Job (Afrikaans)

Job (Afrikaans)

1

1:1b.JOB.001.001 Daar was 'n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad.

1:2b.JOB.001.002 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore.

1:3b.JOB.001.003 Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.

1:4b.JOB.001.004 En sy seuns was gewoond om 'n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink.

1:5b.JOB.001.005 En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen.

1:6b.JOB.001.006 En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.

1:7b.JOB.001.007 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

1:8b.JOB.001.008 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.

1:9b.JOB.001.009 En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?

1:10b.JOB.001.010 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.

1:11b.JOB.001.011 Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het--waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

1:12b.JOB.001.012 Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

1:13b.JOB.001.013 En op 'n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer,

1:14b.JOB.001.014 kom 'n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle,

1:15b.JOB.001.015 het die Sabeërs 'n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

1:16b.JOB.001.016 Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

1:17b.JOB.001.017 Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en 'n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

1:18b.JOB.001.018 Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,

1:19b.JOB.001.019 toe daar meteens 'n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

1:20b.JOB.001.020 Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval

1:21b.JOB.001.021 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!

1:22b.JOB.001.022 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie,

2

2:1b.JOB.002.001 En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.

2:2b.JOB.002.002 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

2:3b.JOB.002.003 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.

2:4b.JOB.002.004 Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;

2:5b.JOB.002.005 maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan--waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

2:6b.JOB.002.006 En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

2:7b.JOB.002.007 En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.

2:8b.JOB.002.008 En hy het vir hom 'n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit.

2:9b.JOB.002.009 Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!

2:10b.JOB.002.010 Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

2:11b.JOB.002.011 En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.

2:12b.JOB.002.012 En toe hulle op 'n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.

2:13b.JOB.002.013 En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand 'n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.

3

3:1b.JOB.003.001 Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.

3:2b.JOB.003.002 En Job het begin en gesê:

3:3b.JOB.003.003 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.

3:4b.JOB.003.004 Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.

3:5b.JOB.003.005 Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.

3:6b.JOB.003.006 Daardie nag--mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.

3:7b.JOB.003.007 Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.

3:8b.JOB.003.008 Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.

3:9b.JOB.003.009 Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.

3:10b.JOB.003.010 Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.

3:11b.JOB.003.011 Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?

3:12b.JOB.003.012 Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?

3:13b.JOB.003.013 Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,

3:14b.JOB.003.014 saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;

3:15b.JOB.003.015 of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.

3:16b.JOB.003.016 Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.

3:17b.JOB.003.017 Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.

3:18b.JOB.003.018 Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.

3:19b.JOB.003.019 Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.

3:20b.JOB.003.020 Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;

3:21b.JOB.003.021 wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;

3:22b.JOB.003.022 wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?

3:23b.JOB.003.023 Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?

3:24b.JOB.003.024 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.

3:25b.JOB.003.025 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.

3:26b.JOB.003.026 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!

4

4:1b.JOB.004.001 Toe antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:

4:2b.JOB.004.002 As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou--wie kan dit?

4:3b.JOB.004.003 Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.

4:4b.JOB.004.004 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.

4:5b.JOB.004.005 Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae!

4:6b.JOB.004.006 Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?

4:7b.JOB.004.007 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?

4:8b.JOB.004.008 Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.

4:9b.JOB.004.009 Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.

4:10b.JOB.004.010 Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller--ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.

4:11b.JOB.004.011 Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.

4:12b.JOB.004.012 Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,

4:13b.JOB.004.013 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.

4:14b.JOB.004.014 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.

4:15b.JOB.004.015 Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.

4:16b.JOB.004.016 Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie--'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:

4:17b.JOB.004.017 Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?

4:18b.JOB.004.018 Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.

4:19b.JOB.004.019 Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.

4:20b.JOB.004.020 Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.

4:21b.JOB.004.021 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.

5

5:1b.JOB.005.001 Roep maar--is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?

5:2b.JOB.005.002 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.

5:3b.JOB.005.003 Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.

5:4b.JOB.005.004 Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.

5:5b.JOB.005.005 Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.

5:6b.JOB.005.006 Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.

5:7b.JOB.005.007 Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.

5:8b.JOB.005.008 Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,

5:9b.JOB.005.009 aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;

5:10b.JOB.005.010 wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;

5:11b.JOB.005.011 om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.

5:12b.JOB.005.012 Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;

5:13b.JOB.005.013 wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.

5:14b.JOB.005.014 Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.

5:15b.JOB.005.015 So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.

5:16b.JOB.005.016 So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.

5:17b.JOB.005.017 Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.

5:18b.JOB.005.018 Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.

5:19b.JOB.005.019 In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.

5:20b.JOB.005.020 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.

5:21b.JOB.005.021 As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.

5:22b.JOB.005.022 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.

5:23b.JOB.005.023 Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.

5:24b.JOB.005.024 En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.

5:25b.JOB.005.025 Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.

5:26b.JOB.005.026 Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.

5:27b.JOB.005.027 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.

6

6:1b.JOB.006.001 Maar Job het geantwoord en gesê:

6:2b.JOB.006.002 Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef!

6:3b.JOB.006.003 Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.

6:4b.JOB.006.004 Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.

6:5b.JOB.006.005 Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer?

6:6b.JOB.006.006 Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier?

6:7b.JOB.006.007 My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.

6:8b.JOB.006.008 Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!

6:9b.JOB.006.009 En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!

6:10b.JOB.006.010 Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.

6:11b.JOB.006.011 Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?

6:12b.JOB.006.012 Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?

6:13b.JOB.006.013 Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?

6:14b.JOB.006.014 Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

6:15b.JOB.006.015 My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,

6:16b.JOB.006.016 wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg--

6:17b.JOB.006.017 in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.

6:18b.JOB.006.018 Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.

6:19b.JOB.006.019 Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.

6:20b.JOB.006.020 Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.

6:21b.JOB.006.021 So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.

6:22b.JOB.006.022 Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë?

6:23b.JOB.006.023 Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?

6:24b.JOB.006.024 Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.

6:25b.JOB.006.025 Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig?

6:26b.JOB.006.026 Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind!

6:27b.JOB.006.027 Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.

6:28b.JOB.006.028 Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.

6:29b.JOB.006.029 Keer tog terug--laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug--nóg is my geregtigheid daar.

6:30b.JOB.006.030 Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?

7

7:1b.JOB.007.001 Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?

7:2b.JOB.007.002 Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,

7:3b.JOB.007.003 so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.

7:4b.JOB.007.004 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.

7:5b.JOB.007.005 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.

7:6b.JOB.007.006 My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.

7:7b.JOB.007.007 Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.

7:8b.JOB.007.008 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my--en ek is daar nie!

7:9b.JOB.007.009 Die wolk verdwyn en gaan heen--so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.

7:10b.JOB.007.010 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.

7:11b.JOB.007.011 So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.

7:12b.JOB.007.012 Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?

7:13b.JOB.007.013 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,

7:14b.JOB.007.014 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,

7:15b.JOB.007.015 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.

7:16b.JOB.007.016 Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.

7:17b.JOB.007.017 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?

7:18b.JOB.007.018 En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?

7:19b.JOB.007.019 Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?

7:20b.JOB.007.020 As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?

7:21b.JOB.007.021 En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.

8

8:1b.JOB.008.001 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

8:2b.JOB.008.002 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?

8:3b.JOB.008.003 Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?

8:4b.JOB.008.004 As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.

8:5b.JOB.008.005 As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,

8:6b.JOB.008.006 as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;

8:7b.JOB.008.007 dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.

8:8b.JOB.008.008 Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;

8:9b.JOB.008.009 (want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die aarde is;)

8:10b.JOB.008.010 sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?

8:11b.JOB.008.011 Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?

8:12b.JOB.008.012 Nog is dit in sy volle groei--sonder dat dit afgepluk word--dan verdor dit voor al die ander gras.

8:13b.JOB.008.013 So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;

8:14b.JOB.008.014 sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.

8:15b.JOB.008.015 Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.

8:16b.JOB.008.016 Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.

8:17b.JOB.008.017 Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.

8:18b.JOB.008.018 As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.

8:19b.JOB.008.019 Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!

8:20b.JOB.008.020 Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.

8:21b.JOB.008.021 Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,

8:22b.JOB.008.022 sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose--weg is dit!

9

9:1b.JOB.009.001 Maar Job het geantwoord en gesê:

9:2b.JOB.009.002 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?

9:3b.JOB.009.003 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.

9:4b.JOB.009.004 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?

9:5b.JOB.009.005 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;

9:6b.JOB.009.006 wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;

9:7b.JOB.009.007 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;

9:8b.JOB.009.008 wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;

9:9b.JOB.009.009 wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;

9:10b.JOB.009.010 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.

9:11b.JOB.009.011 Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.

9:12b.JOB.009.012 Sleep Hy weg--wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?

9:13b.JOB.009.013 God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.

9:14b.JOB.009.014 Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;

9:15b.JOB.009.015 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!

9:16b.JOB.009.016 As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.

9:17b.JOB.009.017 Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;

9:18b.JOB.009.018 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.

9:19b.JOB.009.019 Kom dit aan op die krag van die sterkste--hier is Ek! En kom dit op reg aan--wie kan My dagvaar?

9:20b.JOB.009.020 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.

9:21b.JOB.009.021 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!

9:22b.JOB.009.022 Dit is net eenders--daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.

9:23b.JOB.009.023 As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.

9:24b.JOB.009.024 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?

9:25b.JOB.009.025 Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.

9:26b.JOB.009.026 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.

9:27b.JOB.009.027 As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,

9:28b.JOB.009.028 dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.

9:29b.JOB.009.029 Ek sal tog skuldig wees--waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?

9:30b.JOB.009.030 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,

9:31b.JOB.009.031 dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.

9:32b.JOB.009.032 Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.

9:33b.JOB.009.033 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.

9:34b.JOB.009.034 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;

9:35b.JOB.009.035 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.

10

10:1b.JOB.010.001 Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.

10:2b.JOB.010.002 Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.

10:3b.JOB.010.003 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

10:4b.JOB.010.004 Het U vleeslike oë? Of sien U soos 'n mens sien?

10:5b.JOB.010.005 Is u dae soos die dae van 'n mens, of u jare soos die dae van 'n man?

10:6b.JOB.010.006 dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,

10:7b.JOB.010.007 ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?

10:8b.JOB.010.008 U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!

10:9b.JOB.010.009 Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?

10:10b.JOB.010.010 Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?

10:11b.JOB.010.011 Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.

10:12b.JOB.010.012 Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.

10:13b.JOB.010.013 Maar daarby het U dít verberg in u hart, ek weet dat dít u toeleg was:

10:14b.JOB.010.014 As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.

10:15b.JOB.010.015 Was ek skuldig--wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.

10:16b.JOB.010.016 En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.

10:17b.JOB.010.017 U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder--altyd nuwe leërafdelings teen my!

10:18b.JOB.010.018 Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het.

10:19b.JOB.010.019 Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.

10:20b.JOB.010.020 Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees,

10:21b.JOB.010.021 voordat ek heengaan--en nie terugkom nie--na die land van duisternis en doodskaduwee,

10:22b.JOB.010.022 'n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee 'n skynsel--soos middernag!

11

11:1b.JOB.011.001 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

11:2b.JOB.011.002 Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?

11:3b.JOB.011.003 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot--sonder dat iemand jou beskaamd maak--

11:4b.JOB.011.004 en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?

11:5b.JOB.011.005 Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!

11:6b.JOB.011.006 En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.

11:7b.JOB.011.007 Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?

11:8b.JOB.011.008 Hoogtes van die hemel is dit--wat kan jy doen? Dieper as die doderyk--wat kan jy weet?

11:9b.JOB.011.009 Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.

11:10b.JOB.011.010 As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep--wie sal Hom dan teëhou?

11:11b.JOB.011.011 Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.

11:12b.JOB.011.012 So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.

11:13b.JOB.011.013 As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom

11:14b.JOB.011.014 --as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie--

11:15b.JOB.011.015 ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.

11:16b.JOB.011.016 Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.

11:17b.JOB.011.017 En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker--dit sal wees soos die môre!

11:18b.JOB.011.018 En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond--jy sal in veiligheid gaan slaap.

11:19b.JOB.011.019 Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.

11:20b.JOB.011.020 Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is--uitblasing van die laaste asem.

12

12:1b.JOB.012.001 Maar Job het geantwoord en gesê:

12:2b.JOB.012.002 Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!

12:3b.JOB.012.003 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?

12:4b.JOB.012.004 Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het--'n belagging is die regverdige, die opregte!

12:5b.JOB.012.005 Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.

12:6b.JOB.012.006 Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.

12:7b.JOB.012.007 Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;

12:8b.JOB.012.008 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.

12:9b.JOB.012.009 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?

12:10b.JOB.012.010 In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.

12:11b.JOB.012.011 Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?

12:12b.JOB.012.012 By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.

12:13b.JOB.012.013 By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.

12:14b.JOB.012.014 Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.

12:15b.JOB.012.015 Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.

12:16b.JOB.012.016 By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.

12:17b.JOB.012.017 Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.

12:18b.JOB.012.018 Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.

12:19b.JOB.012.019 Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.

12:20b.JOB.012.020 Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.

12:21b.JOB.012.021 Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.

12:22b.JOB.012.022 Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.

12:23b.JOB.012.023 Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.

12:24b.JOB.012.024 Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.

12:25b.JOB.012.025 Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.

13

13:1b.JOB.013.001 Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.

13:2b.JOB.013.002 Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.

13:3b.JOB.013.003 Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.

13:4b.JOB.013.004 Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.

13:5b.JOB.013.005 Ag, as julle maar heeltemal sou swyg--dan sou dit vir julle wysheid wees!

13:6b.JOB.013.006 Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.

13:7b.JOB.013.007 Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?

13:8b.JOB.013.008 Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?

13:9b.JOB.013.009 Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?

13:10b.JOB.013.010 Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.

13:11b.JOB.013.011 Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?

13:12b.JOB.013.012 Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.

13:13b.JOB.013.013 Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.

13:14b.JOB.013.014 Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?

13:15b.JOB.013.015 Kyk, al wil Hy my ombring--ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.

13:16b.JOB.013.016 Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.

13:17b.JOB.013.017 Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.

13:18b.JOB.013.018 Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.

13:19b.JOB.013.019 Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.

13:20b.JOB.013.020 Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:

13:21b.JOB.013.021 trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.

13:22b.JOB.013.022 Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.

13:23b.JOB.013.023 Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.

13:24b.JOB.013.024 Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?

13:25b.JOB.013.025 Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,

13:26b.JOB.013.026 dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,

13:27b.JOB.013.027 en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;

13:28b.JOB.013.028 en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.

14

14:1b.JOB.014.001 Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.

14:2b.JOB.014.002 Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.

14:3b.JOB.014.003 En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.

14:4b.JOB.014.004 Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine--nie een nie!

14:5b.JOB.014.005 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,

14:6b.JOB.014.006 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus--totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.

14:7b.JOB.014.007 Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.

14:8b.JOB.014.008 As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof--

14:9b.JOB.014.009 van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.

14:10b.JOB.014.010 Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en--waar is hy?

14:11b.JOB.014.011 Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog--

14:12b.JOB.014.012 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.

14:13b.JOB.014.013 Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!

14:14b.JOB.014.014 As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;

14:15b.JOB.014.015 U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.

14:16b.JOB.014.016 Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?

14:17b.JOB.014.017 My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.

14:18b.JOB.014.018 Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;

14:19b.JOB.014.019 die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens--U maak dit tot niet.

14:20b.JOB.014.020 U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.

14:21b.JOB.014.021 Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.

14:22b.JOB.014.022 Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.

15

15:1b.JOB.015.001 Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

15:2b.JOB.015.002 Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind--

15:3b.JOB.015.003 deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?

15:4b.JOB.015.004 Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.

15:5b.JOB.015.005 Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.

15:6b.JOB.015.006 Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.

15:7b.JOB.015.007 Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?

15:8b.JOB.015.008 Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?

15:9b.JOB.015.009 Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?

15:10b.JOB.015.010 Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.

15:11b.JOB.015.011 Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek?

15:12b.JOB.015.012 Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so--

15:13b.JOB.015.013 dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?

15:14b.JOB.015.014 Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?

15:15b.JOB.015.015 Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;

15:16b.JOB.015.016 hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!

15:17b.JOB.015.017 Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;

15:18b.JOB.015.018 wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer;

15:19b.JOB.015.019 aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.

15:20b.JOB.015.020 Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.

15:21b.JOB.015.021 Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.

15:22b.JOB.015.022 Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.

15:23b.JOB.015.023 Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis.

15:24b.JOB.015.024 Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval,

15:25b.JOB.015.025 omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het

15:26b.JOB.015.026 (hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde);

15:27b.JOB.015.027 omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het,

15:28b.JOB.015.028 en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.

15:29b.JOB.015.029 Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.

15:30b.JOB.015.030 Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.

15:31b.JOB.015.031 Laat hom nie vertrou op nietigheid nie--hy kom bedroë uit! --want nietigheid sal sy vergelding wees.

15:32b.JOB.015.032 Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.

15:33b.JOB.015.033 Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom.

15:34b.JOB.015.034 Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.

15:35b.JOB.015.035 Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.

16

16:1b.JOB.016.001 Maar Job het geantwoord en gesê:

16:2b.JOB.016.002 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.

16:3b.JOB.016.003 Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?

16:4b.JOB.016.004 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;

16:5b.JOB.016.005 ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!

16:6b.JOB.016.006 As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou--watter verligting bring dit my?

16:7b.JOB.016.007 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.

16:8b.JOB.016.008 En U het my gegryp--'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.

16:9b.JOB.016.009 Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.

16:10b.JOB.016.010 Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.

16:11b.JOB.016.011 God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.

16:12b.JOB.016.012 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.

16:13b.JOB.016.013 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.

16:14b.JOB.016.014 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.

16:15b.JOB.016.015 'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.

16:16b.JOB.016.016 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;

16:17b.JOB.016.017 alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.

16:18b.JOB.016.018 o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.

16:19b.JOB.016.019 Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.

16:20b.JOB.016.020 My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God--

16:21b.JOB.016.021 dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.

16:22b.JOB.016.022 Want maar min jare kom--dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.

17

17:1b.JOB.017.001 My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.

17:2b.JOB.017.002 Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.

17:3b.JOB.017.003 Gee tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?

17:4b.JOB.017.004 Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.

17:5b.JOB.017.005 Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel--die oë van sy kinders sal versmag.

17:6b.JOB.017.006 Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.

17:7b.JOB.017.007 Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee.

17:8b.JOB.017.008 Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.

17:9b.JOB.017.009 Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.

17:10b.JOB.017.010 Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie.

17:11b.JOB.017.011 My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.

17:12b.JOB.017.012 Van die nag maak hulle 'n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis.

17:13b.JOB.017.013 As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,

17:14b.JOB.017.014 die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,

17:15b.JOB.017.015 waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?

17:16b.JOB.017.016 Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.

18

18:1b.JOB.018.001 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

18:2b.JOB.018.002 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.

18:3b.JOB.018.003 Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?

18:4b.JOB.018.004 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn--sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?

18:5b.JOB.018.005 Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.

18:6b.JOB.018.006 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.

18:7b.JOB.018.007 Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.

18:8b.JOB.018.008 Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.

18:9b.JOB.018.009 'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.

18:10b.JOB.018.010 'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.

18:11b.JOB.018.011 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.

18:12b.JOB.018.012 Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.

18:13b.JOB.018.013 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.

18:14b.JOB.018.014 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.

18:15b.JOB.018.015 Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.

18:16b.JOB.018.016 Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.

18:17b.JOB.018.017 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.

18:18b.JOB.018.018 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.

18:19b.JOB.018.019 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.

18:20b.JOB.018.020 Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.

18:21b.JOB.018.021 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.

19

19:1b.JOB.019.001 Maar Job het geantwoord en gesê:

19:2b.JOB.019.002 Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?

19:3b.JOB.019.003 Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.

19:4b.JOB.019.004 En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.

19:5b.JOB.019.005 As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,

19:6b.JOB.019.006 weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.

19:7b.JOB.019.007 As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.

19:8b.JOB.019.008 Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.

19:9b.JOB.019.009 My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.

19:10b.JOB.019.010 Hy werp my aan alle kante omver, en--daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom.

19:11b.JOB.019.011 Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.

19:12b.JOB.019.012 As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.

19:13b.JOB.019.013 My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.

19:14b.JOB.019.014 My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.

19:15b.JOB.019.015 My bywoners en my slavinne beskou my as 'n vreemde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë.

19:16b.JOB.019.016 Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.

19:17b.JOB.019.017 My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.

19:18b.JOB.019.018 Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.

19:19b.JOB.019.019 Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.

19:20b.JOB.019.020 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.

19:21b.JOB.019.021 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!

19:22b.JOB.019.022 Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?

19:23b.JOB.019.023 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in 'n boek opgeteken word--

19:24b.JOB.019.024 met 'n ystergriffel en lood--vir altyd in 'n rots ingekap!

19:25b.JOB.019.025 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

19:26b.JOB.019.026 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;

19:27b.JOB.019.027 Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë--en geen vreemde nie--sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.

19:28b.JOB.019.028 As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! --

19:29b.JOB.019.029 vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.

20

20:1b.JOB.020.001 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

20:2b.JOB.020.002 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.

20:3b.JOB.020.003 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.

20:4b.JOB.020.004 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:

20:5b.JOB.020.005 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?

20:6b.JOB.020.006 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke--

20:7b.JOB.020.007 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?

20:8b.JOB.020.008 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.

20:9b.JOB.020.009 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.

20:10b.JOB.020.010 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.

20:11b.JOB.020.011 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.

20:12b.JOB.020.012 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,

20:13b.JOB.020.013 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte--

20:14b.JOB.020.014 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.

20:15b.JOB.020.015 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.

20:16b.JOB.020.016 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.

20:17b.JOB.020.017 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.

20:18b.JOB.020.018 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.

20:19b.JOB.020.019 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.

20:20b.JOB.020.020 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.

20:21b.JOB.020.021 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.

20:22b.JOB.020.022 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.

20:23b.JOB.020.023 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.

20:24b.JOB.020.024 Hy sal vlug vir die ysterwapens--'n koperboog sal hom deurboor.

20:25b.JOB.020.025 Hy trek--daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!

20:26b.JOB.020.026 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.

20:27b.JOB.020.027 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.

20:28b.JOB.020.028 Weggevoer word die opbrings van sy huis--goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.

20:29b.JOB.020.029 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.

21

21:1b.JOB.021.001 Maar Job het geantwoord en gesê:

21:2b.JOB.021.002 Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.

21:3b.JOB.021.003 Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.

21:4b.JOB.021.004 Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?

21:5b.JOB.021.005 Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.

21:6b.JOB.021.006 Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.

21:7b.JOB.021.007 Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?

21:8b.JOB.021.008 Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.

21:9b.JOB.021.009 Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.

21:10b.JOB.021.010 Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.

21:11b.JOB.021.011 Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.

21:12b.JOB.021.012 Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.

21:13b.JOB.021.013 In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.

21:14b.JOB.021.014 Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.

21:15b.JOB.021.015 Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?

21:16b.JOB.021.016 (Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

21:17b.JOB.021.017 Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,

21:18b.JOB.021.018 word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?

21:19b.JOB.021.019 Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!

21:20b.JOB.021.020 Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.

21:21b.JOB.021.021 Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?

21:22b.JOB.021.022 Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?

21:23b.JOB.021.023 Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.

21:24b.JOB.021.024 Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.

21:25b.JOB.021.025 Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.

21:26b.JOB.021.026 Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.

21:27b.JOB.021.027 Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.

21:28b.JOB.021.028 As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose--

21:29b.JOB.021.029 het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):

21:30b.JOB.021.030 dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?

21:31b.JOB.021.031 Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel--wie sal hom dit vergeld?

21:32b.JOB.021.032 Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.

21:33b.JOB.021.033 Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.

21:34b.JOB.021.034 Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde--net troubreuk bly oor!

22

22:1b.JOB.022.001 Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

22:2b.JOB.022.002 Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens.

22:3b.JOB.022.003 Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?

22:4b.JOB.022.004 Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?

22:5b.JOB.022.005 Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?

22:6b.JOB.022.006 Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.

22:7b.JOB.022.007 Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.

22:8b.JOB.022.008 Maar aan die man van geweld--aan hom behoort die land; en die aansienlike--hy moet daarin woon!

22:9b.JOB.022.009 Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.

22:10b.JOB.022.010 Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.

22:11b.JOB.022.011 Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?

22:12b.JOB.022.012 Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.

22:13b.JOB.022.013 Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?

22:14b.JOB.022.014 Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.

22:15b.JOB.022.015 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,

22:16b.JOB.022.016 wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom,

22:17b.JOB.022.017 wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?

22:18b.JOB.022.018 En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

22:19b.JOB.022.019 Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:

22:20b.JOB.022.020 Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.

22:21b.JOB.022.021 Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

22:22b.JOB.022.022 Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

22:23b.JOB.022.023 As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.

22:24b.JOB.022.024 En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

22:25b.JOB.022.025 Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.

22:26b.JOB.022.026 Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.

22:27b.JOB.022.027 Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.

22:28b.JOB.022.028 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.

22:29b.JOB.022.029 As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

22:30b.JOB.022.030 Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.

23

23:1b.JOB.023.001 Maar Job het geantwoord en gesê:

23:2b.JOB.023.002 Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.

23:3b.JOB.023.003 Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!

23:4b.JOB.023.004 Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;

23:5b.JOB.023.005 ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.

23:6b.JOB.023.006 Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hy sou ag op my gee.

23:7b.JOB.023.007 Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.

23:8b.JOB.023.008 Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.

23:9b.JOB.023.009 As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.

23:10b.JOB.023.010 Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.

23:11b.JOB.023.011 Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.

23:12b.JOB.023.012 Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.

23:13b.JOB.023.013 Maar Hy bly onveranderlik Een--wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.

23:14b.JOB.023.014 Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.

23:15b.JOB.023.015 Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.

23:16b.JOB.023.016 En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.

23:17b.JOB.023.017 Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.

24

24:1b.JOB.024.001 Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie?

24:2b.JOB.024.002 Grenslyne verlê hulle; 'n trop vee roof hulle en laat dit wei.

24:3b.JOB.024.003 Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand.

24:4b.JOB.024.004 Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.

24:5b.JOB.024.005 Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.

24:6b.JOB.024.006 Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.

24:7b.JOB.024.007 Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.

24:8b.JOB.024.008 Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.

24:9b.JOB.024.009 Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.

24:10b.JOB.024.010 Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.

24:11b.JOB.024.011 Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.

24:12b.JOB.024.012 Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie.

24:13b.JOB.024.013 Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.

24:14b.JOB.024.014 Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.

24:15b.JOB.024.015 En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig.

24:16b.JOB.024.016 In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.

24:17b.JOB.024.017 Want vir hulle saam is die stikdonker 'n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.

24:18b.JOB.024.018 Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.

24:19b.JOB.024.019 Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg--so die doderyk die wat gesondig het.

24:20b.JOB.024.020 Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout--

24:21b.JOB.024.021 hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.

24:22b.JOB.024.022 Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.

24:23b.JOB.024.023 God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.

24:24b.JOB.024.024 Hulle het hul verhef--'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n halm word hulle afgesny.

24:25b.JOB.024.025 En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?

25

25:1b.JOB.025.001 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

25:2b.JOB.025.002 Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.

25:3b.JOB.025.003 Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?

25:4b.JOB.025.004 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?

25:5b.JOB.025.005 Kyk, selfs die maan--hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

25:6b.JOB.025.006 Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.

26

26:1b.JOB.026.001 Maar Job het geantwoord en gesê:

26:2b.JOB.026.002 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!

26:3b.JOB.026.003 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!

26:4b.JOB.026.004 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?

26:5b.JOB.026.005 Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.

26:6b.JOB.026.006 Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie--

26:7b.JOB.026.007 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;

26:8b.JOB.026.008 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;

26:9b.JOB.026.009 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.

26:10b.JOB.026.010 Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.

26:11b.JOB.026.011 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.

26:12b.JOB.026.012 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.

26:13b.JOB.026.013 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.

26:14b.JOB.026.014 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?

27

27:1b.JOB.027.001 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

27:2b.JOB.027.002 So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het--

27:3b.JOB.027.003 want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus--

27:4b.JOB.027.004 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!

27:5b.JOB.027.005 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.

27:6b.JOB.027.006 Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.

27:7b.JOB.027.007 My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.

27:8b.JOB.027.008 Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny--as God sy siel wegneem?

27:9b.JOB.027.009 Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?

27:10b.JOB.027.010 Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?

27:11b.JOB.027.011 Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.

27:12b.JOB.027.012 Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?

27:13b.JOB.027.013 Dít is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:

27:14b.JOB.027.014 as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.

27:15b.JOB.027.015 Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.

27:16b.JOB.027.016 As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder--

27:17b.JOB.027.017 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.

27:18b.JOB.027.018 Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.

27:19b.JOB.027.019 Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en--is nie meer nie.

27:20b.JOB.027.020 Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.

27:21b.JOB.027.021 Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.

27:22b.JOB.027.022 En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.

27:23b.JOB.027.023 Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.

28

28:1b.JOB.028.001 Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas.

28:2b.JOB.028.002 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.

28:3b.JOB.028.003 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.

28:4b.JOB.028.004 Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.

28:5b.JOB.028.005 Die aarde--daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.

28:6b.JOB.028.006 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.

28:7b.JOB.028.007 'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;

28:8b.JOB.028.008 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.

28:9b.JOB.028.009 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.

28:10b.JOB.028.010 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.

28:11b.JOB.028.011 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.

28:12b.JOB.028.012 Maar die wysheid--waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?

28:13b.JOB.028.013 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.

28:14b.JOB.028.014 Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.

28:15b.JOB.028.015 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.

28:16b.JOB.028.016 Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.

28:17b.JOB.028.017 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.

28:18b.JOB.028.018 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.

28:19b.JOB.028.019 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.

28:20b.JOB.028.020 Die wysheid dan--waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?

28:21b.JOB.028.021 Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.

28:22b.JOB.028.022 Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.

28:23b.JOB.028.023 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.

28:24b.JOB.028.024 Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.

28:25b.JOB.028.025 Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,

28:26b.JOB.028.026 toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,

28:27b.JOB.028.027 toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.

28:28b.JOB.028.028 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

29

29:1b.JOB.029.001 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

29:2b.JOB.029.002 Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;

29:3b.JOB.029.003 toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;

29:4b.JOB.029.004 soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;

29:5b.JOB.029.005 toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;

29:6b.JOB.029.006 toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.

29:7b.JOB.029.007 Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,

29:8b.JOB.029.008 het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.

29:9b.JOB.029.009 Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.

29:10b.JOB.029.010 Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.

29:11b.JOB.029.011 Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.

29:12b.JOB.029.012 Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.

29:13b.JOB.029.013 Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.

29:14b.JOB.029.014 Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband.

29:15b.JOB.029.015 Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.

29:16b.JOB.029.016 'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.

29:17b.JOB.029.017 En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.

29:18b.JOB.029.018 So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.

29:19b.JOB.029.019 My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.

29:20b.JOB.029.020 My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.

29:21b.JOB.029.021 Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.

29:22b.JOB.029.022 Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.

29:23b.JOB.029.023 En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.

29:24b.JOB.029.024 Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.

29:25b.JOB.029.025 Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.

30

30:1b.JOB.030.001 En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit--mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

30:2b.JOB.030.002 Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

30:3b.JOB.030.003 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

30:4b.JOB.030.004 hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

30:5b.JOB.030.005 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief.

30:6b.JOB.030.006 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

30:7b.JOB.030.007 Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar--

30:8b.JOB.030.008 dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word.

30:9b.JOB.030.009 En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

30:10b.JOB.030.010 Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.

30:11b.JOB.030.011 Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.

30:12b.JOB.030.012 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.

30:13b.JOB.030.013 My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het.

30:14b.JOB.030.014 Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

30:15b.JOB.030.015 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.

30:16b.JOB.030.016 Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.

30:17b.JOB.030.017 Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.

30:18b.JOB.030.018 Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.

30:19b.JOB.030.019 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.

30:20b.JOB.030.020 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.

30:21b.JOB.030.021 U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.

30:22b.JOB.030.022 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

30:23b.JOB.030.023 Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

30:24b.JOB.030.024 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie?

30:25b.JOB.030.025 Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

30:26b.JOB.030.026 Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.

30:27b.JOB.030.027 My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.

30:28b.JOB.030.028 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.

30:29b.JOB.030.029 Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise.

30:30b.JOB.030.030 My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.

30:31b.JOB.030.031 So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.

31

31:1b.JOB.031.001 Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?

31:2b.JOB.031.002 Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes--

31:3b.JOB.031.003 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?

31:4b.JOB.031.004 Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?

31:5b.JOB.031.005 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:

31:6b.JOB.031.006 laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!

31:7b.JOB.031.007 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het--

31:8b.JOB.031.008 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.

31:9b.JOB.031.009 As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste--

31:10b.JOB.031.010 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.

31:11b.JOB.031.011 Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.

31:12b.JOB.031.012 Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.

31:13b.JOB.031.013 As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het--

31:14b.JOB.031.014 wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?

31:15b.JOB.031.015 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?

31:16b.JOB.031.016 As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het

31:17b.JOB.031.017 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;

31:18b.JOB.031.018 (veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!)

31:19b.JOB.031.019 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;

31:20b.JOB.031.020 as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;

31:21b.JOB.031.021 as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het--

31:22b.JOB.031.022 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.

31:23b.JOB.031.023 Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.

31:24b.JOB.031.024 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!

31:25b.JOB.031.025 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;

31:26b.JOB.031.026 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,

31:27b.JOB.031.027 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het--

31:28b.JOB.031.028 ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.

31:29b.JOB.031.029 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;

31:30b.JOB.031.030 (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur 'n vloek sy lewe te vorder nie!)

31:31b.JOB.031.031 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?

31:32b.JOB.031.032 (die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)

31:33b.JOB.031.033 as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

31:34b.JOB.031.034 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

31:35b.JOB.031.035 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!

31:36b.JOB.031.036 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans.

31:37b.JOB.031.037 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom.

31:38b.JOB.031.038 As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;

31:39b.JOB.031.039 as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het--

31:40b.JOB.031.040 laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.

32

32:1b.JOB.032.001 Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.

32:2b.JOB.032.002 En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.

32:3b.JOB.032.003 Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.

32:4b.JOB.032.004 Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.

32:5b.JOB.032.005 Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.

32:6b.JOB.032.006 En Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.

32:7b.JOB.032.007 Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.

32:8b.JOB.032.008 Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.

32:9b.JOB.032.009 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.

32:10b.JOB.032.010 Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.

32:11b.JOB.032.011 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.

32:12b.JOB.032.012 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.

32:13b.JOB.032.013 Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.

32:14b.JOB.032.014 Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.

32:15b.JOB.032.015 Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.

32:16b.JOB.032.016 Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?

32:17b.JOB.032.017 Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.

32:18b.JOB.032.018 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.

32:19b.JOB.032.019 Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.

32:20b.JOB.032.020 Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.

32:21b.JOB.032.021 Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.

32:22b.JOB.032.022 Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!

33

33:1b.JOB.033.001 Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.

33:2b.JOB.033.002 Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.

33:3b.JOB.033.003 My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.

33:4b.JOB.033.004 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.

33:5b.JOB.033.005 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!

33:6b.JOB.033.006 Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.

33:7b.JOB.033.007 Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.

33:8b.JOB.033.008 Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:

33:9b.JOB.033.009 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.

33:10b.JOB.033.010 Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir 'n vyand van Hom.

33:11b.JOB.033.011 Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.

33:12b.JOB.033.012 Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as 'n mens.

33:13b.JOB.033.013 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?

33:14b.JOB.033.014 Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.

33:15b.JOB.033.015 In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,

33:16b.JOB.033.016 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;

33:17b.JOB.033.017 om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;

33:18b.JOB.033.018 sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.

33:19b.JOB.033.019 Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,

33:20b.JOB.033.020 sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.

33:21b.JOB.033.021 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.

33:22b.JOB.033.022 Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.

33:23b.JOB.033.023 Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;

33:24b.JOB.033.024 en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind--

33:25b.JOB.033.025 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.

33:26b.JOB.033.026 Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.

33:27b.JOB.033.027 Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.

33:28b.JOB.033.028 Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.

33:29b.JOB.033.029 Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens

33:30b.JOB.033.030 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.

33:31b.JOB.033.031 Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek.

33:32b.JOB.033.032 As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.

33:33b.JOB.033.033 So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.

34

34:1b.JOB.034.001 Verder het Elíhu aangehef en gesê:

34:2b.JOB.034.002 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!

34:3b.JOB.034.003 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.

34:4b.JOB.034.004 Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.

34:5b.JOB.034.005 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.

34:6b.JOB.034.006 Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!

34:7b.JOB.034.007 Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water?

34:8b.JOB.034.008 Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?

34:9b.JOB.034.009 Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie.

34:10b.JOB.034.010 Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!

34:11b.JOB.034.011 Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind.

34:12b.JOB.034.012 Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.

34:13b.JOB.034.013 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?

34:14b.JOB.034.014 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,

34:15b.JOB.034.015 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.

34:16b.JOB.034.016 As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

34:17b.JOB.034.017 Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?

34:18b.JOB.034.018 Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!

34:19b.JOB.034.019 Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.

34:20b.JOB.034.020 In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf--nie deur 'n hand nie.

34:21b.JOB.034.021 Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.

34:22b.JOB.034.022 Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.

34:23b.JOB.034.023 Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.

34:24b.JOB.034.024 Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.

34:25b.JOB.034.025 So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.

34:26b.JOB.034.026 Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,

34:27b.JOB.034.027 omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie--

34:28b.JOB.034.028 om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.

34:29b.JOB.034.029 En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? --of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;

34:30b.JOB.034.030 sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.

34:31b.JOB.034.031 Want sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;

34:32b.JOB.034.032 wat ek nie insien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie--

34:33b.JOB.034.033 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet--spreek dit uit!

34:34b.JOB.034.034 Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor:

34:35b.JOB.034.035 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.

34:36b.JOB.034.036 Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.

34:37b.JOB.034.037 Want hy voeg 'n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.

35

35:1b.JOB.035.001 Verder het Elíhu aangehef en gesê:

35:2b.JOB.035.002 Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,

35:3b.JOB.035.003 dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?

35:4b.JOB.035.004 Ék sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.

35:5b.JOB.035.005 Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.

35:6b.JOB.035.006 As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?

35:7b.JOB.035.007 As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?

35:8b.JOB.035.008 U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind.

35:9b.JOB.035.009 Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.

35:10b.JOB.035.010 Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,

35:11b.JOB.035.011 wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?

35:12b.JOB.035.012 Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.

35:13b.JOB.035.013 Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.

35:14b.JOB.035.014 Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.

35:15b.JOB.035.015 Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,

35:16b.JOB.035.016 maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.

36

36:1b.JOB.036.001 En Elíhu het voortgegaan en gesê:

36:2b.JOB.036.002 Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.

36:3b.JOB.036.003 Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.

36:4b.JOB.036.004 Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.

36:5b.JOB.036.005 Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie--geweldig deur krag van verstand.

36:6b.JOB.036.006 Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.

36:7b.JOB.036.007 Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.

36:8b.JOB.036.008 Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,

36:9b.JOB.036.009 dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;

36:10b.JOB.036.010 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.

36:11b.JOB.036.011 As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.

36:12b.JOB.036.012 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.

36:13b.JOB.036.013 Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.

36:14b.JOB.036.014 So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.

36:15b.JOB.036.015 Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.

36:16b.JOB.036.016 So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.

36:17b.JOB.036.017 Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.

36:18b.JOB.036.018 Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.

36:19b.JOB.036.019 Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?

36:20b.JOB.036.020 Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.

36:21b.JOB.036.021 Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.

36:22b.JOB.036.022 Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy?

36:23b.JOB.036.023 Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?

36:24b.JOB.036.024 Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.

36:25b.JOB.036.025 Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.

36:26b.JOB.036.026 Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.

36:27b.JOB.036.027 Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën

36:28b.JOB.036.028 wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.

36:29b.JOB.036.029 Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?

36:30b.JOB.036.030 Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.

36:31b.JOB.036.031 Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.

36:32b.JOB.036.032 Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.

36:33b.JOB.036.033 Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.

37

37:1b.JOB.037.001 Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.

37:2b.JOB.037.002 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.

37:3b.JOB.037.003 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.

37:4b.JOB.037.004 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.

37:5b.JOB.037.005 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.

37:6b.JOB.037.006 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.

37:7b.JOB.037.007 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.

37:8b.JOB.037.008 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.

37:9b.JOB.037.009 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.

37:10b.JOB.037.010 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

37:11b.JOB.037.011 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

37:12b.JOB.037.012 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:

37:13b.JOB.037.013 óf tot 'n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.

37:14b.JOB.037.014 Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.

37:15b.JOB.037.015 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?

37:16b.JOB.037.016 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?

37:17b.JOB.037.017 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind--

37:18b.JOB.037.018 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?

37:19b.JOB.037.019 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.

37:20b.JOB.037.020 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?

37:21b.JOB.037.021 En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.

37:22b.JOB.037.022 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.

37:23b.JOB.037.023 Die Almagtige--ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

37:24b.JOB.037.024 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.

38

38:1b.JOB.038.001 Daarna het die HERE Job uit 'n storm geantwoord en gesê:

38:2b.JOB.038.002 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?

38:3b.JOB.038.003 Gord dan soos 'n man jou heupe--dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.

38:4b.JOB.038.004 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

38:5b.JOB.038.005 Wie het sy afmetinge bepaal? --jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?

38:6b.JOB.038.006 Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?

38:7b.JOB.038.007 Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?

38:8b.JOB.038.008 En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?

38:9b.JOB.038.009 Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.

38:10b.JOB.038.010 Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;

38:11b.JOB.038.011 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe.

38:12b.JOB.038.012 Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,

38:13b.JOB.038.013 om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?

38:14b.JOB.038.014 Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed.

38:15b.JOB.038.015 En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.

38:16b.JOB.038.016 Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?

38:17b.JOB.038.017 Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?

38:18b.JOB.038.018 Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.

38:19b.JOB.038.019 Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis--waar is tog sy plek,

38:20b.JOB.038.020 sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?

38:21b.JOB.038.021 Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!

38:22b.JOB.038.022 Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,

38:23b.JOB.038.023 wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

38:24b.JOB.038.024 Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?

38:25b.JOB.038.025 Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal;

38:26b.JOB.038.026 om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie;

38:27b.JOB.038.027 om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?

38:28b.JOB.038.028 Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels?

38:29b.JOB.038.029 Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel--wie baar dit?

38:30b.JOB.038.030 Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.

38:31b.JOB.038.031 Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak?

38:32b.JOB.038.032 Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?

38:33b.JOB.038.033 Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?

38:34b.JOB.038.034 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek?

38:35b.JOB.038.035 Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!

38:36b.JOB.038.036 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

38:37b.JOB.038.037 Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel--wie giet hulle leeg

38:38b.JOB.038.038 wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?

39

39:1b.JOB.039.001 Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak

39:2b.JOB.039.002 as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?

39:3b.JOB.039.003 Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?

39:4b.JOB.039.004 Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?

39:5b.JOB.039.005 Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?

39:6b.JOB.039.006 Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort--weg is hulle weë!

39:7b.JOB.039.007 Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.

39:8b.JOB.039.008 Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?

39:9b.JOB.039.009 Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.

39:10b.JOB.039.010 Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.

39:11b.JOB.039.011 Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.

39:12b.JOB.039.012 Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?

39:13b.JOB.039.013 Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?

39:14b.JOB.039.014 Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?

39:15b.JOB.039.015 Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?

39:16b.JOB.039.016 Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?

39:17b.JOB.039.017 Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;

39:18b.JOB.039.018 en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.

39:19b.JOB.039.019 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs--sy is nie bekommerd nie.

39:20b.JOB.039.020 Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.

39:21b.JOB.039.021 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.

39:22b.JOB.039.022 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?

39:23b.JOB.039.023 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.

39:24b.JOB.039.024 Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.

39:25b.JOB.039.025 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.

39:26b.JOB.039.026 Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.

39:27b.JOB.039.027 Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.

39:28b.JOB.039.028 By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.

39:29b.JOB.039.029 Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?

39:30b.JOB.039.030 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?

39:31b.JOB.039.031 Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.

39:32b.JOB.039.032 Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.

39:33b.JOB.039.033 Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.

39:34b.JOB.039.034 En die HERE het Job geantwoord en gesê:

39:35b.JOB.039.035 Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!

39:36b.JOB.039.036 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:

39:37b.JOB.039.037 Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.

39:38b.JOB.039.038 Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.

40

40:1b.JOB.040.001 En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:

40:2b.JOB.040.002 Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.

40:3b.JOB.040.003 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?

40:4b.JOB.040.004 Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?

40:5b.JOB.040.005 Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!

40:6b.JOB.040.006 Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.

40:7b.JOB.040.007 Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.

40:8b.JOB.040.008 Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.

40:9b.JOB.040.009 Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.

40:10b.JOB.040.010 Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.

40:11b.JOB.040.011 Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.

40:12b.JOB.040.012 Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.

40:13b.JOB.040.013 Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.

40:14b.JOB.040.014 Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.

40:15b.JOB.040.015 Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.

40:16b.JOB.040.016 Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.

40:17b.JOB.040.017 Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.

40:18b.JOB.040.018 As die rivier swel--hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.

40:19b.JOB.040.019 Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?

40:20b.JOB.040.020 Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?

40:21b.JOB.040.021 Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?

40:22b.JOB.040.022 Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?

40:23b.JOB.040.023 Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?

40:24b.JOB.040.024 Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?

40:25b.JOB.040.025 Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?

40:26b.JOB.040.026 Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop?

40:27b.JOB.040.027 Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.

40:28b.JOB.040.028 Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?

41

41:1b.JOB.041.001 Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?

41:2b.JOB.041.002 Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.

41:3b.JOB.041.003 Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.

41:4b.JOB.041.004 Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit--wie kan daarin deurdring?

41:5b.JOB.041.005 Die deure van sy gesig--wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking.

41:6b.JOB.041.006 'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël.

41:7b.JOB.041.007 Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie.

41:8b.JOB.041.008 Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.

41:9b.JOB.041.009 Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad.

41:10b.JOB.041.010 Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit.

41:11b.JOB.041.011 Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby.

41:12b.JOB.041.012 Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond.

41:13b.JOB.041.013 In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.

41:14b.JOB.041.014 Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.

41:15b.JOB.041.015 Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.

41:16b.JOB.041.016 As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.

41:17b.JOB.041.017 Raak iemand hom met die swaard--dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.

41:18b.JOB.041.018 Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.

41:19b.JOB.041.019 Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.

41:20b.JOB.041.020 Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.

41:21b.JOB.041.021 Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder.

41:22b.JOB.041.022 Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot.

41:23b.JOB.041.023 Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervloed aansien vir grys hare.

41:24b.JOB.041.024 Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees.

41:25b.JOB.041.025 Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.

42

42:1b.JOB.042.001 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:

42:2b.JOB.042.002 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

42:3b.JOB.042.003 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.

42:4b.JOB.042.004 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

42:5b.JOB.042.005 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.

42:6b.JOB.042.006 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

42:7b.JOB.042.007 En nadat die HERE Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die HERE aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

42:8b.JOB.042.008 Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

42:9b.JOB.042.009 Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die HERE aan hulle gesê het; en die HERE het Job in guns aangeneem.

42:10b.JOB.042.010 En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.

42:11b.JOB.042.011 Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat die HERE oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen 'n geldstuk gegee en elkeen 'n goue ring.

42:12b.JOB.042.012 En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertien duisend stuks kleinvee en ses duisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.

42:13b.JOB.042.013 Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad.

42:14b.JOB.042.014 En hy het die eerste genoem Jemíma en die tweede Kesía en die derde Kerenhappug.

42:15b.JOB.042.015 En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; en hulle vader het hulle 'n erfdeel gegee onder hulle broers.

42:16b.JOB.042.016 En Job het daarna honderd en veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.

42:17b.JOB.042.017 En Job het gesterwe, oud en afgeleef.


Holder of rights
Multilingual Bible Corpus

Citation Suggestion for this Object
TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. Job (Afrikaans). Job (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-856B-A