy neem 'n steeneik of 'n eikeboom en laat een vir hom opgroei onder die bome van die bos. Hy het 'n pynboom geplant, en die reën het dit grootgemaak.
44:15b.ISA.044.015 Dan dien dit die mens as brandhout, en hy neem daarvan en maak hom warm; ook steek hy dit aan die brand en bak brood; ook maak hy daar 'n god van en buig hom daarvoor neer; hy maak daar 'n gesnede beeld van en kniel daarvoor neer.
44:16b.ISA.044.016 Die helfte daarvan het hy in die vuur verbrand: by die een helfte eet hy vleis, hy maak braaivleis klaar en word versadig; ook maak hy hom warm en sê: Ha, ek het warm geword, ek het vuur gesien!
44:17b.ISA.044.017 En van wat oor is, maak hy 'n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god!
44:18b.ISA.044.018 Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie;
44:19b.ISA.044.019 en niemand neem dit ter harte nie, en daar is geen kennis of verstand om te sê nie: Die helfte daarvan het ek verbrand in die vuur, en ook het ek op die kole daarvan brood gebak; ek het vleis gebraai en geëet; en sal ek van die oorblyfsel daarvan 'n gruwel maak? Sal ek neerkniel voor 'n stuk hout?
44:20b.ISA.044.020 Hy wat hom besig hou met as, 'n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?
44:21b.ISA.044.021 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.
44:22b.ISA.044.022 Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel en jou sondes soos 'n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.
44:23b.ISA.044.023 Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.
44:24b.ISA.044.024 So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei--wie was met My? --
44:25b.ISA.044.025 wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak;
44:26b.ISA.044.026 wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig;
44:27b.ISA.044.027 wat vir die diepte sê: Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog;
44:28b.ISA.044.028 wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.
45
45:1b.ISA.045.001 So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:
45:2b.ISA.045.002 Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.
45:3b.ISA.045.003 En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;
45:4b.ISA.045.004 ter wille van Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep; Ek het jou 'n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie.
45:5b.ISA.045.005 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
45:6b.ISA.045.006 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;
45:7b.ISA.045.007 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
45:8b.ISA.045.008 Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape.
45:9b.ISA.045.009 Wee hom wat met sy Formeerder twis--'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!
45:10b.ISA.045.010 Wee hom wat vir die vader sê: Waarom verwek u? en vir die vrou: Waarom het u weë?
45:11b.ISA.045.011 So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!
45:12b.ISA.045.012 Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek--my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.
45:13b.ISA.045.013 Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelykmaak; hy sal my stad bou en my ballinge loslaat sonder koopprys en sonder geskenk, sê die HERE van die leërskare.
45:14b.ISA.045.014 So sê die HERE: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!
45:15b.ISA.045.015 Waarlik, U is 'n God wat U verborge hou, die God van Israel, die Heiland.
45:16b.ISA.045.016 Hulle het beskaamd gestaan en ook in die skande gekom, hulle almal; hulle het tesame met skande heengegaan--die wat afgode maak.
45:17b.ISA.045.017 Israel word verlos deur die HERE met 'n ewige verlossing; julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.
45:18b.ISA.045.018 Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het--Hy is God! --wat die aarde geformeer en dit gemaak het--Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word--Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.
45:19b.ISA.045.019 Ek het in die geheim nie gespreek nie--op 'n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig.
45:20b.ISA.045.020 Versamel julle en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies ontvlug het! Hulle weet niks, wat die hout van hul gesnede beeld dra en 'n god aanbid wat nie kan verlos nie.
45:21b.ISA.045.021 Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die HERE, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: 'n regverdige en reddende God is daar buiten My nie.
45:22b.ISA.045.022 Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.
45:23b.ISA.045.023 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, 'n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.
45:24b.ISA.045.024 Hulle sal van My sê: Alleen in die HERE is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.
45:25b.ISA.045.025 In die HERE sal geregverdig word en hulle beroem die hele geslag van Israel.
46
46:1b.ISA.046.001 Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, 'n vrag vir die vermoeide diere.
46:2b.ISA.046.002 Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.
46:3b.ISA.046.003 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;
46:4b.ISA.046.004 en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
46:5b.ISA.046.005 By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?
46:6b.ISA.046.006 Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur 'n goudsmid, en hy maak daar 'n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.
46:7b.ISA.046.007 Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.
46:8b.ISA.046.008 Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges!
46:9b.ISA.046.009 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;
46:10b.ISA.046.010 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;
46:11b.ISA.046.011 wat 'n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit 'n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.
46:12b.ISA.046.012 Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid!
46:13b.ISA.046.013 Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.
47
47:1b.ISA.047.001 Kom af en sit in die stof, jonkvrou, dogter van Babel! Sit op die grond sonder troon, dogter van die Chaldeërs! Want jy sal nie langer genoem word die vertroetelde en verwénde nie.
47:2b.ISA.047.002 Neem die handmeul en maal meel; slaan jou sluier op, tel die kleed op, ontbloot die been, trek deur die riviere!
47:3b.ISA.047.003 Laat jou skaamte ontbloot word, ja, jou skande gesien word! Ek sal wraak neem en geen mens verskoon nie.
47:4b.ISA.047.004 Ons Verlosser--sy Naam is HERE van die leërskare, die Heilige van Israel.
47:5b.ISA.047.005 Sit doodstil, en gaan in die duisternis, dogter van die Chaldeërs! want jy sal nie langer genoem word gebiedster van die koninkryke nie.
47:6b.ISA.047.006 Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk
47:7b.ISA.047.007 en gesê: Ek sal in ewigheid wees, gebiedster vir altyd; jy het hierdie dinge nie ter harte geneem nie, aan die einde daarvan nie gedink nie.
47:8b.ISA.047.008 Hoor dan nou dit, wellustige wat so veilig sit, wat in jou hart sê: Dit is ek en niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie.
47:9b.ISA.047.009 Hierdie twee dinge sal dan in 'n oomblik, op een dag, oor jou kom: kinderloosheid en weduweeskap; in volle maat sal hulle jou oorval, ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die groot menigte van jou besweringe.
47:10b.ISA.047.010 En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie!
47:11b.ISA.047.011 Daarom oorval 'n onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie; en 'n onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou 'n verwoesting sonder dat jy dit weet.
47:12b.ISA.047.012 Tree tog op met jou besweringe en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou vermoei het van jou jeug af; miskien kan jy iets uitrig, miskien kan jy skrik aanjaag!
47:13b.ISA.047.013 Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog optree en jou red--die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom.
47:14b.ISA.047.014 Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie--dit is geen kool om by warm te word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!
47:15b.ISA.047.015 Dit het jy aan hulle--jou koopmans--met wie jy jou vermoei het van jou jeug af; elkeen dwaal sy eie koers; niemand is daar wat jou red nie.
48
48:1b.ISA.048.001 Hoor dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die HERE en die God van Israel roem, maar nie in waarheid of in geregtigheid nie--
48:2b.ISA.048.002 want hulle noem hul na die heilige stad en steun op die God van Israel, HERE van die leërskare is sy Naam.
48:3b.ISA.048.003 Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik het Ek dit volbring, en dit het gekom.
48:4b.ISA.048.004 Omdat Ek geweet het dat jy halsstarrig is, en jou nek 'n ystersening is, en jou voorhoof koper,
48:5b.ISA.048.005 daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie.
48:6b.ISA.048.006 Jy het dit gehoor--aanskou dit alles! Sal júlle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.
48:7b.ISA.048.007 Nou is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie sou sê: Kyk, ek het dit geweet nie!
48:8b.ISA.048.008 Ja, jy het dit nie gehoor nie, ook het jy dit nie geweet, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie; want Ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jy van die moederskoot af 'n oortreder genoem is.
48:9b.ISA.048.009 Om my Naam ontwil vertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie.
48:10b.ISA.048.010 Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende.
48:11b.ISA.048.011 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen--want ag, hoe is my Naam ontheilig! --en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.
48:12b.ISA.048.012 Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.
48:13b.ISA.048.013 Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.
48:14b.ISA.048.014 Kom bymekaar, julle almal, en luister! Wie onder hulle het dit verkondig? Hy vir wie die HERE liefhet, sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aan die Chaldeërs.
48:15b.ISA.048.015 Ek, Ek het dit gespreek, ook hom geroep; Ek het hom laat kom, en in sy weg sal hy voorspoedig wees.
48:16b.ISA.048.016 Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur.
48:17b.ISA.048.017 So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.
48:18b.ISA.048.018 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos 'n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;
48:19b.ISA.048.019 dan sou jou nakomelinge gewees het soos die sand, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan; sy naam sou nie uitgeroei of verdelg word voor my aangesig nie!
48:20b.ISA.048.020 Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: Die HERE het sy kneg Jakob verlos;
48:21b.ISA.048.021 en hulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei; Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.
48:22b.ISA.048.022 Geen vrede, sê die HERE, vir die goddelose nie!
49
49:1b.ISA.049.001 Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.
49:2b.ISA.049.002 En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;
49:3b.ISA.049.003 en Hy het vir My gesê: Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik.
49:4b.ISA.049.004 Maar Ék het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God.
49:5b.ISA.049.005 En nou sê die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word--en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte--
49:6b.ISA.049.006 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.
49:7b.ISA.049.007 So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat 'n afsku is by die volk, 'n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.
49:8b.ISA.049.008 So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
49:9b.ISA.049.009 om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees.
49:10b.ISA.049.010 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.
49:11b.ISA.049.011 En Ek sal al my berge tot 'n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees.
49:12b.ISA.049.012 Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár kom van die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete.
49:13b.ISA.049.013 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.
49:14b.ISA.049.014 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet!
49:15b.ISA.049.015 Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
49:16b.ISA.049.016 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.
49:17b.ISA.049.017 Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.
49:18b.ISA.049.018 Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die HERE, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos 'n versiersel, hulle ombind soos 'n bruid.
49:19b.ISA.049.019 Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land--sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!
49:20b.ISA.049.020 Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon!
49:21b.ISA.049.021 Dan sal jy in jou hart sê: Wie het vir my hierdie kinders gebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdie kinders--waar was húlle?
49:22b.ISA.049.022 So sê die Here HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word;
49:23b.ISA.049.023 en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die HERE is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.
49:24b.ISA.049.024 Sal van 'n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van 'n regverdige ontvlug?
49:25b.ISA.049.025 Waarlik, so sê die HERE: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ek verlos.
49:26b.ISA.049.026 En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.
50
50:1b.ISA.050.001 So sê die HERE: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.
50:2b.ISA.050.002 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot 'n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
50:3b.ISA.050.003 Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met 'n roukleed.
50:4b.ISA.050.004 Die Here HERE het My 'n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.
50:5b.ISA.050.005 Die Here HERE het my oor geopen, en Ek was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.
50:6b.ISA.050.006 Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.
50:7b.ISA.050.007 Maar die Here HERE help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.
50:8b.ISA.050.008 Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My 'n regsaak begin? --laat ons saam optree! Wie is my teëparty? --laat hom nader kom na My toe!
50:9b.ISA.050.009 Kyk, die Here HERE help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos 'n kleed; die mot sal hulle eet.
50:10b.ISA.050.010 Wie is daar onder julle wat die HERE vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? --laat hy vertrou op die Naam van die HERE en steun op sy God!
50:11b.ISA.050.011 Kyk, julle almal wat 'n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord--wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het! Van my hand het dit julle oorgekom; in smart sal julle neerlê.
51
51:1b.ISA.051.001 Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
51:2b.ISA.051.002 Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig.
51:3b.ISA.051.003 Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
51:4b.ISA.051.004 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want 'n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as 'n lig van die volke.
51:5b.ISA.051.005 My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.
51:6b.ISA.051.006 Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos 'n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.
51:7b.ISA.051.007 Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;
51:8b.ISA.051.008 want die mot sal hulle opeet soos 'n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.
51:9b.ISA.051.009 Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie?
51:10b.ISA.051.010 Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see 'n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie?
51:11b.ISA.051.011 So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.
51:12b.ISA.051.012 Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? --
51:13b.ISA.051.013 dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?
51:14b.ISA.051.014 Die in boeie gekromde word gou losgelaat en sal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie.
51:15b.ISA.051.015 Maar Ek is die HERE jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; HERE van die leërskare is sy Naam!
51:16b.ISA.051.016 En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!
51:17b.ISA.051.017 Ontwaak, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van die HERE die beker van sy grimmigheid gedrink het; die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig.
51:18b.ISA.051.018 Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.
51:19b.ISA.051.019 Hierdie twee dinge het jou oorgekom--wie het medelyde met jou? --verwoesting en verbreking, hongersnood en swaard. Hoe sou ek jou kan troos?
51:20b.ISA.051.020 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos 'n eland in 'n vangkuil, vol van die grimmigheid van die HERE, van die dreiging van jou God.
51:21b.ISA.051.021 Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!
51:22b.ISA.051.022 So sê jou Here, die HERE, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.
51:23b.ISA.051.023 Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos 'n straat vir die wat daaroor gaan.
52
52:1b.ISA.052.001 Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie.
52:2b.ISA.052.002 Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion!
52:3b.ISA.052.003 Want so sê die HERE: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.
52:4b.ISA.052.004 Want so sê die Here HERE: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.
52:5b.ISA.052.005 Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die HERE; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die HERE, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.
52:6b.ISA.052.006 Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!
52:7b.ISA.052.007 Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!
52:8b.ISA.052.008 Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die HERE terugkeer na Sion.
52:9b.ISA.052.009 Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want die HERE het sy volk getroos, Jerusalem verlos.
52:10b.ISA.052.010 Die HERE het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.
52:11b.ISA.052.011 Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die HERE!
52:12b.ISA.052.012 Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want die HERE trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede.
52:13b.ISA.052.013 Kyk, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word.
52:14b.ISA.052.014 Soos baie hulle oor U verstom het--so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van 'n mensekind nie--
52:15b.ISA.052.015 so sal Hy baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor Hom toehou; want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar.
53
53:1b.ISA.053.001 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
53:2b.ISA.053.002 Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
53:3b.ISA.053.003 Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
53:4b.ISA.053.004 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte--dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
53:5b.ISA.053.005 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
53:6b.ISA.053.006 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
53:7b.ISA.053.007 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders--ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
53:8b.ISA.053.008 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote--wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
53:9b.ISA.053.009 En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by 'n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.
53:10b.ISA.053.010 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
53:11b.ISA.053.011 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
53:12b.ISA.053.012 Daarom sal Ek Hom 'n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
54
54:1b.ISA.054.001 Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE.
54:2b.ISA.054.002 Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.
54:3b.ISA.054.003 Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.
54:4b.ISA.054.004 Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.
54:5b.ISA.054.005 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
54:6b.ISA.054.006 Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.
54:7b.ISA.054.007 Vir 'n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.
54:8b.ISA.054.008 In 'n uitstorting van toorn het Ek vir 'n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.
54:9b.ISA.054.009 Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie.
54:10b.ISA.054.010 Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.
54:11b.ISA.054.011 Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere;
54:12b.ISA.054.012 en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou hele ringmuur van edelgesteentes.
54:13b.ISA.054.013 En al jou kinders sal deur die HERE geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.
54:14b.ISA.054.014 Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.
54:15b.ISA.054.015 As hulle ook die aanval begin--dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.
54:16b.ISA.054.016 Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.
54:17b.ISA.054.017 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.
55
55:1b.ISA.055.001 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
55:2b.ISA.055.002 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.
55:3b.ISA.055.003 Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
55:4b.ISA.055.004 Kyk, Ek het hom tot 'n getuie van die volke gemaak, tot 'n vors en 'n gebieder van die nasies.
55:5b.ISA.055.005 Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die HERE jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.
55:6b.ISA.055.006 Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
55:7b.ISA.055.007 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
55:8b.ISA.055.008 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE.
55:9b.ISA.055.009 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
55:10b.ISA.055.010 Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter;
55:11b.ISA.055.011 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
55:12b.ISA.055.012 Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap.
55:13b.ISA.055.013 Vir 'n doringboom sal 'n sipres opgaan; vir 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees tot 'n naam, tot 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.
56
56:1b.ISA.056.001 So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.
56:2b.ISA.056.002 Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
56:3b.ISA.056.003 En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie.
56:4b.ISA.056.004 Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond:
56:5b.ISA.056.005 Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure 'n gedenkteken en 'n naam gee wat beter is as seuns en dogters; 'n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.
56:6b.ISA.056.006 En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees--elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,
56:7b.ISA.056.007 hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal 'n huis van gebed genoem word vir al die volke.
56:8b.ISA.056.008 Die Here HERE wat versamel diegene wat van Israel verdryf is, spreek: Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes.
56:9b.ISA.056.009 Al julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos!
56:10b.ISA.056.010 Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.
56:11b.ISA.056.011 En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.
56:12b.ISA.056.012 Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!
57
57:1b.ISA.057.001 Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid.
57:2b.ISA.057.002 Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde--hy wat sy reguit pad loop.
57:3b.ISA.057.003 Maar julle, kom hierheen, kinders van 'n towerheks, geslag van 'n owerspeler en van haar wat hoereer!
57:4b.ISA.057.004 Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding, 'n leuenagtige geslag nie,
57:5b.ISA.057.005 wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?
57:6b.ISA.057.006 By die gladde klippe van die dal is jou deel; dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle drankoffers uitgegiet, spysoffers gebring! Sou Ek daarmee vrede hê?
57:7b.ISA.057.007 Jy het jou bed op 'n hoë en verhewe berg gemaak; ook het jy daar opgeklim om offers te bring.
57:8b.ISA.057.008 En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want, ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklim en wyd gemaak, en jy het vir jou bepaal die loon wat van hulle moes kom; jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien.
57:9b.ISA.057.009 En jy het na die koning getrek met olie en jou salf baie gemaak; en jy het jou boodskappers gestuur na ver plekke, ja, diep na die doderyk toe.
57:10b.ISA.057.010 Jy het moeg geword deur jou groot reis; tog het jy nie gesê: Dit is tevergeefs nie! Vernuwing van jou krag het jy gevind; daarom het jy nie uitgeput geraak nie.
57:11b.ISA.057.011 Maar vir wie was jy bedug en bevrees? --want jy het 'n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?
57:12b.ISA.057.012 Ék sal jou geregtigheid bekend maak en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie.
57:13b.ISA.057.013 As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op, 'n luggie neem hulle weg. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem.
57:14b.ISA.057.014 En hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk.
57:15b.ISA.057.015 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
57:16b.ISA.057.016 Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het.
57:17b.ISA.057.017 Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulle eie weg.
57:18b.ISA.057.018 Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges.
57:19b.ISA.057.019 Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die HERE; en Ek sal hulle genees.
57:20b.ISA.057.020 Maar die goddelose is soos 'n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op.
57:21b.ISA.057.021 Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!
58
58:1b.ISA.058.001 Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos 'n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.
58:2b.ISA.058.002 Wel soek hulle My dag vir dag en het 'n behae in die kennis van my weë! Soos 'n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy God nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het 'n behae in die toenadering tot God.
58:3b.ISA.058.003 Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie? --Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan.
58:4b.ISA.058.004 Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie.
58:5b.ISA.058.005 Is dít die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos 'n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en 'n dag wat die HERE welgevallig is?
58:6b.ISA.058.006 Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?
58:7b.ISA.058.007 Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?
58:8b.ISA.058.008 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees.
58:9b.ISA.058.009 Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord,
58:10b.ISA.058.010 en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag.
58:11b.ISA.058.011 En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos 'n tuin wat goed besproei is en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
58:12b.ISA.058.012 En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.
58:13b.ISA.058.013 As jy jou voet terughou van die sabbat--om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat 'n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;
58:14b.ISA.058.014 dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.
59
59:1b.ISA.059.001 Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;
59:2b.ISA.059.002 maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
59:3b.ISA.059.003 Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg.
59:4b.ISA.059.004 Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat 'n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil.
59:5b.ISA.059.005 Basilisk-eiers broei hulle uit, en spinnerakke weef hulle; hy wat van hulle eiers eet, moet sterwe; en as dit stukkend gedruk word, bars daar 'n adder uit.
59:6b.ISA.059.006 Hulle weefsels deug nie vir klere nie, en met hulle voortbrengsels kan niemand hom toemaak nie; hulle werke is onheilswerke, en die daad van geweld is in hulle hande.
59:7b.ISA.059.007 Hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbreking is in hulle paaie.
59:8b.ISA.059.008 Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie.
59:9b.ISA.059.009 Daarom is die reg ver van ons en bereik die geregtigheid ons nie; ons wag op lig, maar kyk, daar is duisternis; op 'n helder skynsel, maar ons wandel in dikke donkerheid.
59:10b.ISA.059.010 Ons tas rond langs die muur soos blindes, en soos die wat geen oë het nie, tas ons rond; ons struikel op die middag soos in die skemeraand; ons is onder die gesondes soos dooie mense.
59:11b.ISA.059.011 Ons brom almal soos bere, en soos duiwe kir ons aanhoudend; ons wag op reg, maar dit is nie daar nie; op heil--dit bly ver van ons.
59:12b.ISA.059.012 Want ons oortredinge is baie voor U, en ons sondes getuig teen ons; want ons oortredinge staan voor ons, en ons ongeregtighede--ons ken hulle:
59:13b.ISA.059.013 die afval en verloëning van die HERE en afwyking van agter onse God; die uitspreek van verdrukking en oortreding, die opneem en uitstoot van leuentaal uit die hart.
59:14b.ISA.059.014 So word dan die reg teruggedring en die geregtigheid bly staan van ver; want die waarheid struikel op die mark, en wat reg is, kan nie binnekom nie.
59:15b.ISA.059.015 Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het die HERE dit gesien, en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie.
59:16b.ISA.059.016 En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun.
59:17b.ISA.059.017 En Hy het geregtigheid aangetrek soos 'n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in 'n mantel.
59:18b.ISA.059.018 Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal Hy die loon vergelde.
59:19b.ISA.059.019 En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos 'n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe.
59:20b.ISA.059.020 Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE.
59:21b.ISA.059.021 Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
60
60:1b.ISA.060.001 Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
60:2b.ISA.060.002 Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóu sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.
60:3b.ISA.060.003 En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.
60:4b.ISA.060.004 Slaan jou oë rondom op en kyk--hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.
60:5b.ISA.060.005 Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.
60:6b.ISA.060.006 'n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die HERE.
60:7b.ISA.060.007 Al die kleinvee van Kedar sal vir jou versamel word, die ramme van Nebájot sal jou dien; hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak.
60:8b.ISA.060.008 Wie is dit wat daar aangevlieg kom soos 'n wolk en soos duiwe na hulle vensters?
60:9b.ISA.060.009 Ja, op My wag die eilande, en die skepe van Tarsis kom vooraan, om jou seuns van ver te bring. Hul silwer en hul goud is by hulle, vir die Naam van die HERE jou God en vir die Heilige van Israel, omdat Hy jou heerlik gemaak het.
60:10b.ISA.060.010 En uitlanders sal jou mure bou, en hulle konings sal jou dien; want in my toorn het Ek jou geslaan, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm.
60:11b.ISA.060.011 En jou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog.
60:12b.ISA.060.012 Want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en dié nasies sal seker verwoes word.
60:13b.ISA.060.013 Die heerlikheid van die Líbanon sal na jou toe kom, die sipres, die plataan en die denneboom almal saam, om te versier die plek van my heiligdom; en Ek sal die plek van my voete heerlik maak.
60:14b.ISA.060.014 En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die HERE, Sion van die Heilige van Israel.
60:15b.ISA.060.015 In plaas dat jy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot 'n ewige heerlikheid, 'n vreugde van geslag tot geslag.
60:16b.ISA.060.016 En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Losser die Magtige van Jakob.
60:17b.ISA.060.017 Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders.
60:18b.ISA.060.018 Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie--van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.
60:19b.ISA.060.019 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
60:20b.ISA.060.020 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
60:21b.ISA.060.021 En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit--as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking.
60:22b.ISA.060.022 Die kleinste sal 'n geslag word en die geringste 'n magtige nasie. Ek, die HERE, sal dit op die regte tyd gou laat kom.
61
61:1b.ISA.061.001 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
61:2b.ISA.061.002 om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;
61:3b.ISA.061.003 om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.
61:4b.ISA.061.004 En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.
61:5b.ISA.061.005 Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.
61:6b.ISA.061.006 Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.
61:7b.ISA.061.007 In plaas van julle skande ontvang julle 'n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land 'n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.
61:8b.ISA.061.008 Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en 'n ewige verbond met hulle sluit.
61:9b.ISA.061.009 En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle 'n geslag is wat die HERE geseën het.
61:10b.ISA.061.010 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
61:11b.ISA.061.011 Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos 'n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.
62
62:1b.ISA.062.001 Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos 'n glans en sy heil soos 'n fakkel wat brand.
62:2b.ISA.062.002 En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met 'n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem.
62:3b.ISA.062.003 En jy sal 'n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en 'n koninklike tulband in die hand van jou God.
62:4b.ISA.062.004 Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het 'n behae in jou, en jou land sal getroud wees.
62:5b.ISA.062.005 Want soos 'n jonkman 'n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.
62:6b.ISA.062.006 o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes--moenie rus nie
62:7b.ISA.062.007 en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot 'n lof op aarde!
62:8b.ISA.062.008 Die HERE het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.
62:9b.ISA.062.009 Maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en die HERE prys; en hulle wat dit oes, sal dit drink in my heilige voorhowe.
62:10b.ISA.062.010 Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek 'n banier op oor die volke!
62:11b.ISA.062.011 Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.
62:12b.ISA.062.012 En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.
63
63:1b.ISA.063.001 Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos.
63:2b.ISA.063.002 Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap?
63:3b.ISA.063.003 Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.
63:4b.ISA.063.004 Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom.
63:5b.ISA.063.005 En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun.
63:6b.ISA.063.006 En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid; en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop.
63:7b.ISA.063.007 Ek sal die goedertierenhede van die HERE prys, die roemryke dade van die HERE, ooreenkomstig alles wat die HERE aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede.
63:8b.ISA.063.008 Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle 'n Heiland geword.
63:9b.ISA.063.009 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.
63:10b.ISA.063.010 Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in 'n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.
63:11b.ISA.063.011 Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?
63:12b.ISA.063.012 Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom 'n ewige Naam te maak?
63:13b.ISA.063.013 Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos 'n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?
63:14b.ISA.063.014 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die HERE hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak.
63:15b.ISA.063.015 Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.
63:16b.ISA.063.016 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o HERE, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.
63:17b.ISA.063.017 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!
63:18b.ISA.063.018 U heilige volk het dit vir 'n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.
63:19b.ISA.063.019 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.
64
64:1b.ISA.064.001 Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig
64:2b.ISA.064.002 --soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel--om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe
64:3b.ISA.064.003 wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie--as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!
64:4b.ISA.064.004 Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.
64:5b.ISA.064.005 U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en--sal ons verlos word?
64:6b.ISA.064.006 En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.
64:7b.ISA.064.007 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
64:8b.ISA.064.008 Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
64:9b.ISA.064.009 HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.
64:10b.ISA.064.010 U heilige stede het 'n woestyn geword; Sion het 'n woestyn geword, Jerusalem 'n wildernis.
64:11b.ISA.064.011 Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword.
64:12b.ISA.064.012 HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?
65
65:1b.ISA.065.001 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
65:2b.ISA.065.002 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;
65:3b.ISA.065.003 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene;
65:4b.ISA.065.004 wat in die grafte sit en vernag in verborge plekke; wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels;
65:5b.ISA.065.005 wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! Hierdie mense is 'n rook in my neus, 'n vuur wat die hele dag brand.
65:6b.ISA.065.006 Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergelde in hulle boesem--
65:7b.ISA.065.007 julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê die HERE; dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge en My smaadheid aangedoen het op die heuwels--ja, Ek sal vóór alles hulle loon in hulle boesem toemeet.
65:8b.ISA.065.008 So spreek die HERE: Soos wanneer iemand mos vind in 'n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is 'n seën in--sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.
65:9b.ISA.065.009 En Ek sal 'n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die erfbesitter van my berge; en my uitverkorenes sal dit erflik in besit neem en my knegte daar woon.
65:10b.ISA.065.010 En Saron sal 'n weiveld vir kleinvee word, en die dal Agor 'n lêplek vir beeste, vir my volk wat My gesoek het.
65:11b.ISA.065.011 Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat 'n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot--
65:12b.ISA.065.012 Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie.
65:13b.ISA.065.013 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.
65:14b.ISA.065.014 Kyk, my knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is, maar júlle sal skreeu van pyn in die hart en huil deur die verbreking van gees.
65:15b.ISA.065.015 En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as 'n woord van verwensing laat agterbly, en die Here HERE sal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met 'n ander naam,
65:16b.ISA.065.016 sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.
65:17b.ISA.065.017 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.
65:18b.ISA.065.018 Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees.
65:19b.ISA.065.019 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.
65:20b.ISA.065.020 Daarvandaan sal nie meer kom 'n suigling van 'n paar dae of 'n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want 'n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.
65:21b.ISA.065.021 En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet:
65:22b.ISA.065.022 hulle sal nie bou dat 'n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat 'n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.
65:23b.ISA.065.023 Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is 'n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.
65:24b.ISA.065.024 En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
65:25b.ISA.065.025 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos 'n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
66
66:1b.ISA.066.001 So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?
66:2b.ISA.066.002 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
66:3b.ISA.066.003 Wie 'n bees as offer slag, is soos hy wat 'n man doodslaan; wie 'n lam offer, soos hy wat 'n hond se nek breek; wie 'n spysoffer bring--dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat 'n afgod prys. Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel 'n behae het in hul verfoeisels,
66:4b.ISA.066.004 so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom; omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.
66:5b.ISA.066.005 Hoor die woord van die HERE, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam ontwil, sê: Laat die HERE heerlik word, dat ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!
66:6b.ISA.066.006 Hoor--'n rumoer uit die stad! Hoor--uit die tempel! Hoor--dit is die HERE wat sy vyande hulle dade vergeld!
66:7b.ISA.066.007 Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van 'n seuntjie verlos.
66:8b.ISA.066.008 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word 'n land op een enkele dag gebore? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.
66:9b.ISA.066.009 Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die HERE. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.
66:10b.ISA.066.010 Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!
66:11b.ISA.066.011 sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid.
66:12b.ISA.066.012 Want so sê die HERE: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos 'n rivier en die rykdom van die nasies soos 'n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.
66:13b.ISA.066.013 Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word.
66:14b.ISA.066.014 En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van die HERE bekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.
66:15b.ISA.066.015 Want kyk, die HERE sal kom in vuur, en sy waens soos 'n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.
66:16b.ISA.066.016 Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees.
66:17b.ISA.066.017 Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise--almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die HERE.
66:18b.ISA.066.018 Maar Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom dat Ek al die nasies en tonge versamel; en hulle sal kom en my heerlikheid sien.
66:19b.ISA.066.019 En Ek sal 'n teken onder hulle doen, en vrygeraaktes uit hulle stuur na die nasies, na Tarsis, Pul en Lud, wat die boog span, na Tubal en Jawan, na die ver kuslande wat my tyding nie gehoor en my heerlikheid nie gesien het nie; en hulle sal my heerlikheid onder die nasies verkondig.
66:20b.ISA.066.020 En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die HERE, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die HERE, net soos die kinders van Israel die spysoffer in 'n rein voorwerp bring na die huis van die HERE.
66:21b.ISA.066.021 En ook sal Ek uit hulle priesters en Leviete neem, spreek die HERE.
66:22b.ISA.066.022 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.
66:23b.ISA.066.023 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE.
66:24b.ISA.066.024 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Isaiah (Afrikaans). Isaiah (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-857A-9