Psalms (Afrikaans)
1
1:1b.PSA.001.001 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
1:2b.PSA.001.002 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.
1:3b.PSA.001.003 En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
1:4b.PSA.001.004 So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.
1:5b.PSA.001.005 Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.
1:6b.PSA.001.006 Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.
2
2:1b.PSA.002.001 Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
2:2b.PSA.002.002 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:
2:3b.PSA.002.003 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
2:4b.PSA.002.004 Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.
2:5b.PSA.002.005 Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:
2:6b.PSA.002.006 Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
2:7b.PSA.002.007 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
2:8b.PSA.002.008 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
2:9b.PSA.002.009 U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot.
2:10b.PSA.002.010 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
2:11b.PSA.002.011 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
2:12b.PSA.002.012 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
3
3:1b.PSA.003.001 'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.
3:2b.PSA.003.002 o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
3:3b.PSA.003.003 Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
3:4b.PSA.003.004 Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
3:5b.PSA.003.005 Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
3:6b.PSA.003.006 Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
3:7b.PSA.003.007 Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
3:8b.PSA.003.008 Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
3:9b.PSA.003.009 Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.
4
4:1b.PSA.004.001 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.
4:2b.PSA.004.002 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
4:3b.PSA.004.003 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.
4:4b.PSA.004.004 Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.
4:5b.PSA.004.005 Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
4:6b.PSA.004.006 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.
4:7b.PSA.004.007 Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!
4:8b.PSA.004.008 Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
4:9b.PSA.004.009 Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.
5
5:1b.PSA.005.001 Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.
5:2b.PSA.005.002 o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.
5:3b.PSA.005.003 Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
5:4b.PSA.005.004 In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
5:5b.PSA.005.005 Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.
5:6b.PSA.005.006 Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
5:7b.PSA.005.007 U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.
5:8b.PSA.005.008 Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.
5:9b.PSA.005.009 HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.
5:10b.PSA.005.010 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.
5:11b.PSA.005.011 Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.
5:12b.PSA.005.012 Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.
5:13b.PSA.005.013 Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.
6
6:1b.PSA.006.001 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
6:2b.PSA.006.002 o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.
6:3b.PSA.006.003 Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.
6:4b.PSA.006.004 Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?
6:5b.PSA.006.005 Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
6:6b.PSA.006.006 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?
6:7b.PSA.006.007 Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.
6:8b.PSA.006.008 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.
6:9b.PSA.006.009 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.
6:10b.PSA.006.010 Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.
6:11b.PSA.006.011 Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai.
7
7:1b.PSA.007.001 Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.
7:2b.PSA.007.002 HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;
7:3b.PSA.007.003 sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.
7:4b.PSA.007.004 HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,
7:5b.PSA.007.005 as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),
7:6b.PSA.007.006 mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.
7:7b.PSA.007.007 Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!
7:8b.PSA.007.008 En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
7:9b.PSA.007.009 Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
7:10b.PSA.007.010 Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
7:11b.PSA.007.011 My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.
7:12b.PSA.007.012 God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.
7:13b.PSA.007.013 As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
7:14b.PSA.007.014 en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.
7:15b.PSA.007.015 Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.
7:16b.PSA.007.016 Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.
7:17b.PSA.007.017 Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.
7:18b.PSA.007.018 Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.
8
8:1b.PSA.008.001 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.
8:2b.PSA.008.002 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
8:3b.PSA.008.003 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
8:4b.PSA.008.004 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het-
8:5b.PSA.008.005 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
8:6b.PSA.008.006 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
8:7b.PSA.008.007 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
8:8b.PSA.008.008 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
8:9b.PSA.008.009 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
8:10b.PSA.008.010 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
9
9:1b.PSA.009.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Sterf vir die Seun. 'n Psalm van Dawid.
9:2b.PSA.009.002 Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
9:3b.PSA.009.003 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
9:4b.PSA.009.004 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.
9:5b.PSA.009.005 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
9:6b.PSA.009.006 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
9:7b.PSA.009.007 Die vyande het omgekom- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.
9:8b.PSA.009.008 Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.
9:9b.PSA.009.009 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
9:10b.PSA.009.010 So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.
9:11b.PSA.009.011 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
9:12b.PSA.009.012 Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
9:13b.PSA.009.013 Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
9:14b.PSA.009.014 Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
9:15b.PSA.009.015 sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
9:16b.PSA.009.016 Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.
9:17b.PSA.009.017 Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.
9:18b.PSA.009.018 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
9:19b.PSA.009.019 Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.
9:20b.PSA.009.020 Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!
9:21b.PSA.009.021 o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.
10
10:1b.PSA.010.001 o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?
10:2b.PSA.010.002 In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!
10:3b.PSA.010.003 Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.
10:4b.PSA.010.004 Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie- dit is al sy gedagtes!
10:5b.PSA.010.005 Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders- hy blaas op hulle.
10:6b.PSA.010.006 Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.
10:7b.PSA.010.007 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.
10:8b.PSA.010.008 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.
10:9b.PSA.010.009 Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;
10:10b.PSA.010.010 en verbryseld sink dié terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.
10:11b.PSA.010.011 Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.
10:12b.PSA.010.012 Staan op, HERE! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!
10:13b.PSA.010.013 Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie?
10:14b.PSA.010.014 U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees.
10:15b.PSA.010.015 Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie!
10:16b.PSA.010.016 Die HERE is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.
10:17b.PSA.010.017 HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister
10:18b.PSA.010.018 om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.
11
11:1b.PSA.011.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!
11:2b.PSA.011.002 Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.
11:3b.PSA.011.003 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?
11:4b.PSA.011.004 Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
11:5b.PSA.011.005 Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
11:6b.PSA.011.006 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.
11:7b.PSA.011.007 Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.
12
12:1b.PSA.012.001 Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
12:2b.PSA.012.002 Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
12:3b.PSA.012.003 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
12:4b.PSA.012.004 Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
12:5b.PSA.012.005 hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
12:6b.PSA.012.006 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
12:7b.PSA.012.007 Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
12:8b.PSA.012.008 U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.
12:9b.PSA.012.009 Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.
13
13:1b.PSA.013.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
13:2b.PSA.013.002 Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?
13:3b.PSA.013.003 Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?
13:4b.PSA.013.004 Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;
13:5b.PSA.013.005 sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.
13:6b.PSA.013.006 Maar ek- op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.
14
14:1b.PSA.014.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.
14:2b.PSA.014.002 Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
14:3b.PSA.014.003 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
14:4b.PSA.014.004 Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie.
14:5b.PSA.014.005 Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.
14:6b.PSA.014.006 Die raad van die ellendige- julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug.
14:7b.PSA.014.007 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
15
15:1b.PSA.015.001 'n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
15:2b.PSA.015.002 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
15:3b.PSA.015.003 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
15:4b.PSA.015.004 in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
15:5b.PSA.015.005 wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.
16
16:1b.PSA.016.001 'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.
16:2b.PSA.016.002 Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.
16:3b.PSA.016.003 Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.
16:4b.PSA.016.004 Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.
16:5b.PSA.016.005 Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.
16:6b.PSA.016.006 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.
16:7b.PSA.016.007 Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.
16:8b.PSA.016.008 Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
16:9b.PSA.016.009 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
16:10b.PSA.016.010 want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.
16:11b.PSA.016.011 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
17
17:1b.PSA.017.001 HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.
17:2b.PSA.017.002 Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.
17:3b.PSA.017.003 U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.
17:4b.PSA.017.004 Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.
17:5b.PSA.017.005 My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
17:6b.PSA.017.006 Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!
17:7b.PSA.017.007 Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!
17:8b.PSA.017.008 Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels
17:9b.PSA.017.009 teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.
17:10b.PSA.017.010 Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.
17:11b.PSA.017.011 Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek.
17:12b.PSA.017.012 Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.
17:13b.PSA.017.013 Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;
17:14b.PSA.017.014 met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.
17:15b.PSA.017.015 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.
18
18:1b.PSA.018.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
18:2b.PSA.018.002 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.
18:3b.PSA.018.003 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
18:4b.PSA.018.004 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
18:5b.PSA.018.005 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
18:6b.PSA.018.006 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.
18:7b.PSA.018.007 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
18:8b.PSA.018.008 Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
18:9b.PSA.018.009 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
18:10b.PSA.018.010 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.
18:11b.PSA.018.011 En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.
18:12b.PSA.018.012 Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.
18:13b.PSA.018.013 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.
18:14b.PSA.018.014 En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.
18:15b.PSA.018.015 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.
18:16b.PSA.018.016 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
18:17b.PSA.018.017 Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.
18:18b.PSA.018.018 Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.
18:19b.PSA.018.019 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.
18:20b.PSA.018.020 En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
18:21b.PSA.018.021 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.
18:22b.PSA.018.022 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;
18:23b.PSA.018.023 want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.
18:24b.PSA.018.024 Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
18:25b.PSA.018.025 So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.
18:26b.PSA.018.026 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
18:27b.PSA.018.027 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
18:28b.PSA.018.028 Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
18:29b.PSA.018.029 Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.
18:30b.PSA.018.030 Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.
18:31b.PSA.018.031 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
18:32b.PSA.018.032 Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God?
18:33b.PSA.018.033 God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.
18:34b.PSA.018.034 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
18:35b.PSA.018.035 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.
18:36b.PSA.018.036 Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
18:37b.PSA.018.037 U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.
18:38b.PSA.018.038 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
18:39b.PSA.018.039 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.
18:40b.PSA.018.040 En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.
18:41b.PSA.018.041 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.
18:42b.PSA.018.042 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie- tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
18:43b.PSA.018.043 Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.
18:44b.PSA.018.044 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
18:45b.PSA.018.045 Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom.
18:46b.PSA.018.046 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.
18:47b.PSA.018.047 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!
18:48b.PSA.018.048 Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;
18:49b.PSA.018.049 wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.
18:50b.PSA.018.050 Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.
18:51b.PSA.018.051 Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.
19
19:1b.PSA.019.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
19:2b.PSA.019.002 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
19:3b.PSA.019.003 Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
19:4b.PSA.019.004 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie- onhoorbaar is hulle stem.
19:5b.PSA.019.005 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
19:6b.PSA.019.006 en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.
19:7b.PSA.019.007 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
19:8b.PSA.019.008 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
19:9b.PSA.019.009 Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
19:10b.PSA.019.010 Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid- tesame is hulle regverdig.
19:11b.PSA.019.011 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
19:12b.PSA.019.012 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.
19:13b.PSA.019.013 Die afdwalinge-wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
19:14b.PSA.019.014 Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.
19:15b.PSA.019.015 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!
20
20:1b.PSA.020.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
20:2b.PSA.020.002 Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!
20:3b.PSA.020.003 Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!
20:4b.PSA.020.004 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.
20:5b.PSA.020.005 Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!
20:6b.PSA.020.006 Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
20:7b.PSA.020.007 Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
20:8b.PSA.020.008 Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.
20:9b.PSA.020.009 Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.
20:10b.PSA.020.010 HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!
21
21:1b.PSA.021.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
21:2b.PSA.021.002 o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!
21:3b.PSA.021.003 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.
21:4b.PSA.021.004 Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.
21:5b.PSA.021.005 Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.
21:6b.PSA.021.006 Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.
21:7b.PSA.021.007 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.
21:8b.PSA.021.008 Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.
21:9b.PSA.021.009 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.
21:10b.PSA.021.010 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.
21:11b.PSA.021.011 U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.
21:12b.PSA.021.012 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.
21:13b.PSA.021.013 Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.
21:14b.PSA.021.014 Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!
22
22:1b.PSA.022.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Die hert van die dageraad. 'n Psalm van Dawid.
22:2b.PSA.022.002 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
22:3b.PSA.022.003 My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
22:4b.PSA.022.004 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
22:5b.PSA.022.005 Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
22:6b.PSA.022.006 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
22:7b.PSA.022.007 Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
22:8b.PSA.022.008 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
22:9b.PSA.022.009 Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
22:10b.PSA.022.010 Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
22:11b.PSA.022.011 Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
22:12b.PSA.022.012 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
22:13b.PSA.022.013 Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
22:14b.PSA.022.014 Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
22:15b.PSA.022.015 Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
22:16b.PSA.022.016 My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
22:17b.PSA.022.017 Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
22:18b.PSA.022.018 Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
22:19b.PSA.022.019 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
22:20b.PSA.022.020 Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
22:21b.PSA.022.021 Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
22:22b.PSA.022.022 Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
22:23b.PSA.022.023 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
22:24b.PSA.022.024 Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
22:25b.PSA.022.025 Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
22:26b.PSA.022.026 Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
22:27b.PSA.022.027 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
22:28b.PSA.022.028 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
22:29b.PSA.022.029 Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.
22:30b.PSA.022.030 Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
22:31b.PSA.022.031 'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag.
22:32b.PSA.022.032 Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.
23
23:1b.PSA.023.001 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
23:2b.PSA.023.002 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
23:3b.PSA.023.003 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
23:4b.PSA.023.004 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
23:5b.PSA.023.005 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
23:6b.PSA.023.006 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
24
24:1b.PSA.024.001 'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
24:2b.PSA.024.002 want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
24:3b.PSA.024.003 Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
24:4b.PSA.024.004 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
24:5b.PSA.024.005 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.
24:6b.PSA.024.006 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek- dit is Jakob. Sela.
24:7b.PSA.024.007 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
24:8b.PSA.024.008 Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.
24:9b.PSA.024.009 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
24:10b.PSA.024.010 Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare- Hy is die Erekoning! Sela.
25
25:1b.PSA.025.001 'n Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op.
25:2b.PSA.025.002 Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.
25:3b.PSA.025.003 Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
25:4b.PSA.025.004 Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
25:5b.PSA.025.005 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
25:6b.PSA.025.006 Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.
25:7b.PSA.025.007 Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
25:8b.PSA.025.008 Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
25:9b.PSA.025.009 Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
25:10b.PSA.025.010 Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
25:11b.PSA.025.011 Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.
25:12b.PSA.025.012 Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.
25:13b.PSA.025.013 Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.
25:14b.PSA.025.014 Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
25:15b.PSA.025.015 Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei.
25:16b.PSA.025.016 Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.
25:17b.PSA.025.017 Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.
25:18b.PSA.025.018 Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.
25:19b.PSA.025.019 Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat.
25:20b.PSA.025.020 Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
25:21b.PSA.025.021 Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.
25:22b.PSA.025.022 o God, verlos Israel uit al sy benoudhede!
26
26:1b.PSA.026.001 'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.
26:2b.PSA.026.002 Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;
26:3b.PSA.026.003 want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.
26:4b.PSA.026.004 Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.
26:5b.PSA.026.005 Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
26:6b.PSA.026.006 Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,
26:7b.PSA.026.007 om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.
26:8b.PSA.026.008 HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.
26:9b.PSA.026.009 Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,
26:10b.PSA.026.010 in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.
26:11b.PSA.026.011 Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.
26:12b.PSA.026.012 My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.
27
27:1b.PSA.027.001 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
27:2b.PSA.027.002 As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet- my teëstanders en my vyande, ja, myne- struikel hulle self en val.
27:3b.PSA.027.003 Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.
27:4b.PSA.027.004 Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
27:5b.PSA.027.005 Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots.
27:6b.PSA.027.006 En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE.
27:7b.PSA.027.007 Hoor, o HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.
27:8b.PSA.027.008 Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!
27:9b.PSA.027.009 Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!
27:10b.PSA.027.010 Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.
27:11b.PSA.027.011 HERE, leer my u weg en lei my op 'n gelyk pad, vanweë my vyande.
27:12b.PSA.027.012 Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.
27:13b.PSA.027.013 o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie....
27:14b.PSA.027.014 Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
28
28:1b.PSA.028.001 'n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.
28:2b.PSA.028.002 Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.
28:3b.PSA.028.003 Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.
28:4b.PSA.028.004 Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.
28:5b.PSA.028.005 Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.
28:6b.PSA.028.006 Geloofd sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.
28:7b.PSA.028.007 Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
28:8b.PSA.028.008 Die HERE is 'n sterkte vir hulle, en Hy is 'n vesting van verlossing vir sy gesalfde.
28:9b.PSA.028.009 Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid.
29
29:1b.PSA.029.001 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!
29:2b.PSA.029.002 Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!
29:3b.PSA.029.003 Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters.
29:4b.PSA.029.004 Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid.
29:5b.PSA.029.005 Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die Líbanon;
29:6b.PSA.029.006 en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong buffel.
29:7b.PSA.029.007 Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit.
29:8b.PSA.029.008 Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe.
29:9b.PSA.029.009 Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!
29:10b.PSA.029.010 Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid.
29:11b.PSA.029.011 Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede.
30
30:1b.PSA.030.001 'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.
30:2b.PSA.030.002 Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.
30:3b.PSA.030.003 HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.
30:4b.PSA.030.004 HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
30:5b.PSA.030.005 Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;
30:6b.PSA.030.006 want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.
30:7b.PSA.030.007 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.
30:8b.PSA.030.008 HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg- ek het verskrik geword!
30:9b.PSA.030.009 Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:
30:10b.PSA.030.010 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?
30:11b.PSA.030.011 Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!
30:12b.PSA.030.012 U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;
30:13b.PSA.030.013 sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.
31
31:1b.PSA.031.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
31:2b.PSA.031.002 By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.
31:3b.PSA.031.003 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.
31:4b.PSA.031.004 Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.
31:5b.PSA.031.005 U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.
31:6b.PSA.031.006 In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.
31:7b.PSA.031.007 Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE.
31:8b.PSA.031.008 Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het
31:9b.PSA.031.009 en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.
31:10b.PSA.031.010 Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.
31:11b.PSA.031.011 Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.
31:12b.PSA.031.012 Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.
31:13b.PSA.031.013 Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.
31:14b.PSA.031.014 Want ek het die skindertaal van baie gehoor- skrik rondom! - terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.
31:15b.PSA.031.015 Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.
31:16b.PSA.031.016 My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
31:17b.PSA.031.017 Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.
31:18b.PSA.031.018 HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!
31:19b.PSA.031.019 Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.
31:20b.PSA.031.020 o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!
31:21b.PSA.031.021 U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.
31:22b.PSA.031.022 Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.
31:23b.PSA.031.023 Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.
31:24b.PSA.031.024 Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.
31:25b.PSA.031.025 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!
32
32:1b.PSA.032.001 'n Psalm van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
32:2b.PSA.032.002 Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
32:3b.PSA.032.003 Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;
32:4b.PSA.032.004 want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.
32:5b.PSA.032.005 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
32:6b.PSA.032.006 Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.
32:7b.PSA.032.007 U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.
32:8b.PSA.032.008 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
32:9b.PSA.032.009 Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.
32:10b.PSA.032.010 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou- met goedertierenheid sal Hy hom omring.
32:11b.PSA.032.011 Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!
33
33:1b.PSA.033.001 o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes.
33:2b.PSA.033.002 Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.
33:3b.PSA.033.003 Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
33:4b.PSA.033.004 Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.
33:5b.PSA.033.005 Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.
33:6b.PSA.033.006 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
33:7b.PSA.033.007 Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
33:8b.PSA.033.008 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;
33:9b.PSA.033.009 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.
33:10b.PSA.033.010 Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
33:11b.PSA.033.011 Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
33:12b.PSA.033.012 Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
33:13b.PSA.033.013 Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
33:14b.PSA.033.014 Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
33:15b.PSA.033.015 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
33:16b.PSA.033.016 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.
33:17b.PSA.033.017 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
33:18b.PSA.033.018 Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
33:19b.PSA.033.019 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
33:20b.PSA.033.020 Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;
33:21b.PSA.033.021 want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
33:22b.PSA.033.022 Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!
34
34:1b.PSA.034.001 'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.
34:2b.PSA.034.002 Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.
34:3b.PSA.034.003 Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.
34:4b.PSA.034.004 Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!
34:5b.PSA.034.005 Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.
34:6b.PSA.034.006 He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.
34:7b.PSA.034.007 Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
34:8b.PSA.034.008 Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
34:9b.PSA.034.009 Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
34:10b.PSA.034.010 Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
34:11b.PSA.034.011 Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
34:12b.PSA.034.012 Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.
34:13b.PSA.034.013 Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?
34:14b.PSA.034.014 Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
34:15b.PSA.034.015 Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.
34:16b.PSA.034.016 Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.
34:17b.PSA.034.017 Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
34:18b.PSA.034.018 Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
34:19b.PSA.034.019 Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
34:20b.PSA.034.020 Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
34:21b.PSA.034.021 Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.
34:22b.PSA.034.022 Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.
34:23b.PSA.034.023 Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.
35
35:1b.PSA.035.001 'n Psalm van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!
35:2b.PSA.035.002 Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!
35:3b.PSA.035.003 En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
35:4b.PSA.035.004 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!
35:5b.PSA.035.005 Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.
35:6b.PSA.035.006 Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!
35:7b.PSA.035.007 Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
35:8b.PSA.035.008 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!
35:9b.PSA.035.009 Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
35:10b.PSA.035.010 Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
35:11b.PSA.035.011 Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
35:12b.PSA.035.012 Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
35:13b.PSA.035.013 En ek- toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.
35:14b.PSA.035.014 Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
35:15b.PSA.035.015 Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
35:16b.PSA.035.016 Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
35:17b.PSA.035.017 Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
35:18b.PSA.035.018 Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys.
35:19b.PSA.035.019 Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!
35:20b.PSA.035.020 Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
35:21b.PSA.035.021 En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
35:22b.PSA.035.022 HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!
35:23b.PSA.035.023 Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
35:24b.PSA.035.024 Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
35:25b.PSA.035.025 Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!
35:26b.PSA.035.026 Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!
35:27b.PSA.035.027 Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!
35:28b.PSA.035.028 En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.
36
36:1b.PSA.036.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.
36:2b.PSA.036.002 In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
36:3b.PSA.036.003 Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
36:4b.PSA.036.004 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
36:5b.PSA.036.005 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
36:6b.PSA.036.006 o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
36:7b.PSA.036.007 U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
36:8b.PSA.036.008 Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
36:9b.PSA.036.009 Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
36:10b.PSA.036.010 Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
36:11b.PSA.036.011 Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.
36:12b.PSA.036.012 Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.
36:13b.PSA.036.013 Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.
37
37:1b.PSA.037.001 'n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
37:2b.PSA.037.002 want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
37:3b.PSA.037.003 Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
37:4b.PSA.037.004 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
37:5b.PSA.037.005 Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;
37:6b.PSA.037.006 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
37:7b.PSA.037.007 Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
37:8b.PSA.037.008 He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.
37:9b.PSA.037.009 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.
37:10b.PSA.037.010 Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
37:11b.PSA.037.011 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
37:12b.PSA.037.012 Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.
37:13b.PSA.037.013 Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.
37:14b.PSA.037.014 Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.
37:15b.PSA.037.015 Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.
37:16b.PSA.037.016 Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;
37:17b.PSA.037.017 want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.
37:18b.PSA.037.018 Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
37:19b.PSA.037.019 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
37:20b.PSA.037.020 Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.
37:21b.PSA.037.021 Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;
37:22b.PSA.037.022 want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.
37:23b.PSA.037.023 Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.
37:24b.PSA.037.024 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.
37:25b.PSA.037.025 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
37:26b.PSA.037.026 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën.
37:27b.PSA.037.027 Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;
37:28b.PSA.037.028 want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
37:29b.PSA.037.029 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
37:30b.PSA.037.030 Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.
37:31b.PSA.037.031 Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.
37:32b.PSA.037.032 Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.
37:33b.PSA.037.033 Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.
37:34b.PSA.037.034 Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.
37:35b.PSA.037.035 Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom.
37:36b.PSA.037.036 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
37:37b.PSA.037.037 Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede.
37:38b.PSA.037.038 Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.
37:39b.PSA.037.039 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
37:40b.PSA.037.040 En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.
38
38:1b.PSA.038.001 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer.
38:2b.PSA.038.002 o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.
38:3b.PSA.038.003 Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.
38:4b.PSA.038.004 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
38:5b.PSA.038.005 Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos 'n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.
38:6b.PSA.038.006 My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
38:7b.PSA.038.007 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;
38:8b.PSA.038.008 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
38:9b.PSA.038.009 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.
38:10b.PSA.038.010 Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.
38:11b.PSA.038.011 My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.
38:12b.PSA.038.012 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;
38:13b.PSA.038.013 en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.
38:14b.PSA.038.014 Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.
38:15b.PSA.038.015 Ja, ek is soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;
38:16b.PSA.038.016 want op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!
38:17b.PSA.038.017 Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!
38:18b.PSA.038.018 Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.
38:19b.PSA.038.019 Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.
38:20b.PSA.038.020 Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.
38:21b.PSA.038.021 En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.
38:22b.PSA.038.022 Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie!
38:23b.PSA.038.023 Maak tog gou om my te help, Here, my heil!
39
39:1b.PSA.039.001 Vir die musiekleier; vir Jedútun. 'n Psalm van Dawid.
39:2b.PSA.039.002 Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.
39:3b.PSA.039.003 Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.
39:4b.PSA.039.004 My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:
39:5b.PSA.039.005 HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.
39:6b.PSA.039.006 Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.
39:7b.PSA.039.007 Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.
39:8b.PSA.039.008 En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.
39:9b.PSA.039.009 Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie.
39:10b.PSA.039.010 Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen.
39:11b.PSA.039.011 Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.
39:12b.PSA.039.012 Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela.
39:13b.PSA.039.013 Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders.
39:14b.PSA.039.014 Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie.
40
40:1b.PSA.040.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
40:2b.PSA.040.002 Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
40:3b.PSA.040.003 en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.
40:4b.PSA.040.004 En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.
40:5b.PSA.040.005 Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
40:6b.PSA.040.006 Groot dinge het U gedoen, HERE my God- u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
40:7b.PSA.040.007 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
40:8b.PSA.040.008 Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
40:9b.PSA.040.009 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.
40:10b.PSA.040.010 Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit.
40:11b.PSA.040.011 U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
40:12b.PSA.040.012 U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
40:13b.PSA.040.013 Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.
40:14b.PSA.040.014 Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!
40:15b.PSA.040.015 Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom.
40:16b.PSA.040.016 Laat hulle wat vir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!
40:17b.PSA.040.017 Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE!
40:18b.PSA.040.018 Al is ek ellendig en behoeftig- die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!
41
41:1b.PSA.041.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
41:2b.PSA.041.002 Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.
41:3b.PSA.041.003 Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.
41:4b.PSA.041.004 Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
41:5b.PSA.041.005 Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
41:6b.PSA.041.006 My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
41:7b.PSA.041.007 En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.
41:8b.PSA.041.008 Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:
41:9b.PSA.041.009 Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.
41:10b.PSA.041.010 Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.
41:11b.PSA.041.011 Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!
41:12b.PSA.041.012 Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.
41:13b.PSA.041.013 My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid.
41:14b.PSA.041.014 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.
42
42:1b.PSA.042.001 Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag.
42:2b.PSA.042.002 Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
42:3b.PSA.042.003 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
42:4b.PSA.042.004 My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
42:5b.PSA.042.005 Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof- 'n feesvierende menigte!
42:6b.PSA.042.006 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof- die verlossing van sy aangesig!
42:7b.PSA.042.007 o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.
42:8b.PSA.042.008 Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
42:9b.PSA.042.009 Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe.
42:10b.PSA.042.010 Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?
42:11b.PSA.042.011 Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
42:12b.PSA.042.012 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!
43
43:1b.PSA.043.001 Doen aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!
43:2b.PSA.043.002 Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?
43:3b.PSA.043.003 Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,
43:4b.PSA.043.004 dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!
43:5b.PSA.043.005 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!
44
44:1b.PSA.044.001 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing.
44:2b.PSA.044.002 o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.
44:3b.PSA.044.003 U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.
44:4b.PSA.044.004 Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
44:5b.PSA.044.005 U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.
44:6b.PSA.044.006 Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.
44:7b.PSA.044.007 Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;
44:8b.PSA.044.008 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
44:9b.PSA.044.009 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
44:10b.PSA.044.010 En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
44:11b.PSA.044.011 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.
44:12b.PSA.044.012 U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.
44:13b.PSA.044.013 U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.
44:14b.PSA.044.014 U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
44:15b.PSA.044.015 U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die volke.
44:16b.PSA.044.016 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;
44:17b.PSA.044.017 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.
44:18b.PSA.044.018 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.
44:19b.PSA.044.019 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,
44:20b.PSA.044.020 alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek.
44:21b.PSA.044.021 As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god-
44:22b.PSA.044.022 sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
44:23b.PSA.044.023 Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.
44:24b.PSA.044.024 Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!
44:25b.PSA.044.025 Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
44:26b.PSA.044.026 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.
44:27b.PSA.044.027 Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!
45
45:1b.PSA.045.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.
45:2b.PSA.045.002 My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
45:3b.PSA.045.003 U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
45:4b.PSA.045.004 Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
45:5b.PSA.045.005 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
45:6b.PSA.045.006 U pyle is skerp,Volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
45:7b.PSA.045.007 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
45:8b.PSA.045.008 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
45:9b.PSA.045.009 Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
45:10b.PSA.045.010 Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
45:11b.PSA.045.011 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
45:12b.PSA.045.012 en as die Koning u skoonheid begeer- want Hy is u Heer- buig u dan voor Hom neer.
45:13b.PSA.045.013 En, o dogter van Tirus- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
45:14b.PSA.045.014 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
45:15b.PSA.045.015 In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
45:16b.PSA.045.016 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
45:17b.PSA.045.017 In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.
45:18b.PSA.045.018 U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.
46
46:1b.PSA.046.001 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.
46:2b.PSA.046.002 God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
46:3b.PSA.046.003 Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
46:4b.PSA.046.004 Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.
46:5b.PSA.046.005 Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
46:6b.PSA.046.006 God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
46:7b.PSA.046.007 Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
46:8b.PSA.046.008 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.
46:9b.PSA.046.009 Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
46:10b.PSA.046.010 wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
46:11b.PSA.046.011 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
46:12b.PSA.046.012 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.
47
47:1b.PSA.047.001 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
47:2b.PSA.047.002 Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!
47:3b.PSA.047.003 Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.
47:4b.PSA.047.004 Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
47:5b.PSA.047.005 Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
47:6b.PSA.047.006 God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
47:7b.PSA.047.007 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
47:8b.PSA.047.008 Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.
47:9b.PSA.047.009 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
47:10b.PSA.047.010 Die edeles van die volke het vergader- 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!
48
48:1b.PSA.048.001 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.
48:2b.PSA.048.002 Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
48:3b.PSA.048.003 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
48:4b.PSA.048.004 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.
48:5b.PSA.048.005 Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
48:6b.PSA.048.006 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
48:7b.PSA.048.007 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
48:8b.PSA.048.008 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
48:9b.PSA.048.009 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
48:10b.PSA.048.010 o God,ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel!
48:11b.PSA.048.011 Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe;u regterhand is vol geregtigheid.
48:12b.PSA.048.012 Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.
48:13b.PSA.048.013 Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
48:14b.PSA.048.014 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,
48:15b.PSA.048.015 dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe.
49
49:1b.PSA.049.001 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
49:2b.PSA.049.002 Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
49:3b.PSA.049.003 geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
49:4b.PSA.049.004 My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.
49:5b.PSA.049.005 Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
49:6b.PSA.049.006 Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring-
49:7b.PSA.049.007 die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
49:8b.PSA.049.008 Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
49:9b.PSA.049.009 (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),
49:10b.PSA.049.010 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
49:11b.PSA.049.011 Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
49:12b.PSA.049.012 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
49:13b.PSA.049.013 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
49:14b.PSA.049.014 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.
49:15b.PSA.049.015 Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
49:16b.PSA.049.016 Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
49:17b.PSA.049.017 Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
49:18b.PSA.049.018 want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
49:19b.PSA.049.019 Al ag hy homself gelukkig in sy lewe- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen-
49:20b.PSA.049.020 tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.
49:21b.PSA.049.021 Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.
50
50:1b.PSA.050.001 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
50:2b.PSA.050.002 Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.
50:3b.PSA.050.003 Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.
50:4b.PSA.050.004 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:
50:5b.PSA.050.005 Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!
50:6b.PSA.050.006 En- die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.
50:7b.PSA.050.007 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!
50:8b.PSA.050.008 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.
50:9b.PSA.050.009 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;
50:10b.PSA.050.010 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.
50:11b.PSA.050.011 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.
50:12b.PSA.050.012 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
50:13b.PSA.050.013 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?
50:14b.PSA.050.014 Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
50:15b.PSA.050.015 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
50:16b.PSA.050.016 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond-
50:17b.PSA.050.017 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?
50:18b.PSA.050.018 As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.
50:19b.PSA.050.019 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.
50:20b.PSA.050.020 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.
50:21b.PSA.050.021 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.
50:22b.PSA.050.022 Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.
50:23b.PSA.050.023 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
51
51:1b.PSA.051.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid,
51:2b.PSA.051.002 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.
51:3b.PSA.051.003 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
51:4b.PSA.051.004 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
51:5b.PSA.051.005 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
51:6b.PSA.051.006 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
51:7b.PSA.051.007 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
51:8b.PSA.051.008 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
51:9b.PSA.051.009 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
51:10b.PSA.051.010 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
51:11b.PSA.051.011 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
51:12b.PSA.051.012 Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
51:13b.PSA.051.013 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
51:14b.PSA.051.014 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.
51:15b.PSA.051.015 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
51:16b.PSA.051.016 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
51:17b.PSA.051.017 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
51:18b.PSA.051.018 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
51:19b.PSA.051.019 Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
51:20b.PSA.051.020 Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
51:21b.PSA.051.021 Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.
52
52:1b.PSA.052.001 Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid.
52:2b.PSA.052.002 toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan.
52:3b.PSA.052.003 Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!
52:4b.PSA.052.004 Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog!
52:5b.PSA.052.005 Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.
52:6b.PSA.052.006 Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!
52:7b.PSA.052.007 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.
52:8b.PSA.052.008 En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:
52:9b.PSA.052.009 Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!
52:10b.PSA.052.010 Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.
52:11b.PSA.052.011 Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.
53
53:1b.PSA.053.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Máhalat. 'n Onderwysing van Dawid.
53:2b.PSA.053.002 Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.
53:3b.PSA.053.003 God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
53:4b.PSA.053.004 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.
53:5b.PSA.053.005 Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie.
53:6b.PSA.053.006 Dáár het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want God het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp.
53:7b.PSA.053.007 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
54
54:1b.PSA.054.001 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid,
54:2b.PSA.054.002 toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?
54:3b.PSA.054.003 o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!
54:4b.PSA.054.004 o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!
54:5b.PSA.054.005 Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.
54:6b.PSA.054.006 Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.
54:7b.PSA.054.007 Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!
54:8b.PSA.054.008 Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed;
54:9b.PSA.054.009 want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien.
55
55:1b.PSA.055.001 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid.
55:2b.PSA.055.002 o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
55:3b.PSA.055.003 Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
55:4b.PSA.055.004 weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
55:5b.PSA.055.005 My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
55:6b.PSA.055.006 Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
55:7b.PSA.055.007 Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!
55:8b.PSA.055.008 Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
55:9b.PSA.055.009 Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
55:10b.PSA.055.010 Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
55:11b.PSA.055.011 Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
55:12b.PSA.055.012 Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
55:13b.PSA.055.013 Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
55:14b.PSA.055.014 maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!
55:15b.PSA.055.015 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
55:16b.PSA.055.016 Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.
55:17b.PSA.055.017 Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.
55:18b.PSA.055.018 Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
55:19b.PSA.055.019 Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.
55:20b.PSA.055.020 God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
55:21b.PSA.055.021 Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
55:22b.PSA.055.022 Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
55:23b.PSA.055.023 Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
55:24b.PSA.055.024 Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.
56
56:1b.PSA.056.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Die Duif van die ver Terebinte. Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.
56:2b.PSA.056.002 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
56:3b.PSA.056.003 My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
56:4b.PSA.056.004 Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
56:5b.PSA.056.005 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
56:6b.PSA.056.006 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
56:7b.PSA.056.007 Hulle val aan, lê en loer- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.
56:8b.PSA.056.008 Ondanks hul ongeregtigheid- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
56:9b.PSA.056.009 U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
56:10b.PSA.056.010 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.
56:11b.PSA.056.011 Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.
56:12b.PSA.056.012 Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?
56:13b.PSA.056.013 Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;
56:14b.PSA.056.014 want U het my siel gered van die dood- ja, my voete van struikeling- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.
57
57:1b.PSA.057.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. Van Dawid. 'n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.
57:2b.PSA.057.002 Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.
57:3b.PSA.057.003 Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.
57:4b.PSA.057.004 Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.
57:5b.PSA.057.005 Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is.
57:6b.PSA.057.006 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!
57:7b.PSA.057.007 Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.
57:8b.PSA.057.008 My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.
57:9b.PSA.057.009 Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!
57:10b.PSA.057.010 Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.
57:11b.PSA.057.011 Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.
57:12b.PSA.057.012 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!
58
58:1b.PSA.058.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. Van Dawid. 'n Gedig.
58:2b.PSA.058.002 Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?
58:3b.PSA.058.003 Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.
58:4b.PSA.058.004 Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
58:5b.PSA.058.005 Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,
58:6b.PSA.058.006 wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.
58:7b.PSA.058.007 o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!
58:8b.PSA.058.008 Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.
58:9b.PSA.058.009 Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.
58:10b.PSA.058.010 Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.
58:11b.PSA.058.011 Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
58:12b.PSA.058.012 En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel!
59
59:1b.PSA.059.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. Van Dawid. 'n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.
59:2b.PSA.059.002 Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!
59:3b.PSA.059.003 Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!
59:4b.PSA.059.004 Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!
59:5b.PSA.059.005 Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!
59:6b.PSA.059.006 Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.
59:7b.PSA.059.007 Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.
59:8b.PSA.059.008 Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want- wie sou dit hoor?
59:9b.PSA.059.009 Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene.
59:10b.PSA.059.010 My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.
59:11b.PSA.059.011 My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.
59:12b.PSA.059.012 Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!
59:13b.PSA.059.013 Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.
59:14b.PSA.059.014 Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.
59:15b.PSA.059.015 En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.
59:16b.PSA.059.016 Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.
59:17b.PSA.059.017 Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.
59:18b.PSA.059.018 My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.
60
60:1b.PSA.060.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Die Lelie van die Getuienis. 'n Gedig van Dawid, om te onderrig.
60:2b.PSA.060.002 Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend.
60:3b.PSA.060.003 o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!
60:4b.PSA.060.004 U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!
60:5b.PSA.060.005 U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.
60:6b.PSA.060.006 U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.
60:7b.PSA.060.007 Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!
60:8b.PSA.060.008 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
60:9b.PSA.060.009 Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
60:10b.PSA.060.010 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!
60:11b.PSA.060.011 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?
60:12b.PSA.060.012 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
60:13b.PSA.060.013 Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid.
60:14b.PSA.060.014 In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.
61
61:1b.PSA.061.001 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.
61:2b.PSA.061.002 o God, hoor my smeking, luister na my gebed!
61:3b.PSA.061.003 Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is.
61:4b.PSA.061.004 Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.
61:5b.PSA.061.005 Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
61:6b.PSA.061.006 Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.
61:7b.PSA.061.007 Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.
61:8b.PSA.061.008 Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.
61:9b.PSA.061.009 Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.
62
62:1b.PSA.062.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Jedútun. 'n Psalm van Dawid.
62:2b.PSA.062.002 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.
62:3b.PSA.062.003 Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
62:4b.PSA.062.004 Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?
62:5b.PSA.062.005 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.
62:6b.PSA.062.006 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
62:7b.PSA.062.007 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
62:8b.PSA.062.008 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
62:9b.PSA.062.009 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.
62:10b.PSA.062.010 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
62:11b.PSA.062.011 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
62:12b.PSA.062.012 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,
62:13b.PSA.062.013 en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.
63
63:1b.PSA.063.001 'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.
63:2b.PSA.063.002 o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
63:3b.PSA.063.003 Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
63:4b.PSA.063.004 Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
63:5b.PSA.063.005 Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
63:6b.PSA.063.006 Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
63:7b.PSA.063.007 as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
63:8b.PSA.063.008 Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
63:9b.PSA.063.009 My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
63:10b.PSA.063.010 Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
63:11b.PSA.063.011 Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.
63:12b.PSA.063.012 Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.
64
64:1b.PSA.064.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
64:2b.PSA.064.002 Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.
64:3b.PSA.064.003 Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;
64:4b.PSA.064.004 wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig- bitter woorde! -
64:5b.PSA.064.005 om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
64:6b.PSA.064.006 'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
64:7b.PSA.064.007 Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!
64:8b.PSA.064.008 Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.
64:9b.PSA.064.009 En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.
64:10b.PSA.064.010 En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen.
64:11b.PSA.064.011 Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem.
65
65:1b.PSA.065.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.
65:2b.PSA.065.002 Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.
65:3b.PSA.065.003 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!
65:4b.PSA.065.004 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.
65:5b.PSA.065.005 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.
65:6b.PSA.065.006 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!
65:7b.PSA.065.007 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,
65:8b.PSA.065.008 wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;
65:9b.PSA.065.009 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.
65:10b.PSA.065.010 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.
65:11b.PSA.065.011 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.
65:12b.PSA.065.012 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.
65:13b.PSA.065.013 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig.
65:14b.PSA.065.014 Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.
66
66:1b.PSA.066.001 Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!
66:2b.PSA.066.002 Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!
66:3b.PSA.066.003 Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.
66:4b.PSA.066.004 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
66:5b.PSA.066.005 Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.
66:6b.PSA.066.006 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.
66:7b.PSA.066.007 Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.
66:8b.PSA.066.008 Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem-
66:9b.PSA.066.009 wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.
66:10b.PSA.066.010 Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter.
66:11b.PSA.066.011 U het ons in die net gebring, 'n swaar las op ons heupe gelê.
66:12b.PSA.066.012 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.
66:13b.PSA.066.013 Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,
66:14b.PSA.066.014 wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was.
66:15b.PSA.066.015 Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.
66:16b.PSA.066.016 Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.
66:17b.PSA.066.017 Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.
66:18b.PSA.066.018 As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.
66:19b.PSA.066.019 Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.
66:20b.PSA.066.020 Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!
67
67:1b.PSA.067.001 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied.
67:2b.PSA.067.002 Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.
67:3b.PSA.067.003 Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.
67:4b.PSA.067.004 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
67:5b.PSA.067.005 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.
67:6b.PSA.067.006 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
67:7b.PSA.067.007 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.
67:8b.PSA.067.008 God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.
68
68:1b.PSA.068.001 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.
68:2b.PSA.068.002 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!
68:3b.PSA.068.003 Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.
68:4b.PSA.068.004 Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.
68:5b.PSA.068.005 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
68:6b.PSA.068.006 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.
68:7b.PSA.068.007 God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.
68:8b.PSA.068.008 o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,
68:9b.PSA.068.009 het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!
68:10b.PSA.068.010 Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk.
68:11b.PSA.068.011 U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!
68:12b.PSA.068.012 Die Here het die woord laat hoor- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:
68:13b.PSA.068.013 Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.
68:14b.PSA.068.014 As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.
68:15b.PSA.068.015 Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.
68:16b.PSA.068.016 'n Berg van God is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan.
68:17b.PSA.068.017 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.
68:18b.PSA.068.018 Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.
68:19b.PSA.068.019 U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!
68:20b.PSA.068.020 Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.
68:21b.PSA.068.021 God is vir ons 'n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood.
68:22b.PSA.068.022 Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.
68:23b.PSA.068.023 Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;
68:24b.PSA.068.024 sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.
68:25b.PSA.068.025 o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.
68:26b.PSA.068.026 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.
68:27b.PSA.068.027 Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!
68:28b.PSA.068.028 Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda- hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.
68:29b.PSA.068.029 Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!
68:30b.PSA.068.030 Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.
68:31b.PSA.068.031 Dreig die wilde gedierte van die riet- die trop stiere saam met die kalwers van die volke- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.
68:32b.PSA.068.032 Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.
68:33b.PSA.068.033 o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.
68:34b.PSA.068.034 Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, 'n magtige stem.
68:35b.PSA.068.035 Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.
68:36b.PSA.068.036 Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel- Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!
69
69:1b.PSA.069.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. 'n Psalm van Dawid.
69:2b.PSA.069.002 Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.
69:3b.PSA.069.003 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.
69:4b.PSA.069.004 Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.
69:5b.PSA.069.005 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.
69:6b.PSA.069.006 o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.
69:7b.PSA.069.007 Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!
69:8b.PSA.069.008 Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.
69:9b.PSA.069.009 Vreemd het ek vir my broers geword en 'n onbekende vir die seuns van my moeder.
69:10b.PSA.069.010 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.
69:11b.PSA.069.011 Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.
69:12b.PSA.069.012 Ek het ook 'n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle 'n spreekwoord geword.
69:13b.PSA.069.013 Die wat in die poort sit, praat van my- ook die spotlied van die wat sterk drank drink.
69:14b.PSA.069.014 Maar ek- my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!
69:15b.PSA.069.015 Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.
69:16b.PSA.069.016 Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!
69:17b.PSA.069.017 Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.
69:18b.PSA.069.018 En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!
69:19b.PSA.069.019 Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.
69:20b.PSA.069.020 U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.
69:21b.PSA.069.021 Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.
69:22b.PSA.069.022 En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
69:23b.PSA.069.023 Laat hul tafel voor hulle 'n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, 'n strik.
69:24b.PSA.069.024 Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.
69:25b.PSA.069.025 Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.
69:26b.PSA.069.026 Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.
69:27b.PSA.069.027 Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.
69:28b.PSA.069.028 Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.
69:29b.PSA.069.029 Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.
69:30b.PSA.069.030 Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!
69:31b.PSA.069.031 Ek wil die Naam van God prys met 'n lied en Hom groot maak met danksegging;
69:32b.PSA.069.032 en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
69:33b.PSA.069.033 As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
69:34b.PSA.069.034 Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.
69:35b.PSA.069.035 Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.
69:36b.PSA.069.036 Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.
69:37b.PSA.069.037 En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.
70
70:1b.PSA.070.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer.
70:2b.PSA.070.002 o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help!
70:3b.PSA.070.003 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom.
70:4b.PSA.070.004 Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming.
70:5b.PSA.070.005 Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God!
70:6b.PSA.070.006 Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!
71
71:1b.PSA.071.001 By U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!
71:2b.PSA.071.002 Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!
71:3b.PSA.071.003 Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.
71:4b.PSA.071.004 My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.
71:5b.PSA.071.005 Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.
71:6b.PSA.071.006 Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.
71:7b.PSA.071.007 Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug.
71:8b.PSA.071.008 My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.
71:9b.PSA.071.009 Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.
71:10b.PSA.071.010 Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad
71:11b.PSA.071.011 en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!
71:12b.PSA.071.012 o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!
71:13b.PSA.071.013 Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande.
71:14b.PSA.071.014 Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.
71:15b.PSA.071.015 My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.
71:16b.PSA.071.016 Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen.
71:17b.PSA.071.017 o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.
71:18b.PSA.071.018 En ook tot die ouderdom en die grysheid toe- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.
71:19b.PSA.071.019 Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?
71:20b.PSA.071.020 U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.
71:21b.PSA.071.021 Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.
71:22b.PSA.071.022 So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!
71:23b.PSA.071.023 My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het.
71:24b.PSA.071.024 Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.
72
72:1b.PSA.072.001 Van Salomo. o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning.
72:2b.PSA.072.002 Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.
72:3b.PSA.072.003 Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid.
72:4b.PSA.072.004 Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.
72:5b.PSA.072.005 Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.
72:6b.PSA.072.006 Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie- 'n swaar reën op die aarde.
72:7b.PSA.072.007 In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.
72:8b.PSA.072.008 En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.
72:9b.PSA.072.009 Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.
72:10b.PSA.072.010 Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.
72:11b.PSA.072.011 Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.
72:12b.PSA.072.012 Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.
72:13b.PSA.072.013 Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.
72:14b.PSA.072.014 Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.
72:15b.PSA.072.015 Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!
72:16b.PSA.072.016 Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!
72:17b.PSA.072.017 Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys!
72:18b.PSA.072.018 Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen!
72:19b.PSA.072.019 En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.
72:20b.PSA.072.020 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.
73
73:1b.PSA.073.001 'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
73:2b.PSA.073.002 Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.
73:3b.PSA.073.003 Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
73:4b.PSA.073.004 Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.
73:5b.PSA.073.005 In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.
73:6b.PSA.073.006 Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad.
73:7b.PSA.073.007 Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.
73:8b.PSA.073.008 Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.
73:9b.PSA.073.009 Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.
73:10b.PSA.073.010 Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.
73:11b.PSA.073.011 En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?
73:12b.PSA.073.012 Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!
73:13b.PSA.073.013 Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
73:14b.PSA.073.014 Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.
73:15b.PSA.073.015 As ek gesê het: Ek wil óók so spreek- dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!
73:16b.PSA.073.016 Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,
73:17b.PSA.073.017 totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
73:18b.PSA.073.018 Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.
73:19b.PSA.073.019 Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
73:20b.PSA.073.020 Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
73:21b.PSA.073.021 Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,
73:22b.PSA.073.022 toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was 'n dier by U.
73:23b.PSA.073.023 Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
73:24b.PSA.073.024 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.
73:25b.PSA.073.025 Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
73:26b.PSA.073.026 Al beswyk my vlees en my hart- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
73:27b.PSA.073.027 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
73:28b.PSA.073.028 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.
74
74:1b.PSA.074.001 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?
74:2b.PSA.074.002 Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.
74:3b.PSA.074.003 Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.
74:4b.PSA.074.004 U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.
74:5b.PSA.074.005 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.
74:6b.PSA.074.006 En nou- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.
74:7b.PSA.074.007 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
74:8b.PSA.074.008 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.
74:9b.PSA.074.009 Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
74:10b.PSA.074.010 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?
74:11b.PSA.074.011 Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!
74:12b.PSA.074.012 Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.
74:13b.PSA.074.013 U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.
74:14b.PSA.074.014 U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk- vir woestyndiere.
74:15b.PSA.074.015 U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.
74:16b.PSA.074.016 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.
74:17b.PSA.074.017 U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.
74:18b.PSA.074.018 Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.
74:19b.PSA.074.019 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.
74:20b.PSA.074.020 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.
74:21b.PSA.074.021 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.
74:22b.PSA.074.022 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.
74:23b.PSA.074.023 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!
75
75:1b.PSA.075.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
75:2b.PSA.075.002 Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
75:3b.PSA.075.003 As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.
75:4b.PSA.075.004 Al wankel die aarde en al sy bewoners- Ék het sy pilare vasgestel. Sela.
75:5b.PSA.075.005 Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!
75:6b.PSA.075.006 Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.
75:7b.PSA.075.007 Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....
75:8b.PSA.075.008 maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.
75:9b.PSA.075.009 Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
75:10b.PSA.075.010 Maar ék sal vir ewig verkondig- ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.
75:11b.PSA.075.011 En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.
76
76:1b.PSA.076.001 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
76:2b.PSA.076.002 God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.
76:3b.PSA.076.003 Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.
76:4b.PSA.076.004 Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.
76:5b.PSA.076.005 Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!
76:6b.PSA.076.006 Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.
76:7b.PSA.076.007 Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.
76:8b.PSA.076.008 U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
76:9b.PSA.076.009 Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,
76:10b.PSA.076.010 toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.
76:11b.PSA.076.011 Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.
76:12b.PSA.076.012 Doen geloftes en betaal dié aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike,
76:13b.PSA.076.013 wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.
77
77:1b.PSA.077.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Jedútun. 'n Psalm van Asaf.
77:2b.PSA.077.002 My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.
77:3b.PSA.077.003 Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.
77:4b.PSA.077.004 As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.
77:5b.PSA.077.005 U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.
77:6b.PSA.077.006 Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.
77:7b.PSA.077.007 Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:
77:8b.PSA.077.008 Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?
77:9b.PSA.077.009 Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?
77:10b.PSA.077.010 Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.
77:11b.PSA.077.011 Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
77:12b.PSA.077.012 Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd
77:13b.PSA.077.013 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
77:14b.PSA.077.014 o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?
77:15b.PSA.077.015 U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.
77:16b.PSA.077.016 U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.
77:17b.PSA.077.017 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.
77:18b.PSA.077.018 Die wolke het water uitgegiet,die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.
77:19b.PSA.077.019 U rollende donder het weerklink;bliksems het die wêreld verlig;die aarde het gesidder en gebewe.
77:20b.PSA.077.020 U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.
77:21b.PSA.077.021 U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.
78
78:1b.PSA.078.001 'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.
78:2b.PSA.078.002 Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
78:3b.PSA.078.003 Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,
78:4b.PSA.078.004 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
78:5b.PSA.078.005 Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het- om dit aan hulle kinders bekend te maak,
78:6b.PSA.078.006 sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,
78:7b.PSA.078.007 en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,
78:8b.PSA.078.008 en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.
78:9b.PSA.078.009 Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.
78:10b.PSA.078.010 Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet.
78:11b.PSA.078.011 En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.
78:12b.PSA.078.012 Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan.
78:13b.PSA.078.013 Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal.
78:14b.PSA.078.014 En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.
78:15b.PSA.078.015 Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede.
78:16b.PSA.078.016 En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.
78:17b.PSA.078.017 Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.
78:18b.PSA.078.018 En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.
78:19b.PSA.078.019 En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn?
78:20b.PSA.078.020 Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het- sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?
78:21b.PSA.078.021 Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;
78:22b.PSA.078.022 omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.
78:23b.PSA.078.023 En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;
78:24b.PSA.078.024 en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.
78:25b.PSA.078.025 Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.
78:26b.PSA.078.026 Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;
78:27b.PSA.078.027 en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;
78:28b.PSA.078.028 en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.
78:29b.PSA.078.029 Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.
78:30b.PSA.078.030 Hulle was nie weg van hul begeerte nie- hulle voedsel was nog in hulle mond-
78:31b.PSA.078.031 toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.
78:32b.PSA.078.032 Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.
78:33b.PSA.078.033 So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.
78:34b.PSA.078.034 Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;
78:35b.PSA.078.035 en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.
78:36b.PSA.078.036 En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;
78:37b.PSA.078.037 maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.
78:38b.PSA.078.038 Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.
78:39b.PSA.078.039 En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.
78:40b.PSA.078.040 Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis;
78:41b.PSA.078.041 en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.
78:42b.PSA.078.042 Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;
78:43b.PSA.078.043 toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan.
78:44b.PSA.078.044 En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie.
78:45b.PSA.078.045 Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het.
78:46b.PSA.078.046 En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan.
78:47b.PSA.078.047 Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp.
78:48b.PSA.078.048 Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse.
78:49b.PSA.078.049 Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, 'n uitsending van ongeluksbodes.
78:50b.PSA.078.050 Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.
78:51b.PSA.078.051 En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.
78:52b.PSA.078.052 Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn.
78:53b.PSA.078.053 Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek.
78:54b.PSA.078.054 En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.
78:55b.PSA.078.055 En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.
78:56b.PSA.078.056 Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.
78:57b.PSA.078.057 En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog.
78:58b.PSA.078.058 En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.
78:59b.PSA.078.059 God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.
78:60b.PSA.078.060 En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.
78:61b.PSA.078.061 En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander.
78:62b.PSA.078.062 En Hy het sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op sy erfdeel.
78:63b.PSA.078.063 Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle jongedogters is nie geprys nie.
78:64b.PSA.078.064 Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie.
78:65b.PSA.078.065 Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn;
78:66b.PSA.078.066 en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen.
78:67b.PSA.078.067 En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie,
78:68b.PSA.078.068 maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet.
78:69b.PSA.078.069 En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het.
78:70b.PSA.078.070 En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem.
78:71b.PSA.078.071 Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel.
78:72b.PSA.078.072 En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.
79
79:1b.PSA.079.001 'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.
79:2b.PSA.079.002 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.
79:3b.PSA.079.003 Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe.
79:4b.PSA.079.004 Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
79:5b.PSA.079.005 Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur?
79:6b.PSA.079.006 Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.
79:7b.PSA.079.007 Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.
79:8b.PSA.079.008 Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.
79:9b.PSA.079.009 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.
79:10b.PSA.079.010 Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte.
79:11b.PSA.079.011 Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm.
79:12b.PSA.079.012 En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het.
79:13b.PSA.079.013 En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel.
80
80:1b.PSA.080.001 Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.
80:2b.PSA.080.002 o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!
80:3b.PSA.080.003 Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!
80:4b.PSA.080.004 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
80:5b.PSA.080.005 o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?
80:6b.PSA.080.006 U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
80:7b.PSA.080.007 U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.
80:8b.PSA.080.008 o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
80:9b.PSA.080.009 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.
80:10b.PSA.080.010 U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.
80:11b.PSA.080.011 Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.
80:12b.PSA.080.012 Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.
80:13b.PSA.080.013 Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?
80:14b.PSA.080.014 Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.
80:15b.PSA.080.015 o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;
80:16b.PSA.080.016 en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.
80:17b.PSA.080.017 Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.
80:18b.PSA.080.018 Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.
80:19b.PSA.080.019 Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.
80:20b.PSA.080.020 o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
81
81:1b.PSA.081.001 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf.
81:2b.PSA.081.002 Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!
81:3b.PSA.081.003 Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.
81:4b.PSA.081.004 Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.
81:5b.PSA.081.005 Want dit is 'n insetting vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.
81:6b.PSA.081.006 Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. 'n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:
81:7b.PSA.081.007 Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos.
81:8b.PSA.081.008 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.
81:9b.PSA.081.009 Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!
81:10b.PSA.081.010 Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.
81:11b.PSA.081.011 Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.
81:12b.PSA.081.012 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.
81:13b.PSA.081.013 Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.
81:14b.PSA.081.014 Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!
81:15b.PSA.081.015 Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.
81:16b.PSA.081.016 Die haters van die HERE sou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.
81:17b.PSA.081.017 Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.
82
82:1b.PSA.082.001 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.
82:2b.PSA.082.002 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
82:3b.PSA.082.003 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
82:4b.PSA.082.004 Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
82:5b.PSA.082.005 Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.
82:6b.PSA.082.006 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste-
82:7b.PSA.082.007 nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.
82:8b.PSA.082.008 Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.
83
83:1b.PSA.083.001 'n Lied. 'n Psalm van Asaf.
83:2b.PSA.083.002 o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
83:3b.PSA.083.003 Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
83:4b.PSA.083.004 Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
83:5b.PSA.083.005 Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
83:6b.PSA.083.006 Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond:
83:7b.PSA.083.007 die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,
83:8b.PSA.083.008 Gebal en Ammon, en Amalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.
83:9b.PSA.083.009 Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela.
83:10b.PSA.083.010 Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:
83:11b.PSA.083.011 hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond.
83:12b.PSA.083.012 Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmúna,
83:13b.PSA.083.013 wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!
83:14b.PSA.083.014 My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.
83:15b.PSA.083.015 Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek-
83:16b.PSA.083.016 vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.
83:17b.PSA.083.017 Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o HERE!
83:18b.PSA.083.018 Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;
83:19b.PSA.083.019 sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.
84
84:1b.PSA.084.001 Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
84:2b.PSA.084.002 Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!
84:3b.PSA.084.003 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
84:4b.PSA.084.004 Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!
84:5b.PSA.084.005 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
84:6b.PSA.084.006 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
84:7b.PSA.084.007 As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.
84:8b.PSA.084.008 Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.
84:9b.PSA.084.009 HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.
84:10b.PSA.084.010 o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.
84:11b.PSA.084.011 Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
84:12b.PSA.084.012 Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
84:13b.PSA.084.013 HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!
85
85:1b.PSA.085.001 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
85:2b.PSA.085.002 U het, o HERE, 'n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.
85:3b.PSA.085.003 U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.
85:4b.PSA.085.004 U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.
85:5b.PSA.085.005 Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!
85:6b.PSA.085.006 Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?
85:7b.PSA.085.007 Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?
85:8b.PSA.085.008 Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
85:9b.PSA.085.009 Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!
85:10b.PSA.085.010 Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
85:11b.PSA.085.011 Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.
85:12b.PSA.085.012 Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.
85:13b.PSA.085.013 Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings.
85:14b.PSA.085.014 Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.
86
86:1b.PSA.086.001 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.
86:2b.PSA.086.002 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.
86:3b.PSA.086.003 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.
86:4b.PSA.086.004 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.
86:5b.PSA.086.005 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
86:6b.PSA.086.006 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.
86:7b.PSA.086.007 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.
86:8b.PSA.086.008 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.
86:9b.PSA.086.009 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;
86:10b.PSA.086.010 want U is groot en doen wonders, U alleen is God.
86:11b.PSA.086.011 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.
86:12b.PSA.086.012 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;
86:13b.PSA.086.013 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.
86:14b.PSA.086.014 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.
86:15b.PSA.086.015 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
86:16b.PSA.086.016 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
86:17b.PSA.086.017 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.
87
87:1b.PSA.087.001 Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.
87:2b.PSA.087.002 Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
87:3b.PSA.087.003 Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.
87:4b.PSA.087.004 Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus- hierdie een is daar gebore.
87:5b.PSA.087.005 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.
87:6b.PSA.087.006 Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.
87:7b.PSA.087.007 En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!
88
88:1b.PSA.088.001 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: Máhalat leannot. 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.
88:2b.PSA.088.002 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
88:3b.PSA.088.003 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.
88:4b.PSA.088.004 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
88:5b.PSA.088.005 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,
88:6b.PSA.088.006 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.
88:7b.PSA.088.007 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.
88:8b.PSA.088.008 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.
88:9b.PSA.088.009 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.
88:10b.PSA.088.010 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.
88:11b.PSA.088.011 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.
88:12b.PSA.088.012 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?
88:13b.PSA.088.013 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?
88:14b.PSA.088.014 Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
88:15b.PSA.088.015 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?
88:16b.PSA.088.016 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.
88:17b.PSA.088.017 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;
88:18b.PSA.088.018 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.
88:19b.PSA.088.019 U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.
89
89:1b.PSA.089.001 'n Onderwysing van Etan, die Esrahiet.
89:2b.PSA.089.002 Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.
89:3b.PSA.089.003 Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele- daar bevestig U u trou.
89:4b.PSA.089.004 Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, met 'n eed aan Dawid, my kneg, belowe:
89:5b.PSA.089.005 Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.
89:6b.PSA.089.006 En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.
89:7b.PSA.089.007 Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge,
89:8b.PSA.089.008 'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?
89:9b.PSA.089.009 o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!
89:10b.PSA.089.010 U heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring.
89:11b.PSA.089.011 U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.
89:12b.PSA.089.012 Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid- U het dit gegrond.
89:13b.PSA.089.013 Die noorde en die suide- U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.
89:14b.PSA.089.014 U het 'n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.
89:15b.PSA.089.015 Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.
89:16b.PSA.089.016 Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.
89:17b.PSA.089.017 In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.
89:18b.PSA.089.018 Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.
89:19b.PSA.089.019 Want aan die HERE behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel.
89:20b.PSA.089.020 Toe het U in 'n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan 'n held, 'n uitverkorene uit die volk verhef.
89:21b.PSA.089.021 Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,
89:22b.PSA.089.022 met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.
89:23b.PSA.089.023 Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie;
89:24b.PSA.089.024 maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.
89:25b.PSA.089.025 En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word.
89:26b.PSA.089.026 En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere.
89:27b.PSA.089.027 Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!
89:28b.PSA.089.028 Ja, Ék sal hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.
89:29b.PSA.089.029 Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.
89:30b.PSA.089.030 En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.
89:31b.PSA.089.031 As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;
89:32b.PSA.089.032 as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,
89:33b.PSA.089.033 dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid.
89:34b.PSA.089.034 Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.
89:35b.PSA.089.035 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.
89:36b.PSA.089.036 Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!
89:37b.PSA.089.037 Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.
89:38b.PSA.089.038 Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.
89:39b.PSA.089.039 Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.
89:40b.PSA.089.040 U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.
89:41b.PSA.089.041 U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings 'n puinhoop gemaak.
89:42b.PSA.089.042 Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy 'n smaad geword.
89:43b.PSA.089.043 U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.
89:44b.PSA.089.044 Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.
89:45b.PSA.089.045 U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.
89:46b.PSA.089.046 U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.
89:47b.PSA.089.047 Hoe lank sal U, o HERE, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos 'n vuur?
89:48b.PSA.089.048 Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!
89:49b.PSA.089.049 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.
89:50b.PSA.089.050 Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met 'n eed beloof het in u trou?
89:51b.PSA.089.051 Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,
89:52b.PSA.089.052 waarmee u vyande, o HERE, smaad, waarmee hulle die voetstappe van u gesalfde smaad.
89:53b.PSA.089.053 Geloofd sy die HERE vir ewig! Amen, ja amen.
90
90:1b.PSA.090.001 'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.
90:2b.PSA.090.002 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
90:3b.PSA.090.003 U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!
90:4b.PSA.090.004 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.
90:5b.PSA.090.005 Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:
90:6b.PSA.090.006 in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor.
90:7b.PSA.090.007 Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.
90:8b.PSA.090.008 U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.
90:9b.PSA.090.009 Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte.
90:10b.PSA.090.010 Die dae van ons jare- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
90:11b.PSA.090.011 Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?
90:12b.PSA.090.012 Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!
90:13b.PSA.090.013 Keer terug, HERE! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.
90:14b.PSA.090.014 Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.
90:15b.PSA.090.015 Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.
90:16b.PSA.090.016 Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.
90:17b.PSA.090.017 En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!
91
91:1b.PSA.091.001 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
91:2b.PSA.091.002 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
91:3b.PSA.091.003 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
91:4b.PSA.091.004 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.
91:5b.PSA.091.005 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
91:6b.PSA.091.006 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
91:7b.PSA.091.007 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand- na jou sal dit nie aankom nie.
91:8b.PSA.091.008 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
91:9b.PSA.091.009 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
91:10b.PSA.091.010 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
91:11b.PSA.091.011 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
91:12b.PSA.091.012 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
91:13b.PSA.091.013 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
91:14b.PSA.091.014 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
91:15b.PSA.091.015 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
91:16b.PSA.091.016 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
92
92:1b.PSA.092.001 'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag.
92:2b.PSA.092.002 Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,
92:3b.PSA.092.003 om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;
92:4b.PSA.092.004 by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.
92:5b.PSA.092.005 Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.
92:6b.PSA.092.006 Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes!
92:7b.PSA.092.007 'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie:
92:8b.PSA.092.008 as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.
92:9b.PSA.092.009 Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE!
92:10b.PSA.092.010 Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.
92:11b.PSA.092.011 Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf.
92:12b.PSA.092.012 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.
92:13b.PSA.092.013 Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die Líbanon.
92:14b.PSA.092.014 Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.
92:15b.PSA.092.015 In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,
92:16b.PSA.092.016 om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.
93
93:1b.PSA.093.001 Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
93:2b.PSA.093.002 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.
93:3b.PSA.093.003 Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!
93:4b.PSA.093.004 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte!
93:5b.PSA.093.005 U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae!
94
94:1b.PSA.094.001 God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!
94:2b.PSA.094.002 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
94:3b.PSA.094.003 Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?
94:4b.PSA.094.004 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd- al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
94:5b.PSA.094.005 o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
94:6b.PSA.094.006 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
94:7b.PSA.094.007 en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
94:8b.PSA.094.008 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
94:9b.PSA.094.009 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
94:10b.PSA.094.010 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie- Hy wat die mens kennis leer?
94:11b.PSA.094.011 Die HERE ken die gedagtes van die mense- dat hulle nietigheid is.
94:12b.PSA.094.012 Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
94:13b.PSA.094.013 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
94:14b.PSA.094.014 Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
94:15b.PSA.094.015 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
94:16b.PSA.094.016 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
94:17b.PSA.094.017 As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
94:18b.PSA.094.018 As ek dink: My voet wankel- dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!
94:19b.PSA.094.019 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
94:20b.PSA.094.020 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
94:21b.PSA.094.021 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
94:22b.PSA.094.022 Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
94:23b.PSA.094.023 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.
95
95:1b.PSA.095.001 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!
95:2b.PSA.095.002 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
95:3b.PSA.095.003 Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.
95:4b.PSA.095.004 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.
95:5b.PSA.095.005 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.
95:6b.PSA.095.006 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.
95:7b.PSA.095.007 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!
95:8b.PSA.095.008 Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;
95:9b.PSA.095.009 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.
95:10b.PSA.095.010 Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;
95:11b.PSA.095.011 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!
96
96:1b.PSA.096.001 Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde!
96:2b.PSA.096.002 Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.
96:3b.PSA.096.003 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.
96:4b.PSA.096.004 Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.
96:5b.PSA.096.005 Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.
96:6b.PSA.096.006 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom.
96:7b.PSA.096.007 Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.
96:8b.PSA.096.008 Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe.
96:9b.PSA.096.009 Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!
96:10b.PSA.096.010 Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
96:11b.PSA.096.011 Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.
96:12b.PSA.096.012 Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel
96:13b.PSA.096.013 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
97
97:1b.PSA.097.001 Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!
97:2b.PSA.097.002 Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.
97:3b.PSA.097.003 'n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.
97:4b.PSA.097.004 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.
97:5b.PSA.097.005 Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde.
97:6b.PSA.097.006 Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.
97:7b.PSA.097.007 Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer.
97:8b.PSA.097.008 Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!
97:9b.PSA.097.009 Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.
97:10b.PSA.097.010 o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
97:11b.PSA.097.011 Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.
97:12b.PSA.097.012 o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!
98
98:1b.PSA.098.001 'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.
98:2b.PSA.098.002 Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
98:3b.PSA.098.003 Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.
98:4b.PSA.098.004 Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!
98:5b.PSA.098.005 Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang,
98:6b.PSA.098.006 met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!
98:7b.PSA.098.007 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.
98:8b.PSA.098.008 Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel
98:9b.PSA.098.009 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.
99
99:1b.PSA.099.001 Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!
99:2b.PSA.099.002 Die HERE is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.
99:3b.PSA.099.003 Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!
99:4b.PSA.099.004 Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.
99:5b.PSA.099.005 Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!
99:6b.PSA.099.006 Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor.
99:7b.PSA.099.007 In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.
99:8b.PSA.099.008 o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.
99:9b.PSA.099.009 Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God.
100
100:1b.PSA.100.001 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!
100:2b.PSA.100.002 Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.
100:3b.PSA.100.003 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.
100:4b.PSA.100.004 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
100:5b.PSA.100.005 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.
101
101:1b.PSA.101.001 Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE!
101:2b.PSA.101.002 Ek wil ag gee op regskape wandel- wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis.
101:3b.PSA.101.003 Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.
101:4b.PSA.101.004 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie.
101:5b.PSA.101.005 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.
101:6b.PSA.101.006 My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien.
101:7b.PSA.101.007 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.
101:8b.PSA.101.008 Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei.
102
102:1b.PSA.102.001 'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE.
102:2b.PSA.102.002 o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!
102:3b.PSA.102.003 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!
102:4b.PSA.102.004 Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.
102:5b.PSA.102.005 Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.
102:6b.PSA.102.006 Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.
102:7b.PSA.102.007 Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.
102:8b.PSA.102.008 Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.
102:9b.PSA.102.009 Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.
102:10b.PSA.102.010 Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
102:11b.PSA.102.011 vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.
102:12b.PSA.102.012 My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.
102:13b.PSA.102.013 Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
102:14b.PSA.102.014 U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.
102:15b.PSA.102.015 Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
102:16b.PSA.102.016 Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;
102:17b.PSA.102.017 omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,
102:18b.PSA.102.018 Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
102:19b.PSA.102.019 Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;
102:20b.PSA.102.020 omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,
102:21b.PSA.102.021 om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;
102:22b.PSA.102.022 sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,
102:23b.PSA.102.023 as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.
102:24b.PSA.102.024 Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
102:25b.PSA.102.025 My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie- u jare is van geslag tot geslag!
102:26b.PSA.102.026 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
102:27b.PSA.102.027 Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.
102:28b.PSA.102.028 Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.
102:29b.PSA.102.029 Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.
103
103:1b.PSA.103.001 'n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
103:2b.PSA.103.002 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
103:3b.PSA.103.003 Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,
103:4b.PSA.103.004 wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,
103:5b.PSA.103.005 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend.
103:6b.PSA.103.006 Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.
103:7b.PSA.103.007 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.
103:8b.PSA.103.008 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
103:9b.PSA.103.009 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.
103:10b.PSA.103.010 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
103:11b.PSA.103.011 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
103:12b.PSA.103.012 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
103:13b.PSA.103.013 Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.
103:14b.PSA.103.014 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
103:15b.PSA.103.015 Die mens- soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy.
103:16b.PSA.103.016 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.
103:17b.PSA.103.017 Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,
103:18b.PSA.103.018 vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.
103:19b.PSA.103.019 Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.
103:20b.PSA.103.020 Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
103:21b.PSA.103.021 Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!
103:22b.PSA.103.022 Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!
104
104:1b.PSA.104.001 Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed-
104:2b.PSA.104.002 wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;
104:3b.PSA.104.003 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
104:4b.PSA.104.004 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
104:5b.PSA.104.005 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
104:6b.PSA.104.006 U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.
104:7b.PSA.104.007 Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik-
104:8b.PSA.104.008 berge het opgerys, laagtes het weggesak- na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
104:9b.PSA.104.009 'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
104:10b.PSA.104.010 Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.
104:11b.PSA.104.011 Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.
104:12b.PSA.104.012 By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.
104:13b.PSA.104.013 Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
104:14b.PSA.104.014 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
104:15b.PSA.104.015 en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
104:16b.PSA.104.016 Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;
104:17b.PSA.104.017 waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.
104:18b.PSA.104.018 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.
104:19b.PSA.104.019 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
104:20b.PSA.104.020 U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.
104:21b.PSA.104.021 Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.
104:22b.PSA.104.022 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
104:23b.PSA.104.023 Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.
104:24b.PSA.104.024 Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
104:25b.PSA.104.025 Daar is die see, groot en alkante toe wyd- daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.
104:26b.PSA.104.026 Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.
104:27b.PSA.104.027 Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.
104:28b.PSA.104.028 U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
104:29b.PSA.104.029 U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
104:30b.PSA.104.030 U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
104:31b.PSA.104.031 Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,
104:32b.PSA.104.032 Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
104:33b.PSA.104.033 Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
104:34b.PSA.104.034 Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!
104:35b.PSA.104.035 Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!
105
105:1b.PSA.105.001 Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.
105:2b.PSA.105.002 Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.
105:3b.PSA.105.003 Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.
105:4b.PSA.105.004 Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
105:5b.PSA.105.005 Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,
105:6b.PSA.105.006 o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!
105:7b.PSA.105.007 Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.
105:8b.PSA.105.008 Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte-
105:9b.PSA.105.009 die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
105:10b.PSA.105.010 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
105:11b.PSA.105.011 met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.
105:12b.PSA.105.012 Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin,
105:13b.PSA.105.013 en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,
105:14b.PSA.105.014 het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:
105:15b.PSA.105.015 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
105:16b.PSA.105.016 En Hy het 'n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek.
105:17b.PSA.105.017 Hy het 'n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop.
105:18b.PSA.105.018 Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,
105:19b.PSA.105.019 tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het.
105:20b.PSA.105.020 Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat.
105:21b.PSA.105.021 Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;
105:22b.PSA.105.022 om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.
105:23b.PSA.105.023 Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam.
105:24b.PSA.105.024 En Hy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders.
105:25b.PSA.105.025 Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.
105:26b.PSA.105.026 Hy het Moses, sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het.
105:27b.PSA.105.027 Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.
105:28b.PSA.105.028 Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie.
105:29b.PSA.105.029 Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe.
105:30b.PSA.105.030 Hulle land het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings.
105:31b.PSA.105.031 Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom, muskiete in hulle hele grondgebied.
105:32b.PSA.105.032 Hy het hulle reëns hael gemaak, vuurvlamme in hulle land.
105:33b.PSA.105.033 En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek.
105:34b.PSA.105.034 Hy het gespreek, en daar het sprinkane gekom en voetgangers sonder getal,
105:35b.PSA.105.035 wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond.
105:36b.PSA.105.036 Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag.
105:37b.PSA.105.037 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie.
105:38b.PSA.105.038 Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval.
105:39b.PSA.105.039 Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.
105:40b.PSA.105.040 Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.
105:41b.PSA.105.041 Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke- 'n rivier!
105:42b.PSA.105.042 Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.
105:43b.PSA.105.043 En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel.
105:44b.PSA.105.044 En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem,
105:45b.PSA.105.045 dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!
106
106:1b.PSA.106.001 Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
106:2b.PSA.106.002 Wie kan die magtige dade van die HERE uitspreek, al sy roem verkondig?
106:3b.PSA.106.003 Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
106:4b.PSA.106.004 Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,
106:5b.PSA.106.005 dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.
106:6b.PSA.106.006 Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.
106:7b.PSA.106.007 Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee.
106:8b.PSA.106.008 Maar Hy het hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak.
106:9b.PSA.106.009 En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn.
106:10b.PSA.106.010 En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.
106:11b.PSA.106.011 En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.
106:12b.PSA.106.012 Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.
106:13b.PSA.106.013 Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.
106:14b.PSA.106.014 En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.
106:15b.PSA.106.015 Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur.
106:16b.PSA.106.016 En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die HERE.
106:17b.PSA.106.017 Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abíram oordek.
106:18b.PSA.106.018 En 'n vuur het gebrand onder hulle bende, 'n vlam die goddelose aan die brand gesteek.
106:19b.PSA.106.019 Hulle het by Horeb 'n kalf gemaak en gebuig voor 'n gegote beeld.
106:20b.PSA.106.020 En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van 'n bees wat gras eet.
106:21b.PSA.106.021 Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,
106:22b.PSA.106.022 wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.
106:23b.PSA.106.023 Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.
106:24b.PSA.106.024 Hulle het ook die kosbare land versmaad, sy woord nie geglo nie;
106:25b.PSA.106.025 en hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van die HERE nie geluister nie.
106:26b.PSA.106.026 Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn,
106:27b.PSA.106.027 en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.
106:28b.PSA.106.028 Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;
106:29b.PSA.106.029 en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat 'n plaag onder hulle uitgebreek het.
106:30b.PSA.106.030 Toe het Pínehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou;
106:31b.PSA.106.031 en dit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.
106:32b.PSA.106.032 Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van Mériba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;
106:33b.PSA.106.033 want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.
106:34b.PSA.106.034 Hulle het die volke nie verdelg soos die HERE aan hulle gesê het nie,
106:35b.PSA.106.035 maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.
106:36b.PSA.106.036 En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle 'n strik geword.
106:37b.PSA.106.037 Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer
106:38b.PSA.106.038 en onskuldige bloed vergiet- die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het- sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
106:39b.PSA.106.039 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.
106:40b.PSA.106.040 Toe het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku gekry van sy erfdeel.
106:41b.PSA.106.041 En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;
106:42b.PSA.106.042 en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.
106:43b.PSA.106.043 Hy het hulle baiekeer gered; maar húlle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.
106:44b.PSA.106.044 Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;
106:45b.PSA.106.045 en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.
106:46b.PSA.106.046 En Hy het hulle medelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.
106:47b.PSA.106.047 Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
106:48b.PSA.106.048 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!
107
107:1b.PSA.107.001 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
107:2b.PSA.107.002 Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het
107:3b.PSA.107.003 en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.
107:4b.PSA.107.004 Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.
107:5b.PSA.107.005 Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.
107:6b.PSA.107.006 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.
107:7b.PSA.107.007 En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon.
107:8b.PSA.107.008 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
107:9b.PSA.107.009 want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.
107:10b.PSA.107.010 Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters-
107:11b.PSA.107.011 omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,
107:12b.PSA.107.012 het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.
107:13b.PSA.107.013 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
107:14b.PSA.107.014 Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.
107:15b.PSA.107.015 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
107:16b.PSA.107.016 want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
107:17b.PSA.107.017 Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is-
107:18b.PSA.107.018 hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.
107:19b.PSA.107.019 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
107:20b.PSA.107.020 Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
107:21b.PSA.107.021 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
107:22b.PSA.107.022 en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
107:23b.PSA.107.023 Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters-
107:24b.PSA.107.024 húlle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte.
107:25b.PSA.107.025 Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.
107:26b.PSA.107.026 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes- hulle siel het vergaan van wee.
107:27b.PSA.107.027 Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.
107:28b.PSA.107.028 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
107:29b.PSA.107.029 Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
107:30b.PSA.107.030 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
107:31b.PSA.107.031 Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.
107:32b.PSA.107.032 En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
107:33b.PSA.107.033 Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland,
107:34b.PSA.107.034 vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.
107:35b.PSA.107.035 Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;
107:36b.PSA.107.036 en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon.
107:37b.PSA.107.037 En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.
107:38b.PSA.107.038 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.
107:39b.PSA.107.039 Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer-
107:40b.PSA.107.040 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad-
107:41b.PSA.107.041 Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.
107:42b.PSA.107.042 Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.
107:43b.PSA.107.043 Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.
108
108:1b.PSA.108.001 'n Lied. 'n Psalm van Dawid.
108:2b.PSA.108.002 My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.
108:3b.PSA.108.003 Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.
108:4b.PSA.108.004 Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;
108:5b.PSA.108.005 want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.
108:6b.PSA.108.006 Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!
108:7b.PSA.108.007 Dat u bemindes gered kan word- verlos deur u regterhand en verhoor ons!
108:8b.PSA.108.008 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
108:9b.PSA.108.009 Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
108:10b.PSA.108.010 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek.
108:11b.PSA.108.011 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?
108:12b.PSA.108.012 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
108:13b.PSA.108.013 Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite.
108:14b.PSA.108.014 In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.
109
109:1b.PSA.109.001 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!
109:2b.PSA.109.002 Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong,
109:3b.PSA.109.003 en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.
109:4b.PSA.109.004 Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.
109:5b.PSA.109.005 En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.
109:6b.PSA.109.006 Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand.
109:7b.PSA.109.007 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.
109:8b.PSA.109.008 Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem.
109:9b.PSA.109.009 Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee;
109:10b.PSA.109.010 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.
109:11b.PSA.109.011 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.
109:12b.PSA.109.012 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.
109:13b.PSA.109.013 Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.
109:14b.PSA.109.014 Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.
109:15b.PSA.109.015 Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;
109:16b.PSA.109.016 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.
109:17b.PSA.109.017 Ja, hy het die vloek liefgehad en- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en- dit het ver van hom af gebly.
109:18b.PSA.109.018 Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en- dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.
109:19b.PSA.109.019 Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.
109:20b.PSA.109.020 Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.
109:21b.PSA.109.021 Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.
109:22b.PSA.109.022 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.
109:23b.PSA.109.023 Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.
109:24b.PSA.109.024 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.
109:25b.PSA.109.025 En ék het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.
109:26b.PSA.109.026 Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,
109:27b.PSA.109.027 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.
109:28b.PSA.109.028 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.
109:29b.PSA.109.029 Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.
109:30b.PSA.109.030 Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;
109:31b.PSA.109.031 want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.
110
110:1b.PSA.110.001 Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
110:2b.PSA.110.002 U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.
110:3b.PSA.110.003 U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.
110:4b.PSA.110.004 Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
110:5b.PSA.110.005 Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.
110:6b.PSA.110.006 Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.
110:7b.PSA.110.007 Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.
111
111:1b.PSA.111.001 Halleluja! Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.
111:2b.PSA.111.002 Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het.
111:3b.PSA.111.003 He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
111:4b.PSA.111.004 Sajin. Hy het vir sy wonders 'n gedagtenis gestig; Get. die HERE is genadig en barmhartig.
111:5b.PSA.111.005 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond.
111:6b.PSA.111.006 Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.
111:7b.PSA.111.007 Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar.
111:8b.PSA.111.008 Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid.
111:9b.PSA.111.009 Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik.
111:10b.PSA.111.010 Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.
112
112:1b.PSA.112.001 Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
112:2b.PSA.112.002 Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word.
112:3b.PSA.112.003 He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
112:4b.PSA.112.004 Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.
112:5b.PSA.112.005 Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg.
112:6b.PSA.112.006 Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.
112:7b.PSA.112.007 Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE.
112:8b.PSA.112.008 Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie. Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien.
112:9b.PSA.112.009 Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer.
112:10b.PSA.112.010 Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.
113
113:1b.PSA.113.001 Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!
113:2b.PSA.113.002 Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid!
113:3b.PSA.113.003 Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!
113:4b.PSA.113.004 Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.
113:5b.PSA.113.005 Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon,
113:6b.PSA.113.006 wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?
113:7b.PSA.113.007 Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;
113:8b.PSA.113.008 om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.
113:9b.PSA.113.009 Wat die onvrugbare van die huis laat woon- 'n blye moeder van kinders. Halleluja!
114
114:1b.PSA.114.001 Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal,
114:2b.PSA.114.002 het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.
114:3b.PSA.114.003 Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.
114:4b.PSA.114.004 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.
114:5b.PSA.114.005 Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?
114:6b.PSA.114.006 o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?
114:7b.PSA.114.007 Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,
114:8b.PSA.114.008 wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!
115
115:1b.PSA.115.001 Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
115:2b.PSA.115.002 Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?
115:3b.PSA.115.003 terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.
115:4b.PSA.115.004 Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.
115:5b.PSA.115.005 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
115:6b.PSA.115.006 ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie;
115:7b.PSA.115.007 hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.
115:8b.PSA.115.008 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word- elkeen wat op hulle vertrou.
115:9b.PSA.115.009 Israel, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!
115:10b.PSA.115.010 Huis van Aäron, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!
115:11b.PSA.115.011 Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild.
115:12b.PSA.115.012 Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.
115:13b.PSA.115.013 Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.
115:14b.PSA.115.014 Die HERE sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders.
115:15b.PSA.115.015 Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
115:16b.PSA.115.016 Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.
115:17b.PSA.115.017 Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;
115:18b.PSA.115.018 maar óns sal die HERE prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja!
116
116:1b.PSA.116.001 Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,
116:2b.PSA.116.002 want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
116:3b.PSA.116.003 Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
116:4b.PSA.116.004 Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel.
116:5b.PSA.116.005 Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer.
116:6b.PSA.116.006 Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.
116:7b.PSA.116.007 My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen.
116:8b.PSA.116.008 Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling.
116:9b.PSA.116.009 Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande van die lewendes.
116:10b.PSA.116.010 Ek het geglo toe ek gespreek het: Ek is diep neergebuig.
116:11b.PSA.116.011 Ék het in my angs gesê: Alle mense is leuenaars.
116:12b.PSA.116.012 Wat sal ek die HERE vergeld vir al sy weldade aan my?
116:13b.PSA.116.013 Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep.
116:14b.PSA.116.014 My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.
116:15b.PSA.116.015 Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote.
116:16b.PSA.116.016 Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.
116:17b.PSA.116.017 Ek sal U 'n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.
116:18b.PSA.116.018 Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,
116:19b.PSA.116.019 in die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!
117
117:1b.PSA.117.001 Loof die HERE, alle nasies! Prys Hom, alle volke!
117:2b.PSA.117.002 Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die HERE is tot in ewigheid. Halleluja!
118
118:1b.PSA.118.001 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
118:2b.PSA.118.002 Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
118:3b.PSA.118.003 Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
118:4b.PSA.118.004 Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
118:5b.PSA.118.005 Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.
118:6b.PSA.118.006 Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?
118:7b.PSA.118.007 Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
118:8b.PSA.118.008 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
118:9b.PSA.118.009 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.
118:10b.PSA.118.010 Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
118:11b.PSA.118.011 Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
118:12b.PSA.118.012 Hulle het my omsingel soos bye- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
118:13b.PSA.118.013 Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.
118:14b.PSA.118.014 Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.
118:15b.PSA.118.015 'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
118:16b.PSA.118.016 Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
118:17b.PSA.118.017 Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel.
118:18b.PSA.118.018 Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.
118:19b.PSA.118.019 Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.
118:20b.PSA.118.020 Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.
118:21b.PSA.118.021 Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.
118:22b.PSA.118.022 Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.
118:23b.PSA.118.023 Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.
118:24b.PSA.118.024 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
118:25b.PSA.118.025 Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!
118:26b.PSA.118.026 Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.
118:27b.PSA.118.027 Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.
118:28b.PSA.118.028 U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.
118:29b.PSA.118.029 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
119
119:1b.PSA.119.001 Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel.
119:2b.PSA.119.002 Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
119:3b.PSA.119.003 ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel.
119:4b.PSA.119.004 U het u bevele gegee om dit trou te onderhou.
119:5b.PSA.119.005 Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!
119:6b.PSA.119.006 Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.
119:7b.PSA.119.007 Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.
119:8b.PSA.119.008 Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie.
119:9b.PSA.119.009 Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.
119:10b.PSA.119.010 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
119:11b.PSA.119.011 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
119:12b.PSA.119.012 Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!
119:13b.PSA.119.013 Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.
119:14b.PSA.119.014 Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.
119:15b.PSA.119.015 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.
119:16b.PSA.119.016 Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.
119:17b.PSA.119.017 Gimel. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.
119:18b.PSA.119.018 Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.
119:19b.PSA.119.019 Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.
119:20b.PSA.119.020 My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.
119:21b.PSA.119.021 U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.
119:22b.PSA.119.022 Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.
119:23b.PSA.119.023 Al sit vorste en beraadslaag teen my- u kneg oordink u insettinge.
119:24b.PSA.119.024 Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.
119:25b.PSA.119.025 Dalet. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.
119:26b.PSA.119.026 My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!
119:27b.PSA.119.027 Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.
119:28b.PSA.119.028 My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.
119:29b.PSA.119.029 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.
119:30b.PSA.119.030 Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.
119:31b.PSA.119.031 Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie!
119:32b.PSA.119.032 Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.
119:33b.PSA.119.033 He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.
119:34b.PSA.119.034 Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.
119:35b.PSA.119.035 Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae.
119:36b.PSA.119.036 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.
119:37b.PSA.119.037 Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.
119:38b.PSA.119.038 Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.
119:39b.PSA.119.039 Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.
119:40b.PSA.119.040 Gewis, ek het 'n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.
119:41b.PSA.119.041 Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte,
119:42b.PSA.119.042 sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.
119:43b.PSA.119.043 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.
119:44b.PSA.119.044 Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,
119:45b.PSA.119.045 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.
119:46b.PSA.119.046 Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.
119:47b.PSA.119.047 En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,
119:48b.PSA.119.048 en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink.
119:49b.PSA.119.049 Sajin. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.
119:50b.PSA.119.050 Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.
119:51b.PSA.119.051 Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.
119:52b.PSA.119.052 Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.
119:53b.PSA.119.053 Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.
119:54b.PSA.119.054 U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap.
119:55b.PSA.119.055 HERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.
119:56b.PSA.119.056 Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.
119:57b.PSA.119.057 Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.
119:58b.PSA.119.058 Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte.
119:59b.PSA.119.059 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.
119:60b.PSA.119.060 Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.
119:61b.PSA.119.061 Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.
119:62b.PSA.119.062 Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.
119:63b.PSA.119.063 Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.
119:64b.PSA.119.064 HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.
119:65b.PSA.119.065 Tet. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord.
119:66b.PSA.119.066 Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.
119:67b.PSA.119.067 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.
119:68b.PSA.119.068 U is goed en doen goed; leer my u insettinge.
119:69b.PSA.119.069 Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele.
119:70b.PSA.119.070 Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet.
119:71b.PSA.119.071 Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.
119:72b.PSA.119.072 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.
119:73b.PSA.119.073 Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.
119:74b.PSA.119.074 Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.
119:75b.PSA.119.075 Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.
119:76b.PSA.119.076 Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.
119:77b.PSA.119.077 Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.
119:78b.PSA.119.078 Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele.
119:79b.PSA.119.079 Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.
119:80b.PSA.119.080 Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.
119:81b.PSA.119.081 Kaf. My siel smag na u heil; op u woord wag ek.
119:82b.PSA.119.082 My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?
119:83b.PSA.119.083 Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.
119:84b.PSA.119.084 Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?
119:85b.PSA.119.085 Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.
119:86b.PSA.119.086 Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!
119:87b.PSA.119.087 Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie.
119:88b.PSA.119.088 Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.
119:89b.PSA.119.089 Lamed. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.
119:90b.PSA.119.090 U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.
119:91b.PSA.119.091 Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.
119:92b.PSA.119.092 As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.
119:93b.PSA.119.093 Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.
119:94b.PSA.119.094 Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.
119:95b.PSA.119.095 Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.
119:96b.PSA.119.096 Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.
119:97b.PSA.119.097 Mem. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.
119:98b.PSA.119.098 U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.
119:99b.PSA.119.099 Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.
119:100b.PSA.119.100 Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.
119:101b.PSA.119.101 Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.
119:102b.PSA.119.102 Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want U het my geleer.
119:103b.PSA.119.103 Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.
119:104b.PSA.119.104 Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.
119:105b.PSA.119.105 Noen. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.
119:106b.PSA.119.106 Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.
119:107b.PSA.119.107 Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!
119:108b.PSA.119.108 Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge.
119:109b.PSA.119.109 My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.
119:110b.PSA.119.110 Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.
119:111b.PSA.119.111 Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.
119:112b.PSA.119.112 Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe.
119:113b.PSA.119.113 Samek. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.
119:114b.PSA.119.114 U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.
119:115b.PSA.119.115 Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!
119:116b.PSA.119.116 Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie.
119:117b.PSA.119.117 Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let.
119:118b.PSA.119.118 U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.
119:119b.PSA.119.119 U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief.
119:120b.PSA.119.120 My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.
119:121b.PSA.119.121 Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.
119:122b.PSA.119.122 Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.
119:123b.PSA.119.123 My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.
119:124b.PSA.119.124 Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.
119:125b.PSA.119.125 Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.
119:126b.PSA.119.126 Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.
119:127b.PSA.119.127 Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.
119:128b.PSA.119.128 Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.
119:129b.PSA.119.129 Pe. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.
119:130b.PSA.119.130 Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
119:131b.PSA.119.131 Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.
119:132b.PSA.119.132 Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.
119:133b.PSA.119.133 Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.
119:134b.PSA.119.134 Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.
119:135b.PSA.119.135 Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.
119:136b.PSA.119.136 My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.
119:137b.PSA.119.137 Sade. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge.
119:138b.PSA.119.138 In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou.
119:139b.PSA.119.139 My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.
119:140b.PSA.119.140 U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.
119:141b.PSA.119.141 Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.
119:142b.PSA.119.142 U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.
119:143b.PSA.119.143 Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.
119:144b.PSA.119.144 U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.
119:145b.PSA.119.145 Kof. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar.
119:146b.PSA.119.146 Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.
119:147b.PSA.119.147 Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.
119:148b.PSA.119.148 My oë is die nagwake voor om u woord te oordink.
119:149b.PSA.119.149 Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge.
119:150b.PSA.119.150 Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.
119:151b.PSA.119.151 U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid.
119:152b.PSA.119.152 Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.
119:153b.PSA.119.153 Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.
119:154b.PSA.119.154 Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.
119:155b.PSA.119.155 Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.
119:156b.PSA.119.156 HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.
119:157b.PSA.119.157 My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.
119:158b.PSA.119.158 Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.
119:159b.PSA.119.159 Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid.
119:160b.PSA.119.160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
119:161b.PSA.119.161 Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.
119:162b.PSA.119.162 Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind.
119:163b.PSA.119.163 Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief.
119:164b.PSA.119.164 Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.
119:165b.PSA.119.165 Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
119:166b.PSA.119.166 o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.
119:167b.PSA.119.167 My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.
119:168b.PSA.119.168 Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.
119:169b.PSA.119.169 Tau. o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.
119:170b.PSA.119.170 Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.
119:171b.PSA.119.171 My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.
119:172b.PSA.119.172 My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.
119:173b.PSA.119.173 Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.
119:174b.PSA.119.174 o HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.
119:175b.PSA.119.175 Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.
119:176b.PSA.119.176 Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.
120
120:1b.PSA.120.001 'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
120:2b.PSA.120.002 o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
120:3b.PSA.120.003 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
120:4b.PSA.120.004 Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.
120:5b.PSA.120.005 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
120:6b.PSA.120.006 Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
120:7b.PSA.120.007 Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.
121
121:1b.PSA.121.001 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
121:2b.PSA.121.002 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
121:3b.PSA.121.003 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
121:4b.PSA.121.004 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
121:5b.PSA.121.005 Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.
121:6b.PSA.121.006 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
121:7b.PSA.121.007 Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
121:8b.PSA.121.008 Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
122
122:1b.PSA.122.001 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!
122:2b.PSA.122.002 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
122:3b.PSA.122.003 Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,
122:4b.PSA.122.004 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE- 'n voorskrif vir Israel! - om die Naam van die HERE te loof.
122:5b.PSA.122.005 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
122:6b.PSA.122.006 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
122:7b.PSA.122.007 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
122:8b.PSA.122.008 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
122:9b.PSA.122.009 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.
123
123:1b.PSA.123.001 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.
123:2b.PSA.123.002 Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.
123:3b.PSA.123.003 Wees ons genadig, o HERE, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting;
123:4b.PSA.123.004 meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!
124
124:1b.PSA.124.001 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie- laat Israel dit sê-
124:2b.PSA.124.002 as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,
124:3b.PSA.124.003 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;
124:4b.PSA.124.004 dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;
124:5b.PSA.124.005 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.
124:6b.PSA.124.006 Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!
124:7b.PSA.124.007 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.
124:8b.PSA.124.008 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
125
125:1b.PSA.125.001 'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.
125:2b.PSA.125.002 Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.
125:3b.PSA.125.003 Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie.
125:4b.PSA.125.004 HERE, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte.
125:5b.PSA.125.005 Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!
126
126:1b.PSA.126.001 'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.
126:2b.PSA.126.002 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
126:3b.PSA.126.003 Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
126:4b.PSA.126.004 o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.
126:5b.PSA.126.005 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
126:6b.PSA.126.006 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.
127
127:1b.PSA.127.001 'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.
127:2b.PSA.127.002 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
127:3b.PSA.127.003 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.
127:4b.PSA.127.004 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.
127:5b.PSA.127.005 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.
128
128:1b.PSA.128.001 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
128:2b.PSA.128.002 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
128:3b.PSA.128.003 Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.
128:4b.PSA.128.004 Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees.
128:5b.PSA.128.005 Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!
128:6b.PSA.128.006 En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!
129
129:1b.PSA.129.001 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af- laat Israel dit sê-
129:2b.PSA.129.002 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.
129:3b.PSA.129.003 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.
129:4b.PSA.129.004 Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.
129:5b.PSA.129.005 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.
129:6b.PSA.129.006 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,
129:7b.PSA.129.007 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.
129:8b.PSA.129.008 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.
130
130:1b.PSA.130.001 'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!
130:2b.PSA.130.002 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.
130:3b.PSA.130.003 As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?
130:4b.PSA.130.004 Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.
130:5b.PSA.130.005 Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.
130:6b.PSA.130.006 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.
130:7b.PSA.130.007 Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;
130:8b.PSA.130.008 en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.
131
131:1b.PSA.131.001 'n Bedevaartslied. Van Dawid. o HERE, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie.
131:2b.PSA.131.002 Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende kind by sy moeder, soos 'n gespeende kind is my siel in my.
131:3b.PSA.131.003 Wag op die HERE, o Israel, van nou af tot in ewigheid!
132
132:1b.PSA.132.001 'n Bedevaartslied. o HERE, dink aan Dawid, aan al sy moeite;
132:2b.PSA.132.002 dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:
132:3b.PSA.132.003 Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;
132:4b.PSA.132.004 sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,
132:5b.PSA.132.005 totdat ek 'n plek vind vir die HERE, 'n woning vir die Magtige van Jakob!
132:6b.PSA.132.006 Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.
132:7b.PSA.132.007 Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.
132:8b.PSA.132.008 Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte!
132:9b.PSA.132.009 Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.
132:10b.PSA.132.010 Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.
132:11b.PSA.132.011 Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.
132:12b.PSA.132.012 As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit.
132:13b.PSA.132.013 Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
132:14b.PSA.132.014 Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
132:15b.PSA.132.015 Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;
132:16b.PSA.132.016 en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.
132:17b.PSA.132.017 Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei.
132:18b.PSA.132.018 Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.
133
133:1b.PSA.133.001 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
133:2b.PSA.133.002 Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.
133:3b.PSA.133.003 Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid!
134
134:1b.PSA.134.001 'n Bedevaartslied. Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE wat snags in die huis van die HERE staan!
134:2b.PSA.134.002 Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE!
134:3b.PSA.134.003 Mag die HERE jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het!
135
135:1b.PSA.135.001 Halleluja! Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE,
135:2b.PSA.135.002 wat staan in die huis van die HERE, in die voorhowe van die huis van onse God!
135:3b.PSA.135.003 Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!
135:4b.PSA.135.004 Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
135:5b.PSA.135.005 Waarlik, ék weet dat die HERE groot en onse Here bo alle gode is.
135:6b.PSA.135.006 Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.
135:7b.PSA.135.007 Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
135:8b.PSA.135.008 wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;
135:9b.PSA.135.009 wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;
135:10b.PSA.135.010 wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
135:11b.PSA.135.011 Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän,
135:12b.PSA.135.012 en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.
135:13b.PSA.135.013 o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag!
135:14b.PSA.135.014 Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.
135:15b.PSA.135.015 Die afgode van die heidene is silwer en goud, 'n werk van mensehande.
135:16b.PSA.135.016 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
135:17b.PSA.135.017 ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.
135:18b.PSA.135.018 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word- elkeen wat op hulle vertrou.
135:19b.PSA.135.019 Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE!
135:20b.PSA.135.020 Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE!
135:21b.PSA.135.021 Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!
136
136:1b.PSA.136.001 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:2b.PSA.136.002 Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:3b.PSA.136.003 Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid-
136:4b.PSA.136.004 Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:5b.PSA.136.005 Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:6b.PSA.136.006 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:7b.PSA.136.007 Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:8b.PSA.136.008 Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:9b.PSA.136.009 Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:10b.PSA.136.010 Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:11b.PSA.136.011 En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:12b.PSA.136.012 Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:13b.PSA.136.013 Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:14b.PSA.136.014 En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:15b.PSA.136.015 En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:16b.PSA.136.016 Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:17b.PSA.136.017 Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:18b.PSA.136.018 En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:19b.PSA.136.019 Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:20b.PSA.136.020 En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:21b.PSA.136.021 En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:22b.PSA.136.022 As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:23b.PSA.136.023 Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:24b.PSA.136.024 En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:25b.PSA.136.025 Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:26b.PSA.136.026 Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
137
137:1b.PSA.137.001 By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.
137:2b.PSA.137.002 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.
137:3b.PSA.137.003 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied.
137:4b.PSA.137.004 Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in 'n vreemde land?
137:5b.PSA.137.005 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!
137:6b.PSA.137.006 Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.
137:7b.PSA.137.007 HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!
137:8b.PSA.137.008 o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!
137:9b.PSA.137.009 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!
138
138:1b.PSA.138.001 'n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.
138:2b.PSA.138.002 Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.
138:3b.PSA.138.003 Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.
138:4b.PSA.138.004 Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond;
138:5b.PSA.138.005 en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot.
138:6b.PSA.138.006 Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.
138:7b.PSA.138.007 As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.
138:8b.PSA.138.008 Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!
139
139:1b.PSA.139.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.
139:2b.PSA.139.002 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
139:3b.PSA.139.003 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.
139:4b.PSA.139.004 Want daar is nog geen woord op my tong nie- of U, HERE, U ken dit geheel en al.
139:5b.PSA.139.005 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
139:6b.PSA.139.006 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
139:7b.PSA.139.007 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
139:8b.PSA.139.008 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
139:9b.PSA.139.009 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,
139:10b.PSA.139.010 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
139:11b.PSA.139.011 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
139:12b.PSA.139.012 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag,die duisternis is soos die lig.
139:13b.PSA.139.013 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
139:14b.PSA.139.014 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
139:15b.PSA.139.015 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
139:16b.PSA.139.016 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
139:17b.PSA.139.017 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!
139:18b.PSA.139.018 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
139:19b.PSA.139.019 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
139:20b.PSA.139.020 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef- u teëstanders!
139:21b.PSA.139.021 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?
139:22b.PSA.139.022 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!
139:23b.PSA.139.023 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
139:24b.PSA.139.024 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
140
140:1b.PSA.140.001 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
140:2b.PSA.140.002 Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;
140:3b.PSA.140.003 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.
140:4b.PSA.140.004 Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.
140:5b.PSA.140.005 Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
140:6b.PSA.140.006 Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.
140:7b.PSA.140.007 Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!
140:8b.PSA.140.008 HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!
140:9b.PSA.140.009 HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.
140:10b.PSA.140.010 Wat betref die hoof van die wat my omring- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.
140:11b.PSA.140.011 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!
140:12b.PSA.140.012 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.
140:13b.PSA.140.013 Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig.
140:14b.PSA.140.014 Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.
141
141:1b.PSA.141.001 'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.
141:2b.PSA.141.002 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.
141:3b.PSA.141.003 HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
141:4b.PSA.141.004 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.
141:5b.PSA.141.005 Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig- hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.
141:6b.PSA.141.006 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.
141:7b.PSA.141.007 Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.
141:8b.PSA.141.008 Want op U is my oë, HERE Here; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie!
141:9b.PSA.141.009 Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid.
141:10b.PSA.141.010 Laat die goddelose in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl ék verbygaan!
142
142:1b.PSA.142.001 'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed.
142:2b.PSA.142.002 Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.
142:3b.PSA.142.003 Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.
142:4b.PSA.142.004 As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.
142:5b.PSA.142.005 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.
142:6b.PSA.142.006 Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.
142:7b.PSA.142.007 Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.
142:8b.PSA.142.008 Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.
143
143:1b.PSA.143.001 'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.
143:2b.PSA.143.002 En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.
143:3b.PSA.143.003 Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.
143:4b.PSA.143.004 En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.
143:5b.PSA.143.005 Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande.
143:6b.PSA.143.006 Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.
143:7b.PSA.143.007 Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.
143:8b.PSA.143.008 Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.
143:9b.PSA.143.009 Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek.
143:10b.PSA.143.010 Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.
143:11b.PSA.143.011 o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.
143:12b.PSA.143.012 En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg.
144
144:1b.PSA.144.001 'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer-
144:2b.PSA.144.002 my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.
144:3b.PSA.144.003 o HERE, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee?
144:4b.PSA.144.004 Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos 'n vlugtige skaduwee.
144:5b.PSA.144.005 Buig u hemele, HERE, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook!
144:6b.PSA.144.006 Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!
144:7b.PSA.144.007 Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes,
144:8b.PSA.144.008 wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is.
144:9b.PSA.144.009 o God, ek wil 'n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing.
144:10b.PSA.144.010 U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.
144:11b.PSA.144.011 Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is;
144:12b.PSA.144.012 sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis;
144:13b.PSA.144.013 dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde;
144:14b.PSA.144.014 ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie.
144:15b.PSA.144.015 Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!
145
145:1b.PSA.145.001 'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.
145:2b.PSA.145.002 Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.
145:3b.PSA.145.003 Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
145:4b.PSA.145.004 Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.
145:5b.PSA.145.005 He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.
145:6b.PSA.145.006 Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.
145:7b.PSA.145.007 Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.
145:8b.PSA.145.008 Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
145:9b.PSA.145.009 Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.
145:10b.PSA.145.010 Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U.
145:11b.PSA.145.011 Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,
145:12b.PSA.145.012 Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.
145:13b.PSA.145.013 Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.
145:14b.PSA.145.014 Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.
145:15b.PSA.145.015 Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.
145:16b.PSA.145.016 Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
145:17b.PSA.145.017 Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.
145:18b.PSA.145.018 Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.
145:19b.PSA.145.019 Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.
145:20b.PSA.145.020 Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.
145:21b.PSA.145.021 Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
146
146:1b.PSA.146.001 Halleluja! Loof die HERE, o my siel!
146:2b.PSA.146.002 Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.
146:3b.PSA.146.003 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.
146:4b.PSA.146.004 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.
146:5b.PSA.146.005 Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,
146:6b.PSA.146.006 wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid;
146:7b.PSA.146.007 wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los.
146:8b.PSA.146.008 Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief.
146:9b.PSA.146.009 Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
146:10b.PSA.146.010 Die HERE is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja!
147
147:1b.PSA.147.001 Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas!
147:2b.PSA.147.002 Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.
147:3b.PSA.147.003 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
147:4b.PSA.147.004 Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.
147:5b.PSA.147.005 Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.
147:6b.PSA.147.006 Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.
147:7b.PSA.147.007 Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;
147:8b.PSA.147.008 wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,
147:9b.PSA.147.009 wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.
147:10b.PSA.147.010 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.
147:11b.PSA.147.011 Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
147:12b.PSA.147.012 o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!
147:13b.PSA.147.013 Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.
147:14b.PSA.147.014 Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,
147:15b.PSA.147.015 wat sy bevel na die aarde stuur- sy woord loop baie vinnig.
147:16b.PSA.147.016 Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.
147:17b.PSA.147.017 Hy werp sy ys heen soos stukke- wie kan bestaan voor sy koue?
147:18b.PSA.147.018 Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai- die waters loop.
147:19b.PSA.147.019 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.
147:20b.PSA.147.020 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!
148
148:1b.PSA.148.001 Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!
148:2b.PSA.148.002 Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!
148:3b.PSA.148.003 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!
148:4b.PSA.148.004 Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!
148:5b.PSA.148.005 Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee- en hulle is geskape.
148:6b.PSA.148.006 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.
148:7b.PSA.148.007 Loof die HERE van die aarde af- groot seediere en alle dieptes!
148:8b.PSA.148.008 Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;
148:9b.PSA.148.009 berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
148:10b.PSA.148.010 wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;
148:11b.PSA.148.011 konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
148:12b.PSA.148.012 jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges-
148:13b.PSA.148.013 laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
148:14b.PSA.148.014 En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!
149
149:1b.PSA.149.001 Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
149:2b.PSA.149.002 Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!
149:3b.PSA.149.003 Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.
149:4b.PSA.149.004 Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.
149:5b.PSA.149.005 Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.
149:6b.PSA.149.006 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;
149:7b.PSA.149.007 om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;
149:8b.PSA.149.008 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;
149:9b.PSA.149.009 om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!
150
150:1b.PSA.150.001 Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!
150:2b.PSA.150.002 Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!
150:3b.PSA.150.003 Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter;
150:4b.PSA.150.004 loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit;
150:5b.PSA.150.005 loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale!
150:6b.PSA.150.006 Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!
- Holder of rights
- Multilingual Bible Corpus
- Citation Suggestion for this Object
- TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Psalms (Afrikaans). Psalms (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-856E-7