1 Chronicles (Afrikaans)

1 Chronicles (Afrikaans)

1

1:1b.1CH.001.001 Adam, Set, Enos,

1:2b.1CH.001.002 Kenan, Mahalálel, Jered,

1:3b.1CH.001.003 Henog, Metúsalag, Lameg,

1:4b.1CH.001.004 Noag, Sem, Gam en Jafet.

1:5b.1CH.001.005 Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.

1:6b.1CH.001.006 En die seuns van Gomer was: Askenas en Rifat en Togárma.

1:7b.1CH.001.007 En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete.

1:8b.1CH.001.008 Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän.

1:9b.1CH.001.009 En die seuns van Kus was: Seba en Hawíla en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan.

1:10b.1CH.001.010 En Kus was die vader van Nimrod; hy het begin om 'n geweldenaar op die aarde te wees.

1:11b.1CH.001.011 En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete,

1:12b.1CH.001.012 en die Patrusiete en Kasluhiete--waaruit die Filistyne voortgekom het--en die Kaftoriete.

1:13b.1CH.001.013 En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het

1:14b.1CH.001.014 en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete,

1:15b.1CH.001.015 en die Hewiete en Arkiete en Siniete,

1:16b.1CH.001.016 en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete.

1:17b.1CH.001.017 Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg.

1:18b.1CH.001.018 En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.

1:19b.1CH.001.019 En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan.

1:20b.1CH.001.020 En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag,

1:21b.1CH.001.021 en Hadóram en Usal en Dikla,

1:22b.1CH.001.022 en Ebal en Abímael en Skeba,

1:23b.1CH.001.023 en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.

1:24b.1CH.001.024 Sem, Arpágsad, Selag,

1:25b.1CH.001.025 Heber, Peleg, Rehu,

1:26b.1CH.001.026 Serug, Nahor, Tera,

1:27b.1CH.001.027 Abram; dit is Abraham.

1:28b.1CH.001.028 Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.

1:29b.1CH.001.029 Dit is hulle geslagsregister: die eersgeborene van Ismael was Nébajot, en Kedar en Adbeël en Mibsam,

1:30b.1CH.001.030 Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema,

1:31b.1CH.001.031 Jetur, Nafis en Kedma; hulle was die seuns van Ismael.

1:32b.1CH.001.032 En die seuns van Ketúra, die byvrou van Abraham. Sy het gebaar: Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag. En die seuns van Joksan was Skeba en Dedan.

1:33b.1CH.001.033 En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.

1:34b.1CH.001.034 En Abraham was die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel;

1:35b.1CH.001.035 die seuns van Esau: Élifas, Réhuel en Jehus en Jáelam en Korag.

1:36b.1CH.001.036 Die seuns van Élifas was: Teman en Omar, Sefi en Gáetam, Kenas en Timna en Amalek.

1:37b.1CH.001.037 Die seuns van Réhuel was: Náhat, Serag, Samma en Missa.

1:38b.1CH.001.038 En die seuns van Seïr was: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana en Dison en Eser en Disan.

1:39b.1CH.001.039 En die seuns van Lotan was Hori en Homam; en die suster van Lotan was Timna.

1:40b.1CH.001.040 Die seuns van Sobal was: Aljan en Manáhat en Ebal, Sefi en Onam; en die seuns van Síbeon was Aja en Ana.

1:41b.1CH.001.041 Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran.

1:42b.1CH.001.042 Die seuns van Eser was: Bilhan en Sáäwan en Jáäkan. Die seuns van Disan was Us en Aran.

1:43b.1CH.001.043 En dit is die konings wat in die land Edom geregeer het voordat daar 'n koning oor die kinders van Israel geregeer het: Bela, die seun van Beor; en die naam van sy stad was Dinhába;

1:44b.1CH.001.044 en Bela het gesterwe, en in sy plek het geregeer Jobab, die seun van Serag, uit Bosra.

1:45b.1CH.001.045 En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die land van die Temaniete, het in sy plek geregeer.

1:46b.1CH.001.046 En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.

1:47b.1CH.001.047 En Hadad het gesterwe, en Samla uit Másreka het in sy plek geregeer.

1:48b.1CH.001.048 En Samla het gesterwe, en Saul uit Réhobot, aan die rivier, het in sy plek geregeer.

1:49b.1CH.001.049 En Saul het gesterwe, en Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het in sy plek geregeer.

1:50b.1CH.001.050 Nadat Baäl-Hánan gesterf het, het Hadad in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahi; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.

1:51b.1CH.001.051 Toe Hadad gesterf het, was die vorste van Edom: die vors Timna, die vors Alja, die vors Jetet,

1:52b.1CH.001.052 die vors Oholibáma, die vors Ela, die vors Pinon,

1:53b.1CH.001.053 die vors Kenas, die vors Teman, die vors Mibsar,

1:54b.1CH.001.054 die vors Mágdiël, die vors Iram; dit was die vorste van Edom.

2

2:1b.1CH.002.001 Dit is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Issaskar en Sébulon,

2:2b.1CH.002.002 Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser.

2:3b.1CH.002.003 Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.

2:4b.1CH.002.004 En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.

2:5b.1CH.002.005 Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

2:6b.1CH.002.006 En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.

2:7b.1CH.002.007 En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.

2:8b.1CH.002.008 En die seuns van Etan was Asárja.

2:9b.1CH.002.009 En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.

2:10b.1CH.002.010 En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda.

2:11b.1CH.002.011 En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas;

2:12b.1CH.002.012 en Boas van Obed, en Obed van Isai;

2:13b.1CH.002.013 en Isai was die vader van Elíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde;

2:14b.1CH.002.014 van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,

2:15b.1CH.002.015 van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende.

2:16b.1CH.002.016 En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Asahel, drie.

2:17b.1CH.002.017 En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.

2:18b.1CH.002.018 En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.

2:19b.1CH.002.019 Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.

2:20b.1CH.002.020 En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël.

2:21b.1CH.002.021 Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.

2:22b.1CH.002.022 En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie en twintig stede in die land Gílead gehad.

2:23b.1CH.002.023 En Gésur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.

2:24b.1CH.002.024 En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.

2:25b.1CH.002.025 En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía.

2:26b.1CH.002.026 Jerágmeël het nog 'n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam.

2:27b.1CH.002.027 En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker.

2:28b.1CH.002.028 En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.

2:29b.1CH.002.029 En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar.

2:30b.1CH.002.030 En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders.

2:31b.1CH.002.031 En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai.

2:32b.1CH.002.032 En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.

2:33b.1CH.002.033 En die seuns van Jónatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jerágmeël.

2:34b.1CH.002.034 En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha;

2:35b.1CH.002.035 en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Attai gebaar.

2:36b.1CH.002.036 En Attai was die vader van Natan, en Natan van Sabad;

2:37b.1CH.002.037 en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed;

2:38b.1CH.002.038 en Obed van Jehu, en Jehu van Asárja;

2:39b.1CH.002.039 en Asárja van Heles, en Heles van Eleása;

2:40b.1CH.002.040 en Eleása van Sísemai, en Sísemai van Sallum;

2:41b.1CH.002.041 en Sallum van Jekámja, en Jekámja van Elisáma.

2:42b.1CH.002.042 En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene--hy was die vader van Sif--en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.

2:43b.1CH.002.043 En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema.

2:44b.1CH.002.044 En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai.

2:45b.1CH.002.045 En die seun van Sámmai was Máon; en Máon was die vader van Bet-Sur.

2:46b.1CH.002.046 En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases.

2:47b.1CH.002.047 En die seuns van Jóhdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saäf.

2:48b.1CH.002.048 Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar;

2:49b.1CH.002.049 en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa.

2:50b.1CH.002.050 Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim,

2:51b.1CH.002.051 Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader.

2:52b.1CH.002.052 En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároë en die helfte van Menúgot.

2:53b.1CH.002.053 En die geslagte van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Soreatiete en Estaoliete voortgekom.

2:54b.1CH.002.054 Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Soreïete.

2:55b.1CH.002.055 En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.

3

3:1b.1CH.003.001 Dit was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahínoam, uit Jísreël; die tweede Daniël, by Abígail, uit Karmel;

3:2b.1CH.003.002 die derde Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Tálmai, die koning van Gésur; die vierde Adónia, die seun van Haggit;

3:3b.1CH.003.003 die vyfde Sefátja, by Abítal; die sesde Jítream, by sy vrou Egla.

3:4b.1CH.003.004 Ses is vir hom in Hebron gebore waar hy sewe jaar en ses maande geregeer het; en drie en dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.

3:5b.1CH.003.005 En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Sálomo, vier by Bat-Sua, die dogter van Ammiël.

3:6b.1CH.003.006 Verder Jibhar en Elisáma en Elifélet

3:7b.1CH.003.007 en Noga en Nefeg, en Jáfia

3:8b.1CH.003.008 en Elisáma en Éljada en Elifélet, nege--

3:9b.1CH.003.009 almal seuns van Dawid, behalwe die seuns van die byvroue; en Tamar was hulle suster.

3:10b.1CH.003.010 En die seun van Salomo was Rehábeam; sy seun was Abía; sy seun was Asa; sy seun was Jósafat;

3:11b.1CH.003.011 sy seun was Joram; sy seun was Ahásia; sy seun was Joas;

3:12b.1CH.003.012 sy seun was Amásia; sy seun was Asárja; sy seun was Jotam;

3:13b.1CH.003.013 sy seun was Agas; sy seun was Hiskía; sy seun was Manasse;

3:14b.1CH.003.014 sy seun was Amon; sy seun was Josía.

3:15b.1CH.003.015 En die seuns van Josía was: die eersgeborene Jóhanan, die tweede Jójakim, die derde Sedekía, die vierde Sallum.

3:16b.1CH.003.016 En die seuns van Jójakim was: Jegónja, sy seun, Sedekía, sy seun.

3:17b.1CH.003.017 En die seuns van Jegónja was Assir; sy seun was Seáltiël;

3:18b.1CH.003.018 verder Malkíram en Pedája en Senassar, Jekámja, Hósama en Nedábja.

3:19b.1CH.003.019 En die seuns van Pedája was Serubbábel en Símeï; en die seuns van Serubbábel was: Mesúllam en Hanánja; en Sélomit was hulle suster;

3:20b.1CH.003.020 en Hásuba en Ohel en Berégja en Hasádja, Jusab-Hesed, vyf.

3:21b.1CH.003.021 En die seuns van Hanánja was Pelátja, sy seun was Jesaja, sy seun was Refája, sy seun was Arnan, sy seun was Obádja, sy seun was Segánja.

3:22b.1CH.003.022 En die seuns van Segánja was Semája; en die seuns van Semája was: Hattus en Jígeal en Baríag en Neárja en Safat, ses;

3:23b.1CH.003.023 en die seuns van Neárja was: Eljoënai en Hiskía en Asríkam, drie;

3:24b.1CH.003.024 en die seuns van Eljoënai was: Hodáwja en Eljásib en Pelája en Akkub en Jóhanan en Delája en Anáni, sewe.

4

4:1b.1CH.004.001 Die seuns van Juda was: Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal.

4:2b.1CH.004.002 En Reája, die seun van Sobal, was die vader van Jahat, en Jahat van Ahúmai en van Lahad; dit is die geslagte van die Soreatiete;

4:3b.1CH.004.003 en dit is die seuns van Etam: Jísreël en Jísma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Hasselelpóni.

4:4b.1CH.004.004 En Pnuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, die vader van Betlehem.

4:5b.1CH.004.005 En Asgur, die vader van Tekóa, het twee vroue gehad: Hélea en Náära;

4:6b.1CH.004.006 en Náära het vir hom Ahússam en Hefer en die Temeniete en die Ahastariete gebaar. Dit was die seuns van Náära.

4:7b.1CH.004.007 En die seuns van Hélea was: Seret, Jesóhar en Etnan.

4:8b.1CH.004.008 En Kos was die vader van Anub en Hassobéba en van die geslagte van Ahárhel, die seun van Harum.

4:9b.1CH.004.009 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.

4:10b.1CH.004.010 En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.

4:11b.1CH.004.011 En Kelub, die broer van Suha, was die vader van Mehir; hy is die vader van Eston.

4:12b.1CH.004.012 En Eston was die vader van Bet-Ráfa en Paséag en Tehínna, die vader van die stad Nahas; dit is die manne van Rega.

4:13b.1CH.004.013 En die seuns van Kenas was Otniël en Serája; en die seuns van Otniël: Hatat en Meonótai.

4:14b.1CH.004.014 En Meonótai was die vader van Ofra, en Serája van Joab, die vader van die Handwerkersdal, want hulle was ambagsmanne.

4:15b.1CH.004.015 En die seuns van Kaleb, die seun van Jefúnne, was: Iru, Ela en Naäm, en die seuns van Ela: Kenas.

4:16b.1CH.004.016 En die seuns van Jehálleleël was: Sif en Sifa, Tíreja en Asáreël.

4:17b.1CH.004.017 En die seuns van Esra was: Jeter en Mered en Efer en Jalon; en dit is die seuns van Bitja, die dogter van Farao, wat Mered as vrou geneem het; en sy het swanger geword en gebaar: Mirjam en Sámmai en Jisbag, die vader van Estemóa.

4:18b.1CH.004.018 En sy Joodse vrou het gebaar: Jered, die vader van Gedor, en Heber, die vader van Sogo, en Jekútiël, die vader van Sanóag.

4:19b.1CH.004.019 En die seuns van die vrou van Hodíja, die suster van Naham, die vader van Kehíla, was die Garmiet, en Estemóa, die Maägatiet.

4:20b.1CH.004.020 En die seuns van Simon was: Amnon en Rinna, Ben-Hánan en Tilon; en die seuns van Jíseï was Sohet en Ben-Sohet.

4:21b.1CH.004.021 Die seuns van Sela, die seun van Juda was: Er, die vader van Lega, en Láeda, die vader van Marésa, en die geslagte van die huis van die linnewewers van die huis van Asbéa;

4:22b.1CH.004.022 verder Jokim en die manne van Koséba en Joas en Saraf--hulle wat oor Moab geheers het--en Jasubi-Léhem; maar die geskiedenisse is oud.

4:23b.1CH.004.023 Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netáim en Gedéra; daar het hulle gebly by die koning in sy diens.

4:24b.1CH.004.024 Die seuns van Símeon was: Némuel en Jamin, Jarib, Serag, Saul;

4:25b.1CH.004.025 Sallum was sy seun; Mibsam was sy seun; Misma was sy seun.

4:26b.1CH.004.026 En die seuns van Misma was: Hámmuel, sy seun, Sakkur, sy seun, Símeï, sy seun.

4:27b.1CH.004.027 En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie seuns gehad nie; en hulle hele geslag het nie so vermeerder soos die seuns van Juda nie.

4:28b.1CH.004.028 En hulle het gewoon in Berséba en Mólada en Hasar-Súal

4:29b.1CH.004.029 en in Bilha en Esem en Tolad

4:30b.1CH.004.030 en in Bétuel en Horma en Siklag

4:31b.1CH.004.031 en in Bet-Márkabot en Hasar-Susim, en Bet-Bíreï en Saäráim; dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.

4:32b.1CH.004.032 En hulle dorpe was: Etam en Ajin, Rimmon en ToGéN en Asan, vyf stede;

4:33b.1CH.004.033 en al hulle dorpe wat in die omtrek van hierdie stede was, tot by Baäl; dit was hulle woonplekke, en hulle het hul geslagsregister gehad.

4:34b.1CH.004.034 En Mésobab en Jamleg en Josa, die seun van Amásia,

4:35b.1CH.004.035 en Joël en Jehu, die seun van Josíbja, die seun van Serája, die seun van Asiël,

4:36b.1CH.004.036 en Eljoënai en Jaäkóba en Jesohája en Asája en Adiël en Jesímiël en Benája

4:37b.1CH.004.037 en Sisa, die seun van Sífeï, die seun van Allon, die seun van Jedája, die seun van Simri, die seun van Semája--

4:38b.1CH.004.038 die wat hier met hulle naam opgegee is, was vorste in hulle geslagte, en hulle families het sterk vermeerder.

4:39b.1CH.004.039 En hulle het getrek tot by die ingang na Gedor, tot oostelik van die dal, om weiveld vir hulle kleinvee te soek.

4:40b.1CH.004.040 En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;

4:41b.1CH.004.041 en die wat hier met hulle naam beskrywe is, het in die dae van Hiskía, die koning van Juda, gekom en hulle tente verslaan, en ook die Meüniete wat daar gevind is; en hulle het hul met die banvloek getref tot vandag toe; en hulle het in hulle plek gaan woon; want daar was weiveld vir hulle kleinvee.

4:42b.1CH.004.042 Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyf honderd man getrek na die gebergte Seïr; en Pelátja en Neárja en Refája en Ussiël, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof.

4:43b.1CH.004.043 En hulle het die oorblyfsel van die vrygeraaktes van Amalek verslaan en daar gaan woon tot vandag toe.

5

5:1b.1CH.005.001 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel--want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie;

5:2b.1CH.005.002 want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een 'n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad--

5:3b.1CH.005.003 die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel, was: Henog en Pallu, Hesron en Karmi.

5:4b.1CH.005.004 Die seuns van Joël: sy seun Semája, sy seun Gog, sy seun Símeï;

5:5b.1CH.005.005 sy seun Miga, sy seun Reája, sy seun Baäl,

5:6b.1CH.005.006 sy seun Beëra, vir wie Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het; hy was 'n vors van die Rubeniete.

5:7b.1CH.005.007 En sy broers volgens elkeen se geslag soos in die geslagsregister opgegee, volgens hulle afstamming, was: Jeï-el, die hoof; verder Sagaría

5:8b.1CH.005.008 en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël; hy wat in Aroër en tot by Nebo en Baäl-Méon gewoon het.

5:9b.1CH.005.009 En teen die ooste het hy gewoon tot by die ingang na die woestyn, van die Eufraatrivier af; want hulle vee het baie geword in die land Gílead.

5:10b.1CH.005.010 En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer met die Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead.

5:11b.1CH.005.011 En die seuns van Gad het teenoor hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.

5:12b.1CH.005.012 Joël was die hoof, en Safam die tweede in rang, en Jaénai en Safat, in Basan.

5:13b.1CH.005.013 En hulle broers volgens hulle families was: Mígael en Mesúllam en Seba en Jórai en Jáekan en Sia en Eber, sewe.

5:14b.1CH.005.014 Dit was die seuns van Abígail, die seun van Huri, die seun van Jaróag, die seun van Gílead, die seun van Mígael, die seun van Jesísai, die seun van Jagdo, die seun van Bus.

5:15b.1CH.005.015 Ahi, die seun van Abdiël, die seun van Guni, was die hoof van hulle families.

5:16b.1CH.005.016 En hulle het gewoon in Gílead, in Basan en in sy onderhorige plekke en in al die weivelde van Saron tot waar dit ophou.

5:17b.1CH.005.017 Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van Jotam, die koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die koning van Israel.

5:18b.1CH.005.018 Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die helde, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier en veertig duisend sewe honderd en sestig wat op kommando moes uittrek.

5:19b.1CH.005.019 En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab;

5:20b.1CH.005.020 en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.

5:21b.1CH.005.021 En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftig duisend; twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend esels en honderd duisend mense.

5:22b.1CH.005.022 Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van God was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe.

5:23b.1CH.005.023 En die seuns van die halwe stam van Manasse het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie.

5:24b.1CH.005.024 En dit was die hoofde van hulle families, naamlik: Efer en Jíseï en Éliël en Asriël en Jeremía en Hodáwja en Jagdíël, manne, dapper helde, manne van naam, hoofde van hulle families.

5:25b.1CH.005.025 Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer.

5:26b.1CH.005.026 Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe.

6

6:1b.1CH.006.001 Die seuns van Levi was: Gerson, Kehat en Merári.

6:2b.1CH.006.002 En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en Ussiël.

6:3b.1CH.006.003 En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.

6:4b.1CH.006.004 En Eleásar was die vader van Pínehas; Pínehas van Abisúa;

6:5b.1CH.006.005 en Abisúa van Bukki; en Bukki van Ussi;

6:6b.1CH.006.006 en Ussi van Serágja; en Serágja van Mérajot;

6:7b.1CH.006.007 en Mérajot van Amárja; en Amárja van Ahítub;

6:8b.1CH.006.008 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Ahímaäs;

6:9b.1CH.006.009 en Ahímaäs van Asárja; en Asárja van Jóhanan;

6:10b.1CH.006.010 en Jóhanan van Asárja; dit is hy wat die priesteramp bedien het in die huis wat Salomo in Jerusalem gebou het.

6:11b.1CH.006.011 En Asárja was die vader van Amárja; en Amárja van Ahítub;

6:12b.1CH.006.012 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Sallum;

6:13b.1CH.006.013 en Sallum van Hilkía; en Hilkía van Asárja;

6:14b.1CH.006.014 en Asárja van Serája; en Serája van Jósadak;

6:15b.1CH.006.015 en Jósadak het saamgegaan toe die HERE Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadnésar in ballingskap weggevoer het.

6:16b.1CH.006.016 Die seuns van Levi was: Gersom, Kehat en Merári.

6:17b.1CH.006.017 En dit is die name van die seuns van Gersom: Libni en Símeï.

6:18b.1CH.006.018 En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël.

6:19b.1CH.006.019 Die seuns van Merári was Magli en Musi. En dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families:

6:20b.1CH.006.020 van Gersom--sy seun was Libni, sy seun Jahat, sy seun Simma,

6:21b.1CH.006.021 sy seun Joag, sy seun Iddo, sy seun Serag, sy seun Jéatrai.

6:22b.1CH.006.022 Die seuns van Kehat was: sy seun Amminádab, sy seun Korag, sy seun Assir,

6:23b.1CH.006.023 sy seun Élkana, en sy seun Ébjasaf, en sy seun Assir,

6:24b.1CH.006.024 sy seun Tahat, sy seun Uriël, sy seun Ussia, en sy seun Saul.

6:25b.1CH.006.025 En die seuns van Élkana was: Amásai en Ahimot en Élkana;

6:26b.1CH.006.026 die seuns van Élkana: sy seun Sófai, en sy seun Nahat,

6:27b.1CH.006.027 sy seun Elíab, sy seun Jeróham, sy seun Élkana.

6:28b.1CH.006.028 En die seuns van Samuel: die eersgeborene Joël, en die tweede Abía.

6:29b.1CH.006.029 Die seuns van Merári was: Magli; sy seun Libni, sy seun Símeï, sy seun Ussa;

6:30b.1CH.006.030 sy seun Símea, sy seun Haggía, sy seun Asája.

6:31b.1CH.006.031 En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die huis van die HERE vandat die ark 'n rusplek gevind het.

6:32b.1CH.006.032 En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van die HERE in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening.

6:33b.1CH.006.033 En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel,

6:34b.1CH.006.034 die seun van Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Éliël, die seun van Toag,

6:35b.1CH.006.035 die seun van Suf, die seun van Élkana, die seun van Mahat, die seun van Amásai,

6:36b.1CH.006.036 die seun van Élkana, die seun van Joël, die seun van Asárja, die seun van Sefánja,

6:37b.1CH.006.037 die seun van Tahat, die seun van Assir, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag,

6:38b.1CH.006.038 die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van Israel.

6:39b.1CH.006.039 En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van Berégja, die seun van Símea,

6:40b.1CH.006.040 die seun van Mígael, die seun van Baäséja, die seun van Malkía,

6:41b.1CH.006.041 die seun van Etni, die seun van Serag, die seun van Adája,

6:42b.1CH.006.042 die seun van Etan, die seun van Simma, die seun van Símeï,

6:43b.1CH.006.043 die seun van Jahat, die seun van Gersom, die seun van Levi.

6:44b.1CH.006.044 En hulle broers, die seuns van Merári, aan die linkerhand, was: Etan, die seun van Kisi, die seun van Abdi, die seun van Mallug,

6:45b.1CH.006.045 die seun van Hasábja, die seun van Amásia, die seun van Hilkía,

6:46b.1CH.006.046 die seun van Amsi, die seun van Bani, die seun van Semer,

6:47b.1CH.006.047 die seun van Magli, die seun van Musi, die seun van Merári, die seun van Levi.

6:48b.1CH.006.048 En hulle broers, die Leviete, was bestemd vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God.

6:49b.1CH.006.049 Maar Aäron en sy seuns het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste en om versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het.

6:50b.1CH.006.050 En dit is die seuns van Aäron: Eleásar was sy seun, Pínehas sy seun, Abisúa sy seun;

6:51b.1CH.006.051 Bukki sy seun, Ussi sy seun, Serágja sy seun,

6:52b.1CH.006.052 Mérajot sy seun, Amárja sy seun, Ahítub sy seun,

6:53b.1CH.006.053 Sadok sy seun, Ahímaäs sy seun.

6:54b.1CH.006.054 En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied--aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot.

6:55b.1CH.006.055 Aan hulle dan is gegee: Hebron, in die land Juda, met sy weiveld daar rondom;

6:56b.1CH.006.056 maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee.

6:57b.1CH.006.057 En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan,

6:58b.1CH.006.058 en Hiles met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

6:59b.1CH.006.059 en Asan met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld;

6:60b.1CH.006.060 en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Anatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede.

6:61b.1CH.006.061 En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot.

6:62b.1CH.006.062 En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede.

6:63b.1CH.006.063 Aan die seuns van Merári volgens hulle geslagte uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede.

6:64b.1CH.006.064 En die kinders van Israel het aan die Leviete die stede met hulle weiveld gegee:

6:65b.1CH.006.065 hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Juda en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het.

6:66b.1CH.006.066 En aan die ander uit die geslagte van die seuns van Kehat--die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim.

6:67b.1CH.006.067 En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee;

6:68b.1CH.006.068 en Jókmeam met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld,

6:69b.1CH.006.069 en Ajalon met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld;

6:70b.1CH.006.070 en uit die halwe stam van Manasse: Aner met sy weiveld, en Bíleam met sy weiveld--vir die geslag van die ander seuns van Kehat.

6:71b.1CH.006.071 Aan die seuns van Gersom uit die geslag van die halwe stam van Manasse: Gólan in Basan met sy weiveld, en Astarot met sy weiveld;

6:72b.1CH.006.072 en uit die stam van Issaskar: Kedes met sy weiveld, Dáberat met sy weiveld,

6:73b.1CH.006.073 en Ramot met sy weiveld, en Anem met sy weiveld;

6:74b.1CH.006.074 en uit die stam van Aser: Masal met sy weiveld, en Abdon met sy weiveld,

6:75b.1CH.006.075 en Hukok met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld;

6:76b.1CH.006.076 en uit die stam van Náftali: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammon met sy weiveld, en Kirjatáim met sy weiveld.

6:77b.1CH.006.077 Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met sy weiveld, Tabor met sy weiveld;

6:78b.1CH.006.078 en oorkant die Jordaan van Jérigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stam van Ruben: Beser in die woestyn met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

6:79b.1CH.006.079 en Kédemot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld;

6:80b.1CH.006.080 en uit die stam van Gad: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

6:81b.1CH.006.081 en Hesbon met sy weiveld, en Jaéser met sy weiveld.

7

7:1b.1CH.007.001 En die seuns van Issaskar was: Tola en Pua, Jasub en Simron, vier.

7:2b.1CH.007.002 En die seuns van Tola was: Ussi en Refája en Jériël en Jágmai en Jibsam en Samuel, hoofde van hulle families, van Tola, dapper helde. Volgens hulle afstamming was hulle aantal in die dae van Dawid twee en twintig duisend ses honderd.

7:3b.1CH.007.003 En die seuns van Ussi was Jisrágja; en die seuns van Jisrágja was: Mígael en Obádja en Joël, Jissía, vyf, almal hoofde.

7:4b.1CH.007.004 En by hulle, volgens hulle afstamming, volgens hulle families, was die afdelings krygsmanne: ses en dertig duisend; want hulle het baie vroue en kinders gehad.

7:5b.1CH.007.005 En hulle broers, van al die geslagte van Issaskar, dapper helde: sewe en tagtig duisend tel hulle geslagsregister in sy geheel.

7:6b.1CH.007.006 Benjamin: Bela en Beger en Jedíael, drie.

7:7b.1CH.007.007 En die seuns van Bela was: Esbon en Ussi en Ussiël en Jérimot en Iri, vyf hoofde van families, dapper helde; en hulle geslagsregister het getel: twee en twintig duisend vier en dertig.

7:8b.1CH.007.008 En die seuns van Beger was: Semíra en Joas en Eliëser en Eljoënai en Omri en Jéremot en Abía en Anatot en Alémet; hulle almal was seuns van Beger.

7:9b.1CH.007.009 En hulle geslagsregister het getel volgens hulle afstamming, hoofde van hulle families, dapper helde: twintig duisend twee honderd.

7:10b.1CH.007.010 En die seuns van Jedíael was Bilhan; en die seuns van Bilhan was: Jehus en Benjamin en Ehud en Kenáäna en Setan en Tarsis en Ahisáhar.

7:11b.1CH.007.011 Hulle almal, seuns van Jedíael, volgens die hoofde van die families, dapper helde, was sewentien duisend twee honderd wat in die oorlog op kommando moes uittrek.

7:12b.1CH.007.012 Ook Suppim en Huppim was seuns van Ir; Husim, seuns van Aher.

7:13b.1CH.007.013 Die seuns van Náftali was: Jágsiël en Guni en Jeser en Sallum, seuns van Bilha.

7:14b.1CH.007.014 Die seuns van Manasse was Asriël wat sy vrou gebaar het; sy Aramese byvrou het Magir gebaar, die vader van Gílead;

7:15b.1CH.007.015 en Magir het van Huppim en Suppim 'n vrou geneem; die naam van sy suster was Máäga. En die naam van die tweede was Selófhad; en Selófhad het dogters gehad.

7:16b.1CH.007.016 En Máäga, die vrou van Magir, het 'n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.

7:17b.1CH.007.017 En die seuns van Ulam was Bedan; dit is die seuns van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse.

7:18b.1CH.007.018 En sy suster Moléket het Ishod en Abiëser en Magla gebaar.

7:19b.1CH.007.019 En die seuns van Semída was: Agjan en Segem en Likhi en Aníam.

7:20b.1CH.007.020 En die seuns van Efraim was Sútelag; en sy seun was Bered, en sy seun Tahat, en sy seun Eleáda, en sy seun Tahat,

7:21b.1CH.007.021 en sy seun Sabad, en sy seun Sútelag en Eser en Élead; en die manne van Gat wat in die land gebore was, het hulle gedood, omdat húlle afgetrek het om hulle vee te neem.

7:22b.1CH.007.022 Daarom het hulle vader Efraim baie dae lank gerou, en sy broers het gekom om hom te troos.

7:23b.1CH.007.023 Daarna het hy by sy vrou ingegaan, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en hy het hom Bería genoem, omdat dit tydens 'n onheil in sy huis gebeur het.

7:24b.1CH.007.024 En sy dogter was Séëra; en sy het Bet-Horon-Onder en--Bo gebou, en Ussen-Séëra.

7:25b.1CH.007.025 En sy seun was Refag, en Resef, en sy seun Telag, en sy seun Tahan;

7:26b.1CH.007.026 sy seun Láedan; sy seun Ammihud; sy seun Elisáma;

7:27b.1CH.007.027 sy seun was Nun, sy seun Josua.

7:28b.1CH.007.028 En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.

7:29b.1CH.007.029 En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-Séan met sy onderhorige plekke, Táänag met sy onderhorige plekke, Megíddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon.

7:30b.1CH.007.030 Die seuns van Aser was: Jimma en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster.

7:31b.1CH.007.031 En die seuns van Bería was Heber en Málkiël; hy was die vader van Birsájit.

7:32b.1CH.007.032 En Heber was die vader van Jaflet, en van Somer en Hotam en Sua, hulle suster.

7:33b.1CH.007.033 En die seuns van Jaflet was: Pasag en Bimhal en Aswat; dit was die seuns van Jaflet.

7:34b.1CH.007.034 En die seuns van Semer was: Ahi en Róhega, Jehúbba en Aram.

7:35b.1CH.007.035 En die seuns van sy broer Helem was: Sofag en Jimna en Seles en Amal.

7:36b.1CH.007.036 Die seuns van Sofag was: Suag en Harnéfer en Sual en Beri en Jimra,

7:37b.1CH.007.037 Beser en Hod en Samma en Silsa en Jitran en Beëra.

7:38b.1CH.007.038 En die seuns van Jeter was: Jefúnne en Pispa en Ara.

7:39b.1CH.007.039 En die seuns van Ulla was: Arag en Hánniël en Risja.

7:40b.1CH.007.040 Hulle almal was seuns van Aser, hoofde van families, uitgesoekte dapper helde, hoofde van die vorste; en hulle geslagsregister het betrekking gehad op diens in die oorlog; hulle aantal was ses en twintig duisend man.

8

8:1b.1CH.008.001 En Benjamin was die vader van Bela, sy eersgeborene; die tweede, Asbel; en die derde, Agrag,

8:2b.1CH.008.002 die vierde, Noha; en die vyfde, Rafa.

8:3b.1CH.008.003 En Bela het seuns gehad: Addar en Gera en Abíhud

8:4b.1CH.008.004 en Abisúa en Naäman en Ahóag

8:5b.1CH.008.005 en Gera en Sefúfan en Huram.

8:6b.1CH.008.006 En dit was die seuns van Ehud (hulle was hoofde van families van die inwoners van Geba, en hulle is in ballingskap na Manáhat weggevoer--

8:7b.1CH.008.007 Naäman en Ahía en Gera het hulle in ballingskap weggevoer); en hy was die vader van Ussa en van Ahíhud.

8:8b.1CH.008.008 En Saharáim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Báära verstoot het, die vader van kinders geword:

8:9b.1CH.008.009 by sy vrou Hodes was hy die vader van Jobab en Sibja en Mesa en Malkam,

8:10b.1CH.008.010 en Jehus en Sagía en Mirma; dit was sy seuns, hoofde van families.

8:11b.1CH.008.011 En by Husim was hy die vader van Abítub en Elpáäl.

8:12b.1CH.008.012 En die seuns van Elpáäl was: Eber en Míseam en Semed; hy het Ono en Lod met sy onderhorige plekke gebou;

8:13b.1CH.008.013 en Bería en Sema; hulle was hoofde van families van die inwoners van Ajalon; hulle het die inwoners van Gat verjaag;

8:14b.1CH.008.014 en Agjo, Sasak en Jerémot

8:15b.1CH.008.015 en Sebádja en Arad en Eder

8:16b.1CH.008.016 en Mígael en Jispa en Joha, die seuns van Bería;

8:17b.1CH.008.017 en Sebádja en Mesúllam en Hiski en Heber

8:18b.1CH.008.018 en Jísmerai en Jislía en Jobab, die seuns van Elpáäl;

8:19b.1CH.008.019 en Jakim en Sigri en Sabdi

8:20b.1CH.008.020 en Eliënai en Sílletai en Éliël

8:21b.1CH.008.021 en Adája en Berája en Simrat, die seuns van Símeï;

8:22b.1CH.008.022 en Jispan en Eber en Éliël

8:23b.1CH.008.023 en Abdon en Sigri en Hanan

8:24b.1CH.008.024 en Hanánja en Elam en Antotía

8:25b.1CH.008.025 en Jifdéja en Pnúel, die seuns van Sasak;

8:26b.1CH.008.026 en Sámserai en Sehárja en Atálja

8:27b.1CH.008.027 en Jaärésja en Elía en Sigri, die seuns van Jeróham.

8:28b.1CH.008.028 Hulle was hoofde van families, volgens hulle afstamming, hoofde; hulle het in Jerusalem gewoon.

8:29b.1CH.008.029 En in Gíbeon het die vader van Gíbeon gewoon, en die naam van sy vrou was Máäga.

8:30b.1CH.008.030 En sy eersgebore seun was Abdon, verder Sur en Kis en Baäl en Nadab

8:31b.1CH.008.031 en Gedor en Agjo en Seger.

8:32b.1CH.008.032 En Miklot was die vader van Símea; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.

8:33b.1CH.008.033 En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Esbáäl.

8:34b.1CH.008.034 En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.

8:35b.1CH.008.035 En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Taäréa en Agas.

8:36b.1CH.008.036 En Agas was die vader van Jehóadda, en Jehóadda van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa.

8:37b.1CH.008.037 En Mosa was die vader van Bínea; sy seun was Rafa; sy seun was Eleása; sy seun was Asel.

8:38b.1CH.008.038 En Asel het ses seuns gehad; en dít was hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; hulle almal was seuns van Asel.

8:39b.1CH.008.039 En die seuns van Esek, sy broer, was: Ulam, sy eersgeborene, Jehus, die tweede, en Elifélet, die derde.

8:40b.1CH.008.040 En die seuns van Ulam was manne, dapper helde wat die boog gespan het, en hulle het baie kinders en kindskinders gehad, honderd en vyftig. Hulle was almal uit die seuns van Benjamin.

9

9:1b.1CH.009.001 En die hele Israel is in geslagsregisters opgeneem, en kyk, hulle is opgeskrywe in die boek van die konings van Israel. En die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer vanweë hulle ontrou.

9:2b.1CH.009.002 En die wat vroeër in hulle besitting, in hulle stede gaan woon het, was: Israeliete, die priesters, die Leviete en die tempelbediendes.

9:3b.1CH.009.003 En in Jerusalem het gewoon van die seuns van Juda en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse:

9:4b.1CH.009.004 Utai, die seun van Ammíhud, die seun van Omri, die seun van Imri, die seun van Bani, van die seuns van Peres, die seun van Juda;

9:5b.1CH.009.005 en van die Siloniete: Asája, die eersgeborene, en sy seuns;

9:6b.1CH.009.006 en van die seuns van Serag: Jehúel en hulle broers, ses honderd en negentig;

9:7b.1CH.009.007 en van die seuns van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Hodáwja, die seun van Hassenúa,

9:8b.1CH.009.008 en Jíbneja, die seun van Jeróham, en Ela, die seun van Ussi, die seun van Migri, en Mesúllam, die seun van Sefátja, die seun van Rehúel, die seun van Jíbneja;

9:9b.1CH.009.009 en hulle broers volgens hulle afstamming, nege honderd ses en vyftig; al hierdie manne was familiehoofde van hulle families;

9:10b.1CH.009.010 en van die priesters: Jedája en Jójarib en Jagin,

9:11b.1CH.009.011 en Asárja, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors oor die huis van God;

9:12b.1CH.009.012 en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pasgur, die seun van Malkía, en Máesai, die seun van Adiël, die seun van Jagséra, die seun van Mesúllam, die seun van Mesíllemit, die seun van Immer;

9:13b.1CH.009.013 en hulle broers, hoofde van hulle families, sewentien honderd en sestig, dapper manne in die dienswerk van die huis van God;

9:14b.1CH.009.014 en van die Leviete: Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, van die seuns van Merári;

9:15b.1CH.009.015 en Bákbakkar, Heres en Galal en Máttanja, die seun van Miga, die seun van Sigri, die seun van Asaf;

9:16b.1CH.009.016 en Obádja, die seun van Semája, die seun van Galal, die seun van Jedútun; en Berégja, die seun van Asa, die seun van Élkana wat in die dorpe van die Netofatiete gewoon het.

9:17b.1CH.009.017 En die poortwagters was: Sallum en Akkub en Talmon en Ahíman en hulle broers; Sallum was die hoof,

9:18b.1CH.009.018 en tot nou toe is hy in die koningspoort teen die ooste; hulle was die poortwagters van die laers van die seuns van Levi.

9:19b.1CH.009.019 En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die HERE die ingang bewaak het.

9:20b.1CH.009.020 En Pínehas, die seun van Eleásar, was vroeër bevelhebber oor hulle. Mag die HERE met hom wees!

9:21b.1CH.009.021 Sagaría, die seun van Meselémja, was poortwagter by die ingang van die tent van samekoms.

9:22b.1CH.009.022 Hulle almal wat as drumpelwagters uitgesoek was, was twee honderd en twaalf; hulle is in hul dorpe in die geslagsregister opgeneem. Dawid en die siener Samuel het hulle in hul ampsplig bevestig.

9:23b.1CH.009.023 En hulle met hul seuns was aangestel oor die poorte van die huis van die HERE, van die tenthuis, om wag te hou.

9:24b.1CH.009.024 Die poortwagters moes aan die vier windstreke wees, na die ooste, weste, noorde en suide toe.

9:25b.1CH.009.025 En hulle broers, in hulle dorpe, moes van tyd tot tyd vir sewe dae saam met hulle inkom.

9:26b.1CH.009.026 Want in die ampsplig het hulle, die vier owerstes van die deurwagters, gestaan. Van die Leviete was oor die kamers en oor die skatte van die huis van God.

9:27b.1CH.009.027 En hulle moes in die nag rondom die huis van God bly, want hulle het die wag gehad en moes elke môre oopsluit.

9:28b.1CH.009.028 En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskap van die diens; want hulle moes dit voltallig inbring en voltallig uitbring.

9:29b.1CH.009.029 En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskappe en oor al die heilige voorwerpe en oor die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye.

9:30b.1CH.009.030 En van die seuns van die priesters was daar mengers van salf uit speserye.

9:31b.1CH.009.031 En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad.

9:32b.1CH.009.032 En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om dit elke sabbat klaar te maak.

9:33b.1CH.009.033 En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.

9:34b.1CH.009.034 Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.

9:35b.1CH.009.035 En in Gíbeon het die vader van Gíbeon, Jeï-el, gewoon; en die naam van sy vrou was Máäga.

9:36b.1CH.009.036 En Abdon was sy eersgebore seun, dan Sur en Kis en Baäl en Ner en Nadab

9:37b.1CH.009.037 en Gedor en Agjo en Sagaría en Miklot.

9:38b.1CH.009.038 En Miklot was die vader van Símeam; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.

9:39b.1CH.009.039 En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Ésbaäl.

9:40b.1CH.009.040 En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.

9:41b.1CH.009.041 En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Tagréa.

9:42b.1CH.009.042 En Agas was die vader van Jaëra, en Jaëra van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa;

9:43b.1CH.009.043 en Mosa was die vader van Bínea; en sy seun was Refája, sy seun Eleása, sy seun Asel.

9:44b.1CH.009.044 En Asel het ses seuns gehad, en dít is hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; dit was die seuns van Asel.

10

10:1b.1CH.010.001 En die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.

10:2b.1CH.010.002 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.

10:3b.1CH.010.003 En toe die geveg swaar word teen Saul en die boogskutters hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.

10:4b.1CH.010.004 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee; anders kom hierdie onbesnedenes en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.

10:5b.1CH.010.005 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, val hy self ook in die swaard, sodat hy gesterf het.

10:6b.1CH.010.006 So het Saul en sy drie seuns dan gesterwe; en sy hele huis, almal saam, het gesterwe.

10:7b.1CH.010.007 Toe al die manne van Israel wat in die vlakte was, sien dat hulle gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle hul stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.

10:8b.1CH.010.008 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, vind hulle Saul en sy seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa.

10:9b.1CH.010.009 En hulle het hom uitgetrek en sy hoof en sy wapens saamgeneem en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap vir hulle afgode en vir die volk te bring.

10:10b.1CH.010.010 Daarna het hulle sy wapens in die huis van hulle god neergelê en sy hoofskedel in die huis van Dagon vasgeslaan.

10:11b.1CH.010.011 Toe die hele Jabes in Gílead hoor alles wat die Filistyne aan Saul gedoen het,

10:12b.1CH.010.012 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas.

10:13b.1CH.010.013 En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,

10:14b.1CH.010.014 maar die HERE nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isai.

11

11:1b.1CH.011.001 Toe kom die hele Israel by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees.

11:2b.1CH.011.002 Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit-- en ingelei; en die HERE u God het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor my volk Israel.

11:3b.1CH.011.003 So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle 'n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die HERE deur die diens van Samuel.

11:4b.1CH.011.004 En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die land.

11:5b.1CH.011.005 En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.

11:6b.1CH.011.006 En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal 'n hoof en 'n owerste word. Toe het Joab, die seun van Serúja, die eerste opgeklim en 'n hoof geword.

11:7b.1CH.011.007 En Dawid het in die bergvesting gaan woon; daarom noem hulle dit die stad van Dawid.

11:8b.1CH.011.008 En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.

11:9b.1CH.011.009 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die HERE van die leërskare was met hom.

11:10b.1CH.011.010 En dít was die hoofde van die helde van Dawid wat hom kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele Israel om hom volgens die woord van die HERE koning te maak oor Israel.

11:11b.1CH.011.011 En dít is die getal van die helde van Dawid: Jasóbeam, die seun van Hagmóni, die hoof van die dertig; hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat op een keer gesneuwel het.

11:12b.1CH.011.012 En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet; hy was onder die drie helde.

11:13b.1CH.011.013 Hy was saam met Dawid by Pas-Dámmim toe die Filistyne daar bymekaar was om te veg; en daar was 'n stuk land vol gars, en die volk het vir die Filistyne gevlug.

11:14b.1CH.011.014 Maar hy het hom in die middel van die stuk land opgestel en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.

11:15b.1CH.011.015 En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het.

11:16b.1CH.011.016 En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.

11:17b.1CH.011.017 En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?

11:18b.1CH.011.018 Toe het die drie deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit voor die HERE uitgegiet

11:19b.1CH.011.019 en gesê: Mag my God my bewaar, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed van hierdie manne drink? Met lewensgevaar, ja, met lewensgevaar het hulle dit gebring! En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.

11:20b.1CH.011.020 En Abísai, die broer van Joab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en 'n naam gehad onder die drie.

11:21b.1CH.011.021 Uit die drie was hy onder die ander twee geëerd, sodat hy hulle owerste geword het; maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.

11:22b.1CH.011.022 Benája, die seun van Jójada, 'n dapper man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.

11:23b.1CH.011.023 Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies soos 'n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

11:24b.1CH.011.024 Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.

11:25b.1CH.011.025 Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

11:26b.1CH.011.026 En die dapper helde was: Asahel, die broer van Joab, Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

11:27b.1CH.011.027 Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet;

11:28b.1CH.011.028 Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser, die Anatotiet;

11:29b.1CH.011.029 Síbbegai, die Husatiet; Ilai, die Ahohiet;

11:30b.1CH.011.030 Máharai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet;

11:31b.1CH.011.031 Itai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; Benája, die Pireatoniet;

11:32b.1CH.011.032 Húrai, uit Nahale-Gaäs, Abíël, die Arabatiet;

11:33b.1CH.011.033 Asmáwet, die Baharumiet; Éljagba, die Saälboniet.

11:34b.1CH.011.034 Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: Jónatan, die seun van Sage, die Harariet;

11:35b.1CH.011.035 Ahíam, die seun van Sagar, die Harariet; Elífal, die seun van Ur;

11:36b.1CH.011.036 Hefer, die Megeratiet; Ahía, die Peloniet;

11:37b.1CH.011.037 Hesro, die Karmeliet; Náärai, die seun van Ésbai;

11:38b.1CH.011.038 Joël, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri;

11:39b.1CH.011.039 Selek, die Ammoniet; Nágrai, die Berotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;

11:40b.1CH.011.040 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet;

11:41b.1CH.011.041 Uría, die Hetiet; Sabad, die seun van Aglai;

11:42b.1CH.011.042 Adína, die seun van Sisa, die Rubeniet, 'n hoof van die Rubeniete, en saam met hom was dertig;

11:43b.1CH.011.043 Hanan, die seun van Máäga; en Jósafat, die Mitniet;

11:44b.1CH.011.044 Ussía, die Asteratiet; Sama en Jeï-el, die seuns van Hotam, die Aroëriet;

11:45b.1CH.011.045 Jedíael, die seun van Simri; en Joha, sy broer, die Tisiet;

11:46b.1CH.011.046 Éliël van Maháwim en Jeríbai en Josáwja, die seuns van Elnáäm; en Jitma, die Moabiet:

11:47b.1CH.011.047 Éliël en Obed en Jaäsiël van Mesobája.

12

12:1b.1CH.012.001 En dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog,

12:2b.1CH.012.002 gewapend met die boog, wat regter-- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin:

12:3b.1CH.012.003 Ahiëser, die hoof, en Joas, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en Jésiël en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en Jehu, uit Anatot;

12:4b.1CH.012.004 en Jismája, die Gibeoniet, 'n held onder die dertig en hoof oor die dertig; en Jeremía en Jahásiël en Jóhanan en Jósabad, uit Gedéra;

12:5b.1CH.012.005 Elehúsai en Jerímot en Beálja en Semárja en Sefátja, uit Harif;

12:6b.1CH.012.006 Élkana en Jissía en Asáreël en Joëser en Jasóbeam, die Koragiete;

12:7b.1CH.012.007 en Joëla en Sebádja, die seuns van Jeróham, uit Gedor.

12:8b.1CH.012.008 Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:

12:9b.1CH.012.009 Eser, die hoof, Obádja, die tweede, Elíab, die derde;

12:10b.1CH.012.010 Masmánna, die vierde, Jeremía, die vyfde;

12:11b.1CH.012.011 Attai, die sesde, Éliël, die sewende;

12:12b.1CH.012.012 Jóhanan, die agtste, Élsabad, die negende;

12:13b.1CH.012.013 Jeremía, die tiende, Magbánnai, die elfde.

12:14b.1CH.012.014 Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, een teen duisend.

12:15b.1CH.012.015 Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste.

12:16b.1CH.012.016 En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom,

12:17b.1CH.012.017 het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie--mag die God van ons vaders dit dan sien en straf!

12:18b.1CH.012.018 Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Isai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende.

12:19b.1CH.012.019 Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy heer Saul toe oorloop.

12:20b.1CH.012.020 Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse.

12:21b.1CH.012.021 En hulle het Dawid gehelp teen die bende, want hulle was almal dapper helde en owerstes in die leër.

12:22b.1CH.012.022 Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos 'n leër van God.

12:23b.1CH.012.023 En dít is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die HERE.

12:24b.1CH.012.024 Die seuns van Juda wat skild en spies gedra het, was ses duisend agt honderd, gewapend vir oorlog;

12:25b.1CH.012.025 van die seuns van Símeon, dapper helde vir krygsdiens, sewe duisend een honderd;

12:26b.1CH.012.026 van die seuns van Levi, vier duisend ses honderd;

12:27b.1CH.012.027 en Jehójada, die bevelhebber van die Aäroniete, en saam met hom drie duisend sewe honderd;

12:28b.1CH.012.028 en Sadok, 'n jongman, 'n dapper held, met sy familie: twee en twintig owerstes;

12:29b.1CH.012.029 en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drie duisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly;

12:30b.1CH.012.030 en van die seuns van Efraim, twintig duisend agt honderd, dapper helde, manne van naam in hulle families;

12:31b.1CH.012.031 en van die halwe stam van Manasse agttien duisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak;

12:32b.1CH.012.032 en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel;

12:33b.1CH.012.033 van Sébulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftig duisend aaneengesluit, en nie met 'n dubbele hart nie;

12:34b.1CH.012.034 en van Náftali duisend owerstes, en saam met hulle sewe en dertig duisend met skild en spies;

12:35b.1CH.012.035 en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt en twintig duisend ses honderd;

12:36b.1CH.012.036 en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertig duisend;

12:37b.1CH.012.037 en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd en twintig duisend met allerhande wapens vir krygsdiens.

12:38b.1CH.012.038 Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met 'n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak.

12:39b.1CH.012.039 En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei.

12:40b.1CH.012.040 En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel.

13

13:1b.1CH.013.001 En Dawid het raad gehou met die owerstes oor duisend en oor honderd, met elke bevelhebber;

13:2b.1CH.013.002 en Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As julle dit goedvind en dit van die HERE onse God is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in al die landstreke van Israel, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom.

13:3b.1CH.013.003 En laat ons die ark van onse God na ons toe oorbring, want in die dae van Saul het ons daar nie na gevra nie.

13:4b.1CH.013.004 Toe sê die hele vergadering dat hulle so moes doen, want die saak was reg in die oë van die hele volk.

13:5b.1CH.013.005 En Dawid het die hele Israel versamel van die Sihor in Egipte af tot by die ingang na Hamat, om die ark van God uit Kirjat-Jeárim te gaan haal.

13:6b.1CH.013.006 Daarna het Dawid met die hele Israel opgetrek na Báäla, na Kirjat-Jeárim wat aan Juda behoort, om daarvandaan op te bring die ark van God die HERE wat op die gérubs troon, waaroor die Naam uitgeroep is.

13:7b.1CH.013.007 En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer uit die huis van Abinádab, en Ussa en Agjo het die wa gedrywe.

13:8b.1CH.013.008 En Dawid en die hele Israel het voor die aangesig van God met alle mag gespeel, sowel met liedere as met siters en harpe en tamboeryne en simbale en trompette.

13:9b.1CH.013.009 Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het Ussa sy hand uitgesteek om die ark vas te hou, want die osse het gestruikel.

13:10b.1CH.013.010 Daarop het die toorn van die HERE ontvlam teen Ussa, en Hy het hom getref, omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het, sodat hy daar voor die aangesig van God gesterf het.

13:11b.1CH.013.011 En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.

13:12b.1CH.013.012 En Dawid het daardie dag vir God bevrees geword en gesê: Hoe kan ek die ark van God na my toe bring?

13:13b.1CH.013.013 Daarom het Dawid die ark nie by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom, die Gittiet.

13:14b.1CH.013.014 En die ark van God het by die huis van Obed-Edom in sy huis gebly drie maande lank, en die HERE het die huis van Obed-Edom geseën met alles wat hy gehad het.

14

14:1b.1CH.014.001 Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en messelaars en skrynwerkers om vir hom 'n huis te bou.

14:2b.1CH.014.002 So het Dawid dan gewaargeword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van sy volk Israel.

14:3b.1CH.014.003 En Dawid het in Jerusalem nog meer vroue geneem, en Dawid het die vader van nog meer seuns en dogters geword.

14:4b.1CH.014.004 En dit is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het: Sámmua en Sobab, Natan en Salomo

14:5b.1CH.014.005 en Jibhar en Elisúa en Elpélet

14:6b.1CH.014.006 en Noga en Nefeg en Jafía

14:7b.1CH.014.007 en Elisáma en Beëljada en Elifélet.

14:8b.1CH.014.008 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid dit hoor, het hy teen hulle uitgetrek.

14:9b.1CH.014.009 En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.

14:10b.1CH.014.010 Toe het Dawid God geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan hom gesê: Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee.

14:11b.1CH.014.011 En toe hulle optrek by Baäl-Pérasim, het Dawid hulle daar verslaan, en Dawid het gesê: God het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hulle dié plek Baäl-Pérasim genoem.

14:12b.1CH.014.012 En hulle het hul gode daar agtergelaat; en Dawid het bevel gegee, en hulle is met vuur verbrand.

14:13b.1CH.014.013 Maar die Filistyne het hulle nog weer in die dal versprei.

14:14b.1CH.014.014 Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.

14:15b.1CH.014.015 En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want God het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.

14:16b.1CH.014.016 En Dawid het gedoen soos God hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot by Geser.

14:17b.1CH.014.017 En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande, en die HERE het die skrik vir hom op al die nasies gelê.

15

15:1b.1CH.015.001 En hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor 'n tent opgeslaan.

15:2b.1CH.015.002 Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.

15:3b.1CH.015.003 En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die HERE te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.

15:4b.1CH.015.004 En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:

15:5b.1CH.015.005 van die seuns van Kehat: Uriël, die owerste, en sy broers, honderd en twintig;

15:6b.1CH.015.006 van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, twee honderd en twintig;

15:7b.1CH.015.007 van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd en dertig;

15:8b.1CH.015.008 van die seuns van Elisáfan: Semája, die owerste, en sy broers, twee honderd;

15:9b.1CH.015.009 van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;

15:10b.1CH.015.010 van die seuns van Ussiël: Amminádab, die owerste, en sy broers, honderd en twaalf.

15:11b.1CH.015.011 En Dawid het Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete Uriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Amminádab laat roep

15:12b.1CH.015.012 en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.

15:13b.1CH.015.013 Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die HERE onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.

15:14b.1CH.015.014 Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die HERE, die God van Israel, te gaan haal.

15:15b.1CH.015.015 En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die HERE beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.

15:16b.1CH.015.016 En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.

15:17b.1CH.015.017 Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van Kusája;

15:18b.1CH.015.018 en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jehíël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el, die poortwagters;

15:19b.1CH.015.019 en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;

15:20b.1CH.015.020 en Sagaría en Asiël en Semíramot en Jehíël en Unni en Elíab en Maäséja en Benája met harpe, met sopraanstemme;

15:21b.1CH.015.021 en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el en Asásja met siters om in die bas leiding te gee.

15:22b.1CH.015.022 En Kenánja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.

15:23b.1CH.015.023 En Berégja en Élkana was poortwagters by die ark.

15:24b.1CH.015.024 En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.

15:25b.1CH.015.025 Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die HERE met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.

15:26b.1CH.015.026 En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die HERE dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.

15:27b.1CH.015.027 En Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het 'n linneskouerkleed aangehad.

15:28b.1CH.015.028 En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.

15:29b.1CH.015.029 Toe die verbondsark van die HERE by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.

16

16:1b.1CH.016.001 Nadat hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God.

16:2b.1CH.016.002 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE geseën.

16:3b.1CH.016.003 En hy het aan elkeen van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen 'n broodjie en 'n stuk vleis en 'n rosynekoek uitgedeel.

16:4b.1CH.016.004 En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:

16:5b.1CH.016.005 Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jehíël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp-- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het,

16:6b.1CH.016.006 en Benája en Jahásiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die verbondsark van God.

16:7b.1CH.016.007 Op dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om loof die HERE te sing.

16:8b.1CH.016.008 Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend!

16:9b.1CH.016.009 Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

16:10b.1CH.016.010 Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.

16:11b.1CH.016.011 Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

16:12b.1CH.016.012 Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,

16:13b.1CH.016.013 o nageslag van Israel, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!

16:14b.1CH.016.014 Hy, die HERE is onse God; oor die ganse aarde is sy oordele.

16:15b.1CH.016.015 Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte--

16:16b.1CH.016.016 die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;

16:17b.1CH.016.017 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,

16:18b.1CH.016.018 met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle afgemete erfdeel.

16:19b.1CH.016.019 Toe julle min mense was, min en vreemdelinge daarin,

16:20b.1CH.016.020 en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk,

16:21b.1CH.016.021 het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:

16:22b.1CH.016.022 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

16:23b.1CH.016.023 Sing tot eer van die HERE, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag.

16:24b.1CH.016.024 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.

16:25b.1CH.016.025 Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode.

16:26b.1CH.016.026 Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.

16:27b.1CH.016.027 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek.

16:28b.1CH.016.028 Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.

16:29b.1CH.016.029 Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.

16:30b.1CH.016.030 Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

16:31b.1CH.016.031 Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!

16:32b.1CH.016.032 Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is.

16:33b.1CH.016.033 Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel.

16:34b.1CH.016.034 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;

16:35b.1CH.016.035 en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

16:36b.1CH.016.036 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die HERE!

16:37b.1CH.016.037 En hy het daar voor die verbondsark van die HERE Asaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag;

16:38b.1CH.016.038 en ook Obed-Edom met hulle broers, agt en sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedútun, en Hosa as poortwagters;

16:39b.1CH.016.039 maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van die HERE, op die hoogte wat in Gíbeon is,

16:40b.1CH.016.040 om gedurigdeur smôrens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan die HERE te bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het;

16:41b.1CH.016.041 en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is;

16:42b.1CH.016.042 en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort.

16:43b.1CH.016.043 En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawid omgedraai om sy huisgesin te seën.

17

17:1b.1CH.017.001 En toe Dawid in sy huis gewoon het, sê Dawid aan die profeet Natan: Kyk, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die verbondsark van die HERE onder tentdoeke.

17:2b.1CH.017.002 Toe sê Natan vir Dawid: Doen alles wat in u hart is, want God is met u.

17:3b.1CH.017.003 Maar in dieselfde nag kom die woord van God tot Natan en sê:

17:4b.1CH.017.004 Gaan sê vir Dawid, my kneg: So spreek die HERE: Jy mag nie vir My die huis bou om in te woon nie.

17:5b.1CH.017.005 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek Israel laat optrek het tot vandag toe nie, maar Ek het gekom van tent tot tent, en van tabernakel tot tabernakel.

17:6b.1CH.017.006 Oral waar Ek rondgetrek het onder die hele Israel, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die Rigters van Israel wat Ek aangestel het om my volk op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?

17:7b.1CH.017.007 So moet jy dan nou aan my kneg Dawid sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld, agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk Israel.

17:8b.1CH.017.008 En Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande uitgeroei voor jou uit; en Ek sal vir jou 'n naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;

17:9b.1CH.017.009 en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer mishandel soos vroeër nie,

17:10b.1CH.017.010 naamlik van die dae af dat Ek Rigters oor my volk Israel aangestel het; en Ek sal al jou vyande verneder. Daarom gee ek jou te kenne dat die HERE vir jou 'n huis sal stig.

17:11b.1CH.017.011 En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en sy koningskap bevestig.

17:12b.1CH.017.012 Hy sal vir My 'n huis bou, en Ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid.

17:13b.1CH.017.013 Ék sal vir hom 'n vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees, en my goedertierenheid sal Ek van hom nie laat wyk soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie.

17:14b.1CH.017.014 Maar Ek sal hom laat bestaan in my huis en in my koninkryk tot in ewigheid, en sy troon sal vas staan tot in ewigheid.

17:15b.1CH.017.015 Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek.

17:16b.1CH.017.016 Toe het koning Dawid heengegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, HERE God, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?

17:17b.1CH.017.017 En dit was nog te gering in u oë, o God, sodat U aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek en my vorentoe as 'n reeks van mense gesien het, HERE God!

17:18b.1CH.017.018 Wat kan Dawid daar nog vir U byvoeg met die oog op die eer wat u kneg aangedoen is; en U ken u kneg.

17:19b.1CH.017.019 HERE, ter wille van u kneg en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen om al hierdie groot dinge bekend te maak.

17:20b.1CH.017.020 HERE, daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

17:21b.1CH.017.021 En wie is soos u volk Israel, 'n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as 'n volk gaan verlos het, om vir U 'n naam te maak deur groot en vreeslike dinge, deur voor u volk uit, wat U uit Egipte verlos het, nasies te verdrywe.

17:22b.1CH.017.022 En U het u volk Israel vir U as 'n volk tot in ewigheid gemaak; en U, HERE, U het vir hulle 'n God geword.

17:23b.1CH.017.023 Laat dan nou, HERE, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, tot in ewigheid waar gemaak word, en doen soos U gespreek het.

17:24b.1CH.017.024 Ja, laat dit waar gemaak word en laat u Naam groot word tot in ewigheid, deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare, die God van Israel, is Israel se God, en die huis van u kneg Dawid is bestendig voor u aangesig.

17:25b.1CH.017.025 Want U, my God, het die oor van u kneg geopen, dat U vir hom 'n huis sal stig; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om voor u aangesig te bid.

17:26b.1CH.017.026 En nou, HERE, U is God, en U het hierdie goeie saak oor u kneg gespreek.

17:27b.1CH.017.027 Dit het U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën om vir ewig voor u aangesig te wees; want U, HERE, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees.

18

18:1b.1CH.018.001 En hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met sy onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem.

18:2b.1CH.018.002 Hy het ook die Moabiete verslaan, sodat die Moabiete Dawid se belastingpligtige knegte geword het.

18:3b.1CH.018.003 Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig.

18:4b.1CH.018.004 En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewe duisend perderuiters en twintig duisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.

18:5b.1CH.018.005 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadaréser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan.

18:6b.1CH.018.006 En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

18:7b.1CH.018.007 En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadaréser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.

18:8b.1CH.018.008 En uit Tibhat en uit Kun, stede van Hadaréser, het Dawid ontsaglik veel koper weggeneem; daarvan het Salomo die kopersee en die pilare en die kopergereedskappe gemaak.

18:9b.1CH.018.009 Toe Toü, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadaréser, die koning van Soba, verslaan het,

18:10b.1CH.018.010 stuur hy sy seun Hadóram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens dat hy teen Hadaréser geveg en hom verslaan het, want Hadaréser was 'n vyand van Toü. Ook allerhande goue en silwer-- en kopervoorwerpe het hy saamgebring.

18:11b.1CH.018.011 Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.

18:12b.1CH.018.012 Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Soutdal verslaan, agttien duisend.

18:13b.1CH.018.013 En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

18:14b.1CH.018.014 En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.

18:15b.1CH.018.015 En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

18:16b.1CH.018.016 En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Sausa was skrywer.

18:17b.1CH.018.017 En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die oudste seuns van Dawid was in diens van die koning.

19

19:1b.1CH.019.001 Daarna het Nahas, die koning van die kinders van Ammon, gesterwe, en sy seun het in sy plek koning geword.

19:2b.1CH.019.002 Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, want sy vader het aan my guns bewys. Daarom het Dawid boodskappers gestuur om hom te troos oor sy vader. Toe dan die dienaars van Dawid in die land van die kinders van Ammon by Hanun aankom om hom te troos,

19:3b.1CH.019.003 het die vorste van die kinders van Ammon vir Hanun gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het sy dienaars nie na u gekom om die land te deursoek en dit om te keer en te verken nie?

19:4b.1CH.019.004 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer hulle en sny hulle klere in die helfte af tot by die sitplek, en hy het hulle laat gaan.

19:5b.1CH.019.005 En toe hulle heengegaan het en van Dawid aangaande die manne berig gebring is, stuur hy bodes om hulle te ontmoet, want die manne was baie skaam; en die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.

19:6b.1CH.019.006 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul by Dawid gehaat gemaak het, het Hanun en die kinders van Ammon duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Mesopotámië en uit Aram-Máäga en uit Soba te huur.

19:7b.1CH.019.007 En hulle het vir hulle twee en dertig duisend waens gehuur, en die koning van Máäga met sy manskappe; en hulle het gekom en voor Medéba laer opgeslaan; ook die kinders van Ammon het saamgekom uit hulle stede om oorlog te voer.

19:8b.1CH.019.008 En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër, die helde, gestuur.

19:9b.1CH.019.009 En die kinders van Ammon het uitgetrek en hulle in slagorde opgestel by die ingang van die stad, terwyl die konings wat gekom het, afsonderlik in die veld was.

19:10b.1CH.019.010 Toe Joab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel uitgekies en hulle teenoor die Arameërs opgestel.

19:11b.1CH.019.011 Maar die orige manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai gegee, en hulle het hul teenoor die kinders van Ammon opgestel.

19:12b.1CH.019.012 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom.

19:13b.1CH.019.013 Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!

19:14b.1CH.019.014 Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug.

19:15b.1CH.019.015 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het in Jerusalem aangekom.

19:16b.1CH.019.016 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.

19:17b.1CH.019.017 Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg.

19:18b.1CH.019.018 Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe duisend trekperde en veertig duisend man voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood.

19:19b.1CH.019.019 En toe die dienaars van Hadaréser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Dawid vrede gesluit en hom gedien; en die Arameërs wou die kinders van Ammon nie verder help nie.

20

20:1b.1CH.020.001 En ná verloop van 'n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek.

20:2b.1CH.020.002 En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan 'n talent goud was; en daarin was 'n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het 'n baie groot buit van die stad uitgebring.

20:3b.1CH.020.003 Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.

20:4b.1CH.020.004 En daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïte verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het.

20:5b.1CH.020.005 En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.

20:6b.1CH.020.006 En daar was weer oorlog by Gat, en daar was 'n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier en twintig; en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete.

20:7b.1CH.020.007 En hy het Israel uitgedaag, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.

20:8b.1CH.020.008 Hulle was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.

21

21:1b.1CH.021.001 Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.

21:2b.1CH.021.002 En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israelvan Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet.

21:3b.1CH.021.003 En Joab sê: Mag die HERE by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?

21:4b.1CH.021.004 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.

21:5b.1CH.021.005 En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elf honderd duisend man wat die swaard uittrek, en Juda vier honderd en sewentig duisend man wat die swaard uittrek.

21:6b.1CH.021.006 Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Joab 'n gruwel.

21:7b.1CH.021.007 En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.

21:8b.1CH.021.008 Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.

21:9b.1CH.021.009 En die HERE het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:

21:10b.1CH.021.010 Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.

21:11b.1CH.021.011 Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: So spreek die HERE: Kies vir jou

21:12b.1CH.021.012 óf drie jaar lank hongersnood, óf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, óf drie dae lank die swaard van die HERE, naamlik pes in die land deurdat die engel van die HERE verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.

21:13b.1CH.021.013 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

21:14b.1CH.021.014 En die HERE het 'n pes onder Israel beskik, en van Israel het daar sewentig duisend man geval.

21:15b.1CH.021.015 En God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die HERE dit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van die HERE het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.

21:16b.1CH.021.016 Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van die HERE staan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.

21:17b.1CH.021.017 En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? HERE, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen u volk nie.

21:18b.1CH.021.018 Daarop gee die engel van die HERE bevel aan Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir die HERE 'n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.

21:19b.1CH.021.019 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad wat hy in die Naam van die HERE gespreek het.

21:20b.1CH.021.020 Toe Ornan hom omdraai, sien hy die engel; en sy vier seuns wat by hom was, het hulle weggesteek; Ornan het naamlik koring gedors.

21:21b.1CH.021.021 Toe Dawid by Ornan kom, het Ornan opgekyk en Dawid gesien, en hy het van die dorsvloer uitgegaan en hom voor Dawid met sy aangesig na die aarde gebuig.

21:22b.1CH.021.022 Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir die HERE 'n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.

21:23b.1CH.021.023 Maar Ornan sê vir Dawid: Neem dit vir u, en laat my heer die koning doen wat goed is in sy oë; kyk, ek gee die beeste as brandoffers en die sleë as hout en die koring as 'n spysoffer; ek gee dit alles.

21:24b.1CH.021.024 Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle geld; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir die HERE neem, dat ek verniet 'n brandoffer sou bring nie.

21:25b.1CH.021.025 En Dawid het vir die plek ses honderd sikkels goud in gewig aan Ornan gegee.

21:26b.1CH.021.026 En Dawid het daar vir die HERE 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring. Onderwyl hy die HERE aanroep, het Hy hom met vuur uit die hemel op die brandofferaltaar geantwoord.

21:27b.1CH.021.027 En die HERE het die engel beveel om sy swaard weer in die skede te steek.

21:28b.1CH.021.028 In dié tyd, toe Dawid sien dat die HERE hom geantwoord het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, het hy daar geoffer;

21:29b.1CH.021.029 want die tabernakel van die HERE wat Moses in die woestyn gemaak het, en die brandofferaltaar was in dié tyd op die hoogte in Gíbeon.

21:30b.1CH.021.030 En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die HERE.

22

22:1b.1CH.022.001 En Dawid het gesê: Dit is die huis van die HERE God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.

22:2b.1CH.022.002 En Dawid het bevel gegee om die vreemdelinge wat in die land van Israel was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die huis van God te bou.

22:3b.1CH.022.003 En Dawid het yster in groot hoeveelheid byeengebring as spykers vir die poortdeure en as kramme, en koper in menigte, onweegbaar;

22:4b.1CH.022.004 verder sederblokke, ontelbaar; want die Sidoniërs en die Tiriërs het vir Dawid sederblokke in menigte gebring.

22:5b.1CH.022.005 Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die HERE gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot 'n roem en 'n sieraad van al die lande; laat my dan vir hom die bou voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.

22:6b.1CH.022.006 Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om 'n huis vir die HERE, die God van Israel, te bou.

22:7b.1CH.022.007 En Dawid het aan Salomo gesê: My seun, ek self het my voorgeneem om 'n huis te bou vir die Naam van die HERE my God.

22:8b.1CH.022.008 Maar die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.

22:9b.1CH.022.009 Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word; hy sal 'n man van rus wees, en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.

22:10b.1CH.022.010 Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en hy sal vir My 'n seun wees, en Ek vir hom 'n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel bevestig tot in ewigheid.

22:11b.1CH.022.011 Nou, my seun, mag die HERE met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die HERE jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.

22:12b.1CH.022.012 Mag die HERE jou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van die HERE jou God te onderhou.

22:13b.1CH.022.013 Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat die HERE aan Moses oor Israel beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.

22:14b.1CH.022.014 En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die HERE honderd duisend talente goud en 'n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.

22:15b.1CH.022.015 Verder is daar by jou werksmense in menigte: klipkappers en ambagsmanne in klip en hout, en allerhande kunstenaars in allerhande werk.

22:16b.1CH.022.016 Wat die goud, die silwer en die koper en die yster betref, dit is ontelbaar. Maak jou klaar en gaan aan die werk, en mag die HERE met jou wees!

22:17b.1CH.022.017 En Dawid het al die vorste van Israel bevel gegee om sy seun Salomo te help, en gesê:

22:18b.1CH.022.018 Was die HERE julle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van die HERE en voor sy volk onderwerp.

22:19b.1CH.022.019 Rig nou julle hart en julle siel daarop om die HERE julle God te soek, en maak julle gereed en bou die heiligdom van die HERE God, dat julle die verbondsark van die HERE en die heilige voorwerpe van God kan bring in die huis wat vir die Naam van die HERE gebou sal word.

23

23:1b.1CH.023.001 Toe Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.

23:2b.1CH.023.002 En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.

23:3b.1CH.023.003 En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt en dertig duisend man.

23:4b.1CH.023.004 Van hulle moet vier en twintig duisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en ses duisend opsigters en regters wees;

23:5b.1CH.023.005 en vier duisend poortwagters en vier duisend lofsangers tot eer van die HERE met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.

23:6b.1CH.023.006 En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

23:7b.1CH.023.007 Van die Gersoniete: Láedan en Símeï.

23:8b.1CH.023.008 Die seuns van Láedan was: die hoof Jehíël en Setam en Joël, drie;

23:9b.1CH.023.009 die seuns van Símeï was: Selómit en Hasíël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van Láedan.

23:10b.1CH.023.010 En die seuns van Símeï was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeï.

23:11b.1CH.023.011 En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam 'n familie, een klas gevorm het.

23:12b.1CH.023.012 Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, vier.

23:13b.1CH.023.013 Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.

23:14b.1CH.023.014 En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.

23:15b.1CH.023.015 Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;

23:16b.1CH.023.016 die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.

23:17b.1CH.023.017 En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;

23:18b.1CH.023.018 die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;

23:19b.1CH.023.019 die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;

23:20b.1CH.023.020 die seuns van Ussiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;

23:21b.1CH.023.021 die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.

23:22b.1CH.023.022 En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.

23:23b.1CH.023.023 Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.

23:24b.1CH.023.024 Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.

23:25b.1CH.023.025 Want Dawid het gesê: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;

23:26b.1CH.023.026 so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.

23:27b.1CH.023.027 Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)

23:28b.1CH.023.028 Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;

23:29b.1CH.023.029 en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;

23:30b.1CH.023.030 en om môre vir môre te staan om die HERE te loof en te prys, en net so saans;

23:31b.1CH.023.031 en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE.

23:32b.1CH.023.032 So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE.

24

24:1b.1CH.024.001 Ook die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.

24:2b.1CH.024.002 Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Itamar die priesteramp bedien het.

24:3b.1CH.024.003 En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.

24:4b.1CH.024.004 Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Itamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Itamar volgens hulle families agt.

24:5b.1CH.024.005 En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleásar en onder die seuns van Itamar.

24:6b.1CH.024.006 En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Itamar.

24:7b.1CH.024.007 En die eerste lot het uitgekom vir Jójarib, die tweede vir Jedája,

24:8b.1CH.024.008 die derde vir Harim, die vierde vir Seórim,

24:9b.1CH.024.009 die vyfde vir Malkía, die sesde vir Mijámin,

24:10b.1CH.024.010 die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abía,

24:11b.1CH.024.011 die negende vir Jésua, die tiende vir Segánja,

24:12b.1CH.024.012 die elfde vir Éljasib, die twaalfde vir Jakim,

24:13b.1CH.024.013 die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesébeab,

24:14b.1CH.024.014 die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,

24:15b.1CH.024.015 die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happísses,

24:16b.1CH.024.016 die negentiende vir Petágja, die twintigste vir Eségiël,

24:17b.1CH.024.017 die een en twintigste vir Jagin, die twee en twintigste vir Gamul,

24:18b.1CH.024.018 die drie en twintigste vir Delája, die vier en twintigste vir Maäsja.

24:19b.1CH.024.019 Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die HERE te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.

24:20b.1CH.024.020 Wat die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Súbael; van die seuns van Súbael: Jégdeja.

24:21b.1CH.024.021 Wat Rehábja betref, van die seuns van Rehábja: Jissía, die hoof.

24:22b.1CH.024.022 Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat.

24:23b.1CH.024.023 En die seuns van Hebron: Jería, die eerste; Amárja, die tweede; Jahásiël, die derde; Jekámeam, die vierde.

24:24b.1CH.024.024 Die seuns van Ussiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.

24:25b.1CH.024.025 Die broer van Miga was Jissía; van die seuns van Jissía: Sagaría.

24:26b.1CH.024.026 Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsía.

24:27b.1CH.024.027 Die seuns van Merári deur sy seun Jaäsía was Soham en Sakkur en Hibri.

24:28b.1CH.024.028 Van Magli: Eleásar; dié het geen seuns gehad nie.

24:29b.1CH.024.029 Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jerágmeël.

24:30b.1CH.024.030 En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.

24:31b.1CH.024.031 En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.

25

25:1b.1CH.025.001 En Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was--

25:2b.1CH.025.002 van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het.

25:3b.1CH.025.003 Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE;

25:4b.1CH.025.004 van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ussiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot.

25:5b.1CH.025.005 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.

25:6b.1CH.025.006 Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die HERE, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.

25:7b.1CH.025.007 En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die HERE, almal meesters, was twee honderd agt en tagtig.

25:8b.1CH.025.008 En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.

25:9b.1CH.025.009 En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir Josef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;

25:10b.1CH.025.010 die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:11b.1CH.025.011 die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:12b.1CH.025.012 die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:13b.1CH.025.013 die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:14b.1CH.025.014 die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:15b.1CH.025.015 die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:16b.1CH.025.016 die negende vir Mattánja; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:17b.1CH.025.017 die tiende vir Símeï; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:18b.1CH.025.018 die elfde vir Asáreël; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:19b.1CH.025.019 die twaalfde vir Hasábja; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:20b.1CH.025.020 die dertiende vir Súbael; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:21b.1CH.025.021 die veertiende vir Mattítja; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:22b.1CH.025.022 die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:23b.1CH.025.023 die sestiende vir Hanánja; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:24b.1CH.025.024 die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:25b.1CH.025.025 die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:26b.1CH.025.026 die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:27b.1CH.025.027 die twintigste vir Eliáta; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:28b.1CH.025.028 die een en twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:29b.1CH.025.029 die twee en twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:30b.1CH.025.030 die drie en twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf;

25:31b.1CH.025.031 die vier en twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf.

26

26:1b.1CH.026.001 Wat die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Kore, van die seuns van Ébjasaf.

26:2b.1CH.026.002 En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,

26:3b.1CH.026.003 Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.

26:4b.1CH.026.004 Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,

26:5b.1CH.026.005 Ammiël die sesde, Issaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.

26:6b.1CH.026.006 Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.

26:7b.1CH.026.007 Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.

26:8b.1CH.026.008 Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee en sestig van Obed-Edom.

26:9b.1CH.026.009 Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.

26:10b.1CH.026.010 En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.

26:11b.1CH.026.011 Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.

26:12b.1CH.026.012 Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.

26:13b.1CH.026.013 En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.

26:14b.1CH.026.014 En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;

26:15b.1CH.026.015 op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;

26:16b.1CH.026.016 op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.

26:17b.1CH.026.017 Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.

26:18b.1CH.026.018 By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.

26:19b.1CH.026.019 Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.

26:20b.1CH.026.020 En die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:

26:21b.1CH.026.021 die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;

26:22b.1CH.026.022 die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die HERE.

26:23b.1CH.026.023 Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,

26:24b.1CH.026.024 Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.

26:25b.1CH.026.025 En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.

26:26b.1CH.026.026 Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het--

26:27b.1CH.026.027 van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus--

26:28b.1CH.026.028 ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja--wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.

26:29b.1CH.026.029 Van die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;

26:30b.1CH.026.030 van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend sewe honderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning.

26:31b.1CH.026.031 Van die Hebroniete was Jería die hoof--daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead--

26:32b.1CH.026.032 en sy broers, dapper manne, twee duisend sewe honderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.

27

27:1b.1CH.027.001 En dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend:

27:2b.1CH.027.002 oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier en twintig duisend.

27:3b.1CH.027.003 Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.

27:4b.1CH.027.004 En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:5b.1CH.027.005 Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier en twintig duisend.

27:6b.1CH.027.006 Hierdie Benája was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.

27:7b.1CH.027.007 Die vierde vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:8b.1CH.027.008 Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:9b.1CH.027.009 Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:10b.1CH.027.010 Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:11b.1CH.027.011 Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:12b.1CH.027.012 Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:13b.1CH.027.013 Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:14b.1CH.027.014 Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:15b.1CH.027.015 Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Otniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

27:16b.1CH.027.016 En oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;

27:17b.1CH.027.017 oor die Leviete was Hasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete, Sadok;

27:18b.1CH.027.018 oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van Mígael;

27:19b.1CH.027.019 oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Asriël;

27:20b.1CH.027.020 oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;

27:21b.1CH.027.021 oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;

27:22b.1CH.027.022 oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.

27:23b.1CH.027.023 Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die HERE het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.

27:24b.1CH.027.024 Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.

27:25b.1CH.027.025 En oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Adiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.

27:26b.1CH.027.026 En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.

27:27b.1CH.027.027 En oor die wingerde was Símeï, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet.

27:28b.1CH.027.028 En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hanan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.

27:29b.1CH.027.029 En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Adlai.

27:30b.1CH.027.030 En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was Jégdeja, die Meronotiet.

27:31b.1CH.027.031 En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.

27:32b.1CH.027.032 En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.

27:33b.1CH.027.033 En Agitófel was raadgewer van die koning; en Húsai, die Arkiet, was die vriend van die koning.

27:34b.1CH.027.034 En ná Agitófel: Jójada, die seun van Benája, en Abjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.

28

28:1b.1CH.028.001 Toe het Dawid al die owerstes van Israel, die stamowerstes en die owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was, en die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd en die owerstes oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die hofdienaars en die helde en elke dapper man in Jerusalem bymekaar laat kom.

28:2b.1CH.028.002 En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om 'n huis van rus vir die verbondsark van die HERE te bou en vir die voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.

28:3b.1CH.028.003 Maar God het aan my gesê: Jy mag vir my Naam nie 'n huis bou nie, want jy is 'n man van oorloë, en jy het bloed vergiet.

28:4b.1CH.028.004 Maar die HERE, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.

28:5b.1CH.028.005 En uit al my seuns--want die HERE het my baie seuns gegee--het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die HERE oor Israel.

28:6b.1CH.028.006 En Hy het aan my gesê: Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou, want Ek het hom vir My as 'n seun verkies, en Ék sal vir hom 'n Vader wees.

28:7b.1CH.028.007 En Ek sal sy koningskap bevestig tot in ewigheid as hy getrou my gebooie en my verordeninge onderhou, soos vandag.

28:8b.1CH.028.008 Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die HERE, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van die HERE julle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.

28:9b.1CH.028.009 En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.

28:10b.1CH.028.010 Kyk nou, die HERE het jou verkies om 'n huis vir 'n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit.

28:11b.1CH.028.011 En Dawid het aan sy seun Salomo 'n voorbeeld gegee van die voorportaal en die daarby behorende geboue, van sy skatkamers en sy bovertrekke en sy binnevertrekke en van die vertrek van die versoendeksel;

28:12b.1CH.028.012 en 'n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van die HERE en van al die kamers rondom en die skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;

28:13b.1CH.028.013 en van die afdelings van die priesters en die Leviete, en van al die dienswerk in die huis van die HERE en al die gereedskappe vir die diens in die huis van die HERE;

28:14b.1CH.028.014 aan goud, het hy gegee, volgens die gewig aan goud vir al die gereedskappe van elke diens; vir al die silwergereedskappe volgens die gewig, vir al die gereedskappe van elke diens;

28:15b.1CH.028.015 en die gewig aan goud vir die goue kandelaars en hulle lampe volgens die gewig van elke kandelaar en sy lampe; en vir die silwerkandelaars volgens die gewig van 'n kandelaar en sy lampe, ooreenkomstig die diens van elke kandelaar;

28:16b.1CH.028.016 en die goud volgens gewig vir die tafels van die toonbrode, vir elke tafel afsonderlik, en silwer vir die silwertafels;

28:17b.1CH.028.017 en vir die vurke en komme en kanne, suiwer goud, en vir die goue bekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik;

28:18b.1CH.028.018 en vir die reukaltaar gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa, die gérubs, wat hul vlerke moet uitsprei en die verbondsark van die HERE moet beskut.

28:19b.1CH.028.019 Dit alles--al die werke van die voorbeeld--het Hy my geleer volgens 'n beskrywing uit die hand van die HERE wat oor my was.

28:20b.1CH.028.020 En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het.

28:21b.1CH.028.021 En daar is die afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die huis van God; verder het jy by jou in elke soort werk allerhande kunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake.

29

29:1b.1CH.029.001 Verder het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het, is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir 'n mens is die paleis nie, maar vir die HERE God.

29:2b.1CH.029.002 En uit al my krag het ek gereed gelê vir die huis van my God: goud vir die goue en silwer vir die silwer-- en koper vir die koper--, yster vir die yster-- en hout vir die houtwerke; oniksstene en stene om in te lê, swart en veelkleurige stene, en allerhande kosbare stene en marmerstene in menigte.

29:3b.1CH.029.003 Bowendien, omdat ek behae het in die huis van my God, besit ek persoonlik goud en silwer; dit gee ek aan die huis van my God bo en behalwe alles wat ek vir die huis van die heiligdom in gereedheid gebring het:

29:4b.1CH.029.004 drie duisend talente goud, uit goud van Ofir, en sewe duisend talente gelouterde silwer om daarmee die mure van die geboue oor te trek;

29:5b.1CH.029.005 goud vir die goue en silwer vir die silwervoorwerpe en vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vul vir 'n offer aan die HERE?

29:6b.1CH.029.006 Toe het vrywillig gegee: die familie-owerstes en die stamowerstes van Israel en die owerstes oor duisend en oor honderd en ook die owerstes oor die diens van die koning.

29:7b.1CH.029.007 En hulle het gegee vir die diens van die huis van God: aan goud vyf duisend talente en tien duisend darieke; en aan silwer tien duisend talente; en aan koper agttien duisend talente; en aan yster honderd duisend talente.

29:8b.1CH.029.008 En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die huis van die HERE onder toesig van Jéhiël, die Gersoniet.

29:9b.1CH.029.009 En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met 'n volkome hart het hulle vrywillig aan die HERE gegee, en ook koning Dawid was baie bly.

29:10b.1CH.029.010 En Dawid het die HERE geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid.

29:11b.1CH.029.011 Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

29:12b.1CH.029.012 En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.

29:13b.1CH.029.013 En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam.

29:14b.1CH.029.014 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.

29:15b.1CH.029.015 Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos 'n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.

29:16b.1CH.029.016 HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, 'n huis te bou--dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.

29:17b.1CH.029.017 En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.

29:18b.1CH.029.018 HERE, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so 'n gesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U;

29:19b.1CH.029.019 en gee aan my seun Salomo 'n volkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om die paleis te bou wat ek voorberei het.

29:20b.1CH.029.020 Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die HERE julle God. Toe het die hele vergadering die HERE, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die HERE en voor die koning neergeval.

29:21b.1CH.029.021 En hulle het daardie volgende dag slagoffers aan die HERE geoffer en brandoffers aan die HERE gebring: duisend bulle, duisend ramme, duisend lammers, met die drankoffers daarvan, en slagoffers in menigte vir die hele Israel.

29:22b.1CH.029.022 En hulle het dié dag geëet en gedrink voor die aangesig van die HERE met groot blydskap, en Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede maal koning gemaak en as vors gesalf vir die HERE en Sadok as priester gesalf.

29:23b.1CH.029.023 So het Salomo dan op die troon van die HERE gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel was hom gehoorsaam.

29:24b.1CH.029.024 En al die owerstes en die helde en selfs al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp.

29:25b.1CH.029.025 En die HERE het Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Israel, en Hy het 'n koninklike majesteit op hom gelê wat op geen enkele koning oor Israel voor hom gewees het nie.

29:26b.1CH.029.026 So was dan Dawid, die seun van Isai, koning oor die hele Israel;

29:27b.1CH.029.027 en die dae wat hy oor Israel geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig geregeer.

29:28b.1CH.029.028 En hy het in goeie ouderdom gesterwe, afgeleef, vol rykdom en eer, en sy seun Salomo het in sy plek koning geword.

29:29b.1CH.029.029 En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van die siener Samuel en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad,

29:30b.1CH.029.030 saam met sy hele koningskap en sy heldedade en die tye wat oor hom en oor Israel en oor al die koninkryke van die lande heengegaan het.


Holder of rights
Multilingual Bible Corpus

Citation Suggestion for this Object
TextGrid Repository (2025). Afrikaans Collection. 1 Chronicles (Afrikaans). 1 Chronicles (Afrikaans). Multilingual Parallel Bible Corpus. Multilingual Bible Corpus. https://hdl.handle.net/21.11113/0000-0016-855C-B